Profesie 92

Wees Vrolik, EK YAHUSHUA HA MASHIACH,

IS die Enigste GOEIE HERDER en

EK Slaan die Wolwe Weg!


Geskryf en gespreek onder die salwing van die HEILIGE GEES

(RUACH HA KODESH)

Deur Apostel & Profeet Elisabeth Elijah [Elisheva Eliyahu]

Ontvang 27 Oktober 2007 – Vrygestel 17 November 2007


* * * * * * *


Redakteur se kommentaar: Hierdie Profetiese Woord is ingesluit in “Secrets of the HOLY SPIRIT” want dit is die grondlegging vir die volgende Profetiese Woord. Profesie 93 waarin MOMMA SHKHINYAH Die RUACH HA KODESH, voort spreek. Gedurende die tyd van hierdie Profesie was daar ‘n vrou met die naam Shelby Corbitt, wat geglo het dat YAHUSUA vir haar boodskappe gegee het nl. dat die wegraping sou gebeur in 2007. Sy het selfs ‘n boek geskryf daaroor. Die datum wat sy daar gestel het, het gekom en gegaan en geen wegraping het plaasgevind nie.

Elisheva se kommentaar: Hierdie Woord het na vore gekom, terwyl ek besig was om ‘n e-pos te beantwoord van ‘n tiener uit Alberta, Kanada. Terwyl ek vir haar teruggeskryf het, het die Salwing oor my gekom en Profesie 92 is toe gebore. Dankie L.W. dat jy gehoorsaam was, deur my te e-pos, omdat dit jou e-pos was wat die Salwing in my aangewakker het. Geliefde suster in YAHUSHUA, ek het ‘n woord vir jou. Druk dit uit en sit dit in jou Bybel en lees dit gereeld. Ek het glad nie ‘n Profetiese boodskap verwag nie. YAHUSHUA het ‘n 17 jarige tiener van Alberta, Kanada gebruik om die Salwing aan te wakker.

* * * * * * *

Hier onder volg die Profesie soos dit voortgekom het

  • met Profeet Elisheva se “Heilige Tale” - woorde van Die HEILIGE GEES van GOD (Handeling 2:3-4) in aardse of hemelse tale (1 Kor. 13:1) Elisheva spreek voort in tale en Profesie word voortgebring (1 Kor.14:6)

Hierdie Profesie bevat die HEBREEUSE NAME van GOD:

YAH/YAHU  יה  is die HEILIGE , GEWYDE NAAM van GOD soos in “Alleluia” of “Hallelu YAH” הללו-יה 

Wat letterlik beteken: “Prys YAH”

YAHUVEH/YAHWEH ה ו ה י GOD DIE VADER

YAHUSHUA/YAHSHUA  יהושוע  GOD SE ENIG GEBORE SEUN

HA MASHIACH המשיח beteken ‘DIE MESSIAS’

ELOHIM אלוהים  beteken “GOD”

Die openbaring

van “SH’KHINYAH GLORY’ שכניה תפארה

as die PERSOONLIKE NAAM van die RUACH HA KODESH רוח הקדש

In Afrikaans genoem “DIE HEILIGE GEES”- is ook op hierdie web werf.

(Ha SH’KHINAH שכינה {SHEKINAH}

is Hebreeus vir; GOD VERTOEF, HEILIGE TEENWOORDIGHEID)

Addisioneel; ABBA YAH אבא יה  beteken ‘VADER YAH”

En IMMA YAH אמא יה  beteken “MOEDER YAH’

Skrifaanhalings vanuit : Woord en Getuienis Bybel vertaling, behalwe wanneer anders aangedui. Regs 'click' op die voetnota nommers om 'n tweede 'tab' te open

* * * * * * *

YAHUVEH se Woorde aan Elisheva wat voor die Profesieë geplaas moet word:

ELISABETH[ELISHEVA], EK HET JOU LANK GELEDE GEWAARSKU

OM HIERDIE BEDIENING NIE NA ‘N MAN OF ‘N VROU TE VERNOEM NIE,

SELFS NOG VOORDAT DAAR ‘N BEDIENING WAS. EK HET DIT IN JOU GEES GEPLAAS

WANT NIKS HIERVAN WAS DEUR JOU EIE TOE DOEN NIE,

NIKS HIERVAN HET UIT JOU MOND VOORTGEKOM NIE.

DIT IS UIT DIE MOND VAN YAHUVEH GEBOORTE GEGEE.

DIT IS UIT DIE MOND VAN YAHUSHUA JOU MASHIACH GEBOORTE GEGEE.

DIT IS UIT DIE MOND VAN DIE RUACH HA KODESH,

JOU IMMAYAH GEBOORTE GEGEE.

AS DIT NET DEUR JOU HAND WAS SOU DIT LANKAL MISLUK HET

DIT IS DEUR DIE SHKHINYAH GLORIE SE WIND WAT OOR HIERDIE AARDE WAAI,

DIE HEILIGE WIND VAN HERLEWING,

DIT IS NIE DEUR JOU ASEM NIE, ANDERS SOU DIT MISLUK HET.

EK IS YAHVEH, DIT IS MY NAAM;

EN MY EER SAL EK AAN GEEN ANDER GEE,

OF OOK MY LOF AAN DIE GESNEDE BEELDE NIE. JES 42:8

(PROPHECY 105)

In Julie 2010 het YAHUVEH GOD beveel om ook hierdie gedeelte, uit 2 Kronieke, by te voeg voor elke Profesie:

“MAAR HULLE HET DIE BOODSKAPPERS VAN ELOHIEM UITGELAG, SY WOORDE VERAG EN MET SY PROFETE GESPOT TOTDAT DIE GRAMSKAP VAN YAHWEH TEEN SY VOLK OPGEKOM HET, TOTDAT DAAR GEEN GENESING MEER WAS NIE.” 2 KRONIEKE 36:16

Asook die volgende in Julie 2016:

WEE OOR ENIGE EEN WAT DIT WAAG OM SEER TE MAAK — OM HIERDIE TWEE GESALFDES SEER TE MAAK. JY SAL SPYT WEES OOR DIE DAG WAT JY GEBORE IS. MOENIE MY GESALFDES AANRAAK NIE, EN MOET OOK NIE HIERDIE TWEE PROFETE PROBEER SEERMAAK NIE (SIEN PSALM 105:15; 1 KRON. 16:22). DIT SAL BETER VIR JOU WEES AS EK, ABBA YAHUVEH JOU TONG UITGESKEUR HET!

(Profesie 128)

En van Profeet Ezra:

Ek waarsku julle almal – diegene wat kom teen hierdie Bediening en HIERDIE PROFESIEË en Elisheva en Myself - en al die Bedienaars van AMIGHTYWIND MINISTRY – EK WAARSKU JULLE NOU, Moenie Die Gesalfdes van YAHUVEH aanraak nie en moenie SY Profete skade berokken nie (Psalm 105:15…1Kron16:22)

Sodat die Staf van die Woede van YAH op jou neerkom. Maar vir hulle wat geseënd is en hulle wat ‘n seën vir hierdie bediening is, getroues, en hulle wat die Profesieë ontvang, seëninge sal op jul daal – alles om dit wat aan YAH behoort te beskerm

in Die NAAM VAN YAHUSHUA.


* * * * * * *


PROFESIE 92 BEGIN:

Wees vol blydskap MY Kleintjies want EK YAHUSHUA ha MASHIACH IS die enigste GOEIE HERDER en EK ontbloot die Evangelistiese Welvaarts Predikers "Evangelical Prosperity Pimps", vir die wolwe wat hulle is! EK slaan die wolwe weg en EK verwyder hul tande uit julle vlees.

O, MY geliefde kleintjies, EK praat met diegene wat aanbiddend, liefhet en daarna streef om gehoorsaam te wees en Heilig te lewe vir ABBA YAHUVEH. Hoe verbly julle MY, julle YAHUSHUA HA MASHIACH. EK is die enigste GOEIE HERDER en die enigste REDDER van jou siel.

MY skape en MY lammers ken MY stem. En net soos ‘n bokkie smag na water in die hitte van die dag, so smag MY skape na die volgende Woord van MY af. Hulle ken die smaak van die Lewende Water. Terwyl hulle MY Heilige Skrifte lees, drink hulle daagliks van MY Lewende Water. Ware Profesieë is ook Lewende Water. Elke keer wanneer jy een lees, kry jy nog ‘n Openbaring as jy dit bestudeer en vir MY vra oor dit wat jy nie verstaan nie.

Julle wat begeer om ‘n hart soos MY hart te hê, julle verbly ABBA YAHUVEH. EK het ‘n dapperheid in julle geplaas. Ander het geweier om hierdie gawe van dapperheid te gebruik vir MY Heerlikheid, of hulle gebruik dit vir ‘n bose doel, of vir hulle eie motiewe.

Moenie Oprah Winfrey volg nie.

Moet haar nie ondersteun, deur haar programme te kyk of haar boeke te koop wat sy aanmoedig nie. Oprah Winfrey sal julle Hel oe stuur as julle die evangelie van Oprah glo.

Sy bestraf MY kinders openlik voor die wêreld, wat daarheen gestuur was om te waarsku dat daar net een weg na die Hemel toe is en dit is deur die GESTORTE BLOED VAN YAHUSHUA HA MASHIACH. Die vrouens wat EK gebruik het om teen haar oorlog te voer, het MY op MY Griekse Naam JESUS CHRISTUS genoem, toe hulle haar op haar televisie program gekonfronteer het.

Oprah het voor miljoene met hulle gestry en hulle woedend bestraf en gesê dat sy weier om te glo dat daar slegs een weg na die Hemel is Sy glo dat daar “baie paaie ” is na die Hemel “een weg kan nie korrek wees nie.”

Wees versigtig vir Oprah Winfrey. EK het jare gelede deur Elisabeth Elijah [Elisheva Eliyahu] Geprofeteer dat sy haar siel aan satan, vir roem en eer verkoop het. Nou doen sy goeie werke en sê, "Goeie werke is een van die “weë na die Hemel." Sy het ‘n Judas geword. Eens op ‘n tyd het sy die waarheid verkondig, maar nou het sy dit verlaat en ‘n pad gekies wat lei na die Hel.

Julle is gewaarsku. EK sal MY Heilige kinders verantwoordelik hou indien hulle haar op enige manier onderstuen of aanmoedig. Oprah Winfrey gaan siele na die antichris lei. Die een wat EK die enig verwekte seun van satan noem, wat voorheen gekom het in die vorm van Judas.

Daar is ‘n vrou genaamd Sherry Shriner.

Sy skryf boeke en sy beweer dat sy Bybel kodes kan ontsyfer. Sy verdraai die Bybel kodes, sodat dit gelykvormig word aan die beeld wat sy verkies. Sy sê dat haar naam, in numerologie, “YAHWEH” beteken, en Shriner beteken “Tyd”. Wel nou is dit “tyd” dat YAHUVEH haar in SY tydsberekening gaan ontbloot.

Sherry Shriner meng die waarheid met leuens. Sherry Shriner is die reptiel-ruimtewese ("alien"), waarvan sy in haar boek “Aliens on the Internet” gewaarsku het en dit nou verkoop. Sy plaas slegs ‘n foto van haarself van hoe sy gelyk het op skool, jare gelede. Waar is die foto van hoe sy vandag lyk? Sy is bang dat ander sal sien wat EK, YAHUVEH nou bekendmaak. Sy werk vir albei kante van die wagte: een van die aarde, en een van die hel.

Sherry Shriner spot met Apostel Paulus (Saulus) en sê, "Enige boek wat hy geskryf het in die Bybel, moet jy uitgooi!" Sy verdraai die skrif en probeer bewys: “ Paulus was nie een van die Apostels nie en dus afkomstig van adder saad”

Sherry Shriner het haar siel verkoop aan satan en toegelaat dat haar liggaam oorgeneem word deur aliens vir roem en rykdom. Sy bespot hierdie Bediening en het vir Elisabeth [Elisheva] gewaarsku- toe Elisabeth [Elisheva] haar vertel het dat haar (Elisabeth [Elisheva] ) se naam Sherrie is en Elisabeth [Elisheva] was onder hierdie naam “Sherrie” toe sy gebruik was om geboorte te gee aan AmightyWindMinistry”

Toe sy dít gehoor het, het Sherry Shriner vir Elisabeth [Elisheva] jare gelede oor die foon gesê: “ Daar is net plek vir een Sherry hier. En dit is Sherry Shriner- jy bly Elisabeth [Elisheva]”

Sherry Shriner het ook Elisabeth [Elisheva] se naam in die bybelkode ingevoer. Gewoonlik vra sy ‘n honderd dollar om dit te doen. Sy het toe vir Elisabeth [Elisheva] laat weet dat sy vir dae lank haar bybelkode verniet gedoen het en dat hulle albei generaals en leiers is. Maar sy het vir Elisabeth [Elisheva] laat weet dat die woorde "onsinnige ‘gibberish’ tale" in Elisabeth [Elisheva] se Bybel kode is.

Elisabet [Elisheva] het haar bestraf en haar herinner dat, in die Boek van Handelinge, staan geskryf; om te praat in Heilige onbekende taal is om in tale van mense en engele te praat (1 Kor.13:1) Sherry Shriner het geargumenteer en gesê: “Paulus het dit verkondig, jy moet dit uitgooi."

Sherry Shriner bespot die gawe om in Heilige tale te praat. Sy spot, omdat satan eens op ‘n tyd - deur haar eie getuienis – vir haar demoniese tale gegee het. Dit is omdat Sherry Shriner kopkennis gehad het maar geen harts-kennis nie van die EEN wie sy, op daardie stadium, “Jesus Christus” genoem het. Nou verwar sy mense, sy noem dit, wat in die boek van Handelinge beskryf word as; die spreek in onbekende tale, 1 “die werk van die duiwel.”

Sherry Shriner is ‘n vals profeet. Oor en oor is dit bewys terwyl sy Bybel kodes gee met datums, en niks word vervul nie.

Wees gewaarsku, Sherry Shriner het tog ‘n mate van kennis - wat satan aan haar gegee het in ruil vir haar siel – wat sy nooit veronderstel was om te weet nie. Moenie na haar webwerf toe gaan nie, behalwe as jy MY, YAHUVEH se toestemming het. Daar is opsporings toestelle vir beide leiers vir wie sy werk.

As jy van haar verwag om jou op enige wyse te beskerm, pasop, want jou naam is reeds op haar lys. Indien jy die noodhulp rantsoen wat sy verkoop, by haar gekoop het, is jou naam alreeds op ‘n e-pos lys wat sy saamgestel het. Wees versigtig, indien jy op haar e-pos lys is, want dan is jy ook op die regering se e-pos lys, asook op satan s’n.

Sherry Shriner verkoop haar "orgone" en dan beweer sy dat haar "orgone" demone, ruimtewesens "aliens", siektes, armoede en natuur rampe sal weghou van julle af. EK, YAHUVEH verklaar nou, Sherry Shriner jy is gewaarsku, hoe durf jy sê dat iets wat jy met jou eie hande gemaak het, demone kan oorwin, of enige iemand kan gesondmaak of die weer beheer! Sherry Shriner jy is ‘n vals profeet in die hoogste graad!

Jy beswadder vir Elisabeth Sherrie Elijah [Elisheva Eliyahu], omdat jy weet dat julle albei as leiers geroep was. Sy is ‘n leier vir MY, YAHUVEH, YAHUSHUA en ONS GELIEFDE RUACH HA KODESH, wie ook "MOMMA WISDOM" genoem word. Sherry Shriner jy het jou siel aan satan verkoop. Jy is een van satan se leiers. Dit is die waarheid.

Jy het kopkennis - dis waar- maar dit is al wat jy het. Jy gebruik selfs die Hebreeuse maniere van hierdie Messiaanse Bediening om die mense te verwar. Voorheen het jy net die Christene in die naam van ‘JESUS’ geteiken. Nou teiken jy die Jode in YAHUSHUA se NAAM.

Sherry Shriner jy is nie eers regtig wie die mense dink jy is nie. Jy is ‘n werker van onheil en EK waarksu nou - laat hierdie boodskap wyd en ver uitgesaai word en waarsku almal - Sherrie Shriner promofeer (adverteer) haar 'orgone' vir die vernietiging van gedagtes, liggame, geeste en siele!

Moenie jou vertroue in 'orgone' sit nie, sit eerder jou geloof in MY, YAHUVEH en YAHUSHUA, om jou te beskerm in die Dae van Ellende ! Sy sê sy weet dat ‘n mens tot YAHUSHUA vir beskerming kan bid, maar dit is die moeilike manier. Sy sê, "Koop eerder my 'orgone', dit is die maklike manier." GODSLASTERING! Niks kan julle beskerm nie, behalwe DIE NAAM EN DIE GESTORTE BLOED VAN YAHUSHUA HA MASHIACH!

Sherry Shriner, EK, YAHUVEH bestraf jou omdat jy sê jou “orgone” sal mense beskerm teen demone en VVV’s (UFO’s) vol demoniese 'aliens'." MY kleintjies, moenie die waarskuwing van die VVV’s en ruimtewesens "aliens" ignoreer nie. Maar julle moet besef dat slegs EK, YAHUVEH en YAHUSHUA ha MASHIACH julle sal en wil beskerm in die Dae van Ellende en Verdrukking.

Hierdie is die waarheid, oor die 'orgone' wat sy maak en verkoop en vir julle sê om dit in verskeie dele van die wêreld te plant - of sy sê dat julle dit in ‘n hangertjie om jul nekke moet dra of om dit in julle slaapkamers te sit of binne-in julle huise.

Hier is ‘n Waarheid wat EK, YAHUVEH deur Elisabeth Sherrie Elijah [Elisheva Eliyahu] spreek. Dit is Elisabeth [Elisheva] wat ‘n Heilige Vegters gees het - soos Dawid gehad het as ‘n skaapwagterseuntjie, toe hy teen Goliat geveg het.

Sherry Shriner is nie die kleindogter van Koning Dawid van Ouds, soos sy beweer nie. Inteendeel, Sherry Shriner is die Goliat van boosheid wat leerstellings van duiwels voortspreek en sy maak geheime bekend wat satan aan haar gegee het, dan meng sy Bybelse waarhede daarmee om die mense te verwar. Sherry Shriner is die "Alien on the internet" . En sy is nie wat sy haarself voordoen nie . Julle is gewaarsku.

EK stuur jou Elisabeth Sherrie Elijah [Elisheva Eliyahu], om te doen wat jy MY gevra het om nie te doen nie. En dit is om te ontbloot, te beveg en Woorde te spreek in die NAAM VAN YAHUVEH teen hierdie “alien op die Internet” genaamd Sherry Shriner!

Sherry Shriner jy teiken Christene en die Messiaanse Jode, omdat satan hulle die graagste wil vernietig. Heilige mense wees gewaarsku, en waarsku die ander. Sy beweer dat sy ‘n geheime resep het vir hierdie 'orgone' wat sy maak, en dat dit anders werk as gewone ‘orgone’ maar die waarheid is dat dit demone sal aantrek-julle huise sal beset word deur bose geeste; die grond waarop jy haar ‘orgone’ plant sal soos ‘n opsporings toestel wees vir die duiwel en vir al die ruimtewesens, wat alreeds in vermomming hier is. Hulle is satan se gevalle, uitgesoekte troepe!

Omdat jy jou geloof in haar 'orgone' plaas, sal EK, YAHUVEH toelaat dat daar siektes oor jou liggaam kom. EK, YAHUVEH sal toelaat dat julle huise deurtrek word met boosheid. EK, YAHUVEH sal toelaat dat daar armoede in die plek van voorspoed kom. EK sal die verwoester (Openb.9:11) toelaat om alles wat jy het te vernietig, indien jy nie bekeer nie, gaan haal uit, waarsku en dring aan dat jou geld teruggegee word wat jy spandeer het aan haar boeke, noodvoorraad en ‘orgone’. En herwin die finansies wat EK jou gegee het, laat dit vry in Heilige grond.

EK, YAHUVEH het julle gewaarsku, indien julle vertrou dat haar 'orgone' jou sal beskerm, is jy sekerlik mislei! Hierdie gedaante van ‘n vrou lag al die pad bank toe, omdat jy haar leuens geglo het! Vir hulle wat aanhou om haar leuens te glo, dood en vernietiging is al wat julle sal sien.

Hoekom dink jy spog sy dat haar 'orgone' beter is as almal s’n? Omdat sy ‘n “geheime” resep het? Haar 'orgone' sal niemand red nie, en dit sal almal skade berokken, wat nie berou het en MY nie om vergifnis vra vir hulle dwaasheid nie, omdat hulle die leuens wat deur satan gestuur was, geglo het.

Sy ontbloot die vyande van YAHUSHUA net vir een doel, en dit is om julle vertroue te wen. Hoekom dink julle gee sy vir Benny Hinn al daardie slegte name, en dan vertel sy vir julle, wanneer hy preek moet julle die 'orgone' gaan plant regoor die wêreld, waar hy ookal preek?

EK sal vir julle vertel hoekom, Dis omdat dit krag gee aan sy vreemde okkultiese vuur! Hoe dan anders kan satan julle deel maak van sy plan om haar 'orgone' te plant, as julle nie dink dat jul besig is om boosheid te beveg nie?

Hoekom dink julle bedel sy nou vir geld om haar 'orgone' fabrieke regoor die wêreld te bou? Ja, selfs wêreldwyd. Sy wil die atmosfeer besoedel, omdat dit voordelig sal wees vir satan se uitgesoekte magte wat uit die buitenste ruimte kom. Hulle is die owerhede en magte van die lug en sommiges is alreeds hier! Hulle het haar 'orgone' nodig!!! Wees gewaarsku, hierdie 'orgone' affekteer ook globale verwarming.

"YAHUSHUA’s Demon Stompers" staan nou op en bedek hierdie Bediening, en ondersteun dit op ‘n manier soos julle dit nog nooit tot dusver gedoen het nie. Skryf vir [die Bedieningspan] en moedig hulle aan en maak ‘n vasgestelde tyd om te bid. Laat weet vir Elisabeth [Elisheva] dat hulle nie alleen is nie, terwyl hulle hierdie gevegte aanpak in MY NAAM. Moedig hulle aan en stel ‘n toegewyde tyd op die horlosie om te bid vir hulle en al die vennote in hierdie Bediening.

EK het hierdie Bediening gevra om aanvalle van mense en demone aan te pak. En nou word hulle ook gevra om die oorlog te beveg wat uit die buitense ruimte kom en vanuit die ryk van die hel self.

Elisabeth [Elisheva] het die vrystelling van hierdie Woord eers teruggehou, want elke keer wat sy die Profesieë gelees het, wat hiermee verband hou , was sy uit die geestelike ryk aangeval en deur drome van "aliens" wat haar wou aanval. Tog moet iemand, MY Heilige kinders waarsku, wat vasgevang is deur ‘n gees wat hulle gedagtes beheer en manipuleer.

Selfs net ‘n besoek aan Sherry Shriner se webwerf, sonder MY, YAHUVEH se toestemming, is gevaarlik. Moenie na haar webwerf toe gaan nie, moenie eers haar naam opsoek nie tensy: (1) jy weet dat jy deeglik ingebid is; (2) die duiwel saam met die demone gebind is; en (3) dat jy geestelik sterk is; en (4) dat jy MY toesteming het.

Bid teen hierdie bose Sherry Shriner en wat sy doen, en wat sy gedoen het. Indien jy onderskei dat jy ook ‘n aktiewe rol moet speel om die leuens te bestraf van hierdie reptiel "alien"wat een van satan se uitgesoekte alien troepe is, doen dit nou!

Sy noem name van ander in hoë profiel en regerings posisies en noem hulle reptiele. Wie is daar beter om ‘n reptiel uit te ken as een wat self van die uitgesoekte “alien” troepe is?

Geliefde kinders, EK vertel hierdie dinge vir julle sodat julle nie sal bang wees wanneer julle hierdie dinge sien gebeur nie. Dinge wat julle gedink het net ‘n verdigsel uit iemand se verbeelding was. Selfs die gruwel films wat julle kyk beeld werklike monsteragtige kreature in die Hel uit, wat die aarde sal bewandel tydens die Groot Verdrukking. 2

Moenie mislei word nie. Daar is satanistiese plantings wat van hekse en satanistiese vergaderings gestuur word om Kerke en Messiaanse Tempels by te woon en selfs te bedien. Hulle is die meerderheid in die Christelike geselskamers "chat rooms" en forums op die internet. Daarbinne het satan sy satanistiese plante geplaas as verbale sprekers om enigeen weg te jaag wat waarlik Heilig is en praat namens YAHUVEH of MY, YAHUSHUA HA MASHIACH en gevul is met ONS KOSBARE HEILIG GELIEFDE RUACH HA KODESH.

Moenie sê dat jy nie deur hierdie Profeet, deur wie EK nou spreek, gewaarsku was nie.

Daar is Evangeliste en Pastore in, wat julle "Mega" Kerke noem, bestaande uit duisende lede. Julle sal die Evangeliste en Pastore, beide mans en vrouens herken, wat ‘n kompromie met MY Heilige Waarhede aangaan en MY EER steel. Julle sal die "Evangelical Prosperity Pimps" herken wat woon in herehuise en miljoenêrs is, en wat neersien op die arm mense en diegene in die middel klas. Tog was dit die armes en die middel klas wat die "Evangelical Prosperity Pimps" die miljoenêrs gemaak het wat hulle vandag is.

Julle kan hulle "EPP’s" (evangelical prosperity pimps) noem, omdat hulle as julle vyande gebruik gaan word om die mense te lei en voor te stel aan die vals christus, die enig verwekte seun van satan.

Weë diegene wat nou hier lees en hulle finansies vir die "Mega" Kerke gee. EK, YAHUSHUA sal julle verantwoordelik hou vir waar julle jul saad gesaai het - of dit in vrugbare grond is met die volle waarheid daarin waar julle gevoed word, of in droë, onvrugbare grond met mensgemaakte leerstelings daarin, waar net die Pastore vet word van julle tiendes en offergawes.

John Hagee! Jy is ‘n Judas! ‘n Wolf in skaapklere! Jy preek uit beide kante van jou mond!

Jy lieg vir die Joodse mense en sê, "YAHUSHUA het nie aarde toe gekom om Israel se MESSIAH te wees nie." Jy sê vir hulle, "YAHUSHUA verstaan hoekom julle HOM nie as die MESSIAH aanvaar het nie." Jy het hulle opgestel om die antichris as die Messias te ontvang, en jy het hulle uitverkoop vir goud en silwer. Om jou gierigheid vir roem en rykdom te voed, voer jy die skape en lammetjies bietjie waarheid gemeng met gruwelike leuens! 3

John Hagee, EK het ‘n ander Profetiese Boodskap deur hierdie Profeet vrygestel en jy is verdoem. En almal wat in jou gemeente is beter eerder vlug, terwyl daar nog tyd is!

Die "Evangelical Prosperity Pimps" het die demoon van gierigheid en trots ingenooi. En daardie demone het die demoon van Judas ingenooi. Hulle wat EK genoem het, en diegene wie EK nog gaan noem, het ‘n kompromie aangegaan met MY Waarhede. In plaas daarvan dat hulle MY NAAM vereer, vereer hulle hul eie name - en sit dit op geboue, bedienings en kerke.

Die "Evangelical Pimps" het goud en silwer nou liewer as wat hulle MY skape en lammers het. En indien hulle nie berou het en wegdraai van hierdie bose pad waarop hulle is nie sal die meeste van hulle wat EK in hierdie Woord noem, nooit die Hemel sien nie.

Sommiges van hulle se name was in die Boek van die Lewe, maar hulle name is nou uitgeklad! Net soos hulle MY in die Hemel verraai het, so verraai hulle MY weer op die aarde want hulle siele weet alreeds waarheen hulle gaan, wanneer hulle hierdie aarde verlaat. Hulle het nou ‘n vorm van goddelikheid, maar geen GODDELIKHEID binne in hulle nie!

Choo Thomas, jy moet nou bekeer, in die openbaar! Die woorde wat jy in ‘n boek geskryf het oor jou sogenaamde “reise” na die hemel, is ‘n slinkse plan van satan!

Geliefde kinders, net omdat iemand sê dat hy Hemel toe was - toets dit met MY Woord en kyk of dit in lyn is met MY Beskrywing van die Hemel. Elke Pastoor wat hierdie leuens wat Choo Thomas geskryf het, bekendstel en bekend gestel het, indien julle nie openlik berou toon en hierdie leuens bestraf nie, is julle geskik vir MY woede! Julle het gehelp om die skape en die lammers weg te lei! Hoe kon julle nie hierdie leuens wat sy in haar boek geskryf het, herken nie?

Enige ware Profeet sal bestraf en waarsku. Julle weet wie die ware Profete is, hulle sal soos die een waardeur EK nou spreek, hardop uitroep, “ Choo Thomas is ‘n vals Profeet, wat beweer dat sy saam met 'JESUS' geloop en gepraat het. Sy beweer dat sy ‘n buiteliggaamse ondervinding gehad het en dat 'JESUS' haar 17 keer in een maand na die Hemel toe geneem het, en elke keer was voor-af gegaan het met geweldadige manifestasies (demoniese beslagleggings) op ‘n vasgestelde tyd.”

Hoekom sal EK so iets doen? Is EK nie ‘n LIEFDEVOLLE SKAAPWAGTER nie? Dit is satan wat haar liggaam so skud, nie EK nie. Dit is satan wat haar so geweldadig mishandel in dit wat sy ‘n “salwing” op haar hande en arms noem wat voel asof haar hande uitmekaar wil breek. Dit is satan wat haar spot, en dit is satan wat haar beloon, terwyl MY Heilige mense hierdie illusie glo.

Sy sê elke keer wat 'Jesus' haar na die Hemel toe geneem het, het sy gehuil, omdat dit so hartseer was daar. Maar EK, YAHUHSUA sê, "Die Hemel is ‘n plek waar daar net blydskap is" Staan daar nie geskryf nie, "EK sal elke traan van julle oë afdroog." 4 MY geliefdes, geen woorde kan ooit die prag van die Hemel beskryf nie.

Almal wat hierdie leuens glo moet bekeer omdat hulle dit geglo het dat EK, die GOEIE HERDER, MY skape en lammers so sal behandel. Almal wat dit geglo het, moet berou toon, omdat hulle nie vir onderskeiding gevra het of dit die Waarheid of leuens is nie.

Choo Thomas se boek is vol valse leerstellings. Studeer en bewys jouself waardig en verbrand haar boek, en laat satan weet dat jy nie langer sy leuens sal ontvang nie.

Hoekom sal EK, veral in hierdie Eindtye, nie vir iemand wat na die Hemel toe was, van MY WARE HEBREEUSE NAAM vertel nie? Hoekom sal EK jou aanmoedig om ‘n Sondag kerk by te woon, wetende dat Sondag kerke tydens die Groot Verdrukking gebruik gaan word? Waarom sou sy nie terugkom uit die Hemel met ‘n waarskuwing aan al die pastore om hul dag van aanbidding te verander na die ware Sabbat nie? Waar het EK ooit genoem dat daar (reiniging deur) vagevuur (purgatory) buitekant die Hemel se hekke is? In Choo Thomas se woorde: “daar is twee verskillende valleie, buitekant die hekke van die koninkryk…” dit is ONSIN!

Evangeliste en Pastore is veronderstel om MY Waarhede vir die mense te voer en om ‘n voorbeeld te stel. Hierdie bose mense het ‘n kompromie aangegaan MY woorde verdraai om aan te pas by hulle selfgemaakte, gemaklike beeld wat daarna streef om niemand te beledig nie. Almal, hier genoem, het deur hul werke en gedagtes, bewys dat hulle hul Vrees vir YAHUVEH verloor het. Hulle sal almal die Skrifte aanhaal, maar almal van hulle het van die weg afgedwaal.

Creflo Dollar, EK het dit teen jou. Jy aanbid die almagtige dollar! Paul & Jan Crouch, Joel Osteen, Marilyn Hickey, Joyce Meyers, Creflo Dollar, Benny Hinn, Kenneth Copeland, Steven Munsey, Rick Joyner, Pat Robertson, Oral Roberts, Richard & Lindsey Roberts, Juanita Bynum &Thomas Weeks, Paula White, Rodney Howard-Browne, Mike Murdock, Carman, Billy Graham, TD Jakes, Rod Parsley & Kim Clement - hierdie is maar net ‘n paar voorbeelde van die "Evangelical Prosperity Pimps"

En hulle is "Pimps" vir die duiwel. Hulle het hulle oorspronklike roeping en nederige begin verlaat. "Evangelical Prosperity Pimps"(EPP’s) het die bedienings en kerke na hulself vernoem.

Joel Osteen, jy is louwarm en EK, YAHUVEH braak jou uit MY Mond uit. Jy preek psigiologiese brabbeltaal wat niemand se siele kan red nie. Joel Osteen, EK YAHUSHUA het dit teen jou. Jy preek die duiwel se leerstellinge van die antichris, ‘n "New Age feel good religion" wat, elkeen wat na jou luister, na die hel sal lei!

Joel Osteen, waar gaan jy wegkruip wanneer dit voel asof die "Astrodome" ineenstort op jou? Jy bluf jouself Joel Osteen. Jy jaag die Heiliges weg wat jou waarsku om berou te hê oor jou sondes en jou waarsku oor die hel.

Net omdat jy ontken dat daar ‘n hel is, beteken nie dat jy nie vir ‘n ewigheid daar, saam met jou vrou en jou kinders en al jou gemeentelede, wat jou leuens glo, sal spandeer nie. Indien jy nie bekeer nie!

Net omdat jy weier om teen die duiwel te waarsku, beteken dit nie dat satan nie die heerser van jou hart en siel is nie.

Jy word nou ontbloot en die mense wat hierdie lees sal ander waarsku en hierdie Profesie stuur na almal wat in hierdie Profetiese Woord genoem word. Heilige mense, vlug van hierdie "Evangelical Pimps for Prosperity". Hulle mislei die mense deur Skrifgedeeltes aan te haal asof hulle dit self uitleef, en tog doen hulle dit nie.

Wees versigtig vir die wolwe, vermom as leiers, waar mense bymekaarkom en MY wederkoms bespreek. Een spesifieke groep wat hierdie Bediening haat, voorspel die wederkoms datum asof EK na hulle luister. Hulle waag dit om hulleself "Rapturenow" te noem, en hulle leiers het nie MY HEILIGE GEES binne in hulle nie. Hulle lieg vir hulself en ander, en tog word EK nie mislei nie.

EK stuur MY Heilige Skape oor en oor na hierdie wolf neste - waar onskuldige lammers lê tussen hierdie wolwe wat hierdie bose Internet forum beheer.

John Machaffie, jy is die hoof wolf van die "Rapturenow" en EK, die GOEIE HERDER weet hoe om die wolwe af te slaan en die slagtande uit MY skape te verwyder.

Wie is jy om Elisabeth Elijah [Elisheva Eliyahu] ‘n vals profeet te noem? Is jy nie dieselfde een wat daarop aangedring het dat jy in “4 weke” se tyd hemel toe geneem sou word nie? En dit was 14 September 2007. Het jy dit nie hard en duidelik oor die Internet uitgespreek vir almal wat wou luister nie? Het jy nie gesê nie, dat ‘JESUS’ nege keer vir jou gesê het, "in 4 weke sal jy in die Hemel wees"? Wel, aangesien EK, YAHUSHUA nie kan lieg nie, en jy steeds lewendig en op die aarde is, en dit reeds verby die 14de September 2007 is, kan jy nie erken dat jy nie MY Stem ken nie?

Hoe kan jy dan ander oordeel en hulle as ‘n valse profeet uitkryt? Hoe kan jy voor ‘n menigte mense sê, “Bly weg van allmightywind.com, dit is die werk van satan”?

Hoe kan jy Jack Barr glo, wat net geskik is vir YAHUVEH se vernietiging? Hy is nie ‘n Pastoor of ‘n Profeet nie - maar net nog ‘n bose mond wat sy gif op die Internet uitspoeg, direk gemik op die ware Heilige Profete. Hy is nog een wat die gees van godsdiens het, en verdoem is vir die hel en die Poel van Vuur - satan hou veral daarvan om iemand se siel te eis wat voorgee dat hy ‘n Christen is, en tog ken jul hulle aan hul vrugte.

Jack Barr verkies om die skinderpraatjies, deur ‘n dienaar van satan gestuur, te glo om Elisabeth [Elisheva] onbillik te beskuldig. Jack Barr is deur satan gestuur om Elisabeth Elijah[Elisheva Eliyahu] met die gees van verwoesting te beswadder, en om te probeer om ‘n werk te vernietig, wat niks anders doen nie as om eer te bring aan ABBA YAHUVEH, MY, YAHUSHUA & ONS GELIEFDE, KOSBARE RUACH HA KODESH!

Hierdie Bediening bereik siele vir MY regoor die wêreld. Hierdie Bediening maak vir MY onthalwe opofferings - om MY waarhede aan die lammers en skape te voer, en om MY Profetiese mondstuk aan die nasies te wees, en om MY seëninge en vloeke aan te kondig oor elke land waarheen EK hulle stuur.

EK praat met die een wat homself John Machaffie noem, en ook met die ander op die "Rapturenow" forum, wat weier om hulle ware volle name te gee. Julle noem julleself “Christen moderators” op hierdie Internet forum, en dan spog julle oor hoe julle mense wegjaag, wat kom om MY Woorde voort te spreek. Nie een van julle ken eers die betekenis van die woord liefde nie. En watter god aanbid julle? Want EK luister nie na julle nie, totdat julle berou het en begin om gehoorsaam te wees aan die Woorde wat EK, YAHUSHUA voortspreek.

EK praat nou met die "Rapturenow" forum wat EK as ‘n voorbeeld gebruik, maar die Internet is vol van hierdie sogenaamde Christen forums wat dieselfde gees van "Jezebel" het!

Julle wat hierdie Bediening beswadder en bespot en Elisabeth Elijah [Elisheva Eliyahu] ‘n vals profeet noem, PASOP! Want nie een van julle het dit in gebed opgeneem nie. Nie een van julle het die goeie vrugte van hierdie Bediening geproe of getoets nie. Want julle almal het motiewe om die Waarheid te vernietig wat deur MY Profeet gespreek word. "Jezebel" het probeer om al MY Profete dood te maak, en sy het misluk - en sy sal altyd misluk. Net soos EK vir Elia(Elijah) [Eliyahu] van Ouds ‘n weg gemaak het om te ontsnap, so sal EK ook MY Nuwe Elia(Elijah) [Eliyahu] beskerm.

Vyande van hierdie Bediening, wat die vernietiging wil hê daarvan, julle weet julle kan dit op geen ander manier probeer doen, as om dit te beswadder en om leuens teen Elisabeth [Elisheva] te verkondig nie. Sy is die een wat EK gebruik het om geboorte te gee aan hierdie Bediening. Moenie dink dat EK geamuseerd is nie. EK weet hoeveel hare elkeen van julle op jul koppe het, en EK gaan hierdie "Rapturenow" forum as ‘n voorbeeld gebruik om te wys wat die GOEIE HERDER doen met wolwe wat sê dat hulle goddelik is, maar steeds geen GODDELIKHEID binne in hulle het nie. Hulle haal MY Woorde aan, val MY Profete aan en jaag hulle weg, en dan gee hulle ’n applous vir die vals profete wat in die wolwe gate sit. Want hulle is self vals profete – nie een van hulle ken MY werklik nie.

En hierdie Bediening is opgerig om ‘n smelter van metale te wees soos in Jeremia 6:27-30. Mense hou nie daarvan dat hulle nie opweeg teen dit wat ABBA YAHUVEH van SY heilige kinders verwag nie daarom probeer hulle hierdie Boodskapper stenig.Tog, diegene wie se name in die LAM se Boek van die Lewe geskryf is, ken die stem van die GOEIE HERDER en hulle herken die waarhede wat in hierdie Bediening gevind word.

Daar is sommiges, wat op hierdie oomblik, die Profeet en Bediening beswadder het, en tog het julle die Heilige Vuur van MY Oortuiging in jul gebeente voel brand. Bekeer nou privaat teenoor YAHUSHUA en openlik teenoor Elisabeth [Elisheva.] Ander het die Vrees van YAHUVEH gevoel, wetende dat hulle teen hierdie Profeet gesondig het. BEKEER NOU voordat dit te laat is!

Steeds het ander geweet dat hulle moet skryf en voortspreek en haar en die Bediening moet verdedig, maar hulle was vreesbevange wat die boelies in die "Rapturenow" forum en in die "Fivedoves" forum aan hulle sou doen; hulle was bang vir Jim Bramlet en wat hy sou sê; hulle was bang om verban te word uit die forums eerder as om te vrees wat EK, YAHUSHUA HA MASHIACH en ABBA YAHUVEH, aan hulle sou doen.

Die begin van WYSHEID is die Vrees van YAHUVEH”. 5 Het julle dit nie in die Skrif gelees nie? EK vermaan julle om versigtig te wees. Beproef die gees wat praat (1 John 4:1) En besef dat die leier van die "Rapturenow" forum ‘n vals profeet is - deur sy eie woorde het hy homself gehang en onthul.

Die regerings van baie nasies sit in hierdie forums en hulle wag en kyk, terwyl hulle spioene daar het - hulle neem name op vir die bose dae wat voorlê, en is vermom as skape en profete. Gebruik Wysheid nou. En onderskei waarteen EK waarsku - satan het sy moderators daar besig om name te vat en hulle maak notas van al julle swakhede. Gebruik Wysheid. En onderskei waarteen EK waarsku.

Wees versigtig vir mense wat verskonings maak vir vals profete. ‘n Vals profeet is ‘n man of ‘n vrou wat ‘n datum gee – ‘n “So sê, die HERE” word gespreek – en daardie datum gaan verby en dit wat hulle geprofeteer het kom nie in vervulling nie.

Sommige Profete wat dit onbewustelik gedoen het, moet in die openbaar berou toon en om verskoning vra omdat hulle hierdie woorde aan die massas verkondig het: deur boeke, briewe, die Internet of woorde wat gespreek is. Hulle kan vergewe word INDIEN hul nie vir hul eie motiewe vals geprofeteer het nie.

Mense, julle help hulle nie om te bekeer wanneer julle verskonings maak vir hulle nie. Julle sal ook verantwoordelik gehou word, omdat julle dit gedoen het. Mense, julle moet onderskei of dit gebed was wat die profetiese boodskap teruggehou het en of dit ‘n profesie was uit die vlees. Gebed sal MY Oordele vir ‘n klein rukkie terughou, maar wee die mense wanneer daardie vertraging verby is, dit sal ‘n groter verwoesting wees as wat geprofeteer was.

Shelby Corbitt, alhoewel jou intensies oorspronklik goed was, was jy deur ander mislei en toe ontvang jy ‘n misleidende, leuengees van Kenneth Copeland en Choo Thomas te midde van ander waarna jy ook geluister het.

Ek het julle gewaarsku deur Elisabeth Elijah [Elisheva Eliyahu] dat ‘n vals wegraping self nou beplan word, waar mense weggeneem gaan word of gaan verdamp met vermomde regeringswapens - satan se uitgesoekte magte sal kom in die vorm van UFO’s en USO’s (Unidentified Sea Objects) en sal mense verwyder op ‘n manier wat julle dink is wetenskapsfiksie. Onthou menige wetenskapsfiksie, is ‘n waarskuwing van satan se planne.

Alles wat hierbo gespreek is sal in vervulling gaan op verskeie tydsgleuwe in geskiedenis – rég oor die wêreld nie net in Amerika nie. EK het aan hierdie Profeet, wat nou hier skryf, ‘n droom gegee oor poorte van die hel wat oopgaan en ’n UFO inval wat plaasvind. Neem dit ernstig op. Slegs diegene wat uitroep in die NAAM VAN YAHUSHUA HA MASHIACH sal op daardie stadium gespaar word. Soek MY terwyl EK nog te vinde is! (Jesaiah 55:6)

Shelby Corbitt weier om berou te toon en om te erken dat die datum wat sy gegee het vir MY koms, NIE in vervulling gegaan het nie. Want EK het NIE vir haar daardie droom gegee nie, OOK NIE die uitlegging daarvan nie, OOK NIE die datum vir MY koms nie. Hierdie Profeet waardeur EK nou spreek, het julle voor die tyd gesê om haar nie te glo nie.

EK het hierdie Profeet gestuur om julle te waarsku, sodat julle nie ontsteld sou wees, wanneer daardie datum verby gaan nie. Waak, wag en werk, tot die ware wederkoms. EK het in Openbaring 14 gesê dat daar ‘n Wegraping sal wees van die Eerste Vrugte van 144 000. Hoe min van julle wil dit glo - omdat dit indruis teen julle kriewelrige ore en julle vlees.

Sal julle nog steeds verskonings maak, wanneer die jaar 2007 verby is, vir Shelby Corbitt en Kenneth Copeland, en ander? Wat is fout met MY Heilige kinders, kan hulle nie die oë van ‘n slang in Kenneth Copeland onderskei nie?

Diegene wat boeke verkoop waarin daar geskryf staan, "So sê Die Here, - Dit is die datum vir die wegraping van die kerk" of hulle sê, "Bid ‘n gebed en jou plek in Die hemel is verseker." - EK vra jou, sal jy die geld teruggee vir die mense wat jou boek gekoop het? Heilige mense, skryf vir hulle en vra julle geld terug!

Shelby Corbitt, Kenneth Copeland, Choo Thomas, en ander, julle lei MY mense na ‘n vals wegraping. Julle bereken die dag van hulle dood en stadig vermoor julle die geloof van die klein hoeveelheid getroue, stil, bang, onskuldige lammers wat in die “Rapturenow” en “Fivedoves” forums en baie ander forums is.

Hoeveel van julle wag en kyk uit vir 'JESUS' om te kom en julle noem dit hardop, en tog besef julle nie dat EK julle nie eens die Bruid van YAHUSHUA HA MASHIACH noem nie? Baie van julle ken MY net gedeeltelik.

Is EK nie dieselfde YAHUSHUA wat die fariseërs bestraf het en hulle slange en adders genoem het nie? EK het geen mooi woordjies vir die vyande van YAHUVEH nie, wie se name nie in die LAM se Boek van die Lewe gevind word nie. Het YAHUVEH nie gesê, die bose farao teen wie Moses geveg het, was slegs gebore vir “vernietiging” nie? (Rom.9:16-22 ; Exodus 9:16)

Het EK, YAHUSHUA nie vir julle ‘n voorbeeld gegee toe EK die vyeboom vervloek het, omdat dit geen vrugte vir MY gedra het nie? Het dit nie verlep en verdor en was dood verklaar nie, en nooit weer sou dit vrug dra nie? (Mark.11:12-25) EK vertel julle ‘n Geheim. Daardie boom is nog steeds ‘n dooie boom en dien as ‘n teken van waakuwing van dit wat plaasvind wanneer iets of iemand vervloek word deur YAHUVEH.

Lees julle nie Deut. 28 en Deut 30 nie? Die Heilige Skrifte is vol van seëninge vir die wie gehoorsaam is aan YAHUVEH, en vervloekings vir die wat ongehoorsaam is aan YAHUVEH!

Die Tien Gebooie is steeds vandag nog geldig. Niks het verander nie! EK, YAHUSHUA HA MASHIACH het nie gekom om die Wette, wat ABBA YAHUVEH met SY eie vinger op ‘n klip tablet geskryf het, te kanselleer nie. (Exod. 31:18; Deut. 9:10). Hierdie Gebooie staan vir Ewig.

Die 4de Gebod is ‘n teken tussen YAH en hulle wat YAH waarlik aanbid. Die 4de Gebod sal in die Duisend Jarige Ryk van Vrede nog steeds staan (Jes. 66:23; Openb. 20) en mense sal kom en aanbid op die ware Sabbat.

Lees, studeer en bewys jouself waardig. Die Heilige Fees Dae sal julle verplig wees om te kom hou wanneer EK op die Aarde heers en regeer. Dit wat mense nou vermy – Die Vierde Gebod – word ook in Die Hemel geëer. Dit wat sonde genoem was in Tye van Ouds is nog steeds sonde vandag in die Oë van YAHUVEH.

Wetgewers - julle dink omdat julle nuwe wette maak as gevolg van die stank wat opstyg na die hemel weens jul sonde - omdat julle die wette van die land verander, dat dit die Wette in die Hemel verander? Julle sal die hel maai en die Poel van Vuur omdat julle dit gedoen het. Julle kan nie MY NAAM so maklik uitwis nie en ook nie Die NAAM van YAHUVEH nie.

Amerika en Europa, julle omhels die heidense gode nou omdat julle jul enigste en WARE GOD YAHUVEH en MY, YAHUSHUA verlaat het. Julle harte is vol van elke soort boosheid. Nie genoeg Heilige mense het opgestaan in protes teen die gruwels wat wette geword het nie. Nou is dit ‘n wedloop om te sien watter politikus kan die gruwelikste leuens voortspreek en die gruwelikste wette uitvaardig.

Julle beswadder die Diensmaagd, deur wie EK hierdie Profesie nou voortspreek, en tog is sy die een wat EK gebruik as die roepstem om die ware Bruid te waarsku, soos dit geskryf staan in die Gelykenis van die Tien Maagde.

EK sê weer, EK sal die Aartsengel Migael, saam met Gabriël na haar toe stuur en hulle sal die datum aan Elisabeth [Elisheva] bekend maak. En op die presiese tyd wanneer die trompette blaas sal sy uitroep, "Kyk, die BRUIDEGOM kom!" Elkeen van die Bruid van YAHUSHUA HA MASHIACH, van wie daar gespreek word in Openbaring 14 reg-oor die wêreld, sal dit tegelykertyd hoor en opstyg in die lug. Niemand ken die presiese tyd en uur nie.

EK het net vir haar gesê dat die Heilige Dag op ‘n Rosh Ha Shanah sal wees. Aangesien die Rosh Ha Shanah twee dae lank is - én baie mense het verskillende berekeninge oor die dag waarop die datum val - is dit waar dat sy nie weet watter uur dit is nie. Maar net soos Elia(Elijah) [Eliyahu van Ouds] geweet het dat hy opgeneem sal word, net soos Noag geweet het watter dag hy in die ark moes ingaan en die deur toemaak, so sal dit weer wees.

MY Bruid sal weet wanneer hulle in die GEES die geroep hoor: "Kyk, die BRUIDEGOM is hier" (Mat. 25:6)

Julle sien, satan vermoei julle en hy tart julle nou soos een na die ander beweer dat hulle die dag en die uur ken. En weereens herhaal EK MYSELF sodat niemand mislei word nie. Dit is hoekom EK julle beveel om haar te bedek in jul gebede, want daar is net een wat EK MY Diensmaagd (Ringmaiden) noem.

Elisabeth Elijah [Elisheva Eliyahu] sal nie weet nie, totdat EK die heilige Engele na haar toe stuur soos EK voorheen gedoen het met ander Heilige boodskappe wat aan haar gegee was. EK het dit gedoen sodat sy kan glo, net soos EK MY Heilige Engele eerste gestuur het na Montana, daarna Idaho en Suid Afrika, so sal EK dit weer doen.

Beide sy en nog iemand anders het in Suid-Afrika die Aartsengel Migael, in ‘n plek waar hulle dit die minste verwag het: in ‘n restaurant in Kampsbaai, Suid Afrika, gesien. Migael het instruksies gehad om voor haar te verskyn. En ‘n ooggetuie het opgemerk hoe Elisabeth [Elisheva] staar na ‘n man, terwyl die man ook teruggestaar het na haar: En die oomblik wat die ooggetuie vir Migael gesien het, het hy geweet dat dit nie ‘n gewone man was nie. Dit was ‘n geestelike, hemelse konneksie.

ABBA YAHUVEH het vir Migael gestuur (wat nie die korrekte spelling van sy naam is nie, maar EK gee julle die spelling wat julle herken) om haar geloof te versterk dat dit, wat EK gespreek het, in vervulling sal gaan.

Die Aartsengel Migael was ook na haar toe gestuur (op 'n ander tyd) toe satan vir drie dae lank probeer het om haar lewe te neem. Terwyl [die huishouding] geslaap het, alhoewel sy probeer het om hul wakker te maak toe die Heilige Engele daar was, was dit nog nie vir hulle oë beskore om te sien nie – die Heilige Engele Migael en Gabriël het gekom en genesing in hul vlerke gebring, terwyl sy hulle aangeraak het soos ‘n klein kindjie en die prag van die edelstene wat daar binne-in was bewonder het.

Die Heilige Engele het aangekondig hoe opgewonde almal in die Hemel was oor die nuus dat die [Rev 14] Bruid van YAHUSHUA binnekort sou arriveer, en die volgende keer wat sy hulle sou saam sien, sou dit beteken dat dit tyd is om die Bruid huis toe te roep – Hemel toe.

Die Heilige Engele het ook die geboorte aangekondig van "YAHUSHUA’s Demon Stompers" en vir haar gesê om die Heilige Gebedsstryders op die muur te versamel, sodat sy kon weet dat sy nie die vyande van YAHUSHUA alleen aanvat nie.

Weereens het dit gebeur om haar geloof te versterk. En sy was onmiddelik genees en die gees van dood was gedwing om weg te gaan van haar af.

Vyande van hierdie Bediening, onthou dit, wanneer julle aan hierdie Bediening raak, raak julle aan MY HEILIGE SONDELOSE GODDELIKE BLOED en MY NAAM is YAHUSHUA HA MASHIACH. EK beskerm en bedek hierdie Bediening, saam met legioene Heilige vegter engele. Wees gewaarsku almal wat hierdie Bediening vervloek, die vloeke sal terugdraai na julle toe!

Julle wat die gees van godsdiens het, en nie ‘n liefdevolle, gehoorsame verhouding met ABBA YAHUVEH het nie, julle waag dit om in die naam van ‘JESUS CHRISTUS’ te vra vir die vernietiging van hierdie vrou en hierdie Heilige Bediening. Onthou dit, julle sal verantwoordelik gehou word vir elke gebed wat julle opstuur en elke woord wat julle sê.

ABBA YAHUVEH en EK, YAHUSHUA HA MASHIACH sal julle herinner aan julle eie woorde wanneer julle wonder hoekom elke ding in jul lewe skeefloop. Julle wonder hoekom julle finansies, gesondheid, vrede weggeneem word, en [hoekom] daar verwoesting rondom julle is en jou geliefdes dood is. Nou weet julle hoekom - omdat EK vir julle voor die tyd gesê het – wanneer julle agtergelaat word om te ly in Die Groot Verdrukking.

Aan almal wat nou hier lees en die vrugte geëet en geniet het van hierdie Bediening en tog het julle hulle nog nooit gekontak of hierdie Bediening op enige manier bemoedig nie – julle sal ook herinner word gedurende hierdie tyd. Onthou, as een Heilige mens een duisend demone op die vlug kan laat slaan, dan kan twee tien duisend demone op die vlug laat slaan.

Hoeveel meer kan ‘n miljoen gelowiges doen? Hierdie Bediening sal vir jou veg, soos jy vir hierdie Bediening veg.

EK, YAHUSHUA HA MASHIACH sê vir julle. Hierdie is die Laaste Eindtyd Kerk wat die volle Waarheid preek (Mat. 24:14). insluitende dit wat King James geweier het om toe te laat dat dit geskryf word. Dit sal geskryf word.

Hierdie Waarhede sal gepreek word en EK gebruik MY Heilige mense - wie se name die wêreld nie ken nie, omdat hulle nie besoedel is deur die vullis van hierdie wêreld nie. Hulle wat EK kies om te gebruik vir Die Laaste Eindtyd Kerk begeer nie roem nie en sal nooit MY Waarhede inboet vir rykdom nie. Hulle is nie te koop nie en satan het geen aanspraak op hulle nie! Diegene wie in hierdie Laaste Eindtyd Kerk gebruik word het swaargekry en kry steeds swaar vir MY onthalwe.

Hoe min van julle, wat nou hier lees sal gewillig wees om die prys te betaal? Meeste wat nou hier lees is gefokus op hulle eie wêreld, hulle eie lewe en hulle eie familie. Hulle is nie uit in die voorste linies van geloof besig om geestelike oorlog te voer nie.

Dit is nou die tyd vir "YAHUSHUA’s Demon Stompers" om op te staan en hierdie Bediening te bedek; ondersteun en bemoedig hierdie Bediening en Profeet; verdedig hierdie Bediening, omdat julle deur hierdie Bediening met MY Hand gevoed word. Dit is groen weivelde vir MY skape en lammers.

Sommiges wat nou hier lees, dring daarop aan om MY ‘JESUS’ te noem, alhoewel julle MY WARE HEBREEUSE NAAM ken. Maar julle sê dat julle die Griekse Naam ‘JESUS’ verkies.

EK herhaal MYSELF weer. Moet MY nie misverstaan nie. Daar is steeds Vergifnis, Genesing, Bevryding, Opwekkingskrag én tekens, wonders en wonderwerke wat gedoen word in die naam van JESUS CHRISTUS, in hierdie historiese tyd, omdat MY WARE HEBREEUSE NAAM nie algemene kennis was nie én omdat dit nog steeds voor die Groot Verdrukking is, maar julle is gewaarsku.

Daar is selfs nou ‘n man wat homself ‘Jesus Christus’ noem en hy beweer dat hy ‘n miljoen volgelinge het, en tog is hy ‘n dienaar van satan! Hierdie bose man se naam is ‘Jesus’ Miranda. Net omdat hy die naam van 'Jesus' gebruik, moet julle die man se gees toets! Die naam ‘Jesus’ word regoor die wêreld vervals, veral in Suid Amerika.

Die man met die naam ‘Jesus’ Miranda is ‘n vals profeet en ‘n "Evangelical Prosperity Pimp", [EPP] wat sy siel lank gelede verkoop het en hy is heeltemal oorgeneem deur satan - hy is boos in elke opsig - hy preek: daar is nie ‘n ding soos sonde nie; hel is ‘n leuen; hy verkondig dat hy God is, en hy ontken die grootste deel van die Bybel.

Elkeen wat die merk 666 as ‘n tatoeëermerk ontvang het, omdat ‘Jesus’ Miranda vir hulle gesê het om op hierdie manier hulle lojaliteit aan hom te bewys, het alreeds ‘n voorsmakie van die vervloeking van die verdoemdes gehad.

Elkeen wat hierdie man ‘God’ noem, of wat glo dat hy ‘Jesus Christus’ is, is alreeds deur satan oorgeneem en het die vervloeking van die verdoemdes ontvang - satan spot om te wys hoe maklik dit tydens die Groot Verdrukking sal wees om Christene te kry om dit wat hulle eens op ‘n tyd geweet het die waarheid is, te verwerp en ‘n kompromie aan te gaan – satan wys hoe maklik dit is om die naam ‘Jesus Christus’ te bespot.

Kan julle nie sien nie; tydens die Groot Verdrukking gaan dit weer gebeur - dis hoekom GEEN gebede deur MY, YAHUSHUA HA MASHIACH beantwoord sal word, in die naam wat die seun van satan gebruik, nie ( wie julle die antichris noem)

Mense sal bid in die naam van ‘Jesus’, en net soos die een wat homself ‘Jesus’ Miranda noem, sal die enig verwekte seun van satan, die mense om die bos lei met vals tekens, wonders en wonderwerke en hy sal verkondig dat hy “God’ is en hy sal sê, "Hier is ek".

Julle word nou gewaarsku deur hierdie Profeet wat EK MY Diensmaagd “Ringmaiden” noem en hierdie waarskuwing sal soos ‘n klok regoor die wêreld lui. Neem hierdie Profesieë en waarsku die ander, wanneer julle pastore weier om nederig te word en te erken dat hulle verkeerd was en weier om die Waarheid te aanvaar - vat julle dit, kleintjies, en deel dit met ander en bestraf daardie pastoor in MY NAAM.

Hulle het slegs vir jou die gees van godsdiens, opgepof met die gees van gierigheid, gewys. Die wellus van die vlees en trots regeer almal van hulle. Hulle het nie ‘n gehoorsame, nederige gees nie. MY HEILIGE GEES, julle "MOMMA WISDOM", WIE die RUACH HA KODESH is, heers nie en regeer ook nie in hulle nie. Hulle luister na hulle rekenmeesters en satan hou hulle gefokus op materiële besittings – meer as op ‘n geestelike pad wat hulle vir hul eie onthalwe moet loop. Hulle het hulle eerste liefde verloor!

Almal wat MY Heerlikheid gesteel het, en hulle eie name opgelig het om mense nader te trek, vergeet dat die Heilige Skrif sê “Wanneer die NAAM VAN YAHUSHUA HA MASHIACH opgelig word… sal EK almal na MY toe trek” (John 12:32). Wanneer ‘n mens ‘n Bediening of ‘n Kerk na hulleself vernoem, trek hulle die mense nader deur hulle eie werke en naam. Dit is verdoem en sal misluk, en in die Hemel sal al hulle werke as stoppels en hooi gereken word en verbrand word.

Die "Evangelistiese Welvaarts Predikers " het beroemdheid verwerf en sterre geword, in hul eie oë asook in die oë van ander - vir die koninkryke van satan. Hulle is nie meer mans en vroue wat eens op ‘n tyd lofprysing gebring het en gebid het “Laat die wil van YAHUVEH geskied” nie. Vir roem en rykdom het hulle toegelaat dat bose geeste inkom en regeer en heers deur hulle liggame.

Tydens die Groot Verdrukking sal die naam van ‘Jesus’ weereens gebruik word deur die vals een, en dit sal die een wees wat die antichris genoem word, wat die enigste verwekte seun van satan is. In hierdie historiese tyd, is daar nog sommige Sondag kerke wat steeds gebruik word vir MY Heerlikheid, maar tydens die Groot Verdrukking sal alle Sondag Kerke gebruik word vir satan se heerlikheid en die merk van die “dier” (Openb. 13:16-18), sal op daardie stadium, in Sondag kerke wees. Julle is gewaarsku.

Verstaan julle nie die belangrikheid om hierdie waarskuwing NOU te ontvang nie? En om MY HEBREEUSE NAAM NOU te leer nie ? En om in die gewoonte te kom om NOU MY HEBREEUSE NAAM te gebruik - wat MY aardse Hebreeuse moeder vir MY gegee het, toe EK gebore was?

EK stuur altyd MY ware Profete om te waarsku, voordat die oordeel kom. Leer ander NOU hierdie waarhede, sodat hulle nie tydens die Groot Verdrukking na Sondag kerke sal gaan nie. Want wanneer jy ‘n Sondag kerk binne gaan, tydens die Groot Verdrukking, sal jy die “merk van die dier” ontvang. Daardie laaste optrede van rebelsheid, sal die mense hulle siele kos (Openb.13:7-16). EK raak bedroef wanneer EK sien hoe MY Heilige Skrifte, net soos in die Tye van Ouds aangehaal word. Die Fariseërs en Saduseërs het dit ook aan MY gedoen, (John.5:39-40) terwyl hulle nie besef het nie; “ EK IS DIE WOORD WAT VLEES GEWORD HET.” (John 1:1, 14)

MY kleintjies, EK het ‘n begeerte in julle gesit om nie gelykvormig te word aan mense se beeld of godsdiens nie. Julle het ‘n begeerte om Heilig te wees. Julle begeer om ABBA YAHUVEH tevrede te stel. En wanneer julle sonde doen, hoor julle "MOMMA" RUACH HA KODESH se Sagte Stem wat jou op ‘n liefdevolle wyse bestraf en oortuig om terug te keer na Heiligheid. Jy word gewys op die oortreding van jou weë en jy berou vinnig en jy draai weg van sonde - en kom weer terug gehardloop in ABBA YAHUVEH en MY, YAHUSHUA se Liefdevolle Arms in.

Dink jy EK hou daarvan om jou te tugtig wanneer jy op ‘n pad van sonde gaan? Tog is MY Kinders by tye soos ‘n ongehoorsame kind wat met opset net rebels wil wees, en moet dan gedissiplineer word. Sommige van MY kinders het meer dissipline nodig as ander. Ja, EK sê, soms word ‘n loesing toegedien uit liefde deur die pa of ma van die kind. Dit is nodig en dien as herinnering dat daar gevolge vir sondige optrede is.

Dit is ook waar met ABBA YAHUVEH en MY, YAHUSHUA. Watter kind is jy? Sommige van ONS kinders het net ‘n sagte berisping en ‘n herinnering nodig van, "Hoekom was jy nie gehoorsaam aan MY nie.?” Ander het ‘n harder teregwysing nodig. Dan is daar ander wat so hardkoppig is dat hulle ‘n pakslae van YAHUVEH nodig het, vir die redding van hul siele. Dit word gedoen sodat die eiesinnige een, gevul met rebelsheid, sal besef dit is óf YAHUVEH se weg of dit sal die hel se hoofweg wees!

Indien jy aandring om op ‘n sondige wyse voort te gaan, sal hierdie GOEIE HERDER by tye MY skape en lammers se bene moet breek, om te verhoed dat jy nie te naby aan die afgrond van die hel se vuur kom nie, waar satan jou siel kan eis. As EK jou nie keer om in satan se skuilplek in te dwaal nie, waar wolwe wag om jou vlees en gees te verskeur nie, wíé sal jou stop?

EK IS die enigste GOEIE HERDER en EK, YAHUSHUA verloor nie een van MY skape of lammers nie. EK ken alreeds al die name wat in MY Boek Van Die Lewe geskryf staan, nog voor die grondlegging van die aarde.

Onthou, EK duld nie die optrede van ‘n bedorwe brokkie wat daarop aandring dat dit op sy manier, en nie volgens YAHUVEH se wil en manier gedoen word nie. Julle wat dit gedoen het, het alreeds die gevolge gemaai wat deur sonde voortgebring was. Sommige van julle wat nou hier lees het al swaargekry deur egskeiding, gevegte oor kinder voogdyskap, ongelukkige huwelike, dwelm verslawings, alkohol verslawings, en ander verslawings, gevangenis, seksuele siektes, siektes, buite egtelike kinders, senuwee ineenstortings, selfmoord pogings of gedagtes van selfmoord, depressie, sielkundig versteurdheid, verwarring, egbreek, seks buite die huwelik, homoseksualiteit, pornografie, wellus, roof, diefstal, moord, aborsie, werkloosheid, en armoede.

Hierdie lys is ‘n klein voorbeeld van wat gebring word deur die gees van rebelsheid teen die will YAHUVEH.

Almal van julle wat nou hier lees weet waarvan MY Liefde, Genade en Vergifnis julle verlos het, slegs nadat julle berou getoon het aan YAHUVEH in MY, YAHUSHUA HA MASHIACH se NAAM, en weggedraai het van die sonde van rebelsheid.

Wanneer julle seergemaak en vervolg word vir MY NAAM se onthalwe, weet net dat julle seëninge in die Hemel groot is. Dis nie vir jou wat hulle aanval nie geliefde kleintjie, dit is vir MY wat hulle aanval. Want wanneer die heidene en die saad van satan teen jou in woede opstaan, sien hulle nie jou gesig wanneer hulle aanval nie. Hulle sien die gesig van Heiligheid en hulle sien die SOETE HEILIGE GEES binne in jou.

Jy moet op “water loop” in jou geloof - bly op die pad van Heiligheid. Want smal is die weg na die Hemel en breed is die weg na die hel. Selfs as niemand om jou, die pad wat EK vir jou uitgelê het, volg nie, moenie omdraai nie, kleintjie. EK gaan nie belowe dat die pad maklik gaan wees nie, maar dit sal die moeite werd wees. Die pad na die Hemel is vol opofferings, maar onthou EK, YAHUSHUA, jou MESSIAS het die GROOTSTE OFFER GEGEE VAN ALLES.

MY skat, die planne wat EK vir jou het, is van voorspoed en nie van onheil nie. Wanneer jy alleen is, draai na jou GELIEFDE ABBA YAHUVEH en na MY, jou enigste REDDER en MESSIAS. Onthou, die SOETE HEILIGE GEES binne in jou, is jou MOMMA RUACH HA KODESH en SY is nader aan jou as jou volgende asemteug. Wanneer jy huil, laat HAAR toe om jou in HAAR arms te sus, en jou dan ‘n “VREDE TE GEE WAT ALLE VERSTAND TE BOWE GAAN.” (Filippense 4:7)

Onthou jou liggaam is die Tempel van jou "MOMMA" RUACH HA KODESH (1 Kor.6:19) so wat ookal met jou liggaam gebeur, gebeur ook met HAAR. Bly in Waarheid en Heiligheid en moet nooit vir satan toelaat om jou te verontreinig nie.

Want EK het aan jou ‘n Salwing en gawes gegee, waarvan jy nie weet nie, maar op die regte tyd sal dit geopenbaar word. Hou aan om elke dag MY voetspore te soek, omdat die voetspore van die Heiliges deur MY, YAHUSHUA en julle ABBA YAHUVEH bepaal is.

Geliefde een, jou naam is op die palms van MY Hande gegraveer – gedoen by Golgota. EK het in jou plek swaargekry sodat jy gered kan word en weereens toegang tot YAHUVEH en die Hemel kan hê.

EK het jou lief kleintjie, met ‘n liefde wat geen man of vrou kan ewenaar nie. EK het al jou Heilige trane opgeberg, elke fles van trane wat jy vir MY NAAM’s ontwil gestort het.

Maar EK het gee julle ‘n waarskuwing vir die tye wat voorlê.

Moenie op enige kerk denominasie of godsdiens staatmaak om gered te word of om jou Heilig te hou nie. Wees Heilig, nie om ander gelukkig te hou nie, maar om YAHUVEH gelukkig te hou. Jy moet onthou dat ons verhouding nie oor godsdiens gaan nie. Dit gaan oor aanbidding, liefde en ‘n gehoorsaamheid, sonder enige kompromie, en om Heilig te lewe vir ABBA YAHUVEH en MY, YAHUSHUA HA MASHIACH. Hou jou liggaam Heilig en rein vir ONS Lof, Eer en Heerlikheid. Hou jou gedagtes op MY gerig. Hou jou oë op MY gefokus.

Sommige wat nou hier lees, is tieners, en tog is julle wyser as ander met dieselfde ouderdom. Julle is selfs wyser as baie van die grootmense om julle. Maar MOENIE jou kop TOELAAT om vol trots te raak nie! Want dit sal die goeie planne wat EK vir jou uitgelê het, ruïneer!

Soek MY AANGESIG en hou aan groei in MY Genade en Salwing elke dag. Julle verwerp nie hierdie Profeet nie. Julle hoor MY stem, selfs al is dit teenstrydig met dit wat ander sê, en julle sal nie ‘n kompromie aangaan of terugstaan nie. Moenie enige iets doen wat EK, YAHUSHUA nie sou doen nie. EK ken elke verwerping, elke pyn, elke bekommernis, elke leuen van die duiwel wat in jou oor gespreek was, elke versoeking. En deur MY GESTORTE BLOED by Golgota het jy die oorwinning!

Onthou dit MY geliefde kleintjie: as al die mense MY Waarhede sou aanvaar, dan sou al die mense met wie jy die Waarhede deel, dit aanvaar het. Omdat hulle MY ontken sal hulle jou ontken. Omdat hulle MY vervolg het, sal jy vervolg word vir MY NAAM’s ontwil.

Homoseksualiteit is ‘n gruwel. Aborsie is moord. Moenie toelaat dat jou gedagtes gelykvormig word aan die wette wat jou land as wettig beskou nie. Lees eerder die Bybel en sien wat verklaar MY Woord as sonde. Evolusie is ‘n leuen van satan. Julle weet al hierdie dinge.

Bly ver weg van enige seksuele sonde. En bly weg van enige dwelms of vloeistof wat jou gedagtes vergiftig, verdraai, beheer en pervers maak. Bly ver weg van enige een wat ‘n ander, vir wie hulle “god” noem, aanbid terwyl jy bewus is daarvan dat dit ‘n vals god is. Moenie eens luister na hulle valse leerstellings nie – anders sal dit ‘n deur oopmaak vir leuen geeste en geeste van misleiding om jou gedagtes binne te dring.

Pleit die BLOED VAN MY, YAHUSHUA HA MASHIACH

En bly weg van enige iemand in die okkulte of [wat] okkultiese boeke lees soos Harry Potter, of wat die okkulte in enige vorm gebruik. Moenie toelaat dat die demone in ‘n ander man of vrou, seun of dogter, jou liggaam oorneem nie - selfs deur ‘n soen.

Moenie op enige manier in ‘n ongelyke verhouding betrokke wees nie. Satan sal die wellus van jou vlees gebruik om jou te versoek, maar Die GESTORTE BLOED van MY, YAHUSHUA HA MASHIACH, en MY NAAM het versoeking oorwin. AS julle dit maar net wil gebruik!

Laat die heidene maar spot en lag. YAHUVEH sal die laaste lag. Verstaan dat heidense tieners die wreedste van alle mense kan wees. Diegene wat jou vervolg sal eendag die dag berou dat hulle enigsins gelag of jou vervloek of gespot het. In die hel sal hulle gedwing word om elke woord wat hulle teen jou gespreek het, te onthou, en hulle sal hierdie woorde vir ‘n ewigheid hoor, as hulle nie bekeer nie en MY, YAHUSHUA as hulle MESSIAS aanneem nie.

Lei siele na die enigste DEUR TOT REDDING. EK IS YAHUSHUA HA MASHIACH en EK IS die enigste DEUR. EK IS die enigste WEG EN WAARHEID na die Hemel en om te staan voor ABBA YAHUVEH. Moet niemand na ‘n kerk toe lei vir REDDING nie, want ‘n kerk kan nie ‘n siel red nie.

Redding kom deur bekering van sondes en deur die erkenning dat EK, YAHUSHUA die ENIG GEBORE SEUN VAN YAHUVEH IS, en HERE GOD ALMAGTIG.

Aanbid vir YAHUVEH en vir MY, [YAHUSHUA] en vir ONS GELIEFDE, KOSBARE RUACH HA KODESH, WIE "MOMMA WISDOM" is, met ‘n liefdevolle, gehoorsame, berouvolle verhouding tot MY, YAHUSHUA.

Wanneer jy sondig, bekeer vinnig en draai weg van die boosheid. Moenie oor die sonde peins en dink, "Ag wat, ek sal later om vergifnis vra” nie. Dit werk nie so nie!

Indien jy op ‘n kerk staatmaak vir jou verhouding met YAHUVEH en EK, YAHUSHUA HA MASHIACH, wat sal jy doen wanneer die kerk vals leerstellings verkondig – die pastoor ‘n kompromie aan gaan soos die wat EK genoem het hierbo?. EK hoor hoe sommige van julle sê: "Ag wel, my Kerk is ‘n gooie Kerk. Ek het ‘n Heilige Pastoor."

EK sê vir julle, "Selfs al is dit ‘n Kerk met goeie vrug, wat sal jy doen wanneer jy nie op 'n Kerk kan staatmaak nie, 'n Pastoor of 'n persoon om vir jou geestelike ondersteuning te gee nie – omdat die deure toe gemaak het? Of dis onwettig verklaar deur jou land? Of omdat jou Pastoor in die tronk gegooi was omdat hy die Evangelie verkondig het? Of jou Pastoor het getrek en jy het nie meer toegang tot die persoon of Profeet nie?"

Dit is hoekom EK wil hê dat jy met MY moet praat. Laat ONS saam tyd spandeer. Deel jou belange met MY. EK begeer nie net om jou HERE en jou REDDER en jou GOD te wees nie, maar ook om jou BESTE VRIEND te wees. Redding is ‘n een-tot-een verhouding met YAHUVEH en MY, YAHUSHUA. En MY mense is gevul met ONS KOSBARE RUACH HA KODESH.

MY Woord sê, " Laat ons ons onderlinge byeenkoms nie versuim…nie ". (Heb.10:25) Maar dit beteken nie dat dit altyd in ‘n Kerk gebou moet wees nie. Selfs nou kom julle bymekaar deur die tegnologie van ‘n rekenaar, waar julle met mekaar kommunikeer.

Daar kom ‘n dag, binnekort, wanneer julle sal moet bid en onderskei; moet jy jou getuienis bring teenoor hierdie persoon of kan dit dalk ‘n strik van die regering wees?

Elke nasie wat hulle godsdiens vryheid verloor, sal dit verloor omdat hulle regering dit bietjie vir bietjie wegneem, totdat daar net ‘n diktatorskap en die werk van die antichris, oorbly!

Amerika en Europa, hoe ver het julle verval van MY Guns en Genade.

Kerke in Amerika, die skande is op julle, omdat julle julself uit verkoop het, oor vrees dat julle jul belastingkwytskeldings-status sou verloor! Die meerderheid van die kerke in die wêreld wil nie meer toelaat dat MY Ware Apostels en Profete profeteer, bestraf, vermaan, aanmoedig en leer nie.

Pastore, het julle vergeet dat daar net een GOEIE HERDER is, en dit is EK, YAHUSHUA HA MASHIACH? Julle Pastore, in die meerderheid van die kerke, wil nie enige VARS MANNA of NUWE WYN van die RUACH HA KODESH hê nie. Julle wil nie julle mensgemaakte leerstellings of denkwyses verander nie. Die meerderheid van die kerke het pastore wat die kerke regeer met 'n diktatorskap!

Dis vir MY aanstootlik wanneer van die grootste tot die kleinste kerke en gemeentes nie ‘n optog gehou en nie, hardop sodat almal kan hoor, protes aangeteken het teen hulle regerings nie. Hulle bly eerder stil, terwyl wette wat ‘n gruwel is vir YAH, in die lande uitgevaardig word en selfs as die waarheid in skole geleer word!

Wee enige eiland, land of nasie, wat dit doen. Hulle sal YAHUVEH se wraak maai. Wee enige nasie of skole wat die Bybelse Waarhede wegneem, asook regerings wat nie langer die Woorde "Op GOD Vertrou Ons" vrees nie.

MY kleintjies, leer die mense die Waarhede. GEEN kerk kan enige siel red nie. Slegs deur MY GESTORTE BLOED by Golgota en MY NAAM kan enige een gered word - deur bekering en weg te draai van alle boosheid. Leer hulle om YAHUVEH se Gebooie te onderhou en om YAH eerste in hulle lewe en liefde te plaas, en om hulle alledaagse vrae na YAH toe te bring, sodat hulle YAH met die groter vrae sal vertrou.

Onthou, julle werke sal beloon word in die Hemel en die enigste belonings wat jy op Aarde sal ontvang, is wat jy vir MY doen. Leer die babas wat julle na MY toe lei, om te bid en om MY HEILIGE HEBREEUSE NAAM, YAHUSHUA HA MASHIACH te gebruik. Waarsku hulle: dat hulle nie ‘n kompromie moet aangaan nie. Leer die mense van die Ware Sabbat - en die belangrikheid om die Heilige Fees Dae te onderhou. Hou aan om van die Hemel en die hel te leer. Want meer siele sal hel toe gaan as Hemel toe.

Leer van MY en EK sal jou gebruik om te onderrig en ander na MY toe te lei. Uit die mond van suigelinge spreek EK.

Hou aan om rein van hart, liggaam en siel te wees en EK sal vir jou ‘n liefde gee met dieselfde hart tot MY, YAHUSHUA HA MASHIACH. Indien julle ‘n sielsgenoot verlang, sal hul liggame rein wees voor MY, met ‘n begeerte om MY bo enige iets anders te aanbid en te dien, net soos jy dit doen. Jou sielsgenoot sal vol van Heiligheid wees en saam sal julle siele na die Koninkryk van die Hemel lei. Jy hoef nie te wonder wie hierdie persoon is nie, EK sal jou sielsgenoot na jou toe bring, wanneer EK weet dat julle albei gereed is.

Hou daagliks Nagmaal saam met MY en spreek woorde van liefde en waardering tot MY vir die prys wat EK vir jou by Golgota betaal het. Maak seker voordat jy Nagmaal hou, dat jy bely en vasberade is om weg te draai van enige sonde in jou lewe. Indien jy verkeerd opgetree het teenoor ‘n ander Broer of Suster, wat ‘n toegewyde kind van MY is, bely hierdie sonde aan MY en vra om vergifnis.Gaan dan na hulle toe en vra hul vergifnis. Moenie Nagmaal gebruik en terselfdertyd sonde doen nie.

EK sou na Golgota gaan en gely het en gesterf het en op die derde dag weer opgestaan het, selfs al was dit net vir een persoon. Dit is hoe lief EK julle het. En EK het ‘n eed afgelê aan ABBA YAHUVEH dat EK nie een siel sou verloor nie (John.10:28-29), wie se naam alreeds in die LAM se Boek van die Lewe geskryf was voor die grondlegging van hierdie Aarde.

Nooit moet woorde maar net as ‘n herhaling gesê word tydens Nagmaal nie. Doen dit nie net ter herinnering van die prys wat EK, YAHUSHUA vir julle by Golgota betaal het nie, maar bring ook lof aan MY, omdat EK nie weer van die vrug van die wingerd sal drink nie, totdat EK dit, in die Hemel, saam met MY Bruid en die Gaste sal doen by die Bruilofsmaal van die LAM.

Onthou dit as ‘n wapen teen satan, terwyl julle hom aanhoudend herinner dat satan nie enige reg op jou verstand en liggaam gees en siel het nie – behalwe wanneer jy hom deur sonde die wettige reg gee – “Wees Heilig want EK IS Heilig” (1Pet.1:16) Strewe om heilig te lewe in jou gedagtes en ligaam - en wandel meer in die HEILIGE GEES 6 as wat jy in die vlees wandel - en weet dat legioene van die Hemel se Heilige Engele vir jou onthalwe veg!

Einde van Profesie: So is dit gespreek en geskryf op hierdie dag van 27 Oktober 2007 deur julle Suster in YAHUSHUA Apostel Elisheva Eliyahu

1 In die konteks van Handelinge was die taal dikwels onbekend aan die spreker Handelinge 2:6

2 Openbaring 9

3 ‘n ‘pun’ – ‘n speling op twee woorde wat twee of meer betekenisse suggereer. “Obama-Nation” is ‘n speling op “abomanation” sien Profesie 123 waar YAHUVEH verwys na die “abomination” van wette wat uitgevaardig word (waar Obama president was) waar homoseksualiteit en selfde geslag huwelike aanskou word as iets wat aanvaarbaar is terwyl dit in werklikheid ‘n gruwel (abomination) is. Beide kere wat dit gebruik word in die Profesie is dit moeilik om te onderskei of die woorde “abomination” of “Obama-Nation” is. YAHUVEH het begin om die volk van Amerika te sien as ‘n gruwel (abomination) vir hul goddeloosheid onder Obama.

4 Openbaring 21: 4  En Elohiem sal al die trane van hulle oë afvee, en daar sal geen dood meer wees nie; ook droefheid en geween en moeite sal daar nie meer wees nie, want die eerste dinge het verbygegaan

5 Spreuke 1:7   Die vrees van Yahweh is die begin van die kennis; sotte verag WYSHEID en tug.

6 Galasiers 5: 13  Want julle is tot vryheid geroep, broers; gebruik net nie julle vryheid as 'n aanleiding vir die vlees nie, maar dien mekaar deur die liefde. 14  Want die hele Torah word vervul in een woord, naamlik: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. 15  Maar as julle mekaar byt en opeet, pas op dat julle nie die een deur die ander verteer word nie. 16  Maar ek sê: Wandel deur die Gees, dan sal julle nooit die begeerlikheid van die vlees vervul nie; 17  want die vlees begeer teen die Gees, en die Gees teen die vlees; en hulle staan teenoor mekaar, sodat julle nie kan doen wat julle wil nie. 18  Maar as julle deur die Gees gelei word, dan is julle nie onder die Torah nie. 19  En die werke van die vlees is openbaar, naamlik owerspel, hoerery, onreinheid, ongebondenheid; 20  afgodery, towery, vyandskap, twis, jaloersheid, toornigheid, naywer, tweedrag, partyskap; 21  afguns, moord, dronkenskap, brassery en dergelike dinge, waarvan ek julle vooraf sê, soos ek al vroeër gesê het, dat die wat sulke dinge doen, die koninkryk van Elohiem nie sal beërwe nie. 22  Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing. 23  Teen sulke dinge is die Torah nie. 24  Maar die wat aan die Messias behoort, het die vlees met sy hartstogte en begeerlikhede doodgemaak. 25  As ons deur die Gees lewe, laat ons ook deur die Gees wandel. 26  Laat ons nie word soekers van ydele eer wat mekaar uittart en mekaar beny nie.

Sien Romeine 8:1-6; 13-19; 22-23


* * * * * * *

Print Friendly and PDF