Profesie 128

Shavu’ot Profesie 2016
Die Hemel Jubel Oor die Nuwe AmightyWind Leierskap!

Geskryf/Gespreek onder die Salwing van die HEILIGE GEES (RUACH HA KODESH)

Deur Apostel & Profeet Elisheva Eliyahu

Shavu’ot/Pentecost 2016 – 12 Junie 2016

* * * * * * *

Hierdie Profesie bevat die HEBREEUSE NAME van GOD:

YAH/YAHU is GOD se HEILIGE, GEWYDE NAAM

soos in “Alleluia” of “Hallelu YAH,”

wat letterlik beteken, “Prys YAH”:

YAHUVEH/YAHWEH GOD DIE VADER;

YAHUSHUA/YAHSHUA GOD SE ENIGE GEBORE SEUN-

HA MASHIACH beteken “DIE MESSIAS”; ELOHIM beteken “GOD.”

Die Openbaring van “SH'KHINYAH GLORY”

- as die PERSOONLIKE NAAM van die RUACH HA KODESH,

wat ook die “HEILIGE GEES” genoem word - is ook op hierdie webwerf.

(HA SH'KHINAH {SHEKINAH} is Hebreeus

vir GOD se BLYWENDE, GODDELIKE TEENWOORDIGHEID.)

Addisioneel, beteken ABBA YAH, “VADER YAH”

en IMMA YAH beteken “MOEDER YAH.”

* * * * * * *

YAHUVEH se Woorde aan Elisheva wat vooraan die Profesieë bygevoeg moet word:

Elisabeth[Elisheva], EK het jou lank gelede gewaarsku om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas, want niks hiervan het deur jou hand tot stand gekom nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die mond van YAHUVEH dat geboorte gegee was hieraan. Dit is uit die mond van YAHUSHUA jou MASHIACH dat geboorte gegee was. Dit is uit die mond van die RUACH ha KODESH jou IMMAYAH dat geboorte gegee was. As dit net deur jou hand was, sou dit lankal misluk het. Dit is deur die Shkhinyah Glorie se wind wat oor die aarde waai. Die Heilige Wind van herlewing, dit is nie deur jou asem nie anders sou dit lankal misluk het.

(Jesaja 42:8)

In Julie 2010, het YAHUVEH GOD gesê om die volgende by te voeg as 'n waarskuwing aan diegene wat spot:

2 Kronieke 36:16 “Maar hulle het die boodskappers van GOD uitgelag en SY woorde verag en met SY profete gespot, totdat die grimmigheid van die HERE teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.“

* * * * * * *

Profesie Begin:

Shavu’ot/Pentecost 2016 – 12 Junie 2016

Wee oor enige een wat dit waag om seer te maak—om hierdie twee gesalfdes seer te maak. Jy sal spyt wees oor die dag wat jy gebore is. Moenie MY gesalfdes aanraak nie, en moet ook nie hierdie twee Profete probeer seermaak nie (sien Psalm 105:15; 1 Kron. 16:22). Dit sal beter vir jou wees as EK, ABBA YAHUVEH jou tong uitgeskeur het!

Die oorlog is rasend! Dit is nie 'n gewone bediening nie! Dink jy nie dat satan dit weet nie?—hy het van sy top generaals verloor!—hy het van sy top opperbevelhebbers verloor!

Dit is nie net 'n aankondiging van 'n manlike leierskap nie—hy [satan] moes veg op twee verskillende linnies: hy moes Elisheva beveg op maniere wat sy nie weet nie; hy moes ook diegene beveg wat hierdie wonderwerk moontlik gemaak het—die YDS wat soveel liefde en werk en Salwing ingesit het. En dit is hoekom EK alles geseën het wat hulle aangeraak het.

Maar hy is 'n 'prin—' voetnota 1 (“prins van hierdie wêreld,” Johannes 12:31; 14:30; 16:11)—satan is owerste [prins] van die mag van die lug (Efesiërs 2:2), so die YDS moes hom daar beveg. En dan is daar die 'Been van my Gebeente': dan is daar jy Ezra en jy Elisheva waaroor EK so lank terug al geprofeteer het—alhoewel jy dit nie weet nie.

En vandag is 'n dag van Oorwinning! Op hierdie Shavu'ot (Pentecost) is dit 'n dag van Oorwinning! Omdat die “Goliat” sal val! Voetnota 2 EK praat van meer as een Goliat!

Vandag is die Oorwinning! En dit sal as sulks erken word. En dit is nie net 'n viering van een dag nie. Want vir so lank as wat AmigtyWind Bediening op die internet is sal dit in herinnering wees van hierdie dag—vir een week—sal julle dit vier!

Julle sal MY die Eer en Glorie gee! En almal wie hierdie Bediening as 'n seën beskou en almal wat hierdie eenheid seën wat EK hierdie dag bymekaar gebring het—voor die publiek, voor die wêreld—Ek sal hulle in oorvloed seën!

Die salwing in beide van julle sal oorvloei na elke Leraar, elke ondersteuner, elkeen wat sê, “Hierdie Bediening is 'n seën en ek sal dit verdedig, en selfs verdedig in gebed”—MY oor is ingestel om te hoor!

EK vertel julle dit!

Die Hemel jubel! Die engele jubel! Omdat wanneer julle dit gedoen het—hierdie dag—het julle die tyd van YAHUSHUA HA MASHIACH se koms vir SY Bruid vinniger gemaak. En die draak kners sy tande van woede (Openb. 12:7-9, 12) omdat hy nie kon stop wat vandag plaasgevind het nie!

Dit is nie net 'n leierskap nie, dit is 'n liefde wat net vanuit die boonste Hemel kom: voetnota 3 georden, aangestel, gekies, “die volheid van die Salwing”, dit wat geprofeteer voetnota 4 was wat nooit gebeur het nie—totdat EK Ezra aan jou sy gebring het. So jubel vir die Oorwinning!

Het EK nie vir julle (voetnota 5) gewaarsku nie, Ezra en Elisheva, dat daar 'n oorlog in die Hemelruim was nie?—'n oorlog—waar legioene en legioene van engele krygers vanuit die Hemel afgekom het om te veg. (voetnota 6 )

Maar Ek vertel julle dit. EK YAHUSHUA het die oorlog aan die Kruis oorwin! Dit was MY oorlog. Hierdie Bediening behoort nie aan 'n man of 'n vrou nie. Hierdie Bediening behoort aan YAHUVEH, en EK YAHUSHUA & IMMAYAH! Dit is ONS Oorwinning. En nou deel ONS dit met julle. En miljoene en miljoene sal bereik word!

Julle sal sien en die mense sal die nuwe Salwing in die Profesieë waarneem! Waar die “Diensmaagd” alleen gestaan het sonder 'n manlike leier aan haar sy—sal sy nie langer in slawerny profeteer nie, en nie langer profeteer terwyl sy mishandel word nie.

Nou!—sal sy profeteer—in vryheid! Met 'n leier wat net liefhet en beskerm, wie haar net sal aanmoedig om aan te hou om net vorentoe te gaan! Beide van hulle hou net aan om vorentoe te gaan! Vir meer Salwing en nie minder nie.

So diegene wie hierdie dag, op Shavu’ot, na hierdie Bediening toe kom, EK vertel julle dit.

Moenie bedroef wees vir die een wat eens 'Nikomia' genoem was nie! Word kwaad vir die een wat eens 'Nikomia' genoem was! Was julle bedroef oor Judas? Moenie dan bedroef wees oor hierdie 'Judas' nie.

Wees eerder bly! Omdat EK julle meer gegee het! Nie net een Apostel nie, twee Apostels! Nie net een Profeet nie, twee Profete! Nie net een Pastoor nie, maar twee Senior Pastore! Nie net een Leraar nie, maar twee Leraars! Nie net een Evangelis nie, maar twee Evangeliste!

EK YAHUVEH sê waar daar een leier was, altyd een leier was—dit was 'n illusie dat daar ooit 'n manlike leier was!—nou gee EK aan julle 'n geseënde, gekose, aangestelde manlike leier. En in eensgesindheid sal Ezra & Elisheva sy aan sy staan, hand aan hand—sielsgenote—met 'n liefde wat hierdie wêreld nooit sal verstaan nie. Omdat selfs hulle, hulle koppe in verbasing skud.

En as julle daardie eerste video gesprek op 7 Maart 2016 sien, sal julle voor julle oë sien wat EK alreeds gedoen het. Julle sal sien hoe dat Elisheva gesê het dat sy nie enige man baie maklik vertrou nie, behalwe hulle seuns in die YDS en natuurlik Adam. Maar julle sal sien dat EK dit voortgespreek het dat Ezra betroubaar kan wees, moet vertrou word.

Julle sal die sin vir humor sien. Julle sal die gelag hoor. Julle sal die liefde sien. Julle sal die Salwing sien. Julle sal die lering hoor—waar Elisheva selfs geëerd voel en nooit moeg raak om te hoor hoe hy onderrig nie—waar geen man, geen man, geen man nog ooit tevore gegaan het nie. Omdat EK dit nie sou toegelaat het nie.

Dit was vir hierdie bepaalde tyd.

Elisheva kon die man vertrou, kon van die man leer. En omdat sy vertrou, kan die gemeente vertrou.

Julle ken MY stem—die wat na die Profesieë geluister het en geglo het—so julle weet dit is EK YAHUVEH wat nou praat! Wees verheug!

Wees verheug omdat hierdie alles vir een doel is. Om vir YAHUSHUA alle Prys, Eer & Glorie te bring, terwyl HY siele nader trek en hulle wys hoe lief HY vir hulle is! HY was bereid om die PRYS by Golgota te betaal, omdat HY lief het op 'n wyse wat niemand sal verstaan nie en HY vergewe so ver as wat die ooste weg is van die weste (Ps 103:12)! Berou net. Hierdie Bediening lig die NAAM van YAHUSHUA op en dit bring mans en vrouens nader. (Johannes 12:32)

Maar EK vertel julle dit!

Diegene wie se name geskryf is in die Lam se Boek van die Lewe—niemand sal ontken dat hierdie Bediening Glorie bring aan EK YAHUVEH, YAHUSHUA & IMMAYAH. En wee oor hulle wie na hierdie Bediening getrek word vir 'n doel waar satan hulle gebruik om hierdie man en vrou te probeer vernietig.

Hierdie Bediening ondergaan hewige aanvalle. Maar nou is die tyd! Die 500,000 krygers wat vergader is regoor hierdie wêreld—wanneer hulle hierdie Waarhede hoor—gaan hulle terug veg! Omdat daar krag is in getalle!

So Bruid van YAHUSHUA, hierdie dag gee EK, YAHUVEH aan julle 'n seën—en terwyl julle hierdie man en hierdie vrou seën, die leiers wat EK aangestel het, terwyl julle al die Bedienaars seën, terwyl julle die “YAHUSHUA se demoon stampers” seën, terwyl julle die ondersteuners seën—EK vertel julle dit. Seëninge sal oor julle kom.

Vir die wat wil haat, die wat 'n verworpe (reprobate) voetnota 7 [gees/gedagtes] het, julle is net hierheen getrek vir julle eie oordeel en julle ondergang, deur MY YAHUSHUA se Woede & Toorn! Julle is gewaarsku. Julle is gewaarsku. Dit is beter day jy jou mond bedek en weg hardloop vanaf die internet. Omdat julle gewaarsku is.

En EK seën ieder en elkeen van die YDS wie hulle liefde en hulle werk in elke video ingeskink het. En EK seën die web bestuurders in oorvloed.

En EK vertel julle dit. Julle kan die hele internet deursoek en julle sal nie 'n meer gesalfde Bediening vind nie! Julle sal nie 'n meer pragtige—pragtige video vind nie.voetnota 8 “Meer pragtig”, omdat ek haar lank terug vertel het, julle moet hierdie Eind tyd generasie vermaak en inlig.

Een en twintig jaar gelede was geen van hierdie moontlik nie! Kyk nou na die mees pragtigste webwerf waar EK gesalfde hande gebruik om dit na vore te bring!

Dit is 'n oorlog soos geen ander op die internet. Maar EK ABBA YAHUVEH julle ABBA YAHUVEH, beloof julle dit. Julle wen! Net so waarlik soos David vir Goliat verslaan het, net so waarlik soos Daniël gered was in die Leeu kuil, net so waarlik soos Jona uit die mond, uit die maag van die walvis gekom het—net so waarlik het EK Verlossing hierdie dag gebring.

En die engel krygers en Aarts Engel Michael & Gabriël en so baie ander—EK vertel julle dit—hulle sal aanhou om oorlog te maak vir julle onthalwe!

Hierdie dag trek EK die tande uit van die brullende leeu wat wou probeer om te verlind!

En die laaste ding wat EK YAHUVEH wil sê: enige een wat nie hou van die verandering in die nuwe manlike leierskap nie?—alhoewel julle hom nooit geken het nie [eens 'Niko' genoem]—JULLE NEEM DIT NA MY! Julle neem dit na MY in gebed!

Ek daag jou uit om te kla! Omdat jy die waarheid hier gesien het. Jy neem dit na MY. Jy argumenteer met MY! Jy argumenteer jou saak voor YAHUSHUA—EK YAHUVEH sê, EK daag jou uit.

EK daag jou uit.

So vyande van hierdie Bediening, julle beter nou weg hardloop!

Omdat daar 'n man is wat nie geïntimideer sal word nie, wat nie sal verraai nie, wat nie lui is nie, wat ten volle gesalf is—soos die twee Salwings een geword het—julle beter nou weg hardloop! Vyande, in sewe verskillende rigtings! Voetnota 9 Omdat die Staf van MY Woede op julle sal neerkom op hierdie dag!

Jy beter twee keer dink! Omdat Deuterónomium 28 se vloeke, (voetnota 10) wat EK YAHUVEH geskryf het, oor jou sal kom, oor jou gebring sal word—indien jy een woord oplig, een woord skryf, laster, probeer om te verontreinig—julle het nie die woede van 'n vrou of 'n man nie, en julle sal voel hoe die ware ASEM VAN EK YAHUVEH jou sal wegblaas soos kaf in die wind!

EK sal nie duld wat in die vorige jare gedoen was nie.

Aan elke vyand wat dit gedoen het, julle sal antwoord daarvoor. Omdat julle net julle pad af na die vlak van die hel toe bewerk het met die woorde van julle monde.

En elkeen wat die leuens geglo het en tog beweer dat hulle MYNE is—beweer dat hulle bloed gewas is, deur die BLOED VAN YAHUSHUA, en tog het julle die leuen herhaal en julle “het die leuen geglo”, (2 Tess 2:11), voetnota 11 julle beter voetnota 12 —beter eerder vinnig berou, of weet dit: Ek sal jou verantwoordelik hou vir elke woord wat jy gespreek het, elke woord wat jy geskryf het, en elke leuen wat jy geglo het—wanneer jy voor die Regterstoel kom.

En aan die verdedigers, aan die ondersteuners, aanmoedigers—EK YAHUVEH sê dit aan julle. Dankie. Julle sal beloon word. Omdat julle die stem van EK YAHUVEH, die stem van YAHUSHUA & IMMAYAH gehoor het. Julle kon die Salwing voel. En julle bad in daardie Salwing. En julle verheug in daardie Salwing. En julle het berou as gevolg van die Salwing. En groot is julle belonings soos julle aanhou om dit te doen.

Omdat niemand in die Bruid van YAHUSHUA ooit sal klippe gooi na hierdie Profeet [Elisheva] en nou ook hierdie nuwe Profeet [Ezra]. Nie een van die Bruid van YAHUSHUA sal probeer om MY kleintjies seer te maak nie. Voetnota 13

En dit was die gebede van die regverdiges wat so baie beskikbaar gemaak het (Jakobus 5:16), regoor die wêreld, die gebede van die “YAHUSHUA se demoon stampers” wat so baie beskikbaar gemaak het—dit is die oorlog deur die engel krygers—wat hierdie Oorwinning behaal het. En dit is net as gevolg van die GESTORTE BLOED VAN YAHUSHUA wat vir julle gestort was by Golgota!

Einde van die Woord

Elisheva: O wow! Prys YAHUSHUA!

[Kathrynyah word ook vaagweg in die agtergrond gehoor: Amen, prys U ABBA YAHUVEH, YAHUSHUA, IMMAYAH...!]

Ezra: O prys ABBA YAHUVEH! Prys U YAHUSHUA! Prys U RUACH HA KODESH! DANKIE! DANKIE ABBA vir hierdie Oorwinning—vir dit—deur hierdie oorlog te wen en al die ander dinge wat U gedoen het vir ons onthalwe.

Kathrynyah: Amen.

Ezra: Ons dank U ABBA YAHUVEH! Ons seën U! Ons gee aan U die Glorie en sal vir die volle 7 dae verheug wees, soos U ons beveel het om te doen. Om te geniet en verheug te wees!

[Elisheva lag opgewonde]

Ezra: Omdat die Oorwinning aan ons behoort! Die Oorwinning behoort aan U! U het vir ons onthalwe geveg—terwyl ons U NAAM PRYS VADER. Hoe wonderlik is U! Hoe groot is U NAAM! Hoe groot is U NAAM (Sag 14:9)! voetnota 14

Elisheva: Amen! Amen! Amen!

Ezra: Amen en amen!

* * * * * * *

1satan is nie koninklik nie, maar 'n onverdiende “prins”—maar “'n prins van die wêreld” (Johannes 12:31; 14:30;16:11) en “owerste 'prins' van die mag van die lug'” (Efesiërs 2:2), Bybelse skrif wat gebruik word om sy beperkte en tydelike heerskappy aan te dui, alhoewel hy alreeds veroordeeld is (Johannes 16:11). Binnekort sal hy permanent vanuit die Hemelse ruim van die atmosfeer gegooi word (Openb. 12:7-9), en uit hierdie wêreld gegooi word binne in die Poel van Vuur (Johannes 12:31; Openb. 20:10).

2Die naam “Goliat” word dikwels idiomaties gebruik as 'n metafoor om te verwys na meer as een persoon—bv. 'n groep mense of organisasie van enorme grote. In hierdie geval bedoel YAH 'n massa liggaam, 'n groep vyande. In ander Profesieë & Woorde, het YAHUVEH belowe dat baie vyande op dieselfde tyd sal val soos 'n domino effek. Vinnig bewegende ketting reaksie in 'n kort tydperk.

3Hierdie is alles sinonieme, alhoewel, georden beteken amtelik gestig, veral met betrekking tot 'n amp van gesag; aangestel het ook 'n soortgelyke betekenis, maar dit impliseer dat dit hand uitgesoek is vir 'n spesiale geleentheid of spesifieke tyd en doel; en gekies beteken met gunste gekies uit baie ander.

4“EK bring jou 'n man wie in die volheid van die Salwing beweeg om saam te verenig met 'n vrou...”

(“Bone of MY Bone Flesh of MY Flesh I Give” Prophecy-Poem).

5Dit verwys na onlangse persoonlike Profetiese Woorde.

6Sien Profesie 94, “EK, YAHUVEH, Sê, Moenie MY Woede Onderskat nie, Want Dit Word Aangevuur Soos ‘N Briesende Hel” en die Profeet se eind-kommentaar waar die koms van Ezra, aangespreek as “Caleb”, geprofeteer is en die konneksie tot die eskalasie van die oorlog in die Hemelruim wat af kom na die aarde toe.

72 Timotheus 3:8 so staan ook hierdie mense die waarheid teë, mense verdorwe in die verstand, onbetroubaar ten opsigte van die geloof. Titus 1:16 Hulle bely dat hulle God ken, maar hulle verloën Hom deur die werke, omdat hulle gruwelik en ongehoorsaam is en ongeskik vir elke goeie werk. Ongeskik word ook gedefinieër as 'n persoon wat deur GOD verwerp is sonder enige hoop of redding (Jer 6:26; Heb. 6:4-8), wie die HEILIGE GEES gelaster het (Mattheus 12:31; Heb. 10:26-31), wat die enigste sonde is wat nie vergewe kan word nie (Lukas 12:10) en daarvoor voorbestem is tot verdoemenis (Rom 9:22). Ongeskik kan ook byvoeglik gebruik word as 'n beskrywing van 'n verbandskap met hierdie toestand.

8In ander woorde, YAH sê dat geen ander video of webwerf wat bestaan kan vergelyk word met die baie pragtige, gesalfde videos en webwerf van AmightyWind.

9YAH praat dit in bestaan. (Spreek dit in wording)

10Beide Deuteronomium 28 seëninge en vloeke is onvermydelik: “[Hierdie seëninge] sal oor jou kom en jou inhaal as jy luister na die Stem van YAHUVEH jou GOD”. (vers 2) & “[Hierdie vloeke] oor jou kom en jou inhaal, as jy nie luister na die Stem van YAHUVEH jou GOD” (vers 15)

11"Glo die leuen" eggo die woorde in 2 Tess. 2:11 en verwys na die Groot Afvalligheid, die Groot Afval, en beskryf diegene wat hierdie Bediening en YAH se Eind tyd Profete verwerp—en as hulle nie bekeer nie, sal hulle in plaas daarvan die anti-messias ontvang (ook bekend as die antichris) en sy boodskap:

“hy wie se koms is volgens die werking van die Satan met allerhande kragtige dade en tekens en wonders van die leuen en met allerhande verleiding van ongeregtigheid in die wat verlore gaan, omdat hulle die liefde tot die waarheid nie aangeneem het om gered te word nie. En daarom sal God hulle die krag van die dwaling stuur, om die leuen te glo, sodat almal geoordeel kan word wat die waarheid nie geglo het nie, maar behae gehad het in die ongeregtigheid. “ (2 Tess. 2:9-12)

“Die leuen” beteken 'n leuen wat sal veroorsaak dat iemand sy/haar siel sal verloor—die leuen dat dit ok is om die HEILIGE GEES, RUACH HA KODESH te laster en om die gees van die antichris te glo. Sien Profesie 71, WAT VERSEËL WAS, WORD NOU BEKEND GEMAAK!

12“Jy beter” is dieselfde as hierdie "Jy sou beter …", met 'n sterker klem.

13“Kleintjies” mag verwys na kinders, maar ook na enige van YAH se kinders wie nederig soos 'n kindjie is, veral enige van SY Profete (Matt. 10:41-42; 18:1-6).

14Die DRIE-IN-EEN, HEILIGE DRIE-EENHEID se NAME, is DRIE NAME (YAHUVEH, YAHUSHUA, SHKHINYAH), en tog een NAAM, YAH.

* * * * * * *
Print Friendly and PDF