PROFESIE 21

IS JULLE GEREED VIR 'N SKOK?

GABRIËL HET SY TROMPET GEBLAAS!

Gegee aan Eerw Sherrie Elijah op 7 Augustus 1998

* * * * * * *


Daniël 12:1 En in dié tyd sal Mìgael, die groot vors wat oor die kinders van jou volk staan, optree; en dit sal 'n tyd van benoudheid wees soos daar nie gewees het vandat 'n volk bestaan het op dié tyd nie; maar in dié tyd sal jou volk gered word, elkeen wat in die boek opgeskrywe staan.

12.2 En baie van die wat in die stof van die aarde slaap, sal ontwaak, sommige tot die ewige lewe en sommige tot groot smaadheid, vir ewig afgryslik.

12.3 : En die verstandiges sal glinster soos die glans van die uitspansel, en die wat baie tot regverdigheid lei, soos die sterre vir ewig en altoos.

Geskryf\gespreek onder die salwing van die Heilige Gees deur
Apostel Elisabeth (Elisheva) Elijah, 7 Augustus 1998

* * * * * * *

SKREE DIT VANAF DIE INTERNET!
SKREE DIT VAN DIE HUISE SE DAKKE AF!
PROKLAMEER DIT IN DIE STRATE, KERKE, RADIO en TELEVISIE! YAHUSHUA MESSIAS IS OPPAD!

Gabriël het sy trompet(Shofar) geblaas! Die klankgolwe is geblokkeer deur die verwoestende oorlog wat nou in die Hemele aan die gang is. Mìgael en satan en die engeleskare veg, goed teen kwaad, maar goed triomfeer atyd. Daar is sommiges wat die ramshoring gehoor het en sommiges het nie. Maar EK vertel vir julle EK het die waarskuwing vir hulle wat die trompet gehoor het, gegee alhoewel Gabriël se trompet tot dusver slegs deur 'n paar gehoor was, dit was slegs om MY Bruid voor te berei vir haar Bruidegom wat kom. Moenie bekommerd wees omdat julle nog nie die ramshoring van Gabriël gehoor het nie, want dit is slegs vir 'n bepaalde tyd. Selfs die klankgolwe kan slegs vir 'n bepaalde tyd geblokkeer word. Want is EK nie die een wat weet hoe ver Hemel van die Aarde is nie? Selfs die berekeninge oor dit het EK vooraf bepaal.

Julle moet dit wat EK beveel het en waarvoor EK julle geroep het, vinnig doen. Vir hulle wie EK finansieel geseën het, wanneer EK terugkom en EK vind uit dat julle jul geld opgegaar het vir beter dae terwyl die Profete en Apostels gebrek gely het, wie die profetiese woorde oor die wêreld moes verkondig en vertel het van MY wederkoms en die behoeftiges aangesê het om gereed te maak, ellende vir hulle wie dit gedoen het. Ellende vir hulle wat MY Apostels en Profete gemuilband het of probeer muilband of ontmoedig of verhinder het om uit te spreek. Ellende vir hulle wat MY Apostels en Profete gespot en mishandel het omdat hulle dit uitgespreek het. Julle is gewaarsku, vertel dit nou aan ander. EK het dit eerstens aan MY Diensmaagd Sherrie Elijah vertel en het vir haar gesê om die Gees wat praat te toets en om dit geleidelik vir ander te vertel. Sy sou dan die bevestiging, wat sy gesoek het, gekry het by hulle wie sy nie geken het nie, maar EK het geweet dat hulle ore het om te hoor. Dit was teen haar leerstellinge en oortuigings wat sy geleer was, wanneer Gabriël die trompet geblaas het, sal julle wie nog lewe, opgeneem word om MY in die lug te ontmoet.

Dit is waar, maar wat julle nie weet nie is openbaringe wat EK nou deur hierdie Diensmaagd openbaar. Dit sal teen julle godsdiens indruis, ja, en julle leerstellinge. Maar MY Woorde is betroubaar en waar. Daar is 'n verloop van tyd tussen hierdie gebeurtenisse. Eerste sal Gabriël die Ramshoring blaas, dan 'n groot oorlog in die Hemele wat hierdie aarde alreeds kan sien, die weerligte en die gebrul van MY donderweer. Hierdie aarde voel alreeds die nadraai van die groot omwenteling soos 'n vrou wat geboorte skenk. Die Hemele skenk geboorte aan die wederkoms van die Seun van YAHUVEH! Die Hemele trek krampagtig saam soos 'n vrou wat geboorte skenk. Die aarde sal hierdie kontraksies sien en voel, net soos 'n vrou wat geboorte skenk. Daar sal orkane, tornados, vulkane en aardbewings wees en hulle sal hewiger word soos wat MY SEUN se koms nader kom. Julle het altyd hierdie dinge gehad, dit is waar, maar julle sal nou 'n verandering in die atmosfeer sien, want EK alleen is die ALMAGTIGE GOD YAHUVEH en EK sal bewys dat julle nie die kalender kan vertrou om te sien watter seisoen gaan aanbreek nie. Neem kennis van die planete, want EK gaan dit waarin julle geglo het, verskuif en vir julle wys wat julle nog nie gesien het nie.

Neem kennis van die son en die maan en die sterre want EK het weereens verrassings in stoor vir hierdie aarde. EK sal bewys dat EK alleen die ALMAGTIGE GOD YAHUVEH is! EK sal bewys dat EK nie langer bespot kan word nie. Dit wat die heidene sê is onmoontlik, sal EK bewys, want vir ALMAGTIGE YAHUVEH is alle dinge moontlik. Die heidene se gode sal verkrummel tot puin. Die aarde sal oopgaan en vir Boeddha insluk. EK sal bewys in watse pieperige gode die heidene hulle vertroue gestel het. EK sal geen ander gode voor MY verdra nie. Hulle wie ander gode aanbid sal saam met hulle gode sterf as hulle nie vandag berou toon nie. Môre mag dit te laat wees! Julle is gewaarsku. Enigiets wat julle bo YAHUSHUA ha MASHIACH stel, is 'n god. Of dit 'n persoon, plek of ding is. Enigiets wat julle meer liefhet as vir MY, sal EK verwyder. Nahum 1 sê baie duidelik dat EK 'n jaloerse GOD is.

Julle sal sien hoe EK my vyande beveg en vernietig. EK sal hulle afsonder, wie aan MY, in hulle verstand, liggaam, gees en siele behoort. EK weet wie waarlik vir YAHUSHUA aanbid en in wie die RUACH ha KODESH waarlik is om te bewys dat dit in die aardse vaartuie woonagtig is. EK word nie mislei deur herhaling van woorde of aksies of 'n godsdiens nie. EK was bespot en alles wat Heilig is was bespot, en MY NAAM is vervloek en herhaaldelik vervloek op julle luggolwe, in liedere, op televisie en selfs in huise waar MY Kinders woon. In 'n land wat afgesonder is vir MY Glorie. 'n Klein babatjie, maar tog so dapper en parmantig deur vir die Skepper te sê "In GOD we Trust" en nogtans MY bespot deur nie MY RUACH ha KODESH toe te laat in hulle skole, howe of regering nie, EK sal die Hooggeregshof wys wie alleen is Oppermagtig. EK sal vir Amerika wys wat gebeur met 'n baba wat sê "Gaan weg, ek het nie meer hierdie Vader YAHUVEH nodig nie." EK sal vir Amerika wys en haar gebruik as voorbeeld want EK het MY ergste vir laaste gebêre. Julle straf is opgeberg. Die arend sal die land wat dit moes bewaak, opvreet. O!,O!, maar EK kan MY Babas, MY Ware Babas, MY Kinders, hoor, beide klein en volwasse, beide wie die vleis eet en nogsteeds van die melk aan MY bors suig en hulle sê, "Nie ek nie, sekerlik nie ek nie, ek bly in Amerika wat sal van my word?" Trane stroom vreesagtig van sommige van julle se oê af, ander pik die trane weg.

(YAHUSHUA het nou begin praat) Hier is wat EK te sê het vir hulle wie MY RUACH ha KODESH het en MY eerste stel en nie skaam is vir die NAAM van YAHUSHUA of om 'n wedergeborene genoem te word nie, RUACH ha KODESH gevulde Christene. Luister mooi en hulle wat MY stem ken sal 'n vrede ervaar wat alle verstand te bowe gaan en weet dit is EK, julle Meester YAHUSHUA ha MASHIACH, wat vervolgens hier met die wêreld praat deur hierdie Diensmaagd. Hier is wat julle Verlosser YAHUSHUA met SY kinders spreek, SY kinders wie gevul is met MY RUACH ha KODESH, luister mooi en vertel vir almal wat wil luister. Soos in die dae van Moses, so sal dit weer wees. EK sal die Israeliete en die Egiptenare verdeel. MY seëninge en MY vloeke, seëninge vir hulle wie MY gehoorsaam en vloeke vir hulle wie ongehoorsaam is aan MY. Het EK nie 'n plek vir hulle voorberei toe die bose Farao dit onmoontlik gemaak het om in die Heiden land te woon nie? Gebeur dit nie ook nou in Amerika nie? Sien julle nie ook hoe die bose faraos oprys in die vorm van regering en julle Christelike vryhede wegneem nie? Hulle vaardig wette uit wat sê julle mag nie praat teen wat EK 'n afskuwelikheid noem nie. Hulle dwing julle om vir hierdie afskuwelikhede te betaal met belastinggeld wat EK julle nie aangesê het om te betaal nie. Lewenswyses wat EK eenvoudig in MY Woord verklaar het as afskuwelik vir YAHUVEH.

Julle woon in 'n land in Amerika waar MY NAAM konstant bespot en vervloek word. Die verdoeming kom net terug op diegene wie MY NAAM verdoem teen 'n wins. EK sal julle nie hiervoor vergewe as hierdie akteurs nie trane van berou stort en voor die mense bely dat hulle gesondig het nie. Het EK nie 'n veilige plek vir Lot voorsien toe hy moes vlug nie? Net Lot se vrou wie omgekyk het, was vernietig. Want sy het verlang na die lewenswyse waarvan sy moes vlug. So EK het vir haar dieselfde beloning gegee. Vernietiging! Het Ek nie 'n veilige plek aan Noag voorsien nie? Hoekom sal EK nie 'n veilige plek vir MY Kinders voorsien wie gevul is met MY RUACH ha KODESH nie? Hoekom twyfel julle aan MY Liefde en hulle het nie? O!, hoe bedroef maak julle MY as julle dit doen. Is EK nie instaat om almal op hierdie aarde te versorg wie aan MY en MY Vader behoort nie? Hou op om aan MY te twyfel. Het EK nie in die tyd van Moses selfs die Heidene forseer om hulle silwer en goud te gee sodat hulle wie heilig was nie met leë hande en arm vertrek het nie? Die rykdom van die boses word opgegaar vir die regverdiges.

Moenie na die ekonomiese ellendes luister nie. Dit is die heidene se ellendes, nie MY Kinders se ellendes nie. Vir die Eer van YAHUSHUA, YAHUVEH en die RUACH ha KODESH, sal EK MY Mense seën op wyses waarvan hulle nooit van kon droom nie, nie vir hulle eie selfsugtigheid nie. EK gee dit sodat MY Apostels en Profete aan die wêreld kan skree, Gabriël het sy trompet geblaas! Kinders wie MY stem hoor, EK beveel julle om MY Apostels en Profete te ondersteun wie dit waag om met vrymoedigheid te spreek. Dink julle dit is nie skriftuurlik nie? Het EK nie 'n klein weduwee vroutjie wie net genoeg gehad het om 'n broodjie vir haar en haar seun te bak vir 'n laaste maaltyd, aangesê om MY Profeet van Ouds, Elia te voed nie? Maar sy het geglo dat as jy 'n Profeet seën sal jy voorspoedig wees. Behalwe finansieel het EK daardie weduwee in baie gebiede geseën.

EK het selfs dat Elia van Ouds haar seun se lewe red, deur hom terug te bring uit die dood. MY Profete sal nie instaat wees om te werk soos julle nie, want wie sal 'n persoon huur wie die stem van YAHUVEH kan hoor? Hulle sal vir hulle lewens vrees, sowel as dat hulle sondes ontbloot sou word. So, voed MY Apostels en Profete soos wat julle MY ander bedienings gevoed het. Wanneer julle die apostels en profete se monde snoer deur vir hulle te vertel hulle is nie belangrik genoeg om te ondersteun nie, maak julle MY Stem stil sodat dit nie in 'n luide, suiwer dapper stem op hierdie aarde gehoor kan word nie. Dit is die ware Apostels en Profete wat hulle lewens daagliks op die altaar plaas, wie gehaat en verwerp word terwille van MY NAAM, maar hoe min van julle ondersteun 'n Apostel of Profeet. Hulle ly gebrek terwyl julle die bedienings ondersteun wie julle waardig ag.

GABRIËL HET DIE RAMSHORING (SHOFAR) GEBLAAS! DIE KLANKGOLWE IS TOT DUSVER GEBLOKKEER, AS GEVOLG VAN DIE VERWOESTENDE OORLOG IN DIE HEMELE, MAAR AG, NOG SO 'N KORT TYDJIE EN DIE EEN VIR WIE JULLE WAG SAL OPDAAG VIR SY BRUID! SAL JULLE GEREED WEES? SPREEK VERVOLGENS DIE GEHEIME WAT EK IN VRYMOEDIGHEID VIR JULLE VERTEL HET!

Ondersteun die bedienings, alhoewel hulle van minder belang geag word in vergelyking met die groteres met volop finansiële ondersteuning, dink julle EK sal julle seën omdat julle vir die bedienings gee wat nie julle geld nodig het nie. Julle geld maak hulle net meer gulsig en kragtig in hul eie name, vir hul eie roem. EK beveel julle om aan hierdie Profete en Apostels te gee wie op MY staatmaak om vir hulle te sorg deur die saad te stuur deur MY Mense. Die een tot wie EK spreek weet nie eers waar die volgende dollar vandaan gaan kom nie, maar sy vertrou MY en EK sal voorsien. Want deur te waag om te spreek wat EK nog nie deur enige ander Profeet tot dusver gespreek het nie, sal MY Dogter Sherrie Elijah vervolg word omdat sy dit vervolgens spreek, en gespot word self deur haar eie eweknieë. Hulle toorn sal groot wees omdat hulle dit doen en haar beloning sal groot wees omdat sy praat oor dit waaroor sy nie langer kan stilbly nie. Het EK nie in die tyd van Moses vir die Kinders van Israel voorsien nie? Nogtans het die kinders van Israel ondankbaar opgetree.

Maar op een of ander tyd tree MY Kinders dieselfde op. Hoeveel van julle neem julle seëninge wat EK daagliks gee, as vanselfsprekend aan? Maar net soos wat julle julle kinders vergewe as hulle julle nie elke dag bedank omdat julle vir hulle sorg nie, so sal EK julle vergewe omdat julle ook vergeet. Het EK nie in die tyd van Moses water uit 'n rots voorsien vir hulle dors nie, 'n harde droë rots? Nogtans het dit MY Lewende Waters laat uitvloei wat hulle onderhou het. MY Kinders was dors daarom het EK vir hulle water uit 'n rots gegee en EK kan dit weer doen en EK sal, EK behandel nie iemand volgens sy rang of posisie nie. Glo net en glo dat EK sal en het Apostels en Profete opgerig wie al hierdie dinge doen en nog meer. EK sal dit weer doen. Hulle wie nie MY Lewende Water ontvang nie, sal dors ly, sal sterf en Hel toe gaan. Vir MY Eer alleen sal EK Lewende Water uit rotse voortbring. Het EK my Kinders laat hongerly in die woestyn? Verstaan julle hoeveel moes EK voed? Het EK 'n probleem gehad? NEE! Sonder om selfs 'n pyl te skiet, sonder om selfs na die voëls te soek, het EK die voëls hulle lewens laat opoffer sodat MY Kinders vleis kon hê toe hulle moeg geraak het vir Manna, Engele Brood uit die Hemel.

EK het hulle met kos uit die Hemel gevoed waaroor hulle gemurmureer en waarvoor hulle moeg geraak het, en net so sal EK hulle weer voed. Toe hulle gekla het omdat hulle moeg geraak het vir kos uit die Hemel, het EK vir hulle die vleis van die aarde gegee waaraan hulle gewurg het en duisende gesterf het. EK was kwaad oor hulle ondankbaarheid. So pasop, want EK is weereens 'n GOD wat nie verander nie. Julle is nou op hierdie dag geleer. EK het vir Moses en MY Kinders die deurgang deur die Rooi See gegee toe hulle rugkant teen die dood voor hulle en agter hulle was, en so sal EK weer doen. Glo MY net; EK het 'n plek voorberei vir MY Kinders. EK het nog nie hierdie plek geopenbaar nie, selfs nie aan die Apostels en Profete nie. Want die tyd is nie reg vir hulle om MY Kinders te laat vlug nie. Julle kan nie voor die Wolk van Glorie uitgaan nie en julle kan nie agter dit gaan nie. Julle moet reg onder dit bly en beweeg wanneer dit beweeg en staan wanneer dit staan. EK sal weer vir julle 'n Wolk van Glorie gee om te volg en 'n vuurkolom om julle pad in die nag te verlig. Moenie bekommerd wees oor die elektrisiteitsmaatskappye nie. As EK dit nodig ag, sal EK die engele stuur om julle te lei.

EK het nogsteeds 'n volk. EK sal nogsteeds beskerm wat MYNE is. Ja, sommige van julle sal gewilliglik julle lewens vir MY gee, maar EK sal net julle lewe teruggee. Sommige sal in die Hemel ontwaak en besef dat hierdie bloed net meer Stefanusse opgewek het. Want onthou dat Saulus Stefanus se kleed vasgehou het toe Stefanus gestenig was en Saulus het Paulus geword. Hierdie martelaar Stefanus, het MY gesien toe die Hemele geopen het en MY Heerlikheid het sy gesig verlig, so moenie dink dat dieselfde tipe martelare wat opgerig word, wat alreeds hulle lewens gegee het, nie dieselfde gesien het nie. Sommige van MY Apostels, Profete en Kinders sal doodgemaak word en nogtans weer lewe en die duiwel kan dit nie stop nie, ook nie die mensdom nie. EK sal vervolgens meer wonderwerke in hierdie eindtye tentoonstel as wat in die hele Bybel saamgevat is. Sal julle gereed wees? Sal julle aan die kant wees wat MY verwerp of MY as Heer en Verlosser bely?

Jammer om te sê, maar selfs MY eie, soos Petrus wie op die water geloop het, het toe hy vir sy lewe gevrees het, MY verwerp en misken, so sal dit weer wees en is dit alreeds. Wees nou dankbaar teenoor MY vir wat julle het, anders sal EK kom en selfs dìt wegneem. So sal EK in julle leeftyd weer al hierdie dinge doen, selfs al hoor julle nie daarvan nie. Weet net dat dit sal gebeur. EK is dieselfde GOD gister, vandag en tot in ewigheid. EK, die Here julle GOD YAHUVEH, YAHUSHUA en die RUACH ha KODESH (Heilige Gees) verander nie. Pasop om die aarde se vleis bo die Hemelse manna te verkies.

EK gaan al hierdie dinge en nog meer, vir MY Eer doen om te bewys dat EK, die ALMAGTIGE GOD alleen die laaste sê het, nie satan, nie die antichris, nie die valse profeet en nie die regering nie. EK sal bewys dat YAHUSHUA ha MASHIACH (Jesus Christus) die skape wat aan HOM behoort, kan versorg. Selfs Moses se skoene het nie afgeslyt nie. So sal dit weer wees. Neem MY op MY Woord. Weet dat EK ALMAGTIGE GOD is en vir MY is alle dinge moontlik. Want MY Kinders sal Gabriël se trompet (shofar) hoor. Sommige het alreeds, slegs as 'n voorspel om vir MY Profete te sê om dit uit te spreek om ander te bemoedig, want die volgende keer wat hulle dit hoor, sal al MY Kinders dit terselfdertyd hoor.

* * * * * * *

Baie liefde in YAHUSHUA, 'n Diensmaagd, Kind, Kryger, Bruid, Profeet Sherrie Elijah, begin op 8/7/98 10:00 vm en geëindig 10:13 vm

* * * * * * *

IS JULLE GEREED VIR NOG 'N SKOK?

GABRIËL HET SY TROMPET GEBLAAS!

Deel 2

"DIE DOOIES SAL OPSTAAN"



Hier is nog 'n openbaring wat EK gedeel het met hierdie Profeet deur wie EK nou spreek. Wees gereed vir 'n skok vir julle dogmatiese leerstellinge en hoor 'n waarheid wat meeste nie begryp het nie. Ek moes vir hierdie Profeet wat nou onder MY Salwing skryf, drome gee om dit te bevestig, sowel as om dit te spreek en het dit selfs deur haar eie jong seun gespreek. Maar sy het nie geluister nie, want dit het dit wat sy as 'n nuwe baba in YAHUSHUA geleer was, geskud. Wees gereed vir 'n skok vir julle godsdienstige opleiding en pasop om dit te bespot wat julle nie verstaan nie. Ek is 'n GOD wat nie kan lieg nie, hierdie Profeet skryf onder MY salwing. Sy kan nie vir julle lieg nie en het geen rede, anders as om MY Waarhede te spreek, om hierdie belaglikheid wat op haar opgehoop word, te bring nie.

EK het slegs onlangs in die maand Julie vir Sherrie hierdie dinge gewys en het dit deur ander bevestig toe sy vrymoediglik gespreek en daaroor gepeins en die Gees getoets het wat gespreek het. O EK het inderdaad in MY Woord gesê, "En die dooies in YAHUSHUA (Christus) sal eerste opstaan en dan sal julle wie nog lewe opgeneem word om die Here in die lug te ontmoet". Maar daar is 'n gedeelte wat julle nie verstaan het nie. LUISTER AANDAGTIG! Satan sal die opstanding van die Heiliges bespot. Wanneer hulle Geestelike liggame kom en herenig met die aardse liggame, sal hulle inderdaad op die aarde wandel soos toe EK opgewek is. Die heiliges het opgestaan, het hulle nie? Satan na-aap alles wat EK doen, en hy sal dit weer doen.

Daniêl 12:1 : En in dié tyd sal Mìgael, die groot vors wat oor die kinders van jou volk staan, optree; en dit sal 'n tyd van benoudheid wees soos daar nie gewees het vandat 'n volk bestaan het tot op dié tyd nie; maar in dié tyd sal jou volk gered word, elkeen wat in die boek opgeskrywe staan.

12:2: En baie van die wat in die stof van die aarde slaap, sal ontwaak, sommige tot die ewige lewe en sommige tot groot smaadheid, vir ewig afgryslik.

12:3 : En die verstandiges sal glinster soos die glans van die uitspansel, en die wat baie tot regverdigheid lei, soos die sterre vir ewig en altoos.

EK vertel dit nou vir julle sodat wanneer julle hierdie dinge sien gebeur, julle nie sy troepe Zombies sal vrees wat deur die Krag van die Kruis van YAHUSHUA ha MASHIACH doogemaak sal word nie. Onthou, slaan hulle met 'n plank of hout wat die Kruis verteenwoordig. Die dooies in YAHUSHUA (Jesus Christus) wat sal loop en tot MY Eer sal getuig, sal net soos in die ou tyd loop en getuig van die Hemel, om nie die Merk van die Dier te aanvaar nie. Hulle sal bewys dat daar lewe na die dood is. Julle sal MY Heiliges in verheerlike liggame, wat nie doodgemaak kan word nie, hoor en sien. Satan sal sê dat dit nie net die Christene is wat opgestaan het uit hulle grafte nie, maar hulle wat nie 'n Christen is nie en hy sal dit bewys deur te veroorsaak dat groot vrees oor almal kom wat nie vandag MY Woorde hoor nie. Hulle sal na sy bose vleisetende demone kyk wat saam met die heidense aardse liggame in die grafte verenig het en uit die bodemlose pit kom om chaos te veroorsaak sodat hierdie wonderwerk ongesiens verbygaan, maar satan se weermag van die dooies is nie regtig die Moeders, Vaders, Susters, Broers, Mans of Vrouens van die heidene nie, maar demone wat sal byt en hierdie demone sal verander in lewendiges, maar weereens sal slegs die heidene hierdeur geaffekteer kan word.

Slaan hulle dus met 'n stuk hou in die NAAM van YAHUSHUA ha MASHIACH. Bestraf hulle en bind hulle. Dryf die demone uit en sê, "Die Bloed van YAHUSHUA ha MASHIACH is teen jou satan en al die demone moet wegvlug van my af" en hulle sal. Die heidense dooies sal op die grond neerval. Bestraling van VVO het nie hierdie chaos veroorsaak nie; dit is 'n plan uit die Hel en julle is vandag vooruit gewaarsku deur hierdie Profeet wie MY gevra het om haar nie te laat praat voordat dit MY tydsbereking was nie. DIT IS NOU MY TYDSBEREKENING!

Nou vir nog 'n Skok, is julle gereed? Ja, julle sal opgeneem word om MY in die lug te ontmoet. Julle sal waarlik weggeraap word saam met julle Verlosser in MY arms. Maar eerstens moet EK julle herinner, het EK nie vir 40 dae in MY Verheerlikte Liggaam op die aarde gewandel na MY opstanding nie? Julle is die liggaam van YAHUSHUA ha MASHIACH en daarom sal julle weer dieselfde doen en vir MY getuig en die heidene waarsku om nie die Merk van die Dier aan te neem nie. En bewys dat die Hemel 'n werklikheid is. YAHUSHUA ha MASHIACH is eg. Die dood is nie die einde nie maar die begin van òf verlossing òf verdoemenis. Dan na die 40 dae waartydens julle in julle Verheerlikte Liggame gewandel het waar geen hindernisse julle kon keer en julle geen behoefte vir kos of water het, maar julle kan dit kry as julle so verkies. Het EK nie vis geeët nie? Het EK nie 'n liggaam gehad waar Tomas MY in die sy kon steek nie? So sal julle ook. Het EK nie deur mure geloop nie? Die deur was gesluit toe EK eerstens na MY Dissipels gegaan het, onthou? So sal julle ook deur mure loop. Niks sal vir 40 dae vir julle onmoontlik wees nie. Hulle wat nie Verheerlikte Liggame sal hê nie, sal treur want hulle sal onthou dat YAHUSHUA die waarheid gepraat het toe hy gesê het "Soos wat julle MY sien opgaan in die wolke so sal julle ook." EK het hierdie woorde deur MY RUACH ha KODESH (Heilige Gees) tot MY Dissipels gespreek. Nou praat EK dit weereens deur MY Dissipel Sherrie Elijah. Verheug julle, julle wie aan MY behoort. Watter groter beloning is daar as dat hierdie aarde julle in jul Verheerlikte Liggame sal sien en vir die vyande om te weet dat hulle julle nooit weer kan doodmaak nie.

Diegene oor wie EK ween word versinnebeeld in die skildery en visioen "One Minute until Midnight", en is die kerk van die huigelaars. Godsdiens weerhou julle om MY Bruid te wees. 'n Liefdevolle, gehoorsame verhouding met MY is die enigste manier hoe julle hierdie seëning deelagtig kan wees. Ag, die getreur en die trane en snikke en geween toe die vyf maagde sonder olie in hulle lampe uitstorm om te kry wat die vyf maagde gehad wie hulle bruidegom ingewag het, met vars olie in hulle lampe, hulle sal wil hê wat julle het en sal nie instaat wees om dit te koop of te ontvang, sonder om hulle lewens op te offer vir MY nie. Diegene wie MY nie verwag nie, en nie glo dat EK sal kom om MY Bruid te red nie, diegene wat glo dat MY Bruid deur die Groot Verdrukking en Groot Toorn sal moet gaan, jammer om te sê, maar julle sal hê wat julle glo. Maar dit beteken nie dat julle nie gered sal word nie. Dit beteken net dat EK julle wou spaar, maar julle was nie gereed nie. Na die 40 dae sal EK MY Bruid huistoe neem en ons sal feesvier aan die Bruidlofsmaal van die Lam. MY Verheerlikte Bruid sal die bose weermag van die dooies beveg terwyl hulle op die aarde is want hulle ken die krag van die kruis.

Dit is hoekom hulle MY Bruid genoem word. Dit is hoekom EK hulle Verlosser is. Hulle Bruilofskleed is sprankelend wit en sal nie die bloed of toorn van hierdie wêreld daarop hê nie. Slegs MY Bloed was witter as sneeu. Bid vir hierdie Diensmaagd tot wie EK hierdie Profesie gespreek het, want die vyand sal soek om haar mond permanent stil te maak omdat sy dit waag om met soveel vrymoedigheid te spreek. Bid vir Sherrie Elijah (Elisabeth) om aan te hou om dit wat die wêreld onmoontlik ag, uit te spreek. Julle het nog nie veel van haar gehoor nie, want hy het alreeds probeer om die stem stil te maak wat EK aanhou sal gebruik om met MY Skape en nasies te spreek, ryk en arm, leiers van alle nasies, hoe meer hulle probeer om hierdie stem stil te maak, hoe HARDER sal EK deur haar SKREE! Hoe groter sal die toorn wees vir enigeen wie dit bespot wat soveel vrymoedigheid vat om MY toe te laat om spreek. Hoe groter die seën vir almal wie dit wat deur hierdie Profeet Sherrie Elijah gespreek is, aanvaar het.

So is dit geskryf op 8/7/98 10:00 vm. So is dit gespreek en so sal dit gebeur. EK het hierdie dinge gesê om julle vooraf te waarsku en sodat MY Kinders nie sal vrees nie en die vyande van die Evangelie van YAHUSHUA ha MASHIACH sal weet wie om te vrees, en wat om te vrees. YAHUSHUA ha MASHIACH is 'n GOD van genade en liefde en 'n GOD van oorlog! EK voer nie oorlog teen MY Kinders nie, maar slegs teen MY vyande wie 'n ander Heer en meester noem. Julle is gewaarsku!

* * * * * * *



Baie liefde in YAHUSHUA, 'n Diensmaagd, Kind, Kryger, Bruid

Apostel Sherrie Elijah

8/7/98 10:00 begin, geëindig 10:13 vm.