Shabbat Shalom!

Welkom by Tetzaveh – Jy Sal Beveel, hierdie week se Parasha.

Eksodus 27:20 – 30:10
1 Samuel 15:2 – 15:34
1 Petrus 2:1 – 25
Deuteronomium 25:17 – 19



Ek wil my geliefde man, Apostel, Profeet Ezra, wat in Israel gebore is en groot geword het, bedank. Ons is getroud op 2 Oktober 2016 en sedertdien is die torah gedeeltes by hierdie bediening gevoeg. Want hy het die belangrikheid van dit aan my gewys. My man lees die profesieë baie noukeurig om ooreen te kom met die torah gedeeltes wat op die sabbat is. Hy sal vir ure navorsing doen indien nodig. Dus wil ek net sê, dankie liefling. Jy het 'n goeie werk gedoen om hierdie profesieë met die torah gedeeltes vir hierdie sabbat oor een te stem.


Ek is 'n biologiese jood, deur moeder en vader, maar dit sal nie iemand in die hemel kry nie. Slegs deur die naam en die bloed van YAHUSHUA wat in die vlees as GOD gekom het, HY is gekruisig vir ons sondes. Bekeer jou, vra vergifnis, want as dit net vir jou was, sou HY nogsteeds gekruisig, gemartel word, as bloedversoening vir ons sondes. Niemand, behalwe HY wat perfek was, het op hierdie aarde geloop nie, en HY is uit 'n maagd gebore. Maar, dit was deur IMMAYAH die HEILIGE GEES se hande wat YAHUSHUA in Maria se baarmoeder geplaas het, sodat HY beide vlees en GOD in een sou wees.


Wanneer ons vergifnis vra en ons HOM aanvaar as die enigste verwekte SEUN van GOD YAHUVEH, is ons in die wingerdstok ingegraveer. Wat beteken, dat selfs al kom jy nie uit 'n Hebreeuse bloedlyn nie, is ons in daardie wingerdstok ingegraveer, YAHUSHUA en ons het een geword met HOM. 'n Jood. YAHUSHUA is getrou om elke sonde te vergewe, moet net nie daaroor dink nie, deur HOM te bly toets nie. Want YAHUSHUA het gesê, hoe kan jy MY Heer en Meester noem en MY nie gehoorsaam nie? Nog 'n weergawe van die bybel sê, hoekom sê jy jy is lief vir MY en jy gehoorsaam MY nie? Die gehoorsaamheid waaroor HY praat, is die Tien Gebooie, die tien wette wat Moses van die berg Sinai afgebring het en wat YAH met SY eie vurige vinger ingeskryf het.

Jy moet die bybel lees, veral die Nuwe Testament om te verstaan. Net HY het dit gedoen om ons uit die hel te hou, sodat satan nie kan sê dat hy aanspraak kan maak op ons verstand, liggaam, gees en siel nie. YAHUSHUA het meer gepraat oor die waarskuwings om hel toe te gaan as wat HY van die skoonheid van die Hemel gepraat het. Ons almal werk ons eie verlossing uit met vrees en bewing, want ons siel weet reeds wanneer die oorlog met Lucifer in die Hemel teen YAH ons vertel was om kante te kies. Een derde van die engele is saam met Lucifer op die aarde gegooi terwyl YAHUSHUA hom met SY voet uitgeskop het. En hoe ons dit weet, is HY beskryf die val van Lucifer uit die lug.


Ek is aanhoudend vertel in 1995, waar is jou man? Hierdie bediening is ongebalanseerd. Maar vir 22 jaar, het ek voortgegaan om te doen wat YAH my gesê het om te doen. Op 7 Maart 2016 het YAHUSHUA die twee salwinge saamgebring, soos Ezra en ek vir die eerste keer gepraat het, maar ons het in e-posse geskryf, sodat ons mekaar in die gees geken het. 2 Oktober 2016, nadat YAH my van 'n verworpene van 14 jaar geskei het, het YAHUSHUA die oue uitgeskop en die nuwe ingebring. En Ezra en ek is op 2 Oktober 2016 getroud met 'n profetiese woord en ope visioen wat een dag ten volle gedeel sal word, maar ons huweliksgeloftes is onderteken en verseël deur YAHUVEH, YAHUSHUA, en IMMAYAH se seëlringe.


Ek is dae gelede 'n nuwe openbaring gegee, tydens intense gebed soos Eva uit Adam se rib gevorm is. Die rede waarom hierdie leierskap sy aan sy moet loop, nie een voet voor die ander nie, is omdat ek sy onsigbare rib is. Hy het my soveel nodig as wat ek hom nodig het. Die twee salwinge moet een wees en in alle besluite, leerstellings, moet ons in harmonie wees. Beide in die geestelike en die fisiese. Ezra is my geestelike hoof GEBED bedekking. Voorheen het ek geen gehad nie. Wat dit beteken, is dat hy in heilige tale bid en soos 'n held uit die Hemel gestuur word, laat hy geen valse profete, geen vorm van toordery, satanisme of enigiemand wat probeer om my kwaad in woord of daad aan te doen nie, selfs soos doodsvloeke na my toe kom, toe nie . Haters weet net hoe om te haat.


Ezra as die GEBED hoofbedekking, waarsku die vyande dat ek nie meer alleen is nie. Om naby my te kom en my skade aan te rig, moet hulle hom eers veg soos hy sy vrou beskerm selfs deur die salwing van YAHUSHUA en die bloed van YAHUSHUA, soos hy YAHUSHUA gehoorsaam. Hierdie aanvalle van vyande kan nie vernietig wat YAH saamgevoeg het nie. Ons twee salwinge het een geword en ons moet nooit luister na enige iemand in hierdie wêreld wat probeer om dit te verdeel nie. Enige aanvalle wat toegelaat word om deur Ezra te gaan, is omdat die Skrif sê, baie is die verdrukkinge van die regverdiges, maar EK YAHUVEH sal hulle van hulle almal red.


As my man, is hy my hoof, maar ons neem steeds besluite saam, en 'n ware heilige man is nie 'n diktator nie, maar regeer in liefde soos YAHUSHUA sê hoe die man YAHUSHUA VERTEENWOORDIG. Hy sal nooit SY BRUID slaan of haar mishandel nie, haar valslik beskuldig, haar hartseer maak of enige vyand toelaat om haar aan te val nie.


In die been van my been (‘bone of my bone’) profesie sê dit, as dit nodig is, sal hy sy lewe vir haar neerlê. Dit is wat die hoof van die vrou doen. Die vrou moet so beskermd voel, want sy weet niemand kan haar kwaad aandoen nie, en hom liefhê en waardeer, want sy weet dit is veilig, sy veg nie meer alleen nie en sy kan haar kop op sy skouer neer lê. Sy is sy onsigbare rib en hulle sal altyd saamstaan. YAHUSHUA regeer slegs SY BRUID met liefde. Enige heilige hoof GEBED bedekking van 'n man moet dieselfde doen en vertroue, liefde en lojaliteit is verpligtend.


Soos ons YAHUSHUA vertrou, so moet daardie man en vrou instaat wees om mekaar ook te vertrou. Toe Ezra en ek saam hierdie torah gedeeltes bestudeer het, is ek so geseënd omdat hy dit hardop lees, saam met die profesieë, insluitende die nuwe, en ek is instaat om hom vrae te vra, soos hy my heilige mentor en my geliefde man is. En soos ons hierdie Torah gedeelte lees, vra ek hom vrae om my te wys waar anders dit in die Nuwe Testament is en hy sal my altyd wys waar dit is. Die torah en die nuwe testament ondersteun mekaar, maar 'n uittreksel van slegs die torah gedeelte sal ook 'n getuienis wees vir YAHUSHUA, want HY is die lewende torah.


Die Jode kan nie gered word deur net die torah gedeeltes te lees nie, dit sal niemand ooit in die Hemel bring nie. Die enigste bloedversoening vir sonde was ‘n geskenk wat YAH aan die kruis gegee het, soos HY HOM toegelaat het om die geofferde lam te word, soos met pasga. Dieselfde tyd toe die paaslam op drie-uur, Israel-tyd geslag was, is dieselfde tyd wat YAHUSHUA gesterf en gesê het, ontvang my gees, dit is volbring. Dit is waarom Ezra die Heilige profesieë met die torah profete van ouds kombineer, YAH verander nooit nie. SY woorde staan soos YAHUSHUA se woord staan. En hier is net een van die Skrifte wat dit bewys: Johannes 14:6, “YAHUSHUA antwoord hom, EK is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader behalwe deur MY nie (YAHUSHUA).”


Maar elke keer as ek dit lees, kry ek 'n nuwe openbaring, soos hy hulle verbind met die torah gedeeltes. YAHUSHUA het gesê, dat ons nie meer net 'n uittreksel van SY Woord in die profesie moet plaas nie, want jy mis uit op die hele boodskap van die profesie. Daarom het ek dit verander soos HY beveel het om die hele profesieë te plaas sodat julle geseënd kan wees.


Dit is 'n verrassing wat YAHUSHUA my aangesê het om, vanaf 22 Desember 2018, bokant elke Torah gedeelte te sit. En as jy die duiwel en demone bestraf, moet jy altyd seker maak dat jy gebid het en dat jou sondes gewas is met YAHUSHUA se gestorte bloed.


Want so sê YAH, WEES ONDERDANIG (GEHOORSAAM), Ek onderwerp myself aan YAHUSHUA en ek bestraf jou satan in die naam en die bloed van YAHUSHUA!! Ek weerstaan jou satan en enige demone of aanvalle deur die gestorte bloed van YAHUSHUA en die naam van YAHUSHUA. Die gestorte bloed van YAHUSHUA staan teen jou satan, jy moet nou van my wegvlug!! Want jy het geen aanspraak op my nie!! My siel behoort aan YAHUSHUA!! Dit is nie eens myne nie! Ek praat met die demone en in die naam en die bloed van YAHUSHUA, weerstaan en bestraf ek julle in die naam van YAHUSHUA en die bloed van YAHUSHUA en alle aanloklike demone, ek beveel julle om op te hou manifesteer, om op te hou kommunikeer met my en na die plek te gaan waar YAHUSHUA julle stuur om deur die engele van die allerhoogste YAHUVEH gemartel en gepynig te word tot die tyd van julle oordeel.


Ek is die een wat Ezra geleer het hoe ek uit die hemel gehoor het om te bid teen die bose wat ons aanval, YAHUSHUA se gelowiges, dit is 'n kragtige gebed. Ek moet jou waarsku, dat as die aanval vinnig terugkom, word dit plaasvervangende demone en gevalle engele genoem wat sal probeer om jou geloof te steel deur te sê dat YAHUSHUA se gebed wat jy gebid het, geen krag gehad het nie.


Dit word geestelike oorlogvoering genoem. Jy moenie opgee nie! Daar is 'n lering dat jy net een keer satan en demone moet bestraf en hulle sal wegvlug en jou alleen los en jy word nie meer getormenteer nie. Ek, Elisheva kan bewys, dit is nie waar nie. Want het satan nie gekom om YAHUSHUA drie keer in die woestyn te versoek nie, en YAHUSHUA moes satan drie maal bestraf deur heilige Skrifte te gebruik. YAHUSHUA het op daardie stadium 40 dae gevas. So liggaamlik was sy liggaam swak, soos satan HOM bespot en gesê het om klippe in brood te verander. Want daar is geskrywe, het YAHUSHUA geantwoord, die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar deur elke woord wat uit die mond van YAH uitgaan.


En ek los jou hiermee. Bestudeer en wys jouself waardig, want daar is geskryf, dit is die gebede van die regverdiges (deur YAHUSHUA) wat baie krag het. Die gebede van die ongeregtiges is kaf in die wind, hulle word nie eers deur die Hemel gehoor nie en bring net oordeel. YAH waarsku, raak nie my gesalfde aan, en doen ook nie my profete enige skade aan nie. Net aartsengel Michael was instaat om vir satan te sê, YAH bestraf jou! Soos hulle oor Moses se liggaam gestry het. Want die heilige engele het nie die naam en die bloed van YAHUSHUA nodig om satan te bestraf nie, want hulle is sondeloos.


Enige iemand wat jou dit leer, is verkeerd, so sê YAH, en moet dit los, hulle self nederig maak en erken dat ons enigste mag oor satan deur die naam en die bloed van YAHUSHUA ha MASHIACH is. Psalm 109 praat eenvoudig van die vloeke wat YAH op die valse aanklaers van 'n ware heilige profeet van YAH sal plaas. Die afgelope tyd, is ek valslik beskuldig deur diegene wat ek gedink het my die meeste liefgehad het. Dankie vir julle gebede vir die leierskap van hierdie Bediening, my man en vir my. Toets die gees wat praat en kyk of jy 'n getuie kry van wat ek Elisheva Eliyahu geskryf het onder die salwing van die RUACH HA KODESH/IMMAYAH/SHIKNYAH GLORY/HEILIGE GEES.


En nou oor na die torah gedeeltes, PRAISE YAH!!


Shabbat Shalom en baie liefde aan almal in YAHUSHUA!



Apostel, Profeet, Elisheva Eliyahu



Eksodus 27:20 – 30:10



 *~ Eksodus Hoofstuk 27~*


20 En jy moet die kinders van Israel beveel dat hulle vir jou suiwer, uitgestampte olyfolie vir die kandelaar bring, om gedurigdeur ‘n brandende lamp te hê. 


21 In die tent van samekoms, buitekant die voorhangsel wat voor die Getuienis is, moet Aäron en sy seuns dit regmaak om te brand van die aand tot die môre voor die aangesig van YAHUVEH. Dit sal ‘n ewige insetting wees in hulle geslagte, van die kant van die kinders van Israel.




 *~ Eksodus Hoofstuk 28~*


Dan moet jy jou broer Aäron, en sy seuns saam met hom, uit die kinders van Israel, laat nader kom na jou toe, dat hy vir MY die priesteramp kan bedien: Aäron, Nadab en Abíhu, Eleásar en Itamar, die seuns van Aäron. 


En jy moet vir jou broer Aäron heilige klere maak, tot eer en tot sieraad. 


Jy moet ook spreek met almal wat kunsvaardig is, wat EK met die gees van wysheid vervul het, dat hulle vir Aäron klere maak, om hom te heilig, dat hy vir MY die priesteramp kan bedien. 


En dit is die klere wat hulle moet maak: ‘n borstas en ‘n skouerkleed en ‘n mantel en ‘n kunstig bewerkte rok, ‘n tulband en ‘n gordel; so moet hulle dan vir Aäron, jou broer, heilige klere maak, en vir sy seuns, dat hy vir MY die priesteramp kan bedien. 


En hulle moet die goud en die pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en die fyn linne neem. 


En hulle moet die skouerkleed maak van goud, pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne, as kunstige werk. 


Dit moet twee skouerstukke hê wat aan mekaar vas is; aan die twee bo-ente moet dit saamgevoeg word. 


En die band wat daaraan is om dit vas te bind, moet van dieselfde werk en, daarmee saam, uit een stuk wees, van goud, pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne. 


En jy moet twee oniksstene neem en die name van die kinders van Israel daarop graveer: 


10 ses van dié name op die een steen en die ses ander name op die ander steen volgens hulle geboortes. 


11 Met graveerwerk, soos op ‘n seëlsteen uitgesny word, moet jy die twee stene graveer volgens die name van die kinders van Israel. Jy moet hulle maak dat hulle vassit in kassies van goud. 


12 En jy moet die twee stene op die skouerstukke van die skouerkleed bevestig as gedagtenisstene vir die kinders van Israel—Aäron moet hulle name op sy twee skouers dra voor die aangesig van YAHUVEH om hulle in gedagtenis te bring. 


13 Jy moet dan kassies van goud maak 


14 en twee kettings van suiwer goud; gedraai soos toutjies moet jy hulle maak; en maak die kettings, soos toutjies gedraai, aan die kassies vas. 


15 Jy moet ook die borstas van beslissing maak van kunstige werk; soos die werk van die skouerkleed moet jy dit maak; van goud, pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en van fyn dubbeldraad-linne moet jy dit maak. 


16 Vierkantig moet dit wees en dubbel gevou; ‘n span sy lengte en ‘n span sy breedte. 


17 En voorsien dit van ‘n steeninvulling van vier rye stene: ‘n ry met ‘n karneool, ‘n topaas en ‘n smarag moet die eerste ry wees. 


18 En die tweede ry: ‘n karbonkel, ‘n saffier en ‘n jaspis. 


19 En die derde ry: ‘n hiasint, ‘n agaat en ‘n ametis.

 
20 En die vierde ry: ‘n chrisoliet en ‘n oniks en ‘n sardoniks. Hulle moet in goud vasgesit wees by hulle invulling. 


21 En die stene moet volgens die name van die kinders van Israel twaalf wees, volgens hulle name. Soos op ‘n seëlsteen uitgesny word, so moet hulle vir twaalf stamme wees, elkeen volgens sy naam. 


22 Jy moet ook by die borstas gedraaide kettings, soos toutjies gedraai, van suiwer goud maak. 


23 En maak by die borstas twee goue ringe; en bevestig die twee ringe aan die twee bo-ente van die borstas, 


24 en maak die twee goue toutjies aan die twee ringe vas, aan die bo-ente van die borstas; 


25 en maak die twee ander ente van die twee toutjies vas aan die twee kassies, en bevestig dié dan aan die skouerstukke van die skouerkleed, aan die voorkant daarvan. 


26 Jy moet ook twee goue ringe maak, en bevestig dié aan die twee onder-ente van die borstas, aan die kant wat teen die skouerkleed aan lê, aan die binnekant. 


27 En maak twee goue ringe, en bevestig dié aan die twee skouerstukke van die skouerkleed, onderaan, aan die voorkant daarvan, by sy verbinding, bo die band van die skouerkleed.


28 En hulle moet die borstas met sy ringe aan die ringe van die skouerkleed met ‘n pers toutjie vasbind, sodat dit bo die band van die skouerkleed is en die borstas nie van die skouerkleed afskuiwe nie.


29 So moet Aäron dan die name van die kinders van Israel in die borstas van beslissing op sy hart dra as hy in die heiligdom ingaan, om hulle in gedagtenis te bring voor die aangesig van YAHUVEH gedurigdeur. 


30 Jy moet ook in die borstas van beslissing die Urim en die Tummim sit, dat hulle op die hart van Aäron kan wees as hy voor die aangesig van YAHUVEH ingaan. So moet Aäron dan die beslissing van die kinders van Israel gedurigdeur op sy hart dra voor die aangesig van YAHUVEH. 


31 En jy moet die mantel van die skouerkleed heeltemal van pers stof maak. 


32 En die opening vir die hoof moet in die middel daarvan wees. Rondom die opening moet ‘n soom van wewerswerk wees. Soos die opening van ‘n pantser moet dit daaraan wees, dat dit nie kan skeur nie. 


33 En maak aan die soom daarvan granaatjies van pers en purperrooi en bloedrooi kleur, aan die soom daarvan rondom, en daar tussenin goue klokkies rondom: 


34 ‘n goue klokkie en ‘n granaatjie, ‘n goue klokkie en ‘n granaatjie, aan die soom van die mantel rondom. 


35 En Aäron moet dit aanhê om te kan dien, sodat die geluid daarvan gehoor word as hy in die heiligdom, voor die aangesig van YAHUVEH, ingaan en as hy daar uitgaan, dat hy nie sterwe nie. 


36 Verder moet jy ‘n plaat van suiwer goud maak en daarop graveer, soos op ‘n seëlsteen uitgesny word: HEILIG AAN YAHUVEH. 


37 En maak dit vas aan ‘n pers toutjie, sodat dit aan die tulband kan wees; aan die voorkant van die tulband moet dit wees. 


38 So moet dit dan op die voorhoof van Aäron wees, sodat Aäron die skuld kan dra met betrekking tot die heilige dinge wat die kinders van Israel sal heilig—al hulle heilige gawes. En dit moet gedurigdeur op sy voorhoof wees, dat hulle voor die aangesig van YAHUVEH welgevalle mag vind. 


39 Jy moet ook die rok van fyn linne kunstig bewerk. Jy moet ook ‘n tulband van fyn linne maak, en ‘n gordel moet jy van veelkleurige werk maak. 


40 En maak rokke vir die seuns van Aäron, en maak vir hulle gordels. Ook moet jy vir hulle musse maak, tot eer en tot sieraad. 


41 En trek dit jou broer Aäron en sy seuns saam met hom aan. En salf hulle en stel hulle aan en heilig hulle, sodat hulle vir MY die priesteramp kan bedien. 


42 Maak ook vir hulle linnebroeke om die vlees van die skaamte te bedek. Dit moet van die heupe tot by die dye wees. 


43 En Aäron en sy seuns moet dit aanhê as hulle in die tent van samekoms gaan, of as hulle nader kom na die altaar om in die heiligdom te dien, sodat hulle geen skuld op hulle laai en sterwe nie. Dit is ‘n ewige insetting vir hom en vir sy nageslag ná hom.



 *~ Eksodus Hoofstuk 29~*


En dit is die saak wat jy vir hulle moet doen om hulle te heilig, dat hulle vir MY die priesteramp kan bedien: Neem een jong bul en twee ramme wat sonder gebrek is, 


en ongesuurde brood en ongesuurde koeke met olie gemeng en ongesuurde platkoeke met olie bestryk. Van fyn koringmeel moet jy dit maak. 


En sit dit in een mandjie, en bring dit aan in die mandjie saam met die bul en die twee ramme. 


Dan moet jy Aäron en sy seuns laat nader kom na die ingang van die tent van samekoms en hulle met water was. 


En neem die klere en beklee Aäron met die rok en die mantel van die skouerkleed en die skouerkleed self en die borstas, en bind hom die band van die skouerkleed om. 


En sit die tulband op sy hoof, en bevestig die heilige kroon aan die tulband. 


Neem dan die salfolie en giet dit op sy hoof en salf hom. 



Ook sy seuns moet jy laat nader kom, en laat hulle die rokke aantrek, 


en omgord hulle met die gordel, Aäron en sy seuns, en bind vir hulle musse om, dat hulle die priesteramp kan besit as ‘n ewige insetting. So moet jy dan Aäron en sy seuns as priesters aanstel. 


10 En jy moet die bul aanbring voor die tent van samekoms; en Aäron en sy seuns moet hulle hande op die kop van die bul lê. 


11 En slag die bul voor die aangesig van YAHUVEH by die ingang van die tent van samekoms. 


12 Dan moet jy van die bloed van die bul neem en dit met jou vinger aan die horings van die altaar stryk; en al die orige bloed moet jy aan die onderkant van die altaar uitgiet. 


13 En neem al die vet wat oor die binnegoed is, en die lap aan die lewer en die twee niere en die vet wat daaraan is, en steek dit op die altaar aan die brand. 


14 Maar die vleis van die bul en sy vel en sy mis moet jy buitekant die laer met vuur verbrand. Dit is ‘n sondoffer. 


15 Neem dan die een ram, en Aäron en sy seuns moet hulle hande op die ram se kop lê; 


16 daarna moet jy die ram slag en sy bloed neem en dit rondom teen die altaar uitgooi. 


17 En die ram moet jy in sy stukke verdeel, en was sy binnegoed en pote en sit dit by die orige stukke en by die kop. 


18 Jy moet dan die hele ram op die altaar aan die brand steek. Dit is ‘n brandoffer aan YAHUVEH; ‘n lieflike geur, ‘n vuuroffer is dit aan YAHUVEH. 


19 Dan moet jy die ander ram neem, en Aäron en sy seuns moet hulle hande op die ram se kop lê; 


20 jy moet dan die ram slag en van sy bloed neem en dit stryk aan die regteroorlel van Aäron en aan die regteroorlel van sy seuns, ook aan die duim van hulle regterhand en aan die groottoon van hulle regtervoet. En die orige bloed moet jy rondom teen die altaar uitgooi. 


21 Dan moet jy van die bloed wat aan die altaar is, neem en van die salfolie en dit sprinkel op Aäron en op sy klere sowel as op sy seuns en op die klere van sy seuns saam met hom, dat hy heilig kan wees en sy klere sowel as sy seuns en die klere van sy seuns saam met hom. 


22 En neem van die ram die vet en die vetstert, ook die vet wat oor die binnegoed is, en die lap aan die lewer en die twee niere met die vet wat daaraan is, en die regterboud—want dit is ‘n wydingsram— 


23 en een ronde brood en een oliebroodkoek en een platkoek uit die mandjie met ongesuurde koeke wat voor die aangesig van YAHUVEH is.

 
24 En lê dit alles op die hande van Aäron en op die hande van sy seuns, en beweeg dit as beweegoffer voor die aangesig van YAHUVEH. 


25 Neem dit dan uit hulle hand en steek dit op die altaar aan die brand, bo-op die brandoffer, as lieflike geur voor die aangesig van YAHUVEH. Dit is ‘n vuuroffer aan YAHUVEH. 


26 En neem die bors van die wydingsram van Aäron en beweeg dit as beweegoffer voor die aangesig van YAHUVEH; daarna moet dit jou deel wees. 


27 En jy moet die bors van die beweegoffer heilig en die boud van die hefoffer, wat beweeg en gehef is van die wydingsram, wat vir Aäron en sy seuns geld. 


28 En dit moet vir Aäron en sy seuns wees tot ‘n ewige insetting van die kant van die kinders van Israel, want dit is ‘n hefoffer; en dit sal ‘n hefoffer wees van die kant van die kinders van Israel, van hulle dankoffers—hulle hefoffer aan YAHUVEH.


29 En die heilige klere van Aäron moet vir sy seuns ná hom wees, om hulle daarin te salf en as priesters aan te stel. 


30 Die een van sy seuns wat in sy plek priester word, wat in die tent van samekoms sal ingaan om in die heiligdom te dien, moet dit sewe dae lank aantrek. 


31 En jy moet die wydingsram neem en sy vleis in ‘n heilige plek kook. 


32 Dan moet Aäron en sy seuns die ram se vleis eet en die brood wat in die mandjie is, by die ingang van die tent van samekoms. 


33 En hulle moet dié dinge eet waarmee versoening bewerk is toe hulle as priesters aangestel en geheilig is; maar ‘n onbevoegde mag daarvan nie eet nie, want dit is heilig. 


34 En as daar van die vleis van die wydingsoffer of van die brood tot die môre toe oorbly, moet jy wat oor is, met vuur verbrand; dit mag nie geëet word nie, want dit is heilig. 


35 So moet jy dan met Aäron en sy seuns doen net soos EK jou beveel het. Sewe dae lank moet hulle wyding duur. 


36 Jy moet ook daagliks ‘n sondofferbul tot versoening berei en die altaar ontsondig deur daarvoor versoening te doen; en jy moet dit salf om dit te heilig. 


37 Sewe dae lank moet jy versoening doen vir die altaar en dit heilig. So sal dan die altaar hoogheilig word: elkeen wat aan die altaar raak, word heilig. 


38 En dit is wat jy op die altaar moet berei: twee jaaroud lammers gereeld elke dag. 


39 Die een lam moet jy in die môre berei, en die ander lam moet jy teen die aand berei, 


40 met ‘n tiende van ‘n efa fynmeel, gemeng met ‘n kwart-hin uitgestampte olie, en as drankoffer ‘n kwart-hin wyn vir die een lam. 


41 En die ander lam moet jy teen die aand berei. Jy moet dit klaarmaak volgens die môrespysoffer en volgens die drankoffer wat daarby behoort, tot ‘n lieflike geur. Dit is ‘n vuuroffer aan YAHUVEH. 


42 Dit moet ‘n voortdurende brandoffer vir julle geslagte wees, by die ingang van die tent van samekoms, voor die aangesig van YAHUVEH, waar EK met julle sal saamkom om daar met jou te spreek. 


43 En daar sal EK met die kinders van Israel saamkom en die tent sal deur MY heerlikheid geheilig word. 


44 So sal EK dan die tent van samekoms en die altaar heilig. EK sal Aäron en sy seuns ook heilig om vir MY die priesteramp te bedien. 


45 En EK sal onder die kinders van Israel woon en vir hulle ‘n ELOHIM wees; 


46 en hulle sal weet dat EK YAHUVEH hulle ELOHIM is wat hulle uit Egipteland uitgelei het om in hulle midde te woon. EK is YAHUVEH hulle ELOHIM.



 *~ Eksodus Hoofstuk 30~*


Jy moet ook ‘n altaar maak om reukwerk te brand. Van akasiahout moet jy dit maak. 


‘n El moet sy lengte wees en ‘n el sy breedte—vierkantig moet dit wees; en twee el sy hoogte. Sy horings moet, daarmee saam, uit een stuk wees. 


En jy moet dit met suiwer goud oortrek: die plaat en die sykante rondom en die horings. En maak daarvoor ‘n goue krans rondom. 


Maak ook twee goue ringe daarvoor onderkant die krans aan weerskante; jy moet dié aan die twee sykante maak. En hulle moet dien as plekke vir draaghoute om dit daarmee te dra. 


En maak die draaghoute van akasiahout, en trek dit oor met goud. 


Sit dit dan voor die voorhangsel wat voor die ark van die Getuienis is, voor die versoendeksel wat oor die Getuienis is, waar EK met jou sal saamkom. 


En Aäron moet daarop reukwerk van speserye aan die brand steek; elke môre as hy die lampe regmaak, moet hy dit aan die brand steek.

 
En as Aäron teen die aand die lampe opsteek, moet hy dit aan die brand steek as ‘n voortdurende reukwerk voor die aangesig van YAHUVEH in julle geslagte. 


Julle mag daarop geen vreemde reukwerk of brandoffer of spysoffer bring nie. Julle mag ook geen drankoffer daarop uitgiet nie. 


10 En Aäron moet een maal in die jaar aan die horings daarvan versoening doen; met die bloed van die sondoffer van versoening moet hy een maal in die jaar daarvoor versoening doen vir julle geslagte. Hoogheilig is dit aan YAHUVEH.