PROFESIE 28

IS JY EEN VAN MY WEGGESTEEKTES?

Geskryf/Gespreek onder die salwing van die RUACH ha KODESH
aan Eerw Apostel Sherrie Elijah

25 Janurie 1999

* * * * * * *

Hier is die woord wat EK vandag ontvang het:

Die wapens waarmee julle oorlog maak is nie vleeslik nie, maar is magtig om satan se vestings neer te werp. 'n Skootrekenaar sal een van daardie wapens wees wat gebruik word om die vyand te ontbloot, om teen die vyand te waarsku, om die vyand te keer om nie MY Volk te vernietig nie, weens 'n gebrek aan kennis. Vertel aan MY Mense om in hierdie hedendaagse werktuig te belê, want wanneer hulle moet vlug, sal hulle nie met groot rekenaars kan reis nie. Ek het die rekenaars ontwerp vir 'n tyd soos hierdie en vir hierdie doel. Dit is die kennis wat vermeerder en heen en weer hardloop. Dit is hoe julle in staat sal wees om op een plek te wees maar op 'n ander plek met MY Mense regoor die wêreld te praat. Moet vir geen oomblik dink dat hierdie wapen nie kragtig is nie. Satan beoog om die internet te beheer om MY Mense stil te maak, maar hy kan niks doen wat EK nie toelaat nie.

Julle tyd is kort maar EK sal julle in kontak bring met hulle wat rekenaarkennis het. In hierdie eindtyd sal 'n netwerk van MY mense 'n luide stem wees. MY rekenaar-genies was weggesteek vir 'n tyd soos hierdie. Diegene met die wysheid van YAHUVEH en YAHUSHUA was weggesteek vir 'n tyd soos hierdie. Hulle werk in die wêreld om die maniere van die heidene te leer, om in staat te wees om op die regte tyd teen die heidene en hul maniere gebruik te word. EK het MY Mense in alle gebiede waarvoor julle bang is. Van die polisie, tot die weermag, tot die Inkomstebelastingdiens, tot die regering, tot die kruidenierswinkels, en die internetverskaffers, kyk maar uit vir MY Mense. Julle sal hul vind. Dit is nou die tyd dat hulle sal opstaan en skyn. Hulle sal vervolgens skyn soos die son.

Die kennis wat opgedoen was in inrigtings (colleges) wat deur die vyand voorsien is, sal teen die vyand gebruik word om te beskerm wat EK MYNE noem. Hulle sal maniere ken om die wette te omseil wat julle gedink het onmoontlik is. EK het prokureurs, dokters; EK het onderwysers in alle areas. Moenie dink die heidene het meer wysheid nie. MY Genies was weggesteek vir 'n vasgestelde tyd. MY Genies het die wysheid van MY, YAHUVEH en YAHUSHUA en kan vinnig enigiets leer, selfs as hulle nooit tevore gedink het om dit te leer nie. Kommunikasie sal 'n waardevolle werktuig wees in hierdie eindtye. Daar is maniere om dit wat die wêreld van voornemens is om te doen om MY Mense stil te maak, te omseil. EK sal nie nou die maniere openbaar nie, maar julle sal dit herken wanneer julle dit hoor. EK kan julle dit sê, hulle bou hul torings van Babel; EK sal aan MY Kinders 'n uitweg voorsien om altyd in kontak te bly. Vertrou MY en leer MY weë, wees bewus daarvan dat MY Mense weggesteek was, hulle het verborge gawes van die RUACH ha KODESH (Heilige Gees), hulle het alleen gewandel sonder raad van 'n ander, om onderrig te word, en is vervolgens deur MY RUACH ha KODESH onderrig.

Dit gaan uiters moeilik word om van een land na 'n ander te reis sonder daardie land se toestemming. Maar EK vertel julle EK het MY Mense reeds aan die werk in hierdie gebiede en MY Mense sal ontsnap wanneer dit tyd is om te ontvlug. Ek het vliegtuie, vlieëniers en lugwaardinne. EK het MY plan in mag. EK is 'n GOD wat nie verras kan word nie, maak nie saak wat die vyand dink nie. EK het 'n plan en MY plan vir julle is goed en nie sleg nie. MY plan vir MY Geliefde Babas, Bruid en Uitverkorenes is tot seën, so baie seëninge dat julle nie in staat sal wees om dit almal op te noem nie. MY planne vir My vyande is tot vervloeking, so baie dat hulle nie instaat sal wees om dit almal op te noem nie. Wees gereed vyande, die vloeke is oppad na julle toe. Hulle sal dit natuurrampe noem, maar daar is niks natuurliks in die rampe wat deur die hand kom van 'n YAHUVEH wat KWAAD is nie. Julle spog met Julle surplusse, maar daar sal geen surplus wees nie, want MY toorn sal onverdund uitgegiet word, maar dit sal nie MY Mense benadeel nie. EK sal MY Mense beskerm soos wat EK in die tyd van Noag gedoen het, soos in die tyd van Lot, soos in die tyd van Moses.

Die vyand sal hul tande kners weens woede en raserny, want hulle sal sien dat niks diegene kan stop of verhinder wie gehoorsaam is aan en glo in YAHUSHUA as hulle Goeie Herder, nie. Die wolwe kan MY Skape nie verras nie. EK gaan voor die wolwe uit en spreek woorde aan MY Profete en Apostels en waarsku vooruit waar en wanneer die wolwe gaan aanval. Julle sien, hierdie wolwe is nie bloot net wolwe met skerp slagtande nie, hulle is woes en as hulle eenkeer gebyt het, is dit dodelik. So dit is nie bloot net 'n byt nie, maar julle siele en lewens is op die spel. Die slange wat gestuur is om julle te omsingel, is nie net een nie, maar baie. Die slange sal probeer om juille te omsingel en hulle byt is nie net 'n slangbyt nie, maar daar is kobras wat gif in julle Gees spuit en vir julle vertel dat YAHUVEH en YAHUSHUA nie hulle skape kan versorg nie, dit is hopeloos, hulle wil julle met 'n leuengif inspuit en sê : "Vertrou die regering nie julle GOD nie". Dan sal hulle 'Boa Constrictor' slange (Suid-Amerikaanse soort luislang) gebruik om julle op enige manier te probeer druk, finansieel, geestelik, liggaamlik en verstandelik. Die regering sal julle druk soos 'n 'boa constrictor' en sal terselfdertyd die kobra gebruik om die giftige venyn van leuens in te spuit, om selfs die sterkstes in geloof, te laat bewe van vrees.

Maar EK praat nou vervolgens deur hierdie Diensmaagd om vir julle, MY Geliefdes, te vertel dat julle nie hierdie wolwe of slange moet vrees nie. EK het julle vertel dat EK altyd 'n volk het wat die Groot GOD 'EK IS' aanbid, dien en gehoorsaam en altyd sal. EK, YAHUVEH en MY Seun YAHUSHUA kyk stilweg en neem waar wat die vyand doen en ons rapporteer dit deur ons Profete en op hulle beurt waarsku hulle nie net nie, maar bemoedig julle ook soos nou, om julle te laat weet dat EK op MY tyd vir julle sal vertel wanneer om te vertrek, wat om te doen, hoe om die 'boa constrictors' en die dodelike kobras te vermy. Wag slegs op MY, want EK die Here julle GOD is nooit te vroeg of te laat nie. EK sal MY Mense op 'n wonderbaarlike manier red. Ja, daar sal sommige wees wat gemartel word en nog sal word, maar hulle bloed val in die grond en sal net andere laat opstaan om vervolgens te spreek en groter werke in MY Seun YAHUSHUA se NAAM te laat doen. Moenie treur oor hulle vir wie EK toelaat om doodgemaak te word ter wille van MY nie, maar treur eerder oor die een wat doodmaak en martel. Hulle sal vir ewig ly vir wat hulle gedoen het, vir wat hulle aan MY Kinders gedoen het wie hulle lewens vir MY neergelê het. Hulle sal vir ewig op dieselfde manier in die Hel gemartel word. Hulle wie gemartel was het in lewe gely, maar sal in ewigheid nooit weer ly nie. Hulle belonings is GROOT in die Hemel.

EK kom vir MY Bruid sonder 'n vlek of kreukel. Leer nou hoe om MY te behaag. Leer nou en gehoorsaam MY. Leer nou hoe om alles op MY offeraltaar neer te lê. Wat EK vir julle teruggee is bedoel as 'n seên, wat EK van julle wegneem was nie bedoel om te besit nie, want dit sal julle slegs benadeel. EK is 'n Goeie GOD. EK is julle Hemelse Vader en EK waak versigtig oor hulle wat uitroep na MY om met hulle te praat, om hulle te wys wat om te doen, wanneer om dit te doen, waarheen om te gaan. Moenie vir een oomblik dink julle gebede word nie gehoor nie. Dit is bloot nog nie die tyd om die antwoorde te spreek nie. EK wag, soos wat julle wag, EK wag geduldig terwyl meer siele daagliks na YAHUSHUA draai as hulle verlosser en saligmaker.

EK kan nie veel langer wag nie want die vyand beplan om 'n wêreldwye aanval op dieselfde tyd te loods. EK sal nie toelaat dat MY Kinders wie na MY stem luister, mislei word nie. Luister aandagtig na die vyande se stem en julle sal sien wanneer julle dit oor al die luggolwe hoor dat dit nie die stem van julle Skepper en Verlosser is nie. Luister aandagtig en kyk na die oë as hulle praat, moenie met julle fisiese ore luister nie, maar gebruik julle geestelike ore en moenie met julle fisiese oë kyk nie, maar vra die RUACH ha KODESH om julle te wys met julle geestelike oë.

Alles in hierdie wêreld is nie wat dit voorgee om te wees nie. In hierdie wêreld regeer die god van leuens en vernietiging in baie lande. Maar die GOD van Waarheid is YAHUVEH en YAHUSHUA en EK het die RUACH ha KODESH in almal geplaas wie MY aanbid, dien en gehoorsaam en ONS sal die waarheid van die leuens skei. ONS sal julle beskerm teen die komende vernietiging en verwoesting. Moenie toelaat dat julle oë net gefokus word op die duisternis, die negatiewe van hierdie wêreld nie, maar dink eerder aan die goeie gedagtes, die beskerming, die wonderwerkwe wat EK sal doen om MY Kinders te red. Net soos in die tyd van Moses, so sal EK dit weer doen. Op 'n nuwe manier, met nuwe hedendaagse gereedskap, maar nietemin, EK sal my Babas, Bruid en Uirverkorenes beskerm. EK sal nie net beskerm nie, maar EK sal MY Geliefde Bruid seën op maniere wat hulle nooit van gedroom het nie. VERTROU MY NET!

EK sal nie almal wat hulself MY Bruid noem en op MY wag, op daardie dag saam met MY huistoe neem nie. MY Seun YAHUSHUA sal slegs 'n Bruid sonder vlek of rimpel aanvaar. Lewe julle met sorgelose gemak in sonde maar bedek dit in die gestorte Bloed van YAHUSHUA? Dink julle julle hoef nie MY Gebooie en MY opdrag tot Heiligheid te gehoorsaam nie, want dit is mee weggedoen aan die kruis van YAHUSHUA? As julle so dink, dan is julle nie MY Bruid nie want MY Bruid weet dat om MY lief te hê is om MY te gehoorsaam. MY Bruid toets MY nie om te sien hoe vêr sy in die Hel kan afbuig en nogsteeds die Hemel sal haal nie. MY Bruid wag nie om te sien of EK sal straf om hulle te laat besef hulle het gesondig nie. Hulle word oortuig deur MY RUACH ha KODESH en bely voordat EK hulle hoef te straf.

Want almal wie hulself deur MY Seun YAHUSHUA se NAAM geroep noem, en sê hulle is gered en nogtans 'n lewe van sonde ly, julle flous niemand anders behalwe julleself nie. BETOON VANDAG BEROU! EK sal MY Bruid die komende gruwel spaar, maar nie vir julle wie speletjies speel met die gestorte Bloed van YAHUSHUA ha MASHIACH op Golgota nie. Julle dink dit bedek julle sonde wanneer julle vooraf oor julle sondes mediteer? Julle dink deur kerktoe te gaan word daardie sonde weggewas, omdat julle heilig voor ander optree, dit beteken nie dat julle Heilig voor MY is nie. JULLE MOET BEROU HÊ! Die komende verskriklike dae sal bewys wie waarlik na MY soek en wie wegkruip vir MY. Moenie vergeet dat EK julle harte ken nie, EK ken julle gedagtes; EK ken julle motiewe sonder dat julle 'n woord spreek. EK, YAHUVEH, wie julle geskape het, ken julle op alle maniere. Niks is verborge vir MY nie. Onthou vir Ananìas en Saffìra, hulle het gedink hulle kon vir die RUACH ha KODESH lieg. Soos in die dae van Ananìas en Saffìra, so sal dit weer wees. Hulle wie dit durf waag om MY te bespot, sal gespot word! (Handelinge 5:1-11).

Die Bloed van YAHUSHUA ha MASHIACH op Golgota sal òf red of deur ontkenning of weiering van die geskenk op Golgota, sal julle veroordeel word. Een of die ander, vir sommige is die geskenk op Golgota 'n seën en hulle sal die ewigheid in die Hemel ken. Vir andere sal MY Geskenk wat ek op Golgota gegee soos 'n vloek wees want hulle verwerp die enigste weg na die Hemel, die enigste weg na vergifnis. Deur dit te doen, aanvaar hulle satan en die Hel en alles wat dit bied. Ellende wag op hulle wie in hierdie eindtye die weë van satan aanvaar en 'n lewe van onheiligheid lewe, want julle lewe sal vrugteloos wees en elke seëning wat julle het, sal afgesny word. Maar vir diegene wat probeer en MY Gebooie onderhou, en geen ander GOD as YAHUVEH en YAHUSHUA het nie en slegs na die stem van die RUACH ha KODESH luister en nie agter die verleidende geeste aanloop nie, julle lewens sal vol seëninge op aarde en in die Hemel wees. EK sal julle nooit begewe of verlaat nie, glo net. Moenie julle geloof wegwerp as julle die komende Oordeelsdag sien nie.

* * * * * * *

So is dit geskryf, so is dit gespreek op hierdie dag van 25 Januarie 1999, 12:00 nm deur hierdie Diensmaagd, Kind, Kryger, Bruid van YAHUSHUA Messias.

Apostel Sherrie Elijah