Profesie
85
Skree Dit Vanaf Die Huise Se Dakke! Skree Dit Vir
Die Wêreld! Internasionale Bruid Van YAHUSHUA, Kom Vorentoe!
Gegee
aan Apostel Elisabeth Elijah (Elisheva Eliyahu)
5 Mei 2006
Van Profesie 105 af, het YAHUVEH gesê hierdie moet van nou af op al die Profesieë geplaas word: Elisabeth (Elisheva) EK het jou lank gelede gewaarsku om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH ha KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH GLORIE se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk het.
“EK is YAHVEH, dit is MY NAAM; en MY EER sal EK aan geen ander gee, of ook MY LOF aan die gesnede beelde nie”. Jes. 42:8
In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook gesê dat die volgende uit 2 Kronieke voor elke Profesie gevoeg moet word:
2
Kronieke 36:16
“Maar hulle het die boodskappers van
ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die
gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen
genesing meer was nie.”
(skrifaanhalings vanuit : Woord en Getuienis bybel vertaling, behalwe wanneer anders aangedui)
*
* * * * * *
"Shalom" Geliefde Familie,
Ons
skryf die gedeelte omdat daar dinge genoem is in die profesie deur
YAHUVEH wat julle nie sal verstaan as ons nie 'n paar dinge duidelik
maak nie. Aangesien julle nie daar was nie sal ons julle inlig.
Ons
(Amightywind leierskap) bedank almal wat vir ons geskryf en vertel
het dat hulle ons in hulle gebede insluit, sommige was selfs gelei om
te vas en het nie geweet hoekom nie. Nou weet julle hoekom. Ons
vertel nooit vir iemand behalwe die wat ons die meeste vertrou, waar
ons is nie totdat ons daar aangekom het, of die meeste van die tyd
wanneer ons alreeds vertrek het. Op die manier het die duiwel nie
enige verwelkomings partytjies wat vir ons wag nie.
Die
vreemdste van alles is dat ons gedink het ons gaan na 'n ander land,
waar ons gereed gemaak het om 'n vlieg kaartjie te koop, na die land
waar 'n ander profeet nogsteeds vir ons wag. En ek, Elisabeth
[Elisheva] het wakker geword en gesê, "YAHUVEH het met my
in my slaap gepraat en gesê 'Gaan na Switzerland'". Nie
een van ons het enige iets, enige iets van Switzerland af geweet nie
en ons was vertel om eerste klas vlieg kaartjies te koop, alhoewel
ons nog nooit tevore met eerste klas gevlieg het nie. Ek het
gesondheids probleme gehad en ons het gedink dat dit die rede was.
Nou verstaan ons die belangrikheid om gehoorsaam te wees en 'n
kaartjie vir eeste klas te koop. Omdat, as julle hieronder lees sal
julle verstaan dat daar 'n ander rede was en hoe belangrik dit was.
Dankie aan almal wat hierdie uittog moontlik gemaak het.
Hierdie
profesie het die eerste oggend nadat ons in Zurich, Switzerland
geland het voort gekom. Ek wil verduidelik waarna Vader YAHUVEH
verwys met betrekking tot "Homeland Security" en die
moeilike tyd wat ons gehad het om uit Amerika te kom. By die Seattle
lughawe het ons langs 'n tonnel af gegaan om op die vlug na Zurich te
klim.
Op
pad het ons 'n paar "Homeland" offisiere in die tonnel sien
staan net voor ons op die vliegtuig sou klim. Dit het gelyk of die
offisier vir ons wag, terwyl hy al die ander laat verby gaan het en
net aanhou staar het. Hy het gestop en gevra, "Waarheen ons
gegaan het en waarom het ons soontoe gegaan". Hy het begin praat
oor geld en gesê dat ons net toegelaat word om soveel kontant,
wat $10,000 is, uit die land te neem. Hy het gevra hoeveel geld ons
gehad het, wat 'n redelike bedrag was, maar ons was ver onder die
toelaatbare limiet. Ons het vir ‘n oomblik gedink en 'n bedrag
gesê wat ek geglo het, korrek was.
Hy het toe
begin sê dat as ons nie min of meer die bedrag het wat ons sê
ons het nie, dan sal "Homeland Security" al ons geld
konfiskeer, en hy het vir ons gese dat ons 'n dokument moes teken,
wat verklaar hoeveel geld ons aan ons gehad het. Ek was senuweeagtig
maar het probeer om seker te wees dat ons akkuraat was met die syfer.
Ek het geglo ons was.
Wel, net nadat ons die vorm
ingevul en geteken het en begin agterkom het wat regtig aan die gang
was, het ons gedink ons moet eerder elke pennie in my beursie tel,
omdat “Homeland Security” dit wil hê. Terwyl ons
die geld begin tel het, het ek geweet dat ons in die moeilikheid was,
omdat ek baie meer geld gehad het as wat ek besef het, omdat Adam vir
ons $500 in Kanadese geldeenheid by die Pasga gegee het, en nog $500
in Kanadese geldeenheid by die Seattle lughawe toe hy ons afgesien
het.
Ek het al die Pasga geld geskenke in 'n koevert
gesit en dit nooit eers getel nie. Inteendeel, ek wou verras gewees
het hoe YAHUSHUA die geld verdubbel het, vir as dit tyd sou wees om
dit te gebruik wanneer ons in Switzerland aangekom het. Daar was
Euros wat vir ons gestuur was as Pasga geskenke, sowel as Engelandse
geldeenheid. Plus die geld in Amerikaanse geldeenheid wat ek in 'n
klein “mint” metaal boks gesit het, wat vir ons gegee was
met "Hanukkah" en my verjaarsdag, asook tydens "Purim".
Ek het dit gehou vir ingeval ons geld vir 'n noodgeval nodig sou hê.
Dit was regtig net onder die bedrag van $500. Ek het dit in my
beursie gehad maar heeltemal daarvan vergeet. Daar was 7 offisiere
wat deur al ons besittings gegrawe het en gesoek het vir elke pennie
wat hulle kon vind. Terwyl hulle deur alles gegrawe het, het die
offisier wat hierdie hele ding begin het, ons paspoorte gevra om te
sien of ons nie enige rekords teen ons gehad het nie. O, die
uitdrukking van teleurstelling op sy gesig toe hy uitgevind het dat
ons geen rekords teen ons het nie, nie eers 'n verkeerskaartjie nie!
Prys YAHUSHUA! Ons vliegkaartjies was met 'n kontant geskenk gekoop
en hulle was eerste klas, andersins is ons seker die vliegtuig sou
sonder ons vertrek het, en selfs die eerste klas kaartjies was nie
terugbetaalbaar nie. Die ander was alreeds op die vliegtuig, en sou
die vliegtuig vertrek het, sou hulle in Europa gewees het sonder geld
en ons sou alleen in Seattle gewees het. En as ons geld gekonfiskeer
was, dan sou ons nog sonder geld ook gewees het. Dit was 'n klein
voorbeeld hoe die "Homeland Security", wie ons ook "Gestapo
Police" gedoop het, dalk die Jode gehanteer het toe hulle alles
gesteel het wat hulle gehad het. Maar, YAHUVEH het alles onder beheer
gehad.
Vroeër daardie oggend het ek wakker
geword uit 'n droom wat 'n waarskuwing was oor "Homeland
Security". Ek het wakker geword, geskree en gehuil en gesê,
"Ons kan nie op daardie vliegtuig klim nie, daar gaan
moeilikheid wees met ons regering. Hulle gaan nie dat ons Amerika
verlaat nie".
Ek
het geweet YAHUSHUA het ons gewaarsku wat die duiwel beplan om te
doen en dat ons nou daarteen moes bid sodat dit nie gebeur nie. Ons
het vir ure gebid en satan bestraf, betrokke geraak in geestelike
oorlogvoering en was in barensnood in die Gees, en het toe vrede
gehad en het ‘n woord van YAHUVEH begin voortspreek. HY het
gesê, "satan wil julle in 'n strik vang, maar niks kan
gebeur wat EK nie toelaat nie en EK sal dit nie toelaat nie. Die Rooi
See sal oopgaan vir julle."
Daarna het ek vrede
gehad en weer aan die slaap geraak. So ek wil sê, ons kan nie
sê dat ons nie vroegtydig gewaarsku is van die strik wat vir
ons gestel was nie. Ons het net nie geweet waar die strik sou wees
nie. Nou kon ons dit duidelik sien. Ek het gebewe onder die salwing
op daardie tydstip. Dit was hierdie profesie wat opgesluit was soos
vuur in [my] bene, omdat YAHUVEH kwaad was omdat ons soos kriminele
behandel was. En tog, was dit ons eie geld, net omdat ons nie die tyd
gevat het om elke pennie te tel nie. Wat 'n tragedie dat Amerikaners
toelaat dat hulle privaatheid so gesteel word soos dit. Ons is lankal
nie meer die land van die vry en brawes nie soos Profesie 84 sê
nie, "WAAK TEEN DIE ILLUSIE."
Teen hierdie
tyd was die vliegtuig vol, behalwe vir ons en hulle het vir ons gewag
sodat hulle kon opstyg. Terwyl hulle ons kontant getel het, het een
offisier in besonder aangehou vra waar ons die geld gekry het, wat
ons vir 'n lewe gedoen het, ens. Ons het hom vertel dat ons
bedienaars was. Nodeloos om te sê, nadat hulle klaar was het
ons meer geld gehad as wat ons verklaar het, en hulle sê toe
dat hulle hul toesighouer sal moet inroep, om te sien of hulle ons
geld gaan konfiskeer. Ons was ernstig besig met gebed, soos julle
teen hierdie tyd kan dink.
Daar was 7 van hierdie
"Homeland Security" offisiere wat daar gestaan het, besig
om te besluit wat om te doen, omdat hulle nie hul toesighouer in die
hande kon kry nie. Uiteindelik het een van hulle gesê, "Kom
ons gee hulle die voordeel van die twyfel en glo dat hulle regtig nie
geweet het hoeveel kontant hulle gehad het nie en laat hulle aan
boord van die vliegtuig gaan". As ons nou 'n groot bedrag geld
gehad het sou ons kon verstaan hoekom dit gebeur het. Maar net 'n
bietjie meer as dit wat ons neergeskryf het, was belaglik.
Ons
het ‘n 'Amen' daarop gesê, ons besittings bymekaar gemaak
en aan boord van die vliegtuig gegaan, om nooit weer vir Amerika te
sien nie. O, ja, daar is een ding wat ek vergeet het om te noem. Ons
het verskeie een-ons goue muntstukke in my beursie gehad, wat as 'n
geskenk aan ons gegee was deur 'n ander lid van die Bruid in
Australië, genaamd John. Hy het dit vir ons laas jaar gestuur
omdat YAHUSHUA vir hom gesê het om dit vinnig te stuur indien
ons geld vir 'n noodgeval sou nodig hê of waar ons dit kon
verruil op ons toer. Ons weet nooit wat kan gebeur nie. Ek het dit in
my beursie gehou binne in 'n sakkie so groot soos 'n grimeer
sakkie.
Een van die offisiere het dit gekry en
daarna gekyk en ons het hom dopgehou en stilweg ernstig gebid, toe hy
opgekyk het na ons met 'n goue muntstuk in sy hand, verseël in
plastiek, en sê, "Wat is hierdie, aandenkings?" Ons
het gesê, "Ja, jy kan dit sê", met 'n groot
glimlag op ons gesigte. Ons weet dat hulle alles sou gehou het as die
goud ook getel was, en hulle sou dit alles in elk geval gehou het as
YAHUVEH en YAHUSHUA nie aan ons kant was nie. Ons weet dit, ons het
soos kriminele gevoel net omdat ons kontant moes hê om te
hervestig in 'n ander land, en alhoewel ons Hemelse Vader in beheer
was, was dit steeds baie senu-tergend. satan het probeer om enigiets
te gebruik wat hy kon om ons te keer van hierdie missie om met die
Internasionale Bruid van YAHUSHUA te vergader, en 'n nuwe, vars
salwing na die lande te bring wat ons besoek. Waar ons gaan, volg
tekens, wonders en wonderwerke, alles vir die Glorie van YAHUVEH en
YAHUSHUA ha MASHIACH.
Na hierdie ondervinding, het ons
aanhou vra vir YAHUVEH hoekom hulle so op ons afgekom het, omdat ons
geweet het dat ons 'n teiken was en HY hierdie droom gegee het.
In
die droom het ‘n broer agter die mense gestaan wat na x-straal
masjiene gekyk het, terwyl hy na die skerm gekyk het. Hy het toe
homself gesien deur die x-straal masjien gaan, maar hy was steeds
agter hierdie mense wat ook na die skerm gekyk het. Die skerm het toe
die presiese bedrag kontant wat hy aan hom gehad het, begin flikker.
So, terwyl hulle die masjien het en duidelik kan sien hoeveel kontant
jy aan jou het, was al hierdie niks meer as teistering nie, vir een
rede, omdat "Homeland Security" net 'n ander manier is om
die vryheid en privaatheid van Amerikaanse burgers weg te neem.
Ons
is spyt dat ons Amerikaners genoem word, omdat ons inderwaarheid met
respek en meer regte vir ons privaatheid, in Europa en ja, selfs
Afrika, behandel was. "Homeland Security" het geen
begroting nie, dit is 'n finansiële bodemlose put wat geskep is
deur President Bush en dit sal gebruik word, en word gebruik, teen
die onskuldige burgers van Amerika om te steel, dood te maak en ons
vryhede en reg op privaatheid weg te neem. Lees hieronder en sien wat
YAHUVEH sê omtrent "Homeland Security" en ander
organisasies in ander lande wat dieselfde doen onder ‘n ander
naam.
Ons moes na 'n veilige plek gaan om hierdie
profesie vry te stel en ook ander wat nog nie vrygestel is nie. Ons
is jammer dat dit so lank geneem het, maar dit kon nie verhoed word
nie. Ons weet dat, al dink ons dit is laat, is dit regtig op tyd,
omdat dit YAHUVEH se tydsberekening is. Miskien sal ons ondervinding
iemand anders kan help.
Ter afsluiting, glo ons
waarlik dat die finansiële geskenke wat vir hierdie Bediening
gegee is, deur Heilige mense gegee is, veral die Bruid van YAHUSHUA
se finansiële geskenke, en satan was daardie dag gestop. Wanneer
hierdie profesie gekopieer en gedeel word, maak asseblief seker dat
die verduideliking ingesluit is sodat ander dit sal verstaan.
*
* * * * * *
PROFESIE 85
Skree
Dit Vanaf Die Huise Se Dakke! Skree Dit Vir Die Wêreld!
Internasionale Bruid Van YAHUSHUA, Kom Vorentoe!
Jy
het dit nie vooraf geweet nie, Elisabeth [Elisheva], maar EK het dit
nou net vir jou in 'n visioen gewys. Toe julle voete neergesit het in
Zurich, Switzerland, het EK bewys dat EK julle veilig uit Amerika kon
kry. Alhoewel julle nog nooit ‘n wet oortree het nie, wou satan
nie hê dat julle daar weggaan nie, omdat hy nie wou hê
dat hierdie salwing losgelaat moet word en dat julle persoonlik jul
voete op die lande moes plaas nie. satan wil nie hê dat julle
moet saamkom met die Internasionale Bruid van YAHUSHUA nie.
Ten
spyte van dit wat die vyand probeer doen het, het die hele Hemel
toegejuig, die Engele het toegejuig, in die Hemel het die ramshorings
weerklank, omdat hulle sê dat daar niks sterker in Amerika is
as "Homeland Security" nie. Maar EK het bewys en EK sal aan
almal bewys dat die wat MY toets en in MY glo, wie aan MY gehoorsaam
is, wie die KRAG ken van MY Heilige Name. EK, YAHUVEH, maak hierdie
plegtige eed: Diegene wat die waarhede volg wat EK gegee en
voortgespreek het in hierdie Bediening, sal dieselfde oorwinning hê
oor "Homeland Security" of in watter naam ookal dit
aangespreek word in die nasies. Want soortgelyke agentskappe is
opgestel om nie net die kriminele nie, maar die onskuldiges vas te
trek.
En in die komende dae van donkerte, sal dit
die Heilge mense wees wat 'n teiken van hulle sal wees. Net so seker
as wat EK julle gewys het geen krag is groter as EK, die Groot, “EK
IS” YAHUVEH, wanneer julle na MY kom in YAHUSHUA ha MASHIACH se
Naam, sal EK die Rooi See open. EK sal diegene stop wat probeer om
julle te vervolg. Julle wie MY Heiliges is, wie uitskree in die Naam
van YAHUSHUA ha MASHIACH net soos in die ou tyd, EK sal julle
verlos.
So julle sien MY kinders, daar was 'n ander
rede dat EK julle Europa toe gestuur het, en dit is om te bewys,
wanneer EK die Rooi See oop maak, sal die ander ook deurgaan. O
Amerika, julle plaas julle sekuriteit in iets wat julle noem,
"Homeland"? EK sal julle "Homeland Security" wys,
julle is net gepas vir een ding en dit is MY, YAHUVEH se verwoesting.
EK, YAHUVEH spreek dit nou. Julle probeer MY Kinders verhinder, julle
probeer MY Kinders vertraag, EK sê nee. Julle het amper
toegelaat dat hulle daardie vliegtuig verpas het. Julle wou van MY
Kinders steel, julle wou MY Kinders arresteer en julle het nie eers
'n parkeer kaartjie teen hulle gehad nie en julle kon nie verby die
Bloed, wat vir hulle Gestort is op Golgota, gaan nie. Julle kon nie
verby MY, YAHUVEH gaan nie, omdat hulle hul sekuriteit in YAHUSHUA en
MY geplaas het. Hulle het MY gehoorsaam en hulle het gevlug voor die
dae van verwoesting kom.
Nou spreek EK hierdie
voort! Skree dit vanaf die huise se dakke, skree dit vir die wêreld.
EK het julle bevry, soos 'n teken sal EK ander ook op dieselfde
manier bevry. EK het julle uit Amerika gestuur, julle uittog, om
nooit weer terug te gaan nie. Net soos EK met julle gepraat het, net
so het EK met die ander gepraat en hulle het nie geluister nie en
hulle het nie geleer nie en tog word hulle geroep deur MY Naam. So
baie sal moet leer op die harde manier. Hulle glo die waarhede wat
julle glo en tog het hulle gebly. Maar EK stuur julle voort in
hierdie Messiaanse Joodse Laaste Kans Bediening om die mense van
Amerika en Kanada te vertel dat wanneer EK hulle vertel om te vlug,
dat hulle eerder moet vlug. Andersins moenie by MY kom huil nie.
Onthou daar is altyd vrede in die oog van die orkaan. Kanada, EK het
jou jare terug deur hierdie profeet gewaarsku, om nie in jou suster
Amerika se voetspore te volg nie, maar het jy geluister? Nee, jou
bespotting het net erger geword.
Wanneer hierdie
lande afgeskort is, Elisabeth [Elisheva] soos EK jou oor en oor in
hierdie visioen gewys het. 'n Groot rooi weggooibare beker gemaak van
swaar plastiek en 'n groot hand vat daardie beker, oor 'n klein bang
muis, 'n klein wit muis, en maak dit toe met die drukking van die
hand, en die muis hardloop vorentoe en agtertoe onder die beker,
wetende dat daar geen wegkom kans is nie, dit is julle. Die wat sê
hulle is Heilig, die wat uitskree in MY Naam, en tog dring hulle
daarop aan om te bly. EK profeseer nou, dit is julle. As julle nie
vlug en doen wat EK julle sê om te doen wanneer EK julle vertel
om te vlug nie, julle moet gehoorsaam wees. Andersins is dit julle,
julle is die bang wit muis en julle regerings is die hand wat julle
sal verhoed om te vlug.
Wanneer EK julle vertel om
te verkoop wat julle het, ontsnap terwyl julle nog kan vlug. Menigtes
van julle bevraagteken MY nogsteeds. Hoekom dink julle het EK julle
vertel om Pasga te doen? Selfs al het jy dit nog nooit voorheen
gedoen nie, het EK julle gewaarsku om dit te doen sodat die engel van
die dood oor julle sou verby gaan en nie julle families of huise sou
aanraak nie, en die vloeke nie oor julle kan kom nie. Hoeveel van
julle het geluister toe EK deur hierdie “Ringmaiden”
voort gespreek het en julle 'n mandaat gegee het om dit te doen. Na
die Pasga kom ‘n uittog. Elisabeth [Elisheva] het geen idee
gehad dat hulle uittog sou kom sonder enige voorafgaande waarskuwing
nie. Tog het EK julle gewaarsku. Hulle gaan voor julle.
Amerikaners
en Kanadese, hardloop, vlug terwyl julle kan, as julle weet dat julle
weet dat EK julle so vertel het. Wees gehoorsaam. Onthou, EK het
julle vertel dat die lande wat derde wêrelds genoem word,
alhoewel hulle armer is, die veiligste sal wees van die korrupte, ryk
regerings wat die antichris as deurwagter sal aanneem, en tog noem
EK, YAHUVEH, hom die seun van satan, die seun van verdoemenis, wie
die Merk van die Dier bring. Moenie enige regering vertrou om julle
te beskerm in die komende dae van donkerte nie, want EK stuur
"Amightywind" om gebruik te word as 'n standaard teen die
bose in hierdie wêreld en die boosheid wat na hierdie wêreld
kom. Memoriseer die skrifte wat julle sal bemoedig terwyl julle dit
steeds vrylik kan lees. Die tyd gaan kom wanneer die woord weggesteek
moet word op 'n ander manier.
Maar vir die van julle
wat moet agterbly in Amerika en Kanada, EK gee MY vrede wat alle
verstand te bowe gaan en EK het MY Heiliges wat moet agterbly, dit is
waar julle geloof sterk moet bly. Maar jy moet beter weet dat jy weet
dat jy weet dat EK jou gesê het, om te bly en nie te gaan nie.
EK dank julle dat julle MY toelaat om julle as 'n geseënde
geskenk vir hierdie Bediening te gebruik. En soos hulle in 'n groter
salwing loop en geseën en beskerm is, net so ook is julle
gesalf, geseën en beskerm. Die skaak stukke is nou op die bord,
alles is in plek. Aan MY vyande en die vyande van hierdie Bediening,
nou baie binnekort, gaan EK, YAHUVEH, sê, "SKAAKMAT!".
Kanada
jou noodlot is dieselfde as Amerika. Wanneer EK kyk na Amerika en EK
kyk na Kanada, is daar geen verskil nie. Julle is sonde, julle is
stank, julle is mis in MY oë. O, EK sal begin om te profeseer
vir die ander lande, maar nou is MY oog op die een wat soveel van die
pad afgelei het. Amerika, jy sal betaal. Nou kan hierdie profeet die
woorde van vuur voort spreek, wat EK bewaar het. In die komende dae,
soos julle die dag van Pinkster (die gedenkdag van die afdaling van
die Heilige Gees oor die Disippels en die Vroulike volgers van
YAHUSHUA) nader, elkeen wat aan MY behoort, elkeen wie op MY Heilige
Naam roep, moet eerder begin om Psalm 91 oor en oor op te sê,
omdat hy MY Naam ken, sal hy MY aanroep in nood en EK sal hom
antwoord en EK sal hom bevry, EK sal nie jok nie.
Die
wie MY Sabbat Dag eerbiedig, die wat aan MY "Torah"
(Hebreeuse leerstelling) gehoorsaam is, die wat YAHUSHUA aanbid, EK
sal julle antwoord, EK sal julle bevry. Die wat hierdie Bediening
liefgehad het, omdat net MY Woorde voortgespreek is, EK sal jou
antwoord, EK sal jou bevry, as julle maar net gehoorsaam wil wees. As
julle agterbly omdat julle sê, "O, maar my man is nie
gered nie," as julle agterbly en sê, "O, maar my vrou
is nie gered nie," as julle agterbly en sê, "O, maar
my kinders is nie gered nie"…moet EK julle nog herinner
wat het met Lot se vrou gebeur? En so sal dit weer wees.
Julle
kan nie eers dink wat EK vir julle beplan het nie, o Amerika en
Kanada. Die wat vlug vanaf Amerika en dink hulle gaan na 'n veilige
hawe genaamd Kanada, die in Kanada vlug na wat hulle dink is 'n
veilige hawe in Amerika…maar hulle is almal dieselfde, daar is
geen verskil nie, hulle albei spot MY Heilige Naam! Die van julle wat
dink julle ontsnap armoede om na 'n ryk land te kom; julle het nie 'n
idee wat hulle aan julle sal doen nie! EK het meer kinders wat gesalf
en Heilig is in die armer lande as wat EK het, in al die ryk lande
saamgevat. Meer van die Bruid van YAHUSHUA is wat EK noem die
Internasionale Bruid van YAHUSHUA. So min word gevind in die ryk
nasies. Afrika Bruid van YAHUSHUA, kom vorentoe. Stel julleself voor
aan hierdie “Ringmaiden”. Julle gebede is die Lig wat die
boosheid terughou om Afrika heeltemal oor te neem.
O,
EK weet die meerderheid van die Europese kerke is net louwarm. Julle
is slegs waardig om uit MY mond gespuug te word en tog fokus EK nie
nou al in op julle nie. Inteendeel, EK, YAHUVEH, beveel die Europese
Bruid van YAHUSHUA, kom vorentoe. Stel julleself voor aan hierdie
“Ringmaiden”; dit is julle gebede wat gehelp het om my
wraak op Europa terug te hou, tot dusver.
Soos julle
die pryse van petrol sien opgaan in Amerika, sal julle 'n vrees oor
die mense sien kom, wat hulle nog nie geken het nie. Want julle sien,
die olie maatskappye sê dat dit julle is wat hulle besit. En
hulle gaan julle verpletter. Hoe dink julle gaan julle finansies nie
verpletter wees nie? Soos julle die pryse in alles sien opgaan. Net
wat julle vir YAHUSHUA gedoen het, sal bly staan, dit is die enigste
manier hoe EK, YAHUVEH, julle finansiële seëninge sal
vermenigvuldig. Vir die van julle wat julle geloof plaas in iets
genaamd
olie,
swart vloeibare goud, in plaas daarvan om julle geloof te plaas in
MY, YAHUVEH, in MY SEUN YAHUSHUA ha MASHIACH se Naam, julle sal vrees
ken soos julle dit nog nooit geken het nie. EK praat met die wie
hulle self Christene noem. Julle moes eerder gebid het en vir MY
beskerming gevra het. In plaas daarvan het julle jul geloof om
beskerm te word in iets gesit wat julle "Homeland Security"
noem, in plaas daarvan om te glo, in God YAHUVEH, sal ek vertrou.
Nou, o Amerika, nou, o Kanada, nou is julle net bevoeg dat EK julle
sal verpletter.
O, maar die van julle wie se name EK
geskryf het in die Lam se Boek van die Lewe, voor die grondlegging
van die aarde. Die wat uitskree na MY, die wat uitskree in die Naam
van MY SEUN YAHUSHUA, hou net julle geloof en hou styf vas en moenie
laat los nie. Hou styf vas aan die soom van YAHUSHUA se kleed en
moenie laat los nie. Maak nie saak wat gebeur nie, moenie laat los
nie. As EK julle vertel het om agter te bly dan sal EK julle beskerm
waar julle bly. Maar as EK julle vertel het om te vlug, onthou dat
julle ongehoorsaam is aan MY as julle nie gegaan het nie.
Nou
Elisabeth [Elisheva], het julle 'n nuwe adres om op te sit. Julle pos
hoef glad nie meer aangestuur te word vanaf Oregon nie. Julle het nie
meer hierdie ekstra uitgawe nodig nie. Julle het MY toestemming om
julle adres in Alaska op te gee.
'n Nuwe salwing het
regoor Europa gekom toe julle voete daarop land. Nou sal die kragte
van lig en donkerte in groter maat oorlog voer. Want die Bruid in
Europa gaan weet dat hulle nie langer alleen is nie. O, hulle het MY
nog altyd gehad, maar hulle het aanhou vra, "O, waar, O, waar is
die ander?" Nou is die tyd wat EK begin om julle bymekaar te
bring. Dit wat soveel jare terug geprofeseer is en 'n splinternuwe,
meer kragtige salwing. MY Bruid sal voortgaan en oorlog voer teen die
bose geeste regoor die wêreld.
Elisabeth
[Elisheva], jy sal 'n manier kry om op daardie Internet te kom. Daar
is een wat vir jou geskryf het en jy moet haar dadelik kontak, omdat
dit in MY Naam is in wie sy aanhoudend bid. Daar is 'n Duitse Bruid
wat jy vorentoe moet roep; hulle het jou eenmaal tevore gekontak en
nou moet jy hulle weer kry. YAHUSHUA het 'n Italiaanse Bruid en
wanneer EK praat van Bruid, dan praat EK van meer as net een.
Italiaanse Bruid van YAHUSHUA, kom vorentoe. Stuur julle uitnodigings
nou en stel julle self voor aan die “Ringmaiden”. Is
julle bereid om te deel wat julle het met hierdie Bediening? Sal
julle hulle omsluit met julle gebede en liefde?
Oor
al die nasies van Europa, nou roep EK, YAHUVEH, julle vorentoe! Kom
en vergader met hierdie “Ringmaiden”, omdat daar 'n nuwe
salwing is wat oorgedra sal word soos julle almal julle lantern
liggies saam bring, dit sal meer van die donkerte regoor Europa uit
blokkeer. Dink daaraan. Hoe meer lig, hoe minder donkerte. Europa
julle is bedek met donkerte! Maar EK bring die lig om die donkerte te
verdryf. Europese Bruid, is julle bereid om te deel wat julle het met
hierdie Bediening? Is julle bereid om julle salwing saam te
bring?
In die komende dae sal profesieë
voortkom vir Europa en ander lande. Amerika, jy het geweier om te
luister. Kanada, jy het geweier om te luister. Toe [hulle] vertrek
het, het hulle die stof van hulle voete afgeskud en EK het hulle
hulle instruksies gegee. Moenie weer ingaan nie, omdat dit sal wees
soos toe Lot teruggegaan het in Sodom en Gomora, waar EK hulle vertel
het om te vlug. EK sal goedgunstelik almal onthou wie 'n seën
was vir hierdie Bediening, almal wat dit moontlik gemaak het om te
vergader met die Internasionale Bruid. Hoe meer julle gedoen het, hoe
meer beskerming sal EK vir julle gee, meer genade. Want julle sal
dieselfde seëninge deel as hierdie “Ringmaiden” wat
hier voort spreek.
Diegene wie weier om hierdie
Bediening te ondersteun, julle weet dit nie, maar julle is net besig
om seëninge van julleself te steel, seëninge wat EK vir
julle voorbehou het. Hierdie is die woorde, MY Kinders, wat julle
moet op sit saam met die woorde wat EK julle in Seattle Lughawe gegee
het voordat julle na Europa vertrek het.
O,
Elisabeth [Elisheva], jy het MY so gelukkig gemaak, omdat jy in
geloof loop en nie met sig nie. Toe EK jou vertel het om weg te gaan,
het jy MY nie bevraagteken nie, julle was net gehoorsaam. Toe EK
julle na 'n buitelandse land stuur, het jy gesê, "Maar ek
praat nie hulle taal nie," en tog was jy net gehoorsaam. O, hoe
bly maak julle MY nie; het jy regtig gedink dat EK julle sal laat
honger ly? Jy het gesê, "O, maar die pryse is so hoog
hier." Het EK, YAHUVEH bankrot geraak en niemand het MY vertel
nie? Weet julle nie dat julle al die Hemel se goud en silwer tot
julle beskikking het, soos EK dit wil hê nie?
Wanneer
EK julle vertel om 'n Heilige Byeenkoms plek te kry en verwag dat
ander ook sal kom, weet EK dat julle gehoorsaam sal wees. Dit is MY
eer om julle op hierdie manier te seën. En Groot, Groot, Groot,
sal die seëninge wees van [hulle] wat groot onkostes aangegaan
het, julle deel dieselfde seëninge, omdat julle een is. Jy het
hulle omhels en hulle gesoen en jy het geweet dat dit EK was in
daardie soene en drukkies. Voor die hele wêreld bedank EK jou
nou. EK seën jou omdat dat jy gehoorsaam was.
Adam,
weer het EK jou voort gestuur, waar jy vanaf Vancouver na Seattle
gegaan het met groot onkoste. Jy het gekom in MY salwing, jy het
gekom in MY liefde. EK het geweet EK kon jou vertrou, omdat jy die
een was wat EK gestuur het toe hulle Seattle verlaat het en na Alaska
gegaan het. So EK het geweet EK kon jou weer vertrou, en Adam M. jy
het MY nog nooit in die steek gelaat nie en O, hoe seën EK jou
nie. En daar is twee Kathy's. Julle ken julle vanne. Net soos julle
'n seën vir hierdie “Ringmaiden” is, is julle 'n
seën vir MY, YAHUVEH, en MY SEUN YAHUSHUA. MY dierbare geliefde
dogter Kathy A., jy werskaf om al die profesieë wat EK vir
Elisabeth [Elisheva] gegee het in boeke vrygestel te kry, wat sal
wees as ‘n versteekte waardevolle skatte huis van geloof,
tydens die tyd van die Groot Verdrukking. Kathy A., jy wie die ekstra
myle gegaan het en opofferings op alle maniere gedoen het, weer sê
EK voor die wêreld, jy is so 'n seëning. EK verorden dat
jou naam grootliks ge-eer word in die Hemel saam met jou gebede en
tiendes en offergawes.
MY Heiliges wat finansieel
opgeoffer het sodat EK hierdie Bediening regoor die wêreld kan
gebruik om te preek, julle name is geskryf in 'n boek van seëninge
saam met Adam en Joseph W. in Hong Kong wie so getrou was vir so
lank. EK roep julle name voort om julle te bemoedig. Groot! Groot!
Groot! Groot, sal julle seëninge wees, want waar ookal hulle
voete gaan, in die gees, so sal julle ook gaan. In die Hemel, wanneer
belonings uitgedeel word vir die siele wat hierdie Bediening na
YAHUSHUA toe gelei het, sal julle almal by hulle staan. Sonder julle
wat 'n seëning is vir hulle, wie sou EK gebruik het om 'n
antwoord op hulle gebede te wees? EK gebruik mense om mekaar te seën,
hoe meer jy ander seën, hoe meer sal EK, YAHUVEH jou
seën.
Daar is van julle wie se name EK nie
voortgespreek het nie en julle het finansiële opofferings gemaak
vir hierdie Bediening. Wees verseker dat dieselfde seëninge ook
vir julle gereserveer is, geliefde kinders, omdat EK weet wie julle
is. O, geliefde dogter Sharon M., deur hierdie baie jare was jy oor
en oor 'n seën. Jy is soos die weduwee van Sarfat en jy deel die
bietjie wat jy het om plek te maak vir meer seëninge. Jou geloof
en gehoorsaamheid eer MY.
EK het die rykes na
hierdie Bediening gestuur en julle ken MY stem en tog staan julle ver
weg, sonder om julleself eers voor te stel, en tog is dit die Salwing
van die "RUACH ha KODESH" (Heilige Gees) wat julle hierheen
trek. Is julle gewillig om dit waarmee EK julle geseën het te
deel, om te help werk in hierdie oesland saam met hierdie Bediening?
Het julle nog nie besef dat julle rykdom julle nie gesond sal maak en
onderhou in die Groot Verdrukking nie? Het jy nog nie besef dat die
waarhede wat jy hier leer jou sal voed en onderhou nie? En wanneer jy
geloof nodig het om aan te gaan of wonder wat volgende gaan gebeur,
het EK dit alreeds geprofeseer. Het EK jou nie oor en oor oortuig om
'n seën vir hierdie Bediening te wees nie, sodat EK 'n groter
seën vir jou kan wees?
Het julle nog nie
agtergekom dat wanneer julle ander seën wat gebruik word as MY,
YAHUVEH, se mondstuk, dat julle MY, YAHUVEH, en YAHUSHUA seën,
en dat julle seëninge en skatte in die Hemel berg nie? Sê
MY Woord nie, "As julle net 'n slukkie water vir my profeet
aanbied, dan sal julle 'n profeet se beloning ontvang"? Hoekom
vertel EK dit alles vir julle in die midde van 'n profesie? Omdat so
baie van julle wil weet hoekom julle gebede nie beantwoord word nie?
Hoekom groei die salwing nie sterker nie? Daar is 'n prys om te
betaal vir MY seëninge en dit word GEHOORSAAMHEID genoem.
Dit
is hartseer om te sê, maar daar is van MY Kinders wat hierdie
lees en hoor en sê, "Ek herken die stem van YAHUVEH. Ek
kom hierheen om te sien wat HY sê…maar ek weier om
hierdie Bediening te ondersteun of te bemoedig op enige manier".
Hoeveel van julle het begin as 'n seën en daarna in 'n vloek
verander, wat n kompromie aangaan vir wat julle weet waar is? Julle
het na MY uitgeskree en gesê, "Waar is die antwoorde op my
gebede, waar is my bevryding en my genesing? Waarom is my sielsgenoot
teruggehou?” Dit is julle laaste kans om 'n seën te wees
en te gehoorsaam!
Word julle nie gevoed deur hierdie
gesalfde, geestelike, groen weivelde en groei in wysheid en
openbaring nie? Net omdat ander die prys betaal om vrylik MY woorde
te voer vir MY lammers en skape en aan almal wat omgee om te hoor,
regoor die wêreld. Dink julle nie daar is 'n prys wat hierdie
profeet wat EK gebruik om deur voort te spreek, betaal nie, tesame
met almal wie by haar staan en geestelik in oorlog tussenbeide tree
en bid, en tog hou hulle aan om MY wil en weg te doen. Hoe min van
julle wat hierdie lees en wie hulle liefde vir YAHUSHUA verklaar, sal
gewillig wees om die prys te betaal vir wat dit vat om hierdie woorde
voort te spreek, wat nie vir ore is wat jeuk nie, om ‘n
Bediening te ondersteun wat weier om ‘n kompromie aan te
gaan.
Oral waar hierdie gesalfdes hulle voete
neersit, sal of MY seëninge of vloeke volg, in elke nasie, sal
of redding of oordeel volg. So sal dit wees met almal van YAHUSHUA se
Bruid. Die Bruid van YAHUSHUA ha MASHIACH…begin om uit te roep
en te vra vir jou bruidskat ("dowry"), die een wat EK vir
jou gereserveer en eenkant gesit het. Soos wat EK dit vir die
“Ringmaiden” gee, net so sal EK dit vir jou gee. Want die
rykdom van die goddeloses is gestoor vir die Bruid van YAHUSHUA ha
MASHIACH en dit is jy. Want EK weet wie dit sal gebruik vir MY Glorie
en MY Glorie alleen.
EK, YAHUVEH, het hierdie
waarskuwing vir die wat ingekom het as 'n vriend, wat finansiële
geskenke bring en dan toegelaat het dat satan inkom en jou in 'n
Judas verander het. Dit sou beter gewees het as julle nooit die naam
van hierdie “Ringmaiden” gehoor het nie, omdat EK julle
sal laat swaarkry vir al die bedroefdheid wat sy voel deur julle
verraad en elke traan wat sy oor julle gestort het. Toe julle haar
verraai het, het julle die een verraai wat gestuur was om 'n seën
te wees en nie 'n vloek nie. Wanneer julle gebede nie meer beantwoord
word nie en julle wonder of EK 'n dowe oor na julle hulp krete
gedraai het, wanneer julle jul ergste vrese agterkom, en dit alles
oor satan, 'n leuenaar wat julle geglo het, en ‘n kompromie mee
aangegaan het. Wanneer julle hier is tydens die Groot Verdrukking en
ongenadiglik swaarkry, moet julle nie wonder hoekom nie. Het EK nie
gewaarsku nie, "Moenie aan MY gesalfdes raak nie en ook nie
enige van MY Profete seer maak nie"? Wanneer sal julle leer,
verraad deur 'n vriend is die ergste leuen? As julle nie berou en
bely wat julle gedoen het nie, sal julle die noodlot van ‘n
Judas ly en die geliefde een waarvoor jy ons verraai het, sal
doodgaan.
Elisabeth [Elisheva], alles wat EK julle
gegee het, het julle agtergelaat vir ander. Al wat julle gevat het
was julle tasse en nie eers die voertuie wat EK julle gegee het nie.
Omdat julle die geskenk van 'n voertuig van julle drome, agtergelaat
het, O, maar EK sal julle seën. EK sal nie een goeie ding van
julle weerhou nie. EK sal met die Heilige mense se harte praat en
julle wat lees en luister, dit is julle wat weet dat julle geroep is
en gekies is om saam met hierdie Bediening te staan. Aan julle is die
geskenk van behulpsaamheid gegee. EK het julle geseën in julle
werk. Saam word julle geroep om te werk in hierdie oesland om MY
waarhede regoor die nasies van hierdie wêreld te neem. EK
spreek dieselfde seëninge oor julle. EK sal geen goeie ding
weerhou nie en julle sal onsigbaar wees vir die vyande wat julle
ondergang soek.
So Bruid van YAHUSHUA ha MASHIACH,
EK praat nou met daardie in Europa. Is julle bereid om wat julle het
te deel met hierdie Bediening? Bring julle helder aangesteekte
geestelike lanterns saam en wees 'n seën vir mekaar en bring dit
soos die vyf wyse maagde dit gedoen het. Die ligte sal groei soos 'n
vuurtoring baken lig en julle salwing sal groei en saam sal julle een
word in MY. O, die tekens, wonders en wonderwerke wat julle sal sien
in YAHUSHUA se Heilge Naam as julle maar net geloof sal hê en
glo. EK, YAHUVEH, sal verheerlik wees, vir die Glorie van MY SEUN
YAHUSHUA ha MAHIACH.
EK spreek hierdie woorde nou voort.
Moenie bang wees nie, O, Bruid in Israel, en moenie dink dat EK nie
omgee nie, want EK sal hulle na julle toe ook stuur. Dit is net 'n
eerste tree om hulle daar te kry. Bruid van YAHUSHUA ha MASHIACH in
Israel, kom vorentoe. Stel julleself voor aan hierdie “Ringmaiden”,
want dit is deel van hierdie Bediening se werk om te bid vir seëninge
en beskerming oor die Bruid van Israel. Julle is een met haar net
soos sy een (is) met julle. Is julle bereid om te deel wat julle het
met hierdie Bediening? Dit is nou die tyd om te begin om haar uit te
nooi en om te begin bid en tussenbeide te tree, vir hierdie Bediening
om te kom en die Heiliges in Israel te seën, om te bid dat die
vyande sal weg hardloop in sewe verskillende rigtings. Oordeel sal op
die goddeloses val en hulle sal binne in die parskuip van MY, YAHUVEH
se woede val. Bid, o Bruid van Israel en Bruid van die Midde Ooste,
wie aan YAHUSHUA behoort, dat die salwing op hierdie Bediening groter
sal word sodat julle salwing ook groter sal word.
EK,
YAHUVEH, praat met die Internasionale Bruid van YAHUSHUA. EK gee
julle hierdie opdrag. Help hierdie “Ringmaiden” om die
wêreld te bereik vir YAHUSHUA se Glorie. Wees vrywillig en
vertaal hierdie profesieë in julle verskeie tale. Daar is 'n
Hebreeuse lid van die Bruid van YAHUSHUA wat hierdie nou lees en weet
hulle moet al die profesieë in Hebreeus vertaal. Ander weet dat
hulle hierdie profesieë in Afrika tale en Arabies moet vertaal.
Hoekom het julle nie vorentoe gekom en julle voorgestel aan hierdie
Bediening nie? Hoekom is die Internasionale Bruid van YAHUSHUA nie
gehoorsaam nie, en gebruik die seëninge, geskenke en talente wat
EK, YAHUVEH, vir julle gegee het nie? Hoekom verberg julle dit waar
dit geen waarde vir enige een is nie?
Vir die ander
wat begin werk het aan die vertalings van die profesieë in julle
tale, EK het hierdie vraag vir julle. Hoekom maak julle nie klaar
waarmee julle begin het nie, die werk teen die muur, voel julle so
min vir julle eie land? Almal van julle wat dit gedoen het, EK sal
julle die vraag eendag vra voor MY Troon vra. Wees gereed om 'n
antwoord te hê, omdat julle geroep was en die taak gegee was om
te doen, en tog het julle nie die taak klaar gemaak nie. Dit vertraag
YAHUSHUA se koms vir SY Bruid, want hierdie profesieë en
boodskappe moet in baie tale wees voordat HY terugkom. Bruid van
YAHUSHUA in al die Internasionale Nasies, EK was verantwoordelik dat
(hulle) vir altyd hulle tuisland moes verlaat, dat hulle al hul
wêreldse besittings agter moes los, om te kom en 'n seën
te wees en met julle te deel wat hulle het. Is dit regtig te veel om
van julle te vra? Is julle bereid om te deel wat julle het met
hierdie Apostoliese Messiaanse Joodse Pinkster Bediening? Maak
Heiliges bymekaar om as middelaars op te tree en aanhoudend vir hulle
te bid, want die geveg is vurig, maar die Oorwinning is alreeds
gedoen vir YAHUSHUA se Lof, Eer en Glorie!
* * * * * * *
So
is dit gespreek, so is dit geskryf onder die salwing van die RUACH ha
KODESH (Heilige Gees)
Apostel Elisabeth Elijah
[Elisheva Eliyahu] vir die Glorie van YAHUVEH en YAHUSHUA!
Woord Gegee By Seattle Lughawe, 3 Mei 2006
Hierdie woord het na Elisabeth Elijah [Elisheva Eliyahu] gekom in Seattle, by die lughawe, voor hulle vlug na Europa.
EK het weer en weer gewaarsku en hulle wou nie luister nie. Elisabeth [Elisheva], jy dra swart, want EK rou. Dit is nie MY wil dat EK moet doen wat EK moet doen nie, maar EK is geforseer om dit te doen. Want daar is ‘n prys te betaal vir ongehoorsaamheid. O, dat hulle net geluister het, want waarlik, die dag van verwoesting het alreeds begin.
Daar sal krag en salwing wees in dit waarvoor julle geliefde Adam en Luigi geroep was om te doen. Dit nie ‘n toeval dat hierdie bediening in Europe sal wees nie, en jy doen dit. Bid vir die beskerming, bid dat hulle versteek is. Bid dat die groei van die rykdom van die sondaars vrygelaat word deur die Bruid se hande, want nou is die tyd, nou is die vasgestelde tyd.
Adam, wanneer die tyd kom dat EK jou vertel om te gaan; EK vertel jou nou: Pak daardie vlugsak! Vra vir MY wat jy daarin moet sit, geen vertraging meer. Sien jy hoe vining kry EK vir Elisabeth [Elisheva], want Kanada wou nie luister nie. EK het waarskuwing na waarskuwing gestuur. Hulle het geweier om te luister! So, hulle is nie beter af as Amerika nie. Want hulle, wie gedink het dat Kanada veilig is, hulle is sekerlik mislei.
Nou, Elisabeth [Elisheva] stuur ek jou voort om die heerskappy van MY Oordeel op Europa, op die louwarmes, te bring. Vertel hulle EK sal hulle uit MY Mond spuug. Hulle is die wie sê dat hulle van MY is maar hulle ken MY nie eers nie. Jy sal meer weet wanneer jy dit kry. ‘n Nuwe salwing sal oor jou kom. Dit is al vir nou.
Maar Adam, weet dit, nie een haar op jou kosbare hoof sal geraak word nie, want jy behoort werklik aan MY en EK is jaloers oor jou. Enigeen wat jou seermaak, dit is asof hulle MY seergemaak het, en nogtans, moet MY nie toets nie. Wanneer EK sê, pak daardie vlugsak, dan pak jy dit, want waarlik, die weë van die geboorte van die Dag van Verwoesting, het alreeds begin. Niks sal die Groot Verdrukking stop nie, die geboorte van MY Wraak!
Maar,
hulle wie aan MY behoort, hulle wie MY soek, hoef nie bekommerd te
wees nie!
|