Shabbat Shalom!

Welkom by P’kudei – Berekening, hierdie week se Parasha.

Eksodus 38:21 – 40:38
1 Konings 7:51 – 8:21
Lukas 16:1 – 13



Ek wil my geliefde man, Apostel, Profeet Ezra, wat in Israel gebore is en groot geword het, bedank. Ons is getroud op 2 Oktober 2016 en sedertdien is die torah gedeeltes by hierdie bediening gevoeg. Want hy het die belangrikheid van dit aan my gewys. My man lees die profesieë baie noukeurig om ooreen te kom met die torah gedeeltes wat op die sabbat is. Hy sal vir ure navorsing doen indien nodig. Dus wil ek net sê, dankie liefling. Jy het 'n goeie werk gedoen om hierdie profesieë met die torah gedeeltes vir hierdie sabbat oor een te stem.


Ek is 'n biologiese jood, deur moeder en vader, maar dit sal nie iemand in die hemel kry nie. Slegs deur die naam en die bloed van YAHUSHUA wat in die vlees as GOD gekom het, HY is gekruisig vir ons sondes. Bekeer jou, vra vergifnis, want as dit net vir jou was, sou HY nogsteeds gekruisig, gemartel word, as bloedversoening vir ons sondes. Niemand, behalwe HY wat perfek was, het op hierdie aarde geloop nie, en HY is uit 'n maagd gebore. Maar, dit was deur IMMAYAH die HEILIGE GEES se hande wat YAHUSHUA in Maria se baarmoeder geplaas het, sodat HY beide vlees en GOD in een sou wees.


Wanneer ons vergifnis vra en ons HOM aanvaar as die enigste verwekte SEUN van GOD YAHUVEH, is ons in die wingerdstok ingegraveer. Wat beteken, dat selfs al kom jy nie uit 'n Hebreeuse bloedlyn nie, is ons in daardie wingerdstok ingegraveer, YAHUSHUA en ons het een geword met HOM. 'n Jood. YAHUSHUA is getrou om elke sonde te vergewe, moet net nie daaroor dink nie, deur HOM te bly toets nie. Want YAHUSHUA het gesê, hoe kan jy MY Heer en Meester noem en MY nie gehoorsaam nie? Nog 'n weergawe van die bybel sê, hoekom sê jy jy is lief vir MY en jy gehoorsaam MY nie? Die gehoorsaamheid waaroor HY praat, is die Tien Gebooie, die tien wette wat Moses van die berg Sinai afgebring het en wat YAH met SY eie vurige vinger ingeskryf het.

Jy moet die bybel lees, veral die Nuwe Testament om te verstaan. Net HY het dit gedoen om ons uit die hel te hou, sodat satan nie kan sê dat hy aanspraak kan maak op ons verstand, liggaam, gees en siel nie. YAHUSHUA het meer gepraat oor die waarskuwings om hel toe te gaan as wat HY van die skoonheid van die Hemel gepraat het. Ons almal werk ons eie verlossing uit met vrees en bewing, want ons siel weet reeds wanneer die oorlog met Lucifer in die Hemel teen YAH ons vertel was om kante te kies. Een derde van die engele is saam met Lucifer op die aarde gegooi terwyl YAHUSHUA hom met SY voet uitgeskop het. En hoe ons dit weet, is HY beskryf die val van Lucifer uit die lug.


Ek is aanhoudend vertel in 1995, waar is jou man? Hierdie bediening is ongebalanseerd. Maar vir 22 jaar, het ek voortgegaan om te doen wat YAH my gesê het om te doen. Op 7 Maart 2016 het YAHUSHUA die twee salwinge saamgebring, soos Ezra en ek vir die eerste keer gepraat het, maar ons het in e-posse geskryf, sodat ons mekaar in die gees geken het. 2 Oktober 2016, nadat YAH my van 'n verworpene van 14 jaar geskei het, het YAHUSHUA die oue uitgeskop en die nuwe ingebring. En Ezra en ek is op 2 Oktober 2016 getroud met 'n profetiese woord en ope visioen wat een dag ten volle gedeel sal word, maar ons huweliksgeloftes is onderteken en verseël deur YAHUVEH, YAHUSHUA, en IMMAYAH se seëlringe.


Ek is dae gelede 'n nuwe openbaring gegee, tydens intense gebed soos Eva uit Adam se rib gevorm is. Die rede waarom hierdie leierskap sy aan sy moet loop, nie een voet voor die ander nie, is omdat ek sy onsigbare rib is. Hy het my soveel nodig as wat ek hom nodig het. Die twee salwinge moet een wees en in alle besluite, leerstellings, moet ons in harmonie wees. Beide in die geestelike en die fisiese. Ezra is my geestelike hoof GEBED bedekking. Voorheen het ek geen gehad nie. Wat dit beteken, is dat hy in heilige tale bid en soos 'n held uit die Hemel gestuur word, laat hy geen valse profete, geen vorm van toordery, satanisme of enigiemand wat probeer om my kwaad in woord of daad aan te doen nie, selfs soos doodsvloeke na my toe kom, toe nie . Haters weet net hoe om te haat.


Ezra as die GEBED hoofbedekking, waarsku die vyande dat ek nie meer alleen is nie. Om naby my te kom en my skade aan te rig, moet hulle hom eers veg soos hy sy vrou beskerm selfs deur die salwing van YAHUSHUA en die bloed van YAHUSHUA, soos hy YAHUSHUA gehoorsaam. Hierdie aanvalle van vyande kan nie vernietig wat YAH saamgevoeg het nie. Ons twee salwinge het een geword en ons moet nooit luister na enige iemand in hierdie wêreld wat probeer om dit te verdeel nie. Enige aanvalle wat toegelaat word om deur Ezra te gaan, is omdat die Skrif sê, baie is die verdrukkinge van die regverdiges, maar EK YAHUVEH sal hulle van hulle almal red.


As my man, is hy my hoof, maar ons neem steeds besluite saam, en 'n ware heilige man is nie 'n diktator nie, maar regeer in liefde soos YAHUSHUA sê hoe die man YAHUSHUA VERTEENWOORDIG. Hy sal nooit SY BRUID slaan of haar mishandel nie, haar valslik beskuldig, haar hartseer maak of enige vyand toelaat om haar aan te val nie.


In die been van my been (‘bone of my bone’) profesie sê dit, as dit nodig is, sal hy sy lewe vir haar neerlê. Dit is wat die hoof van die vrou doen. Die vrou moet so beskermd voel, want sy weet niemand kan haar kwaad aandoen nie, en hom liefhê en waardeer, want sy weet dit is veilig, sy veg nie meer alleen nie en sy kan haar kop op sy skouer neer lê. Sy is sy onsigbare rib en hulle sal altyd saamstaan. YAHUSHUA regeer slegs SY BRUID met liefde. Enige heilige hoof GEBED bedekking van 'n man moet dieselfde doen en vertroue, liefde en lojaliteit is verpligtend.


Soos ons YAHUSHUA vertrou, so moet daardie man en vrou instaat wees om mekaar ook te vertrou. Toe Ezra en ek saam hierdie torah gedeeltes bestudeer het, is ek so geseënd omdat hy dit hardop lees, saam met die profesieë, insluitende die nuwe, en ek is instaat om hom vrae te vra, soos hy my heilige mentor en my geliefde man is. En soos ons hierdie Torah gedeelte lees, vra ek hom vrae om my te wys waar anders dit in die Nuwe Testament is en hy sal my altyd wys waar dit is. Die torah en die nuwe testament ondersteun mekaar, maar 'n uittreksel van slegs die torah gedeelte sal ook 'n getuienis wees vir YAHUSHUA, want HY is die lewende torah.


Die Jode kan nie gered word deur net die torah gedeeltes te lees nie, dit sal niemand ooit in die Hemel bring nie. Die enigste bloedversoening vir sonde was ‘n geskenk wat YAH aan die kruis gegee het, soos HY HOM toegelaat het om die geofferde lam te word, soos met pasga. Dieselfde tyd toe die paaslam op drie-uur, Israel-tyd geslag was, is dieselfde tyd wat YAHUSHUA gesterf en gesê het, ontvang my gees, dit is volbring. Dit is waarom Ezra die Heilige profesieë met die torah profete van ouds kombineer, YAH verander nooit nie. SY woorde staan soos YAHUSHUA se woord staan. En hier is net een van die Skrifte wat dit bewys: Johannes 14:6, “YAHUSHUA antwoord hom, EK is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader behalwe deur MY nie (YAHUSHUA).”


Maar elke keer as ek dit lees, kry ek 'n nuwe openbaring, soos hy hulle verbind met die torah gedeeltes. YAHUSHUA het gesê, dat ons nie meer net 'n uittreksel van SY Woord in die profesie moet plaas nie, want jy mis uit op die hele boodskap van die profesie. Daarom het ek dit verander soos HY beveel het om die hele profesieë te plaas sodat julle geseënd kan wees.


Dit is 'n verrassing wat YAHUSHUA my aangesê het om, vanaf 22 Desember 2018, bokant elke Torah gedeelte te sit. En as jy die duiwel en demone bestraf, moet jy altyd seker maak dat jy gebid het en dat jou sondes gewas is met YAHUSHUA se gestorte bloed.


Want so sê YAH, WEES ONDERDANIG (GEHOORSAAM), Ek onderwerp myself aan YAHUSHUA en ek bestraf jou satan in die naam en die bloed van YAHUSHUA!! Ek weerstaan jou satan en enige demone of aanvalle deur die gestorte bloed van YAHUSHUA en die naam van YAHUSHUA. Die gestorte bloed van YAHUSHUA staan teen jou satan, jy moet nou van my wegvlug!! Want jy het geen aanspraak op my nie!! My siel behoort aan YAHUSHUA!! Dit is nie eens myne nie! Ek praat met die demone en in die naam en die bloed van YAHUSHUA, weerstaan en bestraf ek julle in die naam van YAHUSHUA en die bloed van YAHUSHUA en alle aanloklike demone, ek beveel julle om op te hou manifesteer, om op te hou kommunikeer met my en na die plek te gaan waar YAHUSHUA julle stuur om deur die engele van die allerhoogste YAHUVEH gemartel en gepynig te word tot die tyd van julle oordeel.


Ek is die een wat Ezra geleer het hoe ek uit die hemel gehoor het om te bid teen die bose wat ons aanval, YAHUSHUA se gelowiges, dit is 'n kragtige gebed. Ek moet jou waarsku, dat as die aanval vinnig terugkom, word dit plaasvervangende demone en gevalle engele genoem wat sal probeer om jou geloof te steel deur te sê dat YAHUSHUA se gebed wat jy gebid het, geen krag gehad het nie.


Dit word geestelike oorlogvoering genoem. Jy moenie opgee nie! Daar is 'n lering dat jy net een keer satan en demone moet bestraf en hulle sal wegvlug en jou alleen los en jy word nie meer getormenteer nie. Ek, Elisheva kan bewys, dit is nie waar nie. Want het satan nie gekom om YAHUSHUA drie keer in die woestyn te versoek nie, en YAHUSHUA moes satan drie maal bestraf deur heilige Skrifte te gebruik. YAHUSHUA het op daardie stadium 40 dae gevas. So liggaamlik was sy liggaam swak, soos satan HOM bespot en gesê het om klippe in brood te verander. Want daar is geskrywe, het YAHUSHUA geantwoord, die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar deur elke woord wat uit die mond van YAH uitgaan.


En ek los jou hiermee. Bestudeer en wys jouself waardig, want daar is geskryf, dit is die gebede van die regverdiges (deur YAHUSHUA) wat baie krag het. Die gebede van die ongeregtiges is kaf in die wind, hulle word nie eers deur die Hemel gehoor nie en bring net oordeel. YAH waarsku, raak nie my gesalfde aan, en doen ook nie my profete enige skade aan nie. Net aartsengel Michael was instaat om vir satan te sê, YAH bestraf jou! Soos hulle oor Moses se liggaam gestry het. Want die heilige engele het nie die naam en die bloed van YAHUSHUA nodig om satan te bestraf nie, want hulle is sondeloos.


Enige iemand wat jou dit leer, is verkeerd, so sê YAH, en moet dit los, hulle self nederig maak en erken dat ons enigste mag oor satan deur die naam en die bloed van YAHUSHUA ha MASHIACH is. Psalm 109 praat eenvoudig van die vloeke wat YAH op die valse aanklaers van 'n ware heilige profeet van YAH sal plaas. Die afgelope tyd, is ek valslik beskuldig deur diegene wat ek gedink het my die meeste liefgehad het. Dankie vir julle gebede vir die leierskap van hierdie Bediening, my man en vir my. Toets die gees wat praat en kyk of jy 'n getuie kry van wat ek Elisheva Eliyahu geskryf het onder die salwing van die RUACH HA KODESH/IMMAYAH/SHIKNYAH GLORY/HEILIGE GEES.


En nou oor na die torah gedeeltes, PRAISE YAH!!


Shabbat Shalom en baie liefde aan almal in YAHUSHUA!



Apostel, Profeet, Elisheva Eliyahu



Eksodus 38:21 – 40:38



 *~ Eksodus Hoofstuk 38~*


21 Dit is die berekening van die koste van die Tabernakel, van die Tabernakel van die Getuienis, soos dit bereken is op bevel van Moses, deur die diens van die Leviete, onder leiding van Itamar, die seun van die priester Aäron. 


22 En Besáleël, die seun van Uri, die seun van Hur, van die stam van Juda, het alles gemaak wat YAHUVEH Moses beveel het. 


23 En saam met hom Ohóliab, die seun van Ahísamag, van die stam van Dan, ‘n ambagsman en kunstenaar en kunswewer in pers en in purperrooi en in bloedrooi stowwe en in fyn linne. 


24 Al die goud wat vir die werk gebruik is, by al die werk van die Heiligdom—die goud wat as offer aangebied was, het bedra nege en twintig talente en sewe honderd en dertig sikkels volgens die sikkel van die Heiligdom. 


25 En die silwer van die geteldes van die vergadering was honderd talente en duisend sewe honderd vyf en sewentig sikkels volgens die sikkel van die Heiligdom; 


26 ‘n beka vir elke persoon, dit is ‘n halfsikkel volgens die sikkel van die Heiligdom, van elkeen wat oorgegaan het na die geteldes, van twintig jaar oud en daarbo, naamlik ses honderd en drie duisend vyf honderd en vyftig man. 


27 En die honderd talente silwer het gedien om die voetstukke van die Heiligdom en die voetstukke van die voorhangsel te giet; honderd voetstukke vir honderd talente, ‘n talent vir ‘n voetstuk. 


28 Maar van die duisend sewe honderd vyf en sewentig sikkels het hy kramme vir die pilare gemaak, en hy het hulle toppe oorgetrek en hulle van ringe voorsien. 


29 En die koper wat as offer aangebied was, het bedra sewentig talente en twee duisend vier honderd sikkels. 


30 En hy het daaruit die voetstukke van die ingang van die Tent van Samekoms gemaak en die koperaltaar en sy kopertraliewerk en al die gereedskap van die altaar; 


31 en die voetstukke van die voorhof rondom en die voetstukke van die poort van die voorhof en al die penne van die Tabernakel, ook al die penne van die voorhof rondom.



 *~ Eksodus Hoofstuk 39~*


Hulle het ook kunstige klere van pers en purperrooi en bloedrooi stowwe gemaak om in die Heiligdom te dien. Ook het hulle die heilige klere vir Aäron gemaak soos YAHUVEH Moses beveel het. 


En hy het die skouerkleed gemaak van goud, pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne. 


En hulle het van die goud dun plate geslaan, en hy het dit in drade gesny om dit in te werk in die pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en in die fyn linne—’n kunstige werk. 


Hulle het daar skouerstukke aan gemaak wat aan mekaar vas was; aan die twee bo-ente was dit saamgevoeg. 


En die band wat daaraan was om dit vas te bind, was daarmee saam uit een stuk, van dieselfde werk, van goud, pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne, soos YAHUVEH Moses beveel het. 


Hulle het ook die oniksstene gemaak, vasgesit in kassies van goud, gegraveer soos op ‘n seëlsteen ingesny word, volgens die name van die kinders van Israel. 


En hy het hulle op die skouerstukke van die skouerkleed bevestig as gedagtenisstene aan die kinders van Israel, soos YAHUVEH Moses beveel het.

 
Hy het ook die borstas van kunstige werk gemaak soos die werk van die skouerkleed; van goud, pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne. 


Dit was vierkantig; dubbel gevou het hulle die borstas gemaak; ‘n span sy lengte en ‘n span sy breedte, dubbel gevou was dit. 


10 En hulle het daarin vier rye stene ingevul: ‘n ry met ‘n karneool, ‘n topaas en ‘n smarag was die eerste ry. 


11 En die tweede ry: ‘n karbonkel, ‘n saffier en ‘n jaspis. 


12 En die derde ry: ‘n hiasint, ‘n agaat en ‘n ametis. 


13 En die vierde ry: ‘n chrisoliet, ‘n oniks en ‘n sardoniks; hulle is in kassies van goud vasgesit by hulle invulling. 


14 En die stene was volgens die name van die kinders van Israel twaalf, volgens hulle name. Soos op ‘n seëlsteen uitgesny word, was hulle vir twaalf stamme, elkeen volgens sy naam. 


15 Hulle het ook by die borstas gedraaide kettings gemaak, soos toutjies gedraai, van suiwer goud; 


16 en hulle het twee goue kassies en twee goue ringe gemaak, en die twee ringe aan die twee bo-ente van die borstas bevestig, 


17 en hulle het die twee goue toutjies aan die twee ringe aan die bo-ente van die borstas vasgemaak. 


18 Maar die twee ander ente van die twee toutjies het hulle aan die twee kassies vasgemaak en dié dan aan die skouerstukke van die skouerkleed bevestig, aan die voorkant daarvan. 


19 Hulle het ook twee goue ringe gemaak en dié aan die twee onder-ente van die borstas bevestig, aan die kant wat teen die skouerkleed aan lê, aan die binnekant. 


20 En hulle het twee goue ringe gemaak en dié aan die twee skouerstukke van die skouerkleed bevestig, onderaan, aan die voorkant daarvan, by sy verbinding, bo die band van die skouerkleed. 


21 En hulle het die borstas, met sy ringe, aan die ringe van die skouerkleed met ‘n pers toutjie vasgebind, sodat dit bo die band van die skouerkleed sou wees en die borstas nie van die skouerkleed kon afskuiwe nie, soos YAHUVEH Moses beveel het. 


22 En hy het die mantel van die skouerkleed van wewerswerk gemaak, heeltemal van pers stof. 


23 En die opening van die mantel was in die middel daarvan soos die opening van ‘n pantser; die opening het ‘n soom rondom gehad, dat dit nie sou skeur nie. 


24 En aan die soom van die mantel het hulle granaatjies gemaak van pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne. 


25 Hulle het ook klokkies van suiwer goud gemaak en die klokkies tussen die granaatjies gesit, aan die soom van die mantel rondom, tussen die granaatjies in: 


26 ‘n klokkie en ‘n granaatjie, ‘n klokkie en ‘n granaatjie, aan die soom van die mantel rondom, vir die diens, soos YAHUVEH Moses beveel het. 


27 Hulle het ook die rokke van fyn linne gemaak, van wewerswerk, vir Aäron en sy seuns; 


28 en die tulband van fyn linne en die pronkmusse van fyn linne en die linnebroeke van fyn dubbeldraad-linne; 


29 en die gordel van fyn dubbeldraad-linne en van pers en purperrooi en bloedrooi stowwe, veelkleurige werk, soos YAHUVEH Moses beveel het. 


30 Hulle het ook die plaat van die heilige kroon van suiwer goud gemaak en daarop geskrywe met letters soos dit op ‘n seëlsteen uitgesny word: HEILIG AAN YAHUVEH. 


31 En hulle het ‘n pers toutjie daaraan vasgemaak om dit bo-op die tulband te bevestig, soos YAHUVEH Moses beveel het. 


32 So is dan al die werk aan die Tabernakel van die Tent van Samekoms voltooi; en die kinders van Israel het dit gemaak net soos YAHUVEH Moses beveel het; so het hulle dit gemaak. 


33 En hulle het die Tabernakel na Moses gebring, die Tent self met alles wat daarby behoort, sy hakies, sy style, sy dwarshoute en sy pilare en sy voetstukke, 


34 en die dekkleed van rooigeverfde ramsvelle en die dekkleed van robbevelle en die voorhangsel tot bedekking; 


35 die ark van die Getuienis met sy draaghoute en die versoendeksel; 


36 die tafel met al sy gereedskap en die toonbrode; 


37 die suiwer kandelaar met sy lampe, die lampe wat daarop gerangskik moes word, met al sy gereedskap en die olie vir die kandelaar; 


38 verder die goue altaar en die salfolie en die reukwerk van speserye en die bedekking vir die ingang van die tent; 


39 die koperaltaar en sy kopertraliewerk, sy draaghoute met al sy gereedskap, die waskom en sy voetstuk; 


40 die behangsels van die voorhof, sy pilare en sy voetstukke, en die bedekking vir die poort van die voorhof, die lyne en penne wat daarby behoort, en al die gereedskap vir die diens in die Tabernakel van die Tent van Samekoms; 


41 die kunstige klere, om in die Heiligdom te dien, die heilige klere van die priester Aäron en die klere van sy seuns, om die priesteramp te bedien. 


42 Net soos YAHUVEH Moses beveel het, so het die kinders van Israel die hele werk gemaak. 


43 En Moses het die hele werk bekyk—en hulle het dit gemaak soos YAHUVEH beveel het, so het hulle dit gemaak. Toe het Moses hulle geseën.



 *~ Eksodus Hoofstuk 40~*


Verder het YAHUVEH met Moses gespreek en gesê: 


Op die dag van die eerste maand, op die eerste van die maand, moet jy die Tabernakel van die Tent van Samekoms oprig. 


En jy moet daarin plaas die ark van die Getuienis en die ark met die voorhangsel bedek. 


Dan moet jy die tafel inbring en daarop regsit wat daarop behoort. Jy moet ook die kandelaar inbring en sy lampe opsteek. 


En jy moet die goue altaar vir die reukwerk voor die ark van die Getuienis neersit. Dan moet jy die bedekking van die ingang van die Tabernakel ophang. 


Jy moet ook die brandofferaltaar voor die ingang van die Tabernakel van die Tent van Samekoms neersit. 


En jy moet die waskom tussen die Tent van Samekoms en die altaar neersit en daar water in gooi. 


En maak die voorhof rondom, en hang die bedekking aan die poort van die voorhof op. 


Dan moet jy die salfolie neem, en jy moet die Tabernakel salf en alles wat daarin is, en dit heilig met alles wat daarby behoort; en dit sal heilig wees. 


10 Jy moet ook die brandofferaltaar salf met al sy gereedskap, en jy moet die altaar heilig, en die altaar sal hoogheilig wees. 


11 Salf dan die waskom en sy voetstuk, en heilig dit. 

12 Jy moet ook Aäron en sy seuns laat nader kom, na die ingang van die Tent van Samekoms toe, en jy moet hulle met water was. 


13 Trek Aäron dan die heilige klere aan; en salf hom en heilig hom, dat hy vir MY die priesteramp kan bedien. 


14 Jy moet ook sy seuns laat nader kom en hulle die rokke aantrek. 


15 Salf hulle dan, soos jy hulle vader gesalf het, dat hulle vir MY die priesteramp kan bedien. En hul salwing moet vir hulle ‘n ewige priesterskap in hulle geslagte wees. 


16 En Moses het gedoen net soos YAHUVEH hom beveel het; so het hy gedoen. 


17 En in die eerste maand, in die tweede jaar, op die eerste van die maand, is die Tabernakel opgerig. 


18 En Moses het die Tabernakel opgerig: hy het sy voetstukke neergesit en sy style daarop gesit en sy dwarshoute vasgemaak en sy pilare opgerig. 


19 En hy het die tentseil oor die Tabernakel gespan en die dekkleed van die tent daar bo-oor getrek, soos YAHUVEH Moses beveel het. 


20 Verder het hy die Getuienis geneem en dit in die ark neergelê en die draaghoute aan die kant van die ark ingesteek, en die versoendeksel het hy bo-op die ark gesit. 


21 Toe het hy die ark in die tabernakel gebring en die voorhangsel tot bedekking opgehang en die ark van die Getuienis bedek, soos YAHUVEH Moses beveel het. 


22 Hy het ook die tafel in die Tent van Samekoms neergesit, aan die kant van die Tabernakel, teen die noorde, buitekant die voorhangsel. 


23 En hy het die brood daarop gerangskik voor die aangesig van YAHUVEH, soos YAHUVEH Moses beveel het. 


24 Hy het ook die kandelaar in die Tent van Samekoms gesit, teenoor die tafel, aan die suidekant van die Tabernakel. 


25 En hy het die lampe opgesteek, voor die aangesig van YAHUVEH, soos YAHUVEH Moses beveel het. 


26 En hy het die goue altaar in die Tent van Samekoms neergesit, voor die voorhangsel, 


27 en reukwerk van speserye daarop aan die brand gesteek, soos YAHUVEH Moses beveel het. 


28 Hy het ook die bedekking van die ingang van die Tabernakel opgehang.

 
29 En hy het die brandofferaltaar by die ingang van die Tabernakel van die Tent van Samekoms neergesit, en hy het daarop die brandoffer en die spysoffer gebring, soos YAHUVEH Moses beveel het. 


30 Hy het ook die waskom tussen die Tent van Samekoms en die altaar gesit, en hy het daar water in gegooi om mee te was. 


31 En Moses en Aäron en sy seuns het daaruit hulle hande en voete gewas. 


32 As hulle ingaan in die Tent van Samekoms of nader kom na die altaar, het hulle hul elke keer gewas, soos YAHUVEH Moses beveel het. 


33 Hy het ook die voorhof opgerig, rondom die Tabernakel en die altaar, en die bedekking vir die poort van die voorhof opgehang. So het Moses dan die werk voltooi. 


34 Toe het die wolk die Tent van Samekoms oordek, en die heerlikheid van YAHUVEH het die Tabernakel vervul, 


35 sodat Moses nie in die Tent van Samekoms kon ingaan nie, omdat die wolk daarop gerus en die heerlikheid van YAHUVEH die Tabernakel vervul het. 


36 En as die wolk van die Tabernakel af optrek, het die kinders van Israel elke keer weggetrek op al hulle togte; 


37 maar as die wolk nie optrek nie, dan trek hulle nie weg nie, totdat dit weer optrek. 


38 Want die wolk van YAHUVEH was bedags op die Tabernakel, en vuur was snags daarin, voor die oë van die hele huis van Israel, op al hulle togte.