Shabbat Shalom!

Welkom by Shemot, Name, hierdie week se Parasha.

Eksodus 1:1 – 6:1
Jesaja 27:6 – 28:13 ; Jesaja 29:22 – 23
Jeremia 1:1 – 2:3
Romeine 12:1 – 21



Ek wil my geliefde man, Apostel, Profeet Ezra, wat in Israel gebore is en groot geword het, bedank. Ons is getroud op 2 Oktober 2016 en sedertdien is die torah gedeeltes by hierdie bediening gevoeg. Want hy het die belangrikheid van dit aan my gewys. My man lees die profesieë baie noukeurig om ooreen te kom met die torah gedeeltes wat op die sabbat is. Hy sal vir ure navorsing doen indien nodig. Dus wil ek net sê, dankie liefling. Jy het 'n goeie werk gedoen om hierdie profesieë met die torah gedeeltes vir hierdie sabbat oor een te stem.


Ek is 'n biologiese jood, deur moeder en vader, maar dit sal nie iemand in die hemel kry nie. Slegs deur die naam en die bloed van YAHUSHUA wat in die vlees as GOD gekom het, HY is gekruisig vir ons sondes. Bekeer jou, vra vergifnis, want as dit net vir jou was, sou HY nogsteeds gekruisig, gemartel word, as bloedversoening vir ons sondes. Niemand, behalwe HY wat perfek was, het op hierdie aarde geloop nie, en HY is uit 'n maagd gebore. Maar, dit was deur IMMAYAH die HEILIGE GEES se hande wat YAHUSHUA in Maria se baarmoeder geplaas het, sodat HY beide vlees en GOD in een sou wees.


Wanneer ons vergifnis vra en ons HOM aanvaar as die enigste verwekte SEUN van GOD YAHUVEH, is ons in die wingerdstok ingegraveer. Wat beteken, dat selfs al kom jy nie uit 'n Hebreeuse bloedlyn nie, is ons in daardie wingerdstok ingegraveer, YAHUSHUA en ons het een geword met HOM. 'n Jood. YAHUSHUA is getrou om elke sonde te vergewe, moet net nie daaroor dink nie, deur HOM te bly toets nie. Want YAHUSHUA het gesê, hoe kan jy MY Heer en Meester noem en MY nie gehoorsaam nie? Nog 'n weergawe van die bybel sê, hoekom sê jy jy is lief vir MY en jy gehoorsaam MY nie? Die gehoorsaamheid waaroor HY praat, is die Tien Gebooie, die tien wette wat Moses van die berg Sinai afgebring het en wat YAH met SY eie vurige vinger ingeskryf het.

Jy moet die bybel lees, veral die Nuwe Testament om te verstaan. Net HY het dit gedoen om ons uit die hel te hou, sodat satan nie kan sê dat hy aanspraak kan maak op ons verstand, liggaam, gees en siel nie. YAHUSHUA het meer gepraat oor die waarskuwings om hel toe te gaan as wat HY van die skoonheid van die Hemel gepraat het. Ons almal werk ons eie verlossing uit met vrees en bewing, want ons siel weet reeds wanneer die oorlog met Lucifer in die Hemel teen YAH ons vertel was om kante te kies. Een derde van die engele is saam met Lucifer op die aarde gegooi terwyl YAHUSHUA hom met SY voet uitgeskop het. En hoe ons dit weet, is HY beskryf die val van Lucifer uit die lug.


Ek is aanhoudend vertel in 1995, waar is jou man? Hierdie bediening is ongebalanseerd. Maar vir 22 jaar, het ek voortgegaan om te doen wat YAH my gesê het om te doen. Op 7 Maart 2016 het YAHUSHUA die twee salwinge saamgebring, soos Ezra en ek vir die eerste keer gepraat het, maar ons het in e-posse geskryf, sodat ons mekaar in die gees geken het. 2 Oktober 2016, nadat YAH my van 'n verworpene van 14 jaar geskei het, het YAHUSHUA die oue uitgeskop en die nuwe ingebring. En Ezra en ek is op 2 Oktober 2016 getroud met 'n profetiese woord en ope visioen wat een dag ten volle gedeel sal word, maar ons huweliksgeloftes is onderteken en verseël deur YAHUVEH, YAHUSHUA, en IMMAYAH se seëlringe.


Ek is dae gelede 'n nuwe openbaring gegee, tydens intense gebed soos Eva uit Adam se rib gevorm is. Die rede waarom hierdie leierskap sy aan sy moet loop, nie een voet voor die ander nie, is omdat ek sy onsigbare rib is. Hy het my soveel nodig as wat ek hom nodig het. Die twee salwinge moet een wees en in alle besluite, leerstellings, moet ons in harmonie wees. Beide in die geestelike en die fisiese. Ezra is my geestelike hoof GEBED bedekking. Voorheen het ek geen gehad nie. Wat dit beteken, is dat hy in heilige tale bid en soos 'n held uit die Hemel gestuur word, laat hy geen valse profete, geen vorm van toordery, satanisme of enigiemand wat probeer om my kwaad in woord of daad aan te doen nie, selfs soos doodsvloeke na my toe kom, toe nie . Haters weet net hoe om te haat.


Ezra as die GEBED hoofbedekking, waarsku die vyande dat ek nie meer alleen is nie. Om naby my te kom en my skade aan te rig, moet hulle hom eers veg soos hy sy vrou beskerm selfs deur die salwing van YAHUSHUA en die bloed van YAHUSHUA, soos hy YAHUSHUA gehoorsaam. Hierdie aanvalle van vyande kan nie vernietig wat YAH saamgevoeg het nie. Ons twee salwinge het een geword en ons moet nooit luister na enige iemand in hierdie wêreld wat probeer om dit te verdeel nie. Enige aanvalle wat toegelaat word om deur Ezra te gaan, is omdat die Skrif sê, baie is die verdrukkinge van die regverdiges, maar EK YAHUVEH sal hulle van hulle almal red.


As my man, is hy my hoof, maar ons neem steeds besluite saam, en 'n ware heilige man is nie 'n diktator nie, maar regeer in liefde soos YAHUSHUA sê hoe die man YAHUSHUA VERTEENWOORDIG. Hy sal nooit SY BRUID slaan of haar mishandel nie, haar valslik beskuldig, haar hartseer maak of enige vyand toelaat om haar aan te val nie.


In die been van my been (‘bone of my bone’) profesie sê dit, as dit nodig is, sal hy sy lewe vir haar neerlê. Dit is wat die hoof van die vrou doen. Die vrou moet so beskermd voel, want sy weet niemand kan haar kwaad aandoen nie, en hom liefhê en waardeer, want sy weet dit is veilig, sy veg nie meer alleen nie en sy kan haar kop op sy skouer neer lê. Sy is sy onsigbare rib en hulle sal altyd saamstaan. YAHUSHUA regeer slegs SY BRUID met liefde. Enige heilige hoof GEBED bedekking van 'n man moet dieselfde doen en vertroue, liefde en lojaliteit is verpligtend.


Soos ons YAHUSHUA vertrou, so moet daardie man en vrou instaat wees om mekaar ook te vertrou. Toe Ezra en ek saam hierdie torah gedeeltes bestudeer het, is ek so geseënd omdat hy dit hardop lees, saam met die profesieë, insluitende die nuwe, en ek is instaat om hom vrae te vra, soos hy my heilige mentor en my geliefde man is. En soos ons hierdie Torah gedeelte lees, vra ek hom vrae om my te wys waar anders dit in die Nuwe Testament is en hy sal my altyd wys waar dit is. Die torah en die nuwe testament ondersteun mekaar, maar 'n uittreksel van slegs die torah gedeelte sal ook 'n getuienis wees vir YAHUSHUA, want HY is die lewende torah.


Die Jode kan nie gered word deur net die torah gedeeltes te lees nie, dit sal niemand ooit in die Hemel bring nie. Die enigste bloedversoening vir sonde was ‘n geskenk wat YAH aan die kruis gegee het, soos HY HOM toegelaat het om die geofferde lam te word, soos met pasga. Dieselfde tyd toe die paaslam op drie-uur, Israel-tyd geslag was, is dieselfde tyd wat YAHUSHUA gesterf en gesê het, ontvang my gees, dit is volbring. Dit is waarom Ezra die Heilige profesieë met die torah profete van ouds kombineer, YAH verander nooit nie. SY woorde staan soos YAHUSHUA se woord staan. En hier is net een van die Skrifte wat dit bewys: Johannes 14:6, “YAHUSHUA antwoord hom, EK is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader behalwe deur MY nie (YAHUSHUA).”


Maar elke keer as ek dit lees, kry ek 'n nuwe openbaring, soos hy hulle verbind met die torah gedeeltes. YAHUSHUA het gesê, dat ons nie meer net 'n uittreksel van SY Woord in die profesie moet plaas nie, want jy mis uit op die hele boodskap van die profesie. Daarom het ek dit verander soos HY beveel het om die hele profesieë te plaas sodat julle geseënd kan wees.


Dit is 'n verrassing wat YAHUSHUA my aangesê het om, vanaf 22 Desember 2018, bokant elke Torah gedeelte te sit. En as jy die duiwel en demone bestraf, moet jy altyd seker maak dat jy gebid het en dat jou sondes gewas is met YAHUSHUA se gestorte bloed.


Want so sê YAH, WEES ONDERDANIG (GEHOORSAAM), Ek onderwerp myself aan YAHUSHUA en ek bestraf jou satan in die naam en die bloed van YAHUSHUA!! Ek weerstaan jou satan en enige demone of aanvalle deur die gestorte bloed van YAHUSHUA en die naam van YAHUSHUA. Die gestorte bloed van YAHUSHUA staan teen jou satan, jy moet nou van my wegvlug!! Want jy het geen aanspraak op my nie!! My siel behoort aan YAHUSHUA!! Dit is nie eens myne nie! Ek praat met die demone en in die naam en die bloed van YAHUSHUA, weerstaan en bestraf ek julle in die naam van YAHUSHUA en die bloed van YAHUSHUA en alle aanloklike demone, ek beveel julle om op te hou manifesteer, om op te hou kommunikeer met my en na die plek te gaan waar YAHUSHUA julle stuur om deur die engele van die allerhoogste YAHUVEH gemartel en gepynig te word tot die tyd van julle oordeel.


Ek is die een wat Ezra geleer het hoe ek uit die hemel gehoor het om te bid teen die bose wat ons aanval, YAHUSHUA se gelowiges, dit is 'n kragtige gebed. Ek moet jou waarsku, dat as die aanval vinnig terugkom, word dit plaasvervangende demone en gevalle engele genoem wat sal probeer om jou geloof te steel deur te sê dat YAHUSHUA se gebed wat jy gebid het, geen krag gehad het nie.


Dit word geestelike oorlogvoering genoem. Jy moenie opgee nie! Daar is 'n lering dat jy net een keer satan en demone moet bestraf en hulle sal wegvlug en jou alleen los en jy word nie meer getormenteer nie. Ek, Elisheva kan bewys, dit is nie waar nie. Want het satan nie gekom om YAHUSHUA drie keer in die woestyn te versoek nie, en YAHUSHUA moes satan drie maal bestraf deur heilige Skrifte te gebruik. YAHUSHUA het op daardie stadium 40 dae gevas. So liggaamlik was sy liggaam swak, soos satan HOM bespot en gesê het om klippe in brood te verander. Want daar is geskrywe, het YAHUSHUA geantwoord, die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar deur elke woord wat uit die mond van YAH uitgaan.


En ek los jou hiermee. Bestudeer en wys jouself waardig, want daar is geskryf, dit is die gebede van die regverdiges (deur YAHUSHUA) wat baie krag het. Die gebede van die ongeregtiges is kaf in die wind, hulle word nie eers deur die Hemel gehoor nie en bring net oordeel. YAH waarsku, raak nie my gesalfde aan, en doen ook nie my profete enige skade aan nie. Net aartsengel Michael was instaat om vir satan te sê, YAH bestraf jou! Soos hulle oor Moses se liggaam gestry het. Want die heilige engele het nie die naam en die bloed van YAHUSHUA nodig om satan te bestraf nie, want hulle is sondeloos.


Enige iemand wat jou dit leer, is verkeerd, so sê YAH, en moet dit los, hulle self nederig maak en erken dat ons enigste mag oor satan deur die naam en die bloed van YAHUSHUA ha MASHIACH is. Psalm 109 praat eenvoudig van die vloeke wat YAH op die valse aanklaers van 'n ware heilige profeet van YAH sal plaas. Die afgelope tyd, is ek valslik beskuldig deur diegene wat ek gedink het my die meeste liefgehad het. Dankie vir julle gebede vir die leierskap van hierdie Bediening, my man en vir my. Toets die gees wat praat en kyk of jy 'n getuie kry van wat ek Elisheva Eliyahu geskryf het onder die salwing van die RUACH HA KODESH/IMMAYAH/SHIKNYAH GLORY/HEILIGE GEES.


En nou oor na die torah gedeeltes, PRAISE YAH!!


Shabbat Shalom en baie liefde aan almal in YAHUSHUA!



Apostel, Profeet, Elisheva Eliyahu


Eksodus 1:1 – 6:1


 *~Eksodus Hoofstuk 1~*


En dit is die name van die seuns van Israel wat in Egipte gekom het; saam met Jakob het hulle gekom, elkeen met sy huisgesin: 


Ruben, Símeon, Levi en Juda; 


Issaskar, Sébulon en Benjamin; 


Dan en Náftali, Gad en Aser. 


En al die siele wat uit Jakob se lende voortgekom het, was sewentig siele. Maar Josef was in Egipte. 


En Josef het gesterwe, en al sy broers en daardie hele geslag. 


Maar die kinders van Israel was vrugbaar en het baie geword, en hulle het vermeerder en buitengewoon magtig geword, sodat die land vol was van hulle. 


Toe staan daar ‘n nuwe koning oor Egipte op wat niks van Josef geweet het nie. 


Dié het aan sy volk gesê: Kyk, die volk van die kinders van Israel is meer en magtiger as ons. 


10 Kom, laat ons ‘n slim plan teen hulle beraam, sodat hulle nie kan vermeerder nie, en as ons in oorlog geraak, hulle ook nie by ons vyande aansluit en teen ons veg en uit die land optrek nie. 


11 Daar is toe opsigters van dwangarbeid oor hulle aangestel om hulle met harde arbeid te verdruk. En hulle het vir Farao die voorraadstede Pitom en Raämses gebou. 


12 Maar hoe meer hulle verdruk is, hoe meer het hulle vermenigvuldig en hulle uitgebrei, sodat hulle bang geword het vir die kinders van Israel. 


13 Daarom het die Egiptenaars die kinders van Israel met hardheid laat dien 


14 en hulle lewe verbitter deur swaar werk met klei en bakstene en deur allerhande werk in die landerye—al dié werk wat hulle met hardheid deur hulle laat verrig het. 


15 En die koning van Egipte het met die Hebreeuse vroedvroue—die een se naam was Sifra en die ander se naam Pua—gespreek 


16 en gesê: As julle die Hebreeuse vroue by ‘n geboorte help, moet julle na die geboortestoel kyk: as dit ‘n seun is, maak hom dood; maar is dit ‘n dogter, laat haar lewe. 


17 Maar die vroedvroue het ELOHIM gevrees en nie gedoen soos die koning van Egipte aan hulle gesê het nie, maar die seuntjies laat lewe. 


18 Toe laat die koning van Egipte die vroedvroue roep, en hy sê vir hulle: Waarom het julle dit gedoen en die seuntjies laat lewe? 


19 En die vroedvroue sê vir Farao: Die Hebreeuse vroue is nie soos die Egiptiese nie, want hulle is sterk—voordat die vroedvrou by hulle kom, het hulle al gebaar. 


20 Maar ELOHIM het aan die vroedvroue weldadigheid bewys. En die volk het vermenigvuldig en baie magtig geword. 


21 En omdat die vroedvroue ELOHIM gevrees het, het HY huisgesinne aan hulle geskenk. 


22 Toe gee Farao aan sy hele volk bevel en sê: Al die seuns wat gebore word, moet julle in die Nyl werp, maar al die dogters kan julle laat lewe.



 *~ Eksodus Hoofstuk 2~*


En ‘n man uit die huis van Levi het gegaan en ‘n dogter van Levi geneem. 


En die vrou het swanger geword en ‘n seun gebaar. En toe sy sien dat hy mooi was, het sy hom drie maande lank weggesteek. 


Maar toe sy hom nie langer verborge kon hou nie, het sy vir hom ‘n mandjie van biesies geneem en dit met lymgrond en pik bestryk; en sy het die seuntjie daarin neergelê en dit in die riete aan die kant van die Nyl gesit. 


En sy suster het op ‘n afstand gaan staan om te wete te kom wat met hom sou gebeur. 


En Farao se dogter het na die Nyl afgegaan om ‘n bad te neem, terwyl haar diensmeisies aan die kant van die Nyl heen en weer geloop het. Toe sien sy die mandjie tussen die riete en stuur haar slavin en laat dit haal. 


Nadat sy dit oopgemaak het, sien sy die kind, en kyk, dit was ‘n seuntjie wat huil! En sy het hom jammer gekry en gesê: Dit is een van die kinders van die Hebreërs. 


Toe sê sy suster aan die dogter van Farao: Sal ek vir u ‘n pleegmoeder uit die Hebreeuse vroue gaan roep, dat sy vir u die seuntjie kan soog? 


En Farao se dogter antwoord haar: Ja. En die jongmeisie het geloop en die seuntjie se moeder geroep. 


Daarop sê Farao se dogter vir haar: Neem hierdie seuntjie en soog hom vir my, en ek sal jou loon gee. En die vrou het die seuntjie geneem en hom gesoog. 


10 En toe die seuntjie groot geword het, bring sy hom na Farao se dogter; en hy het haar seun geword. En sy het hom Moses genoem en gesê: Ek het hom mos uit die water getrek. 


11 En in dié dae toe Moses al groot was, het hy na sy broers uitgegaan en hulle harde arbeid aangesien. En hy het gesien hoe ‘n Egiptiese man ‘n Hebreeuse man, een uit sy broers, slaan. 

12 En hy het hierheen en daarheen gekyk, en toe hy sien dat daar niemand was nie, het hy die Egiptenaar doodgeslaan en hom in die sand begrawe. 


13 Die volgende dag het hy weer uitgegaan, en daar was twee Hebreeuse manne wat met mekaar veg. Hy vra toe vir die een wat ongelyk gehad het: Waarom slaan jy jou naaste? 


14 En hy antwoord: Wie het jou as owerste en regter oor ons aangestel? Dink jy om my dood te slaan soos jy die Egiptenaar omgebring het? En Moses het gevrees en gesê: Waarlik, die saak het bekend geword! 


15 En toe Farao van dié saak hoor, het hy probeer om Moses dood te maak. Maar Moses het van Farao af weggevlug en in die land Mídian gaan woon. En hy het by ‘n put gesit. 


16 En die priester van Mídian het sewe dogters gehad: dié het gekom om te put en die drinkbakke vol te maak om hulle vader se kleinvee te laat drink. 


17 Maar die veewagters het gekom en hulle weggedrywe. Toe staan Moses op en help hulle en laat hulle vee drink. 


18 En toe hulle by hul vader Réhuel kom, sê hy: Waarom kom julle vandag so gou? 


19 En hulle antwoord: ‘n Egiptiese man het ons uit die hand van die veewagters verlos; en hy het ook volop vir ons geput en die vee laat drink. 


20 Daarop sê hy vir sy dogters: En waar is hy? Waarom het julle die man dan daar laat staan? Roep hom, dat hy brood kan eet. 


21 En Moses het ingewillig om by die man te bly, en hy het aan Moses sy dogter Sippóra gegee. 


22 En toe sy ‘n seun baar, het hy hom Gersom genoem. Want hy het gesê: Ek het ‘n vreemdeling in ‘n vreemde land geword. 


23 En in daardie lang tyd het die koning van Egipte gesterwe. En die kinders van Israel het gesug en geweeklaag vanweë die slawerny. En hulle geroep om hulp oor hulle slawerny het opgeklim tot ELOHIM. 


24 En ELOHIM het hulle gekerm gehoor, en ELOHIM het gedink aan sy verbond met Abraham, met Isak en met Jakob. 


25 En ELOHIM het die kinders van Israel aangesien, en ELOHIM het hulle geken.



 *~ Eksodus Hoofstuk 3~*


En Moses het die kleinvee opgepas van sy skoonvader Jetro, die priester van Mídian. En toe hy die kleinvee agter die woestyn gedryf het, kom hy by die berg van ELOHIM, by Horeb. 


Daarop verskyn die Engel van YAHUVEH aan hom in ‘n vuurvlam uit ‘n doringbos. En toe hy weer sien, brand die doringbos in die vuur, maar die doringbos word nie verteer nie! 


En Moses sê: Laat ek tog nader gaan en hierdie groot verskynsel bekyk, waarom die doringbos nie verbrand nie. 


Toe YAHUVEH sien dat hy nuuskierig nader kom, roep ELOHIM na hom uit die doringbos en sê: Moses, Moses! En hy antwoord: Hier is ek. 


En HY sê: Moenie nader kom nie. Trek jou skoene van jou voete af, want die plek waar jy op staan, is heilige grond. 


Verder sê HY: EK is die ELOHIM van jou vader, die ELOHIM van Abraham, die ELOHIM van Isak en die ELOHIM van Jakob. Toe het Moses sy aangesig verberg, want hy was bevrees om ELOHIM aan te sien. 


En YAHUVEH sê: EK het duidelik gesien die ellende van my volk wat in Egipte is; en EK het hulle jammerklagte oor hulle drywers gehoor, ja, EK ken hulle smarte. 


Daarom het EK neergedaal om hulle uit die hand van die Egiptenaars te verlos en hulle te laat optrek uit daardie land na ‘n goeie en wye land, na ‘n land wat oorloop van melk en heuning, na die woonplek van die Kanaäniete en Hetiete en Amoriete en Feresiete en Hewiete en Jebusiete. 


En nou, kyk, die jammerklagte van die kinders van Israel het tot by MY gekom. Ook het EK die verdrukking gesien waarmee die Egiptenaars hulle verdruk. 


10 Gaan dan nou heen, dat EK jou na Farao kan stuur; en lei MY volk, die kinders van Israel, uit Egipte uit. 


11 Maar Moses het tot ELOHIM gespreek: Wie is ek, dat ek na Farao sou gaan en dat ek die kinders van Israel uit Egipte sou lei? 


12 En HY antwoord: EK sal met jou wees, en dit sal vir jou ‘n teken wees dat EK jou gestuur het: As jy die volk uit Egipte gelei het, sal julle op hierdie berg ELOHIM dien. 


13 Hierop het Moses tot ELOHIM gespreek: Maar as ek by die kinders van Israel kom en aan hulle sê: Die ELOHIM van julle vaders het my na julle gestuur, en hulle my vra: Hoe is SY naam? —wat moet ek hulle antwoord? 


14 En ELOHIM sê vir Moses: EK IS WAT EK IS. Ook sê HY: So moet jy die kinders van Israel antwoord: EK IS het my na julle gestuur. 


15 Toe sê ELOHIM verder vir Moses: Dit moet jy aan die kinders van Israel meedeel: YAHUVEH, die ELOHIM van julle vaders, die ELOHIM van Abraham, die ELOHIM van Isak en die ELOHIM van Jakob, het my na julle gestuur. Dit is MY Naam vir ewig, en dit is MY gedenknaam van geslag tot geslag. 


16 Gaan heen en versamel die oudstes van Israel en sê vir hulle: YAHUVEH, die ELOHIM van julle vaders, het aan my verskyn, die ELOHIM van Abraham, Isak en Jakob, en het gesê: EK het terdeë ag gegee op julle en op wat julle in Egipte aangedoen is. 


17 Daarom het EK besluit: EK wil julle uit die ellende van Egipte laat optrek na die land van die Kanaäniete en Hetiete en Amoriete en Feresiete en Hewiete en Jebusiete, na ‘n land wat oorloop van melk en heuning.

 
18 En hulle sal na jou luister. Dan moet jy met die oudstes van Israel na die koning van Egipte gaan, en julle moet vir hom sê: YAHUVEH, die ELOHIM van die Hebreërs, het ons ontmoet; laat ons dan nou tog drie dagreise ver die woestyn intrek en aan YAHUVEH, onse ELOHIM, offer. 


19 Maar EK weet dat die koning van Egipte julle nie sal laat gaan nie, ook nie deur ‘n sterke hand nie. 


20 En EK sal MY hand uitstrek en Egipte met al MY wonders teister wat EK daarin sal doen; en daarna sal hy julle laat trek. 


21 En EK sal aan hierdie volk guns verleen in die oë van die Egiptenaars; en as julle dan trek, moet julle nie met leë hande trek nie, 


22 maar elke vrou moet van haar buurvrou en van haar wat in haar huis vertoef, silwer— en goue voorwerpe en klere eis. En julle moet dit op julle seuns en dogters sit, en so Egipte berowe.



 *~ Eksodus Hoofstuk 4~*


Toe antwoord Moses en sê: Maar as hulle my nie glo en na my stem nie luister nie, maar sê: YAHUVEH het nie aan jou verskyn nie? 


Daarop vra YAHUVEH vir hom: Wat is daar in jou hand? En hy antwoord: ‘n Staf. 


En HY sê: Gooi dit op die grond. Toe gooi hy dit op die grond, en dit het ‘n slang geword; en Moses het daarvoor gevlug. 


Toe sê YAHUVEH vir Moses: Steek jou hand uit en gryp dit aan die stert. Hierop het hy sy hand uitgesteek en dit gegryp, en dit het ‘n staf in sy hand geword— 


sodat hulle kan glo dat YAHUVEH, die ELOHIM van hulle vaders, die ELOHIM van Abraham, die ELOHIM van Isak en die ELOHIM van Jakob, aan jou verskyn het. 


En YAHUVEH het verder vir hom gesê: Steek tog jou hand in jou boesem. En hy het sy hand in sy boesem gesteek; en toe hy dit uittrek, was sy hand melaats, soos sneeu! 


En HY sê: Steek jou hand weer in jou boesem. En hy het sy hand weer in sy boesem gesteek; en toe hy dit uit sy boesem uittrek, was dit weer soos sy ander vlees!

 
En as hulle jou nie glo en aan die eerste teken geen gehoor gee nie, dan sal hulle die laaste teken glo. 


En as hulle ook hierdie twee tekens nie glo en na jou stem nie luister nie, neem dan van die Nyl se water en giet dit op die droë grond uit; dan sal die water wat jy uit die Nyl neem, op die droë grond bloed word. 


10 Toe sê Moses aan YAHUVEH: Ag, YAHUVEH, ek is nie ‘n man van woorde nie—van gister of van eergister of vandat U met u kneg gespreek het nie; want ek is swaar van mond en swaar van tong. 


11 En YAHUVEH antwoord hom: Wie het vir die mens die mond gemaak, of wie maak stom of doof, of siende of blind? Is dit nie EK, YAHUVEH, nie? 


12 Gaan dan nou heen, en EK sal met jou mond wees en jou leer wat jy moet sê. 


13 Maar hy sê: Ag, YAHUVEH, stuur tog deur wie U wil stuur. 


14 Toe ontvlam die toorn van YAHUVEH teen Moses, en HY sê: Is jou broer Aäron, die Leviet, nie daar nie? EK weet dat hy goed kan praat. En hy gaan ook al uit om jou te ontmoet, en as hy jou sien, sal hy bly wees in sy hart. 


15 Jy moet dan met hom spreek en die woorde in sy mond lê. En ÉK sal met jou mond en sy mond wees en julle leer wat julle moet doen. 


16 En hy moet vir jou met die volk spreek, en dan sal hy vir jou ‘n mond wees en jy vir hom ‘n elohim wees. 


17 Neem dan hierdie staf in jou hand waarmee jy die tekens moet doen. 


18 Toe gaan Moses weg en kom by sy skoonvader Jetro terug, en hy sê vir hom: Laat my tog trek en na my broers teruggaan wat in Egipte is, om te sien of hulle nog lewe. En Jetro sê vir Moses: Gaan in vrede. 


19 Ook het YAHUVEH vir Moses in Mídian gesê: Gaan heen, keer terug na Egipte; want al die manne wat jou lewe gesoek het, is dood. 


20 Moses neem toe sy vrou en sy seuns en laat hulle op ‘n esel ry, terug na Egipteland. Moses het ook die staf van ELOHIM in sy hand geneem. 


21 En YAHUVEH sê vir Moses: Nou dat jy wegtrek om na Egipte terug te gaan, kyk dat jy al die wonders voor Farao doen wat EK in jou mag gestel het. Maar ÉK sal sy hart verhard, sodat hy die volk nie sal laat trek nie. 


22 Dan moet jy vir Farao sê: So spreek YAHUVEH: MY eersgebore seun is Israel.

 
23 Daarom beveel EK jou: Laat MY seun trek, dat hy MY kan dien. Maar jy het geweier om hom te laat trek. Kyk, EK sal jou eersgebore seun laat sterwe. 


24 En op die pad in die herberg het YAHUVEH hom teëgekom en wou hom doodmaak. 


25 Toe neem Sippóra ‘n skerp klip en sny die voorhuid van haar seun af en gooi dit voor sy voete en sê: Waarlik, jy is vir my ‘n bloedbruidegom! 


26 En HY het hom laat staan. Toe het sy gesê: Bloedbruidegom! —met die oog op die besnydenis. 


27 YAHUVEH het ook aan Aäron gesê: Loop Moses tegemoet in die woestyn. En hy het geloop en hom by die berg van ELOHIM aangetref en hom gesoen. 


28 Daarop vertel Moses aan Aäron al die woorde van YAHUVEH waarmee HY hom gestuur het, en al die tekens wat HY hom beveel het. 


29 En Moses en Aäron het vertrek en al die oudstes van die kinders van Israel bymekaar laat kom; 


30 en Aäron het al die woorde gespreek wat YAHUVEH aan Moses gesê het, en die tekens gedoen voor die oë van die volk. 


31 En die volk het geglo. En toe hulle hoor dat YAHUVEH op die kinders van Israel ag gegee en hulle ellende aangesien het, het hulle in aanbidding neergebuig.



 *~ Eksodus Hoofstuk 5~*


En daarna gaan Moses en Aäron en sê vir Farao: So spreek YAHUVEH, die ELOHIM van Israel: Laat MY volk trek, dat hulle vir MY ‘n fees kan hou in die woestyn. 


Maar Farao antwoord: Wie is YAHUVEHHERE na wie se stem ek moet luister om Israel te laat trek? Ek ken YAHUVEH nie, en ek sal Israel ook nie laat trek nie. 


Toe sê hulle: Die ELOHIM van die Hebreërs het ons ontmoet; laat ons tog drie dagreise ver die woestyn intrek en aan YAHUVEH onse ELOHIM offer, sodat HY ons nie tref met die pes of die swaard nie. 


Maar die koning van Egipte antwoord hulle: Moses en Aäron, waarom hou julle die volk van hulle werk af? Loop na julle werk toe. 


Verder het Farao gesê: Kyk, die volk van die land is alreeds baie; en julle wil hulle laat ophou met hulle werk? 


Daarom het Farao dieselfde dag aan die drywers onder die volk en die opsigters bevel gegee en gesê: 


Julle moet die volk geen strooi meer gee om bakstene te maak soos gister en eergister nie. Laat hulle self gaan en vir hulle strooi versamel. 


Maar die hoeveelheid bakstene wat hulle gister en eergister gemaak het, moet julle hulle oplê en niks daarvan verminder nie; want hulle is lui. Daarom roep hulle en sê: Laat ons gaan, laat ons offer aan onse ELOHIM! 


Laat die werk swaar druk op die manne, dat hulle daarmee besig kan wees en nie op leuenagtige woorde let nie. 


10 Toe het die drywers van die volk en die opsigters uitgegaan en tot die volk gespreek en gesê: So spreek Farao: Ek gee julle geen strooi nie. 


11 Loop haal self vir julle strooi waar julle dit kan kry; maar van julle werk word niks verminder nie. 


12 Toe het die volk in die hele Egipteland rondgegaan om stoppels te versamel vir strooi. 


13 En die drywers het aangedryf en gesê: Voltooi julle werk volgens die eis van elke dag net soos toe daar strooi was. 


14 En die opsigters van die kinders van Israel wat Farao se drywers oor hulle aangestel het, het slae gekry, met die woorde: Waarom het julle gister en vandag nie soos tevore julle bepaalde werk, om stene te maak, volbring nie? 


15 Daarom het die opsigters van die kinders van Israel gegaan, en hulle het geweeklaag by Farao en gesê: Waarom maak u so met u dienaars? 


16 Aan u dienaars word geen strooi gegee nie, en hulle sê vir ons: Maak bakstene! En kyk, u dienaars word geslaan, maar die skuld lê by u volk. 


17 Maar hy het geantwoord: Lui is julle, lui! Daarom sê julle: Laat ons gaan, laat ons aan YAHUVEH offer. 


18 Nou dan, loop werk! Maar strooi sal julle nie gegee word nie. Ewenwel moet julle die hoeveelheid bakstene aflewer. 


19 Toe sien die opsigters van die kinders van Israel dat dit sleg met hulle staan, omdat daar gesê is: Julle mag jul bakstene, volgens die eis van elke dag, nie verminder nie. 


20 En hulle het Moses en Aäron teëgekom, wat daar gestaan het om hulle te ontmoet as hulle van Farao af weggaan, 


21 en het vir hulle gesê: Mag YAHUVEH op julle let en oordeel, omdat julle ons gehaat gemaak het in die oë van Farao en in die oë van sy dienaars, sodat julle ‘n swaard in hulle hand gegee het om ons om te bring. 


22 Toe gaan Moses weer na YAHUVEH en sê: YAHUVEH, waarom het U hierdie volk kwaad aangedoen? Waarom het U my tog gestuur? 


23 Want vandat ek na Farao gegaan het om in U Naam te spreek, het hy hierdie volk mishandel, en U het U volk glad nie verlos nie.


 *~ Eksodus Hoofstuk 6~*


(5:24) Daarop het YAHUVEH Moses geantwoord: Nou sal jy sien wat EK Farao sal aandoen. Want deur ‘n sterke hand sal hy hulle laat trek, ja, deur ‘n sterke hand gedwing, sal hy hulle uit sy land uitdrywe.