Vas en bid asseblief saam met Elisabeth (Elisheva) Elijah!!!

DIE ROOI PLAAG DROOM

Gegee aan Elisabeth (Elisheva) Elijah 6/8/2000
Nuwe boodskap vanaf Elisabeth (Elisheva) Elijah…

Ek het vandag YAHUSHUA gevra dat Sy pragtige Heilige Gees vir my die Woord sal oopmaak en sodoende my vraag beantwoord of Hy binnekort kom, selfs dalk nog hierdie jaar? Ek het die Woord oopgemaak by die deel wat sę: Die werk wat ons het moet vinnig gedoen word tot die eer van YAHUSHUA Ha Mashiach, want as ons hierdie aarde verlaat gaan dit al wees wat tel. Wat het ons met YAHUSHUA en vir YAHUSHUA gedoen? En hoeveel mense het ons na YAHUSHUA toe gelei! WAT HET JY ONLANGS VIR YAHUSHUA GEDOEN?

Lees Openbaring 3:7-21.

Openbaring 3:10
Omdat jy die woord van MY leidsaamheid bewaar het, sal EK jou ook bewaar in die uur van beproewing wat oor die hele węreld kom om die bewoners van die aarde op die proef te stel.

Bid dat jy nie hier sal wees om die rooi bloed plaag te sien gebeur nie!

*** Die droom is ontvang deur 'n lid 2/2/2003 ***

Nou is dit bevestig deur nog 'n lid in die bediening en 'n lid in die weermag het ook oor die onderwerp gedroom.

Bid asseblief gebedsgroepe, smeek YAHUVEH vir genade om die oordele op Amerika te vertraag. Staan in die gaping vir Amerika…voordat dit te laat is. Ek het 'n profesie ontvang oor dooie voëls, veral geel Kanaries. As enigiemand die vermoeë besit om die droom te kan uitlę, stuur asseblief jou interpretasie. Ek weet nie wie die polisieman is nie. YAHUVEH en YAHUSHUA se geliefde en gehoorsame kinders hoef nie te vrees nie. Aan ons is die mandaat gegee om Psalm 27 te memoriseer vir die slegte tye wat voorlę en om dit aan te haal wanneer die gees van vrees aanval.

E-pos:
Hi Elisabeth Datum: Sondag, 23 Februarie 2003 3:42:34 namiddag

Ek het 'n visioen\droom gehad. Ek weet nie of ek geslaap het en of ek wakker was nie. Terwyl ek die droom\visioen gehad het, het ek op die bank gelę. Ek het by die venster uitgekyk en ek het die geluid van 'n straler gehoor. Die volgende oomblik was alles buitekant rooi en stowwerig. Dit is al wat ek kon onthou. Ek was nie regtig bang of enige iets nie. Ek was ook nie bang vir my kinders se onthalwe nie.

Liefde T. F. (om die soldaat se naam te beskerm het ek net sy voorletters gebruik)

* * * * * * *


DIE ROOI PLAAG DROOM


YAHUVEH praat en waarsku deur onder andere visioene, drome en openbarings.

Ek het in die lig 'n donker rooi mis sien naderkom. Die wind het dit aangehelp en dit het op die mense geval! Hulle velle was bedek met die rooi mis (diep rooi) en die mense het baie siek begin word. Daar was 'n polisieman wat my beskerm het, maar hierdie rooi mis het ook op hom gekom. Hy het in 'n sement swembad gespring om dit af te kry, maar dit het nie gehelp nie. Ek het baie omgegee vir hierdie polisieman maar toe die mis eers op hom gekom het, was dit te laat. Dit versprei oor jou hele vel, dan word jy baie siek en jou vel versmoor.

Ek kon net toekyk en kon glad nie die polisieman help nie! Toe sien ek nog 'n vlaag van die mis in die lig. Vir een of ander rede was ek nie bang vir dit nie. Op 'n afstand het dit soos 'n donker mistigheid gelyk, maar wanneer dit naderkom het dit 'n rooi kleur geword! Mense het probeer weghardloop, maar kon nie wegkom nie! Ander mense het ook dit probeer afwas, maar dit kon nie weer afkom nie!

Dit is die rede hoekom die duiwel my op baie maniere probeer stilmaak Laat mense maar spot, ek weet ek is verantwoordelik vir wat ek sę en wat ek nie sę nie! Esegiël 3 :17-21

Hier is wat profeet Gary sę toe ek hom bel om sy onderskeiding van die droom te vra. Ek weet hoekom ek beskermd was en die Bruid van YAHUSHUA sal ook wees!

Elisabeth,
Toe ek my oë toemaak, kon ek YAHUVEH se vinger op 'n huis sien. Die huis is in 'n ‘bubble’ asof dit afgesny is van dit wat in die buitewęreld gebeur, en dat dit veilig is binne die ‘bubble’.

My gedagtes dwaal toe na die Pasga waar die bloedverbond die mense beskerm het. Net as hulle in hulle huise gebly het nadat hulle hulself gereinig het en die bloed van die lam aan hulle deurposte gesmeer het. As dit so is, dan moet ons beslis al die mense waarsku.


Gary, ons sal wag op die teken wanneer ons die shofar waarskuwing moet blaas.


Lees Profesie 31
Waar jou geloof is, daar sal jou Pasga ook wees.


* * * * * * *

Chemiese oorlogvoering!!!! Dooie voëls!

Gegee aan Apostel Elisabeth (Elisheva) Elijah

Op 9/20/98 om 10:30nm het ek wakker geword.

Bid asseblief teen hierdie droom en dat YAHUSHUA mense sal spaar!

Ek glo nogsteeds die woord wat aan my gegee is…” Wat as EK op die dag van Rosh ha Shannah kom?” beteken VOLGENDE jaar, maar wie weet? Maar wanneer die woord “Wat” gebruik word en HY sę vir my om die Bruid wakker te maak onder SY salwing, dan moet daar min tyd oor wees! Na Rosh ha Shannah is daar maar net sekondes tot middernag toe! Hy het gesę, onthou Yom Kippur is volgende!

Die droom.

Ek was in 'n stoor omring deur dooie voëls in hokke…geel Kanaries meestal. Niemand het omgegee, of ag geslaan op die dooie voëls nie! Niemand het geluister nie! Ek het nie die hokke aangeraak of naby hulle gekom nie.

Toe sien ek vir Clinton, en hy was oppad Irak toe. Ek het 'n ondersoekbeampte sien nader hardloop na Clinton en hy het hom boei. Hy het hom na die polisiekar toe geneem en hulle het in die kar geklim. Ek het gesien hoe Tony Blair en drie geestelike leiers Clinton omsingel. Hy het hulle sy raadgewers genoem. Een van hulle is 'n minister, maar hy staan op vir homoseksualiteit. Die ander een is bekend vir sy owerspel! En ek het 'n guru tipe ou gesien op TV. Jy sal hom ken, hy verkoop kursusse oor positiewe denke en selfbeeld, en hoe om alles te kry wat jy wil hę! Wel, hulle almal was in die droom en hulle het hul geskaam vir Clinton omdat hy gevang was.

Interpretasie.

Die voëls is dood en in die stoor wat chemiese oorlogvoering voorstel! (Onthou dat myners geel kanaries in die myne ingeneem het om te sien of daar giftige gasse in die tonnels is. Indien wel het die kanaries doodgegaan!) Niemand kom agter dat ons oppad is na chemiese oorlogvoering toe nie. Clinton weet dat hy 'n oorlog met Irak moet begin, om te verhoed dat hy gevang sal word. Maar voordat hy dit kan doen word hy gestop. Dit is gerusstellend, maar in 'n ander visioen het ek bloedige Gore in plaas van El Gore gesien! Ek sien hom in 'n towenaars hoed by 'n boom staan en hy het altyd swart aan. Hy spot altyd met daardie grynslag!

En op die 1ste November het ek nog 'n droom gehad waarin ek gestaan het voor nog 'n dooie Kanarie. As YAHUVEH eenkeer praat moet ons luister, maar wanneer YAHUVEH tweekeer praat dan moet ons beslis luister! Bid asseblief teen biologiese oorlog, gemik teen Amerika.