Shabbat Shalom!

Welkom by BO – Kom, hierdie week se Parasha.

Eksodus 10:1 – 13:16
Jeremia 46:13 – 28
Openbaring 9:1 – 21



Ek wil my geliefde man, Apostel, Profeet Ezra, wat in Israel gebore is en groot geword het, bedank. Ons is getroud op 2 Oktober 2016 en sedertdien is die torah gedeeltes by hierdie bediening gevoeg. Want hy het die belangrikheid van dit aan my gewys. My man lees die profesieë baie noukeurig om ooreen te kom met die torah gedeeltes wat op die sabbat is. Hy sal vir ure navorsing doen indien nodig. Dus wil ek net sê, dankie liefling. Jy het 'n goeie werk gedoen om hierdie profesieë met die torah gedeeltes vir hierdie sabbat oor een te stem.


Ek is 'n biologiese jood, deur moeder en vader, maar dit sal nie iemand in die hemel kry nie. Slegs deur die naam en die bloed van YAHUSHUA wat in die vlees as GOD gekom het, HY is gekruisig vir ons sondes. Bekeer jou, vra vergifnis, want as dit net vir jou was, sou HY nogsteeds gekruisig, gemartel word, as bloedversoening vir ons sondes. Niemand, behalwe HY wat perfek was, het op hierdie aarde geloop nie, en HY is uit 'n maagd gebore. Maar, dit was deur IMMAYAH die HEILIGE GEES se hande wat YAHUSHUA in Maria se baarmoeder geplaas het, sodat HY beide vlees en GOD in een sou wees.


Wanneer ons vergifnis vra en ons HOM aanvaar as die enigste verwekte SEUN van GOD YAHUVEH, is ons in die wingerdstok ingegraveer. Wat beteken, dat selfs al kom jy nie uit 'n Hebreeuse bloedlyn nie, is ons in daardie wingerdstok ingegraveer, YAHUSHUA en ons het een geword met HOM. 'n Jood. YAHUSHUA is getrou om elke sonde te vergewe, moet net nie daaroor dink nie, deur HOM te bly toets nie. Want YAHUSHUA het gesê, hoe kan jy MY Heer en Meester noem en MY nie gehoorsaam nie? Nog 'n weergawe van die bybel sê, hoekom sê jy jy is lief vir MY en jy gehoorsaam MY nie? Die gehoorsaamheid waaroor HY praat, is die Tien Gebooie, die tien wette wat Moses van die berg Sinai afgebring het en wat YAH met SY eie vurige vinger ingeskryf het.

Jy moet die bybel lees, veral die Nuwe Testament om te verstaan. Net HY het dit gedoen om ons uit die hel te hou, sodat satan nie kan sê dat hy aanspraak kan maak op ons verstand, liggaam, gees en siel nie. YAHUSHUA het meer gepraat oor die waarskuwings om hel toe te gaan as wat HY van die skoonheid van die Hemel gepraat het. Ons almal werk ons eie verlossing uit met vrees en bewing, want ons siel weet reeds wanneer die oorlog met Lucifer in die Hemel teen YAH ons vertel was om kante te kies. Een derde van die engele is saam met Lucifer op die aarde gegooi terwyl YAHUSHUA hom met SY voet uitgeskop het. En hoe ons dit weet, is HY beskryf die val van Lucifer uit die lug.


Ek is aanhoudend vertel in 1995, waar is jou man? Hierdie bediening is ongebalanseerd. Maar vir 22 jaar, het ek voortgegaan om te doen wat YAH my gesê het om te doen. Op 7 Maart 2016 het YAHUSHUA die twee salwinge saamgebring, soos Ezra en ek vir die eerste keer gepraat het, maar ons het in e-posse geskryf, sodat ons mekaar in die gees geken het. 2 Oktober 2016, nadat YAH my van 'n verworpene van 14 jaar geskei het, het YAHUSHUA die oue uitgeskop en die nuwe ingebring. En Ezra en ek is op 2 Oktober 2016 getroud met 'n profetiese woord en ope visioen wat een dag ten volle gedeel sal word, maar ons huweliksgeloftes is onderteken en verseël deur YAHUVEH, YAHUSHUA, en IMMAYAH se seëlringe.


Ek is dae gelede 'n nuwe openbaring gegee, tydens intense gebed soos Eva uit Adam se rib gevorm is. Die rede waarom hierdie leierskap sy aan sy moet loop, nie een voet voor die ander nie, is omdat ek sy onsigbare rib is. Hy het my soveel nodig as wat ek hom nodig het. Die twee salwinge moet een wees en in alle besluite, leerstellings, moet ons in harmonie wees. Beide in die geestelike en die fisiese. Ezra is my geestelike hoof GEBED bedekking. Voorheen het ek geen gehad nie. Wat dit beteken, is dat hy in heilige tale bid en soos 'n held uit die Hemel gestuur word, laat hy geen valse profete, geen vorm van toordery, satanisme of enigiemand wat probeer om my kwaad in woord of daad aan te doen nie, selfs soos doodsvloeke na my toe kom, toe nie . Haters weet net hoe om te haat.


Ezra as die GEBED hoofbedekking, waarsku die vyande dat ek nie meer alleen is nie. Om naby my te kom en my skade aan te rig, moet hulle hom eers veg soos hy sy vrou beskerm selfs deur die salwing van YAHUSHUA en die bloed van YAHUSHUA, soos hy YAHUSHUA gehoorsaam. Hierdie aanvalle van vyande kan nie vernietig wat YAH saamgevoeg het nie. Ons twee salwinge het een geword en ons moet nooit luister na enige iemand in hierdie wêreld wat probeer om dit te verdeel nie. Enige aanvalle wat toegelaat word om deur Ezra te gaan, is omdat die Skrif sê, baie is die verdrukkinge van die regverdiges, maar EK YAHUVEH sal hulle van hulle almal red.


As my man, is hy my hoof, maar ons neem steeds besluite saam, en 'n ware heilige man is nie 'n diktator nie, maar regeer in liefde soos YAHUSHUA sê hoe die man YAHUSHUA VERTEENWOORDIG. Hy sal nooit SY BRUID slaan of haar mishandel nie, haar valslik beskuldig, haar hartseer maak of enige vyand toelaat om haar aan te val nie.


In die been van my been (‘bone of my bone’) profesie sê dit, as dit nodig is, sal hy sy lewe vir haar neerlê. Dit is wat die hoof van die vrou doen. Die vrou moet so beskermd voel, want sy weet niemand kan haar kwaad aandoen nie, en hom liefhê en waardeer, want sy weet dit is veilig, sy veg nie meer alleen nie en sy kan haar kop op sy skouer neer lê. Sy is sy onsigbare rib en hulle sal altyd saamstaan. YAHUSHUA regeer slegs SY BRUID met liefde. Enige heilige hoof GEBED bedekking van 'n man moet dieselfde doen en vertroue, liefde en lojaliteit is verpligtend.


Soos ons YAHUSHUA vertrou, so moet daardie man en vrou instaat wees om mekaar ook te vertrou. Toe Ezra en ek saam hierdie torah gedeeltes bestudeer het, is ek so geseënd omdat hy dit hardop lees, saam met die profesieë, insluitende die nuwe, en ek is instaat om hom vrae te vra, soos hy my heilige mentor en my geliefde man is. En soos ons hierdie Torah gedeelte lees, vra ek hom vrae om my te wys waar anders dit in die Nuwe Testament is en hy sal my altyd wys waar dit is. Die torah en die nuwe testament ondersteun mekaar, maar 'n uittreksel van slegs die torah gedeelte sal ook 'n getuienis wees vir YAHUSHUA, want HY is die lewende torah.


Die Jode kan nie gered word deur net die torah gedeeltes te lees nie, dit sal niemand ooit in die Hemel bring nie. Die enigste bloedversoening vir sonde was ‘n geskenk wat YAH aan die kruis gegee het, soos HY HOM toegelaat het om die geofferde lam te word, soos met pasga. Dieselfde tyd toe die paaslam op drie-uur, Israel-tyd geslag was, is dieselfde tyd wat YAHUSHUA gesterf en gesê het, ontvang my gees, dit is volbring. Dit is waarom Ezra die Heilige profesieë met die torah profete van ouds kombineer, YAH verander nooit nie. SY woorde staan soos YAHUSHUA se woord staan. En hier is net een van die Skrifte wat dit bewys: Johannes 14:6, “YAHUSHUA antwoord hom, EK is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader behalwe deur MY nie (YAHUSHUA).”


Maar elke keer as ek dit lees, kry ek 'n nuwe openbaring, soos hy hulle verbind met die torah gedeeltes. YAHUSHUA het gesê, dat ons nie meer net 'n uittreksel van SY Woord in die profesie moet plaas nie, want jy mis uit op die hele boodskap van die profesie. Daarom het ek dit verander soos HY beveel het om die hele profesieë te plaas sodat julle geseënd kan wees.


Dit is 'n verrassing wat YAHUSHUA my aangesê het om, vanaf 22 Desember 2018, bokant elke Torah gedeelte te sit. En as jy die duiwel en demone bestraf, moet jy altyd seker maak dat jy gebid het en dat jou sondes gewas is met YAHUSHUA se gestorte bloed.


Want so sê YAH, WEES ONDERDANIG (GEHOORSAAM), Ek onderwerp myself aan YAHUSHUA en ek bestraf jou satan in die naam en die bloed van YAHUSHUA!! Ek weerstaan jou satan en enige demone of aanvalle deur die gestorte bloed van YAHUSHUA en die naam van YAHUSHUA. Die gestorte bloed van YAHUSHUA staan teen jou satan, jy moet nou van my wegvlug!! Want jy het geen aanspraak op my nie!! My siel behoort aan YAHUSHUA!! Dit is nie eens myne nie! Ek praat met die demone en in die naam en die bloed van YAHUSHUA, weerstaan en bestraf ek julle in die naam van YAHUSHUA en die bloed van YAHUSHUA en alle aanloklike demone, ek beveel julle om op te hou manifesteer, om op te hou kommunikeer met my en na die plek te gaan waar YAHUSHUA julle stuur om deur die engele van die allerhoogste YAHUVEH gemartel en gepynig te word tot die tyd van julle oordeel.


Ek is die een wat Ezra geleer het hoe ek uit die hemel gehoor het om te bid teen die bose wat ons aanval, YAHUSHUA se gelowiges, dit is 'n kragtige gebed. Ek moet jou waarsku, dat as die aanval vinnig terugkom, word dit plaasvervangende demone en gevalle engele genoem wat sal probeer om jou geloof te steel deur te sê dat YAHUSHUA se gebed wat jy gebid het, geen krag gehad het nie.


Dit word geestelike oorlogvoering genoem. Jy moenie opgee nie! Daar is 'n lering dat jy net een keer satan en demone moet bestraf en hulle sal wegvlug en jou alleen los en jy word nie meer getormenteer nie. Ek, Elisheva kan bewys, dit is nie waar nie. Want het satan nie gekom om YAHUSHUA drie keer in die woestyn te versoek nie, en YAHUSHUA moes satan drie maal bestraf deur heilige Skrifte te gebruik. YAHUSHUA het op daardie stadium 40 dae gevas. So liggaamlik was sy liggaam swak, soos satan HOM bespot en gesê het om klippe in brood te verander. Want daar is geskrywe, het YAHUSHUA geantwoord, die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar deur elke woord wat uit die mond van YAH uitgaan.


En ek los jou hiermee. Bestudeer en wys jouself waardig, want daar is geskryf, dit is die gebede van die regverdiges (deur YAHUSHUA) wat baie krag het. Die gebede van die ongeregtiges is kaf in die wind, hulle word nie eers deur die Hemel gehoor nie en bring net oordeel. YAH waarsku, raak nie my gesalfde aan, en doen ook nie my profete enige skade aan nie. Net aartsengel Michael was instaat om vir satan te sê, YAH bestraf jou! Soos hulle oor Moses se liggaam gestry het. Want die heilige engele het nie die naam en die bloed van YAHUSHUA nodig om satan te bestraf nie, want hulle is sondeloos.


Enige iemand wat jou dit leer, is verkeerd, so sê YAH, en moet dit los, hulle self nederig maak en erken dat ons enigste mag oor satan deur die naam en die bloed van YAHUSHUA ha MASHIACH is. Psalm 109 praat eenvoudig van die vloeke wat YAH op die valse aanklaers van 'n ware heilige profeet van YAH sal plaas. Die afgelope tyd, is ek valslik beskuldig deur diegene wat ek gedink het my die meeste liefgehad het. Dankie vir julle gebede vir die leierskap van hierdie Bediening, my man en vir my. Toets die gees wat praat en kyk of jy 'n getuie kry van wat ek Elisheva Eliyahu geskryf het onder die salwing van die RUACH HA KODESH/IMMAYAH/SHIKNYAH GLORY/HEILIGE GEES.


En nou oor na die torah gedeeltes, PRAISE YAH!!


Shabbat Shalom en baie liefde aan almal in YAHUSHUA!



Apostel, Profeet, Elisheva Eliyahu




Eksodus 10:1 – 13:16


 *~Eksodus Hoofstuk 10~*


Verder het YAHUVEH vir Moses gesê: Gaan na Farao toe, want ÉK het sy hart verhard, ook die hart van sy dienaars, sodat EK hierdie tekens van MY onder hulle kan verrig, 


en dat jy voor die ore van jou kind en jou kindskind kan vertel wat EK Egipte aangedoen het, en MY tekens wat EK onder hulle gedoen het, dat julle kan weet dat EK YAHUVEH is. 


Toe gaan Moses en Aäron na Farao, en hulle sê vir hom: So spreek YAHUVEH, die ELOHIM van die Hebreërs: Hoe lank weier jy om jou voor MY te verootmoedig? Laat MY volk trek, dat hulle MY kan dien. 


Want as jy weier om MY volk te laat trek, kyk, dan bring EK môre sprinkane in jou grondgebied, 


en hulle sal die oppervlakte van die land oordek, sodat ‘n mens die land nie sal kan sien nie. En hulle sal die oorblyfsel afeet van wat gered is, wat vir julle van die hael oorgebly het; en al die bome wat vir julle uit die veld opgroei, sal hulle afeet. 


En jou huise en die huise van al jou dienaars en die huise van al die Egiptenaars sal vol van hulle wees—soos jou vaders en die vaders van jou vaders nie gesien het van die dag af dat hulle op die aarde gewees het tot vandag toe nie. Daarop het hy omgedraai en van Farao af weggegaan. 


Toe vra Farao se dienaars vir hom: Hoe lank sal die man vir ons ‘n strik wees? Laat die manne trek, dat hulle YAHUVEH hulle ELOHIM kan dien. Weet u nog nie dat Egipte te gronde gaan nie? 


Daarop bring hulle Moses en Aäron na Farao terug, en hy sê vir hulle: Gaan heen, dien YAHUVEH julle ELOHIM. Wie is dit eintlik wat wil gaan? 


En Moses antwoord: Ons wil gaan met ons jong mense en ons ou mense, met ons seuns en ons dogters; met ons kleinvee en ons beeste wil ons gaan, want ons wil ‘n fees vir YAHUVEH hou. 


10 Toe sê hy vir hulle: Mag YAHUVEH só met julle wees as wat ek julle en julle kinders sal laat trek! Pas op, want julle het ‘n verkeerde ding voor oë. 


11 Nie so nie! Gaan dan, julle manne, en dien YAHUVEH, want dít het julle verlang. En hulle het hulle van Farao af weggedrywe. 


12 Toe sê YAHUVEH vir Moses: Steek jou hand uit oor Egipteland vanweë die sprinkane, dat hulle opkom oor Egipteland en al die plante van die land opeet, alles wat die hael laat oorbly het. 


13 En Moses het sy staf oor Egipteland uitgesteek, en YAHUVEH het ‘n oostewind in die land gebring, daardie hele dag en die hele nag; toe dit môre word, het die oostewind die sprinkane aangevoer: 


14 die sprinkane het opgekom oor die hele Egipteland en in die hele gebied van Egipte gaan sit, ‘n baie groot menigte—tevore was daar so ‘n sprinkaanswerm nie gewees nie, en daarna sal so iets nie weer voorkom nie. 


15 En hulle het die oppervlakte van die hele land bedek, sodat die land swart was; en hulle het al die plante van die land opgeëet en al die vrugte van die bome wat die hael laat oorbly het—daar het geen groenigheid aan die bome of plante van die veld in die hele Egipteland oorgebly nie. 


16 Toe het Farao gou vir Moses en Aäron laat roep en gesê: Ek het gesondig teen YAHUVEH julle ELOHIM en teen julle. 


17 Vergeef dan tog nou net dié keer my sonde, en bid tot YAHUVEH julle ELOHIM, dat HY net hierdie dood van my af wegneem. 


18 En hy het van Farao af weggegaan en tot YAHUVEH gebid. 


19 Daarop laat YAHUVEH die wind omslaan in ‘n baie sterk westewind; dié het die sprinkane opgetel en hulle in die Skelfsee gedrywe. Daar het nie een sprinkaan in die hele gebied van Egipte oorgebly nie. 


20 Maar YAHUVEH het Farao se hart verhard, sodat hy die kinders van Israel nie laat trek het nie. 


21 Verder het YAHUVEH vir Moses gesê: Steek jou hand na die hemel uit, en daar sal duisternis oor Egipteland kom, sodat ‘n mens die duisternis kan gryp. 


22 Toe Moses sy hand uitsteek na die hemel, kom daar ‘n dik duisternis in die hele Egipteland, drie dae lank. 


23 Die een het die ander nie gesien nie, en niemand het van sy plek opgestaan nie, drie dae lank. Maar al die kinders van Israel het lig in hulle woonplekke gehad. 


24 Toe het Farao Moses laat roep en gesê: Gaan heen, dien YAHUVEH; net julle kleinvee en julle beeste moet agtergehou word. Selfs julle kinders kan met julle saamgaan. 


25 Maar Moses antwoord: U moet self ook slagoffers en brandoffers met ons saam gee, dat ons dit aan YAHUVEH onse ELOHIM kan aanbied. 


26 En ons vee moet ook met ons saamgaan: daar mag geen klou agterbly nie! Want daarvan moet ons neem om YAHUVEH onse ELOHIM te dien. En ons weet nie waarmee ons YAHUVEH onse ELOHIM sal dien voordat ons daar kom nie. 


27 Maar YAHUVEH het Farao se hart verhard, en hy wou hulle nie laat trek nie. 


28 Maar Farao sê vir hom: Gaan weg van my af! Pas op dat jy my aangesig nie weer sien nie; want die dag as jy my aangesig sien, sal jy sterwe. 


29 En Moses antwoord: U het reg gepraat. Ek sal u aangesig nie weer sien nie.



 *~ Eksodus Hoofstuk 11~*


Verder het YAHUVEH vir Moses gesê: Nog een plaag sal EK oor Farao en oor Egipte bring. Daarna sal hy julle hiervandaan laat trek. As hy julle geheel en al laat trek, sal hy julle selfs hiervandaan wegdrywe. 


Sê tog voor die ore van die volk dat elke man van sy naaste en elke vrou van haar naaste silwergoed en goue goed moet eis. 


En YAHUVEH het aan die volk guns verleen in die oë van die Egiptenaars. Ook was die man Moses baie groot in Egipteland, in die oë van Farao se dienaars en in die oë van die volk. 


Toe sê Moses: So het YAHUVEH gespreek: Omtrent middernag trek EK uit dwarsdeur Egipte; 


dan sal al die eersgeborenes in Egipteland sterwe, van Farao se eersgeborene af wat op sy troon sit, tot die eersgeborene van die slavin agter die handmeul en al die eersgeborenes van die vee. 


En daar sal ‘n groot gejammer in die hele Egipteland wees soos daar nie gewees het en soos daar nie weer sal wees nie. 


Maar teen geeneen van die kinders van Israel sal ‘n hond sy tong verroer nie, van die mense af tot die diere toe, dat julle kan weet dat YAHUVEH ‘n onderskeid maak tussen die Egiptenaars en die Israeliete. 


Dan sal al hierdie dienaars van u na my toe afkom en voor my neerbuig en sê: Trek uit, jy en die hele volk wat jou volg. En daarna sal ek uittrek. Toe het hy van Farao af weggegaan in gloeiende toorn. 


En YAHUVEH het vir Moses gesê: Farao sal na julle nie luister nie, sodat MY wonders in Egipteland baie kan word. 


10 En Moses en Aäron het al hierdie wonders voor Farao gedoen. Maar YAHUVEH het Farao se hart verhard, sodat hy die kinders van Israel nie uit sy land laat trek het nie.



 *~ Eksodus Hoofstuk 12~*


En YAHUVEH het met Moses en Aäron in Egipteland gespreek en gesê: 


Hierdie maand moet vir julle die begin van die maande wees; dit moet vir julle die eerste van die maande van die jaar wees. 


Spreek tot die hele vergadering van Israel en sê: Op die tiende van hierdie maand moet hulle elkeen ‘n lam neem volgens die families, ‘n lam vir ‘n huisgesin. 


Maar as ‘n huisgesin te klein is vir ‘n lam, dan moet hy en sy buurman wat die naaste aan sy huis is, dit neem volgens die sieletal; na wat elkeen gewoond is om te eet, moet julle die getal op die lam bereken. 


Julle moet ‘n lam hê sonder gebrek, ‘n jaaroud rammetjie. Van die skape of van die bokke kan julle dit neem. 


En julle moet dit in bewaring hou tot die veertiende dag van hierdie maand; en die hele vergadering van die gemeente van Israel moet dit slag teen die aand. 


En hulle moet van die bloed neem en dit stryk aan die twee deurposte en aan die bo-drumpel, aan die huise waarin hulle dit eet. 


En hulle moet die vleis in dieselfde nag eet, oor die vuur gebraai; saam met ongesuurde brode moet hulle dit met bitter kruie eet. 


Julle moet daarvan nie eet as dit rou is en as dit in water gaar gekook is nie, maar oor die vuur gebraai, die kop en pootjies saam met die binnegoed. 


10 Julle mag daar ook niks van laat oorbly tot die môre toe nie; maar wat daarvan tot die môre oorbly, moet julle met vuur verbrand. 


11 En só moet julle dit eet: Julle heupe moet omgord wees, julle skoene aan jul voete en julle staf in jul hand; baie haastig moet julle dit eet. ‘n Pasga van YAHUVEH is dit. 


12 Want EK sal in hierdie nag deur Egipteland trek en al die eersgeborenes in Egipteland tref, van mense sowel as van diere. En EK sal strafgerigte oefen aan al die gode van Egipte, EK, YAHUVEH. 


13 Maar die bloed sal vir julle ‘n teken wees aan die huise waarin julle is: as EK die bloed sien, sal EK by julle verbygaan. En daar sal geen verderflike plaag onder julle wees wanneer EK Egipteland tref nie. 


14 En hierdie dag moet vir julle ‘n gedenkdag wees, en julle moet dit as ‘n fees tot eer van YAHUVEH vier. Julle moet dit in julle geslagte as ‘n ewige insetting vier. 


15 Sewe dae lank moet julle ongesuurde brode eet; alreeds op die eerste dag moet julle die suurdeeg uit julle huise verwyder. Want elkeen wat gesuurde brood eet, van die eerste dag af tot die sewende toe, dié siel moet uit Israel uitgeroei word. 


16 En op die eerste dag moet daar ‘n heilige samekoms wees; ook op die sewende dag moet daar vir julle ‘n heilige samekoms wees. Daar mag géén werk op dié dae gedoen word nie; net wat deur elkeen geëet moet word, dit alleen mag deur julle berei word. 


17 Onderhou dan die ongesuurde brode, want op daardie selfde dag het EK julle leërs uit Egipteland uitgelei. Daarom moet julle hierdie dag in julle geslagte as ‘n ewige insetting hou. 


18 In die eerste maand, op die veertiende dag van die maand, in die aand, moet julle ongesuurde brode eet, tot op die een en twintigste dag van die maand, in die aand. 


19 Sewe dae lank mag daar geen suurdeeg in julle huise gevind word nie. Want elkeen wat iets eet met suurdeeg in, dié siel moet uit die vergadering van Israel uitgeroei word, of hy al ‘n vreemdeling is of ‘n kind van die land. 


20 Julle mag niks eet met suurdeeg in nie. In al julle woonplekke moet julle ongesuurde brode eet. 


21 Moses het toe al die oudstes van Israel laat roep en aan hulle gesê: Gaan haal vir julle kleinvee vir julle families en slag die pasga. 


22 En neem ‘n bossie hisop en steek dit in die bloed wat in die skottel is, en stryk aan die bo-drumpel en aan die twee deurposte van die bloed wat in die skottel is. Maar niemand van julle mag uit die deur van sy huis uitgaan tot die môre toe nie. 


23 Want YAHUVEH sal deurtrek om die Egiptenaars swaar te tref. Maar wanneer HY die bloed sien aan die bo-drumpel en aan die twee deurposte, sal YAHUVEH by die deur verbygaan en die verderwer nie toelaat om in julle huise in te gaan om te slaan nie. 


24 Onderhou dan hierdie saak as ‘n insetting vir jou en jou kinders tot in ewigheid. 


25 En as julle in die land kom wat YAHUVEH aan julle sal gee soos HY beloof het, moet julle hierdie diens onderhou. 


26 En as julle kinders julle vra: Wat beteken die diens daar? 


27 dan moet julle sê: Dit is ‘n paasoffer aan YAHUVEH, wat by die huise van die kinders van Israel in Egipte verbygegaan het, toe HY die Egiptenaars getref maar ons huise gered het. Toe het die volk in aanbidding neergebuig.


28 En die kinders van Israel het gegaan en dit gedoen. Soos YAHUVEH Moses en Aäron beveel het, so het hulle gedoen. 


29 En middernag het YAHUVEH al die eersgeborenes in Egipteland getref, van die eersgeborene van Farao af wat op sy troon gesit het, tot die eersgeborene van die gevangene toe wat in die gevangenis was, en al die eersgeborenes van die diere. 


30 Toe staan Farao in die nag op, hy en al sy dienaars en al die Egiptenaars, en daar was ‘n groot gejammer in Egipte, want daar was geen huis waar geen dooie in was nie. 


31 Daarop het hy Moses en Aäron in die nag laat roep en gesê: Maak julle klaar, trek weg onder my volk uit, julle sowel as die kinders van Israel, en gaan dien YAHUVEH soos julle gespreek het. 


32 Neem ook julle kleinvee en julle beeste saam soos julle gespreek het, en gaan weg en seën my ook. 


33 En die Egiptenaars het by die volk sterk aangehou—om hulle gou uit die land uit te stuur. Want hulle het gesê: Ons is almal dood! 


34 Toe neem die volk hulle deeg voordat dit ingesuur was, met hulle bakskottels, in hulle mantels toegebind, op die skouers. 


35 En die kinders van Israel het gehandel volgens die woord van Moses: hulle het van die Egiptenaars silwergoed en goue goed en klere geëis; 


36 en YAHUVEH het aan die volk guns verleen in die oë van die Egiptenaars, en dié het hulle versoek ingewillig. So het hulle dan die Egiptenaars berowe. 


37 En die kinders van Israel het van Raämses na Sukkot weggetrek, omtrent ses honderd duisend te voet, die manne buiten die kinders. 


38 En ‘n menigte mense van gemengde bloed het ook saam met hulle opgetrek, en kleinvee en beeste—’n groot hoeveelheid vee. 


39 En hulle het van die deeg wat hulle uit Egipte gebring het, ongesuurde koeke gebak; want dit was nie ingesuur nie, omdat hulle uit Egipte uitgedryf is, sodat hulle nie kon vertoef nie en ook geen padkos vir hulle klaargemaak het nie. 


40 En die tyd wat die kinders van Israel in Egipte gewoon het, was vier honderd en dertig jaar. 


41 En ná verloop van vier honderd en dertig jaar, op daardie selfde dag, het al die leërskare van YAHUVEH uit Egipteland uitgetrek. 


42 Dit is ‘n nag om plegtig onderhou te word tot eer van YAHUVEH, omdat HY hulle uit Egipteland uitgelei het. Dit is dié nag van YAHUVEH om plegtig onderhou te word by al die kinders van Israel in hulle geslagte. 


43 Verder het YAHUVEH aan Moses en Aäron gesê: Dit is die insetting van die pasga: Géén uitlander mag daarvan eet nie. 


44 Maar elke slaaf wat ‘n man met geld gekoop het, dié moet hy besny; dan kan hy daarvan eet. 


45 Geen vreemde inwoner of huurling mag daarvan eet nie. 


46 In een huis moet dit geëet word; jy mag niks van die vleis uit die huis buitentoe bring nie; en julle mag geen been daarvan breek nie. 


47 Die hele vergadering van Israel moet dit hou. 


48 En as ‘n vreemdeling by jou vertoef en tot eer van YAHUVEH die pasga wil vier, moet by hom almal wat manlik is, besny word; en dan mag hy nader kom om dit te vier, en hy sal soos ‘n kind van die land wees. Maar géén onbesnedene mag daarvan eet nie. 


49 Een wet moet geld vir die kind van die land en vir die vreemdeling wat onder julle vertoef. 


50 En al die kinders van Israel het dit gedoen. Soos YAHUVEH Moses en Aäron beveel het, so het hulle gedoen. 


51 En op daardie selfde dag het YAHUVEH die kinders van Israel, volgens hulle leërafdelings, uit Egipteland uitgelei.




 *~ Eksodus Hoofstuk 13~*



Toe het YAHUVEH met Moses gespreek en gesê: 


Heilig vir MY al die eersgeborenes. Alles wat die moederskoot open onder die kinders van Israel, van mense en van diere, dit is MYNE. 


Verder het Moses aan die volk gesê: Dink aan hierdie dag waarop julle uit Egipte, uit die slawehuis, uitgegaan het; want YAHUVEH het julle deur ‘n sterke hand hiervandaan uitgelei; daarom mag geen gesuurde brood geëet word nie. 


Vandag trek julle uit, in die maand Abib. 


En as YAHUVEH jou bring in die land van die Kanaäniete en Hetiete en Amoriete en Hewiete en Jebusiete, wat HY aan jou vaders met ‘n eed beloof het om aan jou te gee, ‘n land wat oorloop van melk en heuning, dan moet jy hierdie diens in hierdie maand onderhou. 


Sewe dae lank moet jy ongesuurde brode eet, en op die sewende dag is daar fees tot eer van YAHUVEH. 


Ongesuurde brode moet die sewe dae geëet word: by jou mag geen gesuurde brood gesien word nie, en geen suurdeeg mag by jou in jou hele grondgebied gesien word nie. 


En jy moet jou seun op dié dag vertel en sê: Dit geskied ter wille van wat YAHUVEH aan my gedoen het toe ek uit Egipte uitgetrek het. 


En dit moet vir jou as ‘n teken wees op jou hand en ‘n gedenkteken tussen jou oë, sodat die Wet (Torah) van YAHUVEH in jou mond mag wees; want deur ‘n sterke hand het YAHUVEH jou uit Egipte uitgelei. 


10 Daarom moet jy hierdie insetting onderhou op die daarvoor bepaalde tyd, van jaar tot jaar. 


11 En as YAHUVEH jou in die land van die Kanaäniete bring, soos HY aan jou en jou vaders met ‘n eed beloof het, en HY dit aan jou gee, 


12 dan moet jy alles wat die moederskoot open, aan YAHUVEH afgee; ook elke eersteling, die aanteel van vee, wat jy sal hê—wat manlik is, behoort aan YAHUVEH. 


13 Maar elke eersteling van ‘n esel moet jy met ‘n lam loskoop. En as jy dit nie loskoop nie, moet jy sy nek breek. Maar al die eersgeborenes van mense onder jou seuns moet jy loskoop. 


14 En as jou seun jou later vra en sê: Wat beteken dit? dan moet jy hom antwoord: YAHUVEH het ons deur ‘n sterke hand uit Egipte, uit die slawehuis, uitgelei. 


15 Want toe Farao swarigheid gemaak het om ons te laat trek, het YAHUVEH al die eersgeborenes in Egipteland gedood, van die eersgeborene van die mense af tot die eersgeborene van die diere toe. Daarom offer ek aan YAHUVEH alles wat die moederskoot open wat manlik is; maar al die eersgeborenes van my seuns koop ek los. 


16 En dit sal as ‘n teken wees op jou hand en ‘n voorhoofsband tussen jou oë; want YAHUVEH het ons deur ‘n sterke hand uit Egipte uitgelei.