Shabbat Shalom!

Welkom by Bamidbar, In die Wildernis, hierdie week se Parasha.

Numerie 1:1 – 4:20;
Hosea 1:10 – 2:20;
Romeine 15:1 – 7;



AmightyWind YAHUSHUA se Nuwe BloedVerbond Profesieë

YAHUVEH se Waarskuwing wat voor elke Profesie bygevoeg moet word.

EK het jou lank gelede gewaarsku Elisabeth (Elisheva),

om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie,

selfs nog voordat daar ‘n Bediening was, het EK dit in jou gees geplaas.

Want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie,

Niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie.

Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee.

Dit is uit die Mond van YAHUSHUA,

jou MASHIACH geboorte gegee.

Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH,

jou IMMAYAH geboorte gegee.

As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het.

Dit is deur die SHKHINYAH GLORIE se WIND

wat oor hierdie aarde waai, die HEILIGE WIND VAN HERLEWING.

Dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk het.

EK IS YAHUVEH, dit is MY NAAM;

en MY EER sal EK aan geen ander gee,

of ook MY LOF aan die gesnede beelde nie. (Jesaja 42:8)


7 Junie 2019

PROFESIE 51: DIE TROMPET ROEPING VIR DIE 144 000.
MOENIE BANG WEES NIE, MY GELIEFDE KLEIN MENSIES,
EK IS BESIG OM ‘N STANDAARD OP TE RIG TEEN DIE BOSE!

Wanneer die vyand soos ‘n vloed gaan inkom, sal EK ‘n standaard teen hom oprig. Net omdat jy dit nog nie gesien het nie, moet jy nie bang wees en dink dat EK MY belofte vergeet het om dit te doen nie. MY geliefdes, moenie bang wees nie, weer sê EK, YAHUVEH, moenie bang wees nie, MY geliefde klein mensies. EK, YAHUVEH het julle nie grootgemaak vir hierdie uur en die kennis aan julle oorgedra, sodat EK julle nou sal verlaat nie. Jy is een van MY gesalfde, versteektes. Nou is die tyd om op te staan en jou broers en susters in YAHUSHUA te hulp te snel. EK het aan jou lande, eiendoms, skepe, eilande, huise en finansies gegee. EK het miljoenêrs wat in die geheim is. Ja selfs multi miljoenêrs. Tog was julle nie baie bruikbaar vir MY Koninkryk nie, omdat julle in die wêreld se oë gebly het en tog ook probeer het om op MY fyn lyn te loop. Julle het MY lief en dien MY in die geheim. Julle het self gesê, "Wat kan ek doen vir die Koninkryk van YAHUVEH? Hoe kan ek die evangelie van YAHUSHUA versprei?" So julle bly maar stil en kruip weg en bid dat iemand anders sal doen wat julle nie kan doen nie. Binnekort gaan dit te laat wees om MY profete en apostels te help. Verstaan julle nie watter prys, hierdie een, waardeur EK spreek, moet betaal nie? Die aanvalle wat afgeweer moet word, nie net in die fisiese ryk nie, maar ook in die geestelike ryk? Help jy, of verhinder jy net?

EK, YAHUVEH stort baie geskenke binne in jou in. MY versteekte mense het ‘n Godgegewe wysheid. EK het julle nie net in hierdie wêreld geseën nie, maar ook in die RUACH HA KODESH (HEILIGE) Geestelike Ryk. Jy het saam met die wêreld gewerk, maar tog het jy versteek gebly. Baie van julle is geniaal. EK het julle as dokters, prokureurs, onderwysers, filantrope, bankiere, beleggers, skilders, rekenaar geleerdes, elektrisiëns, polisielede, mense in die regerings, senatore, mense in die kongressie, staatsmanne, verkopers, eienaars van store, mense van agentskappe, eiedomsagente, kapteins, eienaars van skepe, van restuarante, alle vorms van vervoer, akteurs, film industrie, sangers, makelaars, skrywers, kokke, ontwerpers, kontrakteurs, daar is geen beroep waarin EK nie MY geliefdes in versteek het nie. Hierdie is MY dissipels wie MY Seun YAHUSHUA volg en begeer om gehoorsaam aan YAHUVEH se wette te wees. Hierdie versteektes is regoor die wêreld. Die manier hoe hulle ‘n mens se wette meet, is as volg; Is dit in lyn met die Skrif? Dit is die standaard waarmee hulle alles meet. As dit waar is, sal die Skrif en die Tien gebooie dit bevestig.

EK, YAHUVEH het julle weggesteek vir ‘n tyd soos hierdie. Bid sodat jy sal weet hoe om jou talente, geskenke, wysheid, eiendom, finansies en geestelike geskenke, kan gebruik. Alle wysheid is nie altyd teen MY Skrif nie. Julle moet hierdie dinge gebruik om ander te help, wanneer daar geen ander manier gaan wees om te koop of verkoop of om ander te help nie. Julle wysheid, openbarings, kennis om gesond te maak en die opleiding wat aan julle gegee is, sal handig te pas kom vir ander, op so ‘n tyd. Julle sal weet wanneer om dit te gebruik, waar om hulp aan te bied en vir wie om te help. Dit sal nodig wees vir julle om MY apostels en profete te versteek op ‘n tyd soos hierdie. Hulle sal versteek moet word. Omdat daar bose mense gaan wees wat hulle verwoesting soek. Nou kan niemand sê dat hy nie gewaarsku was, voordat die oordeel gekom het nie.

EK, YAHUVEH stuur altyd eers die profete en apostels om te praat. Nie net om te berou nie, maar om ook vooraf te waarsku van die gevare wat gaan kom, asook hoe om uit die vyand se kloue te ontsnap. MY versteekte mense moet dapper wees wanneer julle julle versteekte kennis en openbarings wat EK, YAHUVEH daagliks aan julle gee, met hulle deel. Wees versigtig, moenie net op julle eie krag staatmaak nie, maar maak ook staat op die krag van YAHUSHUA, omdat daardie krag genoegsaam is, maak nie saak wat op julle pad gaan kom nie. Is enige iets te moeilik vir YAHUVEH om te oorbrug? Dit wat in julle pad staan, voel vir julle soos ‘n hoë muur waaroor daar nie geklim kan word nie, of waar daar nie om geloop kan word nie. Met MY RUACH HA KODESH (HEILIGE GEES) salwing sal julle nie misluk nie. EK, YAHUVEH breek nou die mure af, wat julle in tronke gevange gehou het, waar julle apart gestel was, weg van ander.

EK, YAHUVEH voeg julle nou saam met ander. Hulle sal ook MY versteektes wees wat EK onder MY vlerk van beskerming sal plaas. Wag totdat julle die wonderwerke sal sien wat EK gaan doen. Julle sal dit sien. Julle sal sien hoe EK, YAHUVEH weereens, die mense wat deur ander vernietig wil word, sal bevry, net as gevolg van MY NAAM. EK, YAHUVEH het hierdie profeet gekies om die Trompet Roeping vir die 144 000 uit te stuur. Leer die lied van Moses. Daarbinne is die oorwinning in MY, YAHUVEH se NAAM! MY nuwe mandaat aan hierdie apostel dogter van MY, is: Dit is nou die tyd om YAHUVEH se gesig, YAHUVEH se wil en YAHUVEH se bevele te soek. Loop, wanneer YAHUVEH sê, loop. Hardloop, wanneer YAHUVEH sê, hardloop. Praat, wanneer YAHUVEH sê praat. En doen niks wanneer daar vir julle gesê word om net te sit en wag. Maak nie saak hoe klein die besluit is nie, leer om te bid, sodat EK MY wil aan jou kan bekend maak, nie jou eie wil nie.

EK, YAHUVEH salf MY uitverkorenes op ‘n groter manier as wat EK dit ooit van tevore gedoen het. Studeer en wys dat jy waardig is, sodat niemand jou kan mislei met die Skrif nie. EK, YAHUVEH maak nou MY troepe op die muur bymekaar, om satan en sy demone wat jou omsingel, te kan oorwin. Die wapens wat jy het is nie fisies nie, maar geestelik. Geen wapen kan vergelyk word met die onbekende salwings wat EK onwetend in elkeen van julle geplaas het nie. In MY tyd sal julle sien hoe EK, YAHUVEH ‘n standaard oprys teen diegene wat die Christene en die Jode wil seermaak. Alle Israeliete wie op MY NAAM roep, diegene wat nie bang is om die Heilige Name te gebruik nie. Hulle besef dat hulle mislei is en verkeerd geleer was. Daar is salwing, bevryding en genesende krag in die Name van YAHUVEH en YAHUSHUA.

EK, YAHUVEH wil dit aan julle vra, sal julle die beloftes wat EK aan julle gegee het, verlaat? Die geseënde hoop wat EK aan julle gegee het? Hoekom sal EK sê julle is nie onder MY woede nie, maar onder MY genade. Dan leer julle aan ander dat EK, YAHUVEH geen uitweg sal bied aan die Christene wie uitroep in MY en YAHUSHUA se NAAM nie? EK, YAHUVEH het ‘n ark vir julle. Al MY kinders, wie op MY vertrou, wie MY stem duidelik hoor, glo net, en hou aan om MY te vra. Dink julle dat EK, YAHUVEH julle so ver gebring het, net om julle nou in die steek te laat? EK, YAHUVEH sal nie vir Israel spaar net omdat haar mense meer heilig is nie. Om die waarheid te sê, haar sondes is net so groot soos ander nasies in die wêreld. Die stank het die Hemel bereik! Geen nasie of mense is beter is ander nie. EK, YAHUVEH sal nie toelaat dat Israel heeltemal vernietig word nie, omdat EK, YAHUVEH ‘n verbond met Abraham en sy saad gesluit het.

MY kinders wie in MY SEUN se Bloed ingegraveer is, moenie bang wees nie. EK, YAHUVEH sal die Bloed Verbond wat EK met jou het, ook eer. Deur die geestelike Bloedlyn van YAHUSHUA is julle ook Jode. Diegene wie YAHUSHUA se Bloed Verbond weier, en sê hulle doen dit omdat hulle Jode is, diegene wie YAHUSHUA as MY SEUN en julle MESSIAS verwerp, wees gewaarsku. Aangesien julle die geskenk weier, wat EK, YAHUVEH by Golgota vir julle gegee het, sal slegs die wat glo en die "Torah", en die Sabbatte en die fees dae hou, gered word. EK, YAHUVEH wil julle herinner dat sonder enige sonde offer, wanneer julle sondig, is daar geen heilige, sondelose offer nie. Julle sal nie deur YAHUSHUA veroordeel word nie, maar deur Moses en die wette van Moses. Wee hulle, wanneer dit gebeur.

Daar sal geen genade wees wanneer Moses gaan oordeel op die dag van Oordeel nie. As dit so maklik was, dink julle dat EK MY geliefde SEUN, YAHUSHUA sou stuur om swaar te kry en dood te gaan in julle plek? Almal het gesondig en is ver van die Perfekte Skepper af. Dit is soveel beter vir MY kinders, wie weet dat hulle sondaars is en tog hulle beste doen om gehoorsaam te wees en berou te hê en om vergifnis te vra in YAHUSHUA se NAAM en weet dat YAHUSHUA hulle Bloed Verbond is, wie ook geoffer was vir hulle sonde. YAHUSHUA sal hulle, wie HOM op die manier aanvaar het, veroordeel. Nie die wette van Moses, of Moses self nie. YAHUSHUA sal die heidene, wie weier om heilig voor MY te lewe, veroordeel. Hulle wie die enigste heilige sondelose bloed versoening vir sondes, verwerp het.

Is EK nie daartoe in staat om julle te bevry en te beskerm nie? Die planne wat EK, YAHUVEH vir julle het, is bedoel om goed te doen, nie vir enige boosheid nie. Vertrou MY en hou op om self te probeer verstaan. MY kinders weet dat EK, YAHUVEH alleen die antwoorde het. EK, YAHUVEH belowe dat ek die rigting vir julle sal aandui, terwyl julle in MY voetspore volg. As julle julle eie voetspore alleen wil volg, sal julle weggelei word. MY voetspore is soliede treë wat na die oorwinning lei. Glo en ontvang die oorwinning. Veg vir dit wat julle weet is reg. Daar is mense in julle lewens met wie julle alledaags te doen gekry het, wat EK nou gaan verwyder. Dan sal EK ander in julle lewens inbring om julle aan te moedig en julle in alle weë te ondersteun.

Moenie sê dat daar nog nie tyd is om dit of dat te doen nie. Besef eerder dit, is EK nie die VADER van alle tyd nie? Die een wat tyd hou, EK, YAHUVEH is tyd vanself. Wie kan MY verhoed om dit te stop of terug te wen? Geliefde kind, en alle kinders van MY, wie vir YAHUSHUA op SY NAAM roep, en weet dat hulle niks kan doen sonder daardie Heilige NAAM nie. EK het julle opgelig vir ‘n tyd soos hierdie. Julle is deel van MY versteekte gesalfdes. Alhoewel die vyand hulle tande sal kners en probeer om julle seer te maak, waar hulle julle name neergeskryf het. Maar EK het ook hulle name neergeskryf in die Boek van Vervloektes. Hierdie bose mense sal ‘n ewigheid in die poel van vuur spandeer, waar hulle sal maai wat hulle nou saai!

EK sal weereens aan MY kinders bewys dat as julle na MY stem luister en in MY voetspore volg, julle die vyande wat julle wil vernietig, sal oorwin. En al MY kinders wat elke woord van MY hoor en gehoorsaam is aan MY, of ten minste probeer, en weet dat wanneer hulle wel gesondig het, hulle YAHUSHUA se bloed vir vergifnis van sonde het. EK, julle Vader YAHUVEH sal hulle dronkslaan met die bose mense se eie tegnologie. EK sal hulle dronkslaan met hulle eie uitvindsels. Die strikke wat vir MY kinders gestel is, sal vir geen aardse of wetenskaplike redes terug boemerang na die bose mense toe en hulle dan self in die strikke vang. Hulle wat die volgelinge van YAHUSHUA wil vernietig. Wat EK eenkeer alreeds met die bose Farao gedoen het, sal EK weer doen. Die Goliatte van hierdie wêreld sal altyd by die hand van YAHUVEH val.

Diegene wat bose geheime hou, hulle wie dinge soos geheime van die okkult, demoniese metodes, wetenskaplike en politiese kennis en mensgemaakte wette, wil gebruik om MY kinders te vernietig. Hulle wil die vryheid wat EK aan MY kinders gegee het, wegneem. EK, YAHUVEH het ‘n verrassing wat wag vir hulle. Dit sal al hierdie bose mense wat dink dat hulle wys is, dronkslaan. Hulle wil MY kinders seermaak. EK, YAHUVEH en MY SEUN YAHUSHUA beloof plegtig om diegene wat voortgeroep is en gesalf is vir hierdie uur, te beskerm.

Diegene wat MY stem, meer duidelik as enige ander stem wil hoor, hulle is MY ware skatte op die aarde. Almal wie uitroep na YAHUVEH en YAHUSHUA, en wat vertrou op die RUACH HA KODESH (HEILIGE GEES), sodat hulle gelei sal word deur ‘n baie onbekende salwing. ‘n Salwing wat uniek is en nog nooit gesien is nie. Hulle moet besef dat EK hulle nou snoei en alles in hulle lewens verwyder wat verwyder moet word. Ja, selfs julle geliefdes moet gesnoei of verwyder word, deur YAHUVEH se hand, omdat EK MY Geliefdes moet beskerm. As hulle nie enige hulp vir jou aanbied nie, en eerder ‘n verhindering is, dan moet jy weet dat EK hulle gaan verwyder, omdat hulle jou sal verraai, selfs tot die dood toe, as YAHUVEH nie dit verdeel wat nooit bestem was om een te wees nie.

Bid en tree tussenbeide vir julle geliefdes, maar wanneer EK vir jou sê om weg te gaan, en dat jy nie jou geliefde moet saam neem nie, sal dit ‘n toets wees vir jou liefde vir YAHUVEH. Sal jy alles vir MY ontwil opgee, net soos Lot, toe daar aan hom vertel was om te vlug? Hy het geen keuse gehad om van sy vrou geskei te word nie. EK het haar in ‘n pilaar van sout verander. EK moes vir hom en sy dogters op die harde manier wys. EK vereis gehoorsaamheid, veral wanneer EK ‘n engel stuur om te waarsku, "Gaan uit, vlug, hierdie plek is op die punt om vernietig te word." Lot se vrou het gevlug, maar sy het haar kop gedraai en teruggekyk en sy was bedroef oor al haar besittings, haar huis en vriende in die stad. Dit is ‘n les. Wanneer EK aan jou vertel om te vlug, maak nie saak wat nie, wees gehoorsaam of die lot van Lot se vrou, sal MY kinders se lot wees.

Vertrou MY en weet dat die planne wat EK vir jou het, vir ‘n goeie doel is, en nie vir enige boosheid nie. EK lag as EK hoor hoe die vyande planne maak en sê dat alle Christene en Jode sal doodgaan. Verstaan die vyande dan nie, dat alhoewel hulle hard probeer het om MY mense uit te wis in die tyd van die Romeinse Ryk en in Hitler se tyd, hoe meer mense geoffer was, hoe meer het EK nuwes opgerys? Die bloed van die priesters wat geoffer word sal net meer priesters na die Koninkryk van die Hemel bring. Nog Saulusse sal Paulusse word. Die vyande is so dwaas. Dink hulle nie dat die Hemel self sal neerkom oor hierdie demoniese vyande, en dat die hemelgewelf MY woede sal neerstort oor MY vyande wat ‘n masjien wil gebruik wat God speel nie? Selfs nou, slaan EK vyande dronk, op maniere waarvan julle nie eers weet nie. MY vyande, wees gewaarsku, EK sal jull eie skeppings teen julle en julle families draai. MY kinders sal gespaar word.

Hoeveel keer het Ek nie al nasies, nie net in Amerika nie, maar in Israel ook, in hierdie laaste maand gespaar nie? Maar nie net dit nie. Die hele wêreld sou homself al verwoes het, omdat nasies dodelike oorlog speletjies teen mekaar speel. En waarvoor? Vir wraak, gulsigheid, krag en ‘n begeerte vir meer krag en beheer. Net EK YAHUVEH, alleen sal opbou en wegneem. Hoe kan EK MY ore doof hou, selfs al wil EK, wanneer MY mense in MY SEUN se NAAM uitroep vir genade vir die land waarin hulle leef, asook ander wat nie eers in daardie land leef nie? EK het MY woede uitgestel, net vir een rede, en dit is as gevolg van die gebedstryders wat tussenbeide tree en die wêreld in hulle gebede bedek, in MY SEUN YAHUSHUA se NAAM. Julle ark van veiligheid is daar as gevolg van die aanhoudende gebede van die regverdiges.

EK is YAHUVEH en daar is geeneen soos EK nie. Die bose mense wil wapens gebruik om die gedagtes van MY kinders te manipuleer. Hulle sal gou uitvind dat die standaard wat EK gaan oprig, hulle wapens buite werking sal maak. EK sal elke uitvinding, masjien, wapen, siekte, biologiese wapens en kiem oorlogvoering, teen hulle self draai. Selfs hulle eie families sal vir hulle skaam kry en die bose mense se liggame sal nie te lank aanhou lewe nie. Dit is MY wraak teen diegene wat die verwoesting van YAHUVEH se gelowiges en YAHUSHUA se volgelinge soek. EK is lief vir julle. Ja, selfs vir die wat vir YAHUVEH haat. EK alleen het julle geskape. Dit sal YAHUVEH se eie hand wees, wat vanuit die Hemel gestuur gaan word, wat beide liggaam en siel sal vernietig en dit na die Poel van Vuur sal stuur, indien julle nie berou het in julle gebede, en om vergifnis vra, in YAHUSHUA se NAAM nie.

Los Amerika uit! Los Israel uit! Gee aan MY kinders die vryheid om MY in waarheid en met ‘n salwings krag te aanbid en te dien. EK het Amerika apart gestel om die land van die vryes en die geseëndes te wees. Geen oorlog het na haar kus toe gekom, soos die jare verby gegaan het nie. Amerika, moenie so maklik, uit vrees, dit weggee waarmee EK julle geseën het nie. Begin praat en moenie deel wees van die meerderheid wat stilbly nie. Laat julle stemme gehoor word. Onthou, wanneer jy jou geloofsvryheid verloor en wanneer die reg om dit wat verkeerd is te sensor, ook verloor word, dan is almal in gevaar om hulle geloofsvryheid te verloor. MY kinders, dit gaan nie net omtrent ‘n geloof wat net weggeneem gaan word nie, dit is ‘n verhouding met YAHUVEH en YAHUSHUA wat gaan verander word na ‘n vorm van geloof, wat ‘n vorm van goddelikheid, met geen goddelikheid daarbinne in sal wees nie.

Vyande van YAHUVEH en YAHUSHUA wees gewaarsku. Julle eie wapens van massa verwoesting sal oor julleself kom. Julle sal dit in een rigting stuur en die engele van die Hemel sal dit in ‘n ander rigting laat gaan. EK sal MY kinders beskerm soos ‘n leeu wyfie haar welpies beskerm.Wees gewaarsku, vyande van YAHUVEH en YAHUSHUA, julle sien, EK hoor hoe MY kinders uitroep in vrees en verwondering. Ek het hulle geleer om vredemakers te wees en nie oorlogsugtiges nie. Dit maak dat hulle verstom is vir die vlak van boosheid en die mens se onmenslikheid teenoor mans, vrouens, seuns en dogters. EK hoor MY kinders se uitroepe van vrees, omdat hulle besef dat hulle nie hulleself in die natuurlike Ryk sal kan beskerm nie. Nou sien julle hoekom EK hulle MY skape en lammers noem. Watter skaap of lam kan homself beskerm? Het ‘n lam of ‘n skaap skerp kloue of skerp tande, soos EK aan ander diere gegee het? NEE! ‘n Skaap maak slegs staat op die Goeie Herder wat hulle na die groen weivelde en skoon water kan lei. MY ware skape en lammers het geen tekort aan manna of Lewende Water nie. MY Ware Skape vertrou MY, YAHUVEH en YAHUSHUA en weet dat ONS hulle Goeie Herder is. MY NAAM is YAHUVEH. MY skape sal slegs na die stem van "EK IS" en MY Geliefde SEUN YAHUSHUA, kom. Hulle sal slegs ONS stille klein stem, deur die RUACH HA KODESH (HEILIGE GEES) kan hoor.

EK is daardie Goeie Herder! EK sal MY skape en MY lammers beskerm van die wolwe van hierdie wêreld. Dit is waar, sommige van MY skape word deur die wolwe doodgemaak, en sommiges sal ‘n groot teregstelling deurmaak. Maar dit is hoe dit nog altyd was. Hulle belonings word nie hier op die aarde gesien nie, maar dit is in die Hemel vir ‘n ewigheid. EK lag wanneer EK hoor hoe die vyande dink dat EK, YAHUVEH blind of doof of stom is. EK sal eerder nie dit aan MY apostels en profete herhaal wat EK gehoor het nie. EK waarsku MY kinders, deur met hulle gees te praat. MY kinders, is MY arm te kort om julle te bevry? Glo julle dat EK julle Skepper, YAHUVEH is, wat die Hemel en die Aarde geskape het? Is YAHUVEH nie die een wat julle oë en julle ore gemaak het nie? Dink julle dat EK ‘n dowwe sig of dowe ore het, en nie julle gebede en uitroep krete hoor nie? Dink julle EK sien nie wat die vyand doen nie? MY kinders dink julle nie dat EK ‘n standaard sal oprig, en alreeds opgerig het, teen die bose mense nie? Hulle het hulle gespesialiseerde metode van rondkyk, maar EK het engele wat 24 uur ‘n dag wag staan en kyk en rapporteer wat die bose mense doen!

Sommiges gebruik selfs MY SEUN YAHUSHUA se NAAM om MY kinders te mislei. Hulle kruip tussen MY troppe skape en lammers in, en glo dat hulle nie gesien word nie, maar tog sien EK hulle harte. EK weet waarvoor hulle gestuur was om te doen. EK ken ‘n wolf as EK een sien. EK sien vir satan hoe hy kom soos ‘n brullende leeu, terwyl hy kyk wie hy kan opvreet.

MY kinders, julle kan net vir ‘n kort rukkie mislei word, maar net vir die tyd wat EK dit sal toelaat! Wee die wolf wat ‘n masker van ‘n skaap opsit om op MY kinders te spioeneer, en wat hulle wil vang. Wat is die prys vir jou siel? Dit is wat dit jou sal kos! Jou siel sal in die Poel van Vuur gewerp word. Berou vandag, voordat dit te laat is! Hardloop weg van die boosheid wat jy gedoen het, en maak ook die boosheid bekend. Help MY kinders. Word een van MY versteekte mense wat sal beskerm en nie MY Babas, Bruid en uitverkorenes sal seermaak nie. Toon berou aan almal aan wie jy verkeerd gedoen het. Daar is nog tyd vir die wolwe om baba lammers te word. Dit is slegs moontlik, deur MY SEUN, YAHUSHUA se Bloed verbond. Hardloop wolf, hardloop omdat EK, YAHUVEH jou sien. Jy dink net dat jy onsigbaar is en maklik inskakel.

EK het dopgehou hoe die onkruid en die gars hand aan hand groei, maar nou het die tyd vir die wêreld aangebreek waar MY engele binnekort die onkruid gaan uittrek en hulle verbrand. Hulle sal vir ewig brand, eers in die hel en dan in die Poel van Vuur. MY oë staan altyd wag, omdat EK MY skape en MY lammers met jaloesie lief het en beskerm. Julle in ongelyke huwelike, wees gewaarsku, omdat julle eie eggenote wolwe in vermomming is. ‘n Huwelik wat nie deur YAHUVEH beveel is nie, sal nie staande bly in die bose dae wat oppad is nie. Bose dae vir die bose mense. EK het weer die boosheid in die kerke en die ministeries gesien, waar satanistiese aanlegte, met krag en populariteit gegroei het en die doktrines van duiwels verkondig is. Die wolwe het skelm ingekruip en speel ‘n speletjie van mense wat voorgee dat hulle pastore, apostels, profete, onderwysers en selfs evangeliste is. Julle kan mense mislei, maar wees gewaarsku, julle kan nie vir YAHUVEH om die bos lei nie. Julle gebruik die Naam van MY SEUN YAHUSHUA en julle vernoem ministeries na julleself, om sodoende dan ook self die glorie te kry, maar julle het ‘n donker geheim.

Daardie geheim is dat julle nie julle sondes, harte, lewens en siele vir YAHUSHUA gegee het nie. Instede gebruik julle okkultiese kragte en julle gebruik MY SEUN se NAAM om mense te manipuleer, om julle torings en herewonings, wat julle kerke noem, te bou. EK kyk na hierdie multi miljoen dollar herewonings, wat julle kerke noem, en EK noem dit "mausoleums". MY RUACH HA KODESH (HEILIGE GEES) is nie binne in hulle nie. Julle mishandel, beledig en jaag MY ware apostels en profete weg, wat julle kom waarsku. Weg met julle voorgee aanbidding, EK luister slegs na die wat na MY toe kom met ‘n skoon hart. Weg met julle voorgee lof en prysing. Die meeste sangers wat van die noot af is, het harte wat ingestel is om MY wil te doen. Hulle lewe ‘n heilge lewe en plaas alles wat YAHUSHUA is, voor hulle eie begeertes en benodighede. Dit is die hoogste vorm van lof en prys musiek in MY ore. Nie julle gekoreografeerde lof en prysings dansers nie. Die ware dans in die RUACH HA KODESH (HEILIGE GEES) word nie deur ‘n mens gekoreografeer of geleer nie, maar slegs deur die RUACH HA KODESH (HEILIGE GEES). Dit word nie gedoen net omdat jy voor YAHUVEH en YAHUSHUA wil dans nie. Dit is jou voete wat gesfalf word om dit te doen. Niemand kan dit leer nie. EK draai eerder weg wanneer ek julle wêreldse dinge in julle tempels en kerke sien.

Ware apostels en profete kan nie deur ‘n eenvoudige onderwyser van hierdie wêreld opgelei word nie. Selfs jou sogenaamde profetiese skole is ‘n bespotting. Hoe kan jy iets aan ander leer, wat nog nooit deur ‘n mens vir jou geleer was nie? Slegs die RUACH HA KODESH praat en vloei vanuit MY apostels en profete. Diegene in sulke skole, beter berou hê en moet besef dat ‘n mens nie ‘n profeet of ‘n apostel kan maak nie. Selfs nie eers die kantore van ‘n evangelis nie. Dit is die salwing van die RUACH HA KODESH wat die mense nader trek. Dit is niks wat geleer of aan ander geleer kan word nie. Om ‘n goeie pastoor te wees, moet jy die voorbeeld van die Goeie Herder navolg. Pastore en evangeliste, hou op om julle herewonings hier op die aarde te probeer bou. Hou op om julle rykdomme op die aarde te stoor. Julle sê aan MY mense dat hulle nie hoef gereed te maak vir enige rampe nie, en tog, hoeveel van julle is daar wat die beste van alles opgaar vir homself? Hoeveel van julle ryk pastore het nie ‘n geheime skuilplek nie? Julle het alreeds planne gemaak en julle gee glad nie om vir julle gemeentes nie. Hoekom dink julle dat EK die geld, van die tiendes wat aan julle gegee word, wil hê om vir julle kristal katedrale of die grootste kerke in Amerika of in die wêreld te bou? Sal die geld nie beter spandeer word, as julle MY mense help om gereed te maak vir die rampe wat gaan kom nie? Julle besit julle eie diamant myne, en tog gooi julle die ware edelgesteentes, MY Geliefde kinders, weg.

O bose mense, in hierdie wêreld het julle hulle mislei, maar julle dae is ook in hierdie wêreld getel. Wat gaan jy dan doen? Die prokureurs firma wat veronderstel is om MY mense te verdedig, met geld wat na hulle toe gestuur word. Hulle is veronderstel om te help om MY kinders te verdedig, maar nou skeer julle die troppe skape. Julle help eerder diegene wat die privaatheid van MY kinders wil wegneem. Julle het julleself aan die een verkoop wat die hoogste bod geplaas het, en sy naam is satan. EK koop nie MY mense of hulle liefde of lojaliteit of vertroue nie. EK sal nie met die bose mense onderhandel nie. Berou in YAHUSHUA se NAAM!

Julle valse pastore, evangeliste, apostels, profete en onderwysers maak MY, YAHUVEH siek. Hou op om MY troppe skape te skeer. Kinders, wanneer julle ‘n priester sien wat ‘n miljoenêr is en spog met sy weelde in julle gesigte, hoekom gee julle hom nog net meer, en maak MY, YAHUVEH nog verder kwaad? Wanneer julle ‘n pastoor sien spog met sy Rolex horlosie of Mercedes Benz of Rolls Royce of ander luukse motor of met sy luukse herewoning, weet julle dan nie dat ‘n wolf tussen julle ingekruip het nie? Moenie net na sy of haar seremonies luister nie, oordeel eerder hulle vrugte. Besef dat as dit regtig MY priester was, sou hy meer gegee het as wat hy gevat het. Het julle ‘n kerk wat julle bywoon, waarin daar mense is wat werkloos is, of wat deur die welsyn dopgehou word, of wat baie arm is? Hoe kan julle dan geld in daardie kollekte bordjie gooi en die ryk pastoor voed? Julle voed die wêreldse gees en die gees van gulsigheid. Dink julle nie dat EK vir hulle, asook vir julle verantwoordelik sal hou nie? Ryk pastore, met mense wat arm is in hulle kerke, terwyl hulle in oorvloed lewe en hulleself voed en MY skape laat honger ly? Bose pastore wat MY troppe skape skeer en alles vat wat hulle het en dan nog hulle naaktheid bespot. Pastore wat vrylik ontvang, moet vrylik weggee. Dan is daar apostels en profete wat dit wat EK vrylik aan hulle gegee het, sommer verkoop. Dinge wat deur die salwing van die RUACH HA KODESH aan hulle gegee was.

Een pastoor maak MY baie bedroef, hy was eens op ‘n tyd ‘n simbool van YAHUSHUA se liefde, nou drip hy van die diamante en dra hy die duurste snyers pakke, omdat hy ‘n mans klere winkel besit. En wat gee hy terug aan diegene wat nie snyers pakke het om te dra nie? Hou op om vir MY mense te sê dat YAHUVEH vir jou vertel het om daardie 10 miljoen of 7 miljoen dollar gebou te bou! Groter is nie altyd beter nie. Wie kyk na die skape en lammers, wanneer jy honderde duisende in jou gemeente het? Hoe kan jy amper voorgee dat jy die gemeente ken, met sulke groot getalle? Is dit nie die pastoor se werk om MY skape te ken nie? Die meeste kan nie eers ‘n telefoon oproep of ‘n brief by jou uitkry nie.

Die meeste van MY skape en lammers drom saam in die kerke, net om groot, mooi geboue te sien. Die pastore, of dit nou ‘n man of ‘n vrou is, staan ver weg, en is ook onbereikbaar vir die massas mense. Wie dink hulle is hulle? Het MY SEUN, YAHUSHUA nie die tyd geneem om die massas mense te voed nie. HY het die mense aangeraak, gesond gemaak, bevry, vir hulle gebid en hulle geseën.

Skaam julle, pastore met die groot getalle skape en lammers. Julle ken nie eers die name van die mense wat julle ondersteun nie! Wanneer julle hulle gesigte sien, of hulle name hoor, ken julle hulle nie eers nie. Hierdie mense kan nie eers jou aandag kry vir ‘n afspraak nie. Die rykes in jou gemeente kry vinnig jou aandag. Hulle kry alles wat hulle nodig het, selfs ‘n huis besoek is nie te moeilik vir die pastore of evangeliste om in hulle skedules te pas nie. Hipokrate. Skaam julle, julle wie sulke bedieninge en pastore ondersteun.

Vra jouself af, sal enige van hierdie baie bekende pastore of groot kerke, die woord wat EK nou hier aan julle verkondig, self aan julle mense oordra? Sal hulle dit aan julle oordra, net soos hierdie apostel, wat EK nou gebruik om dit aan julle bekend te maak? Nee, hulle sal nie. Vra jouself af, sal hierdie apostel van MY welkom wees in julle kerke, om hierdie harde woorde van oordeel en die mandaat van berou, aan julle oor te dra? Die antwoord is Nee, en julle ondersteun hulle met julle tiendes en offergawes. Dan is julle mos in sonde. Ja, skok dit jou? Wanneer jy iemand help om aan te hou om te sondig, dan is jy mos deel van daardie sonde. Berou vandag!

Moenie sommer net ‘n bediening ondersteun, net omdat dit vernoem is na iemand wel bekend in hierdie wêreld nie. Of omdat dit die grootste en mees bekendste kerk het nie. Wat sê MY woord van die feit dat as alle mense jou lief het, en die dinge in die wêreld lief het, maak dit dan dat jy MYNE is? Is almal van die ganse mensdom lief vir YAHUSHUA, en ontvang hulle vir YAHUSHUA? Nee! Wanneer jy in YAHUVEH se NAAM praat, net soos hierdie apostel nou doen, dan is dit nie ‘n kompetisie van wie die mees populêrste is nie. MY ware apostels en profete sal in die wêreld se oë verloor. Hulle het baie tekortkominge, terwyl satan vir die mense jok. Mense wat EK opgerys het om die finansiële, emosionele en fisiese las ligter te maak. MY eie kinders maak MY stem stil. MY stem wat aan hulle vertel om die paar brawe, uitgesproke mense, MY mense, te help, lief te hê en te ondersteun.

Is jy een van hierdie mense wat YAHUVEH se stem, wat voortgespreek word, hoor, en ‘n begeerte het om MY ware apostels en profete lief te hê, te help en te ondersteun? Sal julle julle huise vir hulle oopmaak en hulle help om hulle las ligter te maak, sodat die boodskappe van die hemel, MY mense kan bereik? MY ware apostels en profete betaal die prys vir die salwing. Hulle is gewoond aan bedroefdheid, swaarkry, verwerping en vervolging. Het jy al ooit gedink wat dit regtig kos om’n boodskap soos hierdie een, aan mense oor te dra? Hoekom moet jy? Solank dit nie jy is wat die prys hoef te betaal nie, reg? EK weet wie hierdie lees en dit hoor, en EK sal eendag vir jou vra wat jy gedoen het om hierdie priester se las ligter te maak? Het jy haar ooit aangemoedig? Noem jy ooit haar naam in gebed? Besef jy hoe min pastore haar sal nooi om in hulle kerke te preek, nadat hierdie profetiese boodskap uitgegee is? EK YAHUVEH praat nou hier, nie hierdie Diensmaagd nie! So dit het EK teen julle sogenaamde pastore, wat geen pastore regtig is nie. Dit sal beter wees om te bedank as om die woede van YAHUVEH in die gesig te staar, omdat julle MY skape en lammers seermaak.

Pastore, skaam julle. Jy is nie ‘n pastoor as MY kinders nie eers jou advies kan kry, sonder om ‘n lid van die kerk te wees en die toets van julle tiendes te slaag nie. Een van die toetse: Jy kan net as ‘n lid aanvaar word as jy ‘n sekere bedrag van donasies gee en die kerk ‘n sekere aantal kere bygewoon het. Hou op om MY skape te skeer! Onthou wat ‘n pastoor regtig is. Onthou jy is nie die Goeie Herder nie. As jy besluit het om ‘n pastoor te wees, moet jy ‘n seën vir MY skape wees. Jy moet fisies daar wees vir hulle, om hulle met MY woorde aan te moedig. Wees lief vir hulle en bid vir hulle, bid vir hulle bevryding en redding van die siel en leer hulle om gehoorsaam te wees aan MY "Torah", MY gebooies. Jy moet vir hulle ‘n voorbeeld wees. As jy nie MY salwing het nie, dan is jy nie ‘n apostel of profeet of evangelis of onderwyser of pastoor nie. EK is nie beïndruk met die plek van opleiding "seminary", waar jy gegradeer het nie, deesdae moet dit eerder ‘n begraafplaas "cemetary" genoem word. Die brief maak dood en die RUACH HA KODESH (HEILIGE GEES) gee lewe. As die kennis wat jy het, jou eie is, en jy maak staat op daardie kennis om te preek, dan preek jy nie met volle oorgawe, onder die geskenke van die RUACH HA KODESH (HEILIGE GEES) nie.

Gaan weg van MY af, mense wat voorgee, julle wie tussen MY skape ingekruip het, wat hulle leer, hulle skeer, en tog is julle nie een van MYNE nie. Jy hoort nie saam met die skape en die lammers nie. Jy is ‘n wolf wat op soek is om te verorber. Jy is gestuur deur die brullende leeu wat nie MY SEUN YAHUSHUA is nie. YAHUSHUA is van die stam van die Leeu van Juda.


Gespreek onder die Salwing van die RUACH HA KODESH

Deur Apostel Profeet Elisheva Eliyahu 02/11/2001


PROFESIE 109 EK, YAHUVEH, Sê, Dankie vir Julle Getrouheid!

Julle het MY bedank vir MY getrouheid MY Geliefdes, maar EK Dank julle vir julle getrouheid. Vir al 5 vir julle getrouheid, want al 5 van julle het MY julle lewe gegee en gesê, “Gebruik dit soos U wil, gebruik dit om U Eer te bring, gebruik dit om U SEUN YAHUSHUA Eer te bring.” Al 5 van julle is lewende offergawes vir MY. EK is konstant in julle gedagtes. Julle plaas MY in julle planne. Julle sê, “Wat wil U hê moet ek doen ABBA,” en dit behaag MY. Julle streef getrou, getrou daarna om MY te gehoorsaam en te behaag op elke manier en bereik siele vir die Eer van MY SEUN. Julle aanbid en prys getrou. Julle neem ONS nie as vanselfsprekend nie.

En nou praat EK nie net met julle 5 nie, maar EK praat met die getroue YDS’e (YAHUSHUA se demon stompers, gebedsintersessors) want hulle doen dieselfde. Dit is die merk; dit is die seël van hulle wie die Bruid van YAHUSHUA genoem word. Hulle is getrou. Hulle is lojaal. Hulle sal nie skik (compromise) nie. Hulle sal nie terugval nie. Hulle sal staan vir wat reg is. Hulle sal bestraf wat verkeerd is.

Watter tipe huwelik sou julle [mans en vrouens] gehad het as julle nie geweet het die ander een is getrou nie? EK hoef nie begaan te wees dat julle oog na ‘n vals god sal draai nie want EK weet julle is getrou. So julle Dank MY vir MY getrouheid. EK Dank julle vir julle getrouheid.

EK dank julle vir al die kere wat julle julle planne maak en sê, “Ek sal dit of dat vandag doen,” en EK dank julle vir julle getrouheid selfs wanneer EK julle planne omverwerp en sê, “Nee MY kinders, julle gaan dit op hierdie manier doen.” Julle gee MY getrou nogsteeds die lof en sê, “ABBA YAHUVEH maak soos U wil.” Julle streef getrou daarna om te behaag en te gehoorsaam. So nou vra EK vir julle hierdie vraag, MY kinders. Hoekom sal EK julle nie oorvloediglik op elke manier wil seën nie? As Ek vir julle vra om die grootste stap van geloof te neem, hoekom sal EK julle nie getrou beskerm, julle seën solank julle dit volgens MY manier doen nie?.

EK spreek hierdie boodskap aan almal, almal, almal wie MY, YAHUVEH en YAHUSHUA en die Kosbare RUACH ha KODESH, julle IMMAYAH eerste in julle lewe en julle liefde plaas. EK praat met al die Bruid van YAHUSHUA. Dankie vir julle getrouheid. Dankie vir julle getrouheid, dat julle satan aanhoudend bestraf. Julle sal nie met sonde kompromiteer nie. Julle oë is altyd op die Hemel. Dankie vir julle getrouheid en wees verseker soos julle getrou is aan MY so is EK aan julle getrou. MY oog is altyd op julle. MY oor neig altyd tot elke woord wat julle spreek.

Net omdat EK nie julle gebede dadelik beantwoord op die manier wat julle dink EK moet nie, moenie dink dat EK julle nie hoor nie. EK sal antwoord, soms is dit ja, soms is die antwoord nee en baie maal is die antwoord wag dit is nog nie MY tyd nie. Maar wees verseker EK is nie doof nie, EK, YAHUVEH is nie blind nie en enigiets wat julle aangaan, gaan MY aan. EK, YAHUVEH, is julle Skepper en EK weet wat die beste is vir julle, selfs wanneer julle nie weet wat die beste vir julself is nie. Soos julle MY getrou vertrou, so getrou sal EK julle nie in die steek laat nie.

So, EK wil weer sê, Dankie vir julle getrouheid. Hou aan om in MY te glo. Hou aan om nie op julle eie begrip staat te maak nie. Selfs wanneer julle nie verstaan wat in die wêreld aangaan nie, selfs wanneer julle nie weet wat om te doen nie. Hou aan om getrou te bly dat EK julle sal wys wat om te doen. Selfs wanneer julle val, MY Kleintjies, is EK daar om julle getrou op te tel en julle wonde te verpleeg. EK is getrou om MY toorn op julle vyande uit te giet, MY Kleintjies. Net omdat julle eie oë nie sien wat EK doen nie, moenie dink dat EK nie getrou is om julle te verdedig nie. Bly getrou en weet dit, die Bloed van YAHUSHUA julle MASHIACH sal nooit sy krag verloor nie, die genesende, verlossende, vergewende, opwekkende krag. Weet dit; die Woord wat vlees geword het, kan nie jok nie Elke Woord in die Heilige Geskrifte is ‘ja’ en ‘amen’. MY Woord sal nie leeg na MY toe terugkeer nie, dit sal doen wat EK dit geroep het om te doen.

So EK wou net sê en op hierdie dag van 27 Maart 2009 gee Ek julle ‘n nuwe Profetiese boodskap vir hulle wie soos ‘n hert smag na water. Hulle kom na hierdie Bediening vir vars Lewende Water. EK kan sê en profeteer oor dit wat gaan gebeur, maar julle het nie nodig om dit nou te hoor nie. Julle het net nodig om te hoor, maak nie saak wat gebeur nie. Maak nie saak wat julle sien nie. Maak nie saak wat in die lug verskyn nie. Maak nie saak wat die aarde gaan skud nie. Maak nie saak wat se wapen teen julle gebruik word nie, of dit deur die hand van die duiwel, of dit deur die hand van ‘n mens, of dit deur die hand van ‘n vreemdeling (alien) is nie. Weet net; EK sal diegene getrou beskerm wie MYNE is. Roep MY aan in die tyd van benoudheid. Roep MY aan. Roep MY aan in die Naam van YAHUSHUA julle MASHIACH. EK is getrou om julle uitroepe te hoor. EK is getrou om julle te verlos en regverdig te maak. (vindicate).

Julle gaan dit hierdie jaar nodig kry. Julle gaan dit nodig kry om herinner te word, maak nie saak wat gebeur nie, EK is getrou. YAHUSHUA julle MASHIACH is getrou. Die soete RUACH ha KODESH julle IMMAYAH, SY is getrou. Aan hulle wie getrou is aan ONS, ONS sal vir julle ‘n weg voorsien waar dit lyk of daar nie ‘n weg is nie. Moenie julle oë op die branders en op die storm hou nie, anders sal julle verdrink. Moenie julle vertroue in die geldleenheid van julle nasie plaas nie, anders sal julle neergevel word. Hou julle geloof in MY. Hou julle geloof in YAHUSHUA julle MASHIACH. ONS is julle verskaffers. ONS is julle beskutting. Dit is ONS wat julle manna uit die Hemel voer. Dit is ONS wat julle die Lewende Water gee om te drink.

En EK wil weer sê, Dankie vir julle getroudheid dat julle hierdie Boodskap ontvang. Dankie vir julle getrouheid dat julle steeds glo, ten spyte van die feit dat julle nie die Hemel met julle fisiese oë kan sien nie, want ONS beloon hulle wie ywerig na ONS soek. ONS beloon hulle wie ONS ywerig dien. ONS beloon hulle wie ONS ywerig gehoorsaam. Daar is belonings vir heilig wees en daar is gevolge vir onheilig te wees. EK is YAHUVEH en EK sal getrou wraak neem op MY vyande. Moenie dink hulle kom weg daarmee om MY te bespot nie. Hierdie wêreld sal binnekort sien wat gebeur met ‘n mens wat MY verlaat en bespot. Maar MY Geliefde Getroues, kyk op, kyk op Bruid van YAHUSHUA; kyk op want waarlik julle verlossing is naby.


Gespreek onder die Salwing van die RUACH HA KODESH

Deur Apostel Profeet Elisheva Eliyahu 27/05/2009


PROFESIE 45 SOLDATE WAT GOLIATTE VERSLAAN, STAAN OP MY SEUNS SOOS ‘N GEES VAN KONING DAWID!

STAAN OP, jy met ‘n Gees soos ‘n Koning Dawid. Wat ‘n seën is jy nie vir MY nie, O MY Seun met die Gees soos ‘n Koning Dawid en tog sonder die sonde wat hy gepleeg het. Jy het 'n hart soos YAHUVEH en EK is baie tevrede met jou.

Jy worstel met die brullende leeu en OORWIN DIT en worstel met die beer en OORWIN DIT (1 Sam 17:34-35)! En jaag die vyand op loop. Jy word hewig gevrees in die Hel want jy doen dit NIE in Dawid se naam nie, maar in die NAAM VAN YAH’SHUA [YAHUSHUA]! En wend MY BLOED EN WOORD aan en veroorsaak dat die vyande in 7 verskillende rigtings VLUG.

Hierdie woord is direk vir jou wie MY liefhet, sing, dans, profeteer en MY dien soos die hart van Koning Dawid van Ouds. Soos MY gesalfde skaapwagterseun Dawid, sal EK jou gebruik om die Goliatte te verslaan wat teen jou en die Profete, mense en bedienings te staan kom waarvoor EK het jou geroep het om in MY NAAM YAH’SHUA [YAHUSHUA] te beskerm. Jy is ‘n ware beskermer van MY Heilige Salwing.

Geliefde Seun, weet jy? Jy het niks om ooit te vrees nie, want EK het jou die krag van ‘n Simson gegee. Jy is in die Geestelike realm MY gesalfde Simson.

Daar is- geen goeie ding wat EK van jou, MY Geliefde Seun sal weerhou nie! (Ps 34:8-10; 84:11; Mat 7:11)


Psalm (34:9) (8) Tet. Smaak en sien dat YAHUVEH goed is; welgeluksalig is die man wat by HOM skuil! 9 (34:10) Jod. Vrees YAHUVEH, o SY Heiliges, want die wat HOM vrees, het geen gebrek nie. 10 (34:11) Kaf. Die jong leeus ly armoede en het honger; maar die wat YAHUVEH soek, het geen gebrek aan enigiets nie.

Psalm 84:11 Want YAHUVEH GOD is ‘N SON EN SKILD; YAHUVEH sal genade en eer gee; HY sal die goeie nie onthou aan die wat in opregtheid wandel nie.

Matteus 7:11 As julle wat sleg is, dan weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal julle VADER WAT IN DIE HEMELE IS, goeie dinge gee aan die wat HOM bid!

Vertrou MY en hou jou oë op MY. (Spr 4: 25-27; Heb 2:9-11; 12:2-3).

Spreuke 4:25 Laat jou oë reguit kyk en jou ooglede hulle reg voor jou uit hou. 26 Maak die pad van jou voet gelyk, en laat al jou weë vas wees, 27 wyk nie regs of links af nie, hou jou voet ver van boosheid.

Hebreërs 2:9 Maar ons sien HOM, naamlik YAHUSHUA, wat vir ‘n kort tydjie minder as die engele gemaak is, vanweë die lyde van die dood met heerlikheid en eer gekroon, sodat HY deur die Genade van GOD vir elkeen die dood sou smaak. 10 Want dit het HOM betaam, ter wille van wie alle dinge en deur wie alle dinge is, as HY baie kinders na die heerlikheid wou bring, om die BEWERKER VAN HULLE SALIGHEID deur lyde te volmaak. 11 Want HY wat heilig maak, sowel as hulle wat geheilig word, is almal uit EEN; om hierdie rede skaam HY HOM nie om hulle broeders te noem nie

Hebreërs 12:2 Die oog gevestig op YAHUSHUA, die LEIDSMAN EN VOLEINDER VAN DIE GELOOF, wat vir die vreugde wat HOM voorgehou is, die kruis verdra het, die skande verag het en aan die regterkant van die Troon van GOD gaan sit het. 3 Want julle moet ag gee op HOM wat so ‘n teëspraak van die sondaars teen HOM verdra het, sodat julle in jul siele nie vermoeid word en verslap nie.

Terwyl jy saad saai in hierdie Bediening wat nie gebruik sal word om soos wat sy gedink het, duisende te bereik nie, maar soos wat EK bevestiging na bevestiging gebring het en jou selfs hierdie waarheid gewys het, MY seun, (wat die vyand nie wou gehad het sy moes weet nie). Jy het vir jouself seëninge opgehoop. Terwyl jy besef dit is miljoene (tens of millions) wat hierdie bediening sal bereik. Terwyl jy MY gehoorsaam en dit verdedig wat MYNE is onder MY volle Salwing.

Jy moet hierdie Diensmaagd help wat MY Woord voortspreek wat die volle manifestering van MY Salwing, redding, genesing, verlossing en
OPSTANDINGSKRAG demonstreer, die koers (course) wat ek voor haar gestel het wat sy ALLEEN in MY NAAM tot stand sal bring. Maar dieselfde saad sal ook jou grond en die bediening water gee wat EK georden het en voor jou gestel het, MY Seun. Saam sal julle die oesland ploeg. EK stuur MY dienaars voordat EK MY soldate uitstuur om te veg. Verhef jou stem en maak gereed want EK sal julle saam uitstuur in MY volle salwing en in MY Gees om oorlog te voer soos Dawid teen Goliat gedoen het en in die NAAM van YAH’SHUA [YAHUSHUA] sal julle albei “MEER as Oorwinnaars” wees (Rom 8:37).

Dit is jou gebede, MY Seun, jou vas wat haar vanuit kritieke sorg en intensiewe sorg neem, sodat alle areas van haar persoonlike en bedienings lewe gerestoureer kan word. Dit is die gebede van iemand soos ‘n Koning Dawid wat hierdie Diensmaagd vrymaak. Bid dat al haar vyande sal vlug en soos Goliat sal besef
AL hul okkultiese kragte het tot niks uitgeloop nie, in plaas daarvan sal dit wat bedoel is om haar te vernietig, haar seën. Dit wat gestuur was om jou te vernietig, MY [geliefde] seun sal jou seen.

Want EK sal die vloeke verander in MY Seëninge (Dt 23:5; Neh 13:2; Pr 26:2). Sê MY Woord nie, “Alles werk ten goede mee” nie?” (Rom 8:28)

Diegene wat soek om MY Geliefde Diensknegte skade aan te doen, sal met hulle lewens en siele betaal AS hulle nie berou nie. Jy neem nie wraak nie, maar instede daarvan vergewe en weet “Wraak kom MY toe sê YAHUVEH!” (Dt 32:35; Ro 12:19).

Sy het ‘n man wat haar op alle maniere in slawerny hou. Die nuwe kan nie kom voordat die oue verwyder is nie. Bid nou vir haar vryheid asof dit jou eie is. Jy hoef nie te weet wat sy naam is nie, lees net haar getuienis met MY geestelike oë en ore en EK sal jou wys wat jy nie geweet het nie, dit wat sy nie oor praat nie. Hierdie man is haar Goliat en sy was nie instaat om vry te kom nie, daarom het EK my Seun gestuur wie MY RUACH ha KODESH het soos Dawid van Ouds.

En EK sê, “praat met hierdie Goliat en hy sal daar nie meer wees nie. Praat met julle Goliatte en hulle sal daar nie meer wees nie. Praat in die NAAM van YAH’SHUA [YAHUSHUA] en die berge sal soos kaf in die wind word.” Praat met hierdie Goliat in die geestelike realm en hy sal nie meer op enige manier ‘n hindernis of ‘n bedreiging vir haar of hierdie bediening wees nie. Want so seker as wat Goliat goddeloos was, so is hierdie man wie homself eens op ‘n tyd haar “man” genoem het, maar dit nooit in MY oë was nie. (Sien Elisheva se Getuienis, Deel 1.)

Het Dawid nie met Goliat gepraat en gesê wat EK sou doen nie? Het Dawid nie geprofeteer en gesê wat die eindresultaat van Goliat sou wees nie? Praat met vrymoedigheid met die Goliatte.

O My Seun met ‘n Salwing soos Dawid, kyk hoe die Goliatte val om vir ewig nooit weer teen jou, hierdie Diensmaagd en almal wie saam met jou in MY NAAM en Salwing staan, op te staan nie. Sy is vegvoos en moeg en nou op haar kwesbaarste.

Staan op tot haar verdediging en verslaan die Goliatte in die NAAM VAN YAHUSHUA wat soek om MY gesalfde Diensmaagd en hierdie Bediening te vernietig.

Slegs dan kan sy alles hê wat EK vooruit vir haar en jou en ander vertel en gewys het.

Staan op, o een wat EK MY nuwe Ware Koning Dawid noem. Staan op met die Gees soos Dawid die skaapwagterseun wat vir Goliat verslaan het. Verslaan die Goliatte in die geestelike realm in die NAAM van YAHUSHUA.

Staan in die volle wapenrusting en staan in die Woord van GOD wat nie kan lieg nie (Efes 6:10-20). Staan bedek in die GESTORTE BLOED VAN YAH’SHUA [YAHUSHUA].

Sing eers in MY GEES vir MY! Want daarin lê die oorwining vir jou en vir haar. Haar Goliatte sal ook op dieselfde tyd as joune val, MY Seun Dawid. staan op en beroof die vyand nou van al die rykdomme en buit wat hy gesteel het. Beveel satan om sewevoudig terug te gee. So sal dit gedoen word tot MY Eer, YAHUSHUA alleen.

Wanneer jy dit in die NAAM van YAHUSHUA spreek, sal dit wat jy spreek gou gebeur terwyl jy die geloof het en woorde agter die geloof plaas. Geloof sonder werke is dood (Jakobus 2:14-26). Moet dit nie vergeet nie MY Geliefde Seun met ‘n Gees soos Koning Dawid.

Jy sal selfs na vore kom met 'n groter salwing as wat jy ooit gedink het moontlik is, terwyl die vyande probeer om jou te omsingel en jou, jou Bediening en hulle na wie toe EK jou stuur, te vernietig.

EK vertel jou dit.

EK salf en spreek hierdie Salwing deur hierdie Diensmaagd uit want jy sal selfs ‘n meer gesalfde Soldaat in die NAAM van YAHUSHUA wees.


Gespreek onder die Salwing van die RUACH HA KODESH

Deur Apostel Profeet Elisheva Eliyahu 11/1999




Reddings Gebed

Shalom van AmightyWind



Numerie 1:1 – 4:20


 *~ Numerie Hoofstuk 1~*


1 Verder het YAHUVEH met Moses gespreek in die woestyn Sinai, in die Tent van Samekoms, op die eerste van die tweede maand, in die tweede jaar nadat hulle uit Egipteland uitgetrek het, en gesê:


2 Neem julle die volle getal van die hele vergadering van die kinders van Israel op volgens hulle geslagte, volgens hulle families, na die getal name, almal wat manlik is, hoof vir hoof;


3 van twintig jaar oud en daarbo, almal wat op kommando moet uittrek in Israel, dié moet julle tel volgens hulle leërafdelings, jy en Aäron.


4 En met julle saam moet daar van elke stam ‘n man wees, ‘n man wat hoof is van sy families.


5 En dit is die name van die manne wat julle moet bystaan: Vir Ruben: Elísur, die seun van Sedéür;


6 vir Símeon: Selúmiël, die seun van Surísaddai;


7 vir Juda: Nagson, die seun van Ammínadab;


8 vir Issaskar: Netáneël, die seun van Suar;


9 vir Sébulon: Elíab, die seun van Helon;


10 vir die kinders van Josef: vir Efraim: Elisáma, die seun van Ammíhud; vir Manasse: Gámliël, die seun van Pedásur;


11 vir Benjamin: Abídan, die seun van Gideóni;


12 vir Dan, Ahiëser, die seun van Ammísaddai;


13 vir Aser: Págiël, die seun van Ogran;


14 vir Gad: Éljasaf, die seun van Réhuel;


15 vir Náftali: Ahíra, die seun van Enan.


16 Dit was hulle wat uit die vergadering opgeroep was, die owerstes van hulle voorvaderlike stamme, die stamhoofde van Israel.


17 Toe het Moses en Aäron dié manne geneem wat met hulle name aangewys was,


18 en hulle het die hele vergadering op die eerste dag van die tweede maand bymekaar laat kom; en dié het hulle afkoms opgegee volgens hulle geslagte, volgens hulle families, na die getal name, van twintig jaar oud en daarbo, hoof vir hoof,


19 soos YAHUVEH Moses beveel het. En hy het hulle getel in die woestyn Sinai.


20 En die seuns van Ruben, die eersgeborene van Israel—hulle nakomelinge volgens hulle geslagte, volgens hulle families, na die getal name, hoof vir hoof, almal wat manlik was, van twintig jaar oud en daarbo, almal wat op kommando moet uittrek—


21 hulle geteldes van die stam van Ruben was ses en veertig duisend vyf honderd.


22 Van die seuns van Símeon, hulle nakomelinge volgens hulle geslagte, volgens hulle families, na die getal name, hoof vir hoof, almal wat manlik was, van twintig jaar oud en daarbo, almal wat op kommando moet uittrek—


23 hulle geteldes van die stam van Símeon was nege en vyftig duisend drie honderd.


24 Van die seuns van Gad, hulle nakomelinge volgens hulle geslagte, volgens hulle families, na die getal name, van twintig jaar oud en daarbo, almal wat op kommando moet uittrek—


25 hulle geteldes van die stam van Gad was vyf en veertig duisend ses honderd en vyftig.


26 Van die seuns van Juda, hulle nakomelinge volgens hulle geslagte, volgens hulle families, na die getal name, van twintig jaar oud en daarbo, almal wat op kommando moet uittrek—


27 hulle geteldes van die stam van Juda was vier en sewentig duisend ses honderd.


28 Van die seuns van Issaskar, hulle nakomelinge volgens hulle geslagte, volgens hulle families, na die getal name, van twintig jaar oud en daarbo, almal wat op kommando moet uittrek—


29 hulle geteldes van die stam van Issaskar was vier en vyftig duisend vier honderd.


30 Van die seuns van Sébulon, hulle nakomelinge volgens hulle geslagte, volgens hulle families, na die getal name, van twintig jaar oud en daarbo, almal wat op kommando moet uittrek—


31 hulle geteldes van die stam van Sébulon was sewe en vyftig duisend vier honderd.


32 Van die seuns van Josef, van die seuns van Efraim, hulle nakomelinge volgens hulle geslagte, volgens hulle families, na die getal name, van twintig jaar oud en daarbo, almal wat op kommando moet uittrek—


33 hulle geteldes van die stam van Efraim was veertig duisend vyf honderd;


34 van die seuns van Manasse, hulle nakomelinge volgens hulle geslagte, volgens hulle families, na die getal name, van twintig jaar oud en daarbo, almal wat op kommando moet uittrek—


35 hulle geteldes van die stam van Manasse was twee en dertig duisend twee honderd.


36 Van die seuns van Benjamin, hulle nakomelinge volgens hulle geslagte, volgens hulle families, na die getal name, van twintig jaar oud en daarbo, almal wat op kommando moet uittrek—


37 hulle geteldes van die stam van Benjamin was vyf en dertig duisend vier honderd.


38 Van die seuns van Dan, hulle nakomelinge volgens hulle geslagte, volgens hulle families, na die getal name, van twintig jaar oud en daarbo, almal wat op kommando moet uittrek—


39 hulle geteldes van die stam van Dan was twee en sestig duisend sewe honderd.


40 Van die seuns van Aser, hulle nakomelinge volgens hulle geslagte, volgens hulle families, na die getal name, van twintig jaar oud en daarbo, almal wat op kommando moet uittrek—


41 hulle geteldes van die stam van Aser was een en veertig duisend vyf honderd.


42 Van die seuns van Náftali, hulle nakomelinge volgens hulle geslagte, volgens hulle families, na die getal name, van twintig jaar oud en daarbo, almal wat op kommando moet uittrek—


43 hulle geteldes van die stam van Náftali was drie en vyftig duisend vier honderd.


44 Dit is die geteldes wat Moses en Aäron en die owerstes van Israel getel het; twaalf man was dit, elkeen vir sy families.


45 So was dan al die geteldes van die kinders van Israel volgens hulle families, van twintig jaar oud en daarbo, almal wat in Israel op kommando moet uittrek—


46 al die geteldes dan was ses honderd en drie duisend vyf honderd en vyftig.


47 Maar die Leviete, volgens hulle voorvaderlike stam, is onder hulle nie getel nie.


48 YAHUVEH het naamlik met Moses gespreek en gesê:


49 Net die stam van Levi moet jy nie tel nie en hulle volle getal onder die kinders van Israel nie opneem nie;


50 maar stel jy die Leviete aan oor die Tabernakel van die Getuienis en oor al sy gereedskap en oor alles wat daarby behoort. Húlle moet die Tabernakel dra en alles wat daarby behoort, en húlle moet dit bedien en rondom die Tabernakel laer opslaan.


51 En as die Tabernakel wegtrek, moet die Leviete dit afbreek; en as die Tabernakel rus, moet die Leviete dit oprig; en die onbevoegde wat nader kom, moet gedood word.


52 En die kinders van Israel moet laer opslaan elkeen op sy laerplek en elkeen by sy vaandel, volgens hulle leërafdelings.


53 Maar die Leviete moet laer opslaan rondom die Tabernakel van die Getuienis, dat daar geen toorn oor die vergadering van die kinders van Israel kom nie. So moet dan die Leviete die diens van die Tabernakel van die Getuienis waarneem.


54 En die kinders van Israel het dit gedoen; net soos YAHUVEH Moses beveel het, so het hulle gedoen.



 *~ Numerie Hoofstuk 2~*


1 En YAHUVEH het met Moses en Aäron gespreek en gesê:


2 Die kinders van Israel moet laer opslaan elkeen by sy vaandel by die veldtekens van hulle families; op ‘n afstand rondom die Tent van Samekoms moet hulle laer opslaan.


3 En die wat aan die oostekant, teen sonop, laer opslaan, moet wees: die vaandel van die laer van Juda volgens hulle leërafdelings; en Nagson, die seun van Ammínadab, moet owerste oor die seuns van Juda wees.


4 En sy leër met hulle geteldes was vier en sewentig duisend ses honderd.


5 En die wat langs hom laer opslaan, moet wees die stam van Issaskar; en Netáneël, die seun van Suar, moet owerste oor die seuns van Issaskar wees.


6 En sy leër met hulle geteldes was vier en vyftig duisend vier honderd.


7 Verder die stam van Sébulon; en Elíab, die seun van Helon, moet owerste oor die seuns van Sébulon wees.


8 En sy leër met sy geteldes was sewe en vyftig duisend vier honderd.


9 Al die geteldes in die laer van Juda was honderd ses en tagtig duisend vier honderd volgens hulle leërafdelings. Hulle moet eerste opbreek.


10 Die vaandel van die laer van Ruben volgens hulle leërafdelings moet aan die suidekant wees; en Elísur, die seun van Sedéür, moet owerste oor die seuns van Ruben wees.


11 En sy leër met sy geteldes was ses en veertig duisend vyf honderd.


12 En die wat langs hom laer opslaan, moet wees die stam van Símeon; en Selúmiël, die seun van Surísaddai, moet owerste oor die seuns van Símeon wees.


13 En sy leër met hulle geteldes was nege en vyftig duisend drie honderd.


14 Verder die stam van Gad; en Éljasaf, die seun van Réhuel, moet owerste oor die seuns van Gad wees.


15 En sy leër met hulle geteldes was vyf en veertig duisend ses honderd en vyftig.


16 Al die geteldes in die laer van Ruben was honderd een en vyftig duisend vier honderd en vyftig volgens hulle leërafdelings. En hulle moet tweede opbreek.


17 Daarna moet die Tent van Samekoms opbreek: die laer van die Leviete, tussen die ander laers in. Soos hulle laer opslaan, so moet hulle opbreek, elkeen op sy plek volgens hulle vaandels.


18 Die vaandel van die laer van Efraim volgens hulle leërafdelings moet aan die westekant wees; en Elisáma, die seun van Ammíhud, moet owerste oor die seuns van Efraim wees.


19 En sy leër met hulle geteldes was veertig duisend vyf honderd.


20 En langs hom die stam van Manasse; en Gámliël, die seun van Pedásur, moet owerste oor die seuns van Manasse wees.


21 En sy leër met hulle geteldes was twee en dertig duisend twee honderd.


22 Verder die stam van Benjamin; en Abídan, die seun van Gideóni, moet owerste oor die seuns van Benjamin wees.


23 En sy leër met hulle geteldes was vyf en dertig duisend vier honderd.


24 Al die geteldes in die laer van Efraim was honderd en agt duisend een honderd volgens hulle leërafdelings. En hulle moet derde opbreek.


25 Die vaandel van die laer van Dan moet aan die noordekant wees volgens hulle leërafdelings: en Ahiëser, die seun van Ammísaddai, moet owerste oor die seuns van Dan wees.


26 En sy leër met hulle geteldes was twee en sestig duisend sewe honderd.


27 En die wat langs hom laer opslaan, moet wees die stam van Aser; en Págiël, die seun van Ogran, moet owerste oor die seuns van Aser wees.


28 En sy leër met hulle geteldes was een en veertig duisend vyf honderd.


29 Verder die stam van Náftali; en Ahíra, die seun van Enan, moet owerste oor die seuns van Náftali wees.


30 En sy leër met hulle geteldes was drie en vyftig duisend vier honderd.


31 Al die geteldes in die laer van Dan was honderd sewe en vyftig duisend ses honderd. Hulle moet laaste opbreek volgens hulle vaandels.


32 Dit is die geteldes van die kinders van Israel volgens hulle families. Al die geteldes van die laers volgens hulle leërafdelings was ses honderd en drie duisend vyf honderd en vyftig.


33 Maar die Leviete is onder die kinders van Israel nie getel nie, soos YAHUVEH Moses beveel het.

YAHUVEH die kinders van Israel het gedoen net soos YAHUVEH Moses beveel het; so het hulle laer opgeslaan volgens hulle vaandels, en so het hulle opgebreek elkeen volgens sy geslagte, by sy families.



 *~ Numerie Hoofstuk 3~*


1 En dit is die nakomelinge van Aäron en Moses op die dag toe YAHUVEH met Moses op die berg Sinai gespreek het.


2 En dit is die name van die seuns van Aäron: die eersgeborene Nadab, daarna Abíhu, Eleásar en Itamar.


3 Dit is die name van die seuns van Aäron, die gesalfde priesters, wat hy aangestel het om die priesteramp te bedien.


4 Maar Nadab en Abíhu het gesterwe voor die aangesig van YAHUVEH toe hulle vreemde vuur voor die aangesig van YAHUVEH in die woestyn Sinai gebring het, en hulle het geen kinders gehad nie; maar Eleásar en Itamar het die priesteramp bedien voor die oë van hulle vader Aäron.


5 En YAHUVEH het met Moses gespreek en gesê:


6 Laat die stam van Levi nader kom, en stel hulle voor die priester Aäron, dat hulle hom kan dien.


7 En hulle moet sy diens waarneem en die diens van die hele vergadering voor die Tent van Samekoms, om die dienswerk van die Tabernakel te verrig.


8 En hulle moet sorg vir al die gereedskap van die Tent van Samekoms en vir die diens van die kinders van Israel, om die dienswerk van die Tabernakel te verrig.


9 En jy moet die Leviete aan Aäron en sy seuns gee; hulle is heeltemal aan hom gegee uit die kinders van Israel.


10 Maar Aäron en sy seuns moet jy aanstel, dat hulle hul priesteramp kan waarneem; en die onbevoegde wat nader kom, moet gedood word.


11 En YAHUVEH het met Moses gespreek en gesê:


12 Kyk, EK Self het die Leviete geneem onder die kinders van Israel uit in die plek van al die eersgeborenes wat die moederskoot open, uit die kinders van Israel, dat die Leviete MYNE kan wees.


13 Want al die eersgeborenes is myne: op die dag toe EK al die eersgeborenes in Egipteland getref het, het EK al die eersgeborenes in Israel vir MY geheilig, mense sowel as diere; hulle moet MYNE wees. EK is YAHUVEH.


14 En YAHUVEH het met Moses gespreek in die woestyn Sinai en gesê:


15 Tel die seuns van Levi volgens hulle families, volgens hulle geslagte; almal wat manlik is, van ‘n maand oud en daarbo—dié moet jy tel.


16 En Moses het hulle volgens die bevel van YAHUVEH getel soos dit hom beveel is.


17 En dit was die seuns van Levi volgens hulle name: Gerson en Kehat en Merári.


18 En dit is die name van die seuns van Gerson volgens hulle geslagte: Libni en Símeï.


19 En die seuns van Kehat volgens hulle geslagte: Amram en Jishar, Hebron en Ussiël.


20 En die seuns van Merári volgens hulle geslagte: Magli en Musi. Dit is die geslagte van die Leviete volgens hulle families.


21 Aan Gerson behoort die geslag van die Libniete en die geslag van die Simeïete. Dit is die geslagte van die Gersoniete.


22 Hulle geteldes volgens die getal van almal wat manlik was, van ‘n maand oud en daarbo—húlle geteldes was sewe duisend vyf honderd.


23 Die geslagte van die Gersoniete moet laer opslaan agter die Tabernakel aan die westekant.


24 En owerste oor die familie van die Gersoniete moet Éljasaf, die seun van Lael, wees.


25 En die seuns van Gerson moet by die Tent van Samekoms versorg: die Tabernakel en die Tent, sy dekkleed en die bedekking vir die ingang van die Tent van Samekoms;


26 en die behangsels van die voorhof en die bedekking vir die ingang van die voorhof wat rondom die Tabernakel en die altaar is, en sy lyne—alles wat by sy bediening behoort.


27 En aan Kehat het behoort die geslag van die Amramiete en die geslag van die Jishariete en die geslag van die Hebroniete en die geslag van die Ussiëliete. Dit is die geslagte van die Kehatiete.


28 Volgens die getal van almal wat manlik is, van ‘n maand oud en daarbo, was daar agt duisend ses honderd wat die diens van die Heiligdom waargeneem het.


29 Die geslagte van die seuns van Kehat moet laer opslaan aan die kant van die Tabernakel, aan die suidekant.


30 En owerste oor die familie vir die geslagte van die Kehatiete moet wees Elísafan, die seun van Ussiël.


31 En hulle moet versorg: die ark en die tafel en die kandelaar en die altare en die gereedskap van die Heiligdom waarmee hulle diens doen, en die voorhangsel en alles wat by die bediening daarvan behoort.


32 En die hoof van die owerstes van Levi moet wees Eleásar, die seun van Aäron, die priester, die opsigter oor die wat die diens van die Heiligdom waarneem.


33 Aan Merári het behoort die geslag van die Magliete en die geslag van die Musiete. Dit is die geslagte van Merári.


34 En hulle geteldes volgens die getal van almal wat manlik is, van ‘n maand oud en daarbo, was ses duisend twee honderd.


35 En die owerste van die familie vir die geslagte van Merári moet wees Súriël, die seun van Abihail; hulle moet laer opslaan aan die kant van die Tabernakel, aan die noordekant.


36 En die toesig van die seuns van Merári—wat hulle te besorg het—moet wees oor die style van die Tabernakel en sy dwarshoute en sy pilare en sy voetstukke en al die gereedskap sowel as die hele diens wat daarby behoort;


37 en die pilare van die voorhof rondom en hulle voetstukke en hulle penne en hulle lyne.


38 En die wat voor die Tabernakel laer opslaan, aan die oostekant, voor die Tent van Samekoms, teen sonop, moet wees Moses en Aäron met sy seuns wat die diens van die Heiligdom waarneem, naamlik die diens vir die kinders van Israel; en die onbevoegde wat nader kom, moet gedood word.


39 Al die geteldes van die Leviete wat Moses en Aäron volgens die bevel van YAHUVEH, volgens hulle geslagte getel het, almal wat manlik was, van ‘n maand oud en daarbo, was twee en twintig duisend.


40 EnYAHUVEH het aan Moses gesê: Tel al die manlike eersgeborenes van die kinders van Israel, van ‘n maand oud en daarbo, en neem die getal van hulle name op.


41 En jy moet vir MY—EK is YAHUVEH—die Leviete neem in die plek van al die eersgeborenes onder die kinders van Israel, en die vee van die Leviete in die plek van al die eersgeborenes onder die vee van die kinders van Israel.


42 En Moses het, soos YAHUVEH hom beveel het, al die eersgeborenes onder die kinders van Israel getel.


43 En al die manlike eersgeborenes volgens die getal name, van ‘n maand oud en daarbo, volgens hulle geteldes, was twee en twintig duisend twee honderd drie en sewentig.


44 En YAHUVEH het met Moses gespreek en gesê:


45 Neem die Leviete in die plek van al die eersgeborenes onder die kinders van Israel, en die vee van die Leviete in die plek van hulle vee, sodat die Leviete MYNE kan wees. EK is YAHUVEH.


46 Wat aangaan die loskoping van die twee honderd drie en sewentig wat oor is bo die Leviete, uit die eersgeborenes van die kinders van Israel,


47 moet jy per hoof vyf sikkels neem; volgens die sikkel van die Heiligdom moet jy dit neem; die sikkel is twintig gera.


48 En jy moet die geld as losprys van die wat onder hulle oor is, aan Aäron en sy seuns gee.


49 Daarop het Moses die loskoopgeld geneem van die wat oor was bo die wat deur die Leviete losgekoop was;


50 van die eersgeborenes van die kinders van Israel het hy die geld geneem, duisend drie honderd vyf en sestig sikkels volgens die sikkel van die Heiligdom.


51 En Moses het die loskoopgeld aan Aäron en sy seuns gegee volgens die bevel van YAHUVEH, soos YAHUVEH Moses beveel het.



 *~ Numerie Hoofstuk 4~*


1 En YAHUVEH het met Moses en Aäron gespreek en gesê:


2 Neem die volle getal van die seuns van Kehat op, onder die seuns van Levi uit, volgens hulle geslagte, volgens hulle families,


3 van dertig jaar oud en daarbo, tot vyftig jaar, almal wat dienspligtig is, om werk by die Tent van Samekoms te verrig.


4 Dit sal die dienswerk van die seuns van Kehat by die Tent van Samekoms wees, naamlik die hoogheilige dinge.


5 By die opbreek van die laer moet Aäron en sy seuns kom en die voorhangsel tot bedekking afneem en daarmee die ark van die Getuienis bedek.


6 En hulle moet ‘n dekkleed van robbevelle daarop sit en ‘n doek, heeltemal van pers stof, daar bo-oor uitsprei en sy draaghoute insteek.


7 Hulle moet ook oor die toonbroodtafel ‘n pers doek uitsprei en daarop neersit die skottels en die rookpanne en die bekers en die drankofferkanne; ook moet die altyd-blywende brood daarop wees.


8 Daarna moet hulle ‘n skarlaken doek daaroor uitsprei en dit met ‘n dekkleed van robbevelle toemaak en sy draaghoute insteek.


9 Dan moet hulle ‘n pers doek neem en die kandelaar tot verligting bedek, met sy lampe en sy snuiters en sy bakkies en al sy oliekanne waarmee hulle daarby diens doen.


10 En hulle moet dit met al sy gereedskap op ‘n dekkleed van robbevelle neerlê en dit op die draagbaar sit.


11 En oor die goue altaar moet hulle ‘n pers doek uitsprei en dit met ‘n dekkleed van robbevelle toemaak en sy draaghoute insteek.


12 Hulle moet ook al die gereedskap neem waarmee hulle diens in die Heiligdom doen, en dit op ‘n pers doek neerlê en met ‘n dekkleed van robbevelle toemaak en dit op die draagbaar sit.


13 En hulle moet die as van die altaar verwyder en daar ‘n purper doek oor uitsprei.


14 En hulle moet al sy gereedskap daarop neersit waarmee hulle daarby diens doen: die vuurpanne, die vurke en die skoppe en die komme, al die gereedskap van die altaar; en hulle moet daar ‘n dekkleed van robbevelle oor uitsprei en sy draaghoute insteek.


15 En eers nadat Aäron en sy seuns, by die opbreek van die laer, klaar is met die toemaak van die Heiligdom en van al die gereedskap van die Heiligdom, moet die seuns van Kehat kom om te dra; maar hulle mag nie aan die heilige dinge raak nie, sodat hulle nie sterwe nie. Hierdie dinge is dit wat die seuns van Kehat moet dra van die Tent van Samekoms.


16 En die toesig van Eleásar, die seun van die priester Aäron, gaan oor die olie vir die kandelaar en die reukwerk van speserye en die voortdurende spysoffer en die salfolie; die toesig oor die hele Tabernakel en oor alles wat daarin is: die Heiligdom en bybehorende gereedskap.


17 En YAHUVEH het met Moses en Aäron gespreek en gesê:


18 Sorg dat die stam van die geslagte van die Kehatiete nie onder die Leviete uitgeroei word nie.


19 Maar doen vir hulle dit, sodat hulle lewe en nie sterwe nie as hulle na die hoogheilige dinge aankom: Aäron en sy seuns moet ingaan en hulle aanstel elkeen oor sy dienswerk en oor wat hy moet dra.


20 Maar hulle moet nie inkom om vir ‘n oomblik die Heiligdom te sien nie, sodat hulle nie sterwe nie.


Hosea 1:10 – 2:20


*~Hosea Hoofstuk 1~*


10 Nogtans sal die getal van die kinders van Israel wees soos die sand van die see, wat nie gemeet en nie getel kan word nie; en in plaas dat aan hulle gesê word: Julle is nie MY volk nie—sal aan hulle gesê word: Julle is kinders van die Lewende EL.


11 Dan sal die kinders van Juda en die kinders van Israel almal saam vergader en vir hulle een hoof aanstel en uit die land optrek; want groot is die dag van Jísreël!



*~Hosea Hoofstuk 2~*


1 Sê aan julle broers: Ammi, en aan julle susters: Rugáma.


2 Twis met julle moeder, twis; want sy is nie MY vrou nie, en EK is nie haar man nie, en laat sy haar hoerery van haar aangesig verwyder en haar owerspel van haar borste af weg.


3 Anders sal EK haar naak uittrek en haar neersit soos op die dag van haar geboorte en haar maak soos ‘n woestyn, ja, haar stel soos ‘n dor land en haar van dors laat sterwe.


4 En EK sal MY oor haar kinders nie ontferm nie, want hulle is kinders uit hoerery gebore.


5 Want hulle moeder het in ontug gelewe, sy wat met hulle swanger was, het skandelike dinge gedoen; want sy het gesê: Ek wil my minnaars agternaloop wat my brood en my water, my wol en my vlas, my olie en my drank gee.


6 Daarom, kyk, EK sal jou weg met dorings toemaak en om haar ‘n muur bou, sodat sy haar paaie nie sal vind nie.


7 En sy sal haar minnaars agternaloop, maar hulle nie inhaal nie; en sy sal hulle soek, maar nie vind nie. Dan sal sy sê: Ek wil heengaan en terugkeer na my vorige man, want toe het ek dit beter gehad as nou.


8 Ja, sy het nie erken dat EK aan haar die koring en die mos en die olie gegee het nie, ook silwer vir haar vermenigvuldig het en goud, wat hulle vir Baäl gebruik het.


9 Daarom sal EK my koring terugneem in die oestyd en my mos op die bepaalde tyd, en wegneem MY wol en MY vlas wat dien om haar naaktheid te bedek.


10 EK sal dan nou haar skaamte ontbloot voor die oë van haar minnaars, en niemand sal haar uit MY hand red nie.


11 En EK maak ‘n einde aan al haar vreugde, haar feeste, haar nuwemane en haar sabbatte, ja, aan al haar feestye.


12 En EK sal haar wingerdstok en haar vyeboom verwoes waarvan sy gesê het: Hierdie dinge is my hoereloon wat my minnaars my gegee het; en EK sal dit tot ‘n bos maak, en die wilde diere van die veld sal dit opeet.


13 So besoek EK dan aan haar die dae van die Baäls toe sy vir hulle offerrook laat opgaan het en haar met haar neusring en haar halssierade versier en haar minnaars agternageloop het; maar MY het sy vergeet, spreek YAHUVEH.


14 Daarom, kyk, EK sal haar lok en haar in die woestyn lei en na haar hart spreek.


15 Dan sal EK haar daarvandaan haar wingerde gee en die dal Agor tot ‘n deur van hoop, en daar sal sy antwoord gee soos in die dae van haar jeug en soos die dag toe sy uit Egipteland opgetrek het.


16 En in dié dag, spreek YAHUVEH, sal jy MY noem: My man; en jy sal my nie meer noem: My Baäl nie.


17 Dan verwyder EK die name van die Baäls uit haar mond, sodat hulle by hul naam nie meer genoem sal word nie.


18 Verder sluit EK in dié dag vir hulle ‘n verbond met die wilde diere van die veld en met die voëls van die hemel en die kruipende diere van die aarde; ja, boog en swaard en oorlog sal EK verbreek uit die land, en EK sal hulle in veiligheid laat rus.


19 En EK sal MY met jou verloof tot in ewigheid en MY met jou verloof in geregtigheid en in reg en in goedertierenheid en in ontferming.


20 En EK sal MY met jou verloof in trou; dan sal jy (Aleph/Tav) YAHUVEH ken.


Romeine 15:1 – 7


*~Romeine Hoofstuk 15~*


1 En op ons wat sterk is, rus die verpligting om die swakhede te dra van die wat nie sterk is nie, en nie onsself te behaag nie.


2 Want elkeen van ons moet die naaste behaag met die oog op wat goed is tot stigting.


3 Want ook MESSIAS het HOMSELF nie behaag nie, maar soos geskrywe is: Die smaadhede van die wat U smaad, het op MY geval.


4 Want alles wat tevore geskrywe is, is tot ons lering tevore geskrywe, sodat ons deur lydsaamheid en bemoediging van die Skrifte hoop kan hê.


5 En mag die ELOHIM van lydsaamheid en bemoediging aan julle gee om eensgesind onder mekaar te wees ooreenkomstig die wil van YAHUSHUA MESSIAS,


6 sodat julle die ELOHIM en VADER van onse Meester YAHUSHUA MESSIAS eendragtiglik uit een mond kan verheerlik.


7 Neem daarom mekaar aan, soos MESSIAS ons ook aangeneem het, tot heerlikheid van ELOHIM.