PROFETIESE DROME VAN NIKOMIA

Index

Elisabeth lees vanaf 'n boekrol in die Hemel

24 Januarie 2006

Elisabeth en die pan (wok).
Die droom wat gehelp het om die salwing aan te wakker vir
Profesie 81 om gegee te kan word vir Elisabeth.


Ek, Niko, Elisabeth se man, het 'n droom gehad wat die salwing aangewakker het in my vrou, Elisabeth. Dit is toe dat Profesie 81, "O Yisrael. Ek, YAHUVEH, wys jou tereg!" voortgekom het net na ek die droom hieronder voorgelę het.

YAHUVEH het gesę dat ons twee drome moet deel en dan sal die profete met die gawe van droom interpretasie vorendag kom. Dit is die enigste rede hoekom ons hierdie drome deel met ander, want die Bybel sę YAHUVEH praat deur drome, visioene, openbaringe en profesieë. Die twee drome wat YAHUVEH vir my gegee het het HY gesę is belangrik dat die bruid van YAHUSHUA verstaan en reg interpreter. Dus deel ons die drome met die bruid van YAHUSHUA.

Bid asseblief vir die interpretasie en stuur dit weer terug vir ons. Ons sal dan meedeel waarmee die RUACH HA KODESH saamstem.

Niko se droom….
Ek het gekyk na 'n groep mense wat besig is om baie trappe te klim. Skielik is ek in 'n kamer waar hierdie mense sit in groepies by verskillende tafels. Ek het die idee gekry dat hulle vir iets wag. Daar was wel een vrou wat my aandag getrek het, ek sien toe dat dit Elisabeth is wat alleen by 'n tafel sit. Ek loop na haar toe en sit my hande op haar skouers terwyl ek agter haar staan.

Toe Elisabeth opstaan, staan daar drie ander vrouens op by verskillende tafels. Hulle almal gaan toe in by 'n plek wat ek gedink het is 'n badkamer.. (Elisabeth het die woorde gehoor "reinigings kamer" terwyl ek dit vir haar vertel). Terwyl die vrouens in die badkamer is, sien ek 'n akwarium daarbinne. Ek gaan sit langs die akwarium, maar toe ek inkyk sien ek niks binne die akwarium nie. Die vrouens kom toe uit die badkamer uit en staan op iets wat lyk soos 'n dansvloer. Hulle begin toe dans terwyl hulle na mekaar kyk, baie opgewonde sing en dans hulle en roep uit van vreugde want hulle liggame het verander. Hulle kon hulle oë skaars glo, want hulle liggame lyk só mooi en anders.

Toe kom Elisabeth en 'n ander vrou oor na die akwarium. Die blonde vrou wat ek weet is Elisabeth, kyk toe binne in die akwarium en sy kon 'n boekrol sien en lees binne in die akwarium. (Iets wat niemand anders kon sien nie.) Elisabeth lees toe die boekrol (scroll) hardop. Maar ongelukkig kon ek nie die eerste deel van die boekrol (scroll) wat sy gelees het onthou nie, maar wat ek wel kan onthou is:

"Jy sal hoor van en jy sal weet en jy sal Elisabeth (Elisheva) Elijah sien, en jy beter glo waarvan sy praat en gehoorsaam wees aan die woorde wat Ek haar gee, want Ek gaan 67 mense red net van hierdie boekrol(scroll) alleen!"

Ek kyk toe vir Elisabeth en sę, "Hierdie boekrol(scroll) is afkomstig van YAHUSHUA af want Hy is die enigste een wat siele kan verlos. YAHUSHUA het die boekrol(scroll) geskryf!" Ons was verbaas en kon dit nie glo nie.

Toe skielik het ek 'n groep mense om Elisabeth sien saamdrom terwyl sy bid. Baie kere het die wonderwerke nie dadelik gebeur nie, en die mense het begin mismoedig word. Selfs Elisabeth het ook mismoedig begin word. Ek sę toe vir hulle dat hul nie moet mismoedig wees nie, maar dat die wonderwerke sal gebeur in YAHUVEH se tyd. Party mense was kwaad en terneergedruk soveel so dat hulle haar 'n valse profeet begin noem het.

Sy bid toe in Heilige tale oor iets wat lyk soos 'n shinese pan (wok). Terwyl sy een van haar hande oor die pan (wok) hou, kyk ek oor haar skouer en sien ek hoedat groen olywe skielik in die pan te voorskyn kom. Daar was drie rye van vier olywe in 'n ry, en hulle was almal apart. Terwyl sy toe bid skud sy die pan en al die olywe gaan lę bymekaar in die bodem van die pan. Sy word baie opgewonde daaroor en wys toe vir die mense om haar wat is in die pan (wok).

Einde van die droom.

Terwyl ek die droom vertel vir Elisabeth, en sy hoor van die olywe begin sy bid in tale, toe sę sy skielik van blydskap, "twaalf stamme!" YAHUSHUA het gesę die olywe is die twaalf stamme en HY gaan my gebruik om hulle weer bymekaar te bring!

Dit is toe dat profesie 81 verkry is terwyl sy in tale bid." O, YISRAEL, EK, YAHUVEH, WYS JOU TEREG!"