PROFETIESE DROME VAN NIKOMIA

Index

Die Twee Getuies

Januarie 2006

Ek het 'n baie mooi vrou, met lang swart hare, aan 'n man voorgestel wat ook swart hare het wat op sy skouers hang. Dit het gelyk of die man van koninklike afkoms is en daar was 'n groep mense om hom, toe ek hulle aan mekaar voorstel.

Terwyl die vrou voor hom staan, kyk hy vir die groep mense en knik sy kop met 'n groot glimlag op sy gesig asof hy daardeur vir die mense wil sê dat sy aanvaarbaar is.

Nadat hy vir die mense geglimlag het, neem die vrou sy gesig met albei haar hande en gee hom 'n soen. Die groep mense staan verdwaas want dit mag gewoonlik nie so gebeur nie.

Dit was my werk om die man en vrou na 'n plek van veiligheid te bring. Ek het nie geweet waarheen ek hulle vat nie, maar ek het geweet dat dit 'n plek wat veilig is, sal wees. Daar was twee ander mans wat my gehelp het.

Terwyl ons ry na die plek van veiligheid, kom ons by 'n basketbal baan. Die man en vrou stop ons toe, en vra om basketbal te gaan speel.

Ek gaan sit toe op die paviljoene waar 'n groep mense kyk hoedat hulle basketbal speel, en Ek hoor toe hoe iemand tussen die mense sê:

"Hierdie man en vrou is getuies en hierdie twee getuies was versteek saam met hulle Stamme."

Net toe ek dit hoor het ek geweet ons is in die moeilikheid omdat die vyand hulle gaan aanval met alles wat hy het. Ek het 'n paar gelaaide gewere gehad wat teen die kant van die paviljoen lê. Ek gryp toe een geweer en bring dit vir een van die mans wat my help om die man en vrou op te pas. Ek gee vir hom die geweer, maar die sneller is nie op die geweer nie, dit hang net aan die geweer. Eers probeer hy die sneller terugsit maar kom nie reg nie, toe gryp ek die geweer en sit die sneller terug.

Terwyl ek dit doen sien ek die vyand skiet alreeds op ons. Terwyl hulle op ons skiet, ry 'n vervoer trok agteruit teen 'n oprit af. Ek sien hoedat 'n koeël van die vyand, die agterruit van die trok tref en dit breek, en tussen die bestuurder en passasier deurbeweeg. Ek kon nie sien wie die twee mense in die trok is nie.

Net nadat ek die sneller kon terugsit in die geweer, val die vyand my toe, te voet aan. Hy het 'n geweer by hom gehad maar hy het nie op my geskiet nie. Hy het my net fisies begin aanval. Dit het so vinnig gebeur dat ek nie eers tyd kon kry om hom te skiet nie.

Ons het gestoei en ek was skielik bo op hom. Ek gebruik toe die kolf van die geweer en slaan hom 'n paar keer teen die kop en in die nek. Maar dit het nie gelyk of hy enigsins seerkry nie.

Einde van die droom.

Stuur asseblief jou gawe van droom interpretasie soos die RUACH ha KODESH jou lei.