29 Januarie 2008

Die Woord was op 29 Januarie 2008 aan Gayl gegee.

*Een van die Heilige Profete wat YAHUSHUA in die Almightywind Bediening gebruik, www.allmightywind.com en www.almightywind.com. Ons moedig julle aan om hierdie Profesieë te deel maar hierdie woorde moet aangeheg word. Ons plaas nie gewoonlik sommer enige Profeet se Woorde nie. Die Almightywind Bediening moet weet van watter vrugte dit kom en hierdie Profete was beproef en getoets en is bewys om goeie vrugte te dra. Ons het nie net gewone gebedsintersessors soos ander bedienings nie. Ons het Heilige gebedsintersessors, want "Die gebede van die regverdiges het groot krag." (Jak 5:16).



Dit was oorspronklik aan YAHUSHUA se Demon Stompers, Almightywind Gebedsoldaat Intersessors geskryf. Toe Elisabeth dit hoor het YAHUSHUA gesê dit moet aan al die Bruid van YAHUSHUA HA MASHIACH vrygestel word, insluitende die weggesteektes wie nog nie hulself aan ons voorgestel het nie. Hierin wil ons die Bruid van YAHUSHUA HA MASHIACH bemoedig om aan ons te skryf. Ons weet dat ons gebedsintersessors het wat weggesteek is. Ons dank julle vir julle gebede. Almightywind Gebedsoldaat Intersessors word YAHUSHSUA se Demon Stompers genoem en hulle is geen gewone Gebedsoldaat Intersessors nie, want hulle is Heilig. Want dit is net die gebede van die regverdiges wat groot krag het.

'n Tydjie gelede toe YAHUSHUA se Demon Stompers begin vorm aanneem het en sommige van julle bekend geword het, het ek in die gees 'n groep skape gesien wat met mekaar gesels het terwyl YAHUSHUA toekyk en glimlag. Ons het dinge gesê soos "HY het vir my dit gesê.....". "Wel, HY het vir my dit gesê.... " Dit was so kosbaar vir HOM want HY bewonder Sy werk deur julle/ons amal bymekaar te bring!"

MOMMA RUACH HA KODESH, wie ons MOEDER SHKHINYAH GLORY en ons MOEDER WYSHEID is, het die volgende gesê:
* * * * * * *

HEILIGE GEES se Bemoedigende Woorde aan Die Heilige Gebedesoldaat Intersessors

Die Woord was aan Gayl gegee.

* * * * * * *


Hoe bly is HY(YAHUSHUA) met almal van julle se bereidwilligheid om HOM te dien. Om HOM met die respek te hanteer wat HY as julle HEER en VERLOSSER toekom. Geen ander MEESTER besit julle nie want dit is in HOM wat julle lewe, beweeg en julle bestaan het. Moenie SY bevele ligtelik opneem nie MY kinders, want HY gee dit nie ligtelik nie. HY begeer dat julle SY Naam eerbiedig bo alle name. Die tyd is so kort vir SY terugkeer om die lewendes en die dooies te oordeel. Moenie vasgevang word deur die sorge van hierdie wêreld dat julle vergeet vir watter rede julle hier is nie, om julleself in SY sorg te plaas sodat HY oor julle kan waghou as die GOEIE HERDER wat HY is.

Moenie HOM beproef nie. HY sal julle net vir so lank verduur. HY sal julle weë rig as julle HOM toelaat om julle weë te verlig. Sê, "YAHUSHUA, wys my waarheen om te gaan, wat om te doen en ek sal net vir U gehoorsaam want U is my GOEIE HERDER, ek het geen ander nie. Die weë van hierdie wêreld lok my nie meer nie. Ek is U s'n, die hele boedel. Wat is dit wat U my beveel om te doen my HEER, my REDDER?" En HY sal met julle siele praat en julle presies vertel wat dit is wat julle in HOM en vir HOM moet doen.

Koester mekaar. Leer mekaar ken. Deel julle verhale met mekaar (i.e. getuienisse). Julle het almal 'n hoë prys betaal om te kom waar julle is. Julle het vir julself skatte in die Hemel opgegaar. Een vir een werk julle aan die aardse dade wat voor julle is. Sommige van julle het groter volumes werk as ander,maar alle werk is vir SY Glorie, niemand anders s'n nie. Dit is 'n eer om julle te aanskou MY Kinders, My kleintjies. Julle VADER YAHUVEH en EK, julle MOEDER RUACH HA KODESH, wie julle MOEDER SHKHINYAH GLORY en julle MOEDER WYSHEID is, is opgewonde oor julle. Koester julle ONS in julle harte? ONS hou daarvan om te hoor julle sê dit. Watter ouer is nie tevrede met sy kind se begaafdhede nie? Wandel in eenheid

MY Kleintjies. Praat met mekaar oor julle sorge en ellendes, lig dit in gebed op na ONS en EK, julle MOEDER RUACHA HA KODESH sal dit op 'n soen na PAPPA toe blaas, 'n gebed, 'n Hemelse gebed gefluister aan MY GELIEFDE.

Ag, HY ruik die soet aroma van julle gebede, julle liefde reik op na HOM en plaas 'n glimlag op Sy gesig. HY het nou so min wat HOM laat glimlag. Onthou om HOM te bedank vir alles wat hy vir julle gedoen het, want HY het demone verwyder wat julle nie geweet het bestaan nie, terwyl hulle gesoek het om te vernietig wat HY in julle lewens doen. Hulle het met 'n donderslag in die onderwêreld se ingewande neergeval, hulle was roosterbrood (toast) toe HY met hulle klaar was. (So aangenaam/dierbaar en lig is ons MOEDER SHKHINYAH GLORY toe SY my gees binnedring terwyl SY praat).

Lig, liefde, reinheid, Heiligheid van gees is al wat ONS van julle verlang. Moenie dat die sorge van hierdie wêreld julle onderkry nie want julle is nie van hierdie wêreld nie MY Kinders. Julle was/is van die Hemel gestuur en Hemelgebonde. ONS begeer dat julle dit nie vergeet nie. Moenie voor die versoekings van die vlees swig nie, hulle is van korte duur en verganklik teen die groter ontwerp van dinge wat gaan kom.

Einde van Woord.

Onlangs het YAHUSHUA my gevra om SY hand vas te hou en ek het HOM gevra om my voetstappe op die pad te hou, want die vlees is somtyds swakker as ander tye.

Gebed: ABBA YAHUVEH, mag ons almal op die pad bly wat U voor ons gestel het. Mag ons nie in versoeking val nie, die dinge van die vlees, want hulle is nie van U nie. Want die gees is gewillig maar die vlees is swak. Lei ons nie in versoeking nie maar verlos ons van die bose, want aan U behoort die Koninkryk, die Krag en die Heerlikheid, vir ewig en ewig. Amen. Amen. Amen.

Kosbare HERE ons bid dat ons alles sal doen wat U ons beveel het om te doen, op U perfekte manier en in U perfekte tyd. YAHUSHUA, ek bid gee ons gehoorsame harte. Moet ons nie meer gee as wat ons kan verduur nie. Help ons om op ons paaie te loop, die paaie van geregtigheid om U Naams Ontwil bid ek. Ek vra dit alles in die Naam bo alle Name, YAHUSHUA HA MASHIACH, YAHUSHUA ons MESSIAS. Amen.

* * * * * * *