PROFESIE 24 - Deel 2

PASOP VIR DIE SUURDEEG VAN DIE FARISEËRS!

Gespreek onder die salwing van die RUACH ha KODESH
aan Pastoor Sherrie Elijah

15 November 1998 12:00 NM


* * * * * * *

Pasop vir die suurdeeg van die Fariseërs, dit is in 'n menigte van die kerke. Die suurdeeg veroorsaak dat die Fariseërs, wat EK slange en Adders noem, 'n gees van godsdienstigheid manifesteer. EK, die Here julle GOD haat die gees van 'n Fariseër. Hulle praat Heilig wanneer dit gerieflik is en wanneer dit nie aanstootlik vir hulle is nie, maar hulle lewe nie wat hulle verkondig nie. Die suurdeeg veroorsaak dat die Fariseërs opstaan en woord van waarheid uit die Bybel verkondig, maar 'n groot persentasie leuens uit die Hel en leerstellinge van duiwels byvoeg. Daar is twee verskillende Fariseërgeeste, pasop vir albei van hulle, EK waarsku nou vir julle met geestelike ore om te hoor en te luister. EK wil nie hê MY Skape en Lammers moet op 'n dwaalspoor gelei word nie. Die Fariseërgees probeer om MY Profete wat praat te vernietig. Hierdie Diensmaagd van MY wat hier praat, veg met hulle wat na haar toe kom as vyande met die gees van 'n Fariseër. Sy was baie maal seergemaak deur die gees van 'n Fariseër.

Dit is gesê omdat sy 'n vrou is kan sy nie 'n pastoor wees nie, as gevolg van haar voorkoms kan sy nie MY Pastoor wees nie, omdat sy die wolwe in skaapsklere ontbloot, hulle wie daarop uit is om MY Skape en Lammers te mislei en te verslind. Sy word daarvan beskuldig dat sy hulle oordeel. Maar sy oordeel hulle NIE, MY Woord oordeel hulle. MY RUACH ha KODESH spreek vervolgens woorde van veroordeling en hulle met die gees van die Fariseër wil nie veroordeel of blootgestel word nie. Dit veroorsaak dat die suurdeeg van die Fariseërs rys en hierdie bediening, sowel as baie ander, probeer vernietig. Maar hierdie Fariseërs spreek ydele woorde. Hulle woorde flous nie vir YAHUSHUA wie hulle harte en ware bedoelings ken nie. Sonder berou is daar geen genade vir die Fariseërs nie.

So, wees vooraf gewaarsku op hierdie dag. Pasop, die Fariseërs se suurdeeg sal die hele gemeente besoedel as dit gelos word om te rys. Selfs die ware uitverkorenes sal mislei word, indien moontlik. Pasop vir die demoniese geeste en die gees van godsdiens. EK is nie 'n godsdiens nie, EK is 'n liefdevolle verhouding. Die gees van die Fariseërs sê dat slegs sekere denominasies gered sal word. Daar is geen etikette in die Hemel nie en slegs die verlostes van YAHUSHUA sal in die Hemel ingaan. Die gees van godsdiens kom uit die suurdeeg van die Fariseërs. Hulle kwoteer MY Woord en ken MY nie eers nie. Die Fariseërs probeer om MY Ware Profete te vernietig en te ontmoedig.

Moenie na hulle luister nie. MY Profete vir wie EK opgelei het, soos hierdie Diensmaagd wat hier spreek, verkondig MY Woorde en sien dat die wapen wat satan gebruik om skade te berokken, nie hulle is wie in satan se naam kom nie, maar hulle wie die grootste wonde toedien, kom in die NAAM van YAHUSHUA! EK het hulle nie na hierdie Diensmaagd wat hier praat gestuur nie, want EK het vir haar gesê dat hierdie Fariseërgeeste demoniese geeste is wat insleutel by hulle wat daardie leraar sonder rede haat. Pasop vir die kloninggeeste wat ook 'walk-in' geeste genoem word. EK waarsku julle nou MY Kinders, dit is satan is nuutste wapen wat ongesiens verbygaan. Daar is siele wie hulself oorgegee het aan satan en vir satan gevra het vir seën en beskerming. Maar daar is geen beskerming of seën te vinde nie. In stede daarvan het demone hulle persoonlikhede en siele oorgeneem. Ja, selfs in MY Kerke is baie van MY Pastore en leraars gekloon.

Hulle was eens Heilig voor MY. Hulle het eens die waarheid verkondig en verkondig nou die leerstelinge van duiwels. Pasop vir die suurdeeg van die Fariseërs. Moenie toelaat dat dit julle besoedel nie. Hulle wie in die kerke is en dit sien, moet vlug. Pasop want satan stuur daardie engel van lig om MY kudde weg te lok van MY waarheid af. Hierdie Pastore wie eens MY waarheid verkondig het en op die RUACH ha KODESH staatgemaak het om hulle te bekragtig, het nou na manifestasies uit die Hel gedraai en mislei die uitverkorenes. Pasop, wanneer julle selfs agter die kansel die sonde sien. Moenie stilbly ter wille van die Pastoor se siel nie. As julle hulle nie bestraf nie, wie anders sal? Maar praat eers nadat julle tot MY gebid het en gevra het hoe om die Pastoor te nader.

Bid vir die mense om in te tree sodat die gemeente nie mislei word deur die suurdeeg van die Fariseërs of mislei word deur die kloninggees nie. Watter beter manier is daar vir satan om MY Uitverkorenes te mislei, anders as om iemand te beset wat eens op 'n tyd MY Evangelie verkondig het en menigtes na die Here julle GOD gelei het. Pasop, hierdie predikers spog met hulle Rolex horlosies van fyn goud. Ontwerpersklere aan hul lywe, en neem Heilige tiendes en offergawes en gebruik dit vir hul persoonlike salaris en spog daaroor. Die tiendes en offergawes behoort aan YAHUVEH. Julle moet julle aalmoese gee waar MY RUACH ha KODESH julle lei en nie altyd waar julle kerk bywoon nie. Plant waar EK vir julle sê om te plant. Hoor MY stem en open julle ore en julle sal verbaas wees dat EK nie vir julle sê om te betaal vir groter en beter geboue, vir herdekorering, luukse geskenke vir die pastoor nie.

EK sê NIE julle moet sy of haar wêreldgesindheid aanmoedig nie. Julle sal verantwoordelik gehou word waar julle julle saad gesaai het terwyl julle dit het. Hierdie saad moenie gaan om 'n pastoor ryk te maak nie. Ja, hulle moet 'n inkomste hê, maar kinders, hoekom bevraagteken julle dit nie as julle sien julle pastoor ry luukse voertuie en bly in huise geskik vir 'n koning nie. Hoekom gee julle selfs nie eens om dat sommige pastore miljoeners is nie. Nogtans is hulle op die luggolwe en televisie en radio en hou konferensies en bedel vir meer. Hulle sal binnekort verantwoordelik gehou word omdat hulle dit wat bedoel is vir Heilige tiendes en offergawes, steel om hulle eie gulsige aptyt te voed.

Hierdie tiendes en liefdesoffers is om die Evangelie oor die hele wêreld te preek, en MY Profetiese boodskappe te verkondig, en Siele in MY liefdevolle arms te bring. EK, YAHUSHUA is BAIE kwaad want julle sit in hierdie kerke wat slegs een kant van Almagtige YAHUVEH verkondig, die kant wat liefde is maar weier om teen enigiets te praat wat ander dalk kan beledig. Hulle ween nie oor die verlore siele nie. Die suurdeeg van die Fariseërs wil slegs rys en praat oor hoe om die kerk te herdekoreer en groter en beter geboue te bou. Om te betaal vir ander predikers om te kom en seminare te hou, of kunstenaars om te sing, alles terwyl MY Mense in die gemeente naak en honger rondloop, of haweloos is.

Dieselfde pastore sal nooit daaraan dink om hierdie mense in hul eie huise in te nooi nie. Sommige het sulke groot gemeentes dat hulle nie eens probeer om die gesigte of name te onthou nie. Dit is nie 'n pastoor nie. Hulle is veronderstel om daar te wees wanneer julle hulle nodig het, ongeag watter tyd van die dag of nag. Die suurdeeg van die Fariseërs sê hulle kan nie gepla word om sommer vir enigeen te bid nie. Hulle vergeet dat 'n pastoor 'n dienskneg is. Hulle is veronderstel om saam met MY Mense te ween, saam met MY Mense te jubel; hulle is nie bo MY Mense verhewe nie. Hulle is veronderstel om mekaar se laste te dra, die gemeente aan te moedig om hulle te kontak wanneer gebed nodig is. Huisnommers moet vrylik gegee word.

Hierdie vermaning is nie vir al die pastore nie. EK het ook MY oorblyfsel wie lief is vir MY Kinders en daar is om die gemeente op elke gebied te bedien. Hierdie pastore het niks en ly gebrek. Hulle het die armer gemeentes. Maar hierdie pastore se belonings sal groot wees in die Hemel. Hierdie Pastore is ryk in geloof en gawes van die RUACH ha KODESH (Heilige Gees). EK sal hulle binnekort openlik beloon. Maar hierdie boodskap is vir hulle wie in kerke sit waar die pastore sonde doen en daag enigeen om daaroor te praat. Vir hoeveel van julle wat hier lees, het EK die bose dwaling in julle kerke gewys, ja in julle eie pastore. Maar julle sit nogtans daar en sê niks intimiderends oor wie sy of hy is nie. Hulle is nie beter as julle nie. Julle hoor, 'wie is ek om die pastoor te korrigeer, dit is immers 'n kerk'. Maar wanneer EK vir julle die verkeerde uitwys moet julle vervolgens spreek.

Julle weerhou 'n seën van daardie geestelike leier. Wat as hulle sal bely? Wat as hulle waarlik nie geweet het hulle het MY beledig nie? Maar julle is bekommerd omdat julle vriende en familie daardie kerk bywoon. Julle wil nie beroeringe veroorsaak nie. Julle mag dalk nie meer aanvaar word nie. Pasop, die suurdeeg van die Fariseërs is alreeds besig om julle te besoedel. Julle saai julle saad in onvrugbare grond wat EK nie met MY RUACH ha KODESH seën nie. Julle sien geen tekens, wonders of wonderwerke wat hulle agtervolg wie glo nie. In plaas daarvan moet hierdie Fariseërs 'n karnaval-atmosfeer skep om die gemeente te vermaak. Pasop vir die suurdeeg die Fariseërs. Geen wonder julle sit en tel die sekondes af totdat die kerk verdaag nie. Kan julle nie sien MY RUACH ha KODESH beweeg nie daar nie?

Kan julle nie sien dat die ware gawe van profesie verag word nie? Kan julle nie sien dat as EK hierdie Diensmaagd Elijah na hierdie kerke sou stuur, sy nie daar welkom sou wees nie? As sy hierdie profetiese boodskap moes verkondig sou sy die deur gewys word. Toets dit en maak 'n kopie en wys vir jou pastoor wat hier geskrywe is en ook die ander profesieë wat EK deur Sherrie Elijah gespreek het. Julle sal verbaas wees want julle sal sien of julle pastoor die gees van die Fariseërs het. Meeste van julle wat hierdie lees en die stem van julle Hemelse Vader herken, sal geskok wees om te sien wat julle pastoor of geestelike leier met profesieë doen, soos hierdie een wat EK vir hierdie Profeet gegee het. Hulle mag dalk sê hulle het nie tyd nie of laat weet julle dalk net hulle is nie geìnteresseerd in Profesieë nie.

Kan julle nie sien dat satan sy kloninggeeste stuur om 'n persoon te kloon wie eens op 'n tyd Heilig was nie. Maar hulle het weggedraai van MY af, as gevolg van gulsigheid, trots, sonde of gebrek aan geloof. Die kloningsgees verkondig nou MY Woorde, maar daar is geen RUACH ha KODESH in hom nie. Net 'n kloon uit die Hel uit, vermom as 'n engel van lig. Ek sal julle verantwoordelik hou as julle saad in bedienings saai wat MY Mense na vals leerstellinge toe lei. Hierdie kerke groei oorvloedig en verteer rykdom soos 'n vraat. Net omdat hulle die grootste bedienings is, beteken dit nie hulle die beste is nie. Net omdat hulle op televisie is maak hulle nie beter as 'n klein gemeente nie. Hierdie leraars wie Mediasentrums bou om die wêreld te bereik, en steeds bedel vir meer om vir hulle multimiljoen dollar kerke en ateljees te betaal, is oorvloedig in rykdom en wêreldsgesindheid, maar nie in Heiligheid nie. Julle wie stilbly en hulle gehelp het om die mense op 'n dwaalspoor te lei, sal verantwoordelik gehou word. EK sal julle seëninge wegneem as julle aanhou om julle ore doof te hou. Dit is julle laaste kans! Hou op om die bedienings en kerke met die suurdeeg van die Fariseërs, te ondersteun. EK sal julle seëninge wegneem as julle aanhou om hierdie leuens van die Fariseërs te bevorder.

EK sal hulle seën wie MY gehoorsaam. Lees hierdie profesieë vir julle pastore en vra toestemming om dit te deel. So sal julle MY seëninge met ander deel. As julle geìntimideerd voel om dit te doen, vra julleself af, hoekom? Waarsku die gemeente en pastoor wat EK sê. MY Woorde is nie net vir 'n paar nie, maar vir die meerderheid om te hoor. Vertel vir hulle dat dit net so sal wees soos in die dae van Noag. 'n Vloed met MY beker vol vloeke sal hierdie aarde oorstroom en niemand sal ontvlug behalwe hulle wie EK reeds verseël het nie. Vuur uit die lug, vuur wat alles sal verteer waaraan dit raak. Een derde van die aarde sal vernietig word. Die AARDE SKUD BEANGS soos wat EK, die Seun van YAHUVEH naderkom. MY toorn sal die aarde verteer.

Hierdie aarde was aanbid en nie die Skepper van hierdie aarde nie. Daarom het hierdie aarde geboet en sal nog moet boet. Skepsels van die aarde was aanbid en daarom moet die skepsels boet. Die mens was aanbid nie die Skepper van die mensdom nie en daarom moet die mensdom boet. Bose geeste van Isébel en Agab was in die kerke omhels, en daarom kom die oordeel na die huis van YAHUVEH en op die aarde. Vlug weg van sulke plekke af. In stede daarvan luister na MY RUACH ha KODESH. Luister na die Geestelike leiers met die gees van Noag, Moses, Elia, Jeremia, Esegiël, Daniël en Johannes die Doper.

Leer deur hierdie Profete se vrugte, maar meeste van alles leer van julle MESSIAS, roep MY NAAM YAHUSHUA aan en EK sal julle leer en lei in alle waarheid. Leer om na MY RUACH ha KODESH (Heilige Gees) te luister. Daar kom 'n tyd in Amerika wanneer openlike byeenkomste in geboue, groot vrees sal veroorsaak. Ander lande beleef dit noual. Maar EK was tot dusver genadig. Julle het tot dusver staatgemaak op daardie geboue om een of twee maal per week te vergader en MY te aanbid en MY dan vir die res van die week te vergeet. Nie almal van julle nie, maar baie van julle wie nou hier lees. Julle maak staat op daardie gebou of pastoor of gemeente, maar julle het NOOIT geleer om self na MY stem te luister nie. Wat sal julle doen as dit net EK en julle is?

Leer nou hoe om te luister en MY stem te gehoorsaam. Julle pastore is veronderstel om julle aan te moedig om dit te doen en julle in die gawes van MY RUACH ha KODESH aan te moedig. Gee aandag aan wat MY Ware Profete verkondig, werk saam met die Profete, leer uit hulle dapper voorbeeld. Satan soek om julle SALIGE HOOP te steel en vul julle harte met vrees en vertel MY Kinders en MY Bruid dat hulle deur die tyd van toorn moet gaan, en steel julle vreugde en steel julle SALIGE HOOP. Hierdie diensknegte van satan kom soos engele van die lig. Wanneer julle dink aan engele wat gestuur is om MY diensknegte te verwar, deur satan gestuur, dink aan hulle as buisligte. Dit is 'n namaaksel, afskuwelik en dodelik. Buisligte laat julle voel asof julle energie uit julle gesuig word. Het EK nie vir julle gesê dat julle moet bid dat julle waardig geag sal word om die uur van versoeking te ontvlug wat oor die aarde gaan kom nie? EK het MY Woord geskrywe om julle gerus te stel en julle vrese te versag.

MY Kinders julle is nie bestem vir MY toorn nie. In plaas daarvan het EK vir julle die SALIGE HOOP gegee. Nogtans laat julle die vals profete toe om julle te beroof van julle SALIGE HOOP. Sommige sal gered word al weier hulle nou hierdie SALIGE HOOP. Binnekort sal hulle treur soos die 5 maagde wat nie olie in hulle lampe gehad het nie, want hulle sal in die duisternis agtergelaat word sonder enige lig. Hulle sal toekyk terwyl vernietiging kom vir enigeen saam met wie hulle probeer reis wie nie MY Kinders is nie, of dit julle man of vrou, familie of vriende is. Leer 'n les by LOT. Almal wat weier om te glo dat EK, YAHUSHUA terugkom vir MY Bruid en dat EK nou oppad is, sal net soos die 5 maagde SONDER olie in hul lampe aangetref word en GEEN manier om olie vir hulle lampe te koop nie.

Die 5 wyse maagde glo nòu dat EK enige dag of uur kan terugkom. Hulle kyk uit en verlang dat hulle Bruidegom gou moet kom. Hulle treur elke dag omdat EK hulle nie weggeraap het saam met MY nie. Die wyses hou olie in hulle lampe en is gevul met daaglikse vars nuwe salwing. Weet dit, MY SALIGE HOOP is eg, EK is die SALIGE HOOP! Weier om toe te laat dat die Ark se deure toegaan sonder dat julle in MY arms is. EK is die ARK se deur. EK sê vir julle die boek van die Heidene is besig om te sluit net soos Dimitru Dudeman vir Amerika geprofeteer het. Hy kyk nou vanuit die Hemel en weet hy het sy bes gedoen om Amerika te waarsku. Maar ag, hoe min van julle het geluister. Hy het julle gewaarsku teen die komende toorn oor Amerika. Amerika het EK nie deur hierdie Diensmaagd wat nou praat, geprofeteer dat Amerika moet BELY voordat dit te laat is nie, want EK het MY ergste gespaar vir laaste. Maar EK sê vir MY Kinders wat in Amerika woon, MOENIE JULLE SALIGE HOOP PRYSGEE NIE!

Satan kom om julle geloof, dat EK hulle sal beskerm wat MYNE is en 'n uitweg aan MY Bruid sal voorsien, te steel. Glo net dat die heidene se ellendes nie MY Kinders se ellendes is nie. Glo net dat EK 'n GOD is wat hulle beloon wie ywerig na MY soek. MY belonings is by MY. Net soos in die Dae van Noag, sal julle die vernietiging aanskou, van bo MY toorn. Dit was te laat nadat die Ark se deur gesluit het en hoe hard die heidene ookal teen die deur geslaan het, kon hulle nie ingaan nie. Wanneer EK MY Bruid huistoe neem, sal almal wat agterbly, gedwing word om deur die Verdrukkingstyd te gaan. Óf hulle sal sterf òf in staat sal wees om die Merk van die Dier te ontvlug, hang af van die mate van geloof waarmee hulle MY aanroep om hulle te red. Slegs deur MY stem te hoor en MY te gehoorsaam, sal dit bepaal.

EK sal hulle wie glo, bo die vloed van MY toorn beskerm en wie glo dat EK nie 'n vroueslaner is nie. EK word beledig om te dink dat enigiemand dit kan dink, terwyl EK sê dat EK kom vir MY Bruid en wees gereed en wag vir MY. Wanneer EK in MY Woord sê "Bid sodat julle die uur van versoeking kan ontvlug wat oor die aarde gaan kom," wanneer EK sê "MY Bruid julle is NIE bestem vir MY toorn nie" hou baie van julle nogtans aan om MY te toets. So wat julle sê sal EK toelaat om te gebeur. Glo julle dat EK 'n uitweg sal voorsien? Vir hulle wat doen en Heilig lewe asof EK enige oomblik gaan kom, sal EK nie verras nie; hulle wag NOU vir MY.


* * * * * * *


Gespreek onder die salwing van RUACH ha KODESH, en toevertrou met hierdie woord YAHUSHUA se kind, Kryger, Bruid Pastoor Sherrie Elijah 11/1598 12:00 NM Sondag


Gaan Terug na Deel 1 van Hierdie Profesie