Shabbat Shalom!

Welkom by Ki Tisa – Wanneer Jy Neem, hierdie week se Parasha.

Eksodus 30:11 – 34:35
1 Konings 18:1 – 39
Matteus 17:1 – 13



Ek wil my geliefde man, Apostel, Profeet Ezra, wat in Israel gebore is en groot geword het, bedank. Ons is getroud op 2 Oktober 2016 en sedertdien is die torah gedeeltes by hierdie bediening gevoeg. Want hy het die belangrikheid van dit aan my gewys. My man lees die profesieë baie noukeurig om ooreen te kom met die torah gedeeltes wat op die sabbat is. Hy sal vir ure navorsing doen indien nodig. Dus wil ek net sê, dankie liefling. Jy het 'n goeie werk gedoen om hierdie profesieë met die torah gedeeltes vir hierdie sabbat oor een te stem.


Ek is 'n biologiese jood, deur moeder en vader, maar dit sal nie iemand in die hemel kry nie. Slegs deur die naam en die bloed van YAHUSHUA wat in die vlees as GOD gekom het, HY is gekruisig vir ons sondes. Bekeer jou, vra vergifnis, want as dit net vir jou was, sou HY nogsteeds gekruisig, gemartel word, as bloedversoening vir ons sondes. Niemand, behalwe HY wat perfek was, het op hierdie aarde geloop nie, en HY is uit 'n maagd gebore. Maar, dit was deur IMMAYAH die HEILIGE GEES se hande wat YAHUSHUA in Maria se baarmoeder geplaas het, sodat HY beide vlees en GOD in een sou wees.


Wanneer ons vergifnis vra en ons HOM aanvaar as die enigste verwekte SEUN van GOD YAHUVEH, is ons in die wingerdstok ingegraveer. Wat beteken, dat selfs al kom jy nie uit 'n Hebreeuse bloedlyn nie, is ons in daardie wingerdstok ingegraveer, YAHUSHUA en ons het een geword met HOM. 'n Jood. YAHUSHUA is getrou om elke sonde te vergewe, moet net nie daaroor dink nie, deur HOM te bly toets nie. Want YAHUSHUA het gesê, hoe kan jy MY Heer en Meester noem en MY nie gehoorsaam nie? Nog 'n weergawe van die bybel sê, hoekom sê jy jy is lief vir MY en jy gehoorsaam MY nie? Die gehoorsaamheid waaroor HY praat, is die Tien Gebooie, die tien wette wat Moses van die berg Sinai afgebring het en wat YAH met SY eie vurige vinger ingeskryf het.

Jy moet die bybel lees, veral die Nuwe Testament om te verstaan. Net HY het dit gedoen om ons uit die hel te hou, sodat satan nie kan sê dat hy aanspraak kan maak op ons verstand, liggaam, gees en siel nie. YAHUSHUA het meer gepraat oor die waarskuwings om hel toe te gaan as wat HY van die skoonheid van die Hemel gepraat het. Ons almal werk ons eie verlossing uit met vrees en bewing, want ons siel weet reeds wanneer die oorlog met Lucifer in die Hemel teen YAH ons vertel was om kante te kies. Een derde van die engele is saam met Lucifer op die aarde gegooi terwyl YAHUSHUA hom met SY voet uitgeskop het. En hoe ons dit weet, is HY beskryf die val van Lucifer uit die lug.


Ek is aanhoudend vertel in 1995, waar is jou man? Hierdie bediening is ongebalanseerd. Maar vir 22 jaar, het ek voortgegaan om te doen wat YAH my gesê het om te doen. Op 7 Maart 2016 het YAHUSHUA die twee salwinge saamgebring, soos Ezra en ek vir die eerste keer gepraat het, maar ons het in e-posse geskryf, sodat ons mekaar in die gees geken het. 2 Oktober 2016, nadat YAH my van 'n verworpene van 14 jaar geskei het, het YAHUSHUA die oue uitgeskop en die nuwe ingebring. En Ezra en ek is op 2 Oktober 2016 getroud met 'n profetiese woord en ope visioen wat een dag ten volle gedeel sal word, maar ons huweliksgeloftes is onderteken en verseël deur YAHUVEH, YAHUSHUA, en IMMAYAH se seëlringe.


Ek is dae gelede 'n nuwe openbaring gegee, tydens intense gebed soos Eva uit Adam se rib gevorm is. Die rede waarom hierdie leierskap sy aan sy moet loop, nie een voet voor die ander nie, is omdat ek sy onsigbare rib is. Hy het my soveel nodig as wat ek hom nodig het. Die twee salwinge moet een wees en in alle besluite, leerstellings, moet ons in harmonie wees. Beide in die geestelike en die fisiese. Ezra is my geestelike hoof GEBED bedekking. Voorheen het ek geen gehad nie. Wat dit beteken, is dat hy in heilige tale bid en soos 'n held uit die Hemel gestuur word, laat hy geen valse profete, geen vorm van toordery, satanisme of enigiemand wat probeer om my kwaad in woord of daad aan te doen nie, selfs soos doodsvloeke na my toe kom, toe nie . Haters weet net hoe om te haat.


Ezra as die GEBED hoofbedekking, waarsku die vyande dat ek nie meer alleen is nie. Om naby my te kom en my skade aan te rig, moet hulle hom eers veg soos hy sy vrou beskerm selfs deur die salwing van YAHUSHUA en die bloed van YAHUSHUA, soos hy YAHUSHUA gehoorsaam. Hierdie aanvalle van vyande kan nie vernietig wat YAH saamgevoeg het nie. Ons twee salwinge het een geword en ons moet nooit luister na enige iemand in hierdie wêreld wat probeer om dit te verdeel nie. Enige aanvalle wat toegelaat word om deur Ezra te gaan, is omdat die Skrif sê, baie is die verdrukkinge van die regverdiges, maar EK YAHUVEH sal hulle van hulle almal red.


As my man, is hy my hoof, maar ons neem steeds besluite saam, en 'n ware heilige man is nie 'n diktator nie, maar regeer in liefde soos YAHUSHUA sê hoe die man YAHUSHUA VERTEENWOORDIG. Hy sal nooit SY BRUID slaan of haar mishandel nie, haar valslik beskuldig, haar hartseer maak of enige vyand toelaat om haar aan te val nie.


In die been van my been (‘bone of my bone’) profesie sê dit, as dit nodig is, sal hy sy lewe vir haar neerlê. Dit is wat die hoof van die vrou doen. Die vrou moet so beskermd voel, want sy weet niemand kan haar kwaad aandoen nie, en hom liefhê en waardeer, want sy weet dit is veilig, sy veg nie meer alleen nie en sy kan haar kop op sy skouer neer lê. Sy is sy onsigbare rib en hulle sal altyd saamstaan. YAHUSHUA regeer slegs SY BRUID met liefde. Enige heilige hoof GEBED bedekking van 'n man moet dieselfde doen en vertroue, liefde en lojaliteit is verpligtend.


Soos ons YAHUSHUA vertrou, so moet daardie man en vrou instaat wees om mekaar ook te vertrou. Toe Ezra en ek saam hierdie torah gedeeltes bestudeer het, is ek so geseënd omdat hy dit hardop lees, saam met die profesieë, insluitende die nuwe, en ek is instaat om hom vrae te vra, soos hy my heilige mentor en my geliefde man is. En soos ons hierdie Torah gedeelte lees, vra ek hom vrae om my te wys waar anders dit in die Nuwe Testament is en hy sal my altyd wys waar dit is. Die torah en die nuwe testament ondersteun mekaar, maar 'n uittreksel van slegs die torah gedeelte sal ook 'n getuienis wees vir YAHUSHUA, want HY is die lewende torah.


Die Jode kan nie gered word deur net die torah gedeeltes te lees nie, dit sal niemand ooit in die Hemel bring nie. Die enigste bloedversoening vir sonde was ‘n geskenk wat YAH aan die kruis gegee het, soos HY HOM toegelaat het om die geofferde lam te word, soos met pasga. Dieselfde tyd toe die paaslam op drie-uur, Israel-tyd geslag was, is dieselfde tyd wat YAHUSHUA gesterf en gesê het, ontvang my gees, dit is volbring. Dit is waarom Ezra die Heilige profesieë met die torah profete van ouds kombineer, YAH verander nooit nie. SY woorde staan soos YAHUSHUA se woord staan. En hier is net een van die Skrifte wat dit bewys: Johannes 14:6, “YAHUSHUA antwoord hom, EK is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader behalwe deur MY nie (YAHUSHUA).”


Maar elke keer as ek dit lees, kry ek 'n nuwe openbaring, soos hy hulle verbind met die torah gedeeltes. YAHUSHUA het gesê, dat ons nie meer net 'n uittreksel van SY Woord in die profesie moet plaas nie, want jy mis uit op die hele boodskap van die profesie. Daarom het ek dit verander soos HY beveel het om die hele profesieë te plaas sodat julle geseënd kan wees.


Dit is 'n verrassing wat YAHUSHUA my aangesê het om, vanaf 22 Desember 2018, bokant elke Torah gedeelte te sit. En as jy die duiwel en demone bestraf, moet jy altyd seker maak dat jy gebid het en dat jou sondes gewas is met YAHUSHUA se gestorte bloed.


Want so sê YAH, WEES ONDERDANIG (GEHOORSAAM), Ek onderwerp myself aan YAHUSHUA en ek bestraf jou satan in die naam en die bloed van YAHUSHUA!! Ek weerstaan jou satan en enige demone of aanvalle deur die gestorte bloed van YAHUSHUA en die naam van YAHUSHUA. Die gestorte bloed van YAHUSHUA staan teen jou satan, jy moet nou van my wegvlug!! Want jy het geen aanspraak op my nie!! My siel behoort aan YAHUSHUA!! Dit is nie eens myne nie! Ek praat met die demone en in die naam en die bloed van YAHUSHUA, weerstaan en bestraf ek julle in die naam van YAHUSHUA en die bloed van YAHUSHUA en alle aanloklike demone, ek beveel julle om op te hou manifesteer, om op te hou kommunikeer met my en na die plek te gaan waar YAHUSHUA julle stuur om deur die engele van die allerhoogste YAHUVEH gemartel en gepynig te word tot die tyd van julle oordeel.


Ek is die een wat Ezra geleer het hoe ek uit die hemel gehoor het om te bid teen die bose wat ons aanval, YAHUSHUA se gelowiges, dit is 'n kragtige gebed. Ek moet jou waarsku, dat as die aanval vinnig terugkom, word dit plaasvervangende demone en gevalle engele genoem wat sal probeer om jou geloof te steel deur te sê dat YAHUSHUA se gebed wat jy gebid het, geen krag gehad het nie.


Dit word geestelike oorlogvoering genoem. Jy moenie opgee nie! Daar is 'n lering dat jy net een keer satan en demone moet bestraf en hulle sal wegvlug en jou alleen los en jy word nie meer getormenteer nie. Ek, Elisheva kan bewys, dit is nie waar nie. Want het satan nie gekom om YAHUSHUA drie keer in die woestyn te versoek nie, en YAHUSHUA moes satan drie maal bestraf deur heilige Skrifte te gebruik. YAHUSHUA het op daardie stadium 40 dae gevas. So liggaamlik was sy liggaam swak, soos satan HOM bespot en gesê het om klippe in brood te verander. Want daar is geskrywe, het YAHUSHUA geantwoord, die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar deur elke woord wat uit die mond van YAH uitgaan.


En ek los jou hiermee. Bestudeer en wys jouself waardig, want daar is geskryf, dit is die gebede van die regverdiges (deur YAHUSHUA) wat baie krag het. Die gebede van die ongeregtiges is kaf in die wind, hulle word nie eers deur die Hemel gehoor nie en bring net oordeel. YAH waarsku, raak nie my gesalfde aan, en doen ook nie my profete enige skade aan nie. Net aartsengel Michael was instaat om vir satan te sê, YAH bestraf jou! Soos hulle oor Moses se liggaam gestry het. Want die heilige engele het nie die naam en die bloed van YAHUSHUA nodig om satan te bestraf nie, want hulle is sondeloos.


Enige iemand wat jou dit leer, is verkeerd, so sê YAH, en moet dit los, hulle self nederig maak en erken dat ons enigste mag oor satan deur die naam en die bloed van YAHUSHUA ha MASHIACH is. Psalm 109 praat eenvoudig van die vloeke wat YAH op die valse aanklaers van 'n ware heilige profeet van YAH sal plaas. Die afgelope tyd, is ek valslik beskuldig deur diegene wat ek gedink het my die meeste liefgehad het. Dankie vir julle gebede vir die leierskap van hierdie Bediening, my man en vir my. Toets die gees wat praat en kyk of jy 'n getuie kry van wat ek Elisheva Eliyahu geskryf het onder die salwing van die RUACH HA KODESH/IMMAYAH/SHIKNYAH GLORY/HEILIGE GEES.


En nou oor na die torah gedeeltes, PRAISE YAH!!


Shabbat Shalom en baie liefde aan almal in YAHUSHUA!



Apostel, Profeet, Elisheva Eliyahu


Eksodus 30:11 – 34:35



 *~ Eksodus Hoofstuk 30~*


11 Verder het YAHUVEH met Moses gespreek en gesê:

 
12 As jy die volle getal van die kinders van Israel opneem volgens hulle geteldes, moet hulle, elkeen vir sy lewe, losgeld aan YAHUVEH gee as hulle getel word, sodat geen plaag onder hulle mag wees as hulle getel word nie. 


13 Dit moet hulle gee, elkeen wat na die geteldes oorgaan: ‘n halfsikkel volgens die sikkel van die heiligdom—die sikkel is twintig gera—’n halfsikkel as offergawe aan YAHUVEH. 


14 Elkeen wat oorgaan na die geteldes, van twintig jaar oud en daarbo, moet die offergawe van YAHUVEH gee. 


15 Die ryke moet nie meer en die arme moet nie minder as ‘n halfsikkel bring nie, as hulle die offergawe van YAHUVEH gee om vir julle siele versoening te doen. 


16 Neem dan die versoeningsgeld van die kinders van Israel en bestee dit aan die bediening van die Tent van Samekoms, dat dit die kinders van Israel in gedagtenis kan bring voor die aangesig van YAHUVEH, om vir julle siele versoening te doen. 


17 En YAHUVEH het met Moses gespreek en gesê: 


18 Jy moet ook ‘n koperwaskom maak met sy kopervoetstuk, om in te was; en sit dit tussen die tent van samekoms en die altaar, en gooi water daarin, 


19 dat Aäron en sy seuns hulle hande en hulle voete daaruit kan was.

 
20 As hulle in die tent van samekoms gaan, moet hulle hul met water was, sodat hulle nie sterwe nie; of as hulle naby die altaar kom om te dien deur ‘n vuuroffer aan YAHUVEH aan die brand te steek. 


21 Hulle moet dan hul hande en hulle voete was, sodat hulle nie sterwe nie. En dit moet vir hulle ‘n ewige insetting wees, vir hom en sy nageslag in hulle geslagte. 


22 Verder het YAHUVEH met Moses gespreek en gesê: 


23 En jy, neem vir jou van die beste speserye: vyf honderd sikkels fyn mirre en die helfte soveel geurige kaneel, twee honderd en vyftig sikkels, en twee honderd en vyftig sikkels geurige kalmoes 


24 en vyf honderd sikkels kassie, volgens die sikkel van die heiligdom, en ‘n hin olyfolie; 


25 en maak daarvan heilige salfolie, ‘n salfmengsel soos ‘n salfmenger dit maak; heilige salfolie moet dit wees. 


26 Daarmee moet jy dan die Tent van Samekoms salf en die Ark van die Getuienis 


27 en die tafel met al sy gereedskap en die kandelaar met sy gereedskap en die reukaltaar 


28 en die brandofferaltaar met al sy gereedskap en die waskom met sy voetstuk. 


29 So moet jy hulle dan heilig, dat hulle hoogheilig kan wees. Elkeen wat aan hulle raak, word heilig. 


30 Jy moet ook Aäron en sy seuns salf en hulle heilig om vir MY die priesteramp te bedien. 


31 En jy moet met die kinders van Israel spreek en sê: Dit moet vir MY ‘n heilige salfolie wees in julle geslagte. 


32 Op geen mens se liggaam mag dit uitgegiet word nie; julle mag ook, na dieselfde voorskrif, so iets nie maak nie: heilig is dit; heilig moet dit vir julle wees. 


33 Elkeen wat so iets meng of iets daarvan aan ‘n onbevoegde laat kom, moet uit sy volksgenote uitgeroei word. 


34 Verder het YAHUVEH vir Moses gesê: Neem vir jou speserye: storaksgom en naeltjies en gálbanum—speserye en ook suiwer wierook; alles in gelyke hoeveelhede, 


35 en maak daar reukwerk van, ‘n mengsel soos die salfmenger dit maak, met sout gemeng, suiwer, heilig. 


36 En vrywe ‘n gedeelte daarvan heeltemal fyn, en sit ‘n deel daarvan neer voor die Getuienis in die Tent van Samekoms, waar EK met jou sal saamkom; hoogheilig moet dit vir julle wees. 


37 En die reukwerk wat jy moet maak—na dieselfde voorskrif mag julle vir julle nie maak nie; as iets heiligs aan YAHUVEH moet dit vir jou wees. 


38 Elkeen wat so iets maak om daaraan te ruik, moet uit sy volksgenote uitgeroei word.



 *~ Eksodus Hoofstuk 31~*


Verder het YAHUVEH met Moses gespreek en gesê: 


Kyk, EK het Besáleël die seun van Uri, die seun van Hur, van die stam van Juda, by sy naam geroep; 


en EK het hom vervul met die Gees van ELOHIM, met wysheid en verstand en kennis en bekwaamheid vir allerhande werk, 


om kunstige planne uit te dink, om dit uit te voer in goud en silwer en koper, 


en deur snywerk in stene wat ingelê moet word, en deur houtsnywerk; om werksaam te wees in allerhande werk. 


En kyk, EK het hom Ohóliab bygegee, die seun van Ahísamag, van die stam van Dan. En in die hart van elkeen wat kunsvaardig is, het EK wysheid gegee, dat hulle alles wat EK jou beveel het, kan maak: 


die Tent van Samekoms en die Ark van die Getuienis en die versoendeksel wat daarop moet wees, en alles wat behoort by die tent, 


en die tafel met sy gereedskap en die suiwer kandelaar met al sy gereedskap en die reukaltaar; 


ook die brandofferaltaar met al sy gereedskap en die waskom met sy voetstuk 


10 en die kunstige klere en die heilige klere van die priester Aäron en die klere van sy seuns, om die priesteramp te bedien; 


11 ook die salfolie en die reukwerk van speserye vir die heiligdom—net soos EK jou beveel het, moet hulle dit maak. 


12 Verder het YAHUVEH met Moses gespreek en gesê: 


13 Spreek jy met die kinders van Israel en sê: Julle moet sekerlik MY Sabbatte onderhou, want dit is ‘n teken tussen MY en julle in julle geslagte, sodat die mense kan weet dat EK YAHUVEH is wat julle heilig. 


14 Onderhou dan die Sabbat, want dit moet vir julle heilig wees. Hy wat dit ontheilig, moet sekerlik gedood word; want elkeen wat daarop werk verrig, dié siel moet uitgeroei word onder sy volksgenote uit.

 
15 Ses dae lank kan werk verrig word, maar op die sewende dag moet dit wees ‘n dag van volkome rus, heilig aan YAHUVEH. Elkeen wat op die Sabbatdag werk doen, moet sekerlik gedood word. 


16 En die kinders van Israel moet die Sabbat onderhou deur die Sabbat te vier in hulle geslagte as ‘n ewige verbond. 


17 Tussen MY en die kinders van Israel is dit vir ewig ‘n teken; want in ses dae het YAHUVEH die hemel en die aarde gemaak, maar op die sewende dag het HY gerus en HOM verkwik. 


18 En HY het aan Moses, toe HY geëindig het om met hom te spreek op die berg Sinai, die twee tafels van die Getuienis gegee, tafels van klip, beskrywe met die vinger van ELOHIM.



 *~ Eksodus Hoofstuk 32~*


Toe die volk sien dat Moses vertoef om van die berg af te kom, het die volk rondom Aäron versamel en vir hom gesê: Kom, maak vir ons gode wat voor ons uit trek; want hierdie Moses, die man wat ons uit Egipteland laat optrek het, ons weet nie wat van hom geword het nie. 


En Aäron sê vir hulle: Ruk die goue ringe af wat aan die ore van julle vroue, julle seuns en julle dogters is, en bring dit vir my. 


Toe het die hele volk die goue ringe afgeruk wat aan hulle ore was, en dit na Aäron gebring. 


En hy het dit uit hulle hand geneem en dit met die beitel bewerk en daar ‘n gegote kalf van gemaak. Daarop sê hulle: Dit is jou gode, o Israel, wat jou uit Egipteland laat optrek het. 


Toe Aäron dit sien, het hy daarvoor ‘n altaar gebou. En Aäron het uitgeroep en gesê: Môre is daar fees tot eer van YAHUVEH. 


En hulle het die ander dag vroeg klaargemaak en brandoffers geoffer en dankoffers aangebring; daarop het die volk gaan sit om te eet en te drink, en hulle het opgestaan om te speel. 


Toe sê YAHUVEH vir Moses: Gaan heen, klim af, want jou volk wat jy uit Egipteland laat optrek het, het verderflik gehandel. 


En hulle het gou van die weg afgewyk wat EK hulle beveel het. Hulle het vir hulle ‘n gegote kalf gemaak en daarvoor neergebuig en daaraan geoffer en gesê: Dit is jou gode, o Israel, wat jou uit Egipteland laat optrek het. 


Verder het YAHUVEH vir Moses gesê: EK het hierdie volk gesien, en kyk, dit is ‘n hardnekkige volk. 


10 Laat MY dan nou begaan, dat MY toorn teen hulle ontvlam en EK hulle verteer. Dan sal EK jou tot ‘n groot nasie maak. 


11 Maar Moses het YAHUVEH sy ELOHIM om genade gesmeek en gesê: Waarom, o YAHUVEH, sou U toorn ontvlam teen U volk wat U met grote krag en met ‘n sterke hand uit Egipteland uitgelei het? 


12 Waarom sou die Egiptenaars spreek en sê: In kwaadwilligheid het HY hulle uitgelei om hulle in die berge om te bring en hulle van die aardbodem af te vernietig? Wend U af van die gloed van U toorn, en laat dit U berou oor die onheil van U volk. 


13 Gedenk aan Abraham, Isak en Israel, u knegte, vir wie U by Uself gesweer en aan wie U gesê het: EK sal julle nageslag vermenigvuldig soos die sterre van die hemel, en hierdie hele land waarvan EK gespreek het, sal EK aan julle nageslag gee, dat hulle dit vir ewig kan beërwe. 


14 Toe het dit YAHUVEH berou oor die onheil wat HY gesê het dat HY SY volk sou aandoen. 


15 En Moses het omgedraai en van die berg afgeklim, met die twee tafels van die Getuienis in sy hand, tafels wat op altwee kante beskrywe was; hulle was op die een en op die ander kant beskrywe. 


16 En die tafels was die werk van ELOHIM. Die skrif was ook die skrif van ELOHIM, in die tafels gegraveer. 


17 En toe Josua die stem van die volk hoor hoe hulle juig, sê hy aan Moses: Daar is oorlogsgeraas in die laer. 


18 Maar hy antwoord: Dit is nie die geluid van die wat sing van oorwinning nie; dit is ook nie die geluid van die wat sing van neerlaag nie: ek hoor die geluid van beurtgesang. 


19 En toe hy naby die laer kom en die kalf en koordanse sien, het die toorn van Moses ontvlam, en hy het die tafels uit sy hande gegooi en hulle onder aan die berg verbrysel. 


20 En hy het die kalf geneem wat hulle gemaak het, en dit in die vuur verbrand en dit fyn gemaal. Toe het hy dit op die water gestrooi en die kinders van Israel dit laat drink. 


21 En Moses het vir Aäron gesê: Wat het hierdie volk jou gedoen, dat jy so ‘n groot sonde oor hulle gebring het? 


22 Toe antwoord Aäron: Laat die toorn van my heer nie ontvlam nie. U self ken die volk, dat hulle deur en deur sleg is.


23 Hulle het dan aan my gesê: Maak vir ons gode wat voor ons uit trek, want hierdie Moses, die man wat ons uit Egipteland laat optrek het, ons weet nie wat van hom geword het nie. 


24 Daarop het ek hulle geantwoord: Wie goud het, laat dié dit afruk! En hulle het dit aan my gegee. En ek het dit in die vuur gegooi, en hierdie kalf het daaruit gekom. 


25 Toe Moses sien dat die volk bandeloos was—want Aäron het hulle bandeloos laat word tot leedvermaak onder hulle teëstanders— 


26 het Moses in die poort van die laer gaan staan en gesê: Wie vír YAHUVEH is, kom na my toe! Toe het al die seuns van Levi by hom versamel. 


27 En hy het vir hulle gesê: So spreek YAHUVEH, die ELOHIM van Israel: Laat elkeen sy swaard aangord aan sy heup. Gaan heen en weer van poort tot poort in die laer, en laat elkeen sy broer en elkeen sy vriend en elkeen sy naaste doodmaak. 


28 En die seuns van Levi het gehandel volgens die woord van Moses, en daar het van die volk op dié dag omtrent drie duisend man geval. 


29 Toe het Moses gesê: Vul vandag julle hand om te offer aan YAHUVEH—want elkeen is teen sy seun en teen sy broer—sodat HY vandag ‘n seën oor julle kan gee. 


30 En die volgende dag het Moses aan die volk gesê: Júlle het ‘n groot sonde begaan; maar nou sal ek na YAHUVEH opklim: miskien kan ek vir julle sonde versoening doen. 


31 En Moses het na YAHUVEH teruggegaan en gesê: Ag, hierdie volk het ‘n groot sonde begaan en vir hulle goue gode gemaak. 


32 Nou dan, as U tog maar hulle sonde wou vergewe! En so nie, delg my dan maar uit U boek wat U geskryf het! 


33 Toe het YAHUVEH Moses geantwoord: Wie teen MY gesondig het, dié sal EK uitdelg uit MY boek. 


34 Maar gaan nou en lei die volk waarheen EK jou gesê het. Kyk, MY Boodskapper sal voor jou uit gaan. Maar die dag as Ek besoeking doen, dan sal EK hulle sonde oor hulle besoek. 


35 So het YAHUVEH dan die volk getref, omdat hulle die kalf gemaak het wat Aäron vervaardig het.



 *~ Eksodus Hoofstuk 33~*


Verder het YAHUVEH met Moses gespreek: Gaan heen, trek hiervandaan op, jy en die volk wat jy uit Egipteland laat optrek het, na die land wat EK met ‘n eed aan Abraham, Isak en Jakob beloof het, met die woorde: Aan jou nageslag sal EK dit gee; 


en EK sal MY Boodskapper voor jou uit stuur—en die Kanaäniete, Amoriete, Hetiete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete verdrywe— 


na ‘n land wat oorloop van melk en heuning; want EK sal in jou midde nie optrek nie, omdat jy ‘n hardnekkige volk is; anders sal jy op die weg verteer word. 


Toe die volk hierdie onheilspellende woord hoor, het hulle getreur; en niemand het sy versiersels aangesit nie. 


YAHUVEH het naamlik met Moses gespreek: Sê aan die kinders van Israel: Julle is ‘n hardnekkige volk; as EK vir een oomblik in jou midde sou optrek, sou EK jou vernietig. Maar haal nou jou versiersels van jou af, dan sal EK weet wat EK met jou moet doen. 


Toe het die kinders van Israel hulleself beroof van hul versiersels, van die berg Horeb af. 


En Moses het elke keer ‘n tent geneem en dit vir hom buitekant die laer opgeslaan, ver van die laer af; en hy het dit genoem die Tent van Samekoms. En elkeen wat YAHUVEH wou raadpleeg, het uitgegaan na die Tent van Samekoms wat buitekant die laer was. 


En as Moses uitgaan na die Tent, staan die hele volk op en gaan elkeen aan die ingang van sy tent staan. Dan kyk hulle Moses agterna tot hy in die Tent ingegaan het. 


En as Moses in die Tent ingaan, kom die wolkkolom af en gaan by die ingang van die Tent staan, en dan spreek HY met Moses. 


10 En as die hele volk die wolkkolom sien staan by die ingang van die Tent, staan die hele volk op en buig, elkeen aan die ingang van sy tent. 


11 Dan spreek YAHUVEH met Moses van aangesig tot aangesig soos ‘n man met sy vriend spreek. Daarna gaan hy na die laer terug; maar sy dienaar Josua, ‘n jongman, die seun van Nun, het hom nie uit die Tent verwyder nie. 


12 Toe het Moses met YAHUVEH gespreek: U sê nou wel aan my: Ek moet hierdie volk laat optrek, maar U laat my nie weet wie U saam met my sal stuur nie, hoewel U gesê het: EK ken jou by die naam, en jy het ook genade in MY oë gevind. 


13 As ek dan nou genade in U oë gevind het, maak my dan tog U weë bekend, dat ek U kan ken; sodat ek genade in U oë kan vind. En bedink tog dat hierdie nasie U volk is. 


14 En HY antwoord: Moet EK Self meegaan om jou die rusplek te verskaf? 


15 Toe sê hy vir HOM: As U nie Self meegaan nie, laat ons dan nie hiervandaan optrek nie. 


16 Want waaraan sou dan bekend word dat ek genade in U oë gevind het, ek en U volk? Is dit nie daaraan dat U met ons saamtrek nie? So sal ons, ek en U volk, onderskeie wees van elke volk wat op die aarde is. 


17 Toe sê YAHUVEH aan Moses: Ook hierdie versoek wat jy uitgespreek het, daaraan sal EK voldoen; want jy het genade gevind in MY oë, en EK ken jou by die naam. 


18 Daarop vra hy: Laat my tog U heerlikheid sien. 


19 Maar HY antwoord: EK sal al MY Majesteit by jou laat verbygaan en voor jou die Naam van YAHUVEH uitroep; maar EK sal genadig wees vir wie EK genadig wil wees, en MY ontferm oor wie EK MY wil ontferm. 


20 Verder het HY gesê: Jy kan MY aangesig nie sien nie, want geen mens kan MY sien en bly lewe nie. 


21 Ook het YAHUVEH gesê: Kyk, hier is ‘n plek by MY waar jy op die rots kan gaan staan. 


22 En as MY Heerlikheid verbygaan, sal EK jou in die skeur van die rots stel en jou met MY Hand oordek totdat EK verbygegaan het. 


23 En as EK MY Hand wegneem, sal jy MY van agter sien; maar MY aangesig kan nie gesien word nie.



 *~ Eksodus Hoofstuk 34~*


Toe het YAHUVEH aan Moses gesê: Kap vir jou twee kliptafels soos die eerstes; dan sal EK op die tafels die woorde skrywe wat op die eerste tafels was, wat jy verbrysel het. 


En hou jou gereed teen die môre, en klim in die môre op die berg Sinai en gaan daar staan by MY op die top van die berg. 


Maar niemand mag saam met jou opklim nie; laat daar ook niemand op die hele berg gesien word nie; laat ook geen kleinvee of beeste teen hierdie berg wei nie. 


Toe het hy twee kliptafels gekap soos die eerstes, en Moses het die môre vroeg klaargemaak en op die berg Sinai geklim, soos YAHUVEH hom beveel het, en die twee kliptafels in sy hand geneem. 


En YAHUVEH het neergedaal in die wolk en daar by hom gestaan. En HY het die Naam van YAHUVEH uitgeroep. 


En toe YAHUVEH by hom verbygaan, het HY geroep: YAHUVEH, YAHUVEH, barmhartige en genadige EL, lankmoedig en groot van goedertierenheid en trou; 


wat die goedertierenheid bewaar vir duisende, wat ongeregtigheid en oortreding en sonde vergewe, maar nooit ongestraf laat bly nie; wat die ongeregtigheid van die vaders besoek aan die kinders en aan die kindskinders, aan die derde en aan die vierde geslag. 


Toe het Moses hom gou na die aarde toe gebuig en neergeval 


en gesê: YAHUVEH, as ek genade in U oë gevind het, laat dan tog YAHUVEH in ons midde trek; want dit is ‘n hardnekkige volk; maar vergewe ons ongeregtigheid en ons sonde, en neem ons aan as ‘n erfdeel. 


10 Toe antwoord HY: Kyk, EK sluit ‘n verbond; voor jou hele volk sal EK wonders doen soos daar op die hele aarde en onder al die nasies nie geskape is nie, sodat die hele volk onder wie jy is, die werk van YAHUVEH kan sien. Want verskriklik is dit wat EK aan jou gaan doen. 


11 Onderhou wat EK jou vandag beveel. Kyk, EK verdrywe voor jou uit die Amoriete, Kanaäniete, Hetiete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete. 


12 Neem jou in ag dat jy geen verbond sluit met die inwoner van die land waarin jy kom nie; sodat hy nie miskien ‘n strik by jou word nie. 


13 Maar hulle altare moet julle omgooi en hulle klippilare verbrysel en hulle heilige boomstamme afkap. 


14 Want jy mag jou nie neerbuig voor ‘n ander god nie; want YAHUVEH se Naam is Jaloers—’n jaloerse EL is HY. 


15 Sluit tog nie ‘n verbond met die inwoner van die land nie! As hulle agter hulle gode aan hoereer en aan hulle gode offer, sal hy jou uitnooi, en jy sal van sy offer eet; 


16 en jy sal van sy dogters neem vir jou seuns, en sy dogters sal agter hulle gode aan hoereer en jou seuns agter hulle gode aan laat hoereer. 


17 Jy mag vir jou geen gegote gode maak nie. 


18 Die fees van die ongesuurde brode moet jy hou; sewe dae lank moet jy ongesuurde brode eet soos EK jou beveel het, op die bepaalde tyd in die maand Abib; want in die maand Abib het jy uit Egipte uitgetrek. 


19 Alles wat die moederskoot open, is MYNE; ook al jou vee wat manlik is, die eerstelinge van beeste en kleinvee. 


20 Maar die eersteling van ‘n esel moet jy met ‘n lam loskoop; en as jy dit nie loskoop nie, moet jy sy nek breek. Al jou eersgebore seuns moet jy loskoop, en niemand mag met leë hande voor MY aangesig verskyn nie. 


21 Ses dae moet jy arbei, maar op die sewende dag moet jy rus. In die ploegtyd en in die oestyd moet jy rus. 


22 Die fees van die weke moet jy ook hou, die fees van die eerstelinge van die koring-oes; en die fees van die insameling by die wisseling van die jaar. 


23 Al jou manspersone moet drie maal in die jaar voor die aangesig van die MEESTER YAHUVEH, die ELOHIM van Israel, verskyn. 


24 Want EK sal nasies voor jou uitdrywe en jou grondgebied uitbrei, sodat niemand jou land sal begeer nie terwyl jy opgaan om te verskyn voor die aangesig van YAHUVEH jou ELOHIM, drie maal in die jaar. 


25 Jy mag die bloed van MY offer nie saam met gesuurde brood slag nie, en die offer van die paasfees mag nie tot die môre toe oorbly nie. 


26 Die beste van die eerstelinge van jou grond moet jy in die huis van YAHUVEH jou ELOHIM bring. Jy mag die bokkie nie kook in sy moeder se melk nie. 


27 Verder het YAHUVEH vir Moses gesê: Skrywe vir jou hierdie woorde op, want volgens hierdie woorde het EK ‘n verbond gesluit met jou en met Israel. 


28 En hy was daar by YAHUVEH veertig dae en veertig nagte; hy het geen brood geëet en geen water gedrink nie. En HY het op die tafels die woorde van die verbond, die Tien Woorde, geskrywe. 


29 En toe Moses van die berg Sinai afdaal—die twee tafels van die Getuienis was in die hand van Moses toe hy van die berg afdaal het Moses nie geweet dat die vel van sy gesig blink omdat hy met HOM gespreek het nie. 


30 En toe Aäron en al die kinders van Israel Moses sien, het die vel van sy gesig geblink! Daarom was hulle bevrees om naby hom te kom. 


31 Maar Moses het hulle geroep, en Aäron en al die owerstes in die vergadering het na hom teruggekom; en Moses het met hulle gespreek. 


32 En daarna het al die kinders van Israel nader gekom, en hy het hulle alles beveel wat YAHUVEH met hom gespreek het op die berg Sinai. 


33 Toe Moses klaar met hulle gespreek het, het hy ‘n sluier oor sy gesig getrek. 


34 Maar as Moses voor die aangesig van YAHUVEH kom om met HOM te spreek, neem hy die sluier weg, totdat hy uitgaan. As hy dan uitgaan en aan die kinders van Israel meedeel wat hom beveel is, 


35 sien die kinders van Israel die gesig van Moses, dat die vel van Moses se gesig blink; daarop trek Moses dan weer die sluier oor sy gesig, totdat hy ingaan om met HOM te spreek.