Profesie 86


WEG VAN MY, JOU ONGEHOORSAME SOGENAAMDE BRUID!

Gegee aan Apostel Elisabeth Elijah (Elisheva Eliyahu)

12 Mei 2006


Van Profesie 105 af, het YAHUVEH gesê hierdie moet van nou af op al die Profesieë geplaas word: Elisabeth (Elisheva) EK het jou lank gelede gewaarsku om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH ha KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH GLORIE se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk het.

EK is YAHVEH, dit is MY NAAM; en MY EER sal EK aan geen ander gee, of ook MY LOF aan die gesnede beelde nie”. Jes. 42:8

In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook gesê dat die volgende uit 2 Kronieke voor elke Profesie gevoeg moet word:

2 Kronieke 36:16
“maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

(skrifaanhalings vanuit : Woord en Getuienis bybel vertaling, behalwe wanneer anders aangedui)

* * * * * * *

'n Verduideliking is nodig oor hoe hierdie profesie voortgekom het. Dit sluit private dinge in ons lewe in wat ons eintlik nie wil deel nie, maar ons het geen ander keuse nie. Jammer dat dit so lank is. Dit sal ook bygevoeg word in die boek wat binnekort vrygestel sal word.

Hierdie woord het voortgekom terwyl baie van die Bruid saam met ons in gebed was by die hotel, Annecy, in Frankryk, na 'n teleurstellende dag van 'n huis soek om 'n toevlugs-oord te skep in Frankryk. Na 'n paar dae se kyk op die internet en verskeie telefoon op-roepe, was ons uiteindelik gelei deur YAHUVEH om te kyk na twee huise wat omtrent so 80 myl was van waar ons is.

Die huise het goed gelyk op die internet en het gelyk of dit ons behoefte sou pas, so ons het toe 'n afspraak gemaak om na albei huise te gaan kyk. Na 'n pragtige rit met baie loof en sang vir YAHUVEH en YAHUSHUA, was ons vol moed om 'n huis daardie dag te kry. Ons het by die eienares se eie persoonlike huis aangekom en sy het ons genooi om middagete daar te eet by haar huis in Frankryk. Ons het 'n wonderlike middagete gehad, wat voorberei was deur haar en haar dogters.

Ons het toe na die eerste huis gegaan en was baie teleurgesteld met sy ouderdom en kondisie. Dit was dieselfde met die tweede huis ook. Sy het toe 'n derde huis gehad, wat sy bestuur het vir 'n privaat maatskappy, waarna ons kon kyk. Ons het na die derde huis gegaan en dit was pragtig. Ons het almal baie goed gevoel oor die geleentheid, totdat sy ons vertel het wat die huur per maand sou wees! Sit julle almal plat? Dit was 11,000 Euros per maand, wat omtrent $15,000 (USD) is per maand.

Wel, dit is heeltemal buite ons prys klas, so ons het geen keuse gehad as om terug te gaan vanwaar ons vandaan gekom het nie. Almal was baie teleurgesteld en het gedink dat ons 'n hele dag gemors het waar ons al in die rondte in sirkels gegaan het en het baie vrae gehad wat na gebed geneem moes word.

Dit is waaroor ons gebid het, toe die profetiese woord na vore gekom het. Terwyl ons almal in tale gebid het, het ons bly hoor dat ons verhinder was. Daar was twee vroue, Cathy O. en Hirut in Alaska, wat geroep was om die Bruid van YAHUSHUA te wees, maar as gevolg van hulle ongehoorsaamheid, was ons verhinder om te doen waarvoor ons geroep was in Europa, om 'n veilige toevlugsoord te skep.

Albei hierdie vroue moes saam met ons gewees het in Europa, albei het gesê dat hulle saam met ons sou gaan, waar ons ookal sou gaan. Dit was YAHUSHUA se wil, omdat HY dit gespreek het. Ons het Pasga “Passover” saam met albei die vroue spandeer by Anchorage, Alaska, en albei het geweet wat hulle moes doen om reg te maak om te vlug, wanneer hulle vertel was om te vlug. Albei het gewillig voorgekom om te doen wat ookal nodig was om te doen om gereed te maak om te vlug. Op daardie tydstip het ons nie geweet dat ons Europa toe sou gaan nie. Ons het op daardie tydstip gedink dat ons na Suid Amerika sou moes gaan.

Cathy O. is in 'n ongelyke huwelik en ons het haar 'n paar keer gewaarsku oor haar man Alex, 'n sielkundige, wat weet van hierdie ministerie en dit nie ondersteun het nie. Hy is 'n heiden wat die bestaan van YAHUVEH bevraagteken. Ons het vir haar gesê dat sy net moet doen wat YAHUSHUA vir haar vertel om te doen en nie te luister na haar man nie, want sy is ongelyk gebonde. Ons het haar gewaarsku teen die brein-beheer en manipulasie wat hy teen haar sou gebruik.

Cathy O. wou glo dat haar man gered sou word en sy het verantwoordelik gevoel dat dit haar werk was om hom gered te kry. Maar ons het anders geweet. Hierdie man is deur YAH verwerp “reprobate” en ons het dit geweet, maar sy wou ons nie glo nie. Om 'n lang storie kort te maak, Cathy O. het ongelukkig haar ongeredde man gekies, instede om deel te wees van die Bruid van YAHUSHUA!

Voor Pasga “Passover”, het Cathy O. hierdie ministerie gekontak en gesê dat sy deur YAHUSHUA gelei was om die ministerie 'n vrygewige offerande te gee. Sy het aan ons gesê dat dit haar pensioenfonds was van 'n vorige werk en nie haar man s'n nie. Sy het gesê dat sy op daardie stadium gevoel het om nie haar man daarvan te vertel nie, en ons het saam gestem, omdat ons al baie kere gesien het hoe satan sy lelike kop uitgesteek het in sulke situasies. En mense eindig op deur ongehoorsaam aan YAHUSHUA te wees a.g.v. 'n ongeredde man of vrou en doen dan nie wat hulle weet hulle moet doen nie. Cathy O. het hierdie ministerie 'n offerande gegee soos sy gelei was om te doen, maar sy het daarmee gesukkel om nie haar heidense man, verwerp deur YAH (“reprobate”) te vertel nie.

Om 'n lang storie kort te maak, ek (Elisabeth/Elisheva) het Cathy O. vertrou en haar die telefoon nommer gegee terwyl ons in 'n hotel in Frankryk was. Sy het gebel en my vertel dat sy uiteindelik vir haar man vertel het van die offerande wat sy vir die ministerie gegee het en vra toe vir my of ek met haar man wil praat. Ek het gesê "NEE", maar toe begin haar man praat op 'n ander lyn.

Ek het geen idee gehad dat hy op die ander lyn was nie en het baie verraai gevoel deur Cathy O. en gevoel asof dit beplan was. Hy het gesê dat hy sy geld wil terug hê. Hy het gesê dat hy wou weet wat ons met sy geld gedoen het. Die punt was, hy wou sy geld terug hê en hy sou enige iets doen om dit terug te kry. Hy het selfs my sogenaamde eerste man gebel. Die enigste manier hoe hy dit kon regkry, was deur Cathy O. se hulp. Ek hoop ons is verkeerd vir Cathy se part, maar ek weet nie hoe anders hy hom in die hande kon kry nie.

Ons het nooit enige iets van Cathy gevra nie. Sy het die offerande gestuur omdat YAHUSHUA dit op haar hart gelê het om dit te doen.

Hirut het ons tydens Pasga “Passover” vertel dat sy geweet het dat sy veronderstel was om haar werk te los en net so het Cathy O. geweet voordat hulle ons ontmoet het, en hulle moes ook regmaak om te vlug. Sy het 'n pensioenfonds gehad waarvoor sy moes aansoek doen en sou dit so binne 30 dae kon kry. Ons het haar versekering daarvan gegee nadat ons gebid het, maar sy het gesê dat sy nie kon bedank voordat haar werkgewer nie 'n plaasvervanger vir haar sou kry nie. Ons het haar vertel om nie te wag nie, dat sy dadelik moes bedank, omdat satan enige iets sou doen wat hy kon om seker te maak dat daar nie 'n plaasvervanger gevind sou word nie, om haar te verhinder om gehoorsaam aan YAHUVEH te wees.

Haar ander verskoning was haar twee honde. Een hond het net na Pasga “Passover” doodgegaan en nou het sy net een hond oor. Sy wou nie haar hond wat oorgebly het, los nie. Nodeloos om te sê, Hirut het toe nie bedank nie, en sover ons weet, werk sy nog steeds daar. Sy het geweet dat sy moes bedank voordat sy ons ontmoet het. Selfs die wat saam met haar gewerk het, het begin om haar soos die vyand te behandel en daar was geen vrede daar nie.

YAHUVEH het haar elke teken gegee. Hoekom sou enige iemand 'n wêreldse werk kies teenoor om die Bruid van YAHUSHUA te wees en aan HOM gehoorsaam te wees vir jou eie veiligheid, as vir geen ander rede nie. Ons verstaan dit net nie. Hoekom sou Cathy O. kies om YAHUSHUA te verraai vir 'n heidense man, 'n man verwerp deur YAH “reprobate”? Ons moet dit alles noem, anders sal julle nie die woede van YAHUSHUA in die profesie hieronder, teenoor die twee vroue, verstaan nie. Europese Bruid van YAHU-SHUA, julle ken nie eers hierdie twee vroue nie en tog affekteer dit julle, omdat ons nie 'n verdere seën vir julle kon wees nie.

Dit is hoekom YAHUSHUA so kwaad is. As Cathy O. en Hirut gehoorsaam was, sou hulle in Frankryk saam met ons gewees het en ons sou genoeg finansies gehad het om 'n toevlugsoord te skep, 'n vergaderingsplek vir YAHUSHUA se Bruid. Ons was verhinder om te doen waarvoor ons geroep was om te doen in Frankryk en Switzerland, omdat daar ongehoorsaamheid was by hulle wie hulleself die Bruid noem.

Ons weet dat baie dinge geaffekteer was as gevolg hiervan. Dit is die boodskap wat YAHUSHUA wil hê ons almal moet hoor. Ongehoorsaamheid affekteer nie net die wat ongehoorsaam is nie, maar ander ook. Ons kon nie doen waarvoor ons geroep was om te doen in Europa nie. Ons treur omdat ons voel dat ons misluk het met dit waarvoor ons soontoe gestuur was om te doen. Ons het 'n groot huis in Europa nodig om 'n toevlugs-oord te wees om as skuiling vir die Heiliges te dien, wanneer die vervolging kom.

Cathy O. verstaan nie dat ons gebruik was om 'n seën te wees vir ander in Europa nie. As ons reg verstaan is Cathy getroud met 'n miljoenêr en Alex se god is sy geld. Ons het so hard probeer om daardie dag op die telefoon sy siel te bereik vir YAHUSHUA, maar al wat hy wou doen was om te stry. Sy pa is 'n miljoenêr sendeling in Afrika. Cathy het so 'n vrygewige hart en as sy kon, sou sy selfs aangebied het om haar huis vir ons te gee. Dit maak regtig seer wanneer 'n vriend jou vertroue verraai. Hoeveel meer kry YAHUSHUA seer wanneer dit gebeur.

Cathy het altyd gesê dat sy weet dat sy vir Alex gaan los, omdat hy al gesê het dat as die Merk van die Dier kom, dat hy haar en haar kinders sou dwing om dit te kry. Sy was ge-reed om hom te los, maar omdat hy 'n sielkundige is, weet hy hoe om haar gedagtes te manipuleer. Ons wil vra dat julle vir haar bid sodat sy kan vry raak van hierdie demoniese invloed van haar man en van satan.

Ons wil julle vra om te bid vir Hirut. Sy bly saam met haar ma en haar ma glo nie in die Sabbat of in die Joodsheid van die Messias nie. Albei word beïnvloed deur die wie saam met hulle bly. Ons bid dat hierdie alles vrygekoop sal word in die naam van YAHUSHUA, waar ons vertel was en hulle geglo het waar ons sou gaan, hulle saam met ons sou wees. Onthou Nehemia 1 sê, YAHUVEH is 'n jaloerse GOD en HY sal wegneem, die, wat meer liefgekry word as HY.

Wanneer julle die profesie deel, sluit asseblief die verduideliking in, anders sal sekere dele nie verstaan word nie. Dankie.

* * * * * * *


Profesie 86


WEG VAN MY, JOU ONGEHOORSAME SOGENAAMDE BRUID!`

Gegee aan Apostel Elisabeth Elijah (Elisheva Eliyahu)
5/12/06

Want waarlik, EK het voortgespreek. Moet jou hele liggaam nie as 'n eenheid werk nie? Kan die een voet sê, hy gaan links loop, en die ander voet sê, hy gaan regs loop? Kan die een kant van jou mond sê ek gaan praat uit een kant, en die ander een, uit die ander kant? Dit is hoe dit is wanneer EK 'n ooreenkoms wil aangaan met die ongehoorsame sogenaamde Bruid. EK sê, "Loop hierdie rigting" hulle sê, "Nee; ek wil daardie rigting loop." Onthou julle toe EK gesê het, "Dit is die laaste roeping vir die Bruid?" Weet julle hoeveel mis dit omdat hulle versuim het om te luister na MY stem? EK is nie 'n aardse man (metgesel) nie, wanneer EK 'n bevel gee verwag EK dat dit gevolg word. Wanneer EK sê, "Lê dit op die altaar van offers, verwag EK dat dit neergesit word."

Weet julle hoeveel rook nogsteeds sigarette? Weet julle hoeveel word nogsteeds dronk agter toe deure? Weet julle hoeveel lees nogsteeds pornografie? Weet julle hoeveel het nogsteeds wellus in hulle harte? En tog sê hulle, "EK wil deel wees van die Bruid". Gaan weg van MY, julle ongehoorsame sogenaamde Bruid! Wanneer EK julle vertel om alles neer te lê, wanneer EK julle vertel om julle finansies neer te lê, wanneer EK julle vertel om saam te gaan met die ander, om weg te gaan van die nie-gelowiges, wanneer EK julle vertel dat lig en donker nie saam gaan nie. In stede, hou julle aan probeer om 'n profeet te vind vir julle jukkende ore. Wel, julle gaan dit nie hier kry nie!

Die Diensmaagd “Ringmaiden” sal MY waarhede voortspreek, sy sal nie onderhandel nie! Julle dink julle haat haar nou, die wat nie van MY is nie? Julle het nog niks gesien nie! Maar die wat waarlik aan MY behoort, julle sal 'n liefde hê soos julle nooit kon droom dat dit moontlik is nie want julle sal die waarhede omhels wat EK voortspreek. Vir die van julle wat gehoorsaam is, wat waarlik wag en snak na elkeen van MY woorde…

GROOT, GROOT, GROOT, GROOT, GROOT, GROOT, GROOT, GROOT, GROOT, GROOT, GROOT! Sal julle seëninge wees!

O, hoe LIEF HET EK JULLE! Hoe omhels EK julle! Wanneer julle sê, "Vertel my die weg, verlig die pad, ek sal doen wat ookal U sê, al is dit teen my vlees, al beteken dit dat ek finansieël moet opoffer, ek sal dit op U manier doen!" Hierdie is my Bruid! En julle herken mekaar, omdat julle 'n familie is soos geen ander familie nie. Julle dink met een geheue en julle het lief met een hart en MY Naam is nooit ver uitmekaar uit nie.

Een en elk van julle omhels MY met 'n nuwe liefde. Hierdie is my Bruid! Julle begeerte om Heilig voor MY te leef, groei net sterker en sterker elke dag. Julle sê, "Praat met my, my geliefde, ek wil U net vlugtig sien" en EK sê "EK is hier en EK omhels jou en EK soen jou en EK is lief vir jou en EK druk jou en EK hou jou vas". Hierdie is my Bruid! Hulle is nie 'n ongehoorsame sogenaamde Bruid nie.

Die van julle wat in 'n ongelyke huwelik gebind is, wat EK nie gebind het nie, dit is soos 'n tou wat om julle nekke is en jy word gehang, maar wanneer EK kom om die tou te knip, sê julle, "Nee, nee laat my hang!" Gaan weg van MY jou ongehoorsame sogenaamde Bruid! Julle is nie meer 'n Bruid nie! In julle oë noem julle julself 'n Bruid, in julle gebede
gee julle voor dat julle 'n Bruid is, maar EK toets julle gehoorsaamheid en EK ken jou hart. EK weet wie jy die meeste lief het.

Julle kan probeer om 'n indruk te maak op ander, julle kan in MY Naam bid, O, maar EK ken julle harte. Julle sal huil en julle sal eendag weeklaag, wanneer julle uitvind hoeveel van julle EK moes wegroep. En EK sal sê, "Gaan weg van my, julle ongehoorsames wie julleself my Bruid noem."

MY Bruid kom bymekaar en sê, "Wat is dit wat ek kan deel? Wat is dit wat ek kan doen vir jou? Hulle het mekaar lief met 'n liefde wat O, so waar is! Hierdie is my Bruid!" EK het gewaarsku en EK het weer gewaarsku, EK het gesê, "Gee op julle sonde." EK sê nie dat julle nie gered is nie! Maar EK sê wel dat julle nie waardig is om MY Bruid genoem te word nie. O, maar hierdie wat hier vergader, O, wat 'n liefde het julle nie vir mekaar nie. EK stuur julle voort om die Europese Bruid te roep, en die ander nasies.

Hoeveel gee om wanneer julle 'n behoefte het en julle die behoefte daar buite plaas? Die Bruid sal julle nie in die steek laat nie. Die Bruid sal in oorvloed gee, hulle sal weet dat jou behoefte, hulle behoefte is. Net so seker soos EK Elia (Elijah) van ouds (In Hebreeus, Eliyahu) gestuur het, en die weduwee van Sarfat vertel het om met Elia (Elijah) te deel en hy gesê het, "Deel met my jou laaste maaltyd, sodat dit nie jou laaste maaltyd sal wees nie." So ook, stuur EK hierdie Elia (Elijah) van nuuts (In Hebreeus, Eliyahu) om dieselfde ding te doen. EK stuur haar na die weduwees van Sarfat wat sê, "Ek het geen behoefte nie." O, maar so vinnig sal julle sien dat julle wel desperate behoeftes het. Dit is omdat julle jul ore doof gehou het toe MY Diensmaagd “Ringmaiden” roep, EK sal MY ore doof hou wanneer julle roep.

Daar is meteoriete wat kom en hulle sal uit die lug uit val, regoor die wêreld sal hulle hardloop en wegkruip! Die aarde sal skud, nie net op een plek nie en vulkane sal uitbars, soos 'n kettingreaksie sal dit uitbars. En net die wat waarlik in MY geanker is, in die Lewende Rots, sal beskerm word. Storms soos julle nog nooit gesien het nie, dit is net die begin van dit wat sal kom. Maar die wat geanker is in MY en MY Vader "Abba" YAHUVEH, julle sal beskermd bly wanneer julle beskerm word in MY Naam. Julle wil julle ore toemaak wanneer EK sê, "Eer die Sabbat Dag en EK bedoel nie die mens gemaakte een nie." Julle wil julle ore toemaak wanneer EK sê, "Eer die Heilige Feeste en EK bedoel nie die mens gemaaktes nie, julle sal eerder die “pagan” vakansiedae eer, in plaas van MY Vader “Abba” YAHUVEH se Heilige Dae"! ONS is dieselfde, gister, vandag, vir ewig, MY Vader en EK! Net omdat jy jou idee van sonde verander het, beteken nie dat ONS het nie!

EK weet my geliefdes, dat dit nie eers is waaroor julle gebid het nie, maar die woorde wat op MY hart was, [“Moet julle hele liggaam nie saamwerk as 'n eenheid nie?” bv. moet die hele liggaam van YAHUSHUA nie saamwerk as 'n eenheid nie?]---kan julle sien wat gebeur wanneer daar ongehoorsaamheid is van die wat geroep was om MY Bruid te wees. EK gee nie om of jy 'n biljoen dollar gee nie! As jy ongehoorsaam is sal EK sê, "Gaan weg van MY, dit beïndruk MY nie!" EK gee nie om watter offer jy neerlê nie, as jy nie gehoorsaam aan YAHUVEH is nie, as jy nie gehoorsaam aan MY is nie, sal EK sê, "Gaan weg van MY, jy is nie MY Bruid nie!" Die tyd is kort, die tyd is sekondes weg vir MY koms vir MY geliefde Bruid. Geen tyd om speletjies te speel nie, geen tyd vir kerkbank verwarmers, geen tyd vir die wat louwarm is nie. Waarlik, EK spuug hulle uit MY mond.

Julle sê, "O, YAHUSHUA, U sal nooit met ons so praat nie." Julle vergeet dat EK net eenmaal 'n lam was, maar nou is EK 'n Leeu! EK is 'n balans in alle dinge, net soos MY "Abba" YAHUVEH is! ONS is almagtig in liefde en ONS is almagtig in oorlog! Het EK nie die vyeboom vervloek omdat dit nie vrugte gedra het nie? Wat laat julle dink dat EK ver-ander het? EK het na die kruis gegaan vir julle; EK het MY Lewe en MY Bloed vir julle gegee en julle sê, "U vra te veel van my, ek kan nie my sonde opgee nie."

Moet dan nie verwag om MY Bruid te wees nie! Sê die Woord nie dat in die eindtye sal die Heiliges meer Heilig word en die onheiliges sal meer onheilig wees. Aanskou die eindtye, omdat dit hier is! Geen meer tyd om jou pêrels voor die swyne te gooi nie. Gaan na die vir wie EK jou vertel om na toe te gaan, en as hulle nie die waarheid ontvang nie, skud dan die stof van julle voete af en gaan aan.

Daar is die wat bedoel was om hier te wees (in Frankryk saam met ons). Hulle het nie net julle teleurgestel nie. Hulle het MY teleurgestel! Hulle plaas hulle werk voor MY, hulle plaas 'n ongeredde geliefde voor MY, hulle plaas hulle kinders voor MY, wanneer EK hulle vertel dat dit goed sal gaan met hulle kinders. Hulle verkies die geld en luukshede wat hulle wou hê. Hulle gee nie om dat julle alles agter gelos het nie. Hulle gee nie om dat julle nie 'n huis het nie. Hulle gee nie om dat julle nie 'n voertuig het nie, hulle gee nie om dat julle alles gelos het vir ander nie!

O, maar EK het 'n Bruid wat sal omgee, en O, EK bring hulle na julle! Hulle sal geseën word en hulle sal vereer wees om julle te dien! In hierdie wêreld se oë stuur EK koninklikes na julle om die pad oop te maak voor julle, [en julle het die woorde gehoor] "Julle hoef nooit weer iets te wil hê en nooit weer iets nodig te hê nie."

(Elisabeth [Elisheva]) roep, "O my hand"! verduideliking: Gedurende hierdie boodskap en gebed om seker te maak dat dit YAHUSHUA is wat praat, YAHUSHUA sit dan SY hand oor (myne) en dit voel soos vuur en ys tergelyke tyd, omdat die vlees nie die gesalfde aanraking van YAHUSHUA kan hanteer nie, dit is so kragtig en dit is baie pynlik.)

EK stuur julle na haar, omdat julle 'n seën vir mekaar moet wees. Soos julle jul lewe sal neerlê vir mekaar, net so sal die wat EK MY Bruid noem, dit vir julle ook doen. En hulle sal geen goeie ding van julle weerhou nie, omdat hulle weet watter prys julle betaal om op so 'n manier gehoorsaam te wees aan MY. En Elisabeth [Elisheva], as jy dink dat jy nou al tot dusver gehaat was, as jy dink jou naam is al tot dusver vervloek, want dit is 'n vervloeking op die heidense lippe, dit is 'n
vervloeking op die wat louwarm is se lippe, dit is 'n vervloeking op satan se dienaars se lippe!

O, maar EK vertel jou dit, die seëninge gaan net sterker word en vir die wie se name in die Lam se Boek van die Lewe geskryf is, hulle sal jou lief hê met 'n liefde wat jy nooit verstaan het nie. Die wie die Bruid is, wanneer hulle hierdie boodskap hoor sal hulle herken, hulle sal hulle gesigte bedek en hulle sal huil en sê, "Wat kan ek vir jou doen?"

Want julle sien, die een wat die wêreld koninklik noem, en jy MY Diensmaagd “Ringmaiden”, alhoewel niemand op aarde jou ooit sal kroon nie, sal jy in die Hemel gekroon word, EK bring julle almal saam. EK bring julle saam as een.

Elisabeth [Elisheva], jy was bang om na Afrika te gaan, jy het gesê, "My vel is te lig, wat sal hulle dink, sal hulle my haat?" EK sê vir jou, die met MY Gees sal jou omhels en jou liefhê. Hulle kyk nie na die kleur van jou vel nie, net soos jy nie na hulle s'n kyk nie, en EK stuur jou soontoe om jou dit te wys, in Afrika, dat julle een is.

Jy sal geen tekort hê aan enige iets goeds nie. EK gee nie om hoe klein dit is nie. EK het jou koninklikes gestuur om die weg te teer. Julle ken mekaar, julle sien mekaar, elkeen in die ander een se oë. Jy [Elisabeth (Elisheva)] het dit nog nooit saam met iemand anders [suster] ondervind nie.

Maar EK sê weer, in die Hemel, voordat julle afgekom het aarde toe en julle almal voor MY troon was en julle na MY geroep het en gesê het, "Stuur my, stuur my, stuur my!" en jy het gesê "Maak my 'n leier, maak my 'n leier!" net soos 'n klein kind sou sê, "Maak my 'n leier" en EK het julle gekroon.

O [geliefde kinders], hoekom dink julle was julle lewe so hard? O, dit is die lewe van die Bruid van YAHUSHUA, omdat die dienaar nie beter as die meester is nie. As dit vir MY maklik was, sou dit vir julle maklik wees, maar op hierdie aarde was dit nie maklik nie. As hulle almal MY maar ontvang het, sou hulle almal julle ontvang het, maar EK was meer verwerp as wat EK ontvang was, net soos nou.

Hulle hardloop na die profete wat net goeie dinge profeseer. Hulle hardloop na die profete wat die profeet skole begin het, maar hulle leer net om te verander en op te lig en sê nooit iets negatief nie. EK noem hulle valse profete. MY profete word gestuur om te waarsku van die oordele wat gaan kom. MY profete word gestuur om te profeseer van wat gaan kom. Die gees van profesie is van MY, YAHUSHUA jou MESSIAS!

Maar julle sê, "YAHUSHUA, dit is nie enige van ons vrae wat beantwoord is nie". Wat as dit nie MY begeerte is om julle nou al te vertel nie? Dit beteken nie dat EK nie sal nie. In stede, kies EK om julle te gebruik om hierdie profesie 86, voort te bring! (Ons het gebid vir rigting.)

Hoeveel soek MY in gebed? EK bedoel nie die bedtyd gebede nie. Hoeveel soek MY “Abba” YAHUVEH en tree waarlik tussenbeide en bid waarlik. EK het instruksies aan MY Bruid gegee om die Twee Getuies in gebed te dek. Hoeveel van julle is gehoorsaam? Hoeveel hef hierdie Ministerie op? Hoeveel help dit op enige manier? En tog beweer julle, julle is MY Bruid? Weer sê EK, gaan weg van MY, julle wie julleself MY Bruid noem, wat in ongehoorsaamheid is! Dit maak nie saak wat julle julself noem nie. EK ken MY Bruid! As julle nie help nie, verhinder julle, as julle verhinder, is julle nie van MY nie. Vir die van julle wie EK groot gemaak het om oor en oor op te offer, O, hoe het julle nie julle skatte in die Hemel opgebou nie.

Want waarlik sê EK vir julle, MY Bruid sou dit doen, en die wie se name in die Lam se Boek van Lewe gevind word.

Dit is wat vandag op MY hart is. EK sal julle vrae beantwoord MY geliefdes, EK sal julle vrae beantwoord MY geliefde Bruid, maar nou is dit op MY hart. Dit is hoe dit (ongehoorsaamheid) julle geaffekteer het, toe julle uitroep na MY en sê, "Watter rigting moet ons gaan? Waar moet ons bly? Wat moet ons doen vir 'n kar? “en tog sê EK, "As die wie ongehoorsaam was net wou luister, en gehoorsaam wou wees, sou julle nie nou uitgeroep het nie!"

[Elisabeth (Elisheva): Gedurende hierdie profesie het ek 'n visioen gesien van die gesalfde ring wat ek die Rooi See ring noem en vir 10 jaar lank gedra het en deurweek het in gebed.]

Ek sien 'n visioen---ek sien die Rooi See ring. Wanneer 'n pad nie vir jou oopgaan nie, wanneer jy terug is in jou geboorteland of enige ander plek, beveel die pad om dan oop te gaan in die naam van YAHUSHUA. Beveel die verhindering om verwyder te word! Omdat YAHUSHUA my herinner dat baie lyding deurgemaak moet word vir daardie tipe salwing wat in die ring is, want dit is kragtig!

[Profesie gaan voort:]

Almal van julle maak MY so gelukkig! Almal van julle maak MY so gelukkig! O MY kosbare Bruid julle weet wie julle is, EK HET JULLE SO LIEF! Kan julle nie MY sagte woorde hoor nie? Weet julle nie hoeveel julle vir MY beteken nie? Daar is geen opoffering wat julle gemaak het wat MY nie gelukkig gemaak het nie. EK IS LIEF VIR JULLE MY KOSBARE BRUID!

Vir die van julle wat gaste is by die Bruilofsmaal van die Lam, EK sal met julle dans, EK sal saam met julle lag, EK sal julle soen, EK sal julle druk, EK sal vir julle dankie sê! Want nie almal was bestem om MY Bruid te wees nie. O, maar die kosbare gaste, wat 'n prys het julle betaal, wat 'n prys sal julle nie betaal om by die Bruilofsmaal van die Lam te wees nie. Die Bruid sal jou omhels en die Bruid sal vir jou dankie sê vir die prys wat jy sal en moet betaal.

(Lof en aanbidding gaan voort)…….Heilig, Heilig, Heilig, ons aanbid en loof U YAHUSHUA, kom YAHUSHUA, kom vir U Bruid. Neem ons na 'n hoër salwing. Ons kan nie wag om U gesig te sien nie, Kom YAHUSHUA, kom vir U Bruid! Kan dit asseblief hierdie "Rosh Ha Shanah" 2006 wees? Ons wil saam met ons Bruidegom wees. Ons wil opgeneem word om U in die lug te ontmoet. Ons Aanbid U. Ons Loof U. Ons Bewonder U. Ons val op ons gesigte voor U. Kom YAHUSHUA kom. U Diensmaagd “Ringmaiden” roep uit na U en sê, "Kom YAHUSHUA kom." Ons Aanbid U. Ons Aanbid U. U is ons alles. Ons plaas U eerste in ons lewe, liefde en huwelike. Niemand kan met U vergelyk word nie. Ons wil met U getroud wees. Saam met U vir ewig wees. Ons sê kom YAHUSHUA kom. Kom vir u Bruid. Kom vir U vrou.

[YAHUSHUA PRAAT WEER]

EK sê, aanskou MY Bruid. Julle is Koninklikes in MY oë, regoor die wêreld is MY Bruid Koninklikes in MY oë. Hoe kan MY Bruid nie koninklik wees wanneer julle verloof is aan die Koning nie! Het EK nie gesê julle is soos 'n koningin Ester nie, julle is koninklik voor die hele Hemel. Wee oor enige een wat aan MY Bruid raak. Wee oor enige een wat MY Bruid vervloek. Wee oor enige een wat MY Bruid belaster. Wee oor enige een wat probeer om MY Bruid seer te maak, of wel MY Bruid seermaak. Dit sou beter gewees het as jy nie gebore was nie.

EK gee hierdie woord aan julle soos die Dag van Pinkster nader kom; verwag dat die salwing net sterker sal groei. Ontmoet met MY op die dag van Pinkster. Verwag 'n groter salwing; verwag om van MY te hoor, en julle sal groter openbarings sien.

So is dit gespreek, so is dit geskryf onder die salwing van die Glorie van YAHUVEH en YAHUSHUA.

Op 5/12/06 geëindig om 8:30 pm in Annecy, Frankryk.
Apostel Elisabeth Elijah (Elisheva Eliyahu)


* * * * * * *

Print Friendly and PDF