Shabbat Shalom!

Welkom by Va'Era, En HY Het Verskyn, hierdie week se Parasha.

Eksodus 6:2–9:35;
Esegiël 28:25 – 29:21;
Openbaring 15:1–16:20;



Ek wil my geliefde man, Apostel, Profeet Ezra, wat in Israel gebore is en groot geword het, bedank. Ons is getroud op 2 Oktober 2016 en sedertdien is die torah gedeeltes by hierdie bediening gevoeg. Want hy het die belangrikheid van dit aan my gewys. My man lees die profesieë baie noukeurig om ooreen te kom met die torah gedeeltes wat op die sabbat is. Hy sal vir ure navorsing doen indien nodig. Dus wil ek net sê, dankie liefling. Jy het 'n goeie werk gedoen om hierdie profesieë met die torah gedeeltes vir hierdie sabbat oor een te stem.


Ek is 'n biologiese jood, deur moeder en vader, maar dit sal nie iemand in die hemel kry nie. Slegs deur die naam en die bloed van YAHUSHUA wat in die vlees as GOD gekom het, HY is gekruisig vir ons sondes. Bekeer jou, vra vergifnis, want as dit net vir jou was, sou HY nogsteeds gekruisig, gemartel word, as bloedversoening vir ons sondes. Niemand, behalwe HY wat perfek was, het op hierdie aarde geloop nie, en HY is uit 'n maagd gebore. Maar, dit was deur IMMAYAH die HEILIGE GEES se hande wat YAHUSHUA in Maria se baarmoeder geplaas het, sodat HY beide vlees en GOD in een sou wees.


Wanneer ons vergifnis vra en ons HOM aanvaar as die enigste verwekte SEUN van GOD YAHUVEH, is ons in die wingerdstok ingegraveer. Wat beteken, dat selfs al kom jy nie uit 'n Hebreeuse bloedlyn nie, is ons in daardie wingerdstok ingegraveer, YAHUSHUA en ons het een geword met HOM. 'n Jood. YAHUSHUA is getrou om elke sonde te vergewe, moet net nie daaroor dink nie, deur HOM te bly toets nie. Want YAHUSHUA het gesê, hoe kan jy MY Heer en Meester noem en MY nie gehoorsaam nie? Nog 'n weergawe van die bybel sê, hoekom sê jy jy is lief vir MY en jy gehoorsaam MY nie? Die gehoorsaamheid waaroor HY praat, is die Tien Gebooie, die tien wette wat Moses van die berg Sinai afgebring het en wat YAH met SY eie vurige vinger ingeskryf het.

Jy moet die bybel lees, veral die Nuwe Testament om te verstaan. Net HY het dit gedoen om ons uit die hel te hou, sodat satan nie kan sê dat hy aanspraak kan maak op ons verstand, liggaam, gees en siel nie. YAHUSHUA het meer gepraat oor die waarskuwings om hel toe te gaan as wat HY van die skoonheid van die Hemel gepraat het. Ons almal werk ons eie verlossing uit met vrees en bewing, want ons siel weet reeds wanneer die oorlog met Lucifer in die Hemel teen YAH ons vertel was om kante te kies. Een derde van die engele is saam met Lucifer op die aarde gegooi terwyl YAHUSHUA hom met SY voet uitgeskop het. En hoe ons dit weet, is HY beskryf die val van Lucifer uit die lug.


Ek is aanhoudend vertel in 1995, waar is jou man? Hierdie bediening is ongebalanseerd. Maar vir 22 jaar, het ek voortgegaan om te doen wat YAH my gesê het om te doen. Op 7 Maart 2016 het YAHUSHUA die twee salwinge saamgebring, soos Ezra en ek vir die eerste keer gepraat het, maar ons het in e-posse geskryf, sodat ons mekaar in die gees geken het. 2 Oktober 2016, nadat YAH my van 'n verworpene van 14 jaar geskei het, het YAHUSHUA die oue uitgeskop en die nuwe ingebring. En Ezra en ek is op 2 Oktober 2016 getroud met 'n profetiese woord en ope visioen wat een dag ten volle gedeel sal word, maar ons huweliksgeloftes is onderteken en verseël deur YAHUVEH, YAHUSHUA, en IMMAYAH se seëlringe.


Ek is dae gelede 'n nuwe openbaring gegee, tydens intense gebed soos Eva uit Adam se rib gevorm is. Die rede waarom hierdie leierskap sy aan sy moet loop, nie een voet voor die ander nie, is omdat ek sy onsigbare rib is. Hy het my soveel nodig as wat ek hom nodig het. Die twee salwinge moet een wees en in alle besluite, leerstellings, moet ons in harmonie wees. Beide in die geestelike en die fisiese. Ezra is my geestelike hoof GEBED bedekking. Voorheen het ek geen gehad nie. Wat dit beteken, is dat hy in heilige tale bid en soos 'n held uit die Hemel gestuur word, laat hy geen valse profete, geen vorm van toordery, satanisme of enigiemand wat probeer om my kwaad in woord of daad aan te doen nie, selfs soos doodsvloeke na my toe kom, toe nie . Haters weet net hoe om te haat.


Ezra as die GEBED hoofbedekking, waarsku die vyande dat ek nie meer alleen is nie. Om naby my te kom en my skade aan te rig, moet hulle hom eers veg soos hy sy vrou beskerm selfs deur die salwing van YAHUSHUA en die bloed van YAHUSHUA, soos hy YAHUSHUA gehoorsaam. Hierdie aanvalle van vyande kan nie vernietig wat YAH saamgevoeg het nie. Ons twee salwinge het een geword en ons moet nooit luister na enige iemand in hierdie wêreld wat probeer om dit te verdeel nie. Enige aanvalle wat toegelaat word om deur Ezra te gaan, is omdat die Skrif sê, baie is die verdrukkinge van die regverdiges, maar EK YAHUVEH sal hulle van hulle almal red.


As my man, is hy my hoof, maar ons neem steeds besluite saam, en 'n ware heilige man is nie 'n diktator nie, maar regeer in liefde soos YAHUSHUA sê hoe die man YAHUSHUA VERTEENWOORDIG. Hy sal nooit SY BRUID slaan of haar mishandel nie, haar valslik beskuldig, haar hartseer maak of enige vyand toelaat om haar aan te val nie.


In die been van my been (‘bone of my bone’) profesie sê dit, as dit nodig is, sal hy sy lewe vir haar neerlê. Dit is wat die hoof van die vrou doen. Die vrou moet so beskermd voel, want sy weet niemand kan haar kwaad aandoen nie, en hom liefhê en waardeer, want sy weet dit is veilig, sy veg nie meer alleen nie en sy kan haar kop op sy skouer neer lê. Sy is sy onsigbare rib en hulle sal altyd saamstaan. YAHUSHUA regeer slegs SY BRUID met liefde. Enige heilige hoof GEBED bedekking van 'n man moet dieselfde doen en vertroue, liefde en lojaliteit is verpligtend.


Soos ons YAHUSHUA vertrou, so moet daardie man en vrou instaat wees om mekaar ook te vertrou. Toe Ezra en ek saam hierdie torah gedeeltes bestudeer het, is ek so geseënd omdat hy dit hardop lees, saam met die profesieë, insluitende die nuwe, en ek is instaat om hom vrae te vra, soos hy my heilige mentor en my geliefde man is. En soos ons hierdie Torah gedeelte lees, vra ek hom vrae om my te wys waar anders dit in die Nuwe Testament is en hy sal my altyd wys waar dit is. Die torah en die nuwe testament ondersteun mekaar, maar 'n uittreksel van slegs die torah gedeelte sal ook 'n getuienis wees vir YAHUSHUA, want HY is die lewende torah.


Die Jode kan nie gered word deur net die torah gedeeltes te lees nie, dit sal niemand ooit in die Hemel bring nie. Die enigste bloedversoening vir sonde was ‘n geskenk wat YAH aan die kruis gegee het, soos HY HOM toegelaat het om die geofferde lam te word, soos met pasga. Dieselfde tyd toe die paaslam op drie-uur, Israel-tyd geslag was, is dieselfde tyd wat YAHUSHUA gesterf en gesê het, ontvang my gees, dit is volbring. Dit is waarom Ezra die Heilige profesieë met die torah profete van ouds kombineer, YAH verander nooit nie. SY woorde staan soos YAHUSHUA se woord staan. En hier is net een van die Skrifte wat dit bewys: Johannes 14:6, “YAHUSHUA antwoord hom, EK is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader behalwe deur MY nie (YAHUSHUA).”


Maar elke keer as ek dit lees, kry ek 'n nuwe openbaring, soos hy hulle verbind met die torah gedeeltes. YAHUSHUA het gesê, dat ons nie meer net 'n uittreksel van SY Woord in die profesie moet plaas nie, want jy mis uit op die hele boodskap van die profesie. Daarom het ek dit verander soos HY beveel het om die hele profesieë te plaas sodat julle geseënd kan wees.


Dit is 'n verrassing wat YAHUSHUA my aangesê het om, vanaf 22 Desember 2018, bokant elke Torah gedeelte te sit. En as jy die duiwel en demone bestraf, moet jy altyd seker maak dat jy gebid het en dat jou sondes gewas is met YAHUSHUA se gestorte bloed.


Want so sê YAH, WEES ONDERDANIG (GEHOORSAAM), Ek onderwerp myself aan YAHUSHUA en ek bestraf jou satan in die naam en die bloed van YAHUSHUA!! Ek weerstaan jou satan en enige demone of aanvalle deur die gestorte bloed van YAHUSHUA en die naam van YAHUSHUA. Die gestorte bloed van YAHUSHUA staan teen jou satan, jy moet nou van my wegvlug!! Want jy het geen aanspraak op my nie!! My siel behoort aan YAHUSHUA!! Dit is nie eens myne nie! Ek praat met die demone en in die naam en die bloed van YAHUSHUA, weerstaan en bestraf ek julle in die naam van YAHUSHUA en die bloed van YAHUSHUA en alle aanloklike demone, ek beveel julle om op te hou manifesteer, om op te hou kommunikeer met my en na die plek te gaan waar YAHUSHUA julle stuur om deur die engele van die allerhoogste YAHUVEH gemartel en gepynig te word tot die tyd van julle oordeel.


Ek is die een wat Ezra geleer het hoe ek uit die hemel gehoor het om te bid teen die bose wat ons aanval, YAHUSHUA se gelowiges, dit is 'n kragtige gebed. Ek moet jou waarsku, dat as die aanval vinnig terugkom, word dit plaasvervangende demone en gevalle engele genoem wat sal probeer om jou geloof te steel deur te sê dat YAHUSHUA se gebed wat jy gebid het, geen krag gehad het nie.


Dit word geestelike oorlogvoering genoem. Jy moenie opgee nie! Daar is 'n lering dat jy net een keer satan en demone moet bestraf en hulle sal wegvlug en jou alleen los en jy word nie meer getormenteer nie. Ek, Elisheva kan bewys, dit is nie waar nie. Want het satan nie gekom om YAHUSHUA drie keer in die woestyn te versoek nie, en YAHUSHUA moes satan drie maal bestraf deur heilige Skrifte te gebruik. YAHUSHUA het op daardie stadium 40 dae gevas. So liggaamlik was sy liggaam swak, soos satan HOM bespot en gesê het om klippe in brood te verander. Want daar is geskrywe, het YAHUSHUA geantwoord, die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar deur elke woord wat uit die mond van YAH uitgaan.


En ek los jou hiermee. Bestudeer en wys jouself waardig, want daar is geskryf, dit is die gebede van die regverdiges (deur YAHUSHUA) wat baie krag het. Die gebede van die ongeregtiges is kaf in die wind, hulle word nie eers deur die Hemel gehoor nie en bring net oordeel. YAH waarsku, raak nie my gesalfde aan, en doen ook nie my profete enige skade aan nie. Net aartsengel Michael was instaat om vir satan te sê, YAH bestraf jou! Soos hulle oor Moses se liggaam gestry het. Want die heilige engele het nie die naam en die bloed van YAHUSHUA nodig om satan te bestraf nie, want hulle is sondeloos.


Enige iemand wat jou dit leer, is verkeerd, so sê YAH, en moet dit los, hulle self nederig maak en erken dat ons enigste mag oor satan deur die naam en die bloed van YAHUSHUA ha MASHIACH is. Psalm 109 praat eenvoudig van die vloeke wat YAH op die valse aanklaers van 'n ware heilige profeet van YAH sal plaas. Die afgelope tyd, is ek valslik beskuldig deur diegene wat ek gedink het my die meeste liefgehad het. Dankie vir julle gebede vir die leierskap van hierdie Bediening, my man en vir my. Toets die gees wat praat en kyk of jy 'n getuie kry van wat ek Elisheva Eliyahu geskryf het onder die salwing van die RUACH HA KODESH/IMMAYAH/SHIKNYAH GLORY/HEILIGE GEES.


En nou oor na die torah gedeeltes, PRAISE YAH!!


Shabbat Shalom en baie liefde aan almal in YAHUSHUA!



Apostel, Profeet, Elisheva Eliyahu


Eksodus 6:2 – 9:35


 *~Eksodus Hoofstuk 6~*


(6:1) Verder het ELOHIM met Moses gespreek en vir hom gesê: EK is YAHUVEH. 

(6:2) En EK het aan Abraham, aan Isak en aan Jakob verskyn as EL SHADDAI,

maar met MY Naam YAHUVEH het EK MY nie aan hulle bekend gemaak nie. 

(6:3) Ook het EK MY verbond met hulle opgerig om hulle die land Kanaän te gee, die land van hulle vreemdelingskap waarin hulle vertoef het; 

(6:4) en ÉK het ook gehoor die gekerm van die kinders van Israel wat deur die Egiptenaars in slawerny gehou word, en EK het aan MY verbond gedink. 

(6:5) Daarom, sê aan die kinders van Israel: EK is YAHUVEH, en EK sal julle onder die harde arbeid van die Egiptenaars uitlei en julle red uit hulle slawerny, en EK sal julle verlos deur ‘n uitgestrekte arm en deur groot strafgerigte; 

(6:6) en EK sal julle as MY volk aanneem en vir julle ‘n ELOHIM wees. En julle sal erken dat EK YAHUVEH julle ELOHIM is wat julle uitlei onder die harde arbeid van die Egiptenaars uit. 

(6:7) En EK sal julle bring in die land waaromtrent EK MY hand opgehef het, om dit aan Abraham, aan Isak en aan Jakob te gee; en EK sal dit aan julle as ‘n besitting gee, EK, YAHUVEH. 

(6:8) Moses het toe so met die kinders van Israel gespreek, maar hulle het nie na Moses geluister nie, uit ongeduldigheid en weens die harde diens.

 
10 (6:9) Verder het YAHUVEH met Moses gespreek en gesê: 

11 (6:10) Gaan spreek met Farao, die koning van Egipte, dat hy die kinders van Israel uit sy land moet laat uittrek. 

12 (6:11) Maar Moses het voor die aangesig van YAHUVEH gespreek en gesê: As die kinders van Israel na my nie geluister het nie, hoe sal Farao dan na my luister terwyl ek onbesnede van lippe is? 

13 (6:12) Daarop het YAHUVEH met Moses en Aäron gespreek en hulle met ‘n boodskap gestuur na die kinders van Israel en na Farao, die koning van Egipte, om die kinders van Israel uit Egipteland uit te lei. 

14 (6:13) Dit is die hoofde van hulle families. Die seuns van Ruben, die eersgeborene van Israel: Henog en Pallu, Hesron en Karmi; dit is die geslagte van Ruben. 

15 (6:14) En die seuns van Símeon: Jémuel en Jamin en Ohad en Jagin en Sohar en Saul, die seun van die Kanaänitiese vrou; dit is die geslagte van Símeon. 

16 (6:15) En dit is die name van die seuns van Levi volgens hulle afstamming: Gerson en Kehat en Merári. En die lewensjare van Levi was honderd sewe en dertig jaar. 

17 (6:16) Die seuns van Gerson: Libni en Símeï volgens hulle geslagte. 

18 (6:17) En die seuns van Kehat: Amram en Jishar en Hebron en Ussiël; en die lewensjare van Kehat was honderd drie en dertig jaar. 

19 (6:18) En die seuns van Merári: Magli en Musi. Dit is die geslagte van Levi volgens hulle afstamming. 

20 (6:19) En Amram het Jogébed, sy tante, vir hom as vrou geneem, en sy het vir hom Aäron en Moses gebaar. En die lewensjare van Amram was honderd sewe en dertig jaar. 

21 (6:20) En die seuns van Jishar: Korag en Nefeg en Sigri. 

22 (6:21) En die seuns van Ussiël: Mísael, Élsafan en Sitri. 

23 (6:22) En Aäron het Eliséba, die dogter van Ammínadab, die suster van Nagson, vir hom as vrou geneem; en sy het vir hom gebaar: Nadab en Abíhu, Eleásar en Itamar. 

24 (6:23) En die seuns van Korag: Assir en Élkana en Abíasaf. Dit is die geslagte van die Koragiete. 

25 (6:24) En Eleásar, die seun van Aäron, het vir hom een van die dogters van Pútiël as vrou geneem; en sy het vir hom Pínehas gebaar. Dit is die familie-hoofde van die Leviete volgens hulle geslagte. 

26 (6:25) Dit is Aäron en Moses aan wie YAHUVEH gesê het: Lei die kinders van Israel uit Egipteland volgens hulle leërskare. 

27 (6:26) Dit is hulle wat met Farao, die koning van Egipte, gespreek het om die kinders van Israel uit Egipte uit te lei. Dit is Moses en Aäron. 

28 (6:27) Die dag toe YAHUVEH met Moses gespreek het in Egipteland, 

29 (6:28) het YAHUVEH Moses aangespreek met die woorde: EK is YAHUVEH. Sê aan Farao, die koning van Egipte, alles wat EK met jou spreek. 

30 (6:29) Toe sê Moses voor die aangesig van YAHUVEH: Ek is onbesnede van lippe! Hoe sal Farao dan na my luister?



 *~ Eksodus Hoofstuk 7~*


En YAHUVEH het aan Moses gesê: Kyk, EK stel jou as ‘n god vir Farao, en jou broer Aäron sal jou profeet wees. 

Jy moet spreek alles wat EK jou beveel, en jou broer Aäron moet met Farao spreek, sodat hy die kinders van Israel uit sy land laat uittrek. 

En ÉK sal Farao se hart verhard en my tekens en wonders in Egipteland vermenigvuldig. 

Maar Farao sal na julle nie luister nie; en EK sal MY hand op Egipte lê en MY leërskare, MY volk, die kinders van Israel, deur groot strafgerigte uit Egipteland uitlei. 

Dan sal die Egiptenaars weet dat EK YAHUVEH is, as EK MY hand oor Egipte uitstrek en die kinders van Israel tussen hulle uitlei. 

Moses en Aäron het toe gedoen soos YAHUVEH hulle beveel het; so het hulle gedoen. 

En Moses was tagtig jaar en Aäron drie en tagtig jaar oud toe hulle met Farao gespreek het. 

En YAHUVEH het Moses en Aäron aangespreek met die woorde: 

As Farao met julle spreek en sê: Doen tog ‘n wonderteken vir julleself—dan moet jy vir Aäron sê: Neem jou staf en gooi dit voor Farao neer; dan sal dit ‘n slang word. 

10 Toe het Moses en Aäron na Farao gegaan en gedoen net soos YAHUVEH hulle beveel het: Aäron het sy staf voor Farao en voor sy dienaars neergegooi, en dit het ‘n slang geword. 

11 Daarop laat Farao óók die wyse manne en die towenaars roep; en hulle, die Egiptiese towenaars, het ook dieselfde gedoen met hulle towerkunste: 

12 elkeen gooi sy staf neer, en hulle word slange! Maar Aäron se staf het hulle stawe verslind. 

13 Maar Farao se hart was verhard, sodat hy na hulle nie geluister het nie soos YAHUVEH gespreek het. 

14 Toe sê YAHUVEH vir Moses: Farao se hart is verhard; hy weier om die volk te laat trek. 

15 Gaan môre vroeg na Farao toe—kyk, hy sal uitgaan na die water; staan dan aan die kant van die Nyl om hom te ontmoet; en neem die staf wat in ‘n slang verander het, in jou hand, 

16 en sê vir hom: YAHUVEH, die ELOHIM van die Hebreërs, het my na u gestuur met die boodskap: Laat MY volk trek, dat hulle MY kan dien in die woestyn. Maar kyk, u het tot nou toe nie geluister nie. 

17 So spreek YAHUVEH: Hieraan sal jy weet dat EK YAHUVEH is. Kyk, ek sal met die staf wat in my hand is, op die water slaan wat in die Nyl is, en dit sal in bloed verander word. 

18 En die visse in die Nyl sal doodgaan, sodat die Nyl sal stink. En die Egiptenaars sal vergeefs trag om die water uit die Nyl te drink. 
19 Verder het YAHUVEH met Moses gespreek: Sê vir Aäron: Neem jou staf en steek jou hand uit oor die waters van die Egiptenaars, oor hulle strome, hulle kanale, hulle waterkuile en oor al hulle versamelplekke van water, sodat dit bloed word: daar sal bloed in die hele Egipteland wees, ook in hout— en in klipbakke. 

20 Moses en Aäron het toe so gedoen soos YAHUVEH beveel het—hy het die staf opgehef en die water wat in die Nyl was, geslaan voor die oë van Farao en voor die oë van sy dienaars; en al die water in die Nyl is in bloed verander.

21 En die visse wat in die Nyl was, het doodgegaan; en die Nyl het gestink, sodat die Egiptenaars die water uit die Nyl nie kon drink nie. En daar was bloed in die hele Egipteland. 

22 Maar die Egiptiese towenaars het dieselfde gedoen met hulle towerkunste, sodat Farao se hart verhard is; en hy het na hulle nie geluister nie, soos YAHUVEH gespreek het. 

23 En Farao het omgedraai en huis toe gegaan en dit ook nie ter harte geneem nie. 

24 Maar al die Egiptenaars het rondom die Nyl na water gegrawe om te drink, want hulle kon van die Nyl se water nie drink nie. 

25 So het dan sewe dae verbygegaan nadat YAHUVEH die Nyl geslaan het.



 *~ Eksodus Hoofstuk 8~*


Verder het YAHUVEH met Moses gespreek: Gaan na Farao en sê vir hom: So spreek YAHUVEH: Laat MY volk trek, dat hulle MY kan dien. 

En as jy weier om hulle te laat trek, Kyk, dan sal EK jou hele grondgebied met paddas teister, 

sodat die Nyl van paddas sal wemel. En hulle sal opklim en in jou huis kom en in jou slaapkamer en op jou bed; ook in die huis van jou dienaars en onder jou volk, en in jou bakoonde en in jou bakskottels. 

En die paddas sal teen jou en teen jou volk en teen al jou dienaars opspring. 

Verder het YAHUVEH met Moses gespreek: Sê aan Aäron: Steek jou hand uit met jou staf oor die strome en oor die kanale en oor die waterkuile, en laat die paddas opkom oor Egipteland. 

En Aäron het sy hand oor die waters van Egipte uitgesteek, en daar het paddas opgekom en Egipteland oordek. 

Maar die towenaars het dieselfde gedoen met hulle towerkunste en paddas laat opkom oor Egipteland. 

Toe het Farao Moses en Aäron laat roep en gesê: Bid tot YAHUVEH, dat HY die paddas van my en van my volk wegneem. Dan sal ek die volk laat trek, dat hulle aan YAHUVEH kan offer. 

Maar Moses sê aan Farao: Aan u die eer bo my! Teen watter tyd moet ek vir u en u dienaars en vir u volk bid, dat die paddas van u en uit u huise uitgeroei word om net in die Nyl oor te bly? 

10 En hy antwoord: Teen môre. Toe sê hy: Dit sal wees volgens u woord, dat u kan weet dat daar niemand is soos YAHUVEH onse ELOHIM nie. 

11 En die paddas sal u en u huise en u dienaars en u volk verlaat. Net in die Nyl sal hulle oorbly. 

12 Toe het Moses en Aäron van Farao af weggegaan; en Moses het tot YAHUVEH geroep vanweë die paddas wat HY oor Farao beskik het. 

13 En YAHUVEH het gedoen volgens die woord van Moses: die paddas het weggesterwe uit die huise, van die plase af en uit die veld. 

14 En hulle het dit by hope bymekaargemaak, en die land het gestink. 

15 En toe Farao sien dat daar verligting kom, het hy sy hart verhard en na hulle nie geluister nie, soos YAHUVEH gespreek het. 

16 Verder het YAHUVEH met Moses gespreek: Sê aan Aäron: Steek jou staf uit en slaan die stof van die aarde, en dit sal muskiete word in die hele Egipteland. 

17 En hulle het so gedoen: Aäron het sy hand met sy staf uitgesteek en die stof van die aarde geslaan, en daar het muskiete gekom op die mense en op die vee. Al die stof van die aarde het muskiete geword in die hele Egipteland.
18 En die towenaars het dieselfde gedoen met hulle towerkunste om die muskiete voort te bring, maar hulle kon nie. So was die muskiete dan op die mense en op die vee. 

19 Toe sê die towenaars vir Farao: Dit is die vinger van ELOHIM! Maar Farao se hart was verhard, sodat hy na hulle nie geluister het nie, soos YAHUVEH gespreek het. 

20 Verder het YAHUVEH vir Moses gesê: Maak jou môre vroeg klaar en stel jou voor Farao—kyk, hy sal na die water toe uitgaan en sê vir hom: So spreek YAHUVEH: Laat MY volk trek, dat hulle MY kan dien. 

21 Want as jy MY volk nie laat trek nie, kyk, dan stuur EK teen jou en teen jou dienaars en teen jou volk en teen jou huise die steekvlieë, sodat die huise van die Egiptenaars vol steekvlieë sal wees, en selfs die grond waar hulle op staan. 

22 Maar EK sal op dié dag met die land Gosen, waarin MY volk woon, ‘n uitsondering maak, dat daar geen steekvlieë sal wees nie; sodat jy kan weet dat EK YAHUVEH is in die land. 

23 En EK sal ‘n verlossing stel tussen MY volk en jou volk. Môre sal hierdie teken plaasvind. 

24 En YAHUVEH het so gedoen: dik swerms steekvlieë het in die huis van Farao en in die huis van sy dienaars en in die hele Egipteland gekom; die land is deur die steekvlieë verwoes. 

25 Toe laat Farao Moses en Aäron roep en sê: Gaan heen, offer aan julle ELOHIM in die land. 

26 Maar Moses antwoord: Dit is nie reg om so te doen nie; want wat ons aan YAHUVEH onse ELOHIM offer, is ‘n gruwel vir die Egiptenaars. As ons iets wat ‘n gruwel is vir die Egiptenaars, voor hulle oë offer, sal hulle ons dan nie stenig nie? 

27 Laat ons drie dagreise ver die woestyn intrek, dat ons aan YAHUVEH onse ELOHIM kan offer soos HY ons sal beveel. 

28 Toe sê Farao: Ek sal julle laat trek, dat julle aan YAHUVEH julle ELOHIM kan offer in die woestyn; julle moet maar net nie te ver wegtrek nie. Bid vir my. 

29 En Moses antwoord: Kyk, ek gaan van u af weg en sal tot YAHUVEH bid, dat die steekvlieë môre Farao, sy dienaars en sy volk mag verlaat. Laat Farao ons net nie langer bedrieg deur die volk nie te laat trek om aan YAHUVEH te offer nie. 

30 Toe het Moses van Farao af weggegaan en tot YAHUVEH gebid. 

31 En YAHUVEH het gedoen volgens die woord van Moses: HY het die steekvlieë van Farao, van sy dienaars en sy volk weggeneem. Daar het nie een oorgebly nie. 

32 Maar Farao het sy hart ook hierdie keer verhard en die volk nie laat trek nie.



 *~ Eksodus Hoofstuk 9~*


Verder het YAHUVEH met Moses gespreek: Gaan na Farao en sê vir hom: So spreek YAHUVEH, die ELOHIM van die Hebreërs: Laat MY volk trek, dat hulle MY kan dien. 

Want as jy weier om hulle te laat trek en hulle nog langer vashou, 

kyk, dan sal die hand van YAHUVEH wees teen jou vee wat in die veld is, teen die perde, teen die esels, teen die kamele, teen die beeste en teen die kleinvee met ‘n baie swaar pes. 

En YAHUVEH sal ‘n onderskeid maak tussen die vee van die Israeliete en die vee van die Egiptenaars, sodat niks sal doodgaan van alles wat aan die kinders van Israel behoort nie. 

En YAHUVEH het ‘n bepaalde tyd gestel en gesê: Môre sal YAHUVEH dit doen in die land. 

En YAHUVEH het dit die volgende dag gedoen: al die vee van die Egiptenaars het doodgegaan. Maar van die vee van die kinders van Israel is nie een dood nie. 

Farao het toe gestuur, en kyk, van die vee van die Israeliete was daar nie een dood nie! Maar die hart van Farao was verhard, en hy het die volk nie laat trek nie. 

Verder het YAHUVEH aan Moses en Aäron gesê: Neem julle twee hande vol roet uit die oond, en laat Moses dit na die hemel uitstrooi voor die oë van Farao; 

en dit sal fyn stof word oor die hele Egipteland en aan mense en diere swere veroorsaak wat in blare uitbreek, in die hele Egipteland. 

10 So het hulle dan roet uit die oond geneem en voor Farao gaan staan, en Moses het dit na die hemel uitgestrooi. Toe word dit swere wat uitbreek in blare aan mense en diere. 

11 En die towenaars kon voor Moses nie staan vanweë die swere nie. Want die swere was aan die towenaars en al die Egiptenaars. 

12 Maar YAHUVEH het Farao se hart verhard, sodat hy nie na hulle geluister het nie, soos YAHUVEH aan Moses gesê het. 

13 Verder het YAHAUVEH aan Moses gesê: Maak jou môre vroeg klaar en stel jou voor Farao en sê vir hom: So spreek YAHUVEH, die ELOHIM van die Hebreërs: Laat MY volk trek, dat hulle MY kan dien. 

14 Want hierdie keer sal EK al MY plae in jou hart stuur, en teen jou dienaars en jou volk, dat jy kan weet dat daar niemand op die hele aarde is soos EK nie. 

15 Want anders sou EK MY hand uitgestrek en jou en jou volk met die pes getref het, en jy sou van die aarde verdelg gewees het;

 
16 maar juis hierom het EK jou nog laat bestaan, dat EK jou my krag kan toon, en dat hulle MY Naam op die hele aarde kan verkondig. 

17 Versit jy jou nog teen MY volk, dat jy hulle nie wil laat trek nie? 

18 Kyk, EK sal môre omtrent sulke tyd ‘n baie swaar hael laat reën soos wat in Egipte nie gewees het van die dag af dat dit gegrond is tot nou toe nie. 

19 Stuur dan nou en laat jou vee en alles wat jy in die veld het, in veiligheid bring; al die mense en die diere wat in die veld gevind word, en wat nie binnekant gebring is nie—op hulle sal die hael val, sodat hulle sterwe. 

20 Hy wat YAHUVEH se woord gevrees het onder die dienaars van Farao, het sy slawe en sy vee in die huise laat vlug; 

21 maar hy wat op YAHUVEH se woord geen ag gegee het nie, het sy slawe en sy vee in die veld laat bly. 

22 Toe sê YAHUVEH vir Moses: Steek jou hand na die hemel uit, en daar sal hael wees in die hele Egipteland, oor mense en diere en oor al die plante van die veld in Egipteland. 

23 En Moses het sy staf na die hemel uitgesteek, en YAHUVEH het donder en hael gegee, en vuur het na die aarde uitgeskiet; en YAHUVEH het hael op Egipteland laat reën. 

24 En daar was hael en onophoudelike vuur binne-in die hael, baie swaar, soos in die hele Egipteland nooit gewees het vandat dit aan ‘n volk behoort het nie. 

25 En die hael het in die hele Egipteland geslaan alles wat in die veld was, mense sowel as diere. Ook het die hael al die plante van die veld geslaan en al die bome van die veld verbreek. 

26 Net in die land Gosen, waar die kinders van Israel was, was daar geen hael nie. 

27 Toe het Farao Moses en Aäron laat roep en vir hulle gesê: Ek het dié keer sonde gedoen. YAHUVEH is reg, maar ek en my volk het ongelyk. 

28 Bid tot YAHUVEH, want daar is oorgenoeg donder van ELOHIM en hael gewees; dan sal ek julle laat trek, en julle hoef nie langer te bly nie. 

29 Toe sê Moses vir hom: So gou as ek die stad uitgaan, sal ek my hande tot YAHUVEH uitbrei: die donder sal ophou en die hael sal nie meer wees nie; sodat u kan weet dat die aarde aan YAHUVEH behoort. 

30 Maar wat u en u dienaars betref—ek weet dat julle nog nie ontsag het vir YAHUVEH ELOHIM nie. 

31 En die vlas en die gars was weggeslaan, want die gars was in die aar en die vlas in die knop. 

32 Maar die koring en die spelt was nie weggeslaan nie, want hulle is later. 

33 So het Moses dan uit die stad gegaan van Farao af weg en sy hande tot YAHUVEH uitgebrei. En die donder en hael het opgehou, en die reën het nie meer op die aarde gegiet nie. 

34 Toe Farao sien dat die reën en die hael en die donder ophou, het hy nog verder gesondig en sy hart verhard, hy en sy dienaars. 

35 Ja, Farao se hart was verhard, sodat hy die kinders van Israel nie laat trek het nie, soos YAHUVEH deur die diens van Moses gespreek het.