PROFESIE 13

VERTEL VIR HULLE MY KIND, VERTEL HULLE NAMENS MY!

Gegee aan Eerw Sherrie Elijah op 24 Januarie 1998


* * * * * * *

Gedurende gebed vandag 23/1/98, ek was besig om saam met my vriendin Sharon te bid. Ek was besig om vir haar te vertel van Gabriël en hoe ek steeds die visioen van die trompet teen sy lippe sien, wagtend vir die wagwoord van Vader YAHUVEH op die troon, om dit te blaas.

Sy het gesê, "O Sherrie, het jy dit gesien?" En toe ek probeer om te antwoord, het daar instede daarvan tale uit my geskeur. Maar hulle was verskillende, dringende tale; warm trane het op my gesig geval. Toe het die RUACH ha KODESH vir my YAHUSHUA gewys. HY was knielend op die grond. HY kyk na Gabriël en SY gesig is met sy hande bedek en hy huil. HY snik so hard. HY het gepraat en ek kan hierdie woorde woor. Die snikke het uit my uit geskeur asof HY deur my huil. Die trane was so warm dat ek dit op my gesig gelos het. Wetende op een of ander manier dat dit nie vleeslike trane was nie, maar trane afkomstig van YAHUSHUA. Ek kan dit steeds op my gesig voel asof dit drooggeword en daar gebly het.

Hierdie is die woorde wat die RUACH ha KODESH nou terugsit in my gees want ek is opdrag gegee, "VERTEL HULLE MY KIND, VERTEL HULLE NAMENS MY!"

* * * * * * *

Alhoewel EK juig omdat EK kom om MY Kinders uit hierdie bose wêreld weg te neem, om MY Bruid huistoe te neem in MY arms, huil EK en snik EK want EK is in twee geskeur. So baie sal agtergelaat word, so baie wat hulleself MYNE noem en tog is MY Gees nie in hulle nie. Hulle sal agtergelaat word om die toorn van Almagtige GOD YAHUVEH te verduur. Vertel vir hulle MY Dogter, vertel vir hulle namens MY. Waarsku hulle, baie sal luister en hierdie profesie gehoorsaam. EK huil oor die kerke wat oorloop en waar mense in toue staan om in die kerke in te kom. Maar MY RUACH ha KODESH (Heilige Gees) is nie in hierdie kerke nie. Hierdie mense noem hulleself MYNE en hulle ken MY nie. Hulle is die kerk van die huigelaars.

Vertel vir hulle MY Kind, Vertel vir hulle namens MY.

Hulle sal agtergelaat word om die toorn van die Almagtige GOD YAHUVEH te verduur as hulle nie berou toon nie. Wat 'n tragedie. Vertel vir hulle MY Kind, vertel vir hulle namens MY, YAHUSHUA ha MASHIACH IS VINNIG AAN DIE KOM! EK ween oor die manne wat hulle heidense vrouens sal verlaat. EK ween oor die vrouens wat hulle heidense manne sal verlaat. EK ween want hulle het probeer, maar die heidense huweliksmaats wou nie luister nie.

Vertel vir Hulle MY Kind, Vertel vir Hulle namens MY want EK kom, O so gou. EK ween oor diegene wat dink EK haat hulle. Tog het EK vir hulle sondes gesterf en opgestaan vir hulle.

Vertel vir Hulle MY Kind, Vertel vir Hulle namens MY want EK kom nou O so gou. EK weet dit klink asof so min luister en meer hulle ore sal toedruk eerder as om te luister. Maar niks het verander nie. Het hulle nie dieselfde aan MY gedoen nie? Het hulle nie gekyk toe EK op Golgota gekruisig is nie? Het dieselfde persone wat die wonderwerke aanskou het wat EK gedoen het, nie geskree 'kruisig hom aan daardie kruis' nie? Terwyl al wat EK wou doen was om 'n seën vir hulle en vir julle te wees, en EK het vir almal gesterf om julle vir ewig vry te maak uit satan se greep. En tog, hoeveel lippe vervloek, ontken, is ongehoorsaam, spot en laster MY nogsteeds?

Jy sal soos 'n stem wees wat in die woestyn roep en MY Dogter, dit sal voorkom asof jy slegs jou eie eggo hoor wat terugkeer na jou eie ore. Maar dit is nie jou eggo nie, maar MY eggo wat die wêreld sal hoor wat oor jou lippe kom wat EK georden en gesalf het om MY Woorde uit te spreek, nie jou woorde nie. Die prys was groot wat jy en ander wat EK georden en gesalf het om MY Woorde uit te spreek, betaal het, julle het 'n groot offer betaal. Maar julle belonings sal groot wees. Want niks wat julle namens MY prysgegee het, sal onbeloon wees nie. Geen pyn of lyding wat julle verduur het, sal onbeloon verbygaan nie. Vir wat julle ookal om MY NAAM ontwil gely het, sal EK julle nie net op hierdie aarde nie maar ook vir ewig in die Hemel beloon.

Vertel vir Hulle MY Kind, Vertel vir Hulle namens MY, want EK Kom O so gou. Die seëninge sal groot wees wat EK gereserveer het vir almal wie MY dien, gehoorsaam, tiendes gee en wie Heilig is en MY Aanbid.

Vertel vir Hulle MY Kind, Vertel vir Hulle namens MY want EK Kom O so gou. EK sê vir jou dat ander hierdie profetiese eggo oor die ganse wêreld sal hoor en hulle sal nie die stem van 'n vrou hoor wat praat nie, maar hulle sal die stem van die Almagtige GOD YAHUVEH hoor wat praat. Hulle sal nie net een stem hoor nie, maar MY stem sal deur baie ander weerklink. Selfs die heidene sal gedwing word om MY stem te hoor. Kan julle nie 'n eggo, selfs van veraf hoor nie? Al druk hulle hul ore toe, sal hulle MY stem hoor praat. Dit is hulle keuse of hulle gaan gehoorsaam, maar EK sal hulle dwing om te luister. Moenie die vyand se haat, toorn of verwerping en dreigemente vrees nie. Soos wat die wêreld MY gehaat het, so sal hulle julle ook haat en almal wat waarlik aan MY behoort.

Vertel vir hulle MY Kind, vertel vir hulle namens MY sodat siele steeds in MY NAAM en Bloed vrygemaak kan word van die toorn van YAHUVEH Almagtig wat gou oor hierdie wêreld gaan kom. EK kom eerstens om MY kinders O so liefdevol huistoe te neem! EK weet wie MYNE is; hulle wie MY Gees in hulle het, het alreeds onsigbare vlerke om mee te vlieg.

Vertel vir Hulle MY Kind, Vertel vir Hulle namens MY, want EK kom O So gou. Hulle wie EK MY Kinders noem, sal MY stem hoor en herken. Hulle wie nie MY Kinders is nie maar van die kerk van die huigelaars (pretenders) is, sal hulle ore toedruk en sê, "Gaan weg, ons wil nie hoor wat jy sê nie." Selfs as dit wat EK profeteer, uiteindelik gebeur, sal hulle jou blameer dat jy dit veroorsaak het. Want jy spreek dit uit en wat jy profeteer aan ander, sal baie vinnig gebeur.

Hierdie wêreld sal NOOIT MY Kinders omhels nie. Hierdie wêreld is vol sonde en 'n stank in MY neusgate. Die stank van sonde in Amerika en in hierdie nasie se leiers en van hierdie wêreld, laat MY verstik en EK wil vrykom van hierdie stank. Dit is hoekom EK kom om MY Kinders veilig huistoe te neem. Dan sal die oordeel van YAHUVEH op hierdie aarde neerkom op 'n manier wat nooit van gedroom is of nooit weer sal gebeur nie en dit sal met hierdie heidense land gebeur. Maar as die wêreld julle omhels wanneer EK kom, weet dit dan en pasop, want julle is dan nie MY Kind nie, julle behoort aan satan, en julle name is nie in die Lam se Boek van die Lewe onder die opskrif 'verlostes' geskryf nie. Julle is slegs geskik vir die oordeel en toorn van Almagtige GOD YAHUVEH. Die hel is al wat julle sal sien.

Daar is 'n Boek van die Lewe van die Lam wat geskep is voordat die wêreld gevorm was en EK het vooraf geweet wie se name ingeskryf sou word en onder watter opskrif. Daar is slegs drie opskrifte daar. Die Verlostes .... uitgewistes (blotted out) ..... die verdoemdes .... julle name is alreeds daar in een van die plekke. Selfs hulle wat onder die verlostes gelys is, se name kan uitgevee word en as dit uigevee is, sal dit wees omdat julle die goedheid van YAHUVEH die Vader geken het, maar gekies het om die god van hierdie wêreld te dien met vleeslike begeerte en julle rug op MY gedraai het en slegs voorgegee het om julle harte en lewens vir MY te gee. EK het dit alles vooraf geweet en geweet watter keuses julle sou maak, want EK is die GOD van alle wysheid en kennis en EK word nooit verras deur enigiets wat gebeur nie.

Onthou, wat ookal, wie ookal julle die liefste het, is die God wat julle dien. Die wêreld omhels en klap hande vir Mick Jagger, terwyl hy 'n ander god dien. Die god van boosheid en alhoewel EK die roem en rykdom toegelaat het, is dit al wat hy ooit sal ken want hy het lank gelede sy siel aan die hel verkoop. Nou probeer hy net om ander saam te neem waar hy heengaan. Daar is so baie 'rock'sterre, soos wat hulle genoem word, en satan bespot MY selfs met daar die naam, want hy weet dat daar maar net een Lewende Rots (Rock) is en dit is EK, julle Here YAHUSHUA ha MASHIACH. Weet dit, 'rock' musiek is nie van die Lewende Rots (Rock) nie. 'Rock'sterre het nie die Gees van die Lewende Rots (Rock) nie. Hulle het hulle siele verkoop vir roem en rykdom, en het verbonde met die duiwel aangegaan wat EK maklik kon breek en baie maal doen EK dit. Maar hulle kan nogsteeds berou toon, wegdraai en hulle in MY Gestorte Bloed op Golgota was.

Vermaaklikheidskunstenaars, julle het julle siele verkoop. Julle word betaal om MY NAAM en alles wat Heilig is, te vervloek, bloot vir wêreldse roem en rykdom. Maar julle kan nie toegang tot die Hemel koop nie. Die rykes en beroemdes van hierdie wêreld is nie die rykes en beroemdes in Almagtige GOD YAHUVEH se oë nie. Julle is armlastiges, maar julle weet dit nie. Julle is uitgehonger vir die Brood van die Lewe, maar julle weet dit nie. Julle sterf van dors na die Lewende Water, maar julle weet dit nie. Julle is naak en het geen bedekking nie, maar julle weet dit nie. Julle is oppad hel toe, en julle weet dit nie. Julle is ryk aan wêreldse besittings, maar armlastiges in geestelike gawes. Julle geld kan nie koop wat EK gratis aan MY Kinders gee nie. MY Kinders dien MY en plaas MY eerste in hulle lewens, leef Heilig voor MY en getuig van MY, en ly om MY NAAM ontwil. MY Kinders gee tiendes, gee offergawes om die werk te ondersteun wat EK vir ander bedienings beveel het om te doen, deur die Heilige tiendes en offergawes te gebruik.

Om hierdie rede sal EK hulle spaar op die Oordeelsdag. MY Kinders is nie bang om op te staan vir Heiligheid nie. Hulle sal teen homoseksualisme, aborsies, pornografie en alle maniere van sondes praat. Het EK nie lief genoeg gehad om selfs die Fariseërs te waarsku nie? Hoeveel te meer moet julle? Het EK nie vir Moses gestuur om die bose Farao te waarsku nie? Hoeveel te meer moet julle? MY Kinders weet dat EK dieselfde beloning belowe het as wat hierdie prediker in die Hemel sal ontvang deur aan die mense te predik, en siele na MY toe te bring, en te bid, en te onderrig, en die gevangenes in MY NAAM vry te maak. Om teen onheiligheid te praat en MY Profetiese Boodskappe te verkondig. Dieselfde skat is weggelê vir enigeen wie hierdie Apostels, Profete, Evangeliste, Pastore, Onderwysers ondersteun, bemoedig en vir hulle bid. Hulle sal ook dieselfde beloning ontvang wat vir hulle in die Hemel weggelê word.

EK vermaan julle, saai julle saad slegs in bedienings wat die volle waarheid predik en verkondig, selfs as dit beledig. Bid vir hierdie predikers, ondersteun hulle. EK praat nie van mensegemaakte lisensies wat hierdie wêreld geestelike geloofsbriewe noem nie. Baie het dit en het ook kolossale kerke, tog gebruik hulle dit om die mense te mislei. Slegs die Almagtige GOD YAHUVEH orden, nie 'n mens nie. Want EK ken die Gees van daardie man of vrou, EK weet of hulle geskik is om 'n geestelike leier te wees. Die mens speel weereens god. Baie is geroep maar min is deur MY uitverkies. So, moenie toelaat dat satan julle mislei nie. Julle sal verantwoordelik gehou word as julle tiendes en offergeld aan 'n kerk gee wat julle weet nie die Ware Evangelie van YAHUSHUA verkondig nie. As daardie pastoor dwaling verkondig en ander mislei en julle help hom met julle tiendes en offergawes, sal julle veroordeel voel as julle hierdie lees, en julle sal weet dat EK nie ingenome is nie. Want deur dit te doen het julle die vyande gehelp om MY Kinders nederlaag te laat lei.

EK het behae daarin as julle tiendes en offergawes aan hulle gee wie daagliks sy of haar lewe neerlê vir MY. Wie daagliks 'n dienaar vir die mense en vir MY is. Hulle word meeste van die tyd mishandel, verwerp en gehaat deur op te staan vir heiligheid, en MY booskappe uit te spreek. So baie van die predikers dra alleen die finansiële las. Waar is MY Kinders vir wie EK geseën het? Hoekom saai julle saad in harde, droeë en onvrugbare grond? Hoekom het julle nie gebid en gevra waar om julle Heilige tiendes en offergawes te plant nie? Ja, EK het satan se vervalsers ontbloot wie MY beroof deur die Heilige tiendes en offergawes te steel en dit slegs gebruik tot hulle eie voordeel. Die wolwe in skaapsklere is ontbloot en hulle sal op die Oordeelsdag voor die Almagtige GOD YAHUVEH staan vir wie hulle beroof het. Ellende wag op hierdie predikers.

Bid en EK sal vir julle die onvervalste teenoor satan se vervalsing wys. EK het 'n gulsige dissipel gehad, 'n seun van die hel, maar dit beteken nie dat al die dissipels verraaiers was nie, het dit? So is dit weer. Julle het gevra, "Hoekom word ek nie geseën omdat ek my tien persent gee nie?" EK sal vir julle vertel, dit is omdat julle saad in harde, droeë grond saai wat dwaalleer verkondig en ander verlei tot in die ingewande van die hel. BEROU VANDAG! As jy MY Kind is en jy gee nie tiendes en offergawes nie dan is jy nie gehoorsaam aan MY nie. Hoekom sê jy dan dat jy MY liefhet as jy MY nie gehoorsaam nie. BEROU VANDAG! Sodat EK jou kan seën op dieselfde manier as die wonderwerk van die brood en vissies. Sodat jou gebede vinnig beantwoord kan word.

EK hoor hoe sommige van MY Kinders nou sê, "Ag nee, ek gaan nie van MY geld vir 'n bediening gee nie, ek glo nie in tiendes gee nie" en ander sal sê, "Ek gee vir 'n bediening, ek hou nie daarvan nie en ek erken dat ek nie gewillig gee nie, maar ek gee wel, nie veel nie, maar ek gee." Hier is MY antwoord aan die eerste groep wie hulleself MYNE noem. Ondersoek julleself, want as julle nie die Woord van YAHUVEH gehoorsaam nie, hoe kan julle sê dat MY RUACH ha KODESH in julle woon? Hoe kan julle sê dat julle MY liefhet en MY nie gehoorsaam nie? Vir hulle wie spaarsamig en onwillig gee, sê EK dit, EK sal ook spaarsamig en onwillig aan julle teruggee.

Want met dieselfde maat waarmee julle meet, en dieselfde gesindheid, met dieselfde gesindheid sal EK aan julle teruggee. So daar het julle nou julle antwoorde. As EK nie julle gebede vinnig beantwoord nie, weet julle nou hoekom nie. Wanneer dit lyk of julle sakke gate in het, en die vernietiger kom en eet julle saad op sodat daar nie genoeg is om julle skuldenaars te betaal nie, weet julle nou hoekom. Daar rus 'n vloek op almal se finansies wat nie onthou om die 10% te gee nie, want tiendes en offergawes is enigiets bo dit. As dit lyk asof alles in julle lewens wat verkeerd kan gaan, verkeerd gaan, weet julle nou hoekom.

Julle het YAHUVEH beroof. Maleàgi 3 het nie verander nie. Die beroemde predikers van hierdie wêreld praat nie altyd die waarheid nie, maar instede daarvan, ondersoek wat hulle sê, is dit in lyn met die Woord van YAHUVEH of verdraai hulle die skrifte om by die mens se beeld aan te pas? Julle tiendes en offergawes, ongeag hoe groot die offer, is nie vir MY Heilig as julle in satan se koninkryk saai nie, en dit is wat julle doen as julle iemand ondersteun wie dwaling verkondig en mensgemaakte leerstellinge onderrig, en nie die Heilige Woord van YAHUVEH wat nie kan lieg nie. EK is die Woord wat vlees geword het. Julle word nou verantwoordelik gehou vir wat julle nie geweet het, of wat julle nie geleer is nie. BEROU VANDAG!

EK kan geld uit die Hemel laat reën om die predikers se behoeftes te vul, maar EK het verkies om dit nie te doen nie maar wil instede daarvan hê dat julle in die seën deel deur julle 10% tiendes en offergawes te gee om die werk van YAHUSHUA te ondersteun. Baie van julle dink die tiende is na belasting, na julle julle rekeninge vereffen het, maar lees Maleàgi 3 versigtig deur en julle sal sien dit is die beste, nie die oorskiet nie. Berou, voorheen het julle nie van beter geweet nie, nou word julle verantwoordelik gehou vir wat julle weet. Julle sal weet julle is waarlik MYNE, wanneer julle begeer om tiendes te gee en julle sal opgewonde raak as julle dit in julle Gees ervaar. Wanneer julle tiendes gee gaar julle net julle seëninge in die Hemel op wat losgemaak sal word wanneer julle dit benodig en vinnige antwoorde op julle gebede. Beproef MY en kyk of EK 'n GOD is wat lieg. Lees Maleàgi 3 en beproef MY dan.

Aangesien EK weet dat die meeste nie sal tyd maak om dit te lees nie, sal EK MY dienaar hier laat ophou en dit uit tik vir julle. Onthou die duiwel het julle mislei deur sy dienaars te gebruik om julle te laat dink dat alle pastore Rolls Royces ry, privaat stralers het en hulle sakke vul met silwer en goud. Hulle wat hierdie dinge doen, roof die tiendes en offergawes van predikers wie dit nodig het en vir wie EK MY Mense aangesê het om tiendes en offergawes voor te gee. Hoekom praat EK van dit deur hierdie profetiese boodskap? Dit is omdat julle nie hierdie waarhede in die ryk bedienings sal hoor nie, want hulle is te bang om iemand te beledig. Hulle sal julle nie waarsku waar die wolwe is nie. Hulle sal nie vir julle sê sonde is sonde nie, YAHUVEH het nie verander nie, die mens het. Die welgestelde predikers neem die heidene se geld en vertel nie eers vir hulle hulle moet berou, want hulle is oppad hel toe nie.

Die predikers wat EK oprig sal MY Woorde uitspreek; hulle het nie die rykdom van hierdie wêreld wat hulle bang sal wees om te verloor nie. Maar hulle het ook julle ondersteuning in hierdie eindtye nodig. Dit sal hierdie predikers wees wie in dapperheid net soos Johannes die Doper sal wees. Baie van MY Kinders dink omdat die ryk en beroemde predikers kerke het wat oorloop, daar toue staan wat wil ingaan, en dieselfde beroemde name verskyn op TV en radio, dat die tiendes weliswaar meer saad sal maai as wat dit aan iemand gegee word wat MY Werk doen, maar wie nie beroemd is of die materiële besittings het wat hierbo genoem is nie. MY getroue predikers ondersteun die bedienings met hul eie finansies. Hulle maak op MY staat om die mense se harte te beweeg om saad in die nederige bedienings te saai. EK het met hierdie dienaar gepraat wie EK nou gebruik om hierdie boodskap oor te dra toe sy MY gevra het hoekom EK nie die visse met die goue geldstukke in hulle bekke gestuur het nie. So spreek die Almagtige GOD YAHUVEH aan al MY dienaars en predikers wie hierdie selfde vraag gevra het. EK het hulle gestuur, EK het vir hulle aangesê om te gee, maar hulle gehoorsaam nie.

Daarom sal EK gehoorsame dienaars oprig wie hulle saad in die vrugbare sielewenner-bedienings sal saai. Ja, selfs hierdie bediening, want die arbeider is die loon werd. Hoekom is dit so dat as 'n persoon 'n wêreldse werk doen, almal dink, ja hulle moet betaal word vir die harde werk. Maar as die persoon vir MY werk en selfs harder werk, want 'n prediker werk elke wakker oomblik, elke dag van hul lewe, tog, hoe min verstaan dat hulle ook 'n salaris werd is, is hulle nie? Dit is waarvoor die tiendes nodig is. Het EK nie beveel dat die eerste tiende na Aaron, die Priester moes gaan nie? Lees die hele Maleàgi 3 en vra vir MY om julle te onderrig hoekom daar 'n seën hierin is, nie net vir die grond waarin die saad geplant was nie, maar ook vir die saaier van die saad. MY RUACH ha KODESH oortuig en wys nou vir julle wie nou hier lees, of julle gehoorsaam is of nie.

(Maleàgi 3:6-18. EK YAHUVEH verander nie. So julle, O kinders van Jakob, is nie vernietig nie. Sedert die dae van julle voorvaders het julle van MY insettinge afgewyk en dit nie onderhou nie. Keer terug na MY en EK sal na julle terugkeer, sê Almagtige GOD YAHUVEH. Maar julle vra: hoe moet ons terugkeer? Mag 'n mens YAHUVEH beroof? Nogtans beroof julle MY. Maar julle vra: waarin het ons U beroof? In die tiendes en die offergawes. Julle is onder 'n vloek, die hele nasie, omdat julle MY beroof. Bring die hele tiende na die pakhuis, sodat daar voedsel in MY huis kan wees. Beproef MY hierin, sê die Almagtige GOD YAHUVEH en kyk of Ek nie die vensters van die Hemel (sluise) sal oop gooi en so baie seën sal uitstort dat julle nie genoeg plek vir dit sal hê nie. EK sal verhoed dat plae julle oeste verslind en die wynstokke op julle lande sal nie hulle vrugte afgooi nie, sê die Almagtige GOD YAHUVEH. Dan sal almal julle geseënd noem, want julle land sal genotvol wees, sê die Almagtige GOD YAHUVEH en julle het skerp woorde teen MY gesê, sê YAHUVEH.

Nogtans vra julle: "Wat het ons teen U gespreek"? Julle het gesê: "Dit is tevergeefs om YAHUVEH te dien, wat het dit ons gebaat om sy behoeftes uit te voer en soos rouklaers voor die Almagtige GOD YAHUVEH te wandel?" Maar nou noem ons die verwaandes geseënd. Die kwaaddoeners floreer sekerlik, en hulle wat YAHUVEH uitdaag, ontsnap. Toe het die wat die Here vrees, met mekaar gespreek en YAHUVEH het dit opgemerk en gehoor, en daar is 'n gedenkboek voor Sy aangesig geskrywe vir die wat YAHUVEH gevrees het en SY NAAM geëer het. Hulle sal MYNE wees, sê Almagtige GOD YAHUVEH, op die dag wat EK my kosbare besittings opmaak, sal EK hulle spaar, net soos 'n man sy seun spaar wat hom dien en julle sal weer die onderskeid sien tussen die regverdige en die goddelose, tussen die wat YAHUVEH dien en die wat HOM nie dien nie.)

Hulle wie MY Bediendings ondersteun wat MY Woord uitspreek, doen dit nie vir hulle lof, eer en glorie nie, maar vir MY Lof, Eer en Glorie. Sodat hulle goedheid 'n weerkaatsing van die GOD is wie hulle dien. Wat 'n vreugde is julle vir MY.

O die skaamte wat EK vir julle het wie wel MY Bedienings ondersteun maar dit doen vir 'n belastingvrystelling. Daar sal weliswaar geen ander seën as dit wees nie. Pasop, julle wie vir liefdadigheidsorganisasies gee sodat julle geld op julle belasting kan terugkry. EK ken julle harte, dit is ver van MY af. Dit is 'n stink offergwe wat nie aangenaam in MY neusgate is nie. BEROU VANDAG! EK het baie miljoenêrs maar so min ondersteun hulle wie dit waag om MY Boodskappers te wees. Hulle sal verantwoordelik gehou word op die Oordeelsdag. BEROU VANDAG!

Belê in siele. Julle kan nie die geld en besittings saamneem wanneer julle hierdie aarde verlaat nie. EK sal aan hulle wie oorvloedig geseënd was vra, "Hoe het julle jul geld vir MY Eer gebruik, vir MY Kinders?" Wat sal julle sê? Satan het laat mense saad in bose werke saai, bose herders wat MY Woorde verdraai, en boodskappe uitgespreek wat nie beledig nie, sodat hulle nie finansieel sou ly of hulle belastingvrystellingstatus verloor nie. Of wie bang is om die heidene te beledig en nie bang is om die Almagtige GOD YAHUVEH te beledig nie. Ellende wag op julle. EK het predikers opgerig wie nie wêreldse rydkom het nie maar met dapperheid MY Woorde uitspreek, en MY Mense en vir MY seën.

EK praat tot die harte van MY Mense, en sê, gee tiendes, gee liefdesoffers en hulle tree op asof hulle doof en blind is vir die nood van die predikers. Ellende wag op julle opstandige kinders. EK sal dit wat EK vir julle gegee het, wegneem en vir een van MY Kinders gee wie nie gulsig is nie. Die werk wat julle het, het EK vir julle gegee, nie om op te gaar vir ingeval julle dit eendag sal nodig kry nie, maar om dit te gebruik om die Evangelie oor die hele wêreld te verkondig. EK praat nou tot die harte van hulle wie materiële besittings meer aanbid het as vir MY. Wie geld meer aanbid het as vir MY. Maak vir julle skatte in die Hemel bymekaar waar mot en roes nie kan verniel en waar diewe nie kan inbreek en steel nie. Hoeveel van julle doen dit? Klee julle die wat naak is, voed julle die armes, nie in julle naam nie maar in MY NAAM, nie vir julle eer nie, maar vir MY Eer?

Vermaaklikheidsterre en die rykes gee vir allerhande liefdadigheid en dink dit sal MY woede kalmeer, maar dit doen nie. Want baie doen hierdie dinge en gee 'n bietjie uit hulle oorvloed vir hul lof, eer en glorie en nie vir MYNE nie, in hulle name nie in MY NAAM nie. Weliswaar is dit hulle enigste beloning. Geld kan nie die leemte vul wat EK veronderstel is om te vul nie. Elkeen het 'n leemte; dit is 'n vakuum wat binne in elke mens geplaas is wat na MY beeld geskape is om MY lief te hê en begeer om hulle Skepper lief te hê. Maar die mens vul daardie leemte met so baie wêreldse dinge, materiële dinge en soek na ander gode, maar EK is die enigste een wat daardie leemte kan vul. EK ween want die wêreld dink dat as iemand wat ryk en beroemd was, deur die dood weggeneem word en almal ken daardie persoon se naam, dat hierdie persoon terwille van sy roem en rykdom op hierdie aarde, die Koninkryk van die Hemel sal beërwe. Maar dit is 'n leuen uit die hel. As die rykes en beroemdes deur hierdie wêreld bemind was, en nie verwerp is omdat hulle aan MY behoort nie, dan sê EK weer vir julle dat hulle nie die Gees van die Lewende GOD in hulle het nie.

Vertel vir hulle MY kind, vertel vir hulle namens MY, is dit regtig die prys van ewige hel werd? Vertel vir hulle dat slegs deur YAHUSHUA ha MASHIACH te dien en te aanbid en lief te hê, en MY eerste te stel in hulle lewens, en MY te gehoorsaam, Heilig lewe, Heiligheid beskerm, ander genoeg liefhet om hulle te waarsku, hulle in die Hemel sal bring. Vertel vir hulle MY Kind, vertel vir hulle namens MY, hulle het die liefde en bewondering gesteel wat bedoel was vir MY. Vertel vir hulle MY Kind, vertel vir hulle namens MY, as hulle verlossing wil hê, dit kom deur die Bloed wat EK op Golgota gestort het.

Die vermaaklikheidsterre doen so baie goeie werke, tog hulle doen dit nie vir MY, vir MY Lof, Eer en Glorie nie. Vertel vir hulle MY Kind, vertel vir hulle namens MY. Sê hulle moet berou; wegdraai van hulle sondes, daar is vergifnis in MY Gestorte Bloed op Golgota. EK het ook vir hulle gesterf sodat hulle vry kan kom. Vertel vir hulle, MY Kind, vertel vir hulle namens MY, want jy is nie net na die armes en mishandelde skape gestuur nie, jy is ook na diegene gestuur wie hulself bo die gemiddelde stel wie glo hulle het hul eie publisiteit gekoop. Jy is na die leiers van hierdie land en baie ander nasies gestuur. Vertel vir hulle MY Kind, vertel vir hulle namens MY want vir MY is die rykes en armes dieselfde, EK het MY Bloed vir hulle op Golgota gestort, sodat hulle vry kan wees van die hel. Vertel vir hulle MY Kind, vertel vir hulle namens MY want EK kom gou. Geloof sonder werke is dood. Baie van die rykes en die beroemdes het nie hul geloof in MY gestel nie, maar in die populariteit van hierdie wêreld, in die mag van die een wat die meeste geld het.

Selfs 'n geliefde gasvrou van 'n geselsprogram wat die wêreld eens geken het as MYNE, maar nou verdwaal het. Die wêreld omhels haar want sy staan vir die wêreld. Sy staan nie meer vir Heiligheid nie, maar spot met alles wat sy weet Heilig is. Sy bespot die Woord van YAHUVEH waarin sy eenmaal geglo het. Sy soek ander gode vir haar jeukende ore, sy hoereer agter ander gode aan, maar vertel haar sy moet BEROU en terugkom na MY toe want dit is EK wat haar hierdie guns en gewildheid gegee het, sodat sy ander na MY reddende Bloed op Golgota kon lei. Vertel dit vir Oprah Winfrey. Vertel vir haar MY Kind, vertel vir haar namens MY want die lot van Prinses Diana sal ook tot in ewigheid hare wees as sy nie gou berou en terugkom na YAHUSHUA ha MASHIACH, wie die prys betaal het sodat sy vry kan kom van satan se greep nie. Vertel vir Oprah Winfrey om terug te kom na Golgota en terug te kom na die wortels van haar voorvaders waar sy hoort. Vertel vir haar dat niemand haar kan liefhê soos EK nie.

Vertel vir haar dat EK haar geseën het met elke begeerte van haar hart, en niemand kan daardie leemte wat GOD gemaak het, vul nie behalwe EK. EK wag vir haar om terug te keer en tog noem sy haarself MYNE, en MY Gees is ver van haar af. Vertel vir haar namens MY, MY Dogter, EK treur oor haar. EK ween oor hierdie wêreld wat sy verlei. Vertel vir Oprah, MY Kind, vertel vir haar namens MY alhoewel sy dalk mag spot, sy sal in haar gees weet dat 'n Profeet van YAHUVEH haar gewaarsku het en die een wat EK gestuur het, is jy. Vertel vir haar MY Kind, vertel vir haar namens MY, keer terug na die GOD van Heiligheid wat sy eens aanbid het, YAHUSHUA ha MASHIACH wie die prys op Golgota betaal het. Vertel vir haar dat sy volgens die Heilige Woord van YAHUVEH moet lewe, of sy sal nooit haar familie sien wat vir haar in die Hemel wag nie. Vertel vir haar, vertel vir haar namens MY, MY Dogter want EK het jou geroep om die wêreld se geselsprogramgasvrou, Oprah Winfrey te bedien.

Vertel vir haar dat sy bedoel was om MYNE te wees, maar sy het keer op keer weggehardloop van MY af. Vertel vir haar MY Dogter, vertel vir haar namens MY. Al MY Kinders wat elke dag na haar kyk en haar ryk maak, en woorde aanhaal wat sy sê, EK vonnis julle nou swaar met 'n boodskap soos hierdie. Julle noem julleself by MY NAAM, maar julle kyk daagliks hoe sy die betekenis van Heiligheid ontheilig. Staan op en sê dit vir haar, vertel vir haar namens MY, julle is ook MY stemme wat haar terug moet bring na die Gees van verlossing deur MY Gestorte Bloed op Golgota. Vertel vir haar MY Kinders; vertel vir haar namens MY dat dit vir julle is wie sy probeer behaag en nie vir MY nie.

EK is verheug oor julle, MY Kinders wie ryk is in geloof en nie julle geloof in die rykdomme van die wêreld plaas nie. Julle kan nie twee here dien nie. Julle sal die een haat en die ander liefhê. Julle kan nie twee wêrelde dien nie, die wêreld van die vlees en die wêreld van die Koninkryk van die Hemel. EK sal slegs hulle spaar wie die vlees ontken en in die RUACH ha KODESH lewe en wandel. Vertel vir hulle MY Kind, wees MY stem en vertel vir hulle namens MY. MY swart skape, maak nie saak hoe ver julle afgedwaal het nie, kom terug na julle enigste Goeie Herder, kom terug na MY toe.

Bestraf satan en vlug van hierdie demone van onheiligheid en julle sal die Hemel aanskou. Vertel vir hulle MY Kind, vertel vir hulle namens MY, YAHUSHUA het die prys op Golgota betaal. EK het alles gedoen wat EK kan doen; nou laat EK die keuses vir julle. Vertel vir hulle, almal wie ore het om te hoor en oë om te sien, gee hierdie boodskappe aan wat EK met julle gespreek het, sodat julle op die komende dag waardig geag sal word wanneer EK MY Uitverkorenes in MY arms gaan bymekaar maak en huistoe neem, julle sal weet want deur julle woorde sal julle nie alleen gaan nie. Vertel vir hulle MY Kinders; vertel vir hulle namens MY, YAHUSHUA ha MASHIACH kom gou. Want Gabriël hou sy o? op julle Vader YAHUVEH, die trompet teen sy lippe, hy wag slegs op Vader YAHUVEH se teken en dan sal YAHUVEH na MY toe draai en sê, "GAAN, DIT IS NOU TYD, GAAN HAAL JOU BRUID!" Tot dan wag, kyk en luister EK wetende wie sal gehoorsaam en hierdie waarskuwing oor die komende Oordeelsdag deurgee.

Vertel vir hulle MY Kinders, vertel vir hulle namens MY. Laat julle stemme saam met hierdie Profeet van MY weerklink, terwyl daar nog tyd is. Vertel vir hulle MY Kinders, vertel vir hulle namens MY. Vertel vir hulle MY Kind, vertel vir hulle namens MY. Om geloof in MY te hê is die sleutel tot hul bestemming. Maar dit is nie genoeg om net te glo wie EK is nie, MY Kinders moet die Groot GOD YAHUVEH 'EK IS' gehoorsaam, liefhê en dien. Vertel vir hulle MY Kind, alhoewel baie nie sal luister nie, vertel vir hulle namens MY, Hemel of hel is vir ewig. Vertel vir hulle MY Kinders, vertel vir hulle namens MY. Julle is op hierdie dag gewaarsku, wat sal dit wees? Sal EK sê, "Welgedaan goeie en getroue dienskneg, kom in," of sal EK sê, "Gaan weg van MY julle werkers van ongeregtigheid en sonde, julle het nooit die RUACH ha KODESH van VADER YAHUVEH in julle gehad nie. Julle het die god van hierdie wêreld en sonde gedien, nou sal julle wie satan gedien het, vir ewig saam met hom ly". Vertel vir hulle MY Kinders, vertel vir hulle namens MY, YAHUSHUA ha MASHIACH KOM GOU! Vertel vir hulle MY Kind, vertel vir hulle namens MY.

* * * * * * *


Gegee aan Kind, Soldaat, Bruid van YAHUSHUA, Profeet Sherrie Elijah op 24//1/1998 om 12:46 vm.


www.amightywind.com
www.almightywind.com

Posadres:

Almightywind
P.O. Box 40893
Upper Hutt
New Zealand
5018

E-posadres:

Contact Us
nikomia2k@hotmail.co