Shabbat Shalom!

Welkom by Emor, Spreek, hierdie week se Parasha.

Levitikus 21:1 – 24:23;
Esegiël 44:15 – 31;
Jakobus 1:1 – 18;



AMIGHTYWIND YAHUSHUA’S New Blood Covenant Prophecies


YAHUVEH se Waarskuwing wat voor elke Profesie bygevoeg moet word.

EK het jou lank gelede gewaarsku Elisabeth (Elisheva),

om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie,

selfs nog voordat daar ‘n Bediening was, het EK dit in jou gees geplaas. 

Want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie,

Niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie.

Dit is uit die mond van YAHUVEH geboorte gegee.

Dit is uit die mond van YAHUSHUA,

jou MASHIACH geboorte gegee.

Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH,

jou IMMAYAH geboorte gegee.

As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het.

Dit is deur die SHKHINYAH GLORIE se WIND

wat oor hierdie aarde waai, die HEILIGE WIND VAN HERLEWING.

Dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk het.

EK IS YAHUVEH, dit is MY NAAM;

en MY EER sal EK aan geen ander gee,

of ook MY LOF aan die gesnede beelde nie. Jesaja 42:8


17 Mei 2019


Torah Gedeelte: Priesters Sal Geoordeel Word Deur ‘n Strenger Standaard As Ander

PROFESIE 111 EK, YAHUSHUA MASHIACH Vergun Julle ‘N HEILIGE Egskeidingsgebod, Vir Diegene Wat Dit Nodig Het.

Geliefde Seun (of Dogter), EK sien jy vergelyk jou huwelik met ‘n vrou (of man) en merk die tyd af soos ‘n gevangene in die tronk in die dodesel.  Jy maak MY meer hartseer as wat jy besef.  Jy vrees om jou huweliksbeloftes te verbreek en dink egskeiding is nie toelaatbaar nie, maar hierdie huwelik was nie deur MY georden nie, dit was eerder deur beide van julle georden. 

Jy het hierdie vrou (of man) gekies en MY gevra om dit wat EK nie saamgevoeg het nie, te seën.  Dit was slegs ‘n kwessie van tyd voordat beide van julle julle keuses berou het en besef het hierdie illusie van ‘n huwelik is soos die lot van die skip titanic, dit het uitgedraai as nog een van satan se wrede grappe.

Wees bly MY Seun (of Dogter) en weet dit, EK IS YAHUSHUA MASHIACH, EK is jou EWIGE ROTS (ROCK OF AGES), jou anker en EK sal jou nooit begewe of verlaat nie. EK sal jou nooit laat gaan nie!

n Man (of vrou) in die dodesel (death row) kan vrygestel word deur die ondertekening van ‘n kwytskelding deur ‘n persoon of outoriteit.  Daar is geen hoër mag as “EK IS” nie, so, deur die Outoriteit van die Hemel teken EK hierdie egskeidingsbevel met MY Heilige Gestorte Bloed.  EK, YAHUSHUA jou HEER/GOD/MASHIACH skeld jou nou vry!  Onthou, EK het jou lewe in oorvloed en vol van MY Heerlikheid belowe en EK het gekom om die gevangenes vry te maak!

Nou, al wat EK van jou vra is om wettige aksie agter MY woorde te sit.  Maak dit daardeur wettig in die oë van die wêreld en bely hierdie sonde, laat dit nie weer gebeur nie.  Hou aan om jou oë op MY te vestig en wees ‘n gelowige waterwandelaar en onthou wat gebeur as jy jou oë op die moeilike stormagtige water in ‘n see van depressie en hopeloosheid hou.  Jy sal verdrink as jy nie jou oë op MY hou nie.

EK het nou die skille van jou oë verwyder en jou dowe ore geopen sodat jy eenvoudig kan sien en hoor dat die vrou (of man) met wie jy ongelukkig getroud is, deur jou eie wellustige toedoen was.  Julle is geestelik op verskeie maniere ongelyk gekoppel.  Julle geeste en persoonlikhede komplimenteer nie mekaar nie, maak nie saak hoe hard julle probeer nie.  Dit is alles ‘n skyn en ‘n leuen.  Dit is soos om te probeer om asyn en olie te meng, maak nie saak hoe hard julle probeer nie, dit sal altyd aan die einde skei.  Moenie hierna kyk as nog ‘n mislukking nie, besef eerder EK seën jou met nog ‘n nuwe heilige begin.

Die belangrikste ding wat albei van julle in gemeen het is gebreekte stukke van versplinterde harte, gewoel en pyn.  Want beide van julle het ‘n illusie gehad dat dit ‘n gelukkige huwelik sou wees en julle sou nooit weer misluk nie.  Beide van julle het gedink julle ken mekaar en nou hou nie een van julle van die gees wat julle in die ander waarneem nie.  Hierdie huwelik het nie uitgedraai soos wat beide gedink het dit sou wees nie. Seun of Dogter, dit is omdat dit nie in die Hemel georden is en as ‘n seën deur die HEILIGE DRIE-EENHEID beveel was nie.  Daarom, deur MY Naam, YAHUSHUA MASHIACH jou HEER, GOD en VERLOSSER, neem EK nou MY bloed en smeer dit aan daardie mensgemaakte huweliksertifikaat en EK sê wie EK, YAHUSHUA ha MASHIACH vrygemaak het, is waarlik vry.  EK vergun jou nou hierdie HEILIGE Egskeidingsbevel!




Gespreek onder die Salwing van die RUACH HA KODESH

Deur Apostel Profeet Elisheva Eliyahu 22 Mei 2009

Torah Gedeelte: Ons Gedrag Moet ‘n Voorbeeld Wees Van Ons Verhouding Met YAH

Profesie 110, MY Skape Moenie Julle Kwel of Bekommer Nie, Want EK Dryf die Wolwe Weg!

Skree dit hard genoeg sodat elkeen eenvoudig die oorwinning kan sien wat hierdie Bediening vir 14 jaar op die internet gehad het. Plaas in groot letters die datum 10 April vir dit wat die vyand gesê het vernietig sou word in Indiana, die plek van die geboortepyne van hierdie Bediening. Op 10 April 2009 het dit nie net gelewe nie maar wêreldwyd gefloreer en 21 jaar oud geword. Dit is geen man of vrou se oorwinning nie maar dit is julle ABBA se oorwinning, julle YAHUSHUA se oorwinning, julle geliefde RUACH ha KODESH se oorwinning, julle IMMAYAH.


So, EK wil nie hê dat iemand hierna moet soek nie. EK wil dit reg in die vyande se gesig hê, want dit is ‘n dag van groot oorwinning. Elisabeth, hoe yl gesaai was die vroue Profete toe EK jou op hierdie internet gesit het. Jy het die pad gebaan en EK gebruik jou om te doen wat nooit tevore gedoen was nie, want jy Profeteer in Heilige Tale. Jy kan nie eers die impak begryp wat dit op die vyand het terwyl dit oor die luggolwe na die vier uithoeke van die aarde gedra word nie. Jou stem, vol van MY salwing, vol van MY krag, word nie net gestoor in gedrukte vorm nie, nie net op rekenaars en cd’s nie maar op ipods, op bandopnemers want dit word nie net geskryf nie, dit word gespreek.


So hierdie dag is nie net op aarde gevier nie, maar dit is ook in die Hemel gevier. Nie net jou fisiese geboorte nie maar die geboorte van die Bediening op die internet en op 10 April, 21 jare getel soos die mens se tyd. Eendag in die Hemel, en dit is nie meer ver nie, sal almal wat jou gehelp het, die resultate sien van die getrouheid van een nietige, nietige klein saadjie wat klein begin het. EK gebruik dit nie net nou nie, maar dit sal selfs in die Groot Verdrukking gebruik word en MY waarhede sal aanhou om die mensdom vry te maak as hulle glo.


Elisabeth, jy weet hoekom die vyand altyd wou hê jy moes doodgaan en as dit nie deur satan se hande was nie, was dit deur jou eie hand wat jy probeer het. (Lees Elisabeth se Getuienis). Maar deur die Naam en die Bloed van YAHUSHUA jou MASHIACH het nie net jy die oorwinning nie maar almal wie luister en glo.


Dit was alles deel van MY goeie plan toe EK die ander gebring het, want die las het te swaar geword vir Elisabeth om te dra en as EK nie het nie, sou sy langal tou opgegooi het. (Lees die opgedateerde weergawe- Don't Give Up And Quit). EK het nie daar gestop nie, EK het haar gebruik om geboorte te gee aan YAHUSHUA se demon Stompers (YDS) en selfs daarmee het sy ‘n prys gehad om te betaal voordat EK die Heilige Engele op haar pad gestuur het. (Read about Elisabeth's healing by touching Archangel's Michael's wing). Nou staan hulle (YDS) teen die magte van die bose wanneer hulle intree en hulle bid elke dag vir ten minste ‘n uur op ‘n keer. Hierdie is spesiale Heilige Gesalfde Gebedsvegters en hulle seëninge sal groot, groot, groot wees solank as wat hulle getrou bly aan MY.


Elisabeth: Dankie ABBA.


So, EK plaas julle in ‘n huis met ‘n weiveld langsaan waar skape rondloop om julle daaraan te herinner dat EK, YAHUSHUA julle Goeie Herder is en soos EK voorsien, onthou altyd , soos daardie skape langs julle geen bekommernis of kwelling het nie, hulle vertrou die boer om hulle na groen weivelde te lei, so het EK julle ook na die groen weiveld gelei. EK beskerm julle. EK slaan die wolwe af of enigeen wat probeer om julle skade te berokken. Soos daardie skape geen bekommernis het nie en die lammers geen bekommernis het nie, so sal julle wat in daardie huis woon en hulle wie deel van julle is, geen gekommernis hê nie. Dit is hier MY Geliefdes, wat EK julle siele verkwik wanneer julle neerlê in MY groen weivelde en nie afdwaal om julle eie te soek nie.


EK praat met almal wie MY, YAHUSHUA toelaat om julle MASHIACH te wees, om julle Goeie Herder te wees. EK sal diegene beskerm wie MYNE is. Aan hulle wie hierdie Bediening as ‘n seën beskou uit MY eie hand, die spykerdeurdronge hande van julle YAHUSHUA, sal oorvloedige wonderwerke van MY ontvang. As hulle die woorde glo wat EK voortgespreek het en hulle was nie skaam nie en hulle berispe enige teenwerping. Hulle berispe die leuens. Hulle staan sterk in wat hulle glo en hulle voer oorlog teen satan die vyand en sy diensknegte wat gestuur word.


Enigeen wat hierdie Bediening onheilig noem, die ware gees wat binne-in is, is blootgestel en hulle is nie van MY nie. Ja, EK sê, die Heilige Gees is nie in hulle nie, want julle kan nie dit wat heilig is, dit wat net die standaard van heiligheid oplig, wat mense waarsku om te berou voor dit te laat is, die Name van julle ABBA YAHUVEH, MY, YAHUSHUA julle MASHIACH en die Kosbare RUACH ha KODESH oplig, enigeen wie dit as boos etiketteer, sê EK waarlik, hulle het gelaster en hulle moet eerder in angs bewe want EK het elke woord gehoor wat hulle gespreek het. En op die oordeelsdag sal hulle woorde weer gespreek word en hulle sal hulle hoof in skaamte laat sak en as hulle kon sou hulle dit weer op ‘n ander manier wou doen.


Maar onthou MY Kinders, EK het dit nie verniet “Die Laaste Kans Bediening” (The Last Change Ministry) geëtiketeer nie. Enigeen wie hierdie Bediening gekontak het, het van aangesig tot aangesig gekom met YAHUVEH en wat hulle aan julle doen word gedoen asof aan HOM. Want geen man of vrou ontvang die eer vir hierdie Bediening nie, alle Lof, Eer en Glorie aan dit wat julle die Heilige Drie-eenheid noem.


So dit is op hierdie dag en dit is op 5 April die herdenking van die eerste keer, Elisabeth wat EK vir jou gesê het, jy is MY “Ringmaiden” en EK gebruik die woorde wat deur jou gespreek is om hierdie wêreld te bereik, aan hulle wie wil luister en ja, EK sê, selfs hulle wie geforseer is om te luister en aan hulle wie sal luister.


EK wil hê dat hierdie herdenking op 10 April 2009 ver en wyd uitgeroep moet word, 21 soos die mens die jare tel en hierdie Bediening is nogsteeds hier en dit is vir YAHUVEH se Lof, Eer en Glorie wat EK dit spreek.




Gespreek onder die Salwing van die RUACH HA KODESH

Deur Apostel Profeet Elisheva Eliyahu 10 April 2009


Torah Gedeelte: YAH Se Plan Word Ontbloot In SY Vasgestelde Ontmoeting Tye

PROFESIE 15 DIT IS EEN MINUUT VOOR MIDDERNAG, YAHUSHUA KOM IN DIE MIDDERNAG UUR!

So Spreek YAHUVEH, tensy hierdie nasie hulself voor MY en die ganse Hemel en aarde verootmoedig, sal hierdie nasie, Amerika, wat afgesonder is om aan MY Lof, Eer en Glorie te bring, nooit weer 'n oorlog wen nie. Dit is tot dusver slegs deur MY Genade, dat hierdie nasie vry is. Maar nou het jou leiers agter ander gode aan begin hoereer, hulle wie hulself MYNE noem, maar alles wat Heilig is bespot. Hulle lieg nie eers soos die bose Farao gedoen het nie.

Julle staatshoof, julle president, swaai alles wat Heilig is, selfs die heiligheid van die huwelik, in MY gesig en lei die nasie in 'n oorlog wat EK nie uitgeroep het nie, maar wat EK wel sal toelaat, want die leiers het nie MY wysheid, raad of leiding gevra nie. Hulle bespot MY met die Hooggeregshof. Hierdie nasie sê "God Bless America". EK sal, as Amerika maar net weer 'n seën vir MY sal wees.

Jy is 'n doring in MY vlees, Amerika. EK is hewig vererg, want EK sien wat in die skole onderrig word terwyl julle kinders in die hole van die antichris sit terwyl evolusie geleer word en nie skepping nie. Terwyl een leuen na die ander die goeie uitvee en verkrag wat die ouers hulle kinders in die weg van heiligheid geleer het. Julle kinders lê nakend en verkrag. Tog doen julle weinig om hulle te beskerm. Ja, EK praat met MY Kinders, nie met die heidene wat nie van beter weet nie. Julle kinders word 'n woordeskat gevoer waaruit MY NAAM verwyder is en slegs as 'n vloekwoord gebruik word. Hulle word onheiligheid geleer en opstandigheid teen alles wat Heilig is.

Hoekom staan MY Kinders en toekyk en bly stil? Musiek wat geskape is vir skoonheid en vir genesing vir die siel en vir lof en aanbidding tot MY, word nou deur die hel en satan gebruik om MY Kinders weg te lei van Heiligheid af en plaas instede daarvan die geeste van onheiligheid in hulle. Luister julle na julle kinders se musiek? Dink julle regtig dit is onskadelik? Hulle word gedemoniseer deur musiek. Julle het nie julle kinders beskerm nie; geweld en opstandigheid word daagliks in julle kinders gehamer.

Gee julle aandag aan die speletjies? Dit is uitvindsels uit die Hel. Gee julle aandag aan die televisieprogramme waarna hulle kyk? Die gruwelflieks waaraan hulle aandag gee wat net hulle harte verhard teenoor moord en geweld. Totdat satan hulle uiteindelik 'n regte moord op die nuus laat sien en dan sê hulle, 'wat daarvan, dis nie so erg nie'. Rebellie teen die ouers en die wette in Amerika sê dit is verkeerd om jou kind 'n loesing te gee.

Satan is besig om dit nou aan te hits deur kindersmishandeling wat in die minderheid is te vat en te sê, "Pasop, dit sal kindersmishandelaars vorm as julle jul kinders pakgee." Lees MY Woord wat nie kan lieg nie. Julle kinders is nie in rebellie as gevolg van dissipline nie, maar as gevolg van gebrek aan dissipline. EK het die agterstewes nie net geskape om op te sit nie, maar ook om pak te gee. Die regering probeer om julle kinders op te voed. Hulle doen dit alreeds en julle besef nie wat aan die gebeur is nie. Selfs die skole leer hulle om hul reëls te gehoorsaam, nie YAHUVEH se reëls nie. Respekteer die regering en die wette van hierdie land, anders sal julle gestraf word, word algemeen in Amerika verkondig. Maar met dieselfde stem word gesê, "Rebelleer teen Heiligheid". Jong meisies het regte om aborsies te ondergaan sonder die ouer se wete. Die state het julle regte weggeneem.

Kondome word aan kinders gegee en daar word aan hulle gesê, gaan voort, 'julle kan maar seks hê sonder nagevolge, ons sal nie vir julle ouers vertel nie'. Wette word uitgevaardig wat rebellie aanmoedig teen wat EK geleer het. Selfs julle president bespot MY Tien Gebooie. Maar gee die mense om? Hulle gee slegs om hoe dit hulle affekteer. MY pastore is bang om te praat want hulle kan nie bekostig om hulle belastingstatus te verloor nie. EK sal julle wys wie om te vrees, want julle sal julle belastingstatus verloor.

Julle kyk neer op pastore wat EK geroep het, soos hierdie een aan wie EK nou hierdie profesie gee. Julle bespot haar, want sy gebruik haar eie geld saam met ander wat liefdesoffers of tiendes gee, maar het nooit self 'n salaris geneem nie. Maar sy sal 'n salaris hê, en MY ander predikers wie die bedienings uit hul eie sakke ondersteun, wat nooit neem nie, maar slegs aan ander gee. Hulle sal die seëninge ontvang, want MY Woord sê, "Die rykdom van die bose word opgegaar vir die regverdiges."

EK sal hulle seën wie dit waag om in MY NAAM op te staan en die wolwe in skaapsklere bestraf. Alhoewel hulle vlees ineenkrimp, juig die RUACH ha KODESH, want hulle gehoorsaam MY en nie 'n mens nie. Julle pastore wie die luukse motors bestuur wat met die gemeente se geld gekoop is wat veronderstel was om MY Heilige tiendes te wees. Julle pastore wat in weelderige paleise, geskik vir 'n koning woon wat met MY tiendes gespandeer is. Julle pastore vir wie die regering op die rug klop, wie die waarheid verkoop het vir leuens. Sien julle nie dat julle omgekoop is om stil te bly nie anders sal julle jul belastingvrystellingstatus verloor nie?

Julle sál julle belastingvrystellingstatus verloor en die finansiële seëninge van bo sal inderdaad ook tot 'n einde kom. Julle is gewaarsku. Diegene vir wie julle nou bespot sal sien hoe julle voor die wêreld verneder word as julle nie vandag berou toon nie. Gee terug vir MY die tiendes en offergawes wat gesteel is en wat julle opgegaar het vir beter dae. Wanneer julle dit hoor, sal julle MY beskuldigings herken en weet vir wie hierdie woord is. Julle staan voor MY en die wysers van die horlosie staan op een minuut voor middernag. Julle maak MY siek omdat Heiligheid op julle televisieprogramme bespot word. Julle kinders word geleer dat homoseksualiteit net 'n ander lewenswyse is. Clinton gaan dit wetttig verklaar dat daar nie teen homoseksualiste gediskrimineer mag word nie, of dit 'n pastoor of 'n onderwyser is.

Wees gereed, die aanval van demoniese geïnspireerde wette is aan die kom. Maar hulle wie MYNE is, julle sal weet wat om te sê en julle sal dit hierdie keer doen. Die President en leiers van hierdie land is besig om MY verterende gramskap te ervaar omdat hulle hierdie nasie mislei. Moenie mislei word nie, EK is 'n jaloerse GOD. Wraak kom MY toe, sê YAHUVEH. BEROU, dit is een minuut voor middernag. Dan sal dit weer wees soos wat dit in die ou tyd was, Eksodus 11:4. Soos EK MY Seun gestuur het om julle te red, soos wat EK Moses gestuur het om vir Farao te waarsku, so stuur EK nou hierdie Profeet vooruit om julle te waarsku, om die Bruid te bemoedig. Dit is een minuut voor middernag. Wat gaan julle doen? EK het vooruit gespreek deur hierdie Diensmaagd, Profeet Sherrie Elijah, om julle te waarsku.

EK spreek hierdie waarskuwing vooruit aan diegene wie beweer dat hulle leiers van hierdie land is. LAAT MY MENSE GAAN sodat hulle Heilig voor MY kan lewe. Laat hulle MY aanbid en alles waarvoor EK staan. Los MY Kinders alleen. Hou op om hulle te vervolg. Die vloeke van Deuteronómium is vir die ongehoorsames gereserveer. Eksodus 11:4 sal weereens julle vonnis wees. Draai weereens terug na die GOD van julle voorvaders. Draai terug, leiers van hierdie nasie en word RUACH ha KODESH (Heilige Gees) gevulde leiers van hierdie nasie. Bestraf die sonde en straf onheiligheid anders sal die lot van Farao julle lot wees. LAAT MY MENSE GAAN, so spreek YAHUVEH.

EK gaan weereens bewys dat EK nie 'n GOD is wat bespot of geïgnoreer kan word nie. Amerika wees gereed, wêreld wees gereed en vyande van die Evangelie van YAHUSHUA ha MASHIACH wees gereed. Hulle wie nie MYNE is nie, sal 'n skeiding sien tussen hulle wie MY aanbid en hulle wie MY en alles wat Heilig is, haat. Julle sal sien hoe EK die heidene gaan straf en met julle oë sien op watter manier EK die Heiliges beskerm en die onheiliges straf en almal wat sonde vryspreek. Al julle rykdomme sal nie in staat wees om te stop wat Almagtige GOD YAHUVEH gaan doen nie.

Onthou julle die plaag van die rotte wat op die Withuis toegesak het? Omdat EK MY Profete gestuur het en julle wou nie luister nie. EK het MY Profesieë gestuur en julle het dit verbrand. SPOTTEND! Dit sal selfs erger wees as voorheen. Toon berou voordat dit te laat is. Dit is een minuut voor middernag. Daar is nog tyd voordat EK MY Kinders huistoe neem saam met MY en hierdie nasie sal op hul tande kners weens pyn want hulle het dit durf waag om die groot GOD YAHUVEH en YAHUSHUA te bespot. Teen Middernag sal MY toorn val. Julle weet nie watter middernag EK vir YAHUSHUA, MY Geliefde Seun, stuur nie. Wees gereed Bruid, julle seëninge is aan die kom.


Gespreek onder die Salwing van die RUACH HA KODESH

Deur Apostel Profeet Elisheva Eliyahu 02/02/1998


Shabbat Shalom van AMIGHTYWIND!


Reddings Gebed



Levitikus 21:1 – 24:23


 *~ Levitikus Hoofstuk 21~*


1 Verder het YAHUVEH vir Moses gesê: Spreek met die priesters, die seuns van Aäron, en sê vir hulle: Aan ‘n dooie moet ‘n priester hom nie verontreinig onder sy volksgenote nie;

2 behalwe aan sy bloedverwant, sy nabestaande: aan sy moeder en sy vader en sy seun en sy dogter en sy broer;

3 en aan sy suster wat jongmeisie is, sy nabestaande, wat nie aan ‘n man toebehoort het nie aan haar mag hy hom verontreinig.

4 Hy mag hom as getroude man nie verontreinig onder sy volksgenote om hom te ontheilig nie.

5 Hulle mag op hul hoof geen kaalte maak en die rand van hulle baard nie wegskeer en in hulle vlees geen insnyding maak nie.

6 Heilig moet hulle aan hulle ELOHIM wees en die Naam van hulle ELOHIM nie ontheilig nie; want hulle offer die vuuroffers van YAHUVEH, die spys van hulle ELOHIM; daarom moet hulle heilig wees.

7 Hulle mag geen vrou neem wat ‘n hoer of ‘n onteerde is nie; en ‘n vrou wat deur haar man verstoot is, mag hulle nie neem nie; want hy is heilig aan sy ELOHIM.

8 Daarom moet jy hom heilig hou, omdat hy die spys van jou ELOHIM offer. Hy moet vir jou heilig wees, want heilig is EK, YAHUVEH wat julle heilig.

9 En as die dogter van ‘n priester haar ontheilig om te hoereer, ontheilig sy haar vader; met vuur moet sy verbrand word.

10 En die priester wat die hoogste onder sy broers is, op wie se hoof die salfolie uitgegiet is en wat as priester aangestel is om die klere aan te trek hy mag sy hare nie laat loshang en geen skeure in sy klere maak nie.

11 En hy mag by geen dooie kom nie, selfs aan sy vader en moeder hom nie verontreinig nie;

12 en hy mag uit die heiligdom nie uitgaan nie, sodat hy die heiligdom van sy ELOHIM nie ontheilig nie, want die wyding van die salfolie van sy ELOHIM is op hom. EK is YAHUVEH.

13 En hy moet ‘n vrou in haar maagdelike staat neem.

14 ‘n Weduwee of een wat verstoot is of ‘n onteerde, of ‘n hoer hulle moet hy nie neem nie; maar ‘n jongmeisie uit sy volksgenote moet hy as vrou neem,

15 dat hy nie sy kroos onder sy volksgenote ontheilig nie; want EK is YAHUVEH wat hom heilig.

16 Verder het YAHUVEH met Moses gespreek en gesê:

17 Spreek met Aäron en sê: Niemand uit jou nakomelinge, in hulle geslagte, aan wie ‘n liggaamsgebrek is, mag nader kom om die spys van sy ELOHIM te offer nie.

18 Want niemand aan wie ‘n liggaamsgebrek is, mag nader kom nie: ‘n blinde of ‘n lamme of een wat in die gesig vermink is of iemand by wie ‘n liggaamsdeel te lank is,


19 of iemand wat ‘n been of ‘n arm gebreek het,

20 of wat ‘n boggel het of uitgeteer is of ‘n vlek in sy oog het of aan skurfte of uitslag ly of ‘n gebreklike skaamdeel het.

21 Geen man uit die nageslag van Aäron, die priester, aan wie ‘n liggaamsgebrek is, mag nader kom om die vuuroffers van YAHUVEH te offer nie. ‘n Liggaamsgebrek is aan hom; hy mag nie nader kom om die spys van sy ELOHIM te offer nie.

22 Wat die spys van sy ELOHIM aangaan, hy mag van die hoogheilige en heilige gawes eet;

23 maar hy mag nie na die voorhangsel gaan en na die altaar nie nader kom nie, omdat ‘n liggaamsgebrek aan hom is, dat hy my heiligdomme nie ontheilig nie; want EK is YAHUVEH wat hulle heilig.

24 En Moses het dit aan Aäron en sy seuns gesê en aan al die kinders van Israel.



*~ Levitikus Hoofstuk 22~*


1 Verder het YAHUVEH met Moses gespreek en gesê:

2 Spreek met Aäron en sy seuns dat hulle versigtig moet wees met die heilige gawes van die kinders van Israel wat hulle aan MY heilig sodat hulle my heilige Naam nie ontheilig nie. EK is YAHUVEH.

3 Sê vir hulle: Enigeen in julle geslagte wat uit al julle nakomelinge na die heilige gawes aankom wat die kinders van Israel aan YAHUVEH heilig, terwyl sy onreinheid op hom is, dié siel moet uitgeroei word van MY aangesig af weg. EK is YAHUVEH.


4 Niemand uit die nageslag van Aäron wat melaats is of ‘n vloeiing het, mag van die heilige gawes eet voordat hy rein is nie. En hy wat aan iemand raak wat deur ‘n lyk onrein is, of van wie ‘n saadvloeiing uitgaan,

5 of iemand wat aan enige kruipende ongedierte raak, waardeur hy onrein word, of aan ‘n mens, deur wie hy onrein word ten gevolge van watter onreinheid ook al

6 die persoon wat aan so iets raak, sal tot die aand toe onrein wees, en hy mag van die heilige gawes nie eet nie tensy dat hy sy liggaam in die water gebad het.

7 Maar as die son onder is, sal hy rein wees; en daarna kan hy van die heilige gawes eet, want dit is sy voedsel.

8 Aas of iets wat verskeur is, mag hy nie eet, sodat hy daardeur nie onrein word nie. EK is YAHUVEH.

9 Hulle moet dan MY ordening onderhou, dat hulle weens die heilige gawes geen sonde op hulle laai en daardeur sterwe nie, omdat hulle dit ontheilig het. EK is YAHUVEH wat hulle heilig.

10 Ook mag geen onbevoegde eet wat heilig is nie. ‘n Bywoner van ‘n priester en ‘n dagloner mag nie eet wat heilig is nie.

11 Maar as ‘n priester iemand met sy geld koop, mag dié daarvan eet, en die wat in sy huis gebore is; húlle mag van sy voedsel eet.

12 Maar as die dogter van ‘n priester aan ‘n vreemde behoort, mag sy van die offergawe van die heilige gawes nie eet nie.

13 Maar as die dogter van ‘n priester weduwee is of verstoot word en sy kinderloos is en in die huis van haar vader terugkom soos in haar jeug, dan mag sy van die voedsel van haar vader eet; maar geen onbevoegde mag daarvan eet nie.

14 En as iemand by vergissing iets eet wat heilig is, moet hy die vyfde deel daarvan byvoeg, en só wat heilig is, aan die priester teruggee.

15 So moet hulle dan die heilige gawes wat die kinders van Israel aan YAHUVEH afgee, nie ontheilig

16 en op húlle geen strafbare skuld laai deurdat húlle die heilige gawes sou eet nie; want EK is YAHUVEH wat hulle heilig.

17 Verder het YAHUVEH met Moses gespreek en gesê:

18 Spreek met Aäron en sy seuns en met al die kinders van Israel en sê vir hulle: Enigeen uit die huis van Israel of uit die vreemdelinge in Israel wat sy offer bring volgens al hulle geloftes en al hulle vrywillige offers wat hulle aan YAHUVEH as brandoffer bring

19 moet dit so bring, dat julle welgevalle vind: ‘n dier van die manlike geslag sonder gebrek, van die beeste, die lammers of die bokke.

20 Julle mag nie iets bring waar ‘n liggaamsgebrek aan is nie, want dit sal julle nie ten goede kom nie.

21 En as iemand ‘n dankoffer aan YAHUVEH offer om ‘n besondere gelofte te volbring of as vrywillige offer, van die beeste of die kleinvee, dan moet dit sonder gebrek wees, sodat dit welgevallig kan wees; geen liggaamsgebrek mag daaraan wees nie.

22 Wat blind is of wat gebreekte of verminkte liggaamsdele het of swere of skurfte of uitslag dit moet julle aan YAHUVEH nie bring nie, en daarvan mag julle vir YAHUVEH geen vuuroffer op die altaar lê nie.

23 Maar ‘n bees of stuk kleinvee waarvan ‘n liggaamsdeel te lank of te kort is, mag jy as vrywillige offer berei; maar as gelofte offer sal dit nie met welgevalle aangeneem word nie.

24 ‘n Dier wat ontman is deur vrywe of stamp, deur uitskeur of uitsny, mag julle aan YAHUVEH nie bring nie: in julle land mag julle dit nie doen nie,

25 en uit die hand van ‘n uitlander mag julle van al hierdie diere aan julle ELOHIM geen spys bring nie, want hulle verminking is aan hulle, ‘n liggaamsgebrek is aan hulle: hulle sal vir julle nie met welgevalle aangeneem word nie.

26 Verder het YAHUVEH met Moses gespreek en gesê:

27 As ‘n bees of ‘n lam of ‘n bok aankom, moet dit sewe dae lank onder sy moeder bly; maar van die agtste dag af en verder sal dit met welgevalle aangeneem word as ‘n vuuroffergawe aan YAHUVEH.

28 ‘n Bees of stuk kleinvee mag julle ook nie saam met sy kleintjie op een dag slag nie.

29 En as julle ‘n lofoffer aan YAHUVEH bring, moet julle dit so offer, dat julle welgevalle kan vind.

30 Op dieselfde dag moet dit geëet word. Julle moet daarvan niks laat oorbly tot die môre toe nie. EK is YAHUVEH.

31 Hou dan MY gebooie en doen dit. EK is YAHUVEH.

32 En ontheilig MY heilige Naam nie, sodat EK geheilig kan word onder die kinders van Israel. EK is YAHUVEH wat julle heilig,

33 wat julle uit Egipteland uitgelei het om vir julle ‘n ELOHIM te wees. EK is YAHUVEH.



*~ Levitikus Hoofstuk 23~*


1 Verder het YAHUVEH met Moses gespreek en gesê:

2 Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: Die feestye van YAHUVEH wat julle moet uitroep as heilige samekomste dit is my feestye.

3 Ses dae lank kan werk gedoen word, maar op die sewende dag is dit ‘n dag van volkome rus, ‘n heilige vierdag; géén werk mag julle doen nie dit is ‘n Sabbat van YAHUVEH in al julle woonplekke.

4 Dit is die feestye van YAHUVEH, die heilige vierdae wat julle moet uitroep op hulle bepaalde tyd.

5 In die eerste maand, op die veertiende van die maand, teen die aand, is die Pasga van YAHUVEH;

6 en op die vyftiende dag van hierdie maand is die Fees van die Ongesuurde brode van YAHUVEH; sewe dae lank moet julle ongesuurde brode eet.

7 Op die eerste dag moet daar vir julle ‘n heilige vierdag wees; géén beroepswerk mag julle doen nie.

8 Maar julle moet sewe dae lank aan YAHUVEH ‘n vuuroffer bring. Op die sewende dag moet daar ‘n heilige vierdag wees; géén beroepswerk mag julle doen nie.

9 En YAHUVEH het met Moses gespreek en gesê:

10 Spreek met die kinders van Israel en sê aan hulle: As julle in die land kom wat EK julle gee en sy opbrings oes, moet julle die eerstelingsgerf van julle oes na die priester bring.

11 En hy moet die gerf voor die aangesig van YAHUVEH beweeg, sodat julle welgevallig kan wees; die dag ná die Sabbat moet die priester dit beweeg.

12 Julle moet ook op die dag as julle die gerf beweeg, ‘n jaaroud lam sonder gebrek as brandoffer aan YAHUVEH berei,

13 en die spysoffer wat daarby behoort, twee tiendes van ‘n efa fynmeel met olie gemeng as vuuroffer aan YAHUVEH, ‘n lieflike geur, en daarby die drankoffer van wyn, ‘n kwart hin.

14 En julle mag geen brood of gebraaide koring of vars graan eet tot daardie selfde dag toe nie, totdat julle die offer van julle ELOHIM bring. Dit is ‘n ewige insetting vir julle geslagte in al julle woonplekke.

15 Dan moet julle tel van die dag ná die Sabbat, van die dag af as julle die beweegoffergerf bring sewe volle weke moet dit wees;

16 tot die dag ná die sewende Sabbat moet julle vyftig dae tel; dan moet julle ‘n nuwe spysoffer aan YAHUVEH bring.

17 Julle moet uit jul woonplekke twee beweegbrode bring; dit moet van twee tiendes van ‘n efa fynmeel wees; gesuurd moet dit gebak word as eerstelinge aan YAHUVEH.

18 Julle moet ook by die brood sewe jaaroud lammers sonder gebrek en een jong bul en twee ramme bring. Hulle moet ‘n brandoffer aan YAHUVEH wees saam met die spysoffer en die drankoffers wat daarby behoort as vuuroffer van lieflike geur aan YAHUVEH.

19 En julle moet een bokram as sondoffer berei. Ook twee jaaroud lammers as dankoffer,

20 en die priester moet hulle saam met die eerstelingsbrood as beweegoffer voor die aangesig van YAHUVEH beweeg saam met die twee lammers; dié moet aan YAHUVEH heilig wees, ten voordele van die priester.

21 En julle moet op daardie selfde dag uitroep: ‘n heilige vierdag moet dit vir julle wees; géén beroepswerk mag julle doen nie. Dit is ‘n ewige insetting in al julle woonplekke vir julle geslagte.

22 En as julle die opbrings van jul land oes, moet jy die kant van jou land as jy oes nie heeltemal afoes en die are wat val, nie versamel nie. Vir die arme en die vreemdeling moet jy dit laat oorbly. EK is YAHUVEH julle ELOHIM.

23 En YAHUVEH het met Moses gespreek en gesê:

24 Spreek met die kinders van Israel en sê: In die sewende maand, op die eerste van die maand, moet dit vir julle ‘n rusdag wees, ‘n gedenkdag deur basuingeklank, ‘n heilige vierdag.

25 Géén beroepswerk mag julle doen nie; maar julle moet aan YAHUVEH ‘n vuuroffer bring.

26 Verder het YAHUVEH met Moses gespreek en gesê:

27 Maar op die tiende van hierdie sewende maand is dit die versoendag. ‘n Heilige vierdag moet dit vir julle wees; dan moet julle jul verootmoedig en aan YAHUVEH ‘n vuuroffer bring.

28 En op daardie selfde dag mag julle géén werk doen nie, want dit is ‘n versoendag om vir julle versoening te doen voor die aangesig van YAHUVEH julle ELOHIM.

29 Want elkeen wat hom op daardie selfde dag nie verootmoedig nie, moet uit sy volksgenote uitgeroei word.

30 Ook elkeen wat op daardie selfde dag enige werk doen, dié siel sal EK uitroei onder sy volk uit.

31 Julle mag géén werk doen nie; dit is ‘n ewige insetting vir julle geslagte in al julle woonplekke.

32 ‘n Dag van volkome rus moet dit vir julle wees, en julle moet jul verootmoedig. Op die negende van die maand in die aand, van aand tot aand, moet julle jul Sabbat hou.

33 En YAHUVEH het met Moses gespreek en gesê:

34 Spreek met die kinders van Israel en sê: Op die vyftiende dag van hierdie sewende maand is dit sewe dae lank die Huttefees vir YAHUVEH.

35 Op die eerste dag moet daar ‘n heilige vierdag wees; géén beroepswerk mag julle doen nie.

36 Sewe dae lank moet julle aan YAHUVEH ‘n vuuroffer bring. Op die agtste dag moet daar vir julle ‘n heilige vierdag wees, en julle moet aan YAHUVEH ‘n vuuroffer bring. Dit is ‘n feestyd; julle mag geen beroepswerk doen nie.

37 Dit is die feestye van YAHUVEH wat julle moet uitroep as heilige vierdae om aan YAHUVEH ‘n vuuroffer te bring: ‘n brandoffer en spysoffer, ‘n slagoffer en drankoffers soos vir elke dag voorgeskrywe;

38 behalwe die sabbatte van YAHUVEH en behalwe julle gawes en behalwe al julle geloftes en behalwe al julle vrywillige offers wat julle aan YAHUVEH gee.

39 Maar op die vyftiende dag van die sewende maand, as julle die opbrings van die land insamel, moet julle die fees van YAHUVEH sewe dae lank vier; op die eerste dag is dit rusdag, en op die agtste dag is dit rusdag.

40 En op die eerste dag moet julle vir julle vrugte neem van sierlike bome, met palmtakke en takke van digte bome en rivierwilgers, en sewe dae lank voor die aangesig van YAHUVEH julle ELOHIM vrolik wees.

41 En julle moet dit as fees van YAHUVEH sewe dae in die jaar vier. Dit is ‘n ewige insetting vir julle geslagte. In die sewende maand moet julle dit vier.

42 Sewe dae lank moet julle in hutte woon; almal wat in Israel gebore is, moet in hutte woon,

43 sodat julle geslagte kan weet dat EK die kinders van Israel in hutte laat woon het toe EK hulle uit Egipteland uitgelei het. EK is YAHUVEH julle ELOHIM.

44 So het Moses dan die feestye van YAHUVEH aan die kinders van Israel bekend gemaak.


*~ Levitikus Hoofstuk 24~*


1 En YAHUVEH het met Moses gespreek en gesê:

2 Gee bevel aan die kinders van Israel dat hulle vir jou suiwer, uitgestampte olyfolie vir die kandelaar moet bring, om gedurigdeur ‘n brandende lamp te hê.

3 Aäron moet dit buitekant die voorhangsel van die Getuienis, in die tent van samekoms, regmaak om te brand van die aand tot die môre voor die aangesig van YAHUVEH, gedurigdeur. Dit is ‘n ewige insetting vir julle geslagte.

4 Hy moet op die rein kandelaar die lampe regmaak om te brand voor die aangesig van YAHUVEH, gedurigdeur.

5 Jy moet ook fynmeel neem en twaalf koeke daarvan bak, twee tiendes van ‘n efa moet elke koek wees;

6 en jy moet hulle in twee stapels neersit, ses in ‘n stapel, op die rein tafel voor die aangesig van YAHUVEH.

7 En by elke stapel moet jy suiwer wierook byvoeg, wat vir die brood as gedenkoffer moet dien, as vuuroffer aan YAHUVEH.

8 Op elke sabbatdag moet hy dit gedurigdeur voor die aangesig van YAHUVEH regsit, van die kant van die kinders van Israel as ‘n ewige insetting.

9 En dit moet aan Aäron en sy seuns toekom: hulle moet dit in ‘n heilige plek eet; want as iets hoogheiligs behoort dit aan hom uit die vuuroffers van YAHUVEH ‘n ewige insetting.

10 En die seun van ‘n Israelitiese vrou maar hy was die seun van ‘n Egiptiese man het uitgegaan tussen die kinders van Israel in; en die seun van die Israelitiese vrou en ‘n Israelitiese man het met mekaar geveg in die laer.

11 Toe het die seun van die Israelitiese vrou die NAAM gelaster en gevloek. Daarom het hulle hom na Moses gebring. En die naam van sy moeder was Sélomit, die dogter van Dibri, van die stam van Dan.

12 En hulle het hom in die gevangenis gesit, dat hulle ‘n beslissing kon verkry volgens die uitspraak van YAHUVEH.

13 En YAHUVEH het met Moses gespreek en gesê:

14 Bring die vloeker buitekant die laer uit, en almal wat dit gehoor het, moet hulle hande op sy hoof lê; dan moet die hele vergadering hom stenig.

15 En met die kinders van Israel moet jy spreek en sê: As iemand sy ELOHIM vloek, sal hy sy sonde dra.

16 En wie die Naam van YAHUVEH laster, moet sekerlik gedood word; die hele vergadering moet hom sekerlik stenig. Die vreemdeling net soos die kind van die land as hy die NAAM laster, moet hy gedood word.

17 En as iemand enige mens doodslaan, moet hy sekerlik gedood word.

18 Maar hy wat ‘n stuk vee doodslaan, moet daar vergoeding voor gee; lewe vir lewe.

19 En as iemand aan sy naaste ‘n liggaamsgebrek toebring soos hy gedoen het, net so moet ook aan hom gedoen word:

20 breuk vir breuk, oog vir oog, tand vir tand dieselfde liggaamsgebrek wat hy aan ‘n mens toebring, moet ook aan hom toegebring word.

21 Hy dan wat ‘n stuk vee doodslaan, moet daar vergoeding voor gee; maar hy wat ‘n mens doodslaan, moet gedood word.

22 Net een wet moet daar vir julle wees die vreemdeling moet soos die kind van die land wees; want EK is YAHUVEH julle ELOHIM.

23 Moses het toe met die kinders van Israel gespreek, en hulle het die vloeker buitekant die laer uitgebring en hom gestenig. En die kinders van Israel het gedoen soos YAHUVEH Moses beveel het.


Esegiël 44:15 – 31


*~Esegiël Hoofstuk 44~*


15 Maar die Levitiese priesters, die kinders van Sadok, wat die diens van MY heiligdom waargeneem het toe die kinders van Israel van MY af weggedwaal het, hulle moet na MY toe nader kom om MY te dien en voor my aangesig staan om aan MY die vet en die bloed te offer, spreek Adonai YAHUVEH.


16 Hulle moet in MY heiligdom ingaan, en hulle moet na MY tafel toe nader kom om MY te dien en MY diens waarneem.


17 En as hulle na die poorte van die binneste voorhof ingaan, moet hulle linneklere aantrek; maar wol mag op hulle nie kom as hulle dien in die poorte van die binneste voorhof en daar binnekant nie.


18 Linne-hoofversiersels moet op hulle hoof wees en linnebroeke moet aan hulle heupe wees; hulle mag hul nie gord met iets wat laat sweet nie.


19 En as hulle uitgaan na die buitenste voorhof, na die buitenste voorhof na die volk toe, moet hulle hul klere uittrek waar hulle in gedien het, en dit neersit in die heilige kamers, en hulle moet ander klere aantrek, sodat hulle die volk nie heilig maak met hul klere nie.


20 En hulle moet hul hoof nie kaal skeer of die hare lank laat groei nie; behoorlik moet hulle hul hoofde skeer.


21 Ook mag geen priester wyn drink as hy in die binneste voorhof ingaan nie.


22 Ook mag hulle geen weduwee of een wat verstoot is, vir hulle as vrou neem nie; maar jongmeisies uit die geslag van die huis van Israel of ‘n weduwee wat deur ‘n priester as weduwee agtergelaat is, mag hulle neem.


23 En hulle moet MY volk die onderskeid leer tussen wat heilig en onheilig is, en hulle bekend maak die onderskeid tussen wat onrein en rein is.


24 En oor ‘n regsaak moet hulle optree om reg te spreek, volgens MY verordeninge moet hulle dit uitoefen; en hulle moet MY wette en MY insettinge hou op al MY feestye en MY sabbatte heilig.

25 En hy mag by ‘n lyk nie kom, sodat hy onrein word nie; net maar aan ‘n vader of ‘n moeder of ‘n seun of ‘n dogter, aan ‘n broer of ‘n suster wat nie aan ‘n man toebehoort nie, mag hulle hul verontreinig.


26 En ná sy reiniging moet hulle vir hom sewe dae tel.


27 En op die dag as hy in die heiligdom ingaan, in die binneste voorhof, om in die heiligdom te dien, moet hy sy sondoffer bring, spreek Adonai YAHUVEH.


28 En dit sal vir hulle ‘n erfdeel wees: EK is hulle erfdeel; en julle mag aan hulle geen besitting in Israel gee nie: EK is hulle besitting.


29 Die spysoffer en die sondoffer en die skuldoffer, dié moet hulle eet; en alles wat in Israel onder die ban is, moet vir hulle wees.


30 En die beste van al die eerstelinge van alles en elke offergawe van alles, van al julle offergawes, moet vir die priesters wees; ook moet julle die eerstelinge van julle growwe meel aan die priester gee, om ‘n seën op jou huis te laat rus.


31 Geen aas of iets wat verskeur is, van voëls of van vee, mag die priesters eet nie.


Jakobus 1:1 – 18


*~Jakobus Hoofstuk 1~*


1 Jakobus, ‘n dienskneg van ELOHIM en Meester YAHUSHUA Messias, aan die twaalf stamme wat in die verstrooiing is: Groete!

2 Ag dit louter vreugde, my broeders, wanneer julle in allerhande versoekinge val,

3 omdat julle weet dat die beproewing van julle geloof lydsaamheid bewerk.

4 Maar die lydsaamheid moet tot volle verwerkliking kom, sodat julle volmaak en sonder gebrek kan wees en in niks kortkom nie.

5 En as iemand van julle wysheid kortkom, laat hom dit van ELOHIM bid, wat aan almal eenvoudig gee sonder om te verwyt, en dit sal aan hom gegee word.

6 Maar hy moet in die geloof bid, sonder om te twyfel; want hy wat twyfel, is soos ‘n golf van die see wat deur die wind gedrywe en voortgesweep word.

7 Want dié mens moenie dink dat hy iets van YAHUVEH sal ontvang nie—

8 so ‘n dubbelhartige man, onbestendig in al sy weë.

9 Maar laat die broeder wat gering is, roem in sy hoogheid,

10 en die ryke in sy geringheid, want soos ‘n blom van die gras sal hy verbygaan.

11 Want die son gaan op met sy hitte en laat die gras verdor, en sy blom val af, en die sierlikheid van sy gedaante vergaan; so sal die ryke ook in sy weë verwelk.

12 Salig is die man wat versoeking verdra, want as hy die toets deurstaan het, sal hy die kroon van die lewe ontvang wat YAHUVEH beloof het aan die wat HOM liefhet.

13 Laat niemand, as hy in versoeking kom, sê: Ek word deur ELOHIM versoek nie. Want ELOHIM kan deur die kwaad nie versoek word nie, en self versoek HY niemand nie.

14 Maar elkeen word versoek as hy deur sy eie begeerlikheid weggesleep en verlok word.

15 Daarna, as die begeerlikheid ontvang het, baar dit sonde; en as die sonde tot volle ontwikkeling gekom het, bring dit die dood voort.

16 Moenie dwaal nie, my geliefde broeders.

17 Elke goeie gif en elke volmaakte gawe daal van bo af neer, van die Vader van die ligte, by wie daar geen verandering of skaduwee van omkering is nie.

18 Volgens SY wil het HY ons voortgebring deur die Woord van die waarheid, sodat ons as eerstelinge van SY skepsele kan wees.