Shabbat Shalom!

Welkom by Vayikra – En HY het Geroep, hierdie week se Parasha.

Levitikus 1:1 – 6:7
Esegiël 45:16 – 46:18
Hebreërs 9:1 – 28



Ek wil my geliefde man, Apostel, Profeet Ezra, wat in Israel gebore is en groot geword het, bedank. Ons is getroud op 2 Oktober 2016 en sedertdien is die torah gedeeltes by hierdie bediening gevoeg. Want hy het die belangrikheid van dit aan my gewys. My man lees die profesieë baie noukeurig om ooreen te kom met die torah gedeeltes wat op die sabbat is. Hy sal vir ure navorsing doen indien nodig. Dus wil ek net sê, dankie liefling. Jy het 'n goeie werk gedoen om hierdie profesieë met die torah gedeeltes vir hierdie sabbat oor een te stem.


Ek is 'n biologiese jood, deur moeder en vader, maar dit sal nie iemand in die hemel kry nie. Slegs deur die naam en die bloed van YAHUSHUA wat in die vlees as GOD gekom het, HY is gekruisig vir ons sondes. Bekeer jou, vra vergifnis, want as dit net vir jou was, sou HY nogsteeds gekruisig, gemartel word, as bloedversoening vir ons sondes. Niemand, behalwe HY wat perfek was, het op hierdie aarde geloop nie, en HY is uit 'n maagd gebore. Maar, dit was deur IMMAYAH die HEILIGE GEES se hande wat YAHUSHUA in Maria se baarmoeder geplaas het, sodat HY beide vlees en GOD in een sou wees.


Wanneer ons vergifnis vra en ons HOM aanvaar as die enigste verwekte SEUN van GOD YAHUVEH, is ons in die wingerdstok ingegraveer. Wat beteken, dat selfs al kom jy nie uit 'n Hebreeuse bloedlyn nie, is ons in daardie wingerdstok ingegraveer, YAHUSHUA en ons het een geword met HOM. 'n Jood. YAHUSHUA is getrou om elke sonde te vergewe, moet net nie daaroor dink nie, deur HOM te bly toets nie. Want YAHUSHUA het gesê, hoe kan jy MY Heer en Meester noem en MY nie gehoorsaam nie? Nog 'n weergawe van die bybel sê, hoekom sê jy jy is lief vir MY en jy gehoorsaam MY nie? Die gehoorsaamheid waaroor HY praat, is die Tien Gebooie, die tien wette wat Moses van die berg Sinai afgebring het en wat YAH met SY eie vurige vinger ingeskryf het.

Jy moet die bybel lees, veral die Nuwe Testament om te verstaan. Net HY het dit gedoen om ons uit die hel te hou, sodat satan nie kan sê dat hy aanspraak kan maak op ons verstand, liggaam, gees en siel nie. YAHUSHUA het meer gepraat oor die waarskuwings om hel toe te gaan as wat HY van die skoonheid van die Hemel gepraat het. Ons almal werk ons eie verlossing uit met vrees en bewing, want ons siel weet reeds wanneer die oorlog met Lucifer in die Hemel teen YAH ons vertel was om kante te kies. Een derde van die engele is saam met Lucifer op die aarde gegooi terwyl YAHUSHUA hom met SY voet uitgeskop het. En hoe ons dit weet, is HY beskryf die val van Lucifer uit die lug.


Ek is aanhoudend vertel in 1995, waar is jou man? Hierdie bediening is ongebalanseerd. Maar vir 22 jaar, het ek voortgegaan om te doen wat YAH my gesê het om te doen. Op 7 Maart 2016 het YAHUSHUA die twee salwinge saamgebring, soos Ezra en ek vir die eerste keer gepraat het, maar ons het in e-posse geskryf, sodat ons mekaar in die gees geken het. 2 Oktober 2016, nadat YAH my van 'n verworpene van 14 jaar geskei het, het YAHUSHUA die oue uitgeskop en die nuwe ingebring. En Ezra en ek is op 2 Oktober 2016 getroud met 'n profetiese woord en ope visioen wat een dag ten volle gedeel sal word, maar ons huweliksgeloftes is onderteken en verseël deur YAHUVEH, YAHUSHUA, en IMMAYAH se seëlringe.


Ek is dae gelede 'n nuwe openbaring gegee, tydens intense gebed soos Eva uit Adam se rib gevorm is. Die rede waarom hierdie leierskap sy aan sy moet loop, nie een voet voor die ander nie, is omdat ek sy onsigbare rib is. Hy het my soveel nodig as wat ek hom nodig het. Die twee salwinge moet een wees en in alle besluite, leerstellings, moet ons in harmonie wees. Beide in die geestelike en die fisiese. Ezra is my geestelike hoof GEBED bedekking. Voorheen het ek geen gehad nie. Wat dit beteken, is dat hy in heilige tale bid en soos 'n held uit die Hemel gestuur word, laat hy geen valse profete, geen vorm van toordery, satanisme of enigiemand wat probeer om my kwaad in woord of daad aan te doen nie, selfs soos doodsvloeke na my toe kom, toe nie . Haters weet net hoe om te haat.


Ezra as die GEBED hoofbedekking, waarsku die vyande dat ek nie meer alleen is nie. Om naby my te kom en my skade aan te rig, moet hulle hom eers veg soos hy sy vrou beskerm selfs deur die salwing van YAHUSHUA en die bloed van YAHUSHUA, soos hy YAHUSHUA gehoorsaam. Hierdie aanvalle van vyande kan nie vernietig wat YAH saamgevoeg het nie. Ons twee salwinge het een geword en ons moet nooit luister na enige iemand in hierdie wêreld wat probeer om dit te verdeel nie. Enige aanvalle wat toegelaat word om deur Ezra te gaan, is omdat die Skrif sê, baie is die verdrukkinge van die regverdiges, maar EK YAHUVEH sal hulle van hulle almal red.


As my man, is hy my hoof, maar ons neem steeds besluite saam, en 'n ware heilige man is nie 'n diktator nie, maar regeer in liefde soos YAHUSHUA sê hoe die man YAHUSHUA VERTEENWOORDIG. Hy sal nooit SY BRUID slaan of haar mishandel nie, haar valslik beskuldig, haar hartseer maak of enige vyand toelaat om haar aan te val nie.


In die been van my been (‘bone of my bone’) profesie sê dit, as dit nodig is, sal hy sy lewe vir haar neerlê. Dit is wat die hoof van die vrou doen. Die vrou moet so beskermd voel, want sy weet niemand kan haar kwaad aandoen nie, en hom liefhê en waardeer, want sy weet dit is veilig, sy veg nie meer alleen nie en sy kan haar kop op sy skouer neer lê. Sy is sy onsigbare rib en hulle sal altyd saamstaan. YAHUSHUA regeer slegs SY BRUID met liefde. Enige heilige hoof GEBED bedekking van 'n man moet dieselfde doen en vertroue, liefde en lojaliteit is verpligtend.


Soos ons YAHUSHUA vertrou, so moet daardie man en vrou instaat wees om mekaar ook te vertrou. Toe Ezra en ek saam hierdie torah gedeeltes bestudeer het, is ek so geseënd omdat hy dit hardop lees, saam met die profesieë, insluitende die nuwe, en ek is instaat om hom vrae te vra, soos hy my heilige mentor en my geliefde man is. En soos ons hierdie Torah gedeelte lees, vra ek hom vrae om my te wys waar anders dit in die Nuwe Testament is en hy sal my altyd wys waar dit is. Die torah en die nuwe testament ondersteun mekaar, maar 'n uittreksel van slegs die torah gedeelte sal ook 'n getuienis wees vir YAHUSHUA, want HY is die lewende torah.


Die Jode kan nie gered word deur net die torah gedeeltes te lees nie, dit sal niemand ooit in die Hemel bring nie. Die enigste bloedversoening vir sonde was ‘n geskenk wat YAH aan die kruis gegee het, soos HY HOM toegelaat het om die geofferde lam te word, soos met pasga. Dieselfde tyd toe die paaslam op drie-uur, Israel-tyd geslag was, is dieselfde tyd wat YAHUSHUA gesterf en gesê het, ontvang my gees, dit is volbring. Dit is waarom Ezra die Heilige profesieë met die torah profete van ouds kombineer, YAH verander nooit nie. SY woorde staan soos YAHUSHUA se woord staan. En hier is net een van die Skrifte wat dit bewys: Johannes 14:6, “YAHUSHUA antwoord hom, EK is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader behalwe deur MY nie (YAHUSHUA).”


Maar elke keer as ek dit lees, kry ek 'n nuwe openbaring, soos hy hulle verbind met die torah gedeeltes. YAHUSHUA het gesê, dat ons nie meer net 'n uittreksel van SY Woord in die profesie moet plaas nie, want jy mis uit op die hele boodskap van die profesie. Daarom het ek dit verander soos HY beveel het om die hele profesieë te plaas sodat julle geseënd kan wees.


Dit is 'n verrassing wat YAHUSHUA my aangesê het om, vanaf 22 Desember 2018, bokant elke Torah gedeelte te sit. En as jy die duiwel en demone bestraf, moet jy altyd seker maak dat jy gebid het en dat jou sondes gewas is met YAHUSHUA se gestorte bloed.


Want so sê YAH, WEES ONDERDANIG (GEHOORSAAM), Ek onderwerp myself aan YAHUSHUA en ek bestraf jou satan in die naam en die bloed van YAHUSHUA!! Ek weerstaan jou satan en enige demone of aanvalle deur die gestorte bloed van YAHUSHUA en die naam van YAHUSHUA. Die gestorte bloed van YAHUSHUA staan teen jou satan, jy moet nou van my wegvlug!! Want jy het geen aanspraak op my nie!! My siel behoort aan YAHUSHUA!! Dit is nie eens myne nie! Ek praat met die demone en in die naam en die bloed van YAHUSHUA, weerstaan en bestraf ek julle in die naam van YAHUSHUA en die bloed van YAHUSHUA en alle aanloklike demone, ek beveel julle om op te hou manifesteer, om op te hou kommunikeer met my en na die plek te gaan waar YAHUSHUA julle stuur om deur die engele van die allerhoogste YAHUVEH gemartel en gepynig te word tot die tyd van julle oordeel.


Ek is die een wat Ezra geleer het hoe ek uit die hemel gehoor het om te bid teen die bose wat ons aanval, YAHUSHUA se gelowiges, dit is 'n kragtige gebed. Ek moet jou waarsku, dat as die aanval vinnig terugkom, word dit plaasvervangende demone en gevalle engele genoem wat sal probeer om jou geloof te steel deur te sê dat YAHUSHUA se gebed wat jy gebid het, geen krag gehad het nie.


Dit word geestelike oorlogvoering genoem. Jy moenie opgee nie! Daar is 'n lering dat jy net een keer satan en demone moet bestraf en hulle sal wegvlug en jou alleen los en jy word nie meer getormenteer nie. Ek, Elisheva kan bewys, dit is nie waar nie. Want het satan nie gekom om YAHUSHUA drie keer in die woestyn te versoek nie, en YAHUSHUA moes satan drie maal bestraf deur heilige Skrifte te gebruik. YAHUSHUA het op daardie stadium 40 dae gevas. So liggaamlik was sy liggaam swak, soos satan HOM bespot en gesê het om klippe in brood te verander. Want daar is geskrywe, het YAHUSHUA geantwoord, die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar deur elke woord wat uit die mond van YAH uitgaan.


En ek los jou hiermee. Bestudeer en wys jouself waardig, want daar is geskryf, dit is die gebede van die regverdiges (deur YAHUSHUA) wat baie krag het. Die gebede van die ongeregtiges is kaf in die wind, hulle word nie eers deur die Hemel gehoor nie en bring net oordeel. YAH waarsku, raak nie my gesalfde aan, en doen ook nie my profete enige skade aan nie. Net aartsengel Michael was instaat om vir satan te sê, YAH bestraf jou! Soos hulle oor Moses se liggaam gestry het. Want die heilige engele het nie die naam en die bloed van YAHUSHUA nodig om satan te bestraf nie, want hulle is sondeloos.


Enige iemand wat jou dit leer, is verkeerd, so sê YAH, en moet dit los, hulle self nederig maak en erken dat ons enigste mag oor satan deur die naam en die bloed van YAHUSHUA ha MASHIACH is. Psalm 109 praat eenvoudig van die vloeke wat YAH op die valse aanklaers van 'n ware heilige profeet van YAH sal plaas. Die afgelope tyd, is ek valslik beskuldig deur diegene wat ek gedink het my die meeste liefgehad het. Dankie vir julle gebede vir die leierskap van hierdie Bediening, my man en vir my. Toets die gees wat praat en kyk of jy 'n getuie kry van wat ek Elisheva Eliyahu geskryf het onder die salwing van die RUACH HA KODESH/IMMAYAH/SHIKNYAH GLORY/HEILIGE GEES.


En nou oor na die torah gedeeltes, PRAISE YAH!!


Shabbat Shalom en baie liefde aan almal in YAHUSHUA!



Apostel, Profeet, Elisheva Eliyahu


Levitikus 1:1 – 6:7



 *~ Levitikus Hoofstuk 1~*


En YAHUVEH het Moses geroep en met hom gespreek uit die Tent van Samekoms en gesê: 


Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: As iemand van julle aan YAHUVEH ‘n offer wil bring, kan julle jul offer bring van vee—van beeste of van kleinvee. 


As sy offer ‘n brandoffer is van beeste, moet dit ‘n bul sonder gebrek wees wat hy bring. By die ingang van die Tent van Samekoms moet hy dit bring, sodat hy welgevalle voor die aangesig van YAHUVEH kan vind. 


En hy moet sy hand op die kop van die brandoffer lê, dan sal dit vir hom met welgevalle aangeneem word om versoening vir hom te doen. 


Dan moet hy die jong bul voor die aangesig van YAHUVEH slag; en die seuns van Aäron, die priesters, moet die bloed bring en die bloed rondom teen die altaar uitgooi wat by die ingang van die Tent van Samekoms is. 


Dan moet hy die brandoffer afslag en dit in sy stukke verdeel. 


En die seuns van Aäron, die priester, moet vuur op die altaar neersit en hout op die vuur reglê. 


Ook moet die seuns van Aäron, die priesters, die stukke, die kop en die vet reglê op die hout wat op die altaarvuur is. 


Maar die binnegoed en die pote moet hy met water was, en die priester moet dit alles op die altaar aan die brand steek as brandoffer, ‘n vuuroffer van lieflike geur aan YAHUVEH. 


10 En as sy offer ‘n stuk kleinvee is, van skape of van bokke, as brandoffer, moet dit ‘n ram sonder gebrek wees wat hy bring. 


11 En hy moet dit slag aan die noordekant van die altaar, voor die aangesig van YAHUVEH; en die seuns van Aäron, die priesters, moet die bloed daarvan rondom teen die altaar uitgooi. 


12 Daarna moet hy dit in sy stukke verdeel, met die kop en die vet, en die priester moet dit reglê op die hout wat op die altaarvuur is. 


13 Maar die binnegoed en die pootjies moet hy met water was, en die priester moet dit alles bring en op die altaar aan die brand steek; ‘n brandoffer is dit, ‘n vuuroffer van lieflike geur aan YAHUVEH. 


14 En as sy offer aan YAHUVEH ‘n brandoffer is van voëls, moet hy sy offer bring van tortelduiwe of van jong duiwe. 


15 En die priester moet dit na die altaar bring en die kop afknyp en op die altaar aan die brand steek, en die bloed moet teen die kant van die altaar uitgedruk word. 


16 Dan moet hy die krop met die vere daaraan verwyder en dit by die altaar gooi, aan die oostekant, op die asplek. 


17 Dan moet hy dit by die vlerke skeur sonder om hulle af te trek; en die priester moet dit op die altaar aan die brand steek, op die hout wat oor die vuur is; ‘n brandoffer is dit, ‘n vuuroffer van lieflike geur aan YAHUVEH.



 *~ Levitikus Hoofstuk 2~*


En as iemand aan YAHUVEH ‘n spysoffer bring, moet sy offer fynmeel wees; en hy moet olie daarop giet en wierook daarby voeg; 


en hy moet dit na die seuns van Aäron, die priesters, bring; en die priester moet daarvan ‘n handvol neem, van die fynmeel met die olie, met al die wierook wat daarby behoort; en hy moet dit as die gedenkoffer op die altaar aan die brand steek, ‘n vuuroffer van lieflike geur aan YAHUVEH. 


En wat oorbly van die spysoffer, is vir Aäron en sy seuns, ‘n hoogheilige deel van die vuuroffers van YAHUVEH. 


En as jy ‘n spysoffer bring wat in die oond gebak is, moet dit fynmeel wees, ongesuurde koeke met olie gemeng, en ongesuurde platkoeke met olie bestryk. 


En as ‘n spysoffer van die bakplaat jou offer is, moet dit fynmeel wees met olie gemeng en ongesuurd. 


Breek dit in stukkies en giet olie daarop: dit is ‘n spysoffer.


En as ‘n spysoffer uit die pan jou offer is, moet dit van fynmeel met olie berei word. 


Dan moet jy die spysoffer wat daarvan berei word, aan YAHUVEH bring: hulle moet dit na die priester aanbring, en hy moet dit na die altaar dra. 


En die priester moet van die spysoffer die gedenkoffer daarvan aflig en op die altaar aan die brand steek, ‘n vuuroffer van lieflike geur aan YAHUVEH. 


10 En wat oorbly van die spysoffer, is vir Aäron en sy seuns, ‘n hoogheilige deel van die vuuroffers van YAHUVEH. 


11 Geen spysoffer wat julle aan YAHUVEH bring, mag van iets wat ingesuur is, berei word nie; want van géén suurdeeg of heuning mag julle vir YAHUVEH ‘n vuuroffer aan die brand steek nie. 


12 As ‘n offer van eerstelinge mag julle dit aan YAHUVEH bring, maar op die altaar mag dit nie as lieflike geur kom nie. 


13 En jy moet al jou spysoffers met sout berei, en jy mag die sout van die verbond van jou GOD by jou spysoffer nie laat ontbreek nie; by al jou offers moet jy sout bring. 


14 En as jy aan YAHUVEH ‘n spysoffer van eerstelinge bring, moet jy as spysoffer van jou eerstelinge bring: are wat oor die vuur gebraai is, gebreekte korrels van vars graan. 


15 En jy moet olie daarby voeg en wierook daarop strooi; ‘n spysoffer is dit.

 
16 Dan moet die priester die gedenkoffer daarvan, ‘n deel van die gebreekte koring en van die olie met al die wierook, aan die brand steek as ‘n vuuroffer aan YAHUVEH.



 *~ Levitikus Hoofstuk 3~*


En as ‘n dankoffer sy offer is, as hy dit bring van beeste, bul of vers, moet hy dit sonder gebrek voor die aangesig van YAHUVEH bring. 


En hy moet sy hand op die kop van sy offer lê en dit slag by die ingang van die tent van samekoms. En die seuns van Aäron, die priesters, moet die bloed rondom teen die altaar uitgooi. 


Dan moet hy van die dankoffer ‘n vuuroffer aan YAHUVEH bring: die vet wat oor die binnegoed lê, en al die vet wat aan die binnegoed is, 


en die twee niere en die vet daarop wat aan die lendene is, en die lap aan die lewer by die niere moet hy dit wegneem. 


En die seuns van Aäron moet dit op die altaar aan die brand steek, op die brandoffer wat op die hout is, bo op die vuur, as ‘n vuuroffer van lieflike geur aan YAHUVEH. 


En as sy offer ‘n stuk kleinvee is, as ‘n dankoffer aan YAHUVEH, moet hy dit bring sonder gebrek, ram of ooi. 


As hy ‘n skaaplam bring as sy offer, moet hy dit voor die aangesig van YAHUVEH bring 


en sy hand op die kop van sy offer lê en dit slag voor die Tent van Samekoms; en die seuns van Aäron moet die bloed rondom teen die altaar uitgooi. 


Daarna moet hy van die dankoffer die vet as vuuroffer aan YAHUVEH bring: die hele vetstert naby die stuitjie moet hy dit wegneem en die vet wat oor die binnegoed lê, en al die vet wat aan die binnegoed is, 


10 en die twee niere en die vet daarop wat aan die lendene is, en die lap aan die lewer by die niere moet hy dit wegneem. 


11 En die priester moet dit op die altaar aan die brand steek as vuurofferspys vir YAHUVEH. 


12 En as sy offer ‘n bok is, moet hy dit voor die aangesig van YAHUVEH bring 
13 en sy hand op die kop daarvan lê en dit slag voor die Tent van Samekoms; en die seuns van Aäron moet die bloed rondom teen die altaar uitgooi. 


14 Dan moet hy daarvan sy offer as vuuroffer aan YAHUVEH bring; die vet wat oor die binnegoed lê, en al die vet wat aan die binnegoed is, 


15 en die twee niere en die vet daarop wat aan die lendene is, en die lap aan die lewer by die niere moet hy dit wegneem. 


16 En die priester moet dit op die altaar aan die brand steek as vuurofferspys vir ‘n lieflike geur. Al die vet behoort aan YAHUVEH. 


17 ‘n Ewige insetting is dit vir julle geslagte in al julle woonplekke: géén vet en géén bloed mag julle eet nie.



 *~ Levitikus Hoofstuk 4~*


Verder het YAHUVEH met Moses gespreek en gesê: 


Spreek met die kinders van Israel en sê: As iemand in swakheid sondig teen een van alle gebooie van YAHUVEH en een van die dinge wat nie gedoen mag word nie, tog doen 


as die gesalfde priester sondig, sodat die volk daardeur skuldig word, moet hy vir die sonde wat hy gedoen het, ‘n jong bul sonder gebrek aan YAHUVEH as sondoffer bring; 


en hy moet die bul bring na die ingang van die tent van samekoms, voor die aangesig van YAHUVEH, en moet sy hand op die kop van die bul lê en die bul slag voor die aangesig van YAHUVEH. 


Dan moet die gesalfde priester van die bloed van die bul neem en dit na die Tent van Samekoms bring, 


en die priester moet sy vinger in die bloed steek en van die bloed sewe maal sprinkel voor die aangesig van YAHUVEH, voor die voorhangsel van die heiligdom. 


Ook moet die priester van die bloed stryk aan die horings van die altaar van die reukwerk van speserye, wat in die tent van samekoms is, voor die aangesig van YAHUVEH; en hy moet al die orige bloed van die bul uitgiet aan die onderkant van die brandofferaltaar wat by die ingang van die Tent van Samekoms is; 


en al die vet van die sondofferbul moet hy van hom aflig, die vet wat oor die binnegoed lê, en al die vet wat aan die binnegoed is, 


en die twee niere en die vet daarop wat aan die lendene is, en die lap aan die lewer by die niere moet hy dit wegneem 


10 soos dit van die dankofferbul afgelig word en die priester moet dit aan die brand steek op die brandofferaltaar. 


11 Maar die vel van die bul en al sy vleis met die kop en die pote en die binnegoed en die mis 


12 die hele bul moet hy buitekant die laer uitbring op ‘n rein plek waar die as uitgegooi word, en hy moet hom op hout met vuur verbrand; op die plek waar die as uitgegooi word, moet hy verbrand word. 


13 En as die hele vergadering van Israel hulle misgaan sonder dat die vergadering hom daarvan bewus is; en hulle enigiets doen wat YAHUVEH verbied het, en skuldig word; 


14 en die sonde wat hulle so gedoen het, bekend word, moet die vergadering ‘n jong bul as sondoffer laat aankom en hom voor die Tent van Samekoms bring, 


15 en die oudstes van die vergadering moet hulle hande op die kop van die bul lê voor die aangesig van YAHUVEH, en die bul moet voor die aangesig van YAHUVEH geslag word. 


16 Dan moet die gesalfde priester van die bloed van die bul in die Tent van Samekoms bring, 


17 en die priester moet sy vinger in die bloed steek en sewe maal voor die aangesig van YAHUVEH, voor die voorhangsel sprinkel. 


18 En hy moet van die bloed stryk aan die horings van die altaar wat in dieTent van Samekoms voor die aangesig van YAHUVEH is. Dan moet hy al die orige bloed uitgiet aan die onderkant van die brandofferaltaar wat by die ingang van die Tent van Samekoms is; 


19 en hy moet al die vet van hom aflig en op die altaar aan die brand steek 


20 en met die bul doen soos hy met die sondofferbul gedoen het. So moet hy met hom maak; en die priester moet vir hulle versoening doen, en dit sal hulle vergewe word. 


21 Daarna moet hy die bul buitekant die laer uitbring en hom verbrand soos hy die eerste bul verbrand het; dit is ‘n sondoffer van die vergadering. 


22 As ‘n owerste sondig en in swakheid enigiets doen wat YAHUVEH sy GOD verbied het, en hy skuldig word; 


23 of as sy sonde wat hy so gedoen het, aan hom bekend word, moet hy as sy offer bring ‘n bok sonder gebrek, ‘n ram; 


24 en hy moet sy hand op die kop van die bok lê en hom slag op die plek waar hulle die brandoffer voor die aangesig van YAHUVEH slag; dit is ‘n sondoffer. 


25 Dan moet die priester van die bloed van die sondoffer met sy vinger neem en dit aan die horings van die brandofferaltaar stryk; maar die orige bloed moet hy aan die onderkant van die brandofferaltaar uitgiet. 


26 Hy moet ook al die vet op die altaar aan die brand steek soos die vet van die dankoffer. So moet die priester dan vir hom versoening doen weens sy sonde, en dit sal hom vergewe word. 


27 En as iemand van die volk van die land in swakheid sondig, omdat hy enigiets doen wat YAHUVEH verbied het, en hy skuldig word; 


28 of as sy sonde wat hy gedoen het, aan hom bekend word, dan moet hy as sy offer bring ‘n bok sonder gebrek, ‘n ooi, vir die sonde wat hy gedoen het; 


29 en hy moet sy hand op die kop van die sondoffer lê en die sondoffer slag op die plek van die brandoffer. 


30 Dan moet die priester van haar bloed met sy vinger neem en dit aan die horings van die brandofferaltaar stryk; maar al die orige bloed moet hy aan die onderkant van die altaar uitgiet; 


31 en al die vet moet hy wegneem soos die vet van die dankoffer af weggeneem is, en die priester moet dit op die altaar aan die brand steek as lieflike geur vir YAHUVEH. So moet die priester dan vir hom versoening doen, en dit sal hom vergewe word. 


32 Maar ingeval hy ‘n skaaplam as sy sondoffer bring, moet dit ‘n ooi wees sonder gebrek wat hy bring; 


33 en hy moet sy hand op die kop van die sondoffer lê en dit as sondoffer slag op die plek waar hulle die brandoffer slag. 


34 Dan moet die priester van die bloed van die sondoffer met sy vinger neem en dit aan die horings van die brandofferaltaar stryk, maar al die orige bloed moet hy aan die onderkant van die altaar uitgiet; 


35 en al die vet moet hy wegneem soos die vet van die dankofferlam weggeneem word, en die priester moet dit op die altaar oor die vuuroffers van YAHUVEH aan die brand steek. So moet die priester dan vir hom versoening doen vir die sonde wat hy gedoen het, en dit sal hom vergewe word.



 *~ Levitikus Hoofstuk 5~*


En as iemand sondig dat hy die luid uitgesproke beswering hoor, terwyl hy getuie was, dit gesien het of daarvan weet as hy naamlik dit nie te kenne gee nie en so sy ongeregtigheid moet dra; 


of as iemand enigiets aanraak wat onrein is die aas van ‘n onrein wilde dier of die aas van onrein vee of die aas van onrein gedierte wat rondkruip en dit vir hom verborge was, maar hy onrein geword het en skuldig is; 


of as hy iets onreins van ‘n mens aanraak volgens al die onreinheid waardeur hy hom kan verontreinig en dit vir hom verborge was, maar hy dit te wete gekom het en skuldig is; 


of as iemand sweer terwyl hy onverskillig met die lippe praat om kwaad of goed te doen volgens alles wat ‘n mens met ‘n eed onverskillig kan praat en dit vir hom verborge was, maar hy dit te wete gekom het en skuldig is aan een van hierdie dinge; 


as hy dan aan een van hierdie dinge skuldig is, moet hy bely waar hy teen gesondig het, 


en as boete vir die sonde wat hy gedoen het, aan YAHUVEH ‘n ooi bring van die kleinvee, ‘n skaaplam of ‘n bok, as sondoffer. En die priester moet vir hom versoening doen weens sy sonde. 


Maar as hy nie ‘n stuk kleinvee kan bekostig nie, moet hy as boete vir wat hy gesondig het, twee tortelduiwe of twee jong duiwe aan YAHUVEH bring, een as sondoffer en een as brandoffer; 


en hy moet hulle na die priester bring, wat dié een eerste moet offer wat as sondoffer bedoel is, en sy kop vlak voor sy nek afknyp sonder om dit af te trek. 


Dan moet hy van die bloed van die sondoffer teen die kant van die altaar sprinkel; maar wat oorbly van die bloed, moet aan die onderkant van die altaar uitgedruk word; dit is ‘n sondoffer. 


10 En die ander een moet hy as brandoffer volgens voorskrif berei. So moet die priester dan vir hom versoening doen weens die sonde wat hy gedoen het, en dit sal hom vergewe word. 


11 Maar as hy nie twee tortelduiwe of twee jong duiwe kan bekostig nie, moet hy as offer vir wat hy gesondig het, die tiende van ‘n efa fynmeel as sondoffer bring. Hy moet geen olie daarop gooi en geen wierook daar byvoeg nie, want dit is ‘n sondoffer. 


12 En hy moet dit na die priester bring, en die priester moet daar ‘n handvol van neem as die gedenkoffer en dit op die altaar oor die vuuroffers van YAHUVEH aan die brand steek; dit is ‘n sondoffer. 


13 So moet die priester dan vir hom versoening doen vir die sonde wat hy gedoen het in enigeen van hierdie gevalle, en dit sal hom vergewe word; verder behoort dit aan die priester net soos die spysoffer. 


14 Ook het YAHUVEH met Moses gespreek en gesê: 


15 As iemand in iets ontrou handel en in swakheid sondig met betrekking tot een van die heilige gawes van YAHUVEH, moet hy as boete aan YAHUVEH bring ‘n ram sonder gebrek van die kleinvee, na jou skatting van die waarde in sikkels silwer, volgens die sikkel van die Heiligdom, as ‘n skuldoffer. 


16 En hy moet vir wat hy ten opsigte van die heilige gawes gesondig het, vergoeding gee en nog die vyfde deel daarvan byvoeg en dit aan die priester gee; en die priester moet vir hom versoening doen deur die skuldofferram, en dit sal hom vergewe word. 


17 En as iemand sondig en onbewus enigiets doen wat YAHUVEH verbied het, en skuldig word en sy ongeregtigheid moet dra, 


18 dan moet hy van die kleinvee, na jou skatting, ‘n ram sonder gebrek as skuldoffer na die priester bring; en die priester moet vir hom versoening doen vir die misdryf wat hy sonder opset, onbewus begaan het; en dit sal hom vergewe word. 


19 Dit is ‘n skuldoffer; hy is sekerlik skuldig teenoor YAHUVEH.



 *~ Levitikus Hoofstuk 6~*


Verder het YAHUVEH met Moses gespreek en gesê: 


As iemand sondig en ontrou handel teen YAHUVEH deurdat hy teenoor sy naaste ontken dat iets aan hom toevertrou of as pand gegee is of deur hom geroof is, of dat hy sy naaste iets afgepers het, 


of dat hy iets gekry het wat weg was, en dit ontken; of dat hy vals sweer ten opsigte van enigiets wat ‘n mens kan doen om hom daarmee te besondig 


as hy dan sondig en skuldig word, moet hy teruggee wat hy deur roof ontvreem of deur afpersing verkry het, of wat aan hom toevertrou was, of verlore goed wat hy gevind het; 


of alles waaroor hy vals gesweer het: hy moet daar ten volle vergoeding voor gee en nog die vyfde deel daarvan byvoeg; aan hom aan wie dit behoort, moet hy dit gee op die dag as hy boete doen. 


En hy moet van die kleinvee, na jou skatting, as boete aan YAHUVEH ‘n ram sonder gebrek as skuldoffer na die priester bring. 


Dan moet die priester vir hom versoening doen voor die aangesig van YAHUVEH, en dit sal hom vergewe word enigiets wat ‘n mens doen, sodat hy daardeur skuldig word.