Shabbat Shalom!

Welkom by Bechukotai, Deur MY Insettinge, hierdie week se Parasha.

Levitikus 26:3 – 27:34;
Jeremia 16:19 – 17:14;
Matteus 16:20 – 28;



AmightyWind YAHUSHUA se Nuwe BloedVerbond Profesieë

YAHUVEH se Waarskuwing wat voor elke Profesie bygevoeg moet word.

EK het jou lank gelede gewaarsku Elisabeth (Elisheva),

om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie,

selfs nog voordat daar ‘n Bediening was, het EK dit in jou gees geplaas.

Want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie,

Niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie.

Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee.

Dit is uit die Mond van YAHUSHUA,

jou MASHIACH geboorte gegee.

Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH,

jou IMMAYAH geboorte gegee.

As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het.

Dit is deur die SHKHINYAH GLORIE se WIND

wat oor hierdie aarde waai, die HEILIGE WIND VAN HERLEWING.

Dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk het.

EK IS YAHUVEH, dit is MY NAAM;

en MY EER sal EK aan geen ander gee,

of ook MY LOF aan die gesnede beelde nie. (Jesaja 42:8)


31 Mei 2019

PROFESIE 96: Jubeljaar van Welbehae YAHUVEH Sê, Gooi Julle Dooie Gewig Af!

MY geliefde Seun, lê neer die groot gewig wat jy dra. Gooi die dooie liggaam van jou rug af. Want alhoewel jou vrou in die Hemel is by MY, het jy ‘n las gedra wat dieselfde is as om haar lyk vir 24 uur per dag op jou rug te dra. Dooie gewig, dooie gewig van rekeninge van lank gelede. Dit is die dag wat EK verklaar as jou jubeljaar. Dit is die dag wat EK vir jou sê om daardie gewig van al die skuld wat jy het te vat en die mensgemaakte wette van bankrotskap te gebruik, wat die namaaksel is vir wat EK dit geroep het om te wees.

Stel jou self voor en vra jouself af, wil EK hê jy moet ‘n lyk vir 24 uur per dag op jou rug dra? Dit het jou gesondheid geaffekteer tot ‘n punt waar dit net MY wonderwerk is dat jy nog lewe, maar jy lewe vir MY Eer. EK vergewe jou omdat jy dink jy moet dinge volgens die mens se manier doen. Dit is nie MY begeerte dat hierdie rekeninge betaal moet word nie. EK praat nie van jou huisverband nie, EK praat van jou skuld van die verlede wat aangegaan is gedurende die tyd toe jou vrou nog op hierdie aarde was.

MY hart is so geraak deur die liefde, die liefde wat jy vir MY het, die liefde wat jy vir jou vrou het, vir alles wat jy vir ander doen. MY hart is so geraak dat EK die hart van hierdie Profeet wat nou praat, geraak het en EK ween deur haar en EK wys smart deur haar. Gooi daardie lyk opsy. Moenie langer hierdie dooie gewig dra nie want jy skuld hulle niks, want hulle is ‘n nes van rowers wat nie eers hul eie skulde kan betaal nie en tog probeer hulle jou bloed leeg suig soos ‘n bloedsuier.

Dit is wat EK van hierdie kredietkaartmaatskappye dink. Dit is wat EK van hierdie skuldinvorderaars dink. Hospitale wat hulle pryse so verhoog dat selfs wanneer ‘n persoon lewe, word hulle elke dag doodgemaak as gevolg van die vernietigende skuld.

Bloedsuiers! Aasvoels! Vampiere, dit is wat hierdie finansiële instansies is. Verbandmaatskappye sal tot niet gaan! Hulle sal in puinhope lê omdat hulle sonder genade verbande op huise herroep. Hulle sal MY Toorn voel en hulle sal self sonder huise wees! Want hulle sal maai wat hulle gesaai het.

EK het jou lief MY seun. Ag, luister asseblief vandag. Dit was geen ongeluk dat EK hierdie Profeet hierdie pad gestuur het nie. EK gee nie vir hierdie RingDiensmaagd ‘n Woord vir elkeen nie. Want sy het nie die fisiese krag om dit te doen nie, maar omdat jy nie vir enigiets gevra het nie, seën EK jou vandag. Jy het gevra om MY aangesig te sien. Instede daarvan gee EK jou hierdie Woord, want jy kan nie die aangesig van YAHUVEH sien en bly lewe nie, maar jy kan na die gesig van MY SEUN kyk. Vra om die aangesig van YAHUSHUA te sien. Eendag, en dit is nie ver af nie, sal jy MY aangesig aanskou, en jou belonings sal jou na die Hemel volg.

En jy sal herenig word met jou vrou. Maar nou het EK ‘n taak vir jou om te doen. So, op hierdie Sabbatdag gee EK jou ‘n antwoord op jou gebede, en EK verlos jou op ‘n ander manier van jou skuld as jy net gehoorsaam en ter ere van die liefde wat jy en jou vrou gedeel het, raak EK die hart van MY Diensmaagd aan op hierdie spesiale herdenkingsdag.

MY geliefde seun, daar is nog een ding wat EK te sê het. Jy moet ‘n nuwe reël maak, “Maar wat my en my huis aangaan, ons sal YAHUVEH en YAHUSHUA dien.” Hierdie reël moet geld vir enigeen wat onder jou dak slaap. Of hulle doen dit op MY manier en jy sê vir hulle dit is MY reël, jou ABBA YAHUVEH, of hulle word uitgeskop om op die wêreld se hoofweg te reis. Onthou jou naam is nie YAH nie. Jy kan net doen wat EK jou sê om te doen. Moenie enige las opneem tensy jy weet EK het daardie las op jou geplaas nie. En dan moet jy daardie las vat en dit by die kruis los. Moenie probeer om meer te dra nie want jy het vir te lank geloop en laste dra wat EK nie op jou geplaas het nie. Terwyl jy hierdie Woorde in gebed na MY toe neem, weet jy alreeds en jy sal presies weet waarvan EK praat. Jy is MY kosbare seun. EK soen nou jou wenkbrou. En EK eindig dit metWoorde van MY liefde. Staan op MY Woord want dit kan nie lieg nie. Soos jy in MY Woord bly, so bly EK in jou.



Gespreek onder die Salwing van die RUACH HA KODESH

Deur Apostel Profeet Elisheva Eliyahu 03/05/2008


PROFESIE 103 EK, YAHUVEH, Oordeel Julle Volgens Julle Vrugte!

O MY Geliefde, MY Geliefde, MY Geliefde, eers toe julle vir YAHUSHUA julle geliefde MASHIACH, in julle harte, in julle lewens aanvaar en HOM eerste in julle liefde plaas, begin julle net daarna strewe om die Tien Gebooie, die Tien Wette te gehoorsaam. Maar dit is maar net laerskool want MY Woord sê, “Wees julle Heilig soos EK Heilig is."

Dit is waarna julle elke dag strewe maar wanneer julle in die Bruidsklas kom is dit asof julle in julle aardse opleidingskollege kom vir julle Meestersgraad, want julle wil julle MEESTERS graad hê en vir die van julle aan wie daardie Hemelse diploma op daardie dag oorhandig word, dit is wanneer julle vir MY soos ‘n Henog sal wees en julle sal opgeraap word om MY in die lug te ontmoet. 

Ek praat met MY Eerste Vrugte. EK praat met diegene wat die 144,000 is. EK gradeer persentasiegewys, nie "as" julle MY gehoorsaam nie, maar hoe vinnig julle MY gehoorsaam. Nie "as" julle MY gehoorsaam nie, maar met watter gesindheid julle het dat julle MY gehoorsaam; hoe vinnig julle MY gehoorsaam én die graad van die uitvoering, hoe volkome julle MY gehoorsaam. 

Doen julle dinge in julle tyd? Of doen julle dinge in MY tyd? Wanneer EK vir julle sê dat julle iets moet doen, doen julle dit met 'n vrolike hart? Wanneer EK vir julle sê om hierdie Bediening te ondersteun, gee julle vir hulle slegs die oorskiet kleingeld, asof julle vir 'n kelnerin of 'n kelner 'n fooitjie gee? Maak julle seker dat die profete wat julle bedien, wat julle voed, gevoed en gehuisves is? Want hierdie bediening reis deur die wêreld. Hulle bly slegs in een plek totdat EK, YAHUVEH vir hulle sê om aan te beweeg. Weet julle hoe baie kere moes hulle alles agterlaat? Hoe baie van julle sal so 'n lewe kan lei? Hoe baie sal gewillig wees om hulle geliefdes agter te laat? Agter te laat in 'n land wat hulle nooit weer sal sien nie, omdat EK, YAHUVEH, so gesê het? Dit sal nie deur MY Hand wees dat hulle ooit terug sal keer nie. Elkeen, elkeen, elkeen, wat YAHUSHUA as julle MASHIACH aanvaar, elkeen wat YAHUSHUA die Eniggebore SEUN van YAHUVEH noem, moet elke dag daarna strewe om MY, YAHUVEH te behaag.

Toe YAHUSHUA julle MASHIACH hierdie aarde bewandel het, het HY een, een, een begeerte gehad, dat HY MY, YAHUVEH behaag. HY het julle konstant daaraan herinner dat die dinge wat HY gedoen het, het HY gedoen om MY, YAHUVEH te behaag. Dit is wat MY Bruid doen. Dit is wat YAHUSHUA se Bruid doen. Aan die nuwe baba bekeerlinge, julle is nog maar net in die laerskool, maar net soos 'n kind in die laerskool na die nuwe graad wil gaan, so moet julle ook daarna strewe. 

Onthou vir Henog. Vra MY. Wees eerlik met MY en EK sal vir julle jul persentasiegraad wys. Dit is nie sodat julle opgepof kan raak met trots nie, want niemand, niemand, niemand, nie eers die “Ringmaiden” wat hier praat, het al 100% nie. Die dag wat EK vir YAHUSHUA MY Eniggebore Seun sê, "Gaan haal JOU Bruid," sal hulle wat opgeraap word om YAHUSHUA in die lug te ontmoet, daardie dag weet, hulle het 100% MY tevredenheid bereik.

Daar sal diegene wees wat hierdie Boodskap sal hoor wat net met hulle laaste asem in die Hemel sal kom. Hulle sal alles doen wat hulle kan om net die Tien Gebooie te onderhou, om op daardie manier Heilig voor MY te leef. Hulle sal op daardie dag in die Paradys wees. Maar julle sien, daar is vlakke in die Hemel en die Bruid se sielsbegeerte is om instaat te wees om direk in die Troonkamer te kom. Hulle is die 100% presteerders. 

EK oordeel julle volgens die persentasie van die tyd wat julle MY gehoorsaam, weereens hoe vinnig julle MY gehoorsaam. Gee julle MY julle beste? Of kom julle net-net by? Ag, hoe hartseer wanneer sommige van julle net krummels vir MY gooi. Julle sien, EK, YAHUVEH, oordeel julle hart. Ek luister nie net na julle mond nie, EK weet wanneer julle teësinnig iets vir MY doen of wanneer julle vrolik is. Net soos wat EK diegene opgerig het om helpers vir hierdie Bediening te wees, julle het begin as 'n vriend tot hierdie Bediening. Julle het gebid en as nuwe bekeerlinge het julle gebid en gebid en wou YAHUSHUA meer en meer elke dag behaag en het gesê "ABBA YAHUVEH, wat kan ek doen om hierdie Bediening te help, wat kan ek doen om my lewe te laat tel in hierdie wêreld? Gee my 'n werk ABBA YAHUVEH. Maak my lewe die moeite werd." Derhalwe het EK vir julle 'n werk gegee. 

Ek praat met die een wat voorheen die briewe van hierdie Bediening hanteer het. Ek het vir jou 'n taak gegee. Jy het met vreugde begin. Jy het begin asof jy nie genoeg kon doen nie, om bewus te wees daarvan dat die briewe aangestuur moet word is ‘n werk, 'n Heilige werk wat EK vir jou gegee het. Hulle wat die briewe hanteer, hulle wat die finansies hanteer word deeglik beproef. Hulle wat aangesê word om van hulle finansies te gee om hierdie Bediening te ondersteun word deeglik beproef. Maar word jy sterker? Of word jy swakker? Verloën jy die taak wat EK jou gegee het om te doen? 

Sommige het gesteel, die mense wie EK vir Elisabeth [Elisheva] gesê het dat sy hulle kon vertrou, het verraad gepleeg, want op die tydstip wanneer EK dit spreek, kan hulle vertrou word. Maar EK het nooit gesê vir hoe lank nie. Maar EK het vir haar gesê diegene in haar huishouding kan ten volle vertrou word. Julle ken julle name. Daar is diegene in YAHUSHUA se Demon Stompers, die Heilige Gebedsvegters Intersessors, hulle staan in die Voorste Linies, op hulle kan daar staatgemaak word om te vas en te bid, om Heilig voor MY te lewe, hulle kan huidiglik vertrou word. 

O hoe baie rou EK oor hulle wat sê, "Gee my net 'n werk om te doen. Gee my 'n werk om te doen. Wat is my werk op hierdie aarde, ABBA YAHUVEH." En EK gee vir hulle hul werk en hulle moet geëerd voel en hulle sê hulle is geëerd en hulle begin met die regte gesindheid en dan word die beproewing te swaar en hulle vlees staan op en hulle gooi die taak terug in MY gesig en hulle verraai hierdie Bediening weereens. Weet julle nie EK oordeel julle hiervoor nie? EK oordeel julle einste hart. 

Elke keer wat julle daardie brief ter ondersteuning uitskryf, oordeel EK julle en die persentasie. Wanneer 'n Woord te voorskyn kom wat die vlees aanstoot gee, net soos hierdie Woord gaan doen, oordeel EK julle hart. Bedank julle MY? Bedank julle die Boodskapper? Plaas julle aksie agter julle woorde? Doen julle enigiets om hierdie Bediening te help? EK, YAHUVEH, oordeel julle want julle sien, die Heilige Skrifte sê, julle word verantwoordelik gehou vir wat julle weet. Is julle bang om julle geliefdes se vlees aanstoot te gee, julle bure se vlees, vreemdelinge se vlees, meer as wat julle bang is om MY, YAHUVEH aanstoot te gee? 

Praat julle hard en vrylik teen homoseksualiteit, 'n gruwel wat julle "selfde-geslag huwelike" noem? Dit is geen huwelik nie! satan spot MY daardeur! 

Verdedig julle die ongeborenes? Staan julle op vir sedelikheid? Vir wie het julle gedurende die 2008 verkiesings gestem? Skik julle met sonde?

EK gradeer julle MY Kinders. En op daardie dag in die Hemel wanneer julle voor MY Troon staan en die Boek van Lewe is geopen, daar sal julle graad ook wees. 

Vra vir MY. Moenie vir 'n ander vra nie. Vra vir MY, YAHUVEH om vir jou 'n droom te gee, om vir jou 'n teken te gee en as jou hart opreg is en as jy instaat is om jou graad te hanteer, en as dit jou nie mismoedig maak of jou laat ophou om te probeer nie, sal EK vir jou jou graad wys, hoe gewillig jy was om jou lewe neer te lê vir MY, vir MY SEUN YAHUSHUA MASHIACH se onthalwe, hoe gewillig jy was en watter gesindheid jy het wanneer jy jou Getuienis van YAHUSHUA, MY Geliefde SEUN deel. Is jy 'n hulp of is jy 'n hindernis vir hierdie Bediening? Aangesien jy hierdie Boodskap van hierdie Bediening hoor, word jy nou verantwoordelik gehou. Staan jy op en verdedig? Vertel jy vir jou familie, jou vriende, waar hulle die Waarheid kan gaan hoor wat direk uit die Hemel kom? EK het julle so lief. Vir diegene wie slegs in die laerskool is, julle ABBA YAHUVEH het julle so lief! Julle het die eerste stap geneem! Julle het julle lewe vir YAHUSHUA julle MASHIACH gegee. Maar julle kan nie in die laerskool stop nie anders sal julle net vrugte wees wat aan die wingerdstok doodgaan. Julle moet. Julle moet. Julle moet aangaan. Moenie dink julle kan ophou nie. Strewe. Strewe. Strewe daarna om in alle gevalle Heilig te wees want EK verwag meer in hierdie Eindtye. EK sal julle aan julle vrugte ken. Die ander Heiliges sal julle aan julle vrugte ken. Deur julle vrugte gradeer EK julle vir die persentasie van julle vrug, hoeveel is goed en hoeveel is sleg. 

Dit is hoekom die Bruid van YAHUSHUA MASHIACH SY Eerste Vrugte genoem word, SY beste. Hulle is gestamp en geslaan en hulle is gekneus deur hierdie wêreld maar in SY oë, in YAHUSHUA se oë, is hulle die beste vrugte want hulle het daardie kneusing gevat, hulle het daardie kneusing terwille van SY Naam gevat en hulle is SY beste vrugte. Hulle is die Bruid.

En nou praat EK met die Bruid van Openbaring 7. Julle is ook goeie vrugte. Ag, maar julle gestamp en julle kneusing was nie tot die graad van die Openbaring 14 Bruid nie, maar julle vrugte behaag MY. En EK kan julle vertrou soos EK die Bruid van Openbaring 14 kan vertrou, want alhoewel julle nie 100% is nie, strewe julle elke dag daarna om dit te wees.

Derhalwe, deel EK nou hierdie geheim uit die Hemel wat niemand nog ooit vrygestel het nie. So, loof MY en vra wat jou graad is en as EK dink jy kan dit hanteer, sal EK dit met jou deel, maar weereens, EK doen dit nie om een met 'n ander te vergelyk nie, want as EK dink julle sal opgepof word met trots, want EK, YAHUVEH ken julle hart en gedagte, sal EK nie vir julle vertel nie. As EK dink dit sal gebruik word om jou deur satan in die grond in te slaan en as julle nie instaat is om dit te hanteer nie, sal EK julle nie vertel nie. Maar julle het niks om te verloor nie, vra MY net.

Onthou dit, almal van julle wat aan YAHUSHUA julle Geliefde MASHIACH, MY Eniggebore SEUN behoort, is almal ‘n produk in wording. Julle almal bewerk jul pad terug Hemel toe waarheen julle belonings julle sal volg, maar dit is nie julle werke wat julle in die Hemel bring nie, buiten om die Tien Wette te gehoorsaam, dit is YAHUSHUA se werk op Golgota, toe HY SY lewe neergelê het vir julle en toe HY weer opgestaan het uit die dood. Dit is SY werk wat julle in die Hemel bring sodat geen mens kan roem nie. 

Selfs julle Verslagkaarte, julle Vorderingskaarte, soos EK dit noem, is nie vir julle om oor te spog nie. Dit is deur SY Naam en SY Bloed, dit is volgens die graad wat julle die RUACH ha KODESH toelaat, julle Kosbare IMMAYAH, om deur julle te werk dat julle gegradeer word. As julle skaars die Tien Gebooie kan onderhou is julle maar net in die laerskool en as dit die enigste graadgemiddelde is wat julle kan bereik, sal EK julle in die paradys sien, die eerste vlak van die Hemel. 

Dit is waar die dief wat op Golgota bely het, heengegaan het. Dit is hoekom YAHUSHUA gesê het, "EK sal jou in die Paradys sien." Hy het niks anders vir MY gedoen behalwe dat hy YAHUSHUA, MY Eniggebore SEUN as die SEUN van YAHUVEH erken het nie en hy het gesê, "Dink aan my in die Hemel," en julle sal hom in die Paradys ontmoet. Maar hy was die eerste een wat bely het voor YAHUSHUA opgevaar het, net voor YAHUSHUA opgevaar het. Hy het die ander een aan die kruis daaraan herinner, hy het vir die ander een gesê, "Ons verdien die prys wat ons betaal maar hierdie man het niks gedoen om dit te verdien nie." Sy tuiste is nou in die Paradys. 

Derhalwe MY Geliefdes, wees aangemoedig. Nou weet julle hoe EK, YAHUVEH julle gradeer en EK ken julle aan julle vrugte. Aan die vrugte van hierdie Bediening, weet julle dit, want julle weet dit was vir julle 'n seën en EK het hierdie dag vir julle vars manna vanuit die Hemel gegee om te eet en nuwe wyn in julle uitgestort en julle het goeie vrugte geëet, vir hulle wie waarlik aan MY Eniggebore SEUN, YAHUSHUA, julle MASHIACH behoort. Vir sommige van julle het die werk pas begin, vir sommige van julle kom julle taak tot 'n einde. Vra vir MY wat julle graad is en as EK dink julle kan dit hanteer, sal EK vir julle vertel. 

Ter afsluiting, herinner EK julle aan die rykman wat 'n disippel van YAHUSHUA kon word, wie geglo het hy was waardig om die Disippel van YAHUSHUA te wees. YAHUSHUA het vir hom gesê, "Gaan en verkoop alles wat jy het aan die armes en kom en volg MY." Maar EK het sy hart geoordeel. EK het na hierdie rykman se hart gekyk want in der waarheid was sy liefde vir sy rykdomme groter as YAHUSHUA. Sy begeerte na materiele dinge was groter as YAHUSHUA. Hy was nie gewillig om alles neer te lê vir YAHUSHUA, julle Geliefde MASHIACH nie en hy het hartseer weggegaan, want 'n mens kan nie twee here dien nie, hy sal die een haat en die ander liefhê.

YAHUSHUA julle MASHIACH is julle MEESTER. Vir watter persentasie was julle gewillig om alles neer te lê? Toe EK met MY Goddelike Hand huwelike verdeel het wat EK nie georden het nie, waar julle ongelyk gebonde was, wat is julle gesindheid? EK het dit vir julle eie beswil gedoen omdat hulle hulself gebind het aan satan en sy leuens. Hoeveel erger sal dit in die Groot Verdrukking wees, die Tyd van Jakob se Moeilikhede, waar daardie verraad die ander Heilige een se lewe sal kos, wat was julle gesindheid? Het julle 'n "Ag ellendige ek," gesindheid? Het jy 'n brommende kwaad gesindheid? Wat is jou gesindheid? EK ken jou vrugte, daardeur oordeel EK jou. 

Vir die van julle wat die dae aftel, en daar is 'n webbladsy “Five Doves”, hoeveel skade het julle berokken en alhoewel julle bedoel om MY te eer, bou julle mense op vir so 'n dag wat julle sê, “Die wegraping sal kom.” Julle vertel vir die mense, “Al wat julle moet doen is om YAHUSHUA as MASHIACH te aanvaar en julle is gewaarborg in daardie eerste wegraping.” Julle Amerikaners is so opgepof met trots. 

Julle sê, "Voordat verwoesting oor Amerika gaan gebeur, voordat enige oorlog kan uitbreek in Amerika, voordat enige kernbom Amerika kan tref, sal ons weg wees want YAHUVEH het die Amerikaners so baie lief! Meer as enigiemand anders op die ganse aarde! Ja, ons Amerikaners, ons sal gespaar word.” Dwaas, dwaas, dwaas, dwaas, dwaas, dwaas, DWAAS! Dink julle dat EK, YAHUVEH, dat MY SEUN YAHUSHUA, Amerikaners meer liefhet as die res van die wêreld?! Waar kry julle hierdie idees vandaan? 

In plaas daarvan om mekaar te bestraf, in plaas van om te sê, “‘n Leuen- en misleidende gees het uit jou droom, jou visie, jou openbaring, gespreek,” waar was die bestraffing vir Pastoor (F.M.) Riley? Waar was die bestraffing vir Jim Bramlett? En al die ander wie valslik gespreek het? Wat is fout Jim? Jy wou dit nie plaas nie. Jy wou dit nie erken nie. Hoe baie is teneergedruk? Hoeveel was verleë, verneder, het opgegee, instede daarvan om te erken dat jy verkeerd was? Pastoor Riley, EK het dit teen jou, jy wat jou formule gebruik op “Five Doves”, om in die laerskool te wees is nie genoeg nie, noem dit grammatika, kleuterskool, in jou oë, voorskool. Wanneer iemand slegs YAHUSHUA aanvaar is hulle in voorskool. Hulle het nog nie eers begin om die Tien Wette te gehoorsaam nie, tog waarborg jy hulle die Hemel?! Jy waarborg hulle die wegraping?! Jy gee 'n datum wat nie kom nie. 

Hoeveel was vernietig, hoeveel sal hel toe gaan? Waar hierdie Bediening die Waarheid uitspreek en nie bang is om enige man of vrou aanstoot te gee nie. Julle moet Heilig lewe. Julle moet Heilig wees. Julle moet daarna strewe om Heilig te wees anders sal julle nie die Hemel sien nie.

Julle kan nie oor die hel leun so ver soos julle kan en dink julle sal nie inval nie! BEKEER! BEKEER! BEKEER! Almal van julle wat in Amerika is, julle is so opgeblaas met trots, julle dink oorlog sal nooit na julle kuslyn toe kom nie. Julle sê, “Ek is die grootste nasie!" Maar EK kyk na julle, o, Amerika, EK kyk na die een wat julle so pas as president verkies het en dit was nie deur MY hand nie, maar EK het julle keuse toegelaat omdat die een wat julle gekies het, die gees in Amerika openbaar en dit is niks om op trots te wees nie! DIT WYS DIE OMVANG VAN DIE STANK VAN SONDE! 

En Amerika, julle wie eens (Heilige) sendelinge oorsee gestuur het, julle wie eens teen die diktators van hierdie wêreld gestaan het, julle het nou sopas vir julleself 'n diktator van diktators gekies. Julle het self sopas 'n president verkies wie vir alles staan wat EK haat! 

Geniet julle ondergang Amerika. Huil en treur, O Amerika. Ag, julle kerke, wat Oprah Winfrey se “evangelie” gesluk het. Die bose geheime, geheimsinniges, sal nou die Withuis vul. EK het deur hierdie “Ringmaiden” geprofeteer. EK het julle gewaarsku oor die bose geheimsinniges. (Lees Profesie 51 oor die bose geheimsinniges). Gaan terug en kyk want mense het na haar (Elisabeth [Elisheva]) toe gekom en gesê “Wie is die bose geheimsinniges? Watse bose geheime?” EK vertel nie vir haar alles nie want dit is lank vooruit geprofeteer voordat die geheime selfs vrygestel was. Onthou die geheime is uit die hel gestuur. Daar is slegs een weg Hemel toe. Daar is slegs een weg deur MY SEUN YAHUSHUA MASHIACH se Bloed en Naam. Daar is slegs een weg, een Evangelie, en enigiemand wat vir julle vertel daar is ander maniere, julle beter hardloop. (Dit gaan oor Oprah Winfrey se goedkeuring oor ‘n valse nuwe evangelie genaamd “The Secret”)

Julle moet liewer wegkruip want die een wat so pas verkies is tot president vat daardie vals evangelie binne in die Withuis in en dit sal 'n stank wees en julle sal sien wat gebeur as julle 'n vyand van julle siel verkies het, en selfs diegene wie se name opgeskryf is in die Lam se Boek van die Lewe, julle het deelgeneem hieraan, wetende hy staan vir kindermoord, wetende hy is pro-aborsie, wetende sy agenda is homoseksualisme! En EK kon soveel meer sê .... 

Julle sal sien hoe dit is om onder 'n diktatorskap te lewe. In die vorige verkiesing het EK vir julle gesê dat Bush die kleinste van twee booshede was. EK het julle gewaarsku wat sou gebeur as Gore ingekom het. Die doodskampe vir die Christene sou gevul wees, maar EK het vir Amerika meer tyd gegee. 

EK het die U.K. (Verenigde Koninkryk) gewaarsku. EK het die wêreld gewaarsku oor Harry Potter. Die toordery het nou versprei, nie net in huise nie, maar in nasies. Ek waarsku voordat EK Oordeel stuur. Hoeveel wou nie luister nie? Hoeveel van julle wie julself Christene noem, lees nogsteeds die Harry Potter boeke vir julle kinders? So, moenie verbaas wees as julle die gees van rebellie en die ergste sonde in julle kinders, die tingerigste van die kleintjies, sien manifesteer nie. EK, YAHUVEH, het julle gewaarsku. Moenie verbaas wees wanneer julle sien verwoesting kom oor julle nasie omdat julle nie opstaan vir Heiligheid nie. Hierdie is die Eindtye en EK ken julle aan julle vrugte. Aan elke nasie, aan elke leier, EK ken julle. Hoeveel is net waardelose, verrote stank in MY neusgate! 

Aan die wat MY gehoorsaam, aan die wat MY, YAHUVEH en YAHUSHUA en julle Geliefde RUACH ha KODESH, julle IMMAYAH, eerste in julle lewe en julle liefde plaas, moenie stilbly nie. 

Hulle (Homoseksualiste, Lesbiëns en ander) marsjeer en betoog in die strate en sê, “Ons eis die reg vir selfde-geslag huwelike! Ons eis die reg om erken te word as lesbiëns en gays. Dit is ons Konstitusionele reg.” Die voorvaders wat daardie Konstitusie geskryf het, het nooit dit bedoel nie. In MY oë het julle geen regte nie! Julle wie dit bevorder is 'n gruwel! Julle sal dieselfde lot hê as 'n Sodom en ‘n Gomorrah en die sewe stede wat ook vernietig was. Julle het geen regte nie, behalwe die hel indien julle nie berou nie. EK oordeel julle aan julle vrugte. EK ken julle aan julle vrugte. 

Nou waar is MY Heiliges om op te staan en nie stil te bly nie en aan te hou om te praat teen hierdie afgryslikheid! Vir julle wat dit gedoen het en teen aborsie gestaan het, EK sal ekstra genade oor julle hê. Want weet julle nie; vir elke baba wat geaborteer word, word dit gedoen as 'n offer aan satan! Dit word voor die voete van Molok gelê! Onskuldige, onskuldige, onskuldige, onskuldige bloed word gestort! Daar is niks onskuldiger as die ongeborenes nie! Vir die van julle wat dit gedoen het, vir die van julle wie dit toelaat, as julle nie berou en wegdraai van hierdie boosheid nie, sal julle tot in ewigheid die geskreeu van die onskuldiges hoor terwyl hulle in die moederskoot vermoor was! 

EK, YAHUVEH het hulle stil geskreeu gehoor! En nou is daardie kinders by MY. Maar julle, julle, julle, julle slagters, julle wie opstaan en sê, “Die vrou het die reg om die ongeborene dood te maak,” wat van die ongebore kind se reg? As julle nie gehoereer het nie, sou dit nie gebeur het nie! Dit is julle, julle moeders wat die keuse het! Dit is julle, wie julleself vaders noem, wat 'n keuse gehad het! 

Lees weer die Profesieë en julle sal sien, EK het julle gewaarsku dat die moorde by die ongeborenes sou begin met die om hulle níé mense te noem nie. Waar is hulle onvervreembare regte? Waar is hulle reg tot die strewe na geluk? Waar is hulle reg om te lewe? Hoekom het julle dit weggevat? Hoekom moes julle 'n president kies wat een stap verder neem in hierdie gruwel en gedoen het wat niemand voorheen gewaag het om te doen nie en gesê het "As 'n kind aborsie oorleef, is dit die reg van daardie moeder om dit te laat doodgaan, moenie dit aanraak nie, laat dit ly in pyn en laat dit sterf.”

Dit is die hart van die een wat julle as president verkies het. Wat dink julle sal met julle gebeur? Huil, O treur, O Amerika, want julle het so pas julle ondergang verkies! Want EK ken die vrug in Barack Hussein Obama en vir die van julle wie huil en treur, wie weet dit is nie Amerika se beste uur nie, bid en vra MY wat julle moet doen en waarheen julle moet gaan voordat die gruwel Amerika oorval, want Amerika, EK ken jou vrugte! Aan jou vrugte, O Amerika, sal EK jou oordeel! Net soos die ander nasies van hierdie wêreld! Dit is die tyd waarin kwaad, goed genoem word, en goed, kwaad genoem word. 

En nou eindig EK dit deur met MY Geliefde Kinders te praat. EK sluit nou af en praat met YAHUSHUA se Bruid en MY, YAHUVEH, se Bruid. Strewe elke dag daarna om beter grade met MY te maak. Strewe elke dag daarna om MY, YAHUVEH, te behaag sodat julle dieselfde getuienis as Henog kan hê. En dit word slegs gedoen deur die Naam en die Bloed van YAHUSHUA, MY Eniggebore SEUN. Pasop vir enigiemand wat net die Naam JESUS sê en homself nou 'n "profeet" noem, want alhoewel EK gesê het dat daar nog steeds vergifnis, genesing, verlossing, opstan-dingskrag is in die Naam van JESUS CHRISTUS, wees versigtig en maak seker julle weet van watter Jesus hulle praat. Dit is hoekom EK altyd vir hierdie Profeet sê, wat nou met julle praat, dit is YAHUSHUA MASHIACH, YAHUVEH se Eniggebore SEUN, gebore uit 'n maagd, wat gesterf en weer op die derde dag opgestaan het, die enigste losprys vir sonde is SY gestorte Bloed. Dit is dié YAHUSHUA MASHIACH. Daar is geen ander nie! En die enigste weg na die Hemel, is slegs, slegs, slegs deur SY Naam en Bloed, die enigste weg na die Hemel! So, moenie na enigeen luister wat vir julle anders vertel nie. Daar is geen ander deur na die Hemel nie! Deur na 'n ander evangelie te luister sal julle hel toe gelei word. (Oprah Winfrey se evangelie). 

So het EK weereens op hierdie dag deur MY “Ringmaiden” gespreek. Wat julle met hierdie Woord gaan doen, hang van julle af. Weet net dat julle geoordeel sal word want EK ken en onderskei julle harte selfs terwyl julle gelees en julle gehoor het. Is julle meer as ooit gedetermineerd om MY te behaag? Of sal julle jul hande wanhopig in die lug opgooi? EK ken julle vrugte. Dit is waarop EK julle gradeer. EK ken julle vrugte. Dit is of julle sal weet dat julle Hemel toe of hel toe gaan. Vir baie is dit 'n nuwe dag omdat julle oë oopgegaan het en nou weet julle wat MY, YAHUVEH behaag.


Gespreek onder die Salwing van die RUACH HA KODESH

Deur Apostel Profeet Elisheva Eliyahu 09/11/2008


PROFESIE 76 Geliefde Bruid van YAHUSHUA, Staan Op en Maak Julle Self Gereed want Julle Bruidegom Kom!


O, MY geliefde “Ringmaiden”, jy roep uit na MY en sê, "Wie is ek om so 'n boodskap vry te stel, ek voel nie eers waardig om hierdie eer te hê nie. Wie sal glo dat hierdie boodskap van die Hemel Gestuur was?" Maar EK sê nou vir jou, MY geliefde, dit is nie of jy jouself waardig ag om hierdie boodskap vir die hele Bruid voort te spreek nie. Die enigste ding wat saak maak is dat EK jou waardig geag het, en jou opinie van jouself of wat ander sê, is van geen belang nie, net dat jy gehoorsaam is en skryf en voortspreek, wat EK jou vertel om te sê. Moenie MY op enige manier wysig nie. In die baie jare wat jy MY gedien het, het jy die angel van die Godsdienstige demone gevoel, hoe hulle jou beskinder het met woorde en dade. Maar hierdie nuwe woord sal die demoon van "Jezebel" ontbloot, binne in die wat hulleself Heilig hou en tog geen heiligheid in hulle het nie. Hulle sal jou aanval, en tog sal EK, YAHUSHUA jou beskerm, want jy is MYNE.

Net soos Elia van Ouds, beskerm was teen "Jezebel" en Ahab, net so sal jy, so sal ALMAL van die Bruid van YAHUSHUA ha MASHIACH beskerm word. Nou is die tyd dat die "Shield Maidens" na vore kom en jou omhul in hulle gebede, liefde en ondersteuning, omdat hulle ook op dieselfde tyd aangeval sal word, wanneer hulle na vore sal tree en in geloof sal kom en jou kontak. EK gee hulle nou die volmag: Die wie agterkom dat hulle die Bruid van YAHUSHUA is, KOM NA VORE en vergader saam met hierdie “Ringmaiden” deur wie EK hierdie woord vrystel. Bedek haar met julle intersessor gebede, bemoedigende woorde en hulp, en kom saam sodat sy julle kan bemoedig en koester en ondersteun teen die aanvalle van die vyand van jou verstand, liggaam, gees en siel. Hier is 'n geheim: Net soos EK 'n Bruid het, so het satan ook een. En wanneer die Heilige Goue Arende vergader, net so sal die aasvoëls vergader.

Bruid van YAHUSHUA, julle het mekaar nodig, omdat julle vyande groot in getal is. Baie jare gelede het EK hierdie Diensmaagd 'n boodskap in twee drome gegee, na mekaar "Maak die troepe op die muur bymekaar." Dit is nou daardie aangeduide tyd; moenie julle dag van besoek met mekaar mis nie. Nou Elisabeth [Elisheva], wees dapper soos Elia van Ouds [In Hebreeus, Eliyahu] en spreek die woorde voort wat EK jou beveel om te skryf en te spreek, en moenie jou bekommer oor die met geeste soos ’n "Jezebel" en Ahab nie. Maar nou sal die wat jou aanval omdat jy aan MY gehoorsaam is, dieselfde noodlot ly soos "Jezebel" en Ahab en die profete van Baäl, want die wie jou aanval, val ook die EEN aan wat jou salf om voort te spreek. Pasop, julle met die gees van die Fariseërs, voordat julle MY geliefde een aanval! Julle moet eerder julle eie harte ondersoek. Wie ookal nie met hierdie Profetiese Woord saamstem nie, neem dit na die Regter van alle Skeppings, want MY geliefde was net gehoorsaam. Hierdie is nie haar woorde nie, maar MYNE, en die met geestelike ore om te hoor en te luister, EK wil julle vra om haar te bemoedig en haar te laat weet.

Staan op Bruid van YAHUSHUA, net soos die 5 wyse maagde in die gelykenis wat EK gegee het in Mattheus 25:1-13 en maak julleself gereed, want julle komende BRUIDEGOM en MESSIAS, kom o so gou! Bid dat julle waardig geag sal word om die Bruid van YAHUSHUA ha MASHIACH genoem te kan word. Moenie dit as vanselfsprekend aanvaar nie. Moenie opgepof raak van trots nie, omdat sommiges sal uitvind dat hulle die Gaste is en nie die Bruid nie, vir hierdie rede. So baie word gegee, baie meer word verwag.

EK, YAHUSHUA, is die GOEIE HERDER en MY Bruid sal nie na enige ander Meester gaan nie. Net soos dit geskryf is, vertel EK MY geheime aan die Profete en so deel EK MY geheime nou met MY Geliefde Bruid en die Geëerde Gaste wat uitgenooi sal word na die Bruilofsmaal van die Lam. En net die wat dit sal bywoon, hulle name word gevind in die Lam se Boek van Lewe, wat ingeskryf was voor die grondlegging van hierdie wêreld.

Bestudeer en wys jouself waardig, terwyl julle mediteer oor hoekom Henog, Elia en Elisha van groot belang is. EK, YAHUSHUA, leer julle nou dat dit relevant is vir die Bruid van YAHUSHUA. EK spreek hierdie openbaring nou voort. Aanskou, dit is 'n nuwe ding. Die Book of Enoch (Henog) was nie ingesluit in die Boeke wat in die Bybel is nie en tog gee ek julle die mandaat om hierdie boek te vind en te bestudeer en toe te laat dat YAHUVEH julle die waarhede leer wat maar selde geleer word, want daar is boeke wat moes ingesluit gewees het in die Heilige Bybel en met opset uitgelaat was, omdat hulle te konfronterend sou wees. Nie almal wat die verlore boeke van die Bybel genoem word nie, maar sekeres. Julle moet onderskeiding gebruik watter boeke van die HEILIGE GEES en die Waarheid is, en watter mensgemaak is. Vra jouself, hoekom sou die Skepper 66 boeke in die Bybel sit, want dit is nie 'n heilige nommer nie. Ses is die nommer van 'n mens, 666 is die nommer wat geassosieer word met die antichris.

Dit spreek EK nou, aan die met Geestelike ore wat hoor en luister, al die ander sal doof bly en dit tart wat hulle nie verstaan nie. Voorwaar, EK sê vir julle, EK gee julle nou sterk geestelike vleis om te eet. Dit is nie bedoel vir die wat Geestelik Swak is nie! Elia van Ouds was maar 'n skaduwee van die WEGNEMING VAN DIE BRUID VAN YAHUSHUA JULLE MESSIAS! Elia van Ouds het geweet watter missie hy moet klaar maak en hy het geweet dat hy nie op daardie tyd sou doodgaan nie. Elia van Ouds het geweet watter dag, uur en minuut, YAHUVEH die Strydwa van Vuur "Chariot of Fire" sou stuur om hom weg te neem na die Hemel. En Elia van Ouds het voor die tyd geweet wie die eer sou hê om dit met sy eie oë te kon aanskou…en die man se naam was Elisha. Elia van Ouds is na die Hemel geneem, met Hemelse Vervoer, en so sal die Bruid van YAHUSHUA Weggeneem word, wanneer EK YAHUSHUA persoonlik kom vir julle, MY GELIEFDE BRUID! (2 Konings 2:1-14)

Lees weer die Profesieë, dan sal julle sien dat EK al vir baie jare, Elisabeth, [Elisheva] MY "Elia van Nuuts" noem. Ja, haar wettige naam is Elijah "Elia", maar dit is nie hoekom EK dit doen nie. Sy het nou onlangs die rede geleer, en dit is meer as om die twee weduwees van Sarfat na haar te stuur, om hulle te toets. En hulle weet dit nie, omdat hulle hongersnood nog nie gekom het nie, dit is nie net hierdie rede nie, soos dit gestel is in baie profesieë, waar EK deur haar gepraat het nie. EK het hoorbaar met haar gepraat op Pasga "Passover", 5 April (een dag na haar verjaarsdag), en haar vertel. Waar EK haar ontwaak het met woorde wat sy nie verstaan nie…en net deur hierdie boodskap, dit makliker verstaan…"Jy is MY RingDiensmaagd" ("You are MY RING MAIDEN")

Voorwaar, EK sê vir haar, en vir julle met geestelike ore om te hoor en te luister. EK YAHUSHUA noem haar "MY Elia "Elijah" van Nuuts" en openbaar hierdie geheime openbaringe wat vir haar gegee is, direk vanaf die Hemel, om 'n seën te wees oor haar en die WARE BRUID VAN YAHUSHUA JULLE MESSIAS. Net soos Elia van Ouds geweet het wanneer om YAHUVEH SE PERDE GEDREWE STRYDWA VAN VUUR te verwag, om hom weg te neem na die Hemel en hy die presiese tyd en dag geweet het en hy voorbereid was en Elisha vroeg genoeg gewaarsku het om na hom te kyk. Elia van Ouds is die Skaduwee van dit wat sal gebeur met die Bruid, so hoekom sou EK enigsins iets minder doen vir die BRUID VAN YAHUSHUA?

EK sal eerste die Aarts Engel Migael stuur om te kom en die pad oop te maak vir die Engel Gabriël wat sal kom om haar te vertel. EK het haar vertel om te wag vir die geboorte van die aankondiging van die datum wanneer YAHUSHUA sal kom vir SY Bruid. Dan sal een van haar opdragte wees, as MY “Ringmaiden” Diensmaagd, om hierdie nuus regoor die wêreld te versprei aan al die Hoog Geagtes, genaamd DIE GELIEFDE BRUID VAN YAHUSHUA! Geliefdes, vra julleself die vraag en lees weer Mattheus 25:6-7, en hoor dit nou met Heilige ore, omdat dit sê, "En middernag was daar 'n GEROEP: Daar kom die Bruidegom; gaan uit en gaan hom tegemoet!" "Toe staan al daardie maagde op en maak hulle lampe gereed." Voorwaar, EK sê vir julle, iemand was gekies om daardie boodskapper te wees, om die GEROEP te versprei, sodat die hele Bruid van YAHUSHUA dit sal hoor. En EK het hierdie “Ringmaiden” Diensmaagd gekies om die eer te hê.

Wat YAHUVEH vir MY Moeder (Maria) gedoen het toe EK YAHUSHUA na die aarde toe gekom het, dit sal EK vir MY Bruid doen en die Engele na Elisabeth [Elisheva] stuur om aan te kondig dat die BRUIDEGOM SAL KOM! Maak julleself gereed en wag vir MY op hierdie datum, omdat EK sal kom en wegloop met MY BRUID! Weer sê EK vir julle, Elia van Ouds was 'n skaduwee van MY BRUID WAT SAL WEGGENEEM WORD, en MY BRUID sal toegerus word met 'n nuwe uitstorting van salwing, soos nog nooit tevore gegee is nie, terwyl hulle op die aarde is, wat sal dien as 'n standaard teen die bose wat teen hulle sal kom. Almal van MY BRUID sal weet dat die boodskap waar is, omdat sommiges geweet het dat dit sal gebeur en gewag het vir die aankondiging om te kom na die 4 hoeke van die aarde, waar EK MY BRUID weggesteek het.

Die datum sal in die geheim gespreek word, en sy sal dit NET aan MY WARE BRUID vertel. Julle sal dit NOOIT êrens anders gepubliseer sien nie, behalwe as dit gedoen is SONDER MY TOESTEMMING, en wee oor die Judas wat so iets doen, wat probeer om MY BRUID in gevaar te stel. Julle wie dit sal probeer, sal dieselfde noodlot ly as Judas. Moenie dink dat Elisabeth [Elisheva] vir dit gevra het nie, waarlik EK sê vir julle, EK stuur MY Profete na haar, na Profesie 74 en 75, om haar te vertel dat dit sou gebeur, en sy sê sy was nie waardig vir hierdie eer nie.

[Bediening werkers] en sy het geantwoord, hierdie Bediening wou nooit ’n wegraping datum insteller wees nie, en voorwaar sê EK sê aan julle, julle is nie die datum insteller nie. Niemand hoef ooit die woord te vat van berekenings van 'n gewone man of vrou nie. Engele sal gestuur word vanaf MY TROON om die Datum aan te kondig, sodat MY BRUID, net soos die 5 wyse maagde sal wees en voorbereid vir haar MESSIAS BRUIDEGOM OM TE KOM! Aan die wat sê, "Maar daar staan geskryf dat geen mens sal weet watter dag of uur nie," dit is waar, toe die skrif 2000 jaar gelede geskryf was, wat se waarde sou dit gehad het? Hoekom sou ABBA YAHUVEH die datum duisende jare gelede voor die tyd vrygestel het, vir wanneer EK, YAHUSHUA sou kom vir MY BRUID, soos dit geskryf was, in Mattheus 25:1-13. Watter doel sou dit gedien het, om dié te frustreer wat sou moes wag.

Onthou Geliefdes, selfs die 5 dwase maagde het geweet die Bruidegom kom, maar was onverwags gevang! Die gelykenis waarvan gepraat word, wys die 5 dwase Maagde wat nie die salwing gehad het nie en gekyk het en gewag het vir die met die salwing, om te weet wanneer die BRUIDEGOM sou kom. Die gelykenis wys ook hoe EK die 5 dwase maagde waarsku, die wat gedink het die salwing van die BRUID kon gekoop word met geld. Dit is nie te koop nie en die BRUID WEET DIT, en koggel die, wat dink dat YAHUVEH SE GESKENKE TE KOOP IS!

Nadat die 5 dwase maagde teruggekeer het, het die BRUIDEGOM en BRUID alreeds vertrek. Toe hulle aan die deur hamer om ingelaat te word saam met die BRUIDEGOM en BRUID, was hulle huilend weggestuur, terwyl die BRUIDEGOM gesê het, "GAAN WEG VAN MY, EK KEN JULLE NIE!" Nie almal is geskik om die Bruid te wees nie; daar is stywe kwalifikasies. En die 5 dwase het EK nie as MY Bruid erken nie. Alhoewel, EK los vir hulle 'n waarskuwing, en dit is dat die 5 dwase Maagde nie sal weet wanneer EK SAL TERUGKOM vir die GASTE nie, en hulle sal gereed moet wees wanneer EK, YAHUSHUA, DIE MESSIAS\BRUIDEGOM terug gaan kom, en die Gaste dalk aan die slaap vind of hulle lampe sonder olie. (Mattheus 25:1-13) Al die 5 dwase maagde sal getoets word met die vuur van teistering, en sommiges sal as goud uitkom. Sommige sal gemartel word, sommige sal agterbly, en sommige sal saam met MY weggeneem word. Sommige van die 5 dwase maagde is gaste, maar was nie geskik om die Bruid van YAHUSHUA te wees nie.

EK sal nie MY ware Bruid onverwags vang nie, sy sal die "Shofar" horing hoor, wat sal blaas. Sy sal wakker word van die Geroep wat sal voortlui vanaf MY “Ringmaiden” Diensmaagd. Onthou, satan wil voor MY gaan, so moenie geflous word met die nagemaakte datum nie. Wee oor enige een wat hulleself MY “Ringmaiden” Diensmaagd noem, behalwe die een wat EK gesalf het, wat EK nou gebruik om voort te spreek as MY mondstuk. Wanneer die Engele die boodskap bring, sal daar 'n salwing wees wat nie moontlik sal wees om na te maak nie, wanneer die WARE BRUID geboorte sal gee aan 'n uitstorting van 'n salwing vanaf die Hemel, soos geen ander tot dusver nie. Dit sal die vroeë en latere reën salwing wees wat saam is, saamgebind met die dubbele porsie van die Elia "Elijah" salwing. Selfs julle Skaduwees sal die GODSVRESENDES gesond maak, omdat MY genesingsbalsem van "Gilead", binne in MY hele BRUID SAL WEES! EK het jare terug hierdie woorde, hoorbaar aan Elisabeth [Elisheva] gespreek: "GAWE VAN GENESING, KLANK VAN DIE TROMPET". Sy het nooit die betekenis van hierdie woorde geken tot nou toe nie.

Net soos die "Shofar" Horing geblaas word by 'n Joodse troue, om die koms van die Bruidegom aan te kondig, net so sal EK, YAHUSHUA die "Shofar" Horing laat blaas, om MY KOMS VIR MY GELIEFDE BRUID aan te kondig! Luister vir die "Shofar" Horing, dit is nie meer so ver weg nie. EK het deur hierdie “Ringmaiden” Diensmaagd geprofeseer dat EK sal terugkom op 'n Sabbat en vir haar gesê, "Wat AS Rosh Ha Shanah, die dag is wanneer EK sal kom, julle weet net nie watter een nie."EK het ook deur haar geprofeseer en hoorbaar aan haar gespreek, “Eers een wegraping, dan ‘n volgende een vir die wat ek liefhet” Die gaste sal in die tweede wegneming wees! In die gelykenis van die tien maagde, word daar 'n tweede kans aan die dwase (so-genoemde) Bruid gegee, dit is hoekom EK hulle vertel om op hul hoede te wees, omdat hulle nie sal weet watter uur EK weer sal kom nie.

Elia "Elijah" van Ouds se liggaam moes binne 'n oogwink verander word, omdat sterflike liggame onsterflik moet word om in die Koningkryk van die Hemel in te gaan, net so sal MY BRUID ook verander. Elia "Elijah" van Ouds het sy Mantel (gebeds tjalie) en kledingstukke wat hy gedra het, neergelê. (2 Konings 2:12-13) Net so soos diegene wat die Bruid van YAHUSHUA is, nie hulle aardse klere nodig sal hê nie, wanneer EK julle aardse klere sal verander in die pragtigste, skitterende, reënboog kleurige, Wit Kleed, waarmee geen aardse kleed eers amper mee vergelyk kan word nie. Julle sal skitter soos die skitterendste, mees geslypte diamant, wat die wêreld nog gesien het. Terwyl MY GELIEFDE BRUID versier word, sal EK 'n Tiara op die vrouens se hoofde sit en die mans sal krone kry wat gevul word met waardevolle stene wat met niks op die aarde vergelyk kan word nie.

Dit is die geheime wat EK met julle deel, net soos die boek van Daniël wat EK geseël tot en met die eind tyd generasie. Vra MY en EK sal julle meer vertel, omdat EK hierdie geheime met MY BRUID sal deel, en EK gee nie al MY openbaringe aan een persoon of profeet nie, so deel met hierdie Boodskapper, wat MY boodskap voortspreek, wat 'n seën is oor julle. Seën haar ook en laat haar weet dat julle MY salwing en die openbaringe wat aan julle gegee word, aanvaar. Aan sommige het EK drome gegee, en aan ander, visioene, en aan ander, profetiese woorde. Nou is die tyd vir die BRUID OM BYMEKAAR TE KOM. EK LOOTS NOU DIE ROEP VAN 'N TROMPET. AS JULLE NIE IN DIE VLEES BYMEKAAR KAN KOM NIE, KAN JULLE OP ANDER MANIERE. E-pos haar, of skryf vir haar. Daar is die wat dit nou lees en besef dat iemand wat hulle ken, ook deel is van die Bruid van YAHUSHUA, maar dalk kan daardie persoon nie hierdie sien nie, so deel dit met daardie persoon en laat hulle vir MY Diensmaagd skryf, omdat sy die gawe sal hê om te onderskei wie die Bruid is en wie die Geëerde Gaste is nadat die Engel Gabriël aan haar verskyn het, het EK al verskeie kere, dit vooruit aan haar gewys.

Elia "Elijah" van Ouds het 'n salwing gehad wat sy vyande en die profete van Baäl, doodgemaak het, net so sal julle ook dit hê. Die WARE BRUID van YAHUSHUA sal dieselfde salwing hê, om die Vuur van die Hemel voort te roep om hulle vyande te verteer. Julle, die WARE BRUID van YAHUSHUA, sal ook teen die Demone van "Jezebel" veg, en die oorlog wen. Die wat probeer om MY ware profete en die BRUID te vernietig, deur hulle moeg te maak met die demoniese Geeste van "Jezebel" en "Ahab", sal dieselfde noodlot hê as die profete van Baäl, en Elia "Elijah" van Ouds se vyande. Julle, die BRUID van YAHUSHUA, sal doen wat Elia "Elijah" van Ouds gedoen het, selfs meer, voordat julle die aarde verlaat. Nadat julle gaan terugkeer van die Hemel, sal julle met nuwe kragte toegerus word, en Hemelse Bevele hê, wat uitgevoer moet word, soos dit gedeeltelik genoem is in Openbaring 14. Die res is 'n geheim vir nou; ONS hoef nie die vyande vooruit te laat weet nie. Julle, MY GELIEFDE BRUID, sal 'n lied sing soos geen ander nie, en EK SELF sal dit vir julle leer.

Die BRUID van YAHUSHUA sal die eerste vrugte wees wat verlos sal word van die aarde, voor die groot dag van YAHUVEH se WOEDE, genaamd die Groot Verdrukking. Julle, die BRUID van YAHUSHUA, is Ewig getrou en eg aan julle MESSIAS en BRUIDEGOM. Julle, die BRUID van YAHUSHUA, sal ook die gawe hê om na enige plek in die wêreld heen te reis, en sal geen aardse vervoer nodig hê nie. Moet EK julle herinner hoe sommige van MY dissipels van ouds, nie 'n glorieryke liggaam gehad het nie, en tog kon hulle dieselfde doen? (Handelinge 8:27-40). Die BRUID van YAHUSHUA sal verskillende aangesigte hê, net soos EK, YAHUSHUA gehad het na MY opstanding. MY eie Apostels het nie hulle Meester herken nie.

Voorwaar, EK sê vir julle, net soos Elisha getuie was met sy eie oë en ELIA "ELIJAH" van OUDS gesien het, waar hy met 'n perdewa van vuur opgeneem was, en omdat Elisha geweier het om hom te verraai, en by Elia "Elijah" was, toe hy weggeneem was, het hy 'n dubbele porsie van die salwing ontvang, net soos Elia "Elijah" van Ouds geprofeseer het. Hier is 'n geheim: het julle gewonder hoekom Elisha geskei was van Elia "Elijah" van Ouds, en nie opgeneem was met die Perdewa van Vuur nie? (2 Konings 11). Dit is omdat Elisha 'n skaduwee was van die 12 Stamme van Israel (Openbaring 7) en Elia "Elijah" 'n skaduwee was van MY BRUID. (Openbaring 14). Net so sal die geseëlde 144,000 van die 12 stamme van Israel, beskerm en geseël sal word op hierdie aarde –soos dit geskryf is in Openbaring 7—deur 'n Engel van die Hemel. Wapens van 'n mens sal hulle nie seermaak nie, ook sal geen plaag naby aan hulle kom nie, omdat hulle NIE uitgewys is vir YAHUVEH se woede nie. Hulle sal in YAHUSHUA se GUNS bly, die bloedlyn wat YAHUSHUA getrek het by Golgota, en satan kan nie hierdie lyn kruis nie. Hierdie 144,000 sal die mantel van die BRUID aanskou, terwyl die salwing op hulle neerdaal, op 'n manier wat hulle nog nie voorheen geken het nie.

Voorwaar, EK sê vir julle, Henog was 'n Skaduwee van die Bruid van YAHUSHUA. Toe Henog na die Hemel geneem was, was sy getuienis dat hy nie doodgegaan het nie, maar na die Hemel geneem was omdat hy YAHUVEH baie tevrede gestel het! Net so sal julle, die BRUID van YAHUSHUA, geneem word, omdat julle ook hierdie getuienis het dat JULLE YAHUVEH, DIE VADER VAN ALLE SKEPPINGS EN YAHUSHUA, SY SEUN, tevrede stel, omdat julle gehoorsaam was en julleself Heilig gehou het, sonder Vlek of Kreukel. Dit is hoekom EK Elisabeth [Elisheva] in 'n droom vertel het om Hebreërs 11:5 te memoriseer. Julle, BRUID van YAHUSHUA, sal vir YAHUVEH en vir MY, YAHUSHUA en die RUACH HA KODESH (HEILIGE GEES), geen skaamte bring nie! MY BRUID, julle is meer as net gehoorsaam aan die 10 gebooie, watter uitdaging is daar in dit? EK sal aan julle die hoof kwalifikasies vrystel, hoe julle sal weet of julle MY BRUID is of die Geëerde Gaste, by die Bruilofsmaal van die Lam. Die hoof kwalifikasies word vrygestel in die eind tyd boodskap vir MY BRUID en die Geëerde Gaste. Hierdie boodskap is nie vir die heidene nie, behalwe om hulle te waarsku.

Wees versigtig vir enige een wat voorgee dat hy MYNE is, en tog die profetiese woord aanval, deurdat hulle bewys van watter bose gees hulle is, en ook bewys dat dit die demoniese gees van "Jezebel" is, wat MY “Ringmaiden” Diensmaagd aanval, die een wie gesalf is om MY STEM te hoor, sodat MY BRUID en die GASTE van die Bruilofsmaal van die Lam geseën en aangemoedig kan word. satan is die enigste een wat sy wolwe, geklee in skaapklere, sal stuur om MY Apostoliese Profetiese “Ringmaiden” Diensmaagd, genaamd Elisabeth [Elisheva] Sherrie Elijah [Eliyahu] , aan te val. EK gebruik haar volle name vir MY eie redes wat niemand aangaan nie, behalwe die vyande wat haar verwoesting soek, en haar name gebruik terwyl hulle vloeke uitspreek.

Voorwaar, EK sê vir julle, enige een wat sê hulle Aanbid YAHUVEH en YAHUSHUA, en HULLE eerste in hul lewe en liefde plaas, en tog steeds sukkel om gehoorsaam te wees aan die "TORAH\LAW", wat die 10 gebooie insluit, het 'n ernstige geestelike probleem en moet eerder besef dat hul siel op die spel is. Julle het eers 'n verskoning gehad, voordat julle MY aanvaar het as julle MESSIAS, en MY gevra het om in julle harte te kom en julle lewe oor te neem. Maar nou het julle geen! Berou nou, voordat dit te laat is! Versoeking is nie sonde nie, maar wees versigtig, omdat sonde eers deur die verstand kom en dan deur die aksies van jou liggaam. MY BRUID, julle is Heilig en julle lewe Heilig, net soos 'n voorbeeld van julle MESSIAS. Julle spreek Heiligheid, en julle verstand is konstant gevestig op die LIEFDE VAN JULLE LEWE, en dit is ABBA YAHUVEH en EK, YAHUSHUA. MY BRUID, julle doen nie aspris sonde nie, omdat julle MY nie bedroef wil maak nie en ook nie satan 'n rede wil gee om julle aan te kla en skaamte na MY te bring nie.

MY GELIEFDE BRUID, julle bestaan uit beide man en vrou. Julle word 'n maagd genoem, omdat julle uit die mensgemaakte leerstellings gekom het en gevlug het van die kerke van Babilon. MY BRUID, julle is nie bang om die bose te ontbloot nie, selfs al is dit in die kerke, julle ontbloot ook die Pastore van die kerke wat ’n kompromie aangaan, en die wat hulleself "Rabbis" noem wat ook ‘n kompromie aangaan. Dit is boos in MY oë. Julle, MY BRUID, sal nie stilbly nie, en hoe meer die heidene en die Fariseërs en die louwarm Christene en die 6 kerke wat genoem word in Openbaring, probeer om julle stil te maak, hoe harder skree julle! MY GELIEFDE BRUID, julle wie lofprys, aanbid, liefhê, vereer, en bo alles begeer om 'n glimlag op ABBA YAHUVEH se gesig te sit en om HOM tevrede te stel, asook julle MESSIAS en vinnig komende BRUIDEGOM. MY BRUID, julle weet, gehoorsaamheid aan YAHUVEH en YAHUSHUA, is LIEFDE, en julle bewys julle lojaliteit deur gehoorsaam te wees aan YAH se bevele.

Wat is die prys van jou siel? Daar is valse leraars in die wêreld wat jou vertel dat dit onmoontlik is om gehoorsaam te wees aan die Tien Gebooie. EK sê jou dat die valse leraars gestuur is vanaf satan om julle op die verkeerde pad na die hel te lei! Hoekom noem julle MY Meester, maar is nie gehoorsaam aan MY nie? Is dit nie geskyf nie, "Wees julle Heilig soos EK Heilig is"? Het EK nie 'n voorbeeld vir julle gestel nie? Dit is die salwing wat al die gebindes en bande sal breek, en EK stuur die Trooster, genaamd die RUACH HA KODESH, ook genoem die HEILIGE GEES, om julle na alle waarhede toe te lei en te leer, asook om julle aan te kla, wanneer julle foute begaan. Dit is die RUACH HA KODESH wat julle sal weerhou om teen MY sonde te doen.

Die Bruid van YAHUSHUA sukkel nie om die Tien Gebooie te onderhou nie. Instede, hulle hou wag daaroor en verdedig dit, met die wete dat YAHUVEH hierdie Tien Wette op tablette van steen geskryf het met sy eie vinger, en HY het nie enige Wette verander of weggevat nie. 'n Mens verander die wette, nie ABBA YAHUVEH nie, wie die Skepper van die wette is, wat vir Moses op die berg Sinai gegee is. YAHUVEH is die Skepper van die Sabbat, en het alle skeppinge beveel om dit te eer, wanneer HY op die 7de dag gerus het na al SY Skeppings. Die Sabbat is ewigdurend, wat nooit ophou nie, en sal selfs geëer word in die Regering van die Millenium.

Voorwaar, EK sê vir julle, Die Bruid van YAHUSHUA, julle weet al die dinge en julle Grootste begeerte is om al YAHUVEH se woorde te gehoorsaam, en EK is die Woord wat Vlees geword het. EK is die Lewende "Torah". Voorwaar, EK sê vir julle, die Bruid YAHUSHUA wil gehoorsaam wees en sal 'n ekstra myl loop, wat ookal dit neem om aan ABBA YAHUVEH gehoorsaam te wees, om te doen wat ander as dwaas beskou, soos om die Heilige Fees Dae waar te neem en die ware Sabbat te hou en te vlug van mensgemaakte gelowe wat die Sabbat verander het na 'n Sondag. MY Bruid, julle weet dat enige iets wat korrup of pervers is, nie Heilig is nie en 'n afskuwing vir YAHUVEH is, soos aborsie, homoseksualiteit en huwelike van dieselfde geslag. MY Bruid, julle bly nie stil nie, maar maak hardop beswaar teen hierdie dinge, en veroordeel enige een wat nie dieselfde as julle doen nie, en julle noem hulle lafaards en skynheiliges.

Is dit nie geen wonder dat die Jode en die Israeliete nie wou luister na die Christene, omdat hulle geen SEUN van YAHUVEH ken wat sê dat HY die Koning van die Jode is nie, die MESSIAS, en omdat hulle die Sabbat wegwerp en leer dat enige dag sal doen, wanneer dit die 7de dag was waarop YAHUVEH en EK gerus het, nadat enige Skeppings voltooi is nie? Hoekom ontheilig julle MY, julle noem julleself Christene, maar julle breek die "Torah" Wette wat aan Moses gegee is, julle eer ook nie die Heilige Dae wat YAHUVEH besluit het, is Heilig vir HOM nie? Het EK nie gesê, dat EK nie gekom het om die wette wat aan die profete gegee is, te kanseleer nie, maar om dit te VERVUL?

Voorwaar, EK sê vir julle, die wat julleself Christene noem, wanneer julle op so 'n manier optree, maak julle MY, YAHUSHUA eerder seer as wat julle MY help. Wat sal julle verskoning wees, wanneer julle voor MY staan? Die Skrif wat verkeerd verstaan en vertaal was? Die Ware BRUID van YAHUSHUA SAL NIE N KOMPROMIE AANGAAN MET DIT WAT SY WEET WAAR IS NIE! Sy is getrou aan YAH, wie sy dien. Voorwaar, EK sê vir julle, MY BRUID moet geestelik volwasse wees, oud genoeg om te trou. EK praat nie van julle biologiese ouderdom nie, maar van julle geestelike ouderdom. Afhangende van julle geestelike groei, dit is nie eers die dae ingesluit vandat julle MY as MESSIAS aanvaar het nie, kinders groei en word volwasse teen verskillende snelhede, sommige word geestelik volwasse binne 'n kort tydjie, ander neem jare om volwasse te word, selfs Pastore en ander word nooit volwasse nie, hulle is slegs tevrede met die melk van die woord en sal nooit enige iets nuuts leer nie.

Volwassenheid vir jou MY Bruid, hang af hoe vinnig julle agterkom dat julle soek na meer as net geestelike melk van MY woord, en dat julle Geestelike Vleis nodig het om te eet. Julle ly honger en begin die honger pyne voel, as julle dit nie gereeld kry nie. Julle, wie die Bruid van YAHUSHUA is, het geestelike tande van 'n leeu en verorber vinnig die geestelike, gesalfde vleis, soos die profetiese woord wat julle ken as MY STEM, en is nooit tevrede met slegs aardse kennis nie, maar soek en vra vir meer Hemelse kennis om YAHUVEH te ken soos Abraham HOM geken het. MY BRUID, julle verlang om die ware geheime van YAHUVEH te bekom, dit wat verberg is vir die wie HY en EK kan vertou.

MY BRUID, julle is nou regoor die wêreld versprei. MY BRUID, julle bestaan uit die eerste vrugte, wat in Openbaring 14 genoem word. Julle is die beste vrugte wat EK sal wegraap, voor die Groot Verdrukking. Julle spog slegs oor die, wie julle dien, en julle bly nederig, alhoewel julle nie volkome verstaan hoekom EK, YAHUSHUA julle gekies het nie, maar voel geëerd dat julle gekies is en moenie dit as vanselfsprekend aanvaar nie, en bid steeds dat julle waardig geag sal word om MY BRUID genoem te word. MY BRUID verstaan die belangrikheid om die Heilige Dae waar te neem, die wat haar Joodse Messiaanse Bruidegom gehou het. MY BRUID, julle het alles neergelê op die altaar van opoffering en hou niks terug nie, en sal julle MESSIAS volg en sal gehoorsaam wees aan alles wat EK sê. Die roeping op julle lippe is HEILIG!

MY BRUID, julle het nie net ABBA YAHUVEH en YAHUSHUA lief nie, maar is hartstogtelik verlief op ABBA YAHUVEH en MY, YAHUSHUA, net soos in die liedjies van Salomo. MY BRUID, julle plaas beide die SKEPPER en die MESSIAS eerste in julle lewe en liefde. Alle ander, al is dit nou julle eggenoot, kinders, familie, vriende, besigheid of plesier, dit kom tweede in julle liefde en lewe. MY BRUID, julle sal bereid wees om julle lewe neer te lê, indien nodig, en indien dit YAH se wil is. MY BRUID, julle het alle aardse gemaklikhede verlaat, toe EK gesê het, "Kom en Volg MY!"

MY BRUID, julle sal nie net MY naam op julle voorhoofde gegraveer hê nie, maar die naam van ABBA YAHUVEH ook, sodat almal sal sien wat Openbaring 14 verklaar. MY BRUID, julle het 'n las om die waarhede voort te spreek, wanneer slegs 'n oorblyfsel dit begeer en gehoorsaam. MY GELIEFDE BRUID, julle sal eerder die naam van julle geliefde ABBA YAHUVEH en MY, YAHUSHUA, op julle lippe hê, waar julle praat van ONS in liefde, en mediteer oor wie ONS is en hoe om ONS bly te maak, en bestudeer die Hemelse Dinge en profetiese dinge wat nog kom, en julle kraak nie die gawe van profesie af nie en spot ook nie die gawes van die RUACH HA KODESH (HEILIGE GEES) nie.

Julle weet al die gawes van die RUACH HA KODESH (HEILIGE GEES) is van waarde en begeer dit alles. Julle leer alles wat julle kan oor julle Hemelse Huis en steek die Heilige Skrifte weg in julle harte. MY BRUID, julle weet hierdie aarde is nie julle huis nie; julle is slegs maar besig om deur te gaan, totdat die werk waarna EK julle gestuur het om te doen, klaar is. MY BRUID, julle verlang na die geluid van die "Shofar" Horing, wetende dat julle MESSIAS BRUIDEGOM sal verskyn, direk nadat die "Shofar" Horing geblaas het, en dat HY julle dan persoonlik sal dra na julle Hemelse Huis. 'n Herehuis wat EK vir julle gebou het, wag vir julle, tesame met julle belonings wat vir julle geberg word in julle stoor huise.

MY BRUID, julle verlang na MY op 'n manier waarop EK verlang, om fisies by julle te wees, en dit is nie meer so ver nie. Wees vertroos, MY geliefdes, en praat met MY, op die volgende Rosh Ha Shanah 2004, op 'n manier waarmee julle met 'n geliefde eggenoot sal praat, wanneer julle wil hê hy\sy moet terugkom, omdat hy\sy op 'n lang reis weg was. Huil vir MY koms, uit liefde en verlange, nie uit vrees nie. EK verlang om julle woorde van passie en liefde van MY, te hoor, en so ook Ons ABBA YAHUVEH.

EK het vir julle MY woorde van liefde in die liedjies van Salomo agtergelaat. Dit is nie 'n seksuele liefde nie, maar 'n liefde wat min kan verstaan, behalwe MY BRUID. Lees dit met Geestelike onderskeiding en vra MY, dan sal EK die gelykenis sonette verduidelik, omdat dit meer is as net Salomo se liefde is wat beskryf word, MY BRUID is versteek in die verse. Kan julle dit vind? EK deel nog 'n geheim met die BRUID van YAHUSHUA. MY “Ringmaiden” Diensmaagd Elisabeth [Elisheva], dra alreeds 'n geestelike trou ring. Sy sal weet aan wie EK hierdie ringe gegee het. Elkeen van MY BRUID sal 'n unieke trou ring dra, wat 'n refleksie is van die prys wat hulle betaal het om MY BRUID te wees. Geen een van die ringe sal dieselfde wees nie.

Geliefdes, wanneer die BRUID en die Gaste almal arriveer, dan sal die Bruilofsmaal van die Lam begin. EK, YAHUSHUA sal nie net Dans en bly wees saam met MY GELIEFDE BRUID NIE, MAAR OOK SAAM MET MY GELIEFDE GEËERDE GASTE. GESEËND IS ALMAL WIE DIE BRUILOFSMAAL VAN DIE LAM BYWOON! Soos dit geskryf is in Openbaring 19:9. Die uitnodigings was gestuur aan elkeen in die wêreld, tog weet so min, watter eer dit is om MY BRUID genoem te word, of om 'n uitnodiging te ontvang om 'n Geëerde Gas te wees. Min verstaan die Prys wat EK betaal het om julle te nooi. Sommige uitnodigings het verlore geraak, sommige is weggegooi en as gemors bestempel, sommige uitnodigings vergaar net stof op, sommige uitnodigings is nagemaak, en sommige Gaste verstaan nie dat dit alleenlik 'n "Antwoord so gou as moontlik” (RSVP) uitnodiging is nie. Slegs die wat reageer en MY, YAHUSHUA as julle MESSIAS aanvaar, sal die Bruilofsmaal van die Lam bywoon en slegs die wie se name geskryf is in die LAM SE BOEK VAN DIE LEWE, voor die fondasie van die wêreld.

Wee oor die vyande wat probeer om die “Ringmaiden” Diensmaagd BRUID van MY te terg, te minag, seer te maak, sleg te sê of dood te maak, of om die Bediening te vernietig. Hoekom kners julle jul tande in woede? Julle wie 'n gees het van 'n Fariseër, julle wie 'n Judas in vermomming is, weet julle nie dat die brief doodgemaak het nie, en die RUACH HA KODESH (HEILIGE GEES) LEWE GEGEE HET AAN MY WOORDE NIE? Hoekom gee al diegene wat hierbo genoem is om, want nie een van julle is MY BRUID of MY GASTE nie, en waar julle is, is daar wening en die gekners van tande. Julle, wie 'n vorm van Goddelikheid het, maar geen Goddelikheid van binne het nie, en ook geen Heiligheid van binne het nie, julle het lank terug al verdoemenis gekies, in plaas van redding. Niemand, behalwe die WARE BRUID van YAHUSHUA, sal die Jaar, Dag of Uur weet, wanneer EK, YAHUSHUA sal kom om my bruid weg te neem nie!

Aan die wie hierdie boodskap tart, dit was nie vir julle oë om te sien en julle ore om te hoor nie! (1 Korinthiërs 2:9-16). Net die BRUID van YAHUSHUA en slegs die wat bestem is om die Bruilofsmaal van die Lam by te woon, sal herken dit is die stem van die Enigste MESSIAS EN VINNIG KOMENDE HEMELSE BRUIDEGOM! Hulle sal weet, al die ander sal blind en doof bly. Net soos 'n geliefde man vir SY BRUID omgee, beskerm en koester, hoe sal EK dan enigsins minder doen. Inteendeel, EK sal baie meer vir MY BRUID doen!

EK, YAHUSHUA GAAN KOM, MAAK JULLESELF GEREED, DIT IS NIE NET GENOEG OM IN MY BLOED, WAT GESTORT WAS BY GOLGOTA, GEWAS TE WEES NIE, DIE GASTE IS GEWAS IN DIE GESALFDE BLOED, BY GOLGOTA. MAAR MY BRUID IS VLEKLOOS, SONDER ENIGE VLEK OF KREUKEL OP HAAR KLEED, SKITTEREND WIT, WAT MY GEEN SKAAMTE BRING NIE! STAAN OP MY BRUID, LUISTER VIR DIE "SHOFAR" HORING, LAAT JULLE LIG VOOR ALMAL SKYN. JULLE BRUIDEGOM GAAN VINNIG KOM!

En die GEES en die BRUID sê, "KOM YAHUSHUA HA MASHIACH, KOM!" Laat almal wat hoor sê KOM. Laat almal wat dors het, kom, en laat enige een wat wens, die water van die lewe, verniet neem. En die een wat die dinge getuig, sê…"JA, EK KOM VINNIG!" AMEN. "SELAH"


Gespreek onder die Salwing van die RUACH HA KODESH

Deur Apostel Profeet Elisheva Eliyahu 12/09/2004


Reddings Gebed



Levitikus 26:3 – 27:34


 *~ Levitikus Hoofstuk 26~*


3 As julle in MY insettinge wandel en MY gebooie hou en dit doen,


4 sal EK julle reëns gee op die regte tyd, en die land sal sy opbrings gee, en die bome van die veld sal hulle vrugte gee.


5 En die dorstyd sal vir julle aanhou tot die druiwe oes, en die druiwe oes sal aanhou tot die saaityd, en julle sal jul brood volop eet en veilig in julle land woon.


6 Ook sal EK vrede gee in die land, sodat julle sal lê en rus sonder dat iemand julle skrikmaak; en EK sal die wilde diere uit die land laat verdwyn, en geen swaard sal deur julle land trek nie.


7 En julle sal jul vyande agtervolg, en hulle sal voor julle val deur die swaard.


8 Vyf van julle sal honderd agtervolg, en honderd van julle sal tien duisend agtervolg; en julle vyande sal voor julle val deur die swaard.


9 En EK sal MY na julle wend en julle vrugbaar maak en julle vermenigvuldig; en MY verbond sal EK met julle bevestig.


10 Julle sal ou koring van vorige jare eet en die oue laat plek maak vir die nuwe.


11 En EK sal MY tabernakel onder julle oprig, en MY siel sal van julle geen afsku hê nie.


12 En EK sal in jul midde wandel en vir julle ‘n ELOHIM wees, en júlle sal vir MY ‘n volk wees.


13 EK is YAHUVEH julle ELOHIM wat julle uit Egipteland uitgelei het, dat julle nie hulle slawe moet wees nie; en EK het julle jukskeie verbreek en het julle regop laat loop.


14 Maar as julle nie na MY luister en al hierdie gebooie nie doen nie;


15 en as julle MY insettinge verwerp, en as julle siel van MY verordeninge ‘n afsku het, sodat julle nie al MY gebooie doen nie en MY verbond verbreek


16 dan sal ÉK dit ook aan julle doen: EK sal verskrikking oor julle beskik: die tering en die koors wat die oë verteer en die lewe laat versmag; julle sal ook tevergeefs julle saad saai, want julle vyande sal dit opeet.


17 En EK sal MY aangesig teen julle rig, sodat julle voor jul vyande verslaan word; en julle haters sal oor julle heers, en julle sal vlug terwyl niemand julle agtervolg nie.


18 En as julle dan nog nie na MY luister nie, sal EK voortgaan om julle sewevoudig weens julle sondes te tugtig.


19 En EK sal julle trotse mag verbreek, en sal julle hemel maak soos yster en julle aarde soos koper.


20 En julle krag sal tevergeefs verbruik word, want julle land sal sy opbrings nie gee nie, en die bome van die land sal hulle vrugte nie gee nie.


21 En as julle jul teen MY versit en na MY nie wil luister nie, sal EK meer plae op julle lê, sewevoudig volgens julle sondes.


22 En EK sal die wilde diere van die veld onder julle in stuur, en dié sal julle kinderloos maak en julle vee uitroei en julle verminder, sodat julle paaie verlate sal wees.


23 En as julle hierdeur jul nie deur MY laat tugtig nie, maar julle teen MY versit,


24 sal EK MY ook teen julle versit en julle ook sewevoudig tref weens julle sondes.


25 En EK sal ‘n swaard oor julle bring wat die wraak van die verbond sal uitoefen; en as julle dan in jul stede terugtrek, sal EK pes onder julle in stuur, en julle sal in die hand van die vyand oorgegee word.


26 As EK vir julle die staf van die brood verbreek, sal tien vroue julle brood in een oond bak en julle brood by die gewig teruggee; en julle sal eet, maar nie versadig word nie.


27 As julle ook hierom nie na MY luister nie, maar julle teen MY versit,


28 sal EK MY in grimmigheid teen julle versit, en EK sal julle ook sewevoudig tugtig weens julle sondes.


29 En julle sal die vlees van julle seuns eet, en die vlees van julle dogters sal julle eet.


30 En EK sal julle hoogtes verwoes en julle sonpilare verdelg en julle lyke op die lyke van julle drekgode gooi; en MY siel sal ‘n afsku van julle hê.


31 En EK sal julle stede puinhope maak en julle heiligdomme verwoes en julle lieflike geur nie ruik nie.


32 Ja, EK self sal die land verwoes, sodat julle vyande wat daarin gaan woon, daaroor verstom sal staan.


33 En EK sal julle onder die volke verstrooi en ‘n swaard agter julle uittrek; en julle land sal ‘n wildernis en julle stede puinhope word.


34 Dan sal die land vir sy sabbatte vergoeding kry, al die dae van sy verwoesting, terwyl julle in die land van julle vyande is; dan sal die land rus en vir sy sabbatte vergoeding gee.


35 Al die dae van sy verwoesting sal dit rus die rus wat dit nie gehad het in julle sabbatte toe julle daarin gewoon het nie.


36 En wat aangaan diegene wat onder julle oorgebly het EK sal in hulle hart ‘n vreesagtigheid bring in die lande van hulle vyande, sodat die geruis van ‘n verwaaide blaar hulle op die loop sal ja; en hulle sal vlug, soos ‘n mens vir ‘n swaard vlug en val sonder dat iemand agtervolg.


37 En hulle sal struikel die een oor die ander soos vir die swaard, alhoewel niemand agtervolg nie; en julle sal voor julle vyande nie kan standhou nie.


38 Maar julle sal omkom onder die nasies, en die land van julle vyande sal julle verteer.


39 En die wat onder julle oorgebly het, sal oor hulle ongeregtigheid wegteer in die lande van julle vyande, ja, ook oor die ongeregtighede van hulle vaders saam met hulle wegteer.


40 Dan sal hulle hul ongeregtigheid bely en die ongeregtigheid van hulle vaders deurdat hulle ontrou teen MY gehandel het; en ook dat hulle hul teen MY versit het,


41 sodat ÉK MY ook teen hulle versit het en hulle in die land van hulle vyande moes bring; of, as hulle onbesnede hart hom dan verneder en hulle dan boet vir hul ongeregtigheid,


42 sal EK dink aan MY verbond met Jakob; en ook aan MY verbond met Isak en ook aan MY verbond met Abraham sal EK dink, en aan die land sal EK dink.


43 Maar die land moet eers van hulle verlate wees en moet vir sy sabbatte vergoeding kry, terwyl dit woes lê sonder hulle; en húlle sal vir hul ongeregtigheid boet, omdat, ja, omdat hulle MY verordeninge verwerp en hulle siel van MY insettinge ‘n afsku gehad het.


44 Maar ook dan, as hulle in die land van hul vyande is, verwerp EK hulle nie en het EK van hulle geen afsku, sodat EK ‘n einde aan hulle sou maak en MY verbond met hulle sou verbreek nie; want EK is YAHUVEH hulle ELOHIM.


45 Maar EK sal tot hulle beswil dink aan die verbond van die voorvaders wat EK uit Egipteland voor die oë van die nasies uitgelei het om vir hulle ‘n ELOHIM te wees. EK is YAHUVEH.


46 Dit is die insettinge en die verordeninge en die wette wat YAHUVEH tussen HOM en die kinders van Israel by die berg Sinai deur die diens van Moses gegee het.



*~ Levitikus Hoofstuk 27~*



1 Verder het YAHUVEH met Moses gespreek en gesê:


2 Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: As iemand ‘n besondere gelofte aflê mense aan YAHUVEH toewy volgens jou skatting,


3 dan moet jou skatting vir ‘n manspersoon van twintig tot sestig jaar, dan moet jou skatting vyftig sikkels silwer wees, volgens die sikkel van die heiligdom.


4 Maar is dit ‘n vrou, dan moet jou skatting dertig sikkels wees.


5 En is dit iemand van vyf tot twintig jaar, dan moet jou skatting vir ‘n manspersoon twintig sikkels wees en vir ‘n vroulike tien sikkels.


6 Maar is dit iemand van ‘n maand oud tot vyf jaar, dan moet jou skatting vir die manlike geslag vyf sikkels silwer wees en jou skatting vir die vroulike drie sikkels silwer.


7 En is dit iemand van sestig jaar oud en daarbo is dit ‘n manspersoon, dan moet jou skatting vyftien sikkels wees en vir ‘n vrou tien sikkels.


8 Maar as hy te arm is vir die geskatte bedrag, moet hy voor die priester gestel word, sodat die priester hom kan skat; volgens wat hy kan bekostig wat die gelofte gedoen het, moet die priester hom skat.


9 En as dit vee is waarvan hulle aan YAHUVEH ‘n offer kan bring, moet alles wat hy daarvan aan YAHUVEH gee, heilig wees.


10 Hy mag dit nie omwissel of omruil nie ‘n goeie vir ‘n slegte of ‘n slegte vir ‘n goeie nie; maar as hy tog ‘n dier vir ‘n ander een omruil, moet dit en die geruilde heilig wees.


11 En as dit enige onrein stuk vee is waarvan hulle aan YAHUVEH geen offer mag bring nie, moet hy die dier voor die priester stel,


12 en die priester moet dit skat of dit goed of sleg is; na jou skatting, priester, so sal dit wees.


13 Maar as hy dit wil los, moet hy die vyfde deel daarvan bo jou skatting byvoeg.


14 En as iemand sy huis as heilige gawe aan YAHUVEH toewy, moet die priester dit skat of dit goed of sleg is; soos die priester dit skat, so moet dit bly.


15 En as hy wat dit geheilig het, sy huis wil los, moet hy die vyfde deel van die geld van jou skatting daar byvoeg; dan sal dit syne wees.


16 En as iemand ‘n stuk land van sy besitting aan YAHUVEH heilig, moet jou skatting wees volgens die saad wat gesaai word: ‘n homer garssaad op vyftig sikkels silwer.


17 As hy sy stuk land van die jubeljaar af heilig volgens jou skatting, so moet dit bly.


18 Maar as hy sy stuk land ná die jubeljaar heilig, moet die priester vir hom die geld bereken na die jare wat tot die volgende jubeljaar oor is; en dit moet van jou skatting afgetrek word.


19 En as hy wat die stuk land geheilig het, dit beslis wil los, moet hy die vyfde deel van die geld van jou skatting daar byvoeg; en dit sal syne bly.


20 En as hy die stuk land nie los nie, of as hy die stuk land aan ‘n ander verkoop, mag dit nie meer gelos word nie;


21 maar die stuk land moet, as dit in die jubeljaar vry word, aan YAHUVEH heilig wees soos ‘n stuk land onder die ban; die besit daarvan kom aan die priester toe.


22 En as hy aan YAHUVEH ‘n stuk land heilig wat hy gekoop het, wat nie van die land van sy besitting is nie,


23 moet die priester vir hom die bedrag van die skatting tot die jubeljaar bereken; en hy moet op dieselfde dag die skatting gee as ‘n heilige gawe aan YAHUVEH.


24 In die jubeljaar moet die stuk land terugkom aan hom van wie hy dit gekoop het, aan hom wat in besit was van die stuk land.


25 En alles wat jy skat, moet volgens die sikkel van die heiligdom wees; die sikkel moet twintig gera wees.


26 Maar die eersgeborene van ‘n dier wat as eersgeborene aan YAHUVEH behoort, dit mag niemand heilig nie; of dit ‘n bees is of ‘n stuk kleinvee dit behoort aan YAHUVEH.


27 Maar is dit van ‘n onrein dier, dan moet hy dit na jou skatting loskoop en die vyfde deel daarvan byvoeg; en as dit nie gelos word nie, moet dit na jou skatting verkoop word.


28 Maar niks van die bangoed wat iemand aan YAHUVEH wy, van alles wat aan hom behoort mense of vee of grond wat in sy besit is mag verkoop of gelos word nie. Al die bangoed moet aan YAHUVEH hoogheilig wees.


29 Elkeen wat onder die ban is, wat onder die mense met die ban getref is, mag nie losgekoop word nie; hy moet sekerlik gedood word.


30 Ook al die tiendes van die land, van die graan van die land, van die vrugte van die bome, behoort aan YAHUVEH; dit is heilig aan YAHUVEH.


31 Maar as iemand van sy tiende iets wil los, moet hy die vyfde deel daarvan byvoeg.


32 Wat betref al die tiendes van beeste en kleinvee alles wat onder die herderstaf deurgaan die tiende moet aan YAHUVEH heilig wees.


33 Hulle mag nie ondersoek of dit goed of sleg is nie, en dit nie omruil nie; maar as hulle dit tog omruil, moet dit en die geruilde heilig wees; dit mag nie gelos word nie.


34 Dit is die gebooie wat YAHUVEH Moses by die berg Sinai vir die kinders van Israel beveel het.


Jeremia 16:19 – 17:14


*~Jeremia Hoofstuk 16~*


19 o YAHUVEH, my sterkte en my beskutting en my toevlug in die dag van benoudheid, tot U sal volke van die eindes van die aarde af kom en sê: Net leuens het ons vaders geërwe, nietige afgode, en daaronder was niks wat voordeel kon bring nie.


20 Sal ‘n mens vir hom gode maak wat tog geen gode is nie?


21 Daarom, kyk, EK laat hulle hierdie keer voel, voel MY hand en MY mag; en hulle sal weet dat MY Naam YAHUVEH is.



*~Jeremia Hoofstuk 17~*


1 Die sonde van Juda is geskrywe met ‘n ystergriffel, met ‘n diamantpunt; dit is gegrif op die tafel van hulle hart en op die horings van julle altare—


2 telkens as hulle kinders aan hulle altare dink en aan hulle heilige boomstamme by die groen bome, op die hoë heuwels.


3 My berg in die veld, jou rykdom, al jou skatte sal EK as buit gee saam met jou hoogtes, weens die sonde in jou hele grondgebied.


4 En jy sal uitval—en dit deur jouself—uit jou erfenis wat EK jou gegee het, en EK sal jou jou vyande laat dien in ‘n land wat jy nie ken nie; want julle het ‘n vuur aangesteek in MY toorn, tot in ewigheid sal dit brand.


5 So sêYAHUVEH: Vervloek is die man wat op die mens vertrou en vlees sy arm maak, terwyl sy hart van YAHUVEH afwyk.


6 En hy sal wees soos ‘n kaal bos in die wildernis, en hy sal nie sien as die goeie kom nie, maar dor plekke in die woestyn bewoon, ‘n brakkerige en onbewoonde land.


7 Geseënd is die man wat op YAHUVEH vertrou, en wie se vertroue YAHUVEH is.


8 Want hy sal wees soos ‘n boom wat by die water geplant is en sy wortels uitskiet by die stroom en nie vrees as daar hitte kom nie, maar sy blad bly groen; en in ‘n jaar van droogte is hy nie besorg nie en hou nie op om vrugte te dra nie.


9 Bedrieglik is die hart bo alle dinge, ja, verdorwe is dit; wie kan dit ken?


10 EK, YAHUVEH, deursoek die hart, toets die niere, om aan elkeen te gee na sy weë, volgens die vrug van sy handelinge.


11 ‘n Voël wat eiers uitbroei sonder dat hy dit gelê het, is hy wat rykdom verwerf maar nie eerlik nie; in die helfte van sy dae moet hy dit laat agterbly, en in sy einde sal hy ‘n dwaas wees.


12 ‘n Troon van heerlikheid, verhewe van die begin af, is die plek van ons heiligdom.


13 o YAHUVEH, Verwagting van Israel! almal wat U verlaat, sal beskaamd staan; wie van MY afwyk, sal op die aarde geskryf word; want hulle het YAHUVEH, die fontein van lewende water, verlaat.


14 Maak my gesond, YAHUVEH, dan sal ek gesond word; verlos my, dan sal ek verlos word; want U is my lof.



Matteus 16:20 – 28


*~Matteus Hoofstuk 16~*


20 Daarop het HY SY dissipels bevel gegee dat hulle vir niemand moes sê dat HY YAHUSHUA die Messias is nie.


21 Van toe af het YAHUSHUA begin om SY dissipels te toon dat HY na Jerusalem moes gaan en veel van die ouderlinge en owerpriesters en skrifgeleerdes moes ly, en gedood en op die derde dag opgewek word.


22 Toe neem Petrus HOM opsy en begin HOM bestraf en sê: Mag YAHUVEH dit verhoed, Meester, dit sal U nooit oorkom nie!


23 Maar HY het omgedraai en vir Petrus gesê: Gaan weg agter MY, Satan! Jy is vir MY ‘n struikelblok, omdat jy nie die dinge van YAHUVEH bedink nie, maar die dinge van die mense.


24 Toe sê YAHUSHUA vir sy dissipels: As iemand agter MY aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis opneem en MY volg.


25 Want elkeen wat sy lewe wil red, sal dit verloor; maar elkeen wat sy lewe om MY ontwil verloor, sal dit vind.


26 Want wat baat dit ‘n mens as hy die hele wêreld win, maar aan sy siel skade ly? Of wat sal ‘n mens gee as losprys vir sy siel?


27 Want die SEUN VAN YAHUVEH staan gereed om met SY engele in die heerlikheid van SY Vader te kom, en dan sal HY elkeen vergeld volgens sy dade.


28 Voorwaar EK sê vir julle, daar is sommige van die wat hier staan, wat die dood sekerlik nie sal smaak voordat hulle die SEUN VAN YAHUVEH in SY Koninkryk sien kom het nie.



Shabbat Shalom van AMIGHTYWIND!