Shabbat Shalom!

Welkom by Tzav – Bevel, hierdie week se Parasha.

Levitikus 6:1 – 8:36
Maleagi 3:4 – 4:6
1 Korintiërs 15:1 – 58



Ek wil my geliefde man, Apostel, Profeet Ezra, wat in Israel gebore is en groot geword het, bedank. Ons is getroud op 2 Oktober 2016 en sedertdien is die torah gedeeltes by hierdie bediening gevoeg. Want hy het die belangrikheid van dit aan my gewys. My man lees die profesieë baie noukeurig om ooreen te kom met die torah gedeeltes wat op die sabbat is. Hy sal vir ure navorsing doen indien nodig. Dus wil ek net sê, dankie liefling. Jy het 'n goeie werk gedoen om hierdie profesieë met die torah gedeeltes vir hierdie sabbat oor een te stem.


Ek is 'n biologiese jood, deur moeder en vader, maar dit sal nie iemand in die hemel kry nie. Slegs deur die naam en die bloed van YAHUSHUA wat in die vlees as GOD gekom het, HY is gekruisig vir ons sondes. Bekeer jou, vra vergifnis, want as dit net vir jou was, sou HY nogsteeds gekruisig, gemartel word, as bloedversoening vir ons sondes. Niemand, behalwe HY wat perfek was, het op hierdie aarde geloop nie, en HY is uit 'n maagd gebore. Maar, dit was deur IMMAYAH die HEILIGE GEES se hande wat YAHUSHUA in Maria se baarmoeder geplaas het, sodat HY beide vlees en GOD in een sou wees.


Wanneer ons vergifnis vra en ons HOM aanvaar as die enigste verwekte SEUN van GOD YAHUVEH, is ons in die wingerdstok ingegraveer. Wat beteken, dat selfs al kom jy nie uit 'n Hebreeuse bloedlyn nie, is ons in daardie wingerdstok ingegraveer, YAHUSHUA en ons het een geword met HOM. 'n Jood. YAHUSHUA is getrou om elke sonde te vergewe, moet net nie daaroor dink nie, deur HOM te bly toets nie. Want YAHUSHUA het gesê, hoe kan jy MY Heer en Meester noem en MY nie gehoorsaam nie? Nog 'n weergawe van die bybel sê, hoekom sê jy jy is lief vir MY en jy gehoorsaam MY nie? Die gehoorsaamheid waaroor HY praat, is die Tien Gebooie, die tien wette wat Moses van die berg Sinai afgebring het en wat YAH met SY eie vurige vinger ingeskryf het.

Jy moet die bybel lees, veral die Nuwe Testament om te verstaan. Net HY het dit gedoen om ons uit die hel te hou, sodat satan nie kan sê dat hy aanspraak kan maak op ons verstand, liggaam, gees en siel nie. YAHUSHUA het meer gepraat oor die waarskuwings om hel toe te gaan as wat HY van die skoonheid van die Hemel gepraat het. Ons almal werk ons eie verlossing uit met vrees en bewing, want ons siel weet reeds wanneer die oorlog met Lucifer in die Hemel teen YAH ons vertel was om kante te kies. Een derde van die engele is saam met Lucifer op die aarde gegooi terwyl YAHUSHUA hom met SY voet uitgeskop het. En hoe ons dit weet, is HY beskryf die val van Lucifer uit die lug.


Ek is aanhoudend vertel in 1995, waar is jou man? Hierdie bediening is ongebalanseerd. Maar vir 22 jaar, het ek voortgegaan om te doen wat YAH my gesê het om te doen. Op 7 Maart 2016 het YAHUSHUA die twee salwinge saamgebring, soos Ezra en ek vir die eerste keer gepraat het, maar ons het in e-posse geskryf, sodat ons mekaar in die gees geken het. 2 Oktober 2016, nadat YAH my van 'n verworpene van 14 jaar geskei het, het YAHUSHUA die oue uitgeskop en die nuwe ingebring. En Ezra en ek is op 2 Oktober 2016 getroud met 'n profetiese woord en ope visioen wat een dag ten volle gedeel sal word, maar ons huweliksgeloftes is onderteken en verseël deur YAHUVEH, YAHUSHUA, en IMMAYAH se seëlringe.


Ek is dae gelede 'n nuwe openbaring gegee, tydens intense gebed soos Eva uit Adam se rib gevorm is. Die rede waarom hierdie leierskap sy aan sy moet loop, nie een voet voor die ander nie, is omdat ek sy onsigbare rib is. Hy het my soveel nodig as wat ek hom nodig het. Die twee salwinge moet een wees en in alle besluite, leerstellings, moet ons in harmonie wees. Beide in die geestelike en die fisiese. Ezra is my geestelike hoof GEBED bedekking. Voorheen het ek geen gehad nie. Wat dit beteken, is dat hy in heilige tale bid en soos 'n held uit die Hemel gestuur word, laat hy geen valse profete, geen vorm van toordery, satanisme of enigiemand wat probeer om my kwaad in woord of daad aan te doen nie, selfs soos doodsvloeke na my toe kom, toe nie . Haters weet net hoe om te haat.


Ezra as die GEBED hoofbedekking, waarsku die vyande dat ek nie meer alleen is nie. Om naby my te kom en my skade aan te rig, moet hulle hom eers veg soos hy sy vrou beskerm selfs deur die salwing van YAHUSHUA en die bloed van YAHUSHUA, soos hy YAHUSHUA gehoorsaam. Hierdie aanvalle van vyande kan nie vernietig wat YAH saamgevoeg het nie. Ons twee salwinge het een geword en ons moet nooit luister na enige iemand in hierdie wêreld wat probeer om dit te verdeel nie. Enige aanvalle wat toegelaat word om deur Ezra te gaan, is omdat die Skrif sê, baie is die verdrukkinge van die regverdiges, maar EK YAHUVEH sal hulle van hulle almal red.


As my man, is hy my hoof, maar ons neem steeds besluite saam, en 'n ware heilige man is nie 'n diktator nie, maar regeer in liefde soos YAHUSHUA sê hoe die man YAHUSHUA VERTEENWOORDIG. Hy sal nooit SY BRUID slaan of haar mishandel nie, haar valslik beskuldig, haar hartseer maak of enige vyand toelaat om haar aan te val nie.


In die been van my been (‘bone of my bone’) profesie sê dit, as dit nodig is, sal hy sy lewe vir haar neerlê. Dit is wat die hoof van die vrou doen. Die vrou moet so beskermd voel, want sy weet niemand kan haar kwaad aandoen nie, en hom liefhê en waardeer, want sy weet dit is veilig, sy veg nie meer alleen nie en sy kan haar kop op sy skouer neer lê. Sy is sy onsigbare rib en hulle sal altyd saamstaan. YAHUSHUA regeer slegs SY BRUID met liefde. Enige heilige hoof GEBED bedekking van 'n man moet dieselfde doen en vertroue, liefde en lojaliteit is verpligtend.


Soos ons YAHUSHUA vertrou, so moet daardie man en vrou instaat wees om mekaar ook te vertrou. Toe Ezra en ek saam hierdie torah gedeeltes bestudeer het, is ek so geseënd omdat hy dit hardop lees, saam met die profesieë, insluitende die nuwe, en ek is instaat om hom vrae te vra, soos hy my heilige mentor en my geliefde man is. En soos ons hierdie Torah gedeelte lees, vra ek hom vrae om my te wys waar anders dit in die Nuwe Testament is en hy sal my altyd wys waar dit is. Die torah en die nuwe testament ondersteun mekaar, maar 'n uittreksel van slegs die torah gedeelte sal ook 'n getuienis wees vir YAHUSHUA, want HY is die lewende torah.


Die Jode kan nie gered word deur net die torah gedeeltes te lees nie, dit sal niemand ooit in die Hemel bring nie. Die enigste bloedversoening vir sonde was ‘n geskenk wat YAH aan die kruis gegee het, soos HY HOM toegelaat het om die geofferde lam te word, soos met pasga. Dieselfde tyd toe die paaslam op drie-uur, Israel-tyd geslag was, is dieselfde tyd wat YAHUSHUA gesterf en gesê het, ontvang my gees, dit is volbring. Dit is waarom Ezra die Heilige profesieë met die torah profete van ouds kombineer, YAH verander nooit nie. SY woorde staan soos YAHUSHUA se woord staan. En hier is net een van die Skrifte wat dit bewys: Johannes 14:6, “YAHUSHUA antwoord hom, EK is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader behalwe deur MY nie (YAHUSHUA).”


Maar elke keer as ek dit lees, kry ek 'n nuwe openbaring, soos hy hulle verbind met die torah gedeeltes. YAHUSHUA het gesê, dat ons nie meer net 'n uittreksel van SY Woord in die profesie moet plaas nie, want jy mis uit op die hele boodskap van die profesie. Daarom het ek dit verander soos HY beveel het om die hele profesieë te plaas sodat julle geseënd kan wees.


Dit is 'n verrassing wat YAHUSHUA my aangesê het om, vanaf 22 Desember 2018, bokant elke Torah gedeelte te sit. En as jy die duiwel en demone bestraf, moet jy altyd seker maak dat jy gebid het en dat jou sondes gewas is met YAHUSHUA se gestorte bloed.


Want so sê YAH, WEES ONDERDANIG (GEHOORSAAM), Ek onderwerp myself aan YAHUSHUA en ek bestraf jou satan in die naam en die bloed van YAHUSHUA!! Ek weerstaan jou satan en enige demone of aanvalle deur die gestorte bloed van YAHUSHUA en die naam van YAHUSHUA. Die gestorte bloed van YAHUSHUA staan teen jou satan, jy moet nou van my wegvlug!! Want jy het geen aanspraak op my nie!! My siel behoort aan YAHUSHUA!! Dit is nie eens myne nie! Ek praat met die demone en in die naam en die bloed van YAHUSHUA, weerstaan en bestraf ek julle in die naam van YAHUSHUA en die bloed van YAHUSHUA en alle aanloklike demone, ek beveel julle om op te hou manifesteer, om op te hou kommunikeer met my en na die plek te gaan waar YAHUSHUA julle stuur om deur die engele van die allerhoogste YAHUVEH gemartel en gepynig te word tot die tyd van julle oordeel.


Ek is die een wat Ezra geleer het hoe ek uit die hemel gehoor het om te bid teen die bose wat ons aanval, YAHUSHUA se gelowiges, dit is 'n kragtige gebed. Ek moet jou waarsku, dat as die aanval vinnig terugkom, word dit plaasvervangende demone en gevalle engele genoem wat sal probeer om jou geloof te steel deur te sê dat YAHUSHUA se gebed wat jy gebid het, geen krag gehad het nie.


Dit word geestelike oorlogvoering genoem. Jy moenie opgee nie! Daar is 'n lering dat jy net een keer satan en demone moet bestraf en hulle sal wegvlug en jou alleen los en jy word nie meer getormenteer nie. Ek, Elisheva kan bewys, dit is nie waar nie. Want het satan nie gekom om YAHUSHUA drie keer in die woestyn te versoek nie, en YAHUSHUA moes satan drie maal bestraf deur heilige Skrifte te gebruik. YAHUSHUA het op daardie stadium 40 dae gevas. So liggaamlik was sy liggaam swak, soos satan HOM bespot en gesê het om klippe in brood te verander. Want daar is geskrywe, het YAHUSHUA geantwoord, die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar deur elke woord wat uit die mond van YAH uitgaan.


En ek los jou hiermee. Bestudeer en wys jouself waardig, want daar is geskryf, dit is die gebede van die regverdiges (deur YAHUSHUA) wat baie krag het. Die gebede van die ongeregtiges is kaf in die wind, hulle word nie eers deur die Hemel gehoor nie en bring net oordeel. YAH waarsku, raak nie my gesalfde aan, en doen ook nie my profete enige skade aan nie. Net aartsengel Michael was instaat om vir satan te sê, YAH bestraf jou! Soos hulle oor Moses se liggaam gestry het. Want die heilige engele het nie die naam en die bloed van YAHUSHUA nodig om satan te bestraf nie, want hulle is sondeloos.


Enige iemand wat jou dit leer, is verkeerd, so sê YAH, en moet dit los, hulle self nederig maak en erken dat ons enigste mag oor satan deur die naam en die bloed van YAHUSHUA ha MASHIACH is. Psalm 109 praat eenvoudig van die vloeke wat YAH op die valse aanklaers van 'n ware heilige profeet van YAH sal plaas. Die afgelope tyd, is ek valslik beskuldig deur diegene wat ek gedink het my die meeste liefgehad het. Dankie vir julle gebede vir die leierskap van hierdie Bediening, my man en vir my. Toets die gees wat praat en kyk of jy 'n getuie kry van wat ek Elisheva Eliyahu geskryf het onder die salwing van die RUACH HA KODESH/IMMAYAH/SHIKNYAH GLORY/HEILIGE GEES.


En nou oor na die torah gedeeltes, PRAISE YAH!!


Shabbat Shalom en baie liefde aan almal in YAHUSHUA!



Apostel, Profeet, Elisheva Eliyahu



Levitikus 6:1 – 8:36



 *~ Levitikus Hoofstuk 6 ~*


Verder het YAHUVEH met Moses gespreek en gesê: 

As iemand sondig en ontrou handel teen YAHUVEH deurdat hy teenoor sy naaste ontken dat iets aan hom toevertrou of as pand gegee is of deur hom geroof is, of dat hy sy naaste iets afgepers het, 

of dat hy iets gekry het wat weg was, en dit ontken; of dat hy vals sweer ten opsigte van enigiets wat ‘n mens kan doen om hom daarmee te besondig 

as hy dan sondig en skuldig word, moet hy teruggee wat hy deur roof ontvreem of deur afpersing verkry het, of wat aan hom toevertrou was, of verlore goed wat hy gevind het; 

of alles waaroor hy vals gesweer het: hy moet daar ten volle vergoeding voor gee en nog die vyfde deel daarvan byvoeg; aan hom aan wie dit behoort, moet hy dit gee op die dag as hy boete doen. 

En hy moet van die kleinvee, na jou skatting, as boete aan YAHUVEH ‘n ram sonder gebrek as skuldoffer na die priester bring. 

Dan moet die priester vir hom versoening doen voor die aangesig van YAHUVEH, en dit sal hom vergewe word enigiets wat ‘n mens doen, sodat hy daardeur skuldig word. 

Verder het YAHUVEH met Moses gespreek en gesê: 

Gee bevel aan Aäron en sy seuns en sê: Dit is die wet van die brandoffer: Dit, die brandoffer, moet op sy vuurherd op die altaar die hele nag lank tot die môre toe bly, en die altaarvuur moet daardeur aan die brand gehou word. 

10 En die priester moet sy linnekleed aantrek, en die linnebroek moet hy oor sy vlees aantrek; dan moet hy die as wegneem waartoe die vuur die brandoffer op die altaar verteer het, en dit langs die altaar uitgooi. 

11 Daarna moet hy sy klere uittrek en ander klere aantrek, en die as buitekant die laer op ‘n rein plek uitbring. 

12 En die vuur op die altaar moet daardeur aan die brand gehou word, dit mag nie doodgaan nie; maar die priester moet elke môre daaroor hout aan die brand steek en die brandoffer daaroor reglê en die stukke vet van die dankoffers daaroor aan die brand steek. 

13 Vuur moet gedurigdeur op die altaar aan die brand gehou word; dit mag nie doodgaan nie. 

14 En dit is die wet van die spysoffer: Die seuns van Aäron moet dit voor die aangesig van YAHUVEH voor die altaar bring, 

15 en een moet daarvan ‘n handvol neem, van die spysoffer se fynmeel met die olie, en al die wierook wat op die spysoffer is, en hy moet op die altaar die gedenkoffer daarvan aan die brand steek as lieflike geur vir YAHUVEH. 

16 En wat daarvan oorbly, moet Aäron en sy seuns eet; ongesuurd moet dit geëet word op ‘n heilige plek; in die voorhof van die Tent van Samekoms moet hulle dit eet. 

17 Dit mag nie gesuurd gebak word nie; as hulle deel het EK dit van my vuuroffers gegee. Hoogheilig is dit soos die sondoffer en die skuldoffer. 

18 Almal wat manlik is onder die seuns van Aäron, mag dit eet. Dit is ‘n ewige insetting vir julle geslagte uit die vuuroffers van YAHUVEH. Alles wat daaraan raak, word heilig. 

19 Verder het YAHUVEH met Moses gespreek en gesê: 

20 Dit is die offer van Aäron en sy seuns wat hulle aan YAHUVEH moet bring op die dag as hy gesalf word: die tiende van ‘n efa fynmeel as voortdurende spysoffer; die helfte daarvan in die môre en die helfte in die aand. 

21 Dit moet op ‘n plaat met olie berei word; deurmekaargeroer moet jy dit bring; in gebakte brokkies moet jy die spysoffer bring as lieflike geur vir YAHUVEH. 
22 Ook moet die priester wat uit sy seuns in sy plek gesalf word, dit berei, as ‘n ewige insetting. Dit moet geheel en al vir YAHUVEH aan die brand gesteek word. 

23 So moet dan elke spysoffer van ‘n priester ‘n voloffer wees; dit mag nie geëet word nie. 

24 Verder het YAHUVEH met Moses gespreek en gesê: 

25 Spreek met Aäron en sy seuns en sê: Dit is die wet van die sondoffer: Op die plek waar die brandoffer geslag word, moet die sondoffer voor die aangesig van YAHUVEH geslag word. Dit is hoogheilig. 

26 Die priester wat dit as sondoffer bring, moet dit eet; op ‘n heilige plek moet dit geëet word, in die voorhof van die Tent van Samekoms. 

27 Alles wat aan die vleis daarvan raak, word heilig; en as daar van die bloed op ‘n kledingstuk spat, moet jy die stuk waar dit op spat, op ‘n heilige plek was. 

28 En ‘n erdepot waar dit in gekook is, moet stukkend gebreek word; maar as dit in ‘n koperpot gekook is, moet dit geskuur en met water afgespoel word. 

29 Almal wat manlik is onder die priesters, mag dit eet; dit is hoogheilig. 

30 Maar elke sondoffer waarvan ‘n deel van die bloed in die Tent van Samekoms gebring word, om in die Heiligdom versoening te doen, mag nie geëet word nie; dit moet met vuur verbrand word.



 *~ Levitikus Hoofstuk 7 ~*


En dit is die wet van die skuldoffer: dit is hoogheilig. 

Op die plek waar hulle die brandoffer slag, moet hulle die skuldoffer slag, en hy moet die bloed rondom teen die altaar uitgooi. 

En hy moet al die vet daarvan offer: die vetstert en die vet wat oor die binnegoed lê, 

en die twee niere en die vet daarop wat aan die lendene is, en die lap aan die lewer by die niere moet hy dit wegneem. 

En die priester moet dit op die altaar aan die brand steek as vuuroffer aan YAHUVEH; dit is ‘n skuldoffer. 

Almal wat manlik is onder die priesters, mag dit eet. Op ‘n heilige plek moet dit geëet word; dit is hoogheilig. 

Soos die sondoffer, so die skuldoffer; een wet geld vir hulle die priester wat daardeur versoening doen, aan hom kom dit toe. 

En die priester wat die brandoffer van iemand bring die vel van die brandoffer wat hy gebring het, aan die priester, aan hom kom dit toe. 

En elke spysoffer wat in die oond gebak word, en alles wat in die pan of op die bakplaat berei is, aan die priester wat dit offer, aan hom kom dit toe. 

10 En elke spysoffer, met olie gemeng of droog, aan al die seuns van Aäron kom dit toe, aan die een so goed as aan die ander. 

11 En dit is die wet van die dankoffer wat hulle aan YAHUVEH bring: 

12 Ingeval hy dit as lofoffer bring, moet hy by die lofoffer bring: ongesuurde koeke met olie gemeng en ongesuurde platkoeke met olie bestryk en fynmeel wat as koeke deurmekaargeroer is, met olie gemeng; 

13 saam met koeke van gesuurde brood moet hy sy offergawe by sy lofdankoffer bring. 

14 En hy moet daarvan, een koek van elke gawe, as offergawe aan YAHUVEH bring; aan die priester wat die bloed van die dankoffer uitgooi, aan hom kom dit toe. 

15 Maar die vleis van sy lofdankoffer moet geëet word op die dag as hy dit bring; daarvan mag hy niks tot die môre laat lê nie. 

16 En as die offer wat hy bring, ‘n gelofte of vrywillige offer is, moet dit geëet word op die dag as hy sy offer bring; en op die volgende dag, dan kan geëet word wat daarvan oorbly. 

17 Maar wat van die offervleis oorgebly het, moet op die derde dag met vuur verbrand word. 

18 En as daar van die vleis van sy dankoffer op die derde dag iets geëet word, sal dit vir hom wat dit bring, nie met welgevalle aangeneem word nie; dit sal hom nie toegereken word nie; ‘n onrein iets sal dit wees, en diegene wat daarvan eet, moet sy ongeregtigheid dra. 

19 En die vleis wat aan iets onreins raak, mag nie geëet word nie; met vuur moet dit verbrand word. Maar wat verder die vleis betref elkeen wat rein is, mag vleis eet. 

20 Maar die een wat vleis eet van die dankoffer wat YAHUVEH toekom, terwyl sy onreinheid aan hom is, dié siel moet uit sy volksgenote uitgeroei word. 

21 En as iemand aan iets onreins raak, aan die onreinheid van ‘n mens of aan ‘n onrein dier of aan enige onrein verfoeisel, en dan eet van die vleis van die dankoffer wat YAHUVEH toekom, dié siel moet uit sy volksgenote uitgeroei word. 

22 Verder het YAHUVEH met Moses gespreek en gesê: 

23 Spreek met die kinders van Israel en sê: Géén vet van ‘n bees of skaap of bok mag julle eet nie. 

24 Maar die vet van aas en die vet van wat verskeur is, kan vir allerhande werk gebruik word, maar jy mag niks daarvan eet nie. 

25 Want elkeen wat vet eet van die vee waarvan hulle aan YAHUVEH ‘n vuuroffer bring, diegene wat dit eet, moet uit sy volksgenote uitgeroei word. 

26 Ook mag julle géén bloed van voëls of van vee in enigeen van julle woonplekke eet nie. 

27 Elkeen wat maar enigsins bloed eet, dié siel moet uit sy volksgenote uitgeroei word. 

28 Verder het YAHUVEH met Moses gespreek en gesê: 

29 Spreek met die kinders van Israel en sê: Hy wat aan YAHUVEH sy dankoffer bring, moet self aan YAHUVEH die gawe uit sy dankoffer bring; 

30 sy hande moet die vuuroffers van YAHUVEH bring: die vet met die bors moet hy bring; die bors, om dit as beweegoffer voor die aangesig van YAHUVEH te beweeg. 

31 En die priester moet die vet op die altaar aan die brand steek, maar die bors kom Aäron en sy seuns toe. 

32 Julle moet ook die regterboud aan die priester as hefoffer gee uit julle dankoffers. 

33 Hy wat uit die seuns van Aäron die bloed van die dankoffers en die vet offer, aan hom kom die regterboud as deel toe. 

34 Want die beweegbors en die hefboud het EK van die kinders van Israel uit hulle dankoffers geneem en dit aan Aäron, die priester, en aan sy seuns gegee as ‘n deel wat hulle vir ewig toekom van die kant van die kinders van Israel. 

35 Dit is die aandeel van Aäron en die aandeel van sy seuns uit die vuuroffers van YAHUVEH, op die dag toe Hy hulle laat nader kom het om die priesteramp vir YAHUVEH te bedien 

36 wat YAHUVEH beveel het om hulle te gee van die kant van die kinders van Israel, op die dag toe Hy hulle gesalf het. Dit is ‘n ewige insetting vir hulle geslagte. 

37 Dit is die wet vir die brandoffer, die spysoffer en die sondoffer en die skuldoffer en die wydingsoffer en die dankoffer 

38 wat YAHUVEH Moses by die berg Sinai beveel het, op die dag toe hy die kinders van Israel in die woestyn Sinai beveel het om hulle offers aan YAHUVEH te bring.


 *~ Levitikus Hoofstuk 8~*


Verder het YAHUVEH met Moses gespreek en gesê: 

Neem Aäron en sy seuns saam met hom, en die klere en die salfolie en die sondofferbul en die twee ramme en die mandjie met ongesuurde koeke, 

en versamel die hele vergadering by die ingang van die Tent van Samekoms. 

En Moses het gedoen soos YAHUVEH hom beveel het, en die vergadering het bymekaargekom by die ingang van die Tent van Samekoms. 

Toe sê Moses aan die vergadering: Dit is die saak wat YAHUVEH beveel het om te doen. 

En Moses het Aäron en sy seuns laat nader kom en hulle met water gewas. 

Daarop het hy hom die rok aangetrek en hom met die gordel gegord en hom die mantel aangetrek; ook het hy hom die skouerkleed aangetrek en hom gegord met die band van die skouerkleed en daarmee hom die skouerkleed omgebind. 

Verder het hy hom die borstas aangeheg en in die borstas die Urim en die Tummim gesit. 

En hy het die tulband op sy hoof gesit en aan die tulband, aan die voorkant, die goue plaat, die heilige kroon, bevestig, soos YAHUVEH Moses beveel het. 

10 Toe het Moses die salfolie geneem en die tabernakel en alles wat daarin was, gesalf en dit geheilig. 

11 En hy het daarvan sewe maal op die altaar gesprinkel en die altaar gesalf en al sy gereedskap, met die waskom en sy voetstuk, om dit te heilig. 

12 Daarna het hy van die salfolie op die hoof van Aäron gegiet en hom gesalf om hom te heilig. 

13 Ook het Moses die seuns van Aäron laat nader kom en hulle die rokke aangetrek en hulle gegord met ‘n gordel en hulle die musse omgebind soos YAHUVEH Moses beveel het. 

14 Daarop het hy die sondofferbul laat aankom, en Aäron en sy seuns het hulle hande op die kop van die sondofferbul gelê. 

15 En Moses het dit geslag en die bloed geneem en daarvan met sy vinger rondom aan die horings van die altaar gestryk en die altaar ontsondig; maar die orige bloed het hy aan die onderkant van die altaar uitgegooi. So het hy dit dan geheilig deur daar versoening voor te doen. 

16 Verder het hy al die vet wat aan die binnegoed was en die lap aan die lewer en die twee niere en hulle vet geneem, en Moses het dit op die altaar aan die brand gesteek. 

17 Maar die bul met sy vel en sy vleis en sy mis het hy buitekant die laer met vuur verbrand, soos YAHUVEH Moses beveel het. 

18 Daarop het hy die brandofferram laat aankom, en Aäron en sy seuns het hulle hande op die kop van die ram gelê. 

19 En Moses het dit geslag en die bloed rondom teen die altaar uitgegooi. 

20 Hy het ook die ram in sy stukke verdeel, en Moses het die kop en die stukke en die vet aan die brand gesteek; 

21 maar die binnegoed en die pote het hy met water gewas, en Moses het die hele ram op die altaar aan die brand gesteek; dit was ‘n brandoffer as lieflike geur, ‘n vuuroffer was dit aan YAHUVEH, soos YAHUVEH Moses beveel het. 

22 Daarop het hy die ander ram, die wydingsram, laat aankom; en Aäron met sy seuns het hulle hande op die kop van die ram gelê. 

23 En Moses het dit geslag en van die bloed geneem en dit aan die regteroorlel van Aäron en aan die duim van sy regterhand en aan die groottoon van sy regtervoet gestryk. 

24 Moses het ook die seuns van Aäron laat nader kom en van die bloed aan hulle regteroorlel en aan die duim van hulle regterhand en aan die groottoon van hulle regtervoet gestryk; daarna het Moses die orige bloed rondom teen die altaar uitgegooi. 

25 En hy het die vet geneem met die vetstert en al die vet wat aan die binnegoed was, en die lap aan die lewer en die twee niere en hulle vet en die regterboud. 

26 Ook het hy uit die mandjie met ongesuurde koeke wat voor die aangesig van YAHUVEH was, een ongesuurde koek geneem en een oliebrood koek en een platkoek; en hy het dit op die stukke vet en op die regterboud neergesit 

27 en dit alles op die hande van Aäron en die hande van sy seuns gelê; en hy het dit as beweegoffer voor die aangesig van YAHUVEH beweeg. 

28 Daarop het Moses dit uit hulle hande geneem en dit op die altaar, bo op die brandoffer, aan die brand gesteek; ‘n wydingsoffer was dit as lieflike geur, ‘n vuuroffer aan YAHUVEH. 

29 Verder het Moses die bors geneem en dit as beweegoffer voor die aangesig van YAHUVEH beweeg; van die wydingsram het dit aan Moses as deel toegekom, soos YAHUVEH Moses beveel het. 

30 Moses het ook van die salfolie en van die bloed wat aan die altaar was, geneem en dit op Aäron, op sy klere, sowel as op sy seuns en op die klere van sy seuns gesprinkel. So het hy dan Aäron, sy klere, sowel as sy seuns en die klere van sy seuns geheilig. 

31 Toe sê Moses vir Aäron en sy seuns: Kook die vleis by die ingang van die tent van samekoms en eet dit daar met die brood wat in die wydingsmandjie is, soos ek beveel en gesê het: Aäron en sy seuns moet dit eet. 

32 Maar wat van die vleis en die brood oorbly, moet julle met vuur verbrand. 

33 Ook mag julle sewe dae lank nie by die ingang van die Tent van Samekoms uitgaan nie tot op die dag dat die dae van julle wyding verby is; want sewe dae lank moet julle wyding duur. 

34 Soos vandag gedoen is, het YAHUVEH beveel om verder te doen, om vir julle versoening te bewerk. 

35 Julle moet dan by die ingang van die Tent van Samekoms bly, dag en nag, sewe dae lank; en julle moet die ordening van YAHUVEH hou, dat julle nie sterwe nie; want so is aan my bevel gegee. 

36 En Aäron en sy seuns het al die dinge gedoen wat YAHUVEH deur die diens van Moses beveel het.