Shabbat Shalom!

Welkom by Vayakhel – En Hy Het Vergader, hierdie week se Parasha.

Eksodus 35:1 – 38:20
1 Konings 7:40 – 8:21
Johannes 6:1 – 71



Ek wil my geliefde man, Apostel, Profeet Ezra, wat in Israel gebore is en groot geword het, bedank. Ons is getroud op 2 Oktober 2016 en sedertdien is die torah gedeeltes by hierdie bediening gevoeg. Want hy het die belangrikheid van dit aan my gewys. My man lees die profesieë baie noukeurig om ooreen te kom met die torah gedeeltes wat op die sabbat is. Hy sal vir ure navorsing doen indien nodig. Dus wil ek net sê, dankie liefling. Jy het 'n goeie werk gedoen om hierdie profesieë met die torah gedeeltes vir hierdie sabbat oor een te stem.


Ek is 'n biologiese jood, deur moeder en vader, maar dit sal nie iemand in die hemel kry nie. Slegs deur die naam en die bloed van YAHUSHUA wat in die vlees as GOD gekom het, HY is gekruisig vir ons sondes. Bekeer jou, vra vergifnis, want as dit net vir jou was, sou HY nogsteeds gekruisig, gemartel word, as bloedversoening vir ons sondes. Niemand, behalwe HY wat perfek was, het op hierdie aarde geloop nie, en HY is uit 'n maagd gebore. Maar, dit was deur IMMAYAH die HEILIGE GEES se hande wat YAHUSHUA in Maria se baarmoeder geplaas het, sodat HY beide vlees en GOD in een sou wees.


Wanneer ons vergifnis vra en ons HOM aanvaar as die enigste verwekte SEUN van GOD YAHUVEH, is ons in die wingerdstok ingegraveer. Wat beteken, dat selfs al kom jy nie uit 'n Hebreeuse bloedlyn nie, is ons in daardie wingerdstok ingegraveer, YAHUSHUA en ons het een geword met HOM. 'n Jood. YAHUSHUA is getrou om elke sonde te vergewe, moet net nie daaroor dink nie, deur HOM te bly toets nie. Want YAHUSHUA het gesê, hoe kan jy MY Heer en Meester noem en MY nie gehoorsaam nie? Nog 'n weergawe van die bybel sê, hoekom sê jy jy is lief vir MY en jy gehoorsaam MY nie? Die gehoorsaamheid waaroor HY praat, is die Tien Gebooie, die tien wette wat Moses van die berg Sinai afgebring het en wat YAH met SY eie vurige vinger ingeskryf het.

Jy moet die bybel lees, veral die Nuwe Testament om te verstaan. Net HY het dit gedoen om ons uit die hel te hou, sodat satan nie kan sê dat hy aanspraak kan maak op ons verstand, liggaam, gees en siel nie. YAHUSHUA het meer gepraat oor die waarskuwings om hel toe te gaan as wat HY van die skoonheid van die Hemel gepraat het. Ons almal werk ons eie verlossing uit met vrees en bewing, want ons siel weet reeds wanneer die oorlog met Lucifer in die Hemel teen YAH ons vertel was om kante te kies. Een derde van die engele is saam met Lucifer op die aarde gegooi terwyl YAHUSHUA hom met SY voet uitgeskop het. En hoe ons dit weet, is HY beskryf die val van Lucifer uit die lug.


Ek is aanhoudend vertel in 1995, waar is jou man? Hierdie bediening is ongebalanseerd. Maar vir 22 jaar, het ek voortgegaan om te doen wat YAH my gesê het om te doen. Op 7 Maart 2016 het YAHUSHUA die twee salwinge saamgebring, soos Ezra en ek vir die eerste keer gepraat het, maar ons het in e-posse geskryf, sodat ons mekaar in die gees geken het. 2 Oktober 2016, nadat YAH my van 'n verworpene van 14 jaar geskei het, het YAHUSHUA die oue uitgeskop en die nuwe ingebring. En Ezra en ek is op 2 Oktober 2016 getroud met 'n profetiese woord en ope visioen wat een dag ten volle gedeel sal word, maar ons huweliksgeloftes is onderteken en verseël deur YAHUVEH, YAHUSHUA, en IMMAYAH se seëlringe.


Ek is dae gelede 'n nuwe openbaring gegee, tydens intense gebed soos Eva uit Adam se rib gevorm is. Die rede waarom hierdie leierskap sy aan sy moet loop, nie een voet voor die ander nie, is omdat ek sy onsigbare rib is. Hy het my soveel nodig as wat ek hom nodig het. Die twee salwinge moet een wees en in alle besluite, leerstellings, moet ons in harmonie wees. Beide in die geestelike en die fisiese. Ezra is my geestelike hoof GEBED bedekking. Voorheen het ek geen gehad nie. Wat dit beteken, is dat hy in heilige tale bid en soos 'n held uit die Hemel gestuur word, laat hy geen valse profete, geen vorm van toordery, satanisme of enigiemand wat probeer om my kwaad in woord of daad aan te doen nie, selfs soos doodsvloeke na my toe kom, toe nie . Haters weet net hoe om te haat.


Ezra as die GEBED hoofbedekking, waarsku die vyande dat ek nie meer alleen is nie. Om naby my te kom en my skade aan te rig, moet hulle hom eers veg soos hy sy vrou beskerm selfs deur die salwing van YAHUSHUA en die bloed van YAHUSHUA, soos hy YAHUSHUA gehoorsaam. Hierdie aanvalle van vyande kan nie vernietig wat YAH saamgevoeg het nie. Ons twee salwinge het een geword en ons moet nooit luister na enige iemand in hierdie wêreld wat probeer om dit te verdeel nie. Enige aanvalle wat toegelaat word om deur Ezra te gaan, is omdat die Skrif sê, baie is die verdrukkinge van die regverdiges, maar EK YAHUVEH sal hulle van hulle almal red.


As my man, is hy my hoof, maar ons neem steeds besluite saam, en 'n ware heilige man is nie 'n diktator nie, maar regeer in liefde soos YAHUSHUA sê hoe die man YAHUSHUA VERTEENWOORDIG. Hy sal nooit SY BRUID slaan of haar mishandel nie, haar valslik beskuldig, haar hartseer maak of enige vyand toelaat om haar aan te val nie.


In die been van my been (‘bone of my bone’) profesie sê dit, as dit nodig is, sal hy sy lewe vir haar neerlê. Dit is wat die hoof van die vrou doen. Die vrou moet so beskermd voel, want sy weet niemand kan haar kwaad aandoen nie, en hom liefhê en waardeer, want sy weet dit is veilig, sy veg nie meer alleen nie en sy kan haar kop op sy skouer neer lê. Sy is sy onsigbare rib en hulle sal altyd saamstaan. YAHUSHUA regeer slegs SY BRUID met liefde. Enige heilige hoof GEBED bedekking van 'n man moet dieselfde doen en vertroue, liefde en lojaliteit is verpligtend.


Soos ons YAHUSHUA vertrou, so moet daardie man en vrou instaat wees om mekaar ook te vertrou. Toe Ezra en ek saam hierdie torah gedeeltes bestudeer het, is ek so geseënd omdat hy dit hardop lees, saam met die profesieë, insluitende die nuwe, en ek is instaat om hom vrae te vra, soos hy my heilige mentor en my geliefde man is. En soos ons hierdie Torah gedeelte lees, vra ek hom vrae om my te wys waar anders dit in die Nuwe Testament is en hy sal my altyd wys waar dit is. Die torah en die nuwe testament ondersteun mekaar, maar 'n uittreksel van slegs die torah gedeelte sal ook 'n getuienis wees vir YAHUSHUA, want HY is die lewende torah.


Die Jode kan nie gered word deur net die torah gedeeltes te lees nie, dit sal niemand ooit in die Hemel bring nie. Die enigste bloedversoening vir sonde was ‘n geskenk wat YAH aan die kruis gegee het, soos HY HOM toegelaat het om die geofferde lam te word, soos met pasga. Dieselfde tyd toe die paaslam op drie-uur, Israel-tyd geslag was, is dieselfde tyd wat YAHUSHUA gesterf en gesê het, ontvang my gees, dit is volbring. Dit is waarom Ezra die Heilige profesieë met die torah profete van ouds kombineer, YAH verander nooit nie. SY woorde staan soos YAHUSHUA se woord staan. En hier is net een van die Skrifte wat dit bewys: Johannes 14:6, “YAHUSHUA antwoord hom, EK is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader behalwe deur MY nie (YAHUSHUA).”


Maar elke keer as ek dit lees, kry ek 'n nuwe openbaring, soos hy hulle verbind met die torah gedeeltes. YAHUSHUA het gesê, dat ons nie meer net 'n uittreksel van SY Woord in die profesie moet plaas nie, want jy mis uit op die hele boodskap van die profesie. Daarom het ek dit verander soos HY beveel het om die hele profesieë te plaas sodat julle geseënd kan wees.


Dit is 'n verrassing wat YAHUSHUA my aangesê het om, vanaf 22 Desember 2018, bokant elke Torah gedeelte te sit. En as jy die duiwel en demone bestraf, moet jy altyd seker maak dat jy gebid het en dat jou sondes gewas is met YAHUSHUA se gestorte bloed.


Want so sê YAH, WEES ONDERDANIG (GEHOORSAAM), Ek onderwerp myself aan YAHUSHUA en ek bestraf jou satan in die naam en die bloed van YAHUSHUA!! Ek weerstaan jou satan en enige demone of aanvalle deur die gestorte bloed van YAHUSHUA en die naam van YAHUSHUA. Die gestorte bloed van YAHUSHUA staan teen jou satan, jy moet nou van my wegvlug!! Want jy het geen aanspraak op my nie!! My siel behoort aan YAHUSHUA!! Dit is nie eens myne nie! Ek praat met die demone en in die naam en die bloed van YAHUSHUA, weerstaan en bestraf ek julle in die naam van YAHUSHUA en die bloed van YAHUSHUA en alle aanloklike demone, ek beveel julle om op te hou manifesteer, om op te hou kommunikeer met my en na die plek te gaan waar YAHUSHUA julle stuur om deur die engele van die allerhoogste YAHUVEH gemartel en gepynig te word tot die tyd van julle oordeel.


Ek is die een wat Ezra geleer het hoe ek uit die hemel gehoor het om te bid teen die bose wat ons aanval, YAHUSHUA se gelowiges, dit is 'n kragtige gebed. Ek moet jou waarsku, dat as die aanval vinnig terugkom, word dit plaasvervangende demone en gevalle engele genoem wat sal probeer om jou geloof te steel deur te sê dat YAHUSHUA se gebed wat jy gebid het, geen krag gehad het nie.


Dit word geestelike oorlogvoering genoem. Jy moenie opgee nie! Daar is 'n lering dat jy net een keer satan en demone moet bestraf en hulle sal wegvlug en jou alleen los en jy word nie meer getormenteer nie. Ek, Elisheva kan bewys, dit is nie waar nie. Want het satan nie gekom om YAHUSHUA drie keer in die woestyn te versoek nie, en YAHUSHUA moes satan drie maal bestraf deur heilige Skrifte te gebruik. YAHUSHUA het op daardie stadium 40 dae gevas. So liggaamlik was sy liggaam swak, soos satan HOM bespot en gesê het om klippe in brood te verander. Want daar is geskrywe, het YAHUSHUA geantwoord, die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar deur elke woord wat uit die mond van YAH uitgaan.


En ek los jou hiermee. Bestudeer en wys jouself waardig, want daar is geskryf, dit is die gebede van die regverdiges (deur YAHUSHUA) wat baie krag het. Die gebede van die ongeregtiges is kaf in die wind, hulle word nie eers deur die Hemel gehoor nie en bring net oordeel. YAH waarsku, raak nie my gesalfde aan, en doen ook nie my profete enige skade aan nie. Net aartsengel Michael was instaat om vir satan te sê, YAH bestraf jou! Soos hulle oor Moses se liggaam gestry het. Want die heilige engele het nie die naam en die bloed van YAHUSHUA nodig om satan te bestraf nie, want hulle is sondeloos.


Enige iemand wat jou dit leer, is verkeerd, so sê YAH, en moet dit los, hulle self nederig maak en erken dat ons enigste mag oor satan deur die naam en die bloed van YAHUSHUA ha MASHIACH is. Psalm 109 praat eenvoudig van die vloeke wat YAH op die valse aanklaers van 'n ware heilige profeet van YAH sal plaas. Die afgelope tyd, is ek valslik beskuldig deur diegene wat ek gedink het my die meeste liefgehad het. Dankie vir julle gebede vir die leierskap van hierdie Bediening, my man en vir my. Toets die gees wat praat en kyk of jy 'n getuie kry van wat ek Elisheva Eliyahu geskryf het onder die salwing van die RUACH HA KODESH/IMMAYAH/SHIKNYAH GLORY/HEILIGE GEES.


En nou oor na die torah gedeeltes, PRAISE YAH!!


Shabbat Shalom en baie liefde aan almal in YAHUSHUA!



Apostel, Profeet, Elisheva Eliyahu



Eksodus 35:1 – 38:20



 *~ Eksodus Hoofstuk 35~*


Toe het Moses die hele vergadering van die kinders van Israel bymekaar laat kom en aan hulle gesê: Dit is die woorde wat YAHUVEH beveel het, om dit te doen: 


Ses dae lank kan daar werk verrig word, maar op die sewende dag moet daar vir julle ‘n heiligheid, ‘n dag van volkome rus wees tot eer van YAHUVEH. Elkeen wat daarop werk verrig, moet gedood word. 


Julle mag op die sabbat geen vuur aansteek in enigeen van julle woonplekke nie. 


Verder het Moses die hele vergadering van die kinders van Israel toegespreek en gesê: Dit is die saak wat YAHUVEH beveel het:

 
Neem van julle besittings ‘n offergawe aan YAHUVEH. Laat elkeen wat gewillig is in sy hart, dit bring, die offergawe van YAHUVEH: goud en silwer en koper; 


en pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn linne en bokhaar; 


en rooigeverfde ramsvelle en robbevelle en akasiahout; 


en olie vir die Kandelaar (Menorah) en speserye vir die salfolie en vir die reukwerk van speserye; 


en oniksstene en stene om in te lê, vir die skouerkleed en die borstas. 


10 En almal wat kunsvaardig is onder julle, moet kom en alles maak wat YAHUVEH beveel het: 


11 die Tabernakel, sy tent en sy dekkleed, sy hakies en sy style, sy dwarshoute, sy pilare en sy voetstukke; 


12 die ark en sy draaghoute, die versoendeksel en die voorhangsel tot bedekking; 


13 die tafel met sy draaghoute en al sy gereedskap, en die toonbrode; 


14 en die Kandelaar (Menorah) tot verligting, met sy gereedskap en sy lampe, en die olie vir die Kandelaar (Menorah); 


15 en die reukaltaar met sy draaghoute, en die salfolie en die reukwerk van speserye, en die bedekking vir die ingang van die tabernakel; 


16 die brandofferaltaar met sy traliewerk van koper, sy draaghoute en al sy gereedskap; die waskom met sy voetstuk; 


17 die behangsels van die voorhof, sy pilare en sy voetstukke, en die bedekking van die poort van die voorhof; 


18 die penne van die Tabernakel en die penne van die voorhof met hulle lyne;

 
19 die kunstige klere om in die Heiligdom te dien, die heilige klere vir die priester Aäron en die klere van sy seuns om die priesteramp te bedien. 


20 Toe het die hele vergadering van die kinders van Israel van Moses af weggegaan. 


21 En elkeen wie se hart hom opgewek en elkeen wie se gees hom aangedryf het, het gekom: hulle het die offergawe van YAHUVEH gebring vir die werk aan die Tent van Samekoms en vir sy hele bediening en vir die heilige klere; 


22 die manne het met die vroue gekom, elkeen wat gewillig van hart was; hulle het gespes en ringe en vingerringe en halssierade, allerhande goue goed, gebring. En elkeen wat ‘n offer van goud aan YAHUVEH gewy het, 


23 en elkeen wat in besit was van pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn linne en bokhaar en rooigeverfde ramsvelle en robbevelle, het dit gebring.

 
24 Elkeen wat ‘n offergawe van silwer of koper kon aanbied, het die offergawe van YAHUVEH gebring; en elkeen wat akasiahout besit het, wat oral by die werk kon gebruik word, het dit gebring. 


25 En elke vrou wat kunsvaardig was, het met haar eie hande gespin en die spinsel gebring: die pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en die fyn linne. 


26 En al die vroue wie se hart hulle opgewek het deur kunsvaardigheid, het die bokhaar gespin. 


27 En die owerstes het die oniksstene gebring en die stene om in te lê, vir die skouerkleed en die borstas, 


28 en die speserye en die olie vir die Kandelaar (Menorah) en vir die salfolie en vir die reukwerk van speserye. 


29 Elke man en vrou wie se hart hulle aangedryf het om iets by te dra vir al die werk wat YAHUVEH deur die diens van Moses beveel het om te verrig—as vrywillige offergawe aan YAHUVEH het die kinders van Israel dit gebring. 


30 Daarop het Moses aan die kinders van Israel gesê: Kyk, YAHUVEH het Besáleël, die seun van Uri, die seun van Hur, van die stam van Juda, by sy naam geroep; 


31 en HY het hom met die Gees van ELOHIM vervul, met wysheid, met verstand en met kennis en bekwaamheid vir allerhande werk; 


32 en om kunstige planne uit te dink, om dié uit te voer in goud en silwer en koper, 


33 en deur snywerk in stene wat ingelê moet word, en deur houtsnywerk—om werksaam te wees in allerhande kunsarbeid. 


34 HY het dit ook in sy hart gegee om ander te onderrig, aan hom en aan Ohóliab, die seun van Ahísamag, van die stam van Dan. 


35 HY het hulle vervul met kunsvaardigheid om allerhande werk te maak van ‘n ambagsman en ‘n kunstenaar en van ‘n bewerker van veelkleurige goed in pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn linne, en van ‘n wewer hulle wat al die werk moes verrig en kunstige planne moes uitdink.



 *~ Eksodus Hoofstuk 36~*


So moet dan Besáleël en Ohóliab en elkeen wat kunsvaardig is, in wie YAHUVEH wysheid en verstand gegee het om met kennis al die werk tot vervaardiging van die Heiligdom te verrig, dit maak net soos YAHUVEH beveel het. 


En Moses het Besáleël en Ohóliab geroep en elkeen wat kunsvaardig was, in wie se hart YAHUVEH wysheid gegee het; elkeen wie se hart hom opgewek het om aan die werk te gaan om dit klaar te maak. 


En hulle het voor die oë van Moses ontvang al die offergawes wat die kinders van Israel vir die verrigting van die werk by die vervaardiging van die Heiligdom gebring het. Maar húlle het vir hom nog elke môre vrywillige offergawes gebring. 


Toe het al die kunsvaardige manne wat met al die werk by die Heiligdom besig was, man vir man, van die werk af gekom waar hulle mee besig was, 


en hulle het met Moses gespreek en gesê: Die volk bring meer as wat nodig is vir die uitvoering van die werk waarvan YAHUVEH die vervaardiging beveel het. 


Daarop het Moses bevel gegee, en hulle het ‘n oproep deur die laer laat gaan en gesê: Laat geen man of vrou verder enige werksaamheid verrig in verband met die offergawe vir die Heiligdom nie. Toe het die volk opgehou om te bring; 


want die boustof was vir hulle genoeg om die hele werk tot stand te bring; ja, daar het oorgebly. 


So het dan almal wat kunsvaardig was onder die werksmense die Tabernakel uit tien tentdoeke vervaardig; uit fyn dubbeldraad-linne en pers en purperrooi en bloedrooi stowwe, met gérubs; as kunstige werk het hy dit gemaak. 


Die lengte van elke tentdoek was agt en twintig el en die breedte van elke tentdoek vier el. Al die tentdoeke het een maat gehad. 


10 En hy het vyf van die tentdoeke aanmekaargewerk, die een aan die ander; en weer vyf tentdoeke het hy aanmekaargewerk, die een aan die ander. 


11 En hy het lissies van pers stof gemaak aan die soom van die buitenste tentdoek van die een stel; so het hy dit gemaak aan die soom van die laaste tentdoek van die tweede stel. 


12 Vyftig lissies het hy gemaak aan die een tentdoek, en vyftig lissies het hy gemaak aan die rand van die tentdoek wat aan die tweede stel behoort het. Die lissies was die een teenoor die ander. 


13 Hy het ook vyftig goue hakies gemaak en die tentdoeke saamgevoeg, die een aan die ander, met die hakies, sodat die tabernakel een geheel was. 


14 Verder het hy doeke van bokhaar gemaak as ‘n tentseil oor die Tabernakel: elf tentdoeke het hy dit gemaak. 


15 Die lengte van elke tentdoek was dertig el, en die breedte van elke tentdoek vier el: die elf tentdoeke het een maat gehad. 


16 En hy het vyf van die tentdoeke besonders aanmekaargewerk en ses van die tentdoeke besonders. 


17 En hy het vyftig lissies gemaak aan die soom van die laaste tentdoek van die een stel, en vyftig lissies het hy gemaak aan die soom van die laaste tentdoek van die tweede stel. 


18 Hy het ook vyftig koperhakies gemaak om die tent saam te voeg, sodat dit een geheel was. 


19 Ook het hy vir die tent ‘n dekkleed van rooigeverfde ramsvelle gemaak en daar bo-oor ‘n dekkleed van robbevelle. 


20 Hy het ook vir die Tabernakel die regopstaande style van akasiahout gemaak. 


21 Die lengte van die styl was tien el, en anderhalf el die breedte van elke styl. 


22 Elke styl het twee tappe gehad wat met mekaar verbind was. So het hy dit gemaak vir al die style van die Tabernakel. 


23 En hy het die style vir die Tabernakel gemaak: twintig style aan die suidekant, na die suide toe. 


24 En hy het veertig silwervoetstukke onder die twintig style gemaak: twee voetstukke onder die een styl vir sy twee tappe en twee voetstukke onder die ander styl vir sy twee tappe. 


25 Hy het ook vir die ander sykant van die tabernakel, aan die noordekant, twintig style gemaak 


26 met hulle veertig silwervoetstukke: twee voetstukke onder die een styl en twee voetstukke onder die ander styl. 


27 En vir die agterkant van die Tabernakel, teen die weste, het hy ses style gemaak. 


28 Ook het hy twee style vir die hoeke van die Tabernakel aan die agterkant gemaak. 


29 En hulle was dubbel van onder, en net so was hulle bo dubbel tot by die eerste ring. So het hy dit gemaak vir altwee, vir die twee hoeke. 


30 So was daar dan agt style met hulle silwervoetstukke: sestien voetstukke; twee voetstukke onder elke styl. 


31 Hy het ook dwarshoute van akasiahout gemaak: vyf vir die style van die een sykant van die Tabernakel 


32 en vyf dwarshoute vir die style van die ander sykant van die Tabernakel; ook vyf dwarshoute vir die style van die agterkant van die Tabernakel teen die weste. 


33 En hy het die middelste dwarshout gemaak om oordwars te loop, in die middel van die style, van die een ent na die ander. 


34 En hy het die style met goud oorgetrek; en hulle ringe, as plekke vir die dwarshoute, het hy van goud gemaak. Die dwarshoute het hy ook met goud oorgetrek. 


35 Verder het hy die voorhangsel gemaak van pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne; as kunstige werk het hy dit gemaak, met gérubs. 


36 En hy het vier pilare van akasiahout daarvoor gemaak en dit met goud oorgetrek; hulle kramme was ook van goud; en hy het daarvoor vier silwervoetstukke gegiet. 


37 Hy het ook vir die ingang van die tent ‘n bedekking gemaak van pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne, veelkleurige werk; 


38 en die vyf pilare wat daarby behoort, met hulle kramme; en hy het hulle toppe en ringe met goud oorgetrek; en hulle vyf voetstukke was van koper.



 *~ Eksodus Hoofstuk 37~*


En Besáleël het die ark van akasiahout gemaak; twee en ‘n half el was sy lengte, en anderhalf el sy breedte, en anderhalf el sy hoogte. 


En hy het dit oorgetrek met suiwer goud, van binne en van buite; en hy het daaraan ‘n goue krans gemaak rondom. 


En hy het daarvoor vier goue ringe gegiet, aan sy vier voete, só dat twee ringe aan die een kant en twee ringe aan die ander kant was. 


En hy het draaghoute van akasiahout gemaak en dit met goud oorgetrek; 


en hy het die draaghoute in die ringe gesteek aan weerskante van die ark om die ark te dra. 


Hy het ook ‘n versoendeksel van suiwer goud gemaak. Twee en ‘n half el was sy lengte, en anderhalf el sy breedte. 


Ook het hy twee gérubs van goud gemaak. Van dryfwerk het hy hulle gemaak, aan die twee ente van die versoendeksel. 


Een gérub aan die een ent en een gérub aan die ander ent. Uit een stuk, saam met die versoendeksel, het hy die gérubs gemaak, aan die twee ente. 


En die gérubs het die vlerke boontoe uitgesprei gehou, terwyl hulle met hul vlerke die versoendeksel beskut; en hulle aangesigte was na mekaar toe. Die gesigte van die gérubs was op die versoendeksel gerig. 


10 Hy het ook die tafel van akasiahout gemaak. Twee el was sy lengte, en ‘n el sy breedte, en anderhalf el sy hoogte. 


11 En hy het dit met suiwer goud oorgetrek en daarvoor ‘n goue krans gemaak rondom. 


12 Hy het ook daarvoor ‘n lys van ‘n handbreed gemaak rondom; en hy het ‘n goue krans vir die lys gemaak rondom. 


13 Hy het ook vier goue ringe daarvoor gegiet; en hy het die ringe vasgesit aan die vier hoeke van die vier pote. 


14 Naby die lys was die ringe as plekke vir die draaghoute om die tafel te dra. 


15 Hy het ook die draaghoute van akasiahout gemaak en dit met goud oorgetrek om die tafel te dra. 


16 En hy het die gereedskap gemaak wat op die tafel moes wees: sy skottels en sy rookpanne en sy bekers en sy kanne waarmee gegiet moes word, van suiwer goud. 


17 Hy het ook die Kandelaar (Menorah) van suiwer goud gemaak. Van dryfwerk het hy die Kandelaar (Menorah) gemaak, sy voetstuk en sy stam; sy kelkies, sy knoppe en sy blomme was, daarmee saam, uit een stuk. 


18 En ses arms het uit die sykante daarvan uitgegaan: drie arms van die Kandelaar (Menorah) uit die een kant en drie arms van die Kandelaar (Menorah) uit die ander kant. 


19 Drie kelkies soos amandelblomme aan die een arm, ‘n knop en ‘n blom, en drie kelkies soos amandelblomme aan die ander arm, ‘n knop en ‘n blom—so was dit aan die ses arms wat uit die Kandelaar (Menorah) uitgaan. 


20 Maar aan die Kandelaar (Menorah) self was vier kelkies soos amandelblomme, met knoppe en blomme: 


21 daar was ‘n knop onder die eerste paar arms wat daaruit uitgaan; en ‘n knop onder die tweede paar arms wat daaruit uitgaan; en ‘n knop onder die derde paar arms wat daaruit uitgaan—vir die ses arms wat daaruit uitgaan. 


22 Hulle knoppe en hulle arms was, daarmee saam, uit een stuk alles saam een stuk dryfwerk van suiwer goud. 


23 En hy het sewe lampe daarvoor gemaak en sy snuiters en sy bakkies van suiwer goud. 


24 Van ‘n talent suiwer goud het hy dit gemaak met al sy gereedskap. 


25 En hy het die reukaltaar van akasiahout gemaak; ‘n el was sy lengte en ‘n el sy breedte, vierkantig, en twee el sy hoogte. Sy horings was, daarmee saam, uit een stuk. 


26 En hy het dit met suiwer goud oorgetrek: die plaat, die sykante en die horings. En hy het daarvoor ‘n goue krans gemaak rondom. 


27 Hy het ook twee goue ringe daarvoor gemaak, onderkant die krans aan weerskante, aan die twee sykante, as plekke vir draaghoute om dit daarmee te dra. 


28 En hy het die draaghoute van akasiahout gemaak en dit met goud oorgetrek. 


29 Hy het ook die heilige salfolie gemaak en die suiwer reukwerk van speserye, soos ‘n salfmenger dit maak.



 *~ Eksodus Hoofstuk 38~*


Hy het ook die brandofferaltaar van akasiahout gemaak. Vyf el was sy lengte en vyf el sy breedte, vierkantig, en drie el sy hoogte. 

En hy het sy horings op die vier hoeke gemaak; sy horings was, daarmee saam, uit een stuk: en hy het dit met koper oorgetrek. 

Hy het ook al die gereedskap van die altaar gemaak: die potte en die skoppe en die komme, die vurke en die vuurpanne. Al dié gereedskap het hy van koper gemaak. 

Ook het hy vir die altaar ‘n traliewerk gemaak, ‘n netwerk van koper, onder sy lys, onderaan tot by die helfte van die altaar. 

En hy het vier ringe aan die vier ente van die kopertraliewerk gegiet, as plekke vir die draaghoute. 

En hy het die draaghoute van akasiahout gemaak en dit met koper oorgetrek. 

En hy het die draaghoute in die ringe gesteek, aan die kante van die altaar, om dit daarmee te dra; hy het dit hol, van planke, gemaak. 

Hy het ook die koperwaskom gemaak met sy kopervoetstuk, uit die spieëls van die diensdoende vroue wat by die ingang van die Tent van Samekoms gedien het. 

Hy het ook die voorhof gemaak. Aan die suidekant, na die suide toe, was daar die behangsels van die voorhof, van fyn dubbeldraad-linne, honderd el lank; 

10 daarby twintig pilare met hulle twintig kopervoetstukke; die kramme en die ringe van die pilare was van silwer; 

11 en aan die noordekant honderd el; daarby twintig pilare met hulle twintig kopervoetstukke; die kramme en die ringe van die pilare was van silwer. 

12 En aan die westekant was daar behangsels, vyftig el lank; daarby tien pilare met hulle tien voetstukke; die kramme en die ringe van die pilare was van silwer. 

13 En aan die oostekant, teen sonop, was daar vyftig el; 

14 vyftien el behangsels vir die een kant, daarby drie pilare met hulle drie voetstukke; 

15 en vir die ander kant—aan weerskante van die poort van die voorhof—vyftien el behangsels, daarby drie pilare met hulle drie voetstukke. 

16 Al die behangsels van die voorhof rondom was van fyn dubbeldraad-linne; 

17 en die voetstukke van die pilare was van koper, en die kramme en die ringe van die pilare van silwer; en die oortreksel van hulle toppe van silwer; en hulle self, al die pilare van die voorhof, was van silwerringe voorsien. 

18 En die bedekking van die poort van die voorhof was veelkleurige werk, van pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne: twintig el was die lengte, en die hoogte—tewens die breedte van die stof—vyf el, net soos die behangsels van die voorhof. 

19 Daarby vier pilare met hulle vier voetstukke van koper en hulle kramme van silwer, en die oortreksel van hulle toppe en hulle ringe van silwer. 

20 En al die penne vir die Tabernakel en die voorhof rondom was van koper.