Shabbat Shalom!

Welkom by Behar, Op die Berg, hierdie week se Parasha.

Levitikus 25:1 – 26:2;
Jeremia 32:6 – 27;
Lukas 4:14 – 22;



AMIGHTYWIND YAHUSHUA’S New Blood Covenant Prophecies


YAHUVEH se Waarskuwing wat voor elke Profesie bygevoeg moet word.

EK het jou lank gelede gewaarsku Elisabeth (Elisheva),

om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie,

selfs nog voordat daar ‘n Bediening was, het EK dit in jou gees geplaas.

Want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie,

Niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie.

Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee.

Dit is uit die Mond van YAHUSHUA,

jou MASHIACH geboorte gegee.

Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH,

jou IMMAYAH geboorte gegee.

As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het.

Dit is deur die SHKHINYAH GLORIE se WIND

wat oor hierdie aarde waai, die HEILIGE WIND VAN HERLEWING.

Dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk het.

EK IS YAHUVEH, dit is MY NAAM;

en MY EER sal EK aan geen ander gee,

of ook MY LOF aan die gesnede beelde nie. (Jesaja 42:8)


24 Mei 2019

PROFESIE 120: MOENIE MOED OPGEE NIE! MOENIE TOU-OPGOOI NIE! SUKKOT RESTOURASIE PROFESIE! HEBREEUSE VERTALER, MESSIAANSE JODE EN ALLE GELOWIGES.

Jy behaag MY, MY kind. Moenie huiwer om MY die HERE GOD ALMAGTIGE te noem nie, want MY GEES is in jou.

JY IS MYNE! JY IS BLOEDGEWAS!

JY IS MET BLOED GEKOOP! EN JY’S MYNE!

-LIGGAAM, SIEL, GEES EN VERSTAND BEHOORT AAN

YAHUSHUA HA MASHIACH! EK IS JOU MESSIAS!

En EK vul jou nou met Vars Nuwe Olie vanuit die Hemel, om in 'n groter Salwing te loop, om met groter vrymoedigheid te praat, net soos Johannes die Doper.

VAN DIE KROON VAN JOU KOP TOT OP DIE SOLE VAN JOU VOETE!

EK GEE VIR JOU VARS MANNA UIT DIE HEMEL OM TE EET!

JY IS MY GELIEFDE! MY GELIEFDE IS MYNE!

O, MY KOSBARE EEN! HELP MY, HELP MY, HELP MY!

VOED MY SKAPE EN LAMMERS! WERK SAAM MET HIERDIE PROFEET.

WANT DIE TYD IS SO MIN!

MY BLOED deurweek die grond in Israel. Net een druppel is al wat nodig is om sondes weg te was. Dankie dat jy nie skaam is vir MY nie. Dankie dat jy gewillig is om terwille van MY vervolg te word! Dankie dat jy MY aanvaar, alhoewel dit beteken dat jou familie wegdraai! Hulle wat jou bloed-familie is, maar nie MY BLOED-familie nie!

MY BLOED-familie omhels jou soos wat EK hierdie profeet en suster van jou, jou vandag laat bel het. MY BLOED-familie, diegene wat die wil van die HEMELSE VADER doen, omhels jou en is lief vir jou - herken jou vir wie jy is in MY! Onthou dit altyd. EK is lief vir jou! En EK bedank jou! Ja, die HERE jou GOD, jou VERLOSSER, jou MESSIAS is lief vir jou! Moet nooit, nooit, nooit, nooit dat iemand dit van jou af wegneem nie!

EK praat met jou in die stilte van die nag. EK gee vir jou Openbaringe. En jy sal nog groter Openbaringe hê!

Onthou MY geliefde een, “Judasse” sal kom en “Judasse” sal gaan. EK het MY “Judasse” gehad. Jy het joune. Elisabeth [Elisheva] het hare. Almal, almal, almal wat MY volg en hulle word nie terwille van MY NAAM vervolg nie, moet hulself afvra, “Hoekom nie?” Want die dienskneg is nie groter as die MEESTER nie. (John 13:16) Dit is almal......almal het MY nie lief nie [Nie almal is lief vir MY nie]. Moenie verwag dat almal jou sal liefhê nie - net soos EK nogsteeds vervolg word. In hierdie wêreld word EK meer gehaat as wat mense MY liefhet! EK word meer bespot as wat EK aanvaar word! Maar EK het die PRYS op Golgota betaal. En Israel – O, Israel - hoe lank, hoe lank, hoe lank, hoe lank moet EK nog wag vir jou om MY te aanvaar, om MY lief te hê?

O! EK weet hoe lank dit nog sal wees! En EK weet wat die prys is wat Israel sal betaal! En dit sal 'n prys wees wat so groot is - want hulle word meer verantwoordelik gehou. Want EK het in die strate van Jerusalem geloop. Die land word deurdrenk met MY BLOED, MY BLOED, MY BLOED. O! hoe treur EK! Hoe rou EK!

Maar daar is 'n oorblyfsel! EK het 'n oorblyfsel! EK het ALTYD 'n oorblyfsel! Hulle is min, maar hulle is MYNE! En net soos wat EK vir jou het, so is daar ook ander in Israel. En hulle is reg oor die wêreld versprei en hulle sal opstaan en hulle sal verdedig! En hulle verdedig dit wat Heilig is! En hulle ontbloot en bestraf alles wat onheilig is en waarsku dat die vals messias oppad is - maar dit sal nie gebeur voordat EK MY ware Bruid weggevat het nie.

So EK gebruik net hierdie oomblik om te se, “Dankie”. EK stuur MY Profeet om te se, “Dankie”. Nie een traan wat julle terwille van MY NAAM gestort het, is nie in 'n kosbare bottel, beslaan met edelstene en juwele van alle soorte, in die Hemel gestoor nie (Ps 56:8). En hoe groter die vervolging- EK sê dit vir julle MY geliefdes, MY geliefde Bruid - hoe sterker die geur. Die aroma is in daardie bottel met trane. Dit was 'n offergawe aan MY, julle YAHUSHUA, julle HEMELSE VADER en die KOSBARE RUACH HA KODESH.

Ag! hoe lank, hoe lank, hoe lank, hoe lank, hoe lank, hoe lank het EK gewag om in staat te wees om MY Bruid te omhels! Maar dit sal nie meer baie langer wees nie! Dit sal nie meer baie langer wees nie! Julle sal in MY arms wees! Julle sal MY Stem hoor!

Moet net nie moed opgee nie! Moet net nie tou-opgooi nie! Want julle het so ver gekom! Moenie moed opgee nie! Julle moenie opgee nie! Moenie ‘n kompromie met die wêreld se leuens aangaan nie!

Hoe meer die wêreld vir julle vertel dat julle onheilig is, weet dat julle Heilig is! Hoe meer hulle julle bespot en lag - omdat julle die Torah-wette volg - weet dat julle MYNE is!

Hoe meer julle die Sabbat, die Shabbat, verdedig en sê: "Dit is nie 'n Sondag nie", weet net dat julle MYNE is! Moenie opgee nie. Moenie ophou nie. Al is die vervolging so groot en al gaan dit nog groter word, onthou terwille van WIE SE NAAM julle vervolg word! Onthou terwille van WIE julle gehaat word!

O, hulle sal julle naam gebruik en julle naam sal beswadder word en allerhande bose dinge sal teen dit gesê word, maar dit is nie regtig julle naam wat hulle haat nie. Dit is WIE julle verteenwoordig. Dit is wie julle is in MY. Dit is die Boodskappe wat julle bring wat direk uit die Hemel kom.

So moenie moed opgee nie! Moenie ophou nie!

Want EK gaan Wraak neem op hierdie vyande! En hulle sal bid dat die berge hulle verberg - van HOM WAT OP DIE TROON SIT (Openb 6:15-17) en die HEILIGE LAM wat geslag en gekruisig was en weer opgestaan het! YAHUSHUA HA MASHIACH IS MY NAAM!

En EK sê vir julle - MOENIE MOED OPGEE NIE! EN MOENIE OPHOU NIE! WANT EK IS met julle!

Bereik MY mense. Bereik MY mense. EK praat nie net met die mense in Israel nie, maar EK praat met al die mense van die wêreld. Bereik MY mense. Hou aan om MY Skape en Lammers te voed. Hou aan en moenie skaam wees vir jou getuienis nie want jou getuienis is nie wie jy is nie, jou GETUIENIS is WIE EK IS - in jou! Dit is wat die duiwel haat! Dit is wat jou vyande haat!

Maar daardie einste GETUIENIS bewys wie EK IS - want EK verander lewens! En groot, groot, groot, groot, groot, groot, groot is die belonings wat wag – in die Hemel - vir die wat gewillig was, gewillig was om hulle reputasies neer te lê, hulle name neer te lê, wie gewillig was om vervolg te word om MY NAAM ontwil! Groot, groot, groot, groot, groot is die belonings wat vir julle in die Hemel wag.

My geliefde, jy sal aanskou. Julle sal MY HEERLIKHEID, MY HEERLIKHEID aanskou. Met julle eie oë! Julle sal aanskou! Dis nie ver weg nie! Moenie mismoedig word wanneer julle die datum-bepalers sien kom en gaan nie. Luister net en julle sal sien. Nuwe Openbaringe sal na julle toe kom.

Staan op vir mekaar! Dis nie nou die tyd om alleen te staan nie. Ek bring MY Bruid saam van een kant van die wêreld na die ander kant deur die Internet, anders sou julle twee wat nou praat, nooit ontmoet het nie. Nogtans is dit asof julle in dieselfde kamer is want julle is een Gees.

Julle sal weet wie MYNE is. Hulle sal saam met julle veg. Hulle sal alles wat Heilig is verdedig. Hulle sal die wolwe in skaapsklere ontbloot. Moenie mislei wees nie. Almal wat beweer hulle praat in “die Naam van 'JESUS CHRISTUS'”, praat nie [almal] werklik van MY nie. Enigeen wat teen hierdie Heilige Bediening staan, 'n Bediening deur YAH self georden..... Ellende wag op die vyande wat opstaan teen alles wat Heilig is! Want julle staan op teen GOD ALMAGTIG!

So MY Geliefde, weet dat EK jou gekies het. Weet dat jy die Hebreeuse vertaler is en daar is nog wat moet kom, maar hulle het uitgestel. So hierdie is jou beloning vandag. Jy wou 'n Woord gehad het... jy het 'n Woord gekry.

Elisabeth [Elisheva] jy't gesê, "Ek weet nie wat ek gaan sê nie!" Dis reg MY dogter, want hierdie is nie woorde vanuit jou vlees nie! Hierdie Woorde kom uit die Hemel uit - om die Hebreeuse vertaler te seën, wat MY Woorde na die Hebreeuse mense toe sal neem, en wat ywerig sal werk. En EK sal [die vertaler] grootliks seën!

EK is lief vir julle! EK is lief vir julle! Moet nooit, nooit, nooit, nooit, nooit vergeet dat EK julle liefhet nie. EK weet van ELKE traan wat julle ALMAL gestort het! EK weet van ELKE LIEWE keer wat julle naam vervloek word op die aarde, maar dit is nie deur MY nie.

Want EK stuur vir julle seëninge!

Ek berei vir julle 'n tafel voor IN DIE TEENWOORDIGHEID VAN JULLE vyande (Ps 32) EN EK SEËN JULLE!!!! En die GANSE hel is WOEDEND, want hulle KAN NIE die Stem van julle LEWENDIGE ALMAGTIGE YAHUVEH STILMAAK NIE!

SO [VYANDE] KNERS JOU TANDE IN WOEDE!!!!

EK IS NIE MEER DAARDIE OFFERLAM

WAT GEMARTEL WAS NIE!

DIT WAS DAARDIE EENKEER!

NOU IS EK DIE LEEU UIT DIE STAM VAN JUDAH

EN EK KOM OM MY VYANDE TE VERSLIND!!!!!

WANT EK & DIE VADER IS EEN!

ONS ALBEI SEËN EN ONS ALBEI VERVLOEK!

DEUTERONOMIUM 28, DIE SEËNINGE EN DIE VLOEKE:

DIE SEËNINGE VIR DIE WAT GEHOORSAAM IS!

DIE VLOEKE VIR DIE WAT ONGEHOORSAAM IS!

Julle wandel in MY seëninge. Diegene wat die Wil van die HEMELSE VADER doen wandel in MY Seëninge.

EK is besig om te toets. EK weet alreeds wie waardig is om die Groot Verdrukking te ontsnap. Almal van julle word getoets! Jy het nou 'n splinternuwe Profesie, Elisabeth Elijah [Elisheva Eliyahu]. Jy het gewag en gewag en die vyande het gevrees, maar EK het gewag en EK het gewag todat jy die stem hoor - die stem van die Hebreeuse vertaler - om die Salwing in jou wakker te maak.

WANT ISRAEL, EK IS LIEF VIR JOU.

HOOR JY MY, O ISRAEL?

EK IS LIEF VIR JOU. EK BEGEER OM JOU TE RED.

DIT IS JOU KEUSE.

DIT SAL VERVOLGING KOS

SOOS DIE EEN MET WIE JY NOU PRAAT,

AL VERVOLG IS EN SOVEEL MEER.

MAAR EK HET MY BRUID IN ISRAEL.

HULLE IS MY VERSTEEKTE BRUID.

DAAR IS NIE NET FISIESE ISRAEL NIE,

DAAR IS GEESTELIKE ISRAEL.

EN EK HET MY BRUID.

WANT MY GEESTELIKE ISRAEL IS IN ISRAEL OOK.

O! MY KOSBARES!

LEES DIE HOOGLIED VAN SALOMO.

AANSKOU MY LIEFDE VIR JULLE. AANSKOU MY LIEFDE VIR MY BRUID.

JULLE WEET NIE HOE GRAAG EK JULLE TEEN MY SY VAS WIL TREK NIE!

EN DIT SAL NIE MEER LANK WEES NIE! DIT SAL REGTIG NIE MEER LANK WEES NIE!

EK SIEN JULLE TRANE. EK HOOR JULLE VERDRIET. EK KYK WANNEER JULLE HUIL EN WEEKLAAG:

"EK WIL NIE MEER OP HIERDIE AARDE WEES NIE."

JULLE IS OMRING DEUR KWAAD AAN ALLE KANTE.

MAAR HOE DINK JULLE VOEL EK ?

WANNEER MY EINSTE NAAM VERAG WORD?

DIT SAL NIE LANK WEES NIE.

MOET NET NIE MOED OPGEE NIE! MOENIE OPHOU NIE!

DIE GOEIE WERK WAT EK BEGIN HET, SAL EK KLAARMAAK.




Gespreek onder die Salwing van die RUACH HA KODESH

Deur Apostel Profeet Elisheva Eliyahu 19/10/2011



PROFESIE 95 YAHUSHUA ha MASHIACH Sê, Neem Op Julle Wapens, EK LEWE!

Nou begin julle dit verstaan MY Kinders! Nou verstaan julle hoekom EK gesê het daar is ‘n wapen soos geen ander wapen wanneer julle gemeenskap het met MY nie. Elisabeth (Elisheva), die woorde wat jy gespreek het is nie jou eie woorde nie, want MY Woorde is hoër as enigiets wat jy ooit kan dink. Elke keer as jy gemeenskap (communion) hou, elke keer as jy een met MY word, gee EK jou MY ore. Gee EK jou MY oë. Spreek EK uit jou mond. EK besny jou hart terwyl jy jou hande aan MY offer om MY wil te doen. En jou voete aan MY: sodat EK jou in die voetspore van die Heilige kan lei.

Nou verstaan jy Elisabeth (Elisheva). Ag hoe haat satan dit. Het EK nie gesê hoe meer jy nodig het om geseën te word, hoe meer jy verlossing van die vyand nodig het, dit gaan nie net oor vergifnis nie, dit gaan oor oorwinning in alle areas van jou lewe. Vertel hulle MY Kinders. Vertel hulle namens MY.

Hoe baie georganiseerde godsdienste wil net ‘n wafelkoekie in hulle mond sit? ‘n Droë wafelkoekie wat niks anders as ‘styrofoam’ kan wees nie. Hulle vergeet die prys wat EK betaal het. Daar is geen vooraf berou oor sonde nie. Hulle drink van die wyn en hulle herhaal woorde uit gewoonte aan. Daar word geen hart aan MY gegee nie. En die vermetelheid wanneer iemand anders ‘n wafelkoekie in die ander se mond plaas en homself ‘n Biskop noem. En hy noem homself die pous. Jy kan dit nie vir iemand anders doen nie! Nagmaal is een tot een. Nou praat EK nie met hulle wie invalides is nie, hulle wie die hulp van ander nodig het om die brood in hul mond te sit of die beker na die lippe te bring nie. Want hulle harte is op die regte plek solank die een wie die nagmaal bedien, se hart op die regte plek is. Sê vir hulle, voed MY skape. Sê vir hulle. Neem hierdie wapen op wat vir baie lank verwerp is, maar moet dit nie met vuil lippe doen nie. Moenie dit met ‘n gees van onberou doen nie. Moenie dit as net ‘n ritueel doen nie. Woorde wat deur ‘n ander mens geskryf is nie. Gee MY jou hart. En EK sal MY Woorde uitspreek. Moenie dit doen terwyl jy in sonde lewe nie! Anders drink jy vernietiging oor jouself! Waar is die vrees? Waar is die vrees?

Hoe baie sien EK en hulle het geen vrees meer nie. Hulle bly in hulle sonde. Hulle neem die nagmaalsbeker met sondige lippe. EK is getrou om te vergewe. Maar moet dit nooit doen met ‘n onberouvolle hart nie want julle drink net vernietiging. Julle drink net vloeke. Kom na MY toe met ‘n berouvolle hart. Vra MY om julle van julle sonde te vergewe. EK is getrou en EK is vol genade en net een druppel van MY Bloed, net een druppel van MY Bloed kan die hele mensdom red as hulle MY net aanvaar het. Net een druppel van MY Bloed. En kyk hoe baie meer het EK gegee. Dit is wat EK wil hê julle moet vir hulle sê. Dit is die nuwe Boodskap wat EK vir jou gee. Dit is die boodskap wat vir die hele wêreld bedoel is. Dit is die enigste wapen wat julle het. Vertel vir hulle. “So spreek YAHUSHUA ha MASHIACH,” wanneer julle die wapens uit so baie verskillende rigtings na julle sien mik, lig die enigste wapen op wat EK vir julle gegee het.

Diegene wat aan MY behoort. Hulle wie hul lewe vir MY gegee het. Hulle wie MY gevra het om in hul harte in te kom. Hulle wie daarna strewe om MY te gehoorsaam. Hulle wie daarna strewe om MY te behaag. Hulle wie MY aanbid en MY eerste in hulle lewens en hul liefde en in hul huwelike plaas, lig hierdie wapen voor die vyand op. Slegs MY Naam en MY Bloed, slegs deur MY Liggaam, kan iemand gered word! Slegs deur die Bloed van YAHUSHUA julle MASHIACH, kan iemand gered word! Daar is geen naam op hierdie ganse aarde, in die ganse heelal waardeur iemand gered kan word nie behalwe deur MY Bloed en deur die prys wat EK met MY Liggaam betaal het, soos EK MY Lewe neergelê het nie.

Geen mens het MY lewe geneem nie! Geen mens kon MY doodmaak nie! Maar EK het dit vrywillig gegee. Dit is EK wat gesê het, “Dit is volbring.” Dit is EK wat MY Gees beveel het om te gaan. Maar julle het geen idee wat EK gedurende hierdie tyd gedoen het nie. Julle het geen idee nie want alhoewel MY Liggaam gesterf het, het EK opgestaan. En EK het ‘n openbare vertoon aan satan gemaak, die een wat eens Lucifer genoem was en EK het hom laat weet en EK het die ganse hel laat weet, EK lewe! En EK het die sleutels van die hel en die doderyk uit sy hande geneem! En hy kan niemand hel toe stuur tensy dit deel van MY plan was nie, tensy hulle name nie voor die grondlegging van die aarde in die LAM se Boek van Lewe gevind is nie.

En EK kan nie een verloor nie. Ek verloor nie een nie. Almal, almal almal wie se name in die LAM se Boek van Lewe geskryf is voor die grondlegging van die aarde af, almal, almal, almal, almal sal in die Hemel wees. Diegene wie se name uitgewis is! Soos wat hulle MY in die Hemel verraai het, so verraai hulle MY op aarde. Maar selfs daardie naam was voor die grondlegging van die aarde uitgewis. Soos hulle MY in die Hemel verraai het, so verraai hulle MY op aarde. Almal van julle werk julle eie verlossing met vrees en bewing uit want julle siele weet waarheen julle sal gaan. Julle herhaal slegs wat alreeds gedoen is.

Julle sien hierdie predikers langs die pad val. Julle sien hulle verraai die skape en die lammers. Julle sien hulle verkondig ‘n ander evangelie as wat EK beplan het. Maar soos hulle MY nou verraai, so het hulle MY toe verraai. Want EK vertel vir julle iets in Waarheid wat julle nie geweet het nie en Elisabeth (Elisheva), selfs jy sukkel om nou hierdie Woorde uit te spreek, maar daar nie soiets soos ‘n nuwe siel nie. Want die hele aarde en al die tye van die aarde was gevul met ou siele. Dit is hoekom EK die getal hare op elkeen van julle hoofde ken. Dit is hoekom EK elkeen van julle se name ken, of dit vriend of vyand is. Dit is hoekom EK weet toe EK MY Bruid op aarde gekies het, het EK alreeds geweet wie lojaal was in die Hemel. Dit is hoekom EK weet en EK vir Jeremia laat weet het terwyl hy in sy moeder se skoot was, soos wat elke dag van sy lewe opgeteken was, het EK geweet dat EK hom as profeet georden het want EK het geweet wie EK kan vertrou.

O MY skape en lammers, Pasop! Pasop! Pasop! Pasop! Pasop vir hulle wie hulself oppof met roem en rykdom en julle luggowe vul. Pasop! Pasop! Pasop! Pasop vir hulle wie weier om die Boodskap van berou te preek, wie nie ‘n lewe van berou lewe nie, wie weier om ‘n lewe van Heiligheid leef, wie weier om die sondaars te waarsku teen sonde. Pasop! Pasop! Pasop! Pasop, o skape en lammers! Want hulle is nie MYNE nie en soos hulle MY vantevore verraai het, so verraai hulle MY nou weer! O gulsige pastore, julle weet julle behoort nie aan MY nie! Julle is ‘n klug! Julle is ‘n vervalsing! MY GEES is nie in julle nie! EK het die name voorheen deur hierdie Bediening genoem! En daar is so baie meer wat EK nie genoem het nie. Maar hou hulle dop, o skape en lammers. Het hulle hulle siel soos ‘n goedkoop hoer verkoop net om die belastingvrystellingstatus te kry? Pasop, MY skape en lammers, vir hulle wie probeer om al die godsdiens saam te voeg as een! Vir die Een Wêreldorde! Daar is maar net een YAH. Julle het net EEN SKEPPER. YAHUVEH is SY Naam. Ander spreek dit uit as YAHWEH. Maar daar is maar net EEN. Daar is maar net EEN MASHIACH. MY Naam is YAHUSHUA. Noem MY YAHSHUA. Maar moenie die Naam YAH uithaal en dink julle hoor van MY Gees nie.

Julle wie julself Messiaanse Jode noem, julle doen so baie dinge reg maar waar julle kompromiseer en julle nie langer MY lig het nie, het julle die Naam YAH uit MY Naam gevat om die Ortodokse Jode te paai want hulle ken die SKEPPER se Naam. Hulle glo die Rabbies se leuens. Maar lees jul eie Torah. Lees die Bybel. Hoeveel maal is dit geskrywe, “In MY Naam sal julle duiwels uitdryf. In MY Naam sal julle hande op die siekes lê, slegs in MY Naam. Sê die Bybel nie dit nie?

En in die Torah, in die Tanakh hoeveel maal sê dit, “In YAHUVEH se Naam”? Wat sal julle met Psalm 91 doen, julle Ortodokse Jode? Julle lees so getrou die Torah en die Tanakh maar julle neem die krag weg wanneer julle nie julle SKEPPER, julle BESKERMER se Naam noem nie. En julle het geen beskerming wanneer julle nie MY Liggaam en MY Bloed aanvaar nie want EK is die eniggebore SEUN van ABBA YAHUVEH. EK is die eniggebore SEUN en MY MOEDER word genoem die RUACH ha KODESH. SY is die MOEDER van WYSHEID.

Die tyd is nou so kort. Die lammers het oornag skape geword. EK stort MY Waarheid uit. EK het hulle laat opgegroei want daar is nie meer tyd om langer babas te bly nie. EK vereis meer Heiligheid as ooit tevore want boosheid woed oral rond. EK kyk vir die sprankel van edelgesteentes wanneer EK en MY Vader op die aarde neerkyk. Kyk, hulle wie aan MY behoort sprankel soos die helderste edelgesteentes, soos MY lig op hulle skyn. Maar waarlik, julle is in en word omring met die vullis (feces) van onmenslikheid. En EK soek vir die sprankel van die edelgesteentes en EK weet net waar hulle is en EK kan selfs vanuit die Hemel die meer kosbaarste van MY juwele waarneem. Dit is almal van julle wie MY eerste in jul lewens en jul liefde plaas, wie daarna strewe om te alle koste te gehoorsaam. Wie satan bestraf en hom laat verstaan hy het geen deel aan julle nie. Julle is MY kosbare juwele.

O die stank, die stank, die stank wat van die aarde af kom! O die stank, die stank, die stank van menslikheid, omring deur onmenslikheid! Selfs MY eie Heilige engele roep uit, “Kan ons nog nie weggaan nie?:” Maar hulle is soontoe gestuur om hulle te beskerm wie se name in die Lam se Boek van Lewe opgeskryf gevind word.

Sommige van julle het julle grootste gevegte in jul eie huise. Julle kom op elke manier oor die weg met julle gades behalwe wanneer dit kom by die Waarheid van wat EK sê. Dit is julle toets. Dit is julle beproewing. Wie sal julle meer liefhê. Wie begeer julle om meer te behaag? Sal julle na die woorde luister wat hulle sê? Of sal julle die Woorde gehoorsaam wat EK sê? Wat is die prys vir julle siel? Want as julle nie nou hierdie besluit maak nie, waarborg EK julle, julle sal nie die regte besluit in die komende Groot Verdrukking maak nie. Dit is julle siel. Watter vrou, watter man is julle siel werd? EK het MY Liggaam en MY Bloed gegee. EK het weer opgestaan uit die dood vir almal om te sien dat satan nie oorwinning oor MY het nie. Sodat julle nie langer ongelyk gebind hoef te wees nie.

Dit is die Woorde wat EK jou vandag laat sê. Jy het gesê, “Gee my iets om U skape en lammers mee te voed.” Elisabeth (Elisheva) dit is wat EK wil hê jy moet sê. Dit is wat EK wil hê jy moet skryf. Dit is wat deur Kathrineyah oorgeskryf moet word. YAHUSHUA se Demon Stompers, o MY kosbare kleintjies, Intersessor Gebedsvegters, Heilig voor MY! O julle sukkel net soos enigeen. Versoekings kom van links en regs na julle toe. Maar julle weet om die wapenrusting van Efesiërs 6 aan te trek. Julle weet om sterk te staan in MY Naam deur MY Bloed. Dit is ‘n Bediening wat EK vir julle gegee het om magtige gebedsvegters te wees! Skilddraers om Amightywind Bediening te bedek, om Elisabeth (Elisheva)
te bedek, om mekaar in Waarheid te bedek.

Beleë/ervare vegters kom na vore! Sluit aan by hulle in die gevegslinies. MY Bruid van YAHUSHUA ha MASHIACH kom na vore! Sluit by ons aan in die gevegslinies! Want daar is oorwinning. Hoe meer julle verlossing nodig het, hoe meer julle seën nodig het, hoe meer julle genesing nodig het, hoe meer julle vergifnis nodig het..... hoe meer, hoe meer, hoe meer, moenie jul enigste wapen verwerp nie, dit wat julle nagmaal (communion) noem. En EK sê vir julle, moenie dit met ‘n sondige mond, ‘n sondige hart neem nie, bely voor julle dit doen en belydenis is nie eenvoudige woorde wat oor lippe kom nie. Belydenis is wegdraai vant dit wat julle weet boos is! Want EK is getrou en EK is eg en wanneer julle julle hart vir MY gee en julle lê hierdie belydenis voor MY, sal EK julle vergewe. En die van julle wie hier lees en hierna luister, julle het nognie julle lewe vir MY gegee nie, maar julle kom hier en julle lees die Woorde wat EK deur hierdie Profetiese Diensmaagd uitspreek, EK herinner julle hieraan, moenie wag tot julle volmaak is nie. Moenie wag tot julle dink, “O nou is ek Heilig nie”. Want dit kan nie so gebeur nie.

Eers aanvaar julle MY as julle MASHIACH. Eers vra julle vergifnis vir julle sondes. Eers vra julle MY om MY lewe in julle te lewe, om die bose begeertes in julle weg te neem, om julle met MY gestorte Bloed skoon te maak en dan maak EK julle skoon. Dit is soos ‘n baba wat gebore word. Wanneer daardie baba uitkom, is dit oordek met die liggaamsvloeistof van die moeder. Dit moet afgewas word. Dit moet geslaan word voor dit asemhaal. Asem in o kleintjie, kom na MY toe. Laat EK hierdie wêreld se sonde van julle afwas. EK kasty diegene wat EK liefhet sodat julle in MY kan asemhaal, sodat MY Gees in julle kan lewe, die RUACH ha KODESH in julle kan lewe.

MY kosbare, kosbare, kosbare kleintjies. EK begeer, EK begeer, EK begeer om julle te verlos. Moenie, moenie, moenie toelaat dat hierdie wêreld julle vertel daar is nie so iets soos sonde nie, want sondaars kan nie die Koninkryk van die Hemel beërwe nie. Maar sondaars wat vergewe is kan. Kom na MY toe lamal wat vermoeid en belas is met die sorge en die laste en die sondes van hierdie wêreld. Gee dit vir MY want EK sal vir julle rus gee. Elisabeth (Elisheva), hierdie is die Woorde wat EK wil hê jy moet vandag, op hierdie Sabbat sê.

Sê vir hulle die Tien Gebooie bestaan nog. Geskryf deur ABBA YAHUVEH se eie vurige hand. Hulle is op ‘n tafel van klip geskrywe, nie op ‘n papier of ‘n rol om uitgevee of verander te word nie. Wat toe sonde was is nou sonde. En pasop vir enige leier wat vir julle iets anders vertel. EK het meer te sê maar dit sal op ‘n ander dag wees want die Heiliges sal Heiliger word en die onheiliges sal onheiliger word en wie wie is in Hollywood is waarlik wie is wie in die hel. Moenie die maniere van hierdie wêreld naboots nie want alhoewel julle in hierdie wêreld is, is julle nie deel van hierdie wêreld nie.

EK het meer te sê maar die Woorde wat EK te sê het, sal nie vir die wêreld wees om te hoor nie. Dit is vir julle vyf. O MY geliefde Kleintjies, julle het ‘n ‘Passover’ nodig. Diegene wat hierdie Woorde lees, diegene wie hierdie Woorde sal hoor, julle het ‘n “Passover” nodig. Julle het nodig om van julle laste verlos te word, van julle vyande. Maak nie saak hoe ‘n nederige “Passover” julle doen nie, doen dit net. Erken net die feit dat julle ‘n “Passover” nodig het. Julle het ‘n nuwe begin nodig. Julle het wonderwerke uit die Hemel nodig. Julle het verlossing van die vyande se hande nodig want EK waarsku julle, julle grootste vyande is julle eie regerings en julle eie land. EK waarsku julle hieroor. Amerka, julle is gedoem. EK het dit weer en weer en weer en weer geprofeteer. So Amerika, EK gaan vir julle ‘n leier volgens julle hart gee. Julle is ‘n afknouer/bullebak. Julle is brutaal (brutish). Julle was eens so geseënd en nou is julle ‘n vloek vir MY en almal wie in Amerika se voetspore volg, al julle nasies, EK praat deur hierdie Profetiese Diensmaagd, sodat julle ‘n vloek voor MY sal wees. Sodat julle ‘n vloek voor MY is. EK het jou gewaarsku Kanada, moenie in jou suster se voetspore volg nie. Maar jy het jouself verkoop, O Kanadese, die regering van Kanada het hulself vir die prys van goud verkoop. Omhels nou immoraliteit, omhels die gees van ateïsme.

O Engeland, O Verenigde Koninkryk, daar is niks verenig aan jou nie. Jy het eens vir moraliteit gestaan, daar is niks moreel meer oor jou nie. Julle laat julle politici toe om alles te omhels wat EK verafsku.

Julle Heiliges wie in Amerika sit en julle sê vir die eerste keer is daar niemand om voor te stem nie, EK het alreeds vir julle die enigste kandidaat gegee wat gestaan het vir moraliteit en sy naam is Ron Paul. So, selfs al sou jou stem nie tel niee, plaas jou stem in die Hemel. Skryf jou stem op aarde, die van julle wat kan. EK ken julle hart. Maar moenie skik nie. Obama is ‘n afskuwelikheid voor MY, EK het dit eenmaal gesê, EK sal dit weer sê.

John McCain is die seun van Kain. EK het dit eenmaal gesê, EK sê dit weer. Hillary Clinton, jou siel is so swart soos swart kan wees. Daar is nie ‘n minder bose een wat vir president staan nie. Almal van julle in boos in MY oë. En die enigste hoop wat daar was, wil die media nie eers aandag aan gee nie. Julle sien, EK het altyd ‘n volk en hulle is die verborgenes. Ag hoe min Regter Roy Moores het EK, want hulle wil nie praat soos hy doen nie. Amerika, ag hoe anders kon dit gewees het as die een wat julle Regter Roy Moore noem, julle president kon wees, maar daar is geen begeerte meer vir moraliteit of Heiligheid nie en dit gaan van die een nasie na die volgende!

EK het deur hierdie Diensmaagd van MY geprofeteer, wat in die minderheid was, sou in die meerderheid gewees het as julle nie hierde sonde beveg nie en kyk nou na die gees van homoseksualitteit, waar het dit nognie ingesypel nie want julle glo ‘n leuen. EK het lank gelede vir hierdie Diensmaagd van MY gesê in die begin was Adam en Eva (Adam and Eve), dit was nooit Adam en Steve nie (Adam and Steve). Dit moes nooit, nooit, nooit, nooit, nooit, nooit, nooit so gewees het nie en daarom sal die swart bloed plaag losgelaat word. boiling black blood plague Julle het nou nie meer lank nie. Almal wat hierdie gees van homoseksualiteit vryspreek, of wie stilgebly het en gesê het, “Laat hulle net hul eie ding doen.” Julle sal ‘n plaag beleef (sufferrr) soos geen ander nie! Hulle wie aan hierdie afskuwelikheid voor My deelneem, julle sal swaaaaaarkry soos geen ander nie! En dié van julle wie weet dit is verkeerd, selfs al behoort julle nie aan MY nie, julle het wegvlug van hierdie sonde af en dit sal nie op julle kom nie. Praat nou uit! Terwyl julle nog ‘n stem het! Julle pastore wie die homoseksualiste omhels het sodat julle hulle nie hoef te konfronteer nie, wag en kyk wat EK aan julle gaan doen, want julle sal deel hê in dieselfde plaag! Dream of Boiling Black Blood Plague.

Diegene wie aborsies omhels het, nie teen dit gepraat het nie, pastore, julle wie julle selfs leiers noem en nie MY leiers is nie, julle sal die pynnnnn van daardie baba voel. Julle sal hul geskree vir ewig in julle ore hoor terwyl dit soos julle eie vel voel wat in daardie soutoplossing gebrand het. Dit sal voel asof julle liggaam uitmekaar geruk word. Dit sal voel asof julle koppe afgekap word. Julle het nie ‘n idee wat EK met julle gaan doen nie! Julle moeders wie julle babas aborteer, julle het geen verskoning voor MY as julle nie berou het oor hierdie gruweldaad nie. Die bloed sal nooit van julle hande afkom nie! Want die geskree van die ongeborenes eggo in die Hemel se ore en alhoewel hulle veilig huis toe geneem word, wil hulle steeds oordeel hier onder hê. Dit is wat gedeeltelik van gepraat is wanneer julle in die Bybel lees dat die siele onder die altaar wil oordeel hê en hulle roep uit en hulle sê, Hoe lank nog? Hoe lank nog? (Open 6:10). Hierdie is nie net die martelare wat hulle lewens neergelê het vir MY nie, hierdie is die ongeborenes wat gebore sou word en wie Heilig voor MY sou wees. Dit is wat EK in die geheim vir julle vertel wat ander profete nie van praat nie. Dit is julle vars manna uit die Hemel. Kou nou dit wat EK vandag vir julle gesê het.

En almal van julle, almal van julle, almal van julle wat luister, almal van julle, almal van julle, almal van julle wie ontvang, moenie vergeet julle het ‘n “Passover” (Offerlam?) nie, nodig as julle maar net die eenvoudigste kan doen en EK sal dit eer as nog ‘n “Passover” wat kom.

Julle georganiseerde kerke, EK lag vir julle. Julle het MY Opstanding voor die ‘Passover’. Geklike, geklike mensgemaakte godsdienste. Geklike, geklike mensgemaakte godsdienste, hoe baie siele is hel toe as gevolg van julle? Maar EK sê weer, EK het nie een verloor wie se naam voor die grondlegging van hierdie aarde af in die LAM se Boek van die Lewe opgeskryf gevind is nie.

Geen ander planeet as net een, het ‘n VERLOSSER nodig nie, die planeet waarheen Lucifer uitgegooi is. Dink daaroor, want julle loop bo op die hel. Dink daaroor. Want satan strewe daarna om die aarde so na aan die hel te maak as wat hy kan, om julle na sy beeld te vorm. Dink daaroor. En prys MY, want as EK nie daardie prys op Golgota betaal het nie, waar sou julle wees?

Vir die van julle wie nie aan hierdie Bediening deur wie EK praat, geskryf het nie, julle het geweet, julle het geleer, julle het die Woorde ontvang wat EK gespreek het, julle lewens het verander! Julle begeer Heiligheid waar julle gewoond was om sonde te begeer, waarvoor wag julle? Hoekom het julle julself nog nie voorgestel nie? Hoekom het julle nog nie deel geword van die Heilige vegters op die muur nie? Het EK nie lank gelede deur hierdie Diensmaagd van MY, gesê,”Daar is nie meer eensame swerwers (lone rangers) nie”. Julle het mekaar nodig. Glo MY. satan se bruid is voltooi. Julle kan van een punt van die wêreld na die ander punt gaan en julle sal hulle vind. Sy netwerke is oraloor versprei. EK gebruik hierdie Bediening om MY Heilige Bruid bymekaar te vergader want hulle is Heilig voor MY. Waarvoor wag julle? Ag julle sê, “Ek het eenmaal vir hulle geskryf, maar hulle het nie teruggeskryf nie”. Sien, EK hou tred. Waarvoor wag julle?



Gespreek onder die Salwing van die RUACH HA KODESH

Deur Apostel Profeet Elisheva Eliyahu 12/04/2008


PROFESIE 134 EK YAHUSHUA Neem Jou na ‘n Nuwe Hoogte van Jou Geloof!

Nou My kinders neem EK julle na ‘n nuwe vlak. Sien julleself op ‘n hysbak. Sien julleself waar jul eerste begin het. En hoe nader julle kom aan die Hemel, neem EK julle na ‘n nuwe vloer, ‘n nuwe hoogte van julle geloof. EK leer elkeen van julle. EK IS JULLE INDIVIDUELE LEERMEESTER. Elkeen van julle het MY Oor, het MY Oog. Al wat julle moet doen is om julle lewens aan MY oor te gee en sê, “Ek wil dit nie op my manier doen nie.”

EK ken elke een van julle vrese. Julle kan hulle nie vir MY verberg nie, so julle kan hulle net sowel bely sodat EK daardie vrese kan verlig. Daar is geen skaamte in vrees nie behalwe as dit jou stop om te doen wat EK jou vertel het om te doen. Daar is geen skaamte in hartseer nie, behalwe as dit jou stop om te doen wat EK jou vertel het om te doen.

EK het al julle werke vir jul gegee. Jy noem dit ‘n “werk”. EK noem dit ‘n “roeping.” Maar EK het die planne soos ‘n blou print uitgelê vir jou lewe. Sommige van julle kan nog nie die blou print duidelik sien nie. Dit neem ‘n kenner om ‘n blou print te lees.

Maar deur jul geloof sal jul daardie blou print lees. Deur jul geloof sal jul MY stem hoor. Deur jul geloof sal jul deur MY oë sien. Want daar is nie een opoffering wat julle vir MY Glorie doen―[wat] aangesien dit bevredigend tot MY Neusgate gevind word soos ‘n lieflike geur, sal jul beloon word. Hierdie beloning sal julle Hemel toe volg.

Daar is diegene wat net die Hemel sal maak met hulle laaste doodsasem. Maar MY Bruid julle word nie onder daardie getel nie. Julle het belonings wat julle volg, want julle dien MY so getrou.

Verheug julle hierdie Hanukkah soos julle geleer is dat dit MY verwekking is. Is EK nie julle YAHUSHUA, julle MASHIACH, julle BEGELEIDENDE LIG nie?

Die Ortodokse Jode vier die Fees van Ligte en verstaan nie eers dat hulle vier WIE EK IS nie. Jy vertel hulle Elisabeth (Elisheva). Laat hierdie Bediening dit uitroep hard en duidelik! Dit was meer as ‘n olie lamp wat nie uitgedoof het nie. EK IS daardie LEWENDE OLIE LAMP! EK IS die LEWENDE OLIE! En geen mens kan MY lewe neem nie! EK het dit gewillig neergelê en EK het dit weer opgetel en weer geleef.

EK het jou die openbaring gegee. Hierdie bediening het dit voortgespreek en sal aanhou om dit voort te spreek: EK IS geëerd dat julle MY geboorte op hierdie aarde wil vier en ek het jou vertel dit was in die tyd van Sukkot. Leer hulle.

EK het die YDSe grootgemaak, diegene wat MY NAAM dra, ‘YAHUSHUA SE demon stompers.’ Omdat dit die Internet is, kan jy nie die rede sê waarom nie maar jy moet hulle roep tot ‘n samekoms van gebed, veral om jou te bedek [die Profeet, met beskermende gebede] op daardie dae.

Dit is dringend dat hulle vas en hulle bid vir diegene wat EK gelei het om so te doen.

Want EK het hierdie bediening op die Internet geplaas en MY Woord sal voortgaan in hardeband boeke […]

O my lieflinge! Plaas julle geloof in MY. Laat MY toe om julle te strek op maniere waar julle nog nie was nie.

O hoe lief het EK julle […]! O hoe baie verlang EK na MY Bruid! EK kon julle ‘n biljoen dollar paleis op hierdie aarde aanbied en as julle jul keuse gehad het, sou jul sê, “U kan dit hou YAHUSHUA! Ek wil net my Hemelse paleis hê om U Gesig te aanskou, om op die strate van goud te loop, om omring te wees deur Heiligheid.”

Hou uit MY kinders! Hou uit MY kinders vir nog ‘n klein rukkie! Hou uit MY babatjies! Hou uit MY Bruid! Dit is nie meer lank voordat julle aan MY Sy sal wees nie! Doen net wat EK julle geroep het om te doen want die tyd is korter as kort! Hou aan om MY skape en lammers te voed sodat hulle nie afdwaal nie.

[…] Julle wonder waar julle al hierdie tyd gaan kry. Laat MY toe om julle daardie plan te gee. Almal van julle EK vertel julle dit, moenie val in die sonde van aanname en aanvaar dat jul weet wat EK doen nie.

Daar is een ding wat julle sal weet, die planne wat EK vir jul gemaak het is slegs vir jul beste en EK sal nie dat boosheid julle raak nie. […]


Gespreek onder die Salwing van die RUACH HA KODESH

Deur Apostel Profeet Elisheva Eliyahu 10/05/2017


Reddings Gebed



Levitikus 25:1 – 26:2


 *~ Levitikus Hoofstuk 25~*


1 Verder het YAHUVEH met Moses gespreek by die berg Sinai en gesê:


2 Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: As julle in die land inkom wat EK julle gee, moet die land ‘n sabbat hou vir YAHUVEH.


3 Ses jaar lank mag jy jou land saai en ses jaar lank jou wingerd snoei en die opbrings daarvan insamel;


4 maar in die sewende jaar moet daar vir die land volkome rus wees, ‘n sabbat vir YAHUVEH; jou land mag jy nie saai en jou wingerd nie snoei nie.


5 Wat van jou oes opslaan, moet jy nie afoes nie, en die druiwe van jou ongesnoeide wingerdstok nie afsny nie. Dit moet ‘n jaar van rus vir die land wees.


6 En die opbrings van die sabbat van die land sal julle voedsel wees; vir jou en jou slaaf en jou slavin en jou dagloner en jou bywoner wat by jou vertoef,


7 en vir jou vee en die wild wat in jou land is, sal die hele opbrings daarvan wees om te eet.


8 Jy moet ook sewe jaarweke tel, sewe maal sewe jaar, sodat die dae van die sewe jaarweke vir jou nege en veertig jaar is.


9 Dan moet jy in die sewende maand, op die tiende van die maand, ‘n basuingeklank laat deurgaan; op die versoendag moet julle die basuin deur julle hele land laat gaan.


10 En julle moet die vyftigste jaar heilig en ‘n vrylating in die land uitroep aan al sy bewoners. Dit moet vir julle ‘n jubeljaar wees; dan moet julle elkeen na sy besitting en elkeen na sy geslag teruggaan.


11 ‘n Jubeljaar moet dit, die vyftigste jaar, vir julle wees. Julle mag nie saai nie, ook nie afoes wat dan opslaan of die druiwe van die onbesnoeide wingerdstok dan afsny nie.


12 Want dit is ‘n jubeljaar, dit moet vir julle heilig wees: van die land af moet julle die opbrings daarvan eet.


13 In hierdie jubeljaar moet julle elkeen na sy besitting teruggaan.


14 Daarom, as jy iets aan jou naaste verkoop of van jou naaste koop, moet julle mekaar nie verdruk nie;


15 volgens die getal jare ná die jubeljaar moet jy van jou naaste koop; volgens die getal jare dat daar ‘n oes is, moet hy dit aan jou verkoop;


16 volgens die groter aantal jare moet jy die koopprys daarvan vermeerder, en volgens die kleiner aantal jare moet jy die koopprys daarvan verminder, want hy verkoop aan jou die aantal oeste.


17 Laat niemand dan sy naaste verdruk nie, en vrees jy jou ELOHIM; want EK is YAHUVEH julle ELOHIM.


18 En doen MY insettinge en onderhou MY verordeninge en doen dit, dat julle veilig kan woon in die land.


19 En die land sal sy vrug gee, en julle sal volop eet en veilig daarin woon.


20 En as julle sê: Wat moet ons in die sewende jaar eet as ons nie mag saai nie en ons oes nie mag insamel nie?


21 dan gebied EK MY seën vir julle in die sesde jaar, en dit sal die oes vir die drie jare oplewer.


22 En in die agtste jaar moet julle saai en van die ou opbrings eet tot die negende jaar toe; totdat die opbrings hiervan inkom, moet julle die oue eet.


23 Die grond moet ook nie vir altyd verkoop word nie; want die land is MYNE, omdat julle vreemdelinge en bywoners by MY is.


24 Daarom moet julle, in die hele land van julle besitting, lossing van die grond toelaat.


25 As jou broer verarm en van sy besitting verkoop, moet sy losser wat sy nabestaande is, kom en hy moet los wat sy broer verkoop het.


26 En as iemand geen losser het nie, maar dit kan bekostig en genoeg vind vir die lossing,


27 moet hy die jare bereken dat dit verkoop is, en wat oorskiet, moet hy aan die man aan wie hy verkoop het, teruggee en dan na sy besitting teruggaan.


28 Maar as hy nie genoeg vind om dit terug te koop nie, moet die verkoopte goed in die hand van die koper bly tot die jubeljaar toe; maar in die jubeljaar moet dit vry word, en hy moet na sy besitting teruggaan.


29 En as iemand ‘n woonhuis in ‘n ommuurde stad verkoop, moet daar reg van lossing wees tot die end van die jaar dat dit verkoop is; ‘n jaar lank moet daar reg van lossing wees.


30 Maar as dit nie gelos word voordat ‘n hele jaar verby is nie, moet die huis wat in die ommuurde stad is, vir altyd die eiendom van sy koper bly vir sy geslagte; in die jubeljaar sal dit nie vry word nie.


31 Maar die huise van die dorpe wat rondom geen muur het nie, moet by die veld van die land gereken word; daar moet reg van lossing voor wees en in die jubeljaar moet dit vry word.


32 Wat die stede van die Leviete aangaan, die huise in die stede wat in hulle besit is vir die Leviete moet daar ‘n ewige reg van lossing wees.


33 En as iemand van die Leviete dit sal los, moet die huis wat verkoop is, naamlik in die stad van sy besitting, in die jubeljaar vry word; want die huise in die stede van die Leviete is hulle besitting onder die kinders van Israel.


34 En die weiveld om hulle stede mag nie verkoop word nie, want dit is ‘n ewige besitting vir hulle.


35 En as jou broer by jou verarm en agterraak, moet jy hom ondersteun, soos ‘n vreemdeling en bywoner, dat hy by jou kan lewe.


36 Jy moenie rente of wins van hom neem nie, maar jy moet jou ELOHIM vrees, dat jou broer by jou kan lewe.


37 Jou geld mag jy hom nie op rente gee nie, en jou eetware mag jy nie teen wins gee nie.


38 EK is YAHUVEH julle ELOHIM wat julle uit Egipteland uitgelei het om julle die land Kanaän te gee, om julle ELOHIM te wees.


39 En as jou broer by jou verarm en hom aan jou verkoop, mag jy hom nie as slaaf laat dien nie.


40 Soos ‘n dagloner, soos ‘n bywoner moet hy by jou wees; tot die jubeljaar toe moet hy by jou dien;


41 dan moet hy vry van jou af weggaan, hy en sy kinders saam met hom; en hy moet na sy geslag terugkeer en na die besitting van sy vaders teruggaan.


42 Want hulle is MY knegte wat EK uit Egipteland uitgelei het; hulle mag nie verkoop word soos ‘n mens ‘n slaaf verkoop nie.


43 Jy mag nie met hardheid oor hom heers nie, maar jy moet jou ELOHIM vrees.


44 Wat jou slaaf of jou slavin aangaan wat aan jou sal behoort van die nasies wat rondom julle is, van hulle mag julle ‘n slaaf of slavin koop.


45 En ook van die kinders van die bywoners wat by julle vertoef van hulle mag julle koop en van hulle geslag wat by julle is, wat hulle in julle land verwek het; en dié sal vir julle ‘n besitting wees.


46 En julle mag dié aan julle kinders ná julle nalaat as ‘n erflike besitting; vir ewig mag julle hulle laat dien. Maar oor julle broers, die kinders van Israel, die een oor die ander oor hom mag jy nie met hardheid heers nie.


47 En as ‘n vreemdeling of bywoner by jou vermoënd word, en jou broer by hom verarm en hy homself aan ‘n vreemdeling of bywoner by jou verkoop, of aan ‘n familielid uit die geslag van ‘n vreemdeling,


48 dan moet daar vir hom, nadat hy hom verkoop het, reg van lossing wees; een van sy broers kan hom los,


49 of sy oom of sy oom se seun kan hom los, of een van sy naaste bloedverwante uit sy geslag kan hom los, of as hy dit kan bekostig, kan hy homself los.


50 En hy moet met sy koper reken van die jaar af dat hy hom aan hom verkoop het, tot die jubeljaar toe. En die prys waarvoor hy hom verkoop het, moet wees volgens die aantal jare; soos ‘n dagloner sal hy dan dié tyd by hom gewees het.


51 As daar nog baie jare is, moet hy volgens hulle sy losprys uit die geld waarvoor hy gekoop is, teruggee;


52 en as daar maar min jare tot die jubeljaar toe oor is, moet hy daarmee rekening hou; volgens dié jare moet hy sy losprys teruggee.


53 Soos een wat van jaar tot jaar loonarbeider is, moet hy by hom wees; hy mag nie met hardheid oor hom voor jou oë heers nie.


54 En as hy nie op dié wyse gelos word nie, moet hy in die jubeljaar vrygelaat word, hy en sy kinders saam met hom.


55 Want die kinders van Israel is MY knegte; MY knegte is hulle wat EK uit Egipteland uitgelei het. Ek is YAHUVEH julle ELOHIM.



*~ Levitikus Hoofstuk 26~*


1 Julle mag vir julle geen afgode maak nie; en ‘n gesnede beeld of ‘n klippilaar mag julle vir julle nie oprig nie en ‘n steen met beeldhouwerk in julle land nie opstel om julle daarby neer te buig nie; want EK is YAHUVEH julle ELOHIM.


2 MY sabbatte moet julle hou en MY Heiligdom ontsien. EK is YAHUVEH.


Jeremia 32:6 – 27


*~Jeremia Hoofstuk 32~*


6 En Jeremia het gesê: Die woord van YAHUVEH het tot my gekom en gesê:


7 Kyk, Hanámeël, die seun van Sallum, jou oom, kom na jou toe met die woorde: Koop vir jou my stuk grond wat in Anatot lê, want jy het die reg van lossing om te koop.


8 En Hanámeël, die seun van my oom, het na my gekom volgens die woord van YAHUVEH in die voorhof van bewaking en vir my gesê: Koop tog my stuk grond wat in Anatot in die land Benjamin lê, want jy het die reg van besit en jy het die lossing; koop dit vir jou. Toe het ek gemerk dat dit die woord van YAHUVEH was.


9 Daarop het ek van Hanámeël, die seun van my oom, die stuk grond gekoop wat in Anatot lê, en vir hom die geld afgeweeg: sewentien sikkels silwer.


10 En ek het dit in die brief geskrywe en dit verseël en getuies geneem en die geld afgeweeg op ‘n weegskaal.


11 Toe het ek die koopbrief geneem, die verseëlde een—volgens voorskrif en wetlike bepalinge—en die oop een,


12 en die koopbrief aan Barug, die seun van Nería, die seun van Magséja, gegee voor die oë van Hanámeël, die seun van my oom, en voor die oë van die getuies wat die koopbrief onderteken het; voor die oë van al die Jode wat in die voorhof van bewaking gesit het;


13 en ek het aan Barug voor hulle oë bevel gegee en gesê:


14 So spreek YAHUVEH van die leërskare, die ELOHIM van Israel: Neem hierdie briewe, hierdie koopbrief, die verseëlde een sowel as hierdie oop brief, en sit hulle in ‘n erdepot, dat hulle baie dae kan bly bestaan.


15 Want so sê YAHUVEH van die leërskare, die ELOHIM van Israel: Daar sal weer huise en gronde en wingerde in hierdie land gekoop word.


16 En nadat ek die koopbrief aan Barug, die seun van Nería, gegee het, het ek tot YAHUVEH gebid en gesê:


17 Ag, Adonai YAHUVEH, kyk, U het die hemel en die aarde gemaak deur U grote krag en deur U uitgestrekte arm; geen ding is vir U te wonderbaar nie.


18 U wat guns bewys aan duisende en die ongeregtigheid van die vaders vergeld in die skoot van hulle kinders ná hulle; die grote, die geweldige EL, wie se Naam is YAHUVEH van die leërskare,


19 groot van raad en magtig van daad, wie se oë oop is oor al die weë van die mensekinders om aan elkeen te gee volgens sy weë en die vrug van sy handelinge;


20 wat tekens en wonders gedoen het in Egipteland, tot vandag toe, in Israel sowel as onder die mense, en vir U ‘n Naam gemaak het soos dit vandag is,


21 en U volk Israel uitgelei het uit Egipteland deur tekens en wonders en deur ‘n sterke hand en ‘n uitgestrekte arm en deur ‘n groot verskrikking,


22 en aan hulle vaders met ‘n eed beloof het om aan hulle te gee, ‘n land wat oorloop van melk en heuning;


23 en hulle het gekom en dit in besit geneem, maar nie na U stem geluister en in U wet nie gewandel nie; alles wat U hulle beveel het om te doen, het hulle nie gedoen nie. Daarom het U al hierdie onheil oor hulle laat kom.


24 Kyk, die walle het gekom tot by die stad, om dit in te neem; en die stad is oorgegee in die hand van die Chaldeërs wat daarteen veg, vanweë die swaard en die hongersnood en die pes. Ja, wat U gespreek het, het gebeur; en kyk, U sien dit!


25 En tog het U, Adonai YAHUVEH, self aan my gesê: Koop vir jou die stuk grond vir geld en neem getuies, terwyl die stad in die hand van die Chaldeërs oorgegee is!


26 Toe het die Woord van YAHUVEH tot Jeremia gekom en gesê:


27 Kyk, EK is YAHUVEH, die ELOHIM van alle vlees; sou enige ding vir MY te wonderbaar wees?



Lukas 4hEBREHlll:14 – 22


*~Lukas Hoofstuk 4~*


14 En YAHUSHUA het in die krag van die Gees na Galiléa teruggekeer, en daar het ‘n gerug aangaande HOM deur die hele omtrek uitgegaan;


15 en HY het in hulle sinagoges geleer en is deur almal geprys.


16 Toe kom HY in Násaret waar HY opgevoed was; en soos HY gewoond was, gaan HY op die sabbatdag in die sinagoge en staan op om te lees.


17 En die boek van die profeet Jesaja is aan HOM oorhandig; en toe HY die boek oopmaak, kry HY die plek waar geskrywe is:


18 Die Gees van YAHUVEH is op MY, omdat HY MY gesalf het om die evangelie aan die armes te bring. HY het MY gestuur om die wat verbryseld van hart is, te genees;


19 om aan gevangenes vrylating te verkondig en aan blindes herstel van gesig; om die wat gebroke is, in vryheid weg te stuur; om die aangename jaar van YAHUVEH die Meester aan te kondig.


20 En nadat Hy die boek toegemaak en aan die dienaar teruggegee het, gaan HY sit, en die oë van almal in die sinagoge was op HOM gevestig.


21 Toe begin HY vir hulle te sê: Vandag is hierdie Skrif in julle ore vervul.


22 En almal het vir HOM getuienis gegee en was verwonderd oor die aangename woorde wat uit SY mond kom; en hulle sê: Is HY nie die seun van Josef nie?



Shabbat Shalom van AMIGHTYWIND!