Elisabeth se droom
November 15, 2007

Pat Robertson kop in een mus met
die duiwel en Rudi Giuliani


Elisabeth het na Pat Robertson se huis toe gegaan. Hy het buiteruimse wesens (Aliens) vermaak. Rudi Guiliani was ook daar. Elisabeth kon hulle gesprek hoor. Pat Robertson het gesê, "Ek sal verseker dat jy die christene se stemme kry as jy my toelaat om sake agter die skerms te beheer want ek wou nog altyd President geword het". (Elisabeth het geweet toe sy vir hom kyk dat dit nie meer die ou Pat Robertson is wat hier praat nie, hy is geprogrameer om hierdie dinge te sê. Die regte Pat Robertson was nie eers daar nie.) En Rudi het saamgestem. Hy het laggend gesê "ek is die mindere van die twee duiwels (evils) is dit nie so nie?" Toe gee hy 'n sinister laggie.

Sy het ook homoseksuele mense sien inkom by die kamer, mans en vrouens, saam met buiteruimse wesens. Sy het nuuskierig nader beweeg en kon nie glo wat sy sien nie. Daar was 'n tyd gewees toe sy Pat Robertson vertrou het as geestelike leier. Nou het sy hom gesien vir die duiwel wat hy is, 'n Judas. Nou het sy geweet dat hy gebruik gaan word om al die christene wat hom volg na die antichris toe te lei. Sy begin toe van skok by haarself praat en sê "ek gaan almal waarsku", met die idée dat niemand haar kan hoor nie. Al het sy sag gepraat , het hulle haar nogsteeds gehoor. Hulle draai toe om en kyk vir haar. Die homoseksuele vrouens het haar eerste raakgesien en het begin om haar te jaag. Sy hoor toe Pat Robertson en Rudi Guiliani skreeu, "gryp haar, stop haar".

Elisabeth vlug toe en probeer om die steil trappe so vinnig as moontlik af te hardloop. Enigiemand wat haar ken sal weet dat sy 'n probleem het met trappe oor die algemeen. Sy moes toe versigtig afloop, een vir een trap terwyl sy aan die reëling vashou. Die lesbiese vrouens het haar ingehaal en het haar betas. Sy probeer toe om hulle af te veg, terwyl sy vlug. Met die probeer hulle haar toe terugtrek in Pat Robertson se huis in terwyl hulle sê, "jy sal niks regkry nie, niemand sal vir jou luister nie. Pat Robertson het ons die christene se stemme belowe. Ons sal wen. Daar is meer van ons wat in beheer is. Die Wit Huis is aan ons kant," het hulle spottend gesê.
Einde van die droom.

(Dit is Pat Robertson se motivering. Hy is agter die skerms belowe hy sal president word).