Shabbat Shalom!

Welkom by Beshalach –Wanneer Hy Laat Gaan, hierdie week se Parasha.

Eksodus 13:17 – 17:16
Rigters 4:4 – 5:31
2 Petrus 1



Ek wil my geliefde man, Apostel, Profeet Ezra, wat in Israel gebore is en groot geword het, bedank. Ons is getroud op 2 Oktober 2016 en sedertdien is die torah gedeeltes by hierdie bediening gevoeg. Want hy het die belangrikheid van dit aan my gewys. My man lees die profesieë baie noukeurig om ooreen te kom met die torah gedeeltes wat op die sabbat is. Hy sal vir ure navorsing doen indien nodig. Dus wil ek net sê, dankie liefling. Jy het 'n goeie werk gedoen om hierdie profesieë met die torah gedeeltes vir hierdie sabbat oor een te stem.


Ek is 'n biologiese jood, deur moeder en vader, maar dit sal nie iemand in die hemel kry nie. Slegs deur die naam en die bloed van YAHUSHUA wat in die vlees as GOD gekom het, HY is gekruisig vir ons sondes. Bekeer jou, vra vergifnis, want as dit net vir jou was, sou HY nogsteeds gekruisig, gemartel word, as bloedversoening vir ons sondes. Niemand, behalwe HY wat perfek was, het op hierdie aarde geloop nie, en HY is uit 'n maagd gebore. Maar, dit was deur IMMAYAH die HEILIGE GEES se hande wat YAHUSHUA in Maria se baarmoeder geplaas het, sodat HY beide vlees en GOD in een sou wees.


Wanneer ons vergifnis vra en ons HOM aanvaar as die enigste verwekte SEUN van GOD YAHUVEH, is ons in die wingerdstok ingegraveer. Wat beteken, dat selfs al kom jy nie uit 'n Hebreeuse bloedlyn nie, is ons in daardie wingerdstok ingegraveer, YAHUSHUA en ons het een geword met HOM. 'n Jood. YAHUSHUA is getrou om elke sonde te vergewe, moet net nie daaroor dink nie, deur HOM te bly toets nie. Want YAHUSHUA het gesê, hoe kan jy MY Heer en Meester noem en MY nie gehoorsaam nie? Nog 'n weergawe van die bybel sê, hoekom sê jy jy is lief vir MY en jy gehoorsaam MY nie? Die gehoorsaamheid waaroor HY praat, is die Tien Gebooie, die tien wette wat Moses van die berg Sinai afgebring het en wat YAH met SY eie vurige vinger ingeskryf het.

Jy moet die bybel lees, veral die Nuwe Testament om te verstaan. Net HY het dit gedoen om ons uit die hel te hou, sodat satan nie kan sê dat hy aanspraak kan maak op ons verstand, liggaam, gees en siel nie. YAHUSHUA het meer gepraat oor die waarskuwings om hel toe te gaan as wat HY van die skoonheid van die Hemel gepraat het. Ons almal werk ons eie verlossing uit met vrees en bewing, want ons siel weet reeds wanneer die oorlog met Lucifer in die Hemel teen YAH ons vertel was om kante te kies. Een derde van die engele is saam met Lucifer op die aarde gegooi terwyl YAHUSHUA hom met SY voet uitgeskop het. En hoe ons dit weet, is HY beskryf die val van Lucifer uit die lug.


Ek is aanhoudend vertel in 1995, waar is jou man? Hierdie bediening is ongebalanseerd. Maar vir 22 jaar, het ek voortgegaan om te doen wat YAH my gesê het om te doen. Op 7 Maart 2016 het YAHUSHUA die twee salwinge saamgebring, soos Ezra en ek vir die eerste keer gepraat het, maar ons het in e-posse geskryf, sodat ons mekaar in die gees geken het. 2 Oktober 2016, nadat YAH my van 'n verworpene van 14 jaar geskei het, het YAHUSHUA die oue uitgeskop en die nuwe ingebring. En Ezra en ek is op 2 Oktober 2016 getroud met 'n profetiese woord en ope visioen wat een dag ten volle gedeel sal word, maar ons huweliksgeloftes is onderteken en verseël deur YAHUVEH, YAHUSHUA, en IMMAYAH se seëlringe.


Ek is dae gelede 'n nuwe openbaring gegee, tydens intense gebed soos Eva uit Adam se rib gevorm is. Die rede waarom hierdie leierskap sy aan sy moet loop, nie een voet voor die ander nie, is omdat ek sy onsigbare rib is. Hy het my soveel nodig as wat ek hom nodig het. Die twee salwinge moet een wees en in alle besluite, leerstellings, moet ons in harmonie wees. Beide in die geestelike en die fisiese. Ezra is my geestelike hoof GEBED bedekking. Voorheen het ek geen gehad nie. Wat dit beteken, is dat hy in heilige tale bid en soos 'n held uit die Hemel gestuur word, laat hy geen valse profete, geen vorm van toordery, satanisme of enigiemand wat probeer om my kwaad in woord of daad aan te doen nie, selfs soos doodsvloeke na my toe kom, toe nie . Haters weet net hoe om te haat.


Ezra as die GEBED hoofbedekking, waarsku die vyande dat ek nie meer alleen is nie. Om naby my te kom en my skade aan te rig, moet hulle hom eers veg soos hy sy vrou beskerm selfs deur die salwing van YAHUSHUA en die bloed van YAHUSHUA, soos hy YAHUSHUA gehoorsaam. Hierdie aanvalle van vyande kan nie vernietig wat YAH saamgevoeg het nie. Ons twee salwinge het een geword en ons moet nooit luister na enige iemand in hierdie wêreld wat probeer om dit te verdeel nie. Enige aanvalle wat toegelaat word om deur Ezra te gaan, is omdat die Skrif sê, baie is die verdrukkinge van die regverdiges, maar EK YAHUVEH sal hulle van hulle almal red.


As my man, is hy my hoof, maar ons neem steeds besluite saam, en 'n ware heilige man is nie 'n diktator nie, maar regeer in liefde soos YAHUSHUA sê hoe die man YAHUSHUA VERTEENWOORDIG. Hy sal nooit SY BRUID slaan of haar mishandel nie, haar valslik beskuldig, haar hartseer maak of enige vyand toelaat om haar aan te val nie.


In die been van my been (‘bone of my bone’) profesie sê dit, as dit nodig is, sal hy sy lewe vir haar neerlê. Dit is wat die hoof van die vrou doen. Die vrou moet so beskermd voel, want sy weet niemand kan haar kwaad aandoen nie, en hom liefhê en waardeer, want sy weet dit is veilig, sy veg nie meer alleen nie en sy kan haar kop op sy skouer neer lê. Sy is sy onsigbare rib en hulle sal altyd saamstaan. YAHUSHUA regeer slegs SY BRUID met liefde. Enige heilige hoof GEBED bedekking van 'n man moet dieselfde doen en vertroue, liefde en lojaliteit is verpligtend.


Soos ons YAHUSHUA vertrou, so moet daardie man en vrou instaat wees om mekaar ook te vertrou. Toe Ezra en ek saam hierdie torah gedeeltes bestudeer het, is ek so geseënd omdat hy dit hardop lees, saam met die profesieë, insluitende die nuwe, en ek is instaat om hom vrae te vra, soos hy my heilige mentor en my geliefde man is. En soos ons hierdie Torah gedeelte lees, vra ek hom vrae om my te wys waar anders dit in die Nuwe Testament is en hy sal my altyd wys waar dit is. Die torah en die nuwe testament ondersteun mekaar, maar 'n uittreksel van slegs die torah gedeelte sal ook 'n getuienis wees vir YAHUSHUA, want HY is die lewende torah.


Die Jode kan nie gered word deur net die torah gedeeltes te lees nie, dit sal niemand ooit in die Hemel bring nie. Die enigste bloedversoening vir sonde was ‘n geskenk wat YAH aan die kruis gegee het, soos HY HOM toegelaat het om die geofferde lam te word, soos met pasga. Dieselfde tyd toe die paaslam op drie-uur, Israel-tyd geslag was, is dieselfde tyd wat YAHUSHUA gesterf en gesê het, ontvang my gees, dit is volbring. Dit is waarom Ezra die Heilige profesieë met die torah profete van ouds kombineer, YAH verander nooit nie. SY woorde staan soos YAHUSHUA se woord staan. En hier is net een van die Skrifte wat dit bewys: Johannes 14:6, “YAHUSHUA antwoord hom, EK is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader behalwe deur MY nie (YAHUSHUA).”


Maar elke keer as ek dit lees, kry ek 'n nuwe openbaring, soos hy hulle verbind met die torah gedeeltes. YAHUSHUA het gesê, dat ons nie meer net 'n uittreksel van SY Woord in die profesie moet plaas nie, want jy mis uit op die hele boodskap van die profesie. Daarom het ek dit verander soos HY beveel het om die hele profesieë te plaas sodat julle geseënd kan wees.


Dit is 'n verrassing wat YAHUSHUA my aangesê het om, vanaf 22 Desember 2018, bokant elke Torah gedeelte te sit. En as jy die duiwel en demone bestraf, moet jy altyd seker maak dat jy gebid het en dat jou sondes gewas is met YAHUSHUA se gestorte bloed.


Want so sê YAH, WEES ONDERDANIG (GEHOORSAAM), Ek onderwerp myself aan YAHUSHUA en ek bestraf jou satan in die naam en die bloed van YAHUSHUA!! Ek weerstaan jou satan en enige demone of aanvalle deur die gestorte bloed van YAHUSHUA en die naam van YAHUSHUA. Die gestorte bloed van YAHUSHUA staan teen jou satan, jy moet nou van my wegvlug!! Want jy het geen aanspraak op my nie!! My siel behoort aan YAHUSHUA!! Dit is nie eens myne nie! Ek praat met die demone en in die naam en die bloed van YAHUSHUA, weerstaan en bestraf ek julle in die naam van YAHUSHUA en die bloed van YAHUSHUA en alle aanloklike demone, ek beveel julle om op te hou manifesteer, om op te hou kommunikeer met my en na die plek te gaan waar YAHUSHUA julle stuur om deur die engele van die allerhoogste YAHUVEH gemartel en gepynig te word tot die tyd van julle oordeel.


Ek is die een wat Ezra geleer het hoe ek uit die hemel gehoor het om te bid teen die bose wat ons aanval, YAHUSHUA se gelowiges, dit is 'n kragtige gebed. Ek moet jou waarsku, dat as die aanval vinnig terugkom, word dit plaasvervangende demone en gevalle engele genoem wat sal probeer om jou geloof te steel deur te sê dat YAHUSHUA se gebed wat jy gebid het, geen krag gehad het nie.


Dit word geestelike oorlogvoering genoem. Jy moenie opgee nie! Daar is 'n lering dat jy net een keer satan en demone moet bestraf en hulle sal wegvlug en jou alleen los en jy word nie meer getormenteer nie. Ek, Elisheva kan bewys, dit is nie waar nie. Want het satan nie gekom om YAHUSHUA drie keer in die woestyn te versoek nie, en YAHUSHUA moes satan drie maal bestraf deur heilige Skrifte te gebruik. YAHUSHUA het op daardie stadium 40 dae gevas. So liggaamlik was sy liggaam swak, soos satan HOM bespot en gesê het om klippe in brood te verander. Want daar is geskrywe, het YAHUSHUA geantwoord, die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar deur elke woord wat uit die mond van YAH uitgaan.


En ek los jou hiermee. Bestudeer en wys jouself waardig, want daar is geskryf, dit is die gebede van die regverdiges (deur YAHUSHUA) wat baie krag het. Die gebede van die ongeregtiges is kaf in die wind, hulle word nie eers deur die Hemel gehoor nie en bring net oordeel. YAH waarsku, raak nie my gesalfde aan, en doen ook nie my profete enige skade aan nie. Net aartsengel Michael was instaat om vir satan te sê, YAH bestraf jou! Soos hulle oor Moses se liggaam gestry het. Want die heilige engele het nie die naam en die bloed van YAHUSHUA nodig om satan te bestraf nie, want hulle is sondeloos.


Enige iemand wat jou dit leer, is verkeerd, so sê YAH, en moet dit los, hulle self nederig maak en erken dat ons enigste mag oor satan deur die naam en die bloed van YAHUSHUA ha MASHIACH is. Psalm 109 praat eenvoudig van die vloeke wat YAH op die valse aanklaers van 'n ware heilige profeet van YAH sal plaas. Die afgelope tyd, is ek valslik beskuldig deur diegene wat ek gedink het my die meeste liefgehad het. Dankie vir julle gebede vir die leierskap van hierdie Bediening, my man en vir my. Toets die gees wat praat en kyk of jy 'n getuie kry van wat ek Elisheva Eliyahu geskryf het onder die salwing van die RUACH HA KODESH/IMMAYAH/SHIKNYAH GLORY/HEILIGE GEES.


En nou oor na die torah gedeeltes, PRAISE YAH!!


Shabbat Shalom en baie liefde aan almal in YAHUSHUA!



Apostel, Profeet, Elisheva Eliyahu


Eksodus 13:17 – 17:16


 *~Eksodus Hoofstuk 13~*


17 Toe Farao die volk laat trek het, het ELOHIM hulle nie op die pad na die land van die Filistyne gelei nie, alhoewel dit nader was; want ELOHIM het gesê: Die volk kan dalk berou kry as hulle oorlog sien, en teruggaan na Egipte. 


18 Daarom het ELOHIM die volk laat wegdraai in die rigting na die woestyn, na die Skelfsee toe. En die kinders van Israel het goed gewapend uit Egipteland opgetrek. 


19 En Moses het die gebeente van Josef met hom saamgeneem; want hy het die kinders van Israel plegtig laat sweer en gesê: ELOHIM sal eindelik op julle ag gee; bring dan my gebeente saam met julle hiervandaan op. 


20 So het hulle dan van Sukkot af weggetrek en laer opgeslaan in Etam, aan die kant van die woestyn. 


21 En YAHUVEH het voor hulle uitgetrek, bedags in ‘n wolkkolom om hulle op die pad te lei, en snags in ‘n vuurkolom om hulle voor te lig, sodat hulle dag en nag kon trek. 


22 Die wolkkolom het nie bedags en die vuurkolom nie snags voor die volk gewyk nie.



 *~ Eksodus Hoofstuk 14~*


Toe het YAHUVEH met Moses gespreek en gesê: 


Sê aan die kinders van Israel dat hulle moet omdraai en laer opslaan voor Pi-Hágirot, tussen Migdol en die see. Reg teenoor Baäl-Sefon moet julle laer opslaan by die see. 


Dan sal Farao van die kinders van Israel sê: Hulle is verdwaal in die land, die woestyn het hulle ingesluit. 


En EK sal Farao se hart verhard, dat hy hulle agtervolg; en EK wil MY aan Farao en sy hele leërmag verheerlik, en die Egiptenaars sal weet dat EK YAHUVEH is. En hulle het so gedoen. 


Toe die koning van Egipte berig ontvang dat die volk gevlug het, het die hart van Farao en van sy dienaars teenoor die volk verander, en hulle sê: Wat het ons nou gedoen dat ons Israel laat trek het, sodat hulle ons nie meer dien nie?


Daarop het hy sy strydwa ingespan en sy manskappe saam met hom geneem. 


En hy het ses honderd uitgesoekte strydwaens geneem en al die ander strydwaens van Egipte, en die beste vegsmanne op elkeen daarvan. 


En YAHUVEH het die hart van Farao, die koning van Egipte, verhard, sodat hy die kinders van Israel agtervolg het. Maar die kinders van Israel het deur ‘n hoë hand uitgetrek. 


En die Egiptenaars het hulle agtervolg—al Farao se perde en strydwaens, sy ruiters en sy leërmag—en hulle ingehaal terwyl hulle in die laer gestaan het by die see by Pi-Hágirot, voor Baäl-Sefon. 


10 Toe Farao naby kom, slaan die kinders van Israel hulle oë op, en kyk, daar trek die Egiptenaars agter hulle aan; en hulle het baie bang geword. Daarop het die kinders van Israel tot YAHUVEH geroep.

 
11 En hulle het vir Moses gesê: Het u, omdat daar in Egipte glad geen grafte is nie, ons saamgeneem om in die woestyn te sterwe? Wat het u ons nou aangedoen, dat u ons uit Egipteland uitgelei het?

 
12 Is dít nie die woord wat ons aan u in Egipte gesê het nie: Laat ons met rus, dat ons die Egiptenaars kan dien? Want dit is beter vir ons om die Egiptenaars te dien as om in die woestyn te sterwe. 


13 Maar Moses het aan die volk gesê: Wees nie bevrees nie, staan vas en aanskou die verlossing van YAHUVEH wat HY vandag vir julle sal bewerk; want soos julle die Egiptenaars vandag sien, sal julle hulle nie weer sien in ewigheid nie. 


14 YAHUVEH sal vir julle stry, en julle moet stil wees. 


15 Toe vra YAHUVEH vir Moses: Wat roep jy na MY? Sê aan die kinders van Israel dat hulle moet wegtrek. 


16 En jy, hef jou staf op en steek jou hand uit oor die see en kloof dit, sodat die kinders van Israel dwarsdeur die see op droë grond kan trek. 


17 En EK, kyk, EK sal die hart van die Egiptenaars verhard, sodat hulle agter hulle aan gaan. En EK wil MY verheerlik aan Farao en sy hele leërmag, aan sy strydwaens en aan sy ruiters. 


18 En die Egiptenaars sal weet dat EK YAHUVEH is, as EK MY verheerlik aan Farao, aan sy strydwaens en aan sy ruiters. 


19 En die Engel van ELOHIM wat voor die leër van Israel uit getrek het, het daar weggegaan en agter hulle aan getrek. En die wolkkolom het ook voor hulle weggetrek en agter hulle gaan staan; 


20 so het dit dan tussen die leër van die Egiptenaars en die leër van Israel in gekom. En die wolk was daar met die duisternis, en dit het die nag verlig, sodat die een nie naby die ander gekom het die hele nag deur nie. 


21 Toe steek Moses sy hand oor die see uit, en YAHUVEH het deur ‘n sterk oostewind die see laat wegvloei, die hele nag deur, en die see droog gemaak; en die waters is gekloof. 


22 En die kinders van Israel het midde-in die see getrek op droë grond. En die waters was vir hulle ‘n muur aan hul regter— en aan hul linkerkant.

 
23 Toe het die Egiptenaars hulle gejaag en agter hulle aan getrek—al Farao se perde, sy strydwaens en sy ruiters—die see in. 


24 En in die môrewaak het YAHUVEH, in die vuur— en wolkkolom, op die leër van die Egiptenaars afgekyk en die leër van die Egiptenaars in verwarring gebring. 


25 En HY het die wiele van hulle strydwaens laat insak en hulle met moeite laat voortgaan. Toe sê die Egiptenaars: Laat ons van Israel af wegvlug, want YAHUVEH stry vir hulle teen die Egiptenaars. 


26 Daarop sê YAHUVEH vir Moses: Steek jou hand uit oor die see, dat die waters kan terugvloei oor die Egiptenaars, oor hulle strydwaens en oor hulle ruiters.

 
27 En Moses het sy hand oor die see uitgesteek, en die see het teen dagbreek in sy bedding teruggevloei, en die Egiptenaars het dit tegemoet gevlug. So het YAHUVEH dan die Egiptenaars binne-in die see gestort. 


28 En toe die waters terugvloei, het hulle die strydwaens en die ruiters van Farao se hele leërmag wat agter hulle die see ingetrek het, oordek. Geeneen van hulle het oorgebly nie. 


29 Maar die kinders van Israel het binne-in die see op droë grond getrek. En die waters was vir hulle ‘n muur aan hul regter— en aan hul linkerkant. 


30 So het YAHUVEH Israel dan dié dag uit die hand van die Egiptenaars verlos. En Israel het die Egiptenaars dood gesien aan die kant van die see. 


31 Ook het Israel die magtige daad gesien wat YAHUVEH aan die Egiptenaars verrig het. Toe het die volk YAHUVEH gevrees en geglo in YAHUVEH en aan Moses, SY kneg.



 *~ Eksodus Hoofstuk 15~*


Toe het Moses en die kinders van Israel hierdie lied tot eer van YAHUVEH gesing; en dit is wat hulle gesê het: Ek wil sing tot eer van YAHUVEH, want HY is hoog verhewe. Die perd en sy ruiter het HY in die see gewerp.


YAH is my krag en my psalm, en HY het my tot heil geword. HY is my EL, HOM sal ek roem; die ELOHIM van my vader, HOM sal ek verhef.

 
YAHUVEH is ‘n krygsman; YAHUVEH is SY naam. 


HY het Farao se strydwaens en sy leërmag in die see gewerp. En sy beste vegsmanne het in die Skelfsee gesink. 


Die watervloede het hulle oordek. Hulle het in die kolke gesink soos ‘n klip. 


o YAHUVEH, U regterhand is verheerlik deur krag. U regterhand, o YAHUVEH, verpletter die vyand. 


En in U grote hoogheid werp U diegene neer wat teen U opstaan. U stuur U toorngloed uit: dit verteer hulle soos ‘n stoppel. 


En deur die geblaas van U neus het die waters hulle opgestapel, die strome het bly staan soos ‘n wal, die watervloede het styf geword in die hart van die see. 


Die vyand het gesê: Ek sal agtervolg, inhaal, buit verdeel, my begeerte sal versadig word van hulle; ek sal my swaard trek, my hand sal hulle uitroei. 


10 U het met U asem geblaas: die see het hulle oordek; soos lood het hulle gesink in die geweldige waters. 


11 o YAHUVEH, wie is soos U onder die gode? Wie is soos U, verheerlik in heiligheid, gedug in roemryke dade, een wat wonders doen? 


12 U het U regterhand uitgestrek, die aarde het hulle verslind. 


13 U het deur U guns die volk gelei wat U verlos het; U het hulle deur U krag na U heilige woning gevoer. 


14 Die volke het dit gehoor, hulle het gesidder; weë het die inwoners van Filistéa aangegryp. 


15 Toe is die stamhoofde van Edom verskrik, bewing het die magtiges van Moab aangegryp. Al die inwoners van Kanaän het gebewe. 


16 Verskrikking en vrees het op hulle geval; deur die grootheid van U arm was hulle stom soos ‘n klip, terwyl U volk deurtrek, YAHUVEH, terwyl die volk deurtrek wat U verwerf het. 


17 U bring hulle in en plant hulle op die bergland van U erfenis, die plek, o YAHUVEH, wat U as vaste woonplek vir U berei het, die heiligdom wat U hande gestig het, o YAHUVEH!

 
18 YAHUVEH sal regeer vir ewig en altoos.

 
19 Want Farao se perd, met sy strydwaens en sy ruiters, het in die see ingegaan, en YAHUVEH het die waters van die see oor hulle laat terugkom. Maar die kinders van Israel het binne-in die see op droë grond getrek. 


20 En Mirjam, die profetes, die suster van Aäron, het ‘n tamboeryn in haar hand geneem; en al die vroue het uitgegaan agter haar aan, met tamboeryne en in koordanse. 


21 En Mirjam het hulle al singende geantwoord: Sing tot eer van YAHUVEH, want HY is hoog verhewe. HY het die perd met sy ruiter in die see gewerp.

 
22 Daarop het Moses die Israeliete laat wegtrek van die Skelfsee af, en hulle het uitgetrek na die woestyn Sur. Hulle het toe drie dae lank in die woestyn getrek en geen water gekry nie. 


23 En hulle het in Mara gekom, maar kon die water van Mara nie drink nie, want dit was bitter. Daarom heet die plek Mara. 


24 Toe murmureer die volk teen Moses en sê: Wat moet ons drink? 


25 En hy het YAHUVEH aangeroep, en YAHUVEH het hom ‘n stuk hout gewys; dit het hy in die water gegooi, en die water het soet geword. Daar het HY vir hulle ‘n insetting en verordening vasgestel en hulle daar beproef

 
26 en gesê: As jy getrou na die stem van YAHUVEH jou ELOHIM luister en doen wat reg is in SY oë, en luister na SY gebooie en al SY insettinge hou, dan sal EK geeneen van die siektes op jou lê wat EK op Egipteland gelê het nie; want EK is YAHUVEH wat jou gesond maak. 


27 Daarop het hulle by Elim gekom, waar twaalf waterfonteine en sewentig palmbome was. En hulle het daar by die water laer opgeslaan.



 *~ Eksodus Hoofstuk 16~*


Toe hulle van Elim af wegtrek, het die hele vergadering van die kinders van Israel in die woestyn Sin gekom, wat tussen Elim en Sinai lê, op die vyftiende dag van die tweede maand ná hulle uittog uit Egipteland. 


En die hele vergadering van die kinders van Israel het teen Moses en teen Aäron in die woestyn gemurmureer. 


En die kinders van Israel het aan hulle gesê: Het ons maar in Egipteland deur die hand van YAHUVEH gesterwe toe ons by die vleispotte gesit en volop brood geëet het! Want julle het ons in hierdie woestyn uitgelei om hierdie hele vergadering van honger te laat sterwe.

 
Toe sê YAHUVEH vir Moses: Kyk, EK sal vir julle brood uit die hemel laat reën; dan kan die volk uitgaan en die dagmaat van elke dag insamel, sodat EK hulle kan beproef, of hulle in MY Torah sal wandel of nie. 


En op die sesde dag, as hulle berei wat hulle inbring, sal dit dubbel soveel wees as wat hulle daagliks insamel. 


Toe sê Moses en Aäron aan al die kinders van Israel: Vanaand, dan sal julle weet dat YAHUVEH julle uit Egipteland uitgelei het. 


En môre vroeg, dan sal julle die heerlikheid van YAHUVEH sien, omdat HY julle murmureringe teen YAHUVEH gehoor het—want wat is ons, dat julle teen ons murmureer? 


Daarop sê Moses: Dít sal gebeur as YAHUVEH julle in die aand vleis gee om te eet en in die môre volop brood, omdat YAHUVEH julle murmureringe hoor wat julle teen HOM murmureer. Want wat is ons? Julle murmureringe is nie teen ons nie, maar teen YAHUVEH. 


Verder het Moses met Aäron gespreek: Sê aan die hele vergadering van die kinders van Israel: Kom nader voor die aangesig van YAHUVEH, want HY het julle murmureringe gehoor. 


10 En onderwyl Aäron die hele vergadering van die kinders van Israel toespreek, draai hulle na die woestyn toe en meteens verskyn die heerlikheid van YAHUVEH in die wolk. 


11 Ook het YAHUVEH met Moses gespreek en gesê: 


12 EK het die murmureringe van die kinders van Israel gehoor; spreek met hulle en sê: Teen die aand sal julle vleis eet en in die môre met brood versadig word; en julle sal weet dat EK YAHUVEH julle ELOHIM is. 


13 En in die aand het daar kwartels opgekom en die laer oordek. En in die môre was daar ‘n doulaag rondom die laer. 


14 En nadat die doulaag opgetrek het, het daar oor die woestyn iets gelê wat fyn en korrelrig was, fyn soos ryp op die grond. 


15 Toe die kinders van Israel dit sien, sê hulle vir mekaar: Wat is dit? Want hulle het nie geweet wat dit was nie. Daarop sê Moses vir hulle: Dit is die brood wat YAHUVEH julle gee om te eet. 


16 Dit is die saak wat YAHUVEH beveel het: Samel daarvan in, elkeen na sy behoefte: ‘n gomer vir elke persoon volgens julle sieletal; elkeen moet dit neem vir die wat in sy tent is. 


17 En die kinders van Israel het so gedoen: hulle het ingesamel, die een baie en die ander min. 


18 Maar toe hulle dit met die gomer meet, het hy wat baie ingesamel het, niks oorgehad nie; en hy wat min ingesamel het, nie te min nie. Elkeen na sy behoefte het hulle ingesamel. 


19 En Moses het vir hulle gesê: Niemand moet daarvan laat oorbly tot môre toe nie. 


20 Maar hulle het nie na Moses geluister nie: sommige het daarvan laat oorbly tot die môre toe. Toe kom daar wurms in en dit bederwe. Daarom het Moses baie kwaad geword vir hulle. 


21 En hulle het dit môre vir môre ingesamel, elkeen na sy behoefte; en as die son warm word, smelt dit weg. 


22 En op die sesde dag het hulle ‘n dubbele porsie brood ingesamel, twee gomers vir elkeen. En al die owerstes van die vergadering het gekom en dit aan Moses vertel. 


23 Toe sê hy vir hulle: Dit is wat YAHUVEH gespreek het: Môre is dit rusdag, ‘n heilige Sabbat van YAHUVEH. Wat julle wil bak, bak dit; en wat julle wil kook, kook dit; en bêre vir julle alles wat oor is, om dit te bewaar tot die môre toe. 


24 En hulle het dit gebêre tot die môre toe, soos Moses beveel het; en dit het nie bederwe nie, en daar het geen wurms in gekom nie. 


25 Toe sê Moses: Eet dit vandag, want dit is vandag die Sabbat van YAHUVEH. Vandag sal julle dit nie in die veld kry nie. 


26 Ses dae lank moet julle dit insamel, maar op die sewende dag is dit Sabbat; dan sal dit daar nie wees nie.

 
27 En op die sewende dag het van die mense uitgegaan om in te samel, maar hulle het niks gekry nie. 


28 Toe sê YAHUVEH vir Moses: Hoe lank weier julle om MY gebooie en MY Wette te onderhou?

 
29 Kyk, omdat YAHUVEH julle die Sabbat gegee het, daarom gee HY julle op die sesde dag brood vir twee dae. Laat elkeen bly waar hy is; laat niemand op die sewende dag van sy woonplek af weggaan nie. 


30 So het die volk dan op die sewende dag gerus. 


31 En die huis van Israel het dit MAN “Manna” genoem. En dit was wit soos koljandersaad, en dit het gesmaak soos heuningkoek. 


32 Verder het Moses gesê: Dit is die saak wat YAHUVEH beveel het: ‘n Gomer vol moet daarvan bewaar word vir julle geslagte, dat hulle die brood kan sien wat EK julle in die woestyn laat eet het, toe EK julle uit Egipteland uitgelei het. 


33 Moses sê toe vir Aäron: Neem ‘n kruik en gooi ‘n gomer vol manna daarin, en sit dit voor die aangesig van YAHUVEH neer, om dit vir julle geslagte te bewaar. 


34 Soos YAHUVEH Moses beveel het, so het Aäron dit voor die Getuienis neergesit om bewaar te word. 


35 En die kinders van Israel het die manna veertig jaar lank geëet totdat hulle in ‘n bewoonde land gekom het. Die manna het hulle geëet totdat hulle by die grens van die land Kanaän gekom het. 


36 En ‘n gomer is die tiende van ‘n efa.



 *~ Eksodus Hoofstuk 17~*


Daarop het die hele vergadering van die kinders van Israel, volgens die bevel van YAHUVEH, van plek tot plek uit die woestyn Sin getrek en laer opgeslaan in Ráfidim. En daar was geen water vir die volk om te drink nie. 


Toe twis die volk met Moses en sê: Gee julle vir ons water om te drink. Maar Moses antwoord hulle: Wat twis julle met my? Waarom versoek julle YAHUVEH? 


Maar die volk het daar gesmag na water, en die volk het teen Moses gemurmureer en gesê: Waarom het u ons dan uit Egipte laat optrek om my en my kinders en my vee van dors te laat omkom? 


Toe het Moses YAHUVEH aangeroep en gesê: Wat moet ek met hierdie volk doen? Dit skeel maar min of hulle stenig my. 


En YAHUVEH het Moses geantwoord: Trek voor die volk uit, en neem van die oudstes van Israel met jou saam; en neem jou staf waarmee jy die Nyl geslaan het, in jou hand en gaan weg. 


Kyk, EK sal daar voor jou by die rots op Horeb staan; dan moet jy die rots slaan, en daar sal water uit kom, dat die volk kan drink. En Moses het so gedoen voor die oë van die oudstes van Israel 


en die plek Massa en Mériba genoem vanweë die twis van die kinders van Israel en omdat hulle YAHUVEH versoek het deur te sê: Is YAHUVEH in ons midde of nie? 


Daarop het Amalek gekom om teen Israel by Ráfidim te veg. 


En Moses het aan Josua gesê: Kies vir ons manne en trek uit, veg teen Amalek. Môre sal ek op die top van die heuwel staan met die staf van ELOHIM in my hand.

 
10 En Josua het gedoen soos Moses aan hom gesê het, om te veg teen Amalek. Maar Moses, Aäron en Hur het op die top van die heuwel geklim. 


11 En telkens as Moses sy hand ophou, was Israel die sterkste; maar as hy sy hand laat sak, was Amalek die sterkste. 


12 Maar die hande van Moses het swaar geword; daarom het hulle ‘n klip geneem en dit onder hom neergelê, dat hy daarop kon sit. En Aäron en Hur het sy hande ondersteun, die een duskant en die ander anderkant. So het sy hande dan vas gebly tot sononder. 


13 En Josua het Amalek en sy volk met die skerpte van die swaard ‘n neerlaag toegebring. 


14 Toe sê YAHUVEH vir Moses: Skrywe dit as ‘n aandenking in ‘n boek en prent dit Josua in, dat EK die gedagtenis van Amalek onder die hemel heeltemal sal uitdelg.


15 En Moses het ‘n altaar gebou en dit genoem: YAHUVEH NISSI (YAHUVEH is my banier). 


16 En hy het gesê: Waarlik, die hand op die troon van YAH! Oorlog het YAHUVEH teen Amalek van geslag tot geslag.