Die HEILIGE GEES is KWAAD!!
Die HEILIGE GEES is Kwaad
10 Januarie, 2013


Die volgende Bybel vers moet in ag geneem word wanneer die volgende Profetiese Droom gelees word. Profeet Elisabeth Elijah het hierdie Droom ontvang op 10 Janurie 2013.

Mark 3:29, “Maar wie teen die Heilige Gees gelaster het, het geen vergifnis tot in ewigheid nie, maar is skuldig aan die ewige oordeel”. Elisabeth Elijah het 'n openbaring ontvang aangaande die identiteit van die HEILIGE GEES in Profesieë 89 [“Geheime van die RUACH HA KODESH”] en 90 [“Wat is die Naam van die RUACH HA KODESH?”], kan gevind word op die Amightywind webwerf.

Diegene wat waarlik 'n begeerte het om die HEILIGE GEES te ken op 'n meer intieme manier, sal verheug wees wanneer hulle hierdie openbaring hoor. Al die ander, dit is beter dat julle jul monde bedek, as om dit wat julle nou gaan hoor sal bespot. Of julle die openbaring glo of nie, dit is nie 'n kwessie omtrent 'n persoon se redding nie. Maar dit word 'n kwessie wanneer julle dit bespot wat julle nie verstaan nie. So 'n persoon is dan in gevaar dat hy/sy die HELIGE GEES belaster.

Wanneer ons teruggaan na die Aramese en Hebreeuse vertalings van die Bybel. (Sien www.scripture4all.org Hebreeuse Geskrifte) , die oorspronklike geskrifte, voordat dit in Engels vertaal was, sal julle sien dat wanneer die Skrif na die HEILIGE GEES verwys, die Woord “SY” gebruik word. Volgens die boek van Jesaja, is die HEILIGE GEES die Gees van Wysheid, en in Spreuke word daar na Wysheid verwys as 'n “SY”, so neem die volgende openbaring van Elisabeth Elijah nou in ag..

Profeet Elisabeth Elijah op die foon met 'n Mede Minister Kathrynyah.

Elisabeth: (Op Januarie) 13 –Ek het 'n droom gehad dat die HEILIGE GEES kwaad is vir hierdie aarde, en SY het my gestuur om 'n Boodskap te gee, dat dit nie net die Vader is wat kwaad is nie, wat oordeel na hierdie aarde toe gaan stuur nie. Dit is nie net die SEUN YAHUSHUA wat kwaad is nie, maar die HEILIGE GEES wat woedend is, en ek het probeer om die mense te waarsku, maar hulle wou nie luister nie, en die volgende oomblik het iets gebeur. Dit het voorgekom soos iets wat vanaf die Hemel gekom het, en dit het die aarde getref.

Kathrynyah [op die foon]: Wow.
Elisabeth: En toe het hulle my geglo.
Kathrynyah : Wow.

Elisabeth: Voor dit was ek nie meer hier nie. Dit was die laaste gedeelte van die droom. In die begin van die droom was daar 'n man wat beweer het dat sy suster die HEILIGE GEES was!
[Kathrynyah lag.]

Elisabeth: ... en ek het vir die man gesê dat geen mens enigsins die HEILIGE GEES kan wees nie! Daar is slegs EEN! En die HEILIGE GEES is natuurlik deel van die DRIE-EENHEID [VADER, SEUN, HEILIGE GEES/RUACH HA KODESH] is ook GOD!
Kathrynyah: Amen!

Elisabeth: En hierdie man wou my nie glo nie en hy het aangehou bly sê, “Nee, my suster is die HEILIGE GEES.”
[Kathrynrah lag en dink dit is so belaglik.]
Elisabeth: en van daardie gedeelte van die droom het dit oorgegaan na 'n ander gedeelte waar SY [die HEILIEG GEES] so kwaad is vir hierdie aarde, as gevolg van die boosheid daarin.

Kathrynyah: Ja.

Elisabeth: ...as gevolg van hulle wat beweer dat hulle lief is vir YAHUSHUA, maar hulle het nie HAAR Gees in hulle nie.
Kathrynyah: Amen.
Elisabeth: En ek het nooit voorheen hieraan gedink nie. Ek weet die VADER is kwaad. Ek weet die SEUN, YAHUSHUA, is kwaad. Niko sê ek het al Woorde ontvang. Wel in een plek, in die Profesie waar SY sê wie SY is [Profesie 90] ...
Kathrynyah: Ja.

Elisabeth: ...en weet jy, in die Boek van Wysheid sê dit dat SY die EEN was wat die soldate in in die Rooi See verdrink het. (Hebreërs 11:29 “Deur die geloof het hulle die Rooi See deurgegaan soos oor droë grond, terwyl die Egiptenaars, toe hulle dit probeer, verdrink het. Boek van Wysheid 10:17-19 “Aan die Heilige mense het SY (WYSHEID) lone gegee vir hulle werke; SY het hulle gelei met 'n wonderlike pad, SY HAARSELF was hulle beskutting gedurende die dag – en hulle stêr lig deur die nag. SY het hulle deur die Rooi See gebring, waar SY hulle deur 'n ontsaglikheid van water gelei het, waar SY ook hulle vyande verdrink het, en toe uitgespuug het uit die diepte van die afgrond”).

Kathrynyah: Wow!
Elisabeth: So, as jy kyk na die Boek van Wysheid, dit is daar.
Kathrynyah: Ja.

Elisabeth: Natuurlik, HULLE is almal GOD, en natuurlik is HULLE almal kwaad! Kathrynyah: Amen.
Elisabeth: En dit was my droom op 10, Januarie, 2013. En ek het nog nooit 'n droom soos dit gehad nie!
Kathrynyah: Whew!

Elisabeth: Nooit nie! En dit kan nie langer uitgestel word nie. Hierdie Woord moet in 'n video formaat geplaas word.

Boek van Wysheid: 10:16-19
“SY het die siel van 'n dienaar van die HERE binne gegaan, en verskriklike konings teengestaan met wonders en tekens. Aan die regverdiges 'n beloning gegee vir hulle werke, en hulle in 'n wonderlike manier gelei en vir hulle was SY 'n beskutting gedurende die dag en 'n lig van sterre in die aand seisoen; SY het hulle deur die Rooi See gebring, en hulle deur baie water gelei, maar SY het hulle vyande verdrink, en hulle uit die dieptes uitgegooi”

Vanuit Profesie 89: “Geheime van die HEILIGE GEES/RUACH HA KODESH”

“... Wil jy weet wat is een van die dinge wat MY bedroef maak? Wil jy weet wat is een van die dinge wat MY afsit? Elisabeth, wanneer jy MY woede voel. Hulle praat van die Vader se woede, van ABBA YAHUVEH se woede, maar julle het nie ‘n idee hoe die woede van die MOEDER van die SKEPPING is nie! Jy ken net ‘n deeltjie van MY woede wanneer jy voel asof ‘n vulkaan enige tyd in jou kop wil ontplof, en al is dit in die naam van regverdigheid, is dit nog maar steeds net ‘n deeltjie van MY woede!

Dit is 'n waarskuwing. Vir almal wat sulke belastering doen, soos valse Profeet Linda Newkirk wie sê dat GOD vir haar vertel het dat sy die Koningin van die Hemel is, en verwys na die HEILIGE GEES openbaring wat aan Profeet Elisabeth Elijah gegee was. Moenie hierdie dwase fout van Linda Newkirk herhaal nie, want sy het die lyn van geen omdraai oorgesteek, en haar eie siel gedoem, vir die belastering van die HEILIGE GEES.