PROFESIE 2

MY TOORN IS GROTER AS MY LIEFDE!

Gegee aan Eerw. Sherrie Elijah op 8 Januarie 1997


* * * * * * *

So spreek die Here GOD van die Leerskare,"EK sal bewys dat EK hulle beloon wie ywerig na MY soek. Toets MY en kyk hierdie jaar is die jaar waarop julle gewag het. Kom bymekaar rondom die wêreld deur die wonderwerk van die rekenaar, verbind met mekaar, staan saam en julle sal 'n groter uitstorting van die RUACH ha KODESH (Heilige Gees) sien soos nooit tevore nie.

Want julle sal mekaar se gawes opwek wat sluimerend was of selde gebruik is. Julle sal deur die Gees saamgebind word sonder om selfs op 'n vliegtuig te klim, julle sal een in MY wees deur die wonder van hierdie rekenaartegnologie wat alhoewel satan dit gebruik vir sy boosheid, EK dit selfs meer gebruik vir MY Lof, Eer en Glorie. MY Profete sal dit gebruik om MY boodskappe oor te dra, so luister aandagtig hierdie jaar sodat julle sal weet wat om te verwag voordat dit gebeur. EK sal die Profete uitstuur voordat EK MY toorn stuur.

Bid dat EK sal vind dat julle ernstig na MY soek, MY liefhet en MY Woord gehoorsaam. Want moenie sê julle het MY lief as julle MY nie gehoorsaam nie. Alhoewel julle sondes weggewas is deur die Reddende Bloed, moenie MY beproef nie want EK weet wie is gered en wie speel slegs toneel.

EK het voorheen MY Profetes aangesê om te sê dat oordeel by die huis van YAHUVEH begin. Nou het oordeel op 'n meer kragdadige manier as ooit tevore op hierdie dag van 8 Januarie 1997, by die huis van YAHUVEH begin. Kyk en luister aandagtig, wees voorbereid. Kyk hoe EK die tempels skoonmaak net soos toe MY Seun die tempel geskeur het, dit was van toekomende dinge en dit het begin. Bose herders en wreedaardige pastore, valse profete, pasop; groot en magtige toorn kom hierdie jaar julle kant toe.

Hardloop terwyl julle kan. Julle het dinge in MY NAAM gedoen, julle het MY Klein Skapies seergemaak, hulle geslag en MY Skape aan die voete van satan geoffer en julle sal hiervoor boet. Julle het die bose aangemoedig en die regverdige ontmoedig. Julle het gesê EK praat leuens en het visioene gesien, maar julle ken MY nie eers nie. So, hoe kan julle MY gesien het, of van MY gehoor het. Julle het baie mislei en selfs MY Heilige Woord gebruik vir julle eie voordeel en glorie.

Wees gereed om te veg want julle gaan nie net die Almagtige GOD YAHUVEH beveg nie, maar ook MY nuwe geslag RUACH ha KODESH (Heilige Gees) vervulde krygers. Hoor hulle oorlogskrete. Hulle is vol van die woede van YAHUVEH oor alles wat die vyand gedoen het. Hulle gaan agter die skape aan wat die vyande weggejaag het. Hulle gaan hulle na die voete van die enigste Goeie Herder, YAHUSHUA ha MASHIACH (Jesus Christus) van Nasaret en Golgota bring. YAHUSHUA ha MASHIACH is SY NAAM en dit is op hulle lippe, sowel as op hulle voorhoofde (verstand) en harte geskrywe.

EK gaan MY vyfvoudbediening op maniere bekragtig wat hulle nie geken het nie en hulle sal die hele tyd MY stem hoor en sien dat die GOD wat hulle dien almagtig in oorlog is. MY Kinders, julle het niks om te vrees nie, want EK ken MY Skape en julle ken julle Herder. Julle het niks om te vrees nie. EK sê weer vir julle, kyk op, julle verlossing het nadergekom. MY koms is nader as wat julle selfs kan dink, maar die vyand weet dit en probeer nou die boosheid bespoedig.

Onthou wanneer die vyand inkom soos 'n vloed, sal EK 'n standaard teen hulle oprig. Diegene wie agter die kansels staan en MY Skape bedien, hoor MY stem. EK het julle geroep om vegters vir YAHUSHUA te wees, nie papperds nie. Vat terug in MY NAAM, wat die vyand van julle gesteel het. Satan het gekom om te steel, te slag en te verwoes. Hou op om hom toe te laat. EK sê weer, EK het julle geroep om MY Vegters te wees, nie papperds nie.

Moet aan die duiwel geen plek gee nie en die duiwel sal geen plek aan julle gee nie. Vandag moet die kerk, wat nie die gebou of pastoor is nie, maar MY Mense wie by MY NAAM geroep is, opstaan en sê, "Ons is vegters vir YAHUSHUA ha MASHIACH; ons weet ons is meer as oorwinnaars deur YAHUSHUA se NAAM. Die geveg is YAHUVEH s'n, die oorwinning is ons s'n tot Lof, Eer en Glorie van YAHUSHUA ha MASHIACH en YAHUVEH."

Laaste maar nie die minste nie, julle sal in elke aspek sien hoe EK losmaak wat EK nie saamgebind het nie, julle het dit self gedoen. Maar dit sal slegs MY hand vat om los te maak wat nooit bedoel was om saamgebind te wees nie. Kan 'n os en 'n muis 'n wa trek? Nog erger, kan 'n os en 'n mier 'n wa vol vrugte trek? Bid tot MY en MY RUACH ha KODESH sal openbaar waar die mier of die muis aan julle vasgebind is. Aanvaar dan wat EK ookal kies en wie EK ookal kies om losgemaak te word van julle.

Want julle het gewonder hoekom julle gebede verhinder word, dit is omdat sommige van julle ongelyk saamgebind is op baie verskillende maniere. Dit sluit MY Dienaars en die bedienings in, sowel as julle persoonlike lewens. Niemand sal enigiets terwille van MY prysgee, wat EK nie ten minste dubbel sal teruggee in hierdie lewe en in die Hemel nie. Vertrou MY en wees gewillig soos Abraham was en julle moet geloof hê. Sê, "YAHUVEH, wat ookal my verhinder om volkome te wees wat EK geroep was om te wees, en alles wat ek georden was om te doen, offer ek op as 'n offergawe aan U, enigiets wat in die pad staan dat U volmaakte wil in my lewe sal geskied."

Offer alles wat julle is en alles wat julle nie is nie, aan MY en kyk hoe EK 'n magtige verlossingswonderwerk in julle lewens en dié van julle geliefdes gaan doen. EK sal julle hierdie jaar die begeertes van julle hart gee want EK weet die begeertes van julle harte is die begeertes wat EK vir julle gegee het.

* * * * * * * *

Gegee op hierdie dag, 8 Januarie 1997 aan Eerw. Sherrie Elijah, deur die salwing van die RUACH ha KODESH vir die Glorie van YAHUSHUA, die ENIGSTE eniggebore Seun van YAHUVEH.


'n Nota van Eerw. Sherrie:

Bid in die krag van die RUACH ha KODESH tale dat veral die gawe van profesie in julle sal oprys. Ons Profete het ook nodig dat daar oor ons geprofeteer moet word. Ek bedien aan ander, maar so min bedien my. Miskien sal jy een van hulle wees.

Ja, daar kom 'n aardskudding na Amerika toe ook. Ek het baie drome gehad en het my land Indiana byna verwoes gesien. Dit sal 8.9 op die Richterskaal meet en daar sal terselfdertyd tornadoes en oorstromings wees. Dit sal ten minste 15 lande saam met Indiana tref.

Ek het GOD die Vader in my mees vreesaanjaende droom, terwyl mense opruim en dink dit is verby, hoor sê, "Einde van rondte 1, nou vir rondte 2." Maar prys YAHUSHUA, HY het vir my in dieselfde droom gewys dat alhoewel 'n paar huise staande sal bly, sal dit soos in die tyd van Moses wees en daardie mense wie YAHUSHUA in gees en in waarheid aanbid, hulle huise en lewens sal gespaar word.

Die engel van die dood sal by hulle verbygaan en nie hulle of hul huise aanraak nie. Aborsieklinieke sal in groot sinkgate val soos wat die aarde oopmaak en hulle insluk. YAHUVEH self sal wys wat gebeur met die moordenaars van onskuldige babas wat nog in die baarmoeders is.

Homoseksualiteit is 'n perverse gees van wellus en nie 'n geboortefout nie, maar sonde en dit is deur satan gestuur om YAHUVEH se eenheid, die huwelik, te bespot. Maar Almagtige YAHUVEH sal weereens wraak neem op maniere wat sal bewys HY word nie maklik bespot nie. En ellende wag op hulle wie die bespotting doen, want YAHUVEH is nie net 'n GOD van genade en liefde nie, maar van toorn teenoor SY vyande.

'n Groot deel van die nasie en mense van Amerika het hulle vrees vir YAHUVEH verloor en vir hulle wie het; HY sal hulle iets gee om te vrees. Maar dié van ons, die bruid van YAHUSHUA, het niks om te vrees nie, so lank ons ons bes doen om hom te gehoorsaam, SY stem te hoor en HOM in Gees en Waarheid aanbid. Waarsku ander sodat die bloed van Eseg 3:17-21 nie op julle hande kom nie. Ellende wag vir hulle wie hoor en nie luister nie. Eerstens sal die oordeel op die huis van YAHUVEH wees, dan die heidene s'n.

Die rykdom en die poste van die boses sal aan YAHUSHUA se ware kinders gegee word wie HOM aanbid en geloof het en daarna strewe om HOM te gehoorsaam en HOM dien, en die Evangelie van YAHUSHUA vir die verlossing van siele versprei. Meer miljoenêrs as wat daar ooit voorheen was, sal opstaan en dit sal YAHUVEH se kinders wees wie die rykdomme, lugdiens, inkopiesentrums besit.

Ek is geroep om ook 'n kerkplanter te wees en pastoor van baie kerke. Dit kos geld wat ek nie nou het nie. maar ek glo in geloof vir dit voor die einde van hierdie jaar. Moedig asseblief julle broers en susters rondom die wêreld aan, vertel vir hulle YAHUSHUA gaan SY kerk op 'n baie groter manier as ooit tevore beskerm. Hou vas en kyk hoe die vyande val.

China gaan 'n kragtige aardbewing beleef en plae sal hulle oorval en siektes wat geen mens kan genees nie en hulle sal swaarkry omdat hulle YAHUSHUA se kinders vervolg. YAHUVEH sal weer bewys dat HY nie blind of doof is nie en HY het die krete van Sy kinders gehoor. Kyk hoe die vyand sê ons YAHUVEH bestaan nie. Maar pasop satan, want verlossing is oppad vir YAHUSHUA se mense, selfs terwyl dit hier getik word.

Hulle wie die ware Christene vervolg het sal nou vervolg word. Hulle wat geeste van vernietiging, armoede, hopeloosheid en dood gestuur het, sal dié wees teen wie hierdie geeste op 'n magtige manier boemerang. Ons vyande sal vergaan as hulle nie bely voor die GOD wie almal oordeel nie. Die rykdom sal en is alreeds besig om in die hande van die regverdiges te draai deur YAHUSHUA ha MASHIACH. Dit sal slegs 'n kort tydjie wees totdat ons YAHUSHUA weer kom en hierdie geld moet gebruik word om die siele-oes in te samel.

Ons YAHUSHUA kom! Eers moet HY Sy kerk gereed kry sonder vlek of rimpel. Geen trots in ons Geestelike leiers nie want dit sal deur die krag van die RUACH ha KODESH geskied sodat geen persoon YAHUSHUA se Glorie kan vat nie. Groter salwingskrag as ooit tevore sal op SY uitverkose diensknegte kom en groot tekens, wonders en wonderwerke sal na die ware aanbidders kom en hulle sal sien dat ons YAHUSHUA nogsteeds vandag op 'n magtige manier wonderwerke doen.

Sommige sal so gesalf wees dat selfs die skaduwe van sommige diensknegte die duiwel en demone sal verdryf en die siekes sal genees en die dooies opwek vir YAHUSHUA se Eer alleen. Die jaar 1997 sal 'n draaipunt vir die kerke wees, daardie kerke wat die nuwe wyn weier, sal leeg of vol okkultiese mag wees. Die RUACH ha KODESH sal nie langer afgesonderde kerke duld nie. Ons is almal een en ons moet geen kleur sien ander dan rooi nie. Ons is die mense - Bloedgewas en skoongemaak deur die reddende Bloed van YAHUSHUA ha MASHIACH van Golgota.

Ons broers en susters, maak nie saak watter ras, bloedverwantskap of taal nie, is slegs dié wat gered, geheilig en gevul is met die RUACH ha KODESH. Ons sal hulle herken aan hulle vrugte en saam met hulle geeste getuig. Satan het probeer om rasse te laat dink hulle is beter, dit is trots en YAHUVEH sê een van die dinge wat HY die meeste haat is trots.

HY ag nie sommige mense hoër as ander nie. HY weet wie Sy kinders is en wie die kinders van satan is. HY sal nie toelaat dat SY uitverkorenes langer mislei word nie. Kyk hoe die vervalsing op 'n magtige manier val en YAHUVEH die egte profete, evangeliste, pastore, apostels en onderwysers oprig om die vervalsings (counterfeits) se plekke te vul.

En laasgenoemde sal meer geseënd as die eersgenoemde wees, want hulle sal erken dit is nie deur ons eie mag of krag nie, maar deur die krag van die RUACH ha KODESH alleen. Deur die NAAM van YAHUSHUA ha MASHIACH en dit is deur Sy Bloed wat verlossing sal kom. Dit is die salwing wat die jukke en kettings sal breek, deur die RUACH ha KODESH se krag.

Daar is baie vegters wat geval het. Hulle het nie meer krag of geloof nie. Die duiwel het hulle mislei en hulle dink YAHUSHUA sien nie hulle trane of hoor nie hulle krete hierdie jaar nie. Hou vas, dit is nie nou tyd om op te gee nie. Die bedienings wat aan julle gegee is sal vooruitgaan en alles waarvoor julle gewag het sal 'n realiteit word. Moenie opgee nie.