Shabbat Shalom!

Welkom by Terumah – Offergawe, hierdie week se Parasha.

Eksodus 25:1 – 27:19
1 Konings 5:12 – 6:13
Hebreërs 9:1 – 28



Ek wil my geliefde man, Apostel, Profeet Ezra, wat in Israel gebore is en groot geword het, bedank. Ons is getroud op 2 Oktober 2016 en sedertdien is die torah gedeeltes by hierdie bediening gevoeg. Want hy het die belangrikheid van dit aan my gewys. My man lees die profesieë baie noukeurig om ooreen te kom met die torah gedeeltes wat op die sabbat is. Hy sal vir ure navorsing doen indien nodig. Dus wil ek net sê, dankie liefling. Jy het 'n goeie werk gedoen om hierdie profesieë met die torah gedeeltes vir hierdie sabbat oor een te stem.


Ek is 'n biologiese jood, deur moeder en vader, maar dit sal nie iemand in die hemel kry nie. Slegs deur die naam en die bloed van YAHUSHUA wat in die vlees as GOD gekom het, HY is gekruisig vir ons sondes. Bekeer jou, vra vergifnis, want as dit net vir jou was, sou HY nogsteeds gekruisig, gemartel word, as bloedversoening vir ons sondes. Niemand, behalwe HY wat perfek was, het op hierdie aarde geloop nie, en HY is uit 'n maagd gebore. Maar, dit was deur IMMAYAH die HEILIGE GEES se hande wat YAHUSHUA in Maria se baarmoeder geplaas het, sodat HY beide vlees en GOD in een sou wees.


Wanneer ons vergifnis vra en ons HOM aanvaar as die enigste verwekte SEUN van GOD YAHUVEH, is ons in die wingerdstok ingegraveer. Wat beteken, dat selfs al kom jy nie uit 'n Hebreeuse bloedlyn nie, is ons in daardie wingerdstok ingegraveer, YAHUSHUA en ons het een geword met HOM. 'n Jood. YAHUSHUA is getrou om elke sonde te vergewe, moet net nie daaroor dink nie, deur HOM te bly toets nie. Want YAHUSHUA het gesê, hoe kan jy MY Heer en Meester noem en MY nie gehoorsaam nie? Nog 'n weergawe van die bybel sê, hoekom sê jy jy is lief vir MY en jy gehoorsaam MY nie? Die gehoorsaamheid waaroor HY praat, is die Tien Gebooie, die tien wette wat Moses van die berg Sinai afgebring het en wat YAH met SY eie vurige vinger ingeskryf het.

Jy moet die bybel lees, veral die Nuwe Testament om te verstaan. Net HY het dit gedoen om ons uit die hel te hou, sodat satan nie kan sê dat hy aanspraak kan maak op ons verstand, liggaam, gees en siel nie. YAHUSHUA het meer gepraat oor die waarskuwings om hel toe te gaan as wat HY van die skoonheid van die Hemel gepraat het. Ons almal werk ons eie verlossing uit met vrees en bewing, want ons siel weet reeds wanneer die oorlog met Lucifer in die Hemel teen YAH ons vertel was om kante te kies. Een derde van die engele is saam met Lucifer op die aarde gegooi terwyl YAHUSHUA hom met SY voet uitgeskop het. En hoe ons dit weet, is HY beskryf die val van Lucifer uit die lug.


Ek is aanhoudend vertel in 1995, waar is jou man? Hierdie bediening is ongebalanseerd. Maar vir 22 jaar, het ek voortgegaan om te doen wat YAH my gesê het om te doen. Op 7 Maart 2016 het YAHUSHUA die twee salwinge saamgebring, soos Ezra en ek vir die eerste keer gepraat het, maar ons het in e-posse geskryf, sodat ons mekaar in die gees geken het. 2 Oktober 2016, nadat YAH my van 'n verworpene van 14 jaar geskei het, het YAHUSHUA die oue uitgeskop en die nuwe ingebring. En Ezra en ek is op 2 Oktober 2016 getroud met 'n profetiese woord en ope visioen wat een dag ten volle gedeel sal word, maar ons huweliksgeloftes is onderteken en verseël deur YAHUVEH, YAHUSHUA, en IMMAYAH se seëlringe.


Ek is dae gelede 'n nuwe openbaring gegee, tydens intense gebed soos Eva uit Adam se rib gevorm is. Die rede waarom hierdie leierskap sy aan sy moet loop, nie een voet voor die ander nie, is omdat ek sy onsigbare rib is. Hy het my soveel nodig as wat ek hom nodig het. Die twee salwinge moet een wees en in alle besluite, leerstellings, moet ons in harmonie wees. Beide in die geestelike en die fisiese. Ezra is my geestelike hoof GEBED bedekking. Voorheen het ek geen gehad nie. Wat dit beteken, is dat hy in heilige tale bid en soos 'n held uit die Hemel gestuur word, laat hy geen valse profete, geen vorm van toordery, satanisme of enigiemand wat probeer om my kwaad in woord of daad aan te doen nie, selfs soos doodsvloeke na my toe kom, toe nie . Haters weet net hoe om te haat.


Ezra as die GEBED hoofbedekking, waarsku die vyande dat ek nie meer alleen is nie. Om naby my te kom en my skade aan te rig, moet hulle hom eers veg soos hy sy vrou beskerm selfs deur die salwing van YAHUSHUA en die bloed van YAHUSHUA, soos hy YAHUSHUA gehoorsaam. Hierdie aanvalle van vyande kan nie vernietig wat YAH saamgevoeg het nie. Ons twee salwinge het een geword en ons moet nooit luister na enige iemand in hierdie wêreld wat probeer om dit te verdeel nie. Enige aanvalle wat toegelaat word om deur Ezra te gaan, is omdat die Skrif sê, baie is die verdrukkinge van die regverdiges, maar EK YAHUVEH sal hulle van hulle almal red.


As my man, is hy my hoof, maar ons neem steeds besluite saam, en 'n ware heilige man is nie 'n diktator nie, maar regeer in liefde soos YAHUSHUA sê hoe die man YAHUSHUA VERTEENWOORDIG. Hy sal nooit SY BRUID slaan of haar mishandel nie, haar valslik beskuldig, haar hartseer maak of enige vyand toelaat om haar aan te val nie.


In die been van my been (‘bone of my bone’) profesie sê dit, as dit nodig is, sal hy sy lewe vir haar neerlê. Dit is wat die hoof van die vrou doen. Die vrou moet so beskermd voel, want sy weet niemand kan haar kwaad aandoen nie, en hom liefhê en waardeer, want sy weet dit is veilig, sy veg nie meer alleen nie en sy kan haar kop op sy skouer neer lê. Sy is sy onsigbare rib en hulle sal altyd saamstaan. YAHUSHUA regeer slegs SY BRUID met liefde. Enige heilige hoof GEBED bedekking van 'n man moet dieselfde doen en vertroue, liefde en lojaliteit is verpligtend.


Soos ons YAHUSHUA vertrou, so moet daardie man en vrou instaat wees om mekaar ook te vertrou. Toe Ezra en ek saam hierdie torah gedeeltes bestudeer het, is ek so geseënd omdat hy dit hardop lees, saam met die profesieë, insluitende die nuwe, en ek is instaat om hom vrae te vra, soos hy my heilige mentor en my geliefde man is. En soos ons hierdie Torah gedeelte lees, vra ek hom vrae om my te wys waar anders dit in die Nuwe Testament is en hy sal my altyd wys waar dit is. Die torah en die nuwe testament ondersteun mekaar, maar 'n uittreksel van slegs die torah gedeelte sal ook 'n getuienis wees vir YAHUSHUA, want HY is die lewende torah.


Die Jode kan nie gered word deur net die torah gedeeltes te lees nie, dit sal niemand ooit in die Hemel bring nie. Die enigste bloedversoening vir sonde was ‘n geskenk wat YAH aan die kruis gegee het, soos HY HOM toegelaat het om die geofferde lam te word, soos met pasga. Dieselfde tyd toe die paaslam op drie-uur, Israel-tyd geslag was, is dieselfde tyd wat YAHUSHUA gesterf en gesê het, ontvang my gees, dit is volbring. Dit is waarom Ezra die Heilige profesieë met die torah profete van ouds kombineer, YAH verander nooit nie. SY woorde staan soos YAHUSHUA se woord staan. En hier is net een van die Skrifte wat dit bewys: Johannes 14:6, “YAHUSHUA antwoord hom, EK is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader behalwe deur MY nie (YAHUSHUA).”


Maar elke keer as ek dit lees, kry ek 'n nuwe openbaring, soos hy hulle verbind met die torah gedeeltes. YAHUSHUA het gesê, dat ons nie meer net 'n uittreksel van SY Woord in die profesie moet plaas nie, want jy mis uit op die hele boodskap van die profesie. Daarom het ek dit verander soos HY beveel het om die hele profesieë te plaas sodat julle geseënd kan wees.


Dit is 'n verrassing wat YAHUSHUA my aangesê het om, vanaf 22 Desember 2018, bokant elke Torah gedeelte te sit. En as jy die duiwel en demone bestraf, moet jy altyd seker maak dat jy gebid het en dat jou sondes gewas is met YAHUSHUA se gestorte bloed.


Want so sê YAH, WEES ONDERDANIG (GEHOORSAAM), Ek onderwerp myself aan YAHUSHUA en ek bestraf jou satan in die naam en die bloed van YAHUSHUA!! Ek weerstaan jou satan en enige demone of aanvalle deur die gestorte bloed van YAHUSHUA en die naam van YAHUSHUA. Die gestorte bloed van YAHUSHUA staan teen jou satan, jy moet nou van my wegvlug!! Want jy het geen aanspraak op my nie!! My siel behoort aan YAHUSHUA!! Dit is nie eens myne nie! Ek praat met die demone en in die naam en die bloed van YAHUSHUA, weerstaan en bestraf ek julle in die naam van YAHUSHUA en die bloed van YAHUSHUA en alle aanloklike demone, ek beveel julle om op te hou manifesteer, om op te hou kommunikeer met my en na die plek te gaan waar YAHUSHUA julle stuur om deur die engele van die allerhoogste YAHUVEH gemartel en gepynig te word tot die tyd van julle oordeel.


Ek is die een wat Ezra geleer het hoe ek uit die hemel gehoor het om te bid teen die bose wat ons aanval, YAHUSHUA se gelowiges, dit is 'n kragtige gebed. Ek moet jou waarsku, dat as die aanval vinnig terugkom, word dit plaasvervangende demone en gevalle engele genoem wat sal probeer om jou geloof te steel deur te sê dat YAHUSHUA se gebed wat jy gebid het, geen krag gehad het nie.


Dit word geestelike oorlogvoering genoem. Jy moenie opgee nie! Daar is 'n lering dat jy net een keer satan en demone moet bestraf en hulle sal wegvlug en jou alleen los en jy word nie meer getormenteer nie. Ek, Elisheva kan bewys, dit is nie waar nie. Want het satan nie gekom om YAHUSHUA drie keer in die woestyn te versoek nie, en YAHUSHUA moes satan drie maal bestraf deur heilige Skrifte te gebruik. YAHUSHUA het op daardie stadium 40 dae gevas. So liggaamlik was sy liggaam swak, soos satan HOM bespot en gesê het om klippe in brood te verander. Want daar is geskrywe, het YAHUSHUA geantwoord, die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar deur elke woord wat uit die mond van YAH uitgaan.


En ek los jou hiermee. Bestudeer en wys jouself waardig, want daar is geskryf, dit is die gebede van die regverdiges (deur YAHUSHUA) wat baie krag het. Die gebede van die ongeregtiges is kaf in die wind, hulle word nie eers deur die Hemel gehoor nie en bring net oordeel. YAH waarsku, raak nie my gesalfde aan, en doen ook nie my profete enige skade aan nie. Net aartsengel Michael was instaat om vir satan te sê, YAH bestraf jou! Soos hulle oor Moses se liggaam gestry het. Want die heilige engele het nie die naam en die bloed van YAHUSHUA nodig om satan te bestraf nie, want hulle is sondeloos.


Enige iemand wat jou dit leer, is verkeerd, so sê YAH, en moet dit los, hulle self nederig maak en erken dat ons enigste mag oor satan deur die naam en die bloed van YAHUSHUA ha MASHIACH is. Psalm 109 praat eenvoudig van die vloeke wat YAH op die valse aanklaers van 'n ware heilige profeet van YAH sal plaas. Die afgelope tyd, is ek valslik beskuldig deur diegene wat ek gedink het my die meeste liefgehad het. Dankie vir julle gebede vir die leierskap van hierdie Bediening, my man en vir my. Toets die gees wat praat en kyk of jy 'n getuie kry van wat ek Elisheva Eliyahu geskryf het onder die salwing van die RUACH HA KODESH/IMMAYAH/SHIKNYAH GLORY/HEILIGE GEES.


En nou oor na die torah gedeeltes, PRAISE YAH!!


Shabbat Shalom en baie liefde aan almal in YAHUSHUA!



Apostel, Profeet, Elisheva Eliyahu



Eksodus 25:1 – 27:19



 *~ Eksodus Hoofstuk 25~*


Toe het YAHUVEH met Moses gespreek en gesê: 


Sê aan die kinders van Israel dat hulle aan MY ‘n offergawe moet bring; van elkeen wie se hart hom aandrywe, moet julle MY offergawe bring. 


En dit is die offergawe wat julle van hulle kant moet bring: goud en silwer en koper; 


en pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn linne en bokhaar;

 
en rooigeverfde ramsvelle en robbevelle en akasiahout;

 
olie vir die kandelaar, speserye vir die salfolie en vir die reukwerk van speserye; 


oniksstene en stene om in te lê vir die skouerkleed en die borstas. 


Ook moet hulle vir MY ‘n Heiligdom maak, dat EK in hulle midde kan woon. 


Volgens alles wat EK jou laat sien—die voorbeeld van die tabernakel en die voorbeeld van alles wat daarby behoort—so moet julle dit maak. 


10 Hulle moet dan ‘n ark van akasiahout maak. Twee en ‘n half el moet sy lengte, en anderhalf el sy breedte, en anderhalf el sy hoogte wees. 


11 En jy moet dit oortrek met suiwer goud, van binne en van buite moet jy dit oortrek. En jy moet daaraan ‘n goue krans maak rondom. 


12 En giet daarvoor vier goue ringe, en sit dit aan sy vier voete vas, só dat twee ringe aan die een kant en twee ringe aan die ander kant is. 


13 En maak draaghoute van akasiahout, en trek dit oor met goud. 


14 En steek die draaghoute in die ringe aan weerskante van die ark om die ark daarmee te dra. 


15 Die draaghoute moet in die ringe van die ark bly; hulle mag daar nie uit weggeneem word nie. 


16 Daarna moet jy in die ark die Getuienis sit wat EK aan jou sal gee. 


17 Maak ook ‘n versoendeksel van suiwer goud. Twee en ‘n half el moet sy lengte, en anderhalf el sy breedte wees. 


18 Maak ook twee gérubs van goud. Van dryfwerk moet jy hulle maak, aan die twee ente van die versoendeksel. 


19 En maak een gérub aan die een ent en een gérub aan die ander ent. Uit een stuk, saam met die versoendeksel, moet julle die gérubs maak, aan die twee ente. 


20 En die gérubs moet die vlerke boontoe uitgesprei hou, terwyl hulle met hul vlerke die versoendeksel beskut; en hulle aangesigte moet na mekaar toe wees; die gesigte van die gérubs moet op die versoendeksel gerig wees. 


21 En sit die versoendeksel bo-op die ark; maar in die ark moet jy die Getuienis neerlê wat EK aan jou sal gee. 


22 En daar sal EK met jou saamkom, en van die versoendeksel af, tussen die twee gérubs uit wat op die ark van die Getuienis is, sal EK jou alles sê wat EK jou vir die kinders van Israel sal beveel. 


23 Maak ook ‘n tafel van akasiahout. Twee el moet sy lengte, en ‘n el sy breedte, anderhalf el sy hoogte wees. 


24 En trek dit oor met suiwer goud, en maak daarvoor ‘n goue krans rondom. 


25 Maak daarvoor ook ‘n lys van ‘n handbreed rondom; en maak ‘n goue krans vir die lys rondom. 


26 En maak daar vier goue ringe voor, en sit die ringe vas aan die vier hoeke van die vier pote. 


27 Naby die lys moet die ringe wees as plekke vir die draaghoute om die tafel te dra. 


28 En maak die draaghoute van akasiahout, en trek dit oor met goud; daarmee moet dan die tafel gedra word. 


29 Maak ook sy skottels en sy rookpanne en sy kanne en sy bekers waarmee gegiet moet word; van suiwer goud moet jy dit maak. 


30 En op die tafel moet jy altyddeur toonbrood voor MY aangesig neersit. 


31 Maak ook ‘n kandelaar van suiwer goud. Van dryfwerk moet die kandelaar, sy voetstuk en sy stam gemaak word; sy kelkies, sy knoppe en sy blomme moet, daarmee saam, uit een stuk wees. 


32 En ses arms moet uit die sykante daarvan uitgaan: drie arms van die kandelaar uit die een kant en drie arms van die kandelaar uit die ander kant.

 
33 Drie kelkies soos amandelblomme aan die een arm, ‘n knop en ‘n blom, en drie kelkies soos amandelblomme aan die ander arm, ‘n knop en ‘n blom—so moet dit wees aan die ses arms wat uit die kandelaar uitgaan. 


34 Maar aan die kandelaar self moet vier kelkies soos amandelblomme wees, met knoppe en blomme: 


35 daar moet ‘n knop wees onder die eerste paar arms wat daaruit uitgaan; en ‘n knop onder die tweede paar arms wat daaruit uitgaan; en ‘n knop onder die derde paar arms wat daaruit uitgaan—vir die ses arms wat uit die kandelaar uitgaan. 


36 Hulle knoppe en hulle arms moet, daarmee saam, uit een stuk wees—alles saam een stuk dryfwerk van suiwer goud. 


37 Jy moet ook sewe lampe daarvoor maak, en hulle moet sy lampe opsteek en die lig daarteenoor laat val aan die voorkant. 


38 Sy snuiters en sy bakkies moet van suiwer goud wees. 


39 Van ‘n talent suiwer goud moet hulle dit maak—al hierdie voorwerpe. 


40 En kyk dat jy dit maak volgens die voorbeeld daarvan wat jou op die berg getoon is.



 *~ Eksodus Hoofstuk 26~*


En die tabernakel moet jy van tien tentdoeke maak, van fyn dubbeldraad-linne en pers en purperrooi en bloedrooi stowwe, met gérubs; as kunstige werk moet jy dit maak. 


Die lengte van elke tentdoek moet agt en twintig el wees en die breedte van elke tentdoek vier el. Al die tentdoeke moet een maat hê. 


Vyf van die tentdoeke moet aanmekaargewerk wees, die een aan die ander. En weer vyf tentdoeke aanmekaar, die een aan die ander. 


En jy moet lissies van pers stof maak aan die soom van die buitenste tentdoek van die een stel. En so moet jy dit maak aan die soom van die laaste tentdoek van die tweede stel. 


Vyftig lissies moet jy aan die een tentdoek maak, en vyftig lissies moet jy maak aan die rand van die tentdoek wat aan die tweede stel behoort. Die lissies moet die een teenoor die ander wees. 


Jy moet ook vyftig goue hakies maak en die tentdoeke saamvoeg met die hakies, die een aan die ander, sodat die tabernakel een geheel is. 


Ook moet jy doeke van bokhaar maak as ‘n tentseil oor die tabernakel: elf tentdoeke moet jy dit maak. 


Die lengte van elke tentdoek moet dertig el wees en die breedte van elke tentdoek vier el: die elf tentdoeke moet een maat hê. 


En jy moet vyf van die tentdoeke besonders aanmekaarwerk en ses van die tentdoeke besonders. En die sesde tentdoek moet jy dubbel vou, aan die voorkant van die tent. 


10 En jy moet vyftig lissies maak aan die soom van die laaste tentdoek van die een stel, en vyftig lissies aan die soom van die laaste tentdoek van die tweede stel. 


11 Jy moet ook vyftig koperhakies maak en die hakies in die lissies steek; en jy moet die tent saamvoeg, sodat dit een geheel is. 


12 En wat betref die oorhangende gedeelte aan die tentdoeke—die helfte van die tentdoek wat oorskiet, moet oorhang aan die agterkant van die tabernakel. 


13 En die el wat aan weerskante oorskiet in die lengte van die tentdoeke, moet oorhang aan die sykante van die tabernakel, aan weerskante, om dit te oordek. 


14 Jy moet ook vir die tent ‘n dekkleed van rooigeverfde ramsvelle maak en ‘n dekkleed van robbevelle daar bo-oor. 


15 Jy moet ook vir die tabernakel die regopstaande style van akasiahout maak.

 
16 Die lengte van die styl moet tien el wees, en anderhalf el die breedte van elke styl. 


17 Elke styl moet twee tappe hê wat met mekaar verbind is. So moet jy dit maak vir al die style van die tabernakel. 


18 En die style vir die tabernakel moet jy maak: twintig style aan die suidekant, na die suide toe. 


19 Jy moet ook veertig silwervoetstukke onder die twintig style maak: twee voetstukke onder die een styl vir sy twee tappe en twee voetstukke onder die ander styl vir sy twee tappe. 


20 En vir die ander sykant van die tabernakel, aan die noordekant, twintig style 


21 met hulle veertig silwervoetstukke: twee voetstukke onder die een styl en twee voetstukke onder die ander styl. 


22 En vir die agterkant van die tabernakel, teen die weste, moet jy ses style maak. 


23 Ook moet jy twee style maak vir die hoeke van die tabernakel, aan die agterkant. 


24 En hulle moet van onder dubbel wees, en net so moet hulle bo dubbel wees tot by die eerste ring. So moet dit met altwee wees; hulle moet die twee hoeke vorm. 


25 So moet daar dan agt style wees met hulle silwervoetstukke, sestien voetstukke: twee voetstukke onder die een styl en twee voetstukke onder die ander styl. 


26 Jy moet ook dwarshoute van akasiahout maak: vyf vir die style van die een sykant van die tabernakel 


27 en vyf dwarshoute vir die style van die ander sykant van die tabernakel; ook vyf dwarshoute vir die style van die agterkant van die tabernakel teen die weste. 


28 En die middelste dwarshout moet in die middel van die style oordwars loop, van die een ent na die ander. 


29 En jy moet die style met goud oortrek; en hulle ringe, as plekke vir die dwarshoute, moet jy van goud maak. Die dwarshoute moet jy ook met goud oortrek. 


30 So moet jy dan die tabernakel oprig volgens die plan wat jou op die berg getoon is. 


31 Verder moet jy ‘n voorhangsel maak van pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne. As kunstige werk moet jy dit maak, met gérubs. 


32 En jy moet dit ophang aan vier pilare van akasiahout wat met goud oorgetrek is en ook kramme van goud het en op vier silwervoetstukke staan.

 
33 En jy moet die voorhangsel onder die hakies ophang; en bring die ark van die Getuienis daar, binnekant die voorhangsel. En die voorhangsel moet vir julle ‘n skeiding maak tussen die Heilige en die Allerheiligste. 


34 En jy moet die versoendeksel op die ark van die Getuienis neerlê in die Allerheiligste. 


35 En sit die tafel buitekant die voorhangsel, en die kandelaar teenoor die tafel aan die suidekant van die tabernakel. Maar die tafel moet jy aan die noordekant sit. 


36 Jy moet ook vir die ingang van die tent ‘n bedekking maak van pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne, veelkleurige werk. 


37 En maak vir die bedekking vyf pilare van akasiahout, en trek hulle oor met goud; hulle kramme moet ook van goud wees; en jy moet daarvoor vyf kopervoetstukke giet.



 *~ Eksodus Hoofstuk 27~*


Jy moet ook die altaar van akasiahout maak; vyf el moet die lengte wees en vyf el die breedte—vierkantig moet die altaar wees—en drie el sy hoogte.

 
En jy moet sy horings op die vier hoeke maak; sy horings moet, daarmee saam, uit een stuk wees; en jy moet dit met koper oortrek. 


En maak sy potte om die as te verwyder, ook sy skoppe en komme en vurke en vuurpanne. Al dié gereedskap moet jy van koper maak. 


Jy moet daar ‘n traliewerk aan maak, ‘n netwerk van koper, en aan die net vier koperringe maak, aan die vier hoeke. 


En jy moet dit onder die lys van die altaar bevestig, onderaan, sodat die net tot by die helfte van die altaar kom. 


Jy moet ook draaghoute vir die altaar maak, draaghoute van akasiahout; en trek dit oor met koper. 


En die draaghoute moet in die ringe gesteek word, sodat die draaghoute aan altwee kante van die altaar is as hulle dit dra. 


Jy moet dit hol, van planke, maak. Soos dit jou op die berg getoon is, so moet hulle dit maak. 


Jy moet ook die voorhof van die tabernakel maak. Aan die suidekant, na die suide toe, moet daar vir die voorhof behangsels wees van fyn dubbeldraad-linne; honderd el moet die lengte vir die een kant wees; 


10 daarby twintig pilare met hulle twintig kopervoetstukke; die kramme en die ringe van die pilare moet van silwer wees. 


11 So moet daar ook aan die noordekant, in die lengte, behangsels wees, honderd el lank; daarby twintig pilare met hulle twintig kopervoetstukke. Die kramme en die ringe van die pilare moet van silwer wees. 


12 En in die breedte van die voorhof, aan die westekant, moet daar behangsels van vyftig el wees; daarby tien pilare en hulle tien voetstukke. 


13 En die breedte van die voorhof aan die oostekant, teen sonop, vyftig el— 


14 sodat daar vyftien el behangsels vir die een kant is, daarby drie pilare en hulle drie voetstukke; 


15 en vir die ander kant vyftien el behangsels, daarby drie pilare en hulle drie voetstukke; 


16 en vir die poort van die voorhof ‘n bedekking van twintig el, van pers, purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne, veelkleurige werk; daarby vier pilare en hulle vier voetstukke. 


17 Al die pilare van die voorhof moet rondom van silwerringe voorsien wees; hulle kramme moet van silwer wees en hulle voetstukke van koper. 


18 Die lengte van die voorhof moet honderd el wees en die breedte vyftig by vyftig en die hoogte vyf el, van fyn dubbeldraad-linne, daarby voetstukke van koper. 


19 Aangaande al die gereedskap van die tabernakel, by sy hele bewerking, en al sy penne en al die penne van die voorhof, hulle moet van koper wees.