PROFESIE 22

GELIEFDES, MOENIE SELF JULLE GROOTSTE VYAND WORD NIE!

Gespreek/geskryf onder die salwing van die RUACH ha KODESH

deur Pastoor Apostel Sherrie Elijah

7 Augustus 1998

* * * * * * *


(Sherrie) Almal van ons is sondaars wat gered is deur genade en goedertierenheid en as dit nie so was nie, hoekom sou ons 'n Verlosser nodig hê? Dit is die aanklaer van die mens wat julle aankla en hierdie skuldgevoel op julle plaas.

Ek hoor die Here sê vir julle, MY Seuns en Dogters julle het self jul grootste vyand geword. Dit is nie julle taak om julleself te oordeel nie, maar julle Hemelse Vader se taak. Hou op om vir MY te vertel wat EK vergewe het en wat EK nie kan vergewe nie. Toon berou oor die verlede. Daardie sondes is in die diepste see van vergetelheid gegooi. MY Bloed het daardie sondes lankal weggewas. Dit is so ver weg soos die ooste van die weste is. Wat julle onlangse gedagtes en ongeregtighede aan betref, die grootste was die slae wat julle iemand gegee het vir wie EK meer liefgehad het as wat julle ooit kon droom of verstaan. Iemand vir wie EK my Bloed Gestort het en vir wie EK MY Lewe gegee het en sou gegee het, al was daardie iemand jy alleen. Iemand vir wie EK onherkenbaar gemartel was. Daardie iemand is jy. Hou nou op om vir MY te probeer vertel dat EK 'n fout gemaak het toe EK jou gekies het. Is jy besig om MY MY besigheid te vertel? Is jy besig om vir MY te vertel dat EK gemors maak?

Is jy besig om vir MY te vertel dat jy meer weet as ALMAGTIGE GOD, jou Heer en Verlosser? Is jy besig om vir MY te vertel dat EK foute maak? Is jy besig om vir MY te vertel dat die Bloed wat EK gestort het nie genoeg is om jou volkome skoon te was nie? Hoekom sal jy jou eie lewe wil neem as dit nie joune is om te neem nie? Hoe kan jy dit selfs oorweeg om MY te beroof van die vreugde om te bewys dat dit nie die trotses is vir wie EK uitgekies het om namens MY met hierdie wêreld te praat nie, dit is die nederiges. Dit is hulle wat onwaardig voel wat maak dat hulle waardig is wetende dat dit so is. Julle weet dit; EK herinner julle slegs aan wat julle weet. EK kies nie hulle wie vol van hul eie krag is nie, maar die swakstes want dan kan die swakstes alleenlik sterk gemaak word deur YAHUSHUA ha MASHIACH. Julle kan enigiets in YAHUSHUA se NAAM doen. EK het nie 'n fout gemaak toe EK julle gekies het om in MY NAAM te praat nie, EK is die ALMAGTIGE GOD en EK maak nie foute nie. Hoe lank moet EK dit nog vir julle sê? Wanneer sal julle na MY luister? EK het julle gekies en EK het geweet van watter stoffasie julle gemaak is en ja, deur watter ongeregtighede julle versoek sou word, selfs voordat julle gebore was.

EK het geweet met watter demone julle sou worstel selfs voordat satan hulle gestuur het. EK weet ook dat MY genade genoeg is in alle dinge. EK weet ook, soos Paulus gesê het, "MY Seun, hoe harder jy probeer om MY te behaag, hoe meer stuur satan sy demone om aan te val." Maar wees op julle hoede teen hierdie aanvalle. Moenie julle self in 'n posisie plaas om voor hierdie aanvalle te swig nie. Gebruik die wysheid van die RUACH ha KODESH wat EK vir julle gegee het. Julle weet waarvan EK praat, indien nie, vra vir MY, want hierdie Profeet wat met julle praat, het al hierdie dinge op verskillende maniere beleef. Al MY Ware Profete, self in Bybelse tye, het onwaardig gevoel. As julle nie het nie, sou EK julle onbruikbaar geag het as julle gedink het dat julle genoegsaam sonder MY is.

Hoor MY, Geliefde Seuns en Dogters. Hou op om dit waaraan EK lewe gegee het, te probeer doodmaak en lewe meer oorvloedig. Hou op om die gees van kranksinnigheid te ontvang. Hulle wie julle as kranksinnig veroordeel, verstaan nie wat EK gespreek en aan julle gewys het nie. EK het julle vir MY doel gekies. Dit is nie 'n toutrekkery nie. EK sal oorwin en julle sal verloor as julle aanhou om dit wat julle weet waar is, te betwyfel. Julle is gewaarsku omdat EK julle Liefhet. EK het julle geroep en daar is hulle wat dink julle is kranksinnig om te glo dat EK met julle praat en vir julle dinge wys wat ander nie kan sien nie. Die enigste kranksinnige ding omtrent julle, is om te glo dat EK julle straf vir sondes wat lankal vergewe en vergete is. Dit is net julle en satan wat nog daar gaan visvang, nie julle Verlosser nie. Hou op om klere te probeer was wat alreeds skoon is. Dink julle nie MY Bloed is voldoende nie? Julle verkondig dit, glo dit nou!

EK het baie meer dinge om vir julle te sê en EK sal, maar verteer nou eers dit wat EK gesê het, want dit is die waarheid. EK het vir julle MY wapenrusting gegee om staande te bly, MY Woord om staande te bly, MY Bloed om te reinig en MY NAAM en Bloed om te genees en om die demone weg te jaag wat julle verstand en liggaam en Gees pynig. Satan vrees hierdie krag want EK het vir julle die salwing gegee om te bid. Hoekom glo julle nie wat julle bid nie? Dink julle EK is doof? Dink julle MY arms is te kort om julle te verlos? Dink julle MY Bloed, NAAM, Woord en wapenrusting is NIE genoegsaam nie? Julle, MY Liefste Geliefdes, het MY kwaad gemaak deur nie te glo wat EK gespreek het nie.

Julle ken nou hierdie as die waarheid, so hou vas en hou op om die golwe op die ontstuimige see van julle lewens dop te hou, want dit is hoekom julle somtyds in depressie en sondige gedagtes verdrink. Instede daarvan, hou julle oë op MY gerig, julle Here en Verlosser YAHUSHUA ha MASHIACH en kom ons loop saam op die water. Julle is slim genoeg om te weet EK bedoel dit nie fisies nie, maar geestelik. Kom neem MY hand en glo en moenie twyfel nie. Laat julle verlede vir eens en vir altyd agter julle. Slaan julle hand aan die ploeg en arbei in MY oesland en moenie terugkyk nie. 'n Laaste ding, julle soek sekerheid by sommige wie julle opgesoek het en hoe kan hulle julle help?

Om die splinter uit julle oog te verwyder moet hulle eers die balk uit hul eie lewens verwyder. In hierdie wêreld sal julle verdrukking hê. Ja, maar EK het hierdie wêreld oorwin. GLO DIT NOU! Soos wat EK hierdie woorde met MY Diensmaagd Sherrie Elijah gespreek het, so sê EK nou weer vir julle, Verkondig dit, Leer dit en Glo dit. Moet EK meer sê? Hou op om julle self te omring met JOBstroosters, want net soos JOB, het hulle hom nie gehelp nie maar hom net verhinder en gemaak dat hy veg vir die geloof waarin hy geglo het en gemaak het dat hy sy GOD verdedig het. Dit gebeur nou met julle ook. EK gee nog een waarskuwing, neem dit letterlik op, as julle deur jul eie hand sterf, sal julle voor 'n woedende JEHOVAH (YAHUVEH) verskyn. So, hou op om dit wat EK geseën het, te probeer doodmaak en te vernietig. Julle is gewaarsku; hou op om self jul eie grootste vyand te wees.

Want julle was besig om satan se werk te doen en hy sit agteroor en lag. Nou is dit julle beurt om weer vir satan te lag. Nie in julle krag nie, nie in julle mag nie, nie in julle salwing of naam nie, maar in die NAAM bo alle NAME, YAHUSHUA ha MASHIACH van Golgota en Nasaret en die ALMAGTIG GOD YAHUVEH, wie se voetsool die aarde is. Julle is MY Geliefde Kinders vir wie EK bewaar, beide as Seuns en Dogters, Krygers en Bruid. EK kom weer. Sal julle dit weereens glo? Sal julle glo dat EK 'n beloner is vir dié wie hulle alles vir MY gegee het? EK het MY belonings met julle name daarop, by MY. Verkies julle regtig dat EK dit aan iemand anders moet gee?

EK het julle uitverkies, maar die tyd is so kort, daar is nie meer tyd vir selfbejammering nie. Wees jammer vir hulle wat nie gereed is vir MY koms nie. Wees jammer vir hulle wat nie glo dat EK vir hulle sal voorsien in die Groot Verdrukking en hulle sal red van die groot toorn wat kom nie. Wees jammer vir hulle wat dink hulle is gered as gevolg van 'n godsdiens en nie 'n verhouding met MY nie. Selfbejammering is een van julle grootste vyande; bestraf dit vandag in MY NAAM. Gaan terug om MY Skape te voed soos wat EK julle beveel het om te doen. Julle het MY Stem op hierdie dag gehoor, gee nou aandag daaraan. Gespreek op hierdie dag deur 'n ander Profeet, Sherrie Elijah (Elisabeth), wie self al hierdie dinge beleef het. Maar sy weet dat geloof 'n feit is nie 'n gevoel nie. Almal van julle, raak besig en voed MY Skape en berei MY Bruid voor. Help haar om sonder vlek of rimpel te wees deur dit te proklameer wat satan laat sidder met vrees.

Want die waarheid is YAHUSHUA ha MASHIACH se NAAM is oorwinning en EK kom weer om dit te bewys. Skree dit vanaf die internet; Skree dit vanaf die huise se dakke. Proklameer dit in die strate en kerke, radio en televisie : YAHUSHUA HA MASHIACH IS OPPAD! Gabriël het sy Trompet geblaas! Die klankgolwe is geblokkeer deur die verwoestende geveg wat nou in die Hemele aan die gang is. Mìgael en satan en die engeleskare veg, goed teen kwaad, maar goed seëvier altyd. Daar is hulle wie die ramshoring gehoor het en daar is hulle wat dit nie gehoor het nie. Maar EK vertel vir julle dat EK die waarskuwing gegee het aan hulle wie die trompet gehoor het, alhoewel Gabriël se trompet tot dusver slegs deur 'n paar gehoor was, dit was net om MY Bruid voor te berei vir haar Bruidegom wat kom! Moenie bekommerd wees omdat julle nog nie die ramshoring van Gabriël gehoor het nie, want dit is net vir 'n bepaalde tyd. Selfs die klankgolwe kan slegs vir 'n bepaalde tyd geblokkeer word. Is EK nie die een wat weet hoe ver die Hemel van die Aarde af is nie? EK het selfs die berekeninge hieromtrent bepaal. Julle moet dit wat EK beveel het, en dit waarvoor EK julle geroep het om te doen, vinnig doen.

Baie liefde, in YAHUSHUA, 'n Diensmaagd, Kind, Kryger, Bruid, Profeet

Sherrie Elijah, 8/7/98