Getuienisse van Moslems wat YAHUSHUA (Jesus Christus) in hulle drome ontmoet, vermeerder.


Vir bykans 10 jaar het stories die rondte gedoen van Moslems wat tot bekering kom deur hulle drome.

'n Kaliforniese tydskrif het onlangs die resultate van 'n ondersoek gepubliseer wat handel oor meer as 600 gewese Moslems wat nou Jesus volg. “ Al kom dit voor asof drome 'n klein rol speel in die bekering van westerlinge, het meer as 'n kwart van die gewese Moslems gesê dat hulle drome en selfs visioene 'n groot rol gespeel het in hulle bekerings. Dit het hulle ook gehelp tydens moeilike tye in hulle lewens” het die ondersoek gesê.

Andere het die persentasie hoër bevind. Karel Sanders, 'n sendeling in Suid Afrika het gesê dat onder Afrika Moslems “42% van nuwe bekeerlinge kom na Christus toe deur visioene, drome, engele verskynings en 'n hoorbare stem van God.” berig "Dawn’s Friday Fax", 'n webtuiste wat fokus op sending. Arabies sprekende moderators vertel van bonatuurlike verskynsels soos drome, visioene en genesings deur gebed in die naam van Jesus. “ Hierdie is 'n warm onderwerp in ons area. Mense van regoor die Midde Ooste bel ons, en sê hoedat hulle genees was in die naam van Jesus,” Een sendeling het vir hulle gesê. “ Moslem luisteraars bel ons gereeld om ons te sê dat hulle drome of visioene van Jesus gehad het, en dan wil hulle weet wat dit vir hulle beteken.”

Dieselfde word meegedeel in die boek genaamd, “ I dare to call Him Father,” 'n baie goeie boek wat handel oor die lewe van 'n wel-af gewese Moslem Pakistaniese vrou met die naam Bilquis Sheikh wie tot bekering gekom het as gevolg van 'n reeks ongewone gebeure. Dit het begin met die teenwoordigheid van 'n boosheid, wat sy gevoel het daar was omdat daar 'n christen vermoor is.

“ die onverklaarbare prikkel gevoel het binne my gegroei terwyl ek stadig op die gruis paadjie van my tuin geloop het. Ek het gestop en rondgekyk, en toe ek oorleuen om 'n tak te vat, voel ek meteens iets verby my kop skuur. Ek het skokkend regop gekom, en gewonder, wat was dit? 'n Mistige wolk, 'n koue, damp, onheilige teenwoordigheid het verbei my gesweef. Natuurlik was daar niks daar buite nie. Was daar? Asof iemand my gedagtes kon antwoord, was daar 'n baie werklike, ferm tik op my regterhand.”

Hierdie gebeurtenis het gelei tot 'n reeks drome wat—soos baie waarvan ons deesdae hoor—te weë gebring het dat hierdie Moslem vrou tot bekering gekom het. Kom sulke drome nou meer gereeld voor in die huidige tyd waarin ons lewe? Of het hulle nog altyd gebeur?

Ons weet dat drome baie belangrik kan wees. Ons kan dink aan Abraham en ook aan Josef, die vader van Jesus.

Maar hulle is ook baie belangrik in ons eie tyd soos in die geval van Sheikh, wie se man 'n generaal was en ook Pakistan se Minister van binnelandse sake. Met haar het die drome ook 'n groot rol gespeel in haar verlossing.

Soos wat sy verduidelik het in haar boek wat alreeds in 1978 gepubliseer was, is sy in 'n Moslem huis grootgemaak waar hulle geglo het dat al was Jesus gebore uit 'n maagd, was Hy nie God se seun nie. Tog het Sheikh gevoel dat sy die Christene se Bybel wil ondersoek, en toe het alles begin.

In een van haar drome sê Sheikh, “ ek het myself gevind waar ek middagete geniet saam met 'n man wie ek geweet het is Jesus. Hy het gekom om by my te kom bly vir twee dae. Hy het oorkant die tafel van my gesit en ons het in vrede en blydskap saam geëet.

“ Skielik het die droom verander. Nou was ek op 'n bergtop saam met 'n ander man. Hy was geklee in 'n kleed met sandale op Sy voete. Hoe snaaks is dit nie dat ek ook sy naam geken het, hy was Johannes die Doper. Wat 'n snaakse naam. Ek het myself gevind waar ek aan Johannes die Doper vertel van my ontmoetinge met Jesus.”

Dit was 'n ongewone droom. Sy het almal begin vra oor die man wat sy gedink het mag dalk weet van Johannes die Doper, want sy het nog nie op die naam van Johannes die Doper afgekom met die lees van die Bybel nie.

Sy het 'n christen geword, en so het duisende ander. Getuienisse soos van die mense in Morokko. Ons het die eerste keer daarvan gehoor in 1990.

“ 'n Volgeling van Jesus in Guinea vertel van 'n persoon in wit wat aan hom verskyn het in 'n droom, wat na hom roep met uitgestrekte arms.” Die Kalifornia publikasie sê:” hierdie sort droom waarin Jesus aan Moslems verskyn in 'n wit kleed gebeur gereeld soos vermeld is deur sendelinge.”

'n Malaysiese Moslem vrou het haar Christen ouers in 'n droom gesien waar hulle feesvier in die hemel. Jesus het in 'n wit kleed vir haar gesê: “ As jy na my toe wil kom, kom!” Sy het.

'n Ander bekeerling, hierdie een is ook van die Midde Ooste, vertel dat hy in sy bed gelê het met 'n groot hoofpyn. 'n Wit figuur met 'n wonderlike, vredevolle gesig het aan hom verskyn, hy het sy hand drie keer op sy kop gelê en die volgende oggend was die hoofpyn weg.

'n Man van Wes Afrika het 'n regverdige Moslem in die hel gesien, en 'n arm christen wat nie eers tiende kan gee nie, in die hemel. 'n Stem het verduidelik dat die verskil nie gelê het in die hoeveelheid geld nie, maar om geloof in Jesus te hê.

'n Sendeling werkagtig onder die Tausugs, Fillipeine se grootste Moslem groep, het vermeld dat baie Moslems Jesus gesien het net na hulle Ramadan. Die een het gedroom van Jesus wat 'n draak doodmaak tydens 'n geveg, en die volgende dag het hy dieselfde gedroom. Dit hom ontvanklik gemaak het vir die Woord van God.

'n Lid van die Yakan mense in Basilan Provinsie het gedroom dat die profeet Mohammed, Jesus nie in die oë kon kyk nie. Toe hy sy droom aan sy Christen neef vertel, het sy neef gesê dat dit beteken Jesus het meer mag as Mohammed.

Daar is stories van geestelike oorlogvoering, daar is verhale uit Turkeye, daar is stories van wonderbaarlike genesings, daar is stories van Irak.

'n Span wat behoort aan atlete in aksie, 'n sending atleet beweging, het vermeld van hulle kuier by die Sentrale Asiese Republieke van Turkmenistan en Kyrgyzstan. “Een van die toere se interressante gedeeltes was om vir die mense te luister oor hoe hulle tot bekering gekom het. Voorheen was hulle atiëste of Moslems. Sommiges het ons meegedeel hoedat God met hulle gepraat het in hulle drome. Ander het weer vertel van hoe hulle hoofpyn gehad het vir dae aan een, nadat hulle van Jesus gehoor het, en sodra hulle besluit het om christene te word, was die hoofpyne weg. Die een meisie het vertel dat niks aanvanklik gebeur het toe sy die eerste keer van Jesus gehoor het nie, totdat sy gaan slaap het. Terwyl sy geslaap het, het sy 'n aaklige droom gehad, waarin 'n sataniese figuur vir haar gesê het. “ Jy sal nooit vrykom van my nie.” Sy is ook nou 'n christen.

Daar is baie keer vermeld dat die inwoners van die Algeriese Atlas Berge tot bekering kom deur soortgelyke drome en visioene, waarna hulle ondergrondse selle en kerke begin. Ahmed Ait Ben Youcef, 'n man van daardie area wat nou buitelands bly, het gesê, hy het Jesus gevind op 'n tipiese manier vir Moslems van sy dorpie. Hy sê dat hulle mense altyd aan God geglo het, maar dat baie deesdae hulle eie maniere soek onder die druk van Arabiese Moslems. Ons jongmense het gesmag daarna om die regte weg te loop en daarom het ons God gevra om rigting te gee aan ons lewens. My een vriend het gesterf in 'n motor ongeluk. Die volgende aand het ek gedroom dat ek, hy en nog 'n vriend in 'n kar ry terwyl ek bestuur. Ons het gery na 'n helder verligte stad omring deur wit mure. My afgestorwe vriend het ons meegedeel dat hy nou daar bly.

'n Egiptiese Moslem het die Bybel gelees tot op Lukas 3 toe 'n sterk wind deur die kamer gewaai het en 'n stem vir hom gesê het. “ Ek is Jesus Christus wie jy haat. Ek is die meester wat jy op soek is na.” Hy het daar en dan besluit om Jesus te volg.

So algemeen is sulke verhale, dat webtuistes begin is om sulke stories te vermeld. 'n Informant wat onbekend wil bly vermeld dat 'n gewese Islam Imam of genaamd geestelike leier, 3000 Moslems na Jesus toe gelei het. Hyself het tot inkeer gekom toe 'n wit man aan hom verskyn het, en vir hom sê dat hy die Bybel moet bestudeer. Sy metode om mense na Jesus te lei is eenvoudig. Tydens 'n gesprek vra hy andere,”het jy onlangs 'n wit man in jou drome gesien?” As hulle nie het nie, dan sê hy net “ ek het net gewonder.” Maar as hulle positief antwoord, gaan hy voort deur te vra of hulle belangstel om meer te leer van hierdie wit man. En wie is nie nuuskierig om meer uit te vind van hierdie wit man wat in hulle drome verskyn nie. Die gewese Imam wys hulle dan in die Bybel waar daar gepraat word van 'n man in wit geklee. Hy verduidelik dan dat dit Jesus is en dat Hy met jou wil praat omdat Hy wil hê jy moet Hom volg.

Baie Moslems is dan alreeds voorberei deur hul bonatuurlike ervarings, en aanvaar die uitnodiging. 'n Ruk gelede het Bill Bright, direkteur van die sending agentskap genaamd, “Campus crusade for Christ”, geskryf dat daar 'n groot wonderwork besig is om plaas te vind. Moslems onder andere, kry drome en visioene oor Christus. Na net een radio program waarin hulle vermeld het dat Jesus al aan baie Moslems verskyn het en aan hulle meegedeel het dat Hy die weg is na die ewige lewe het die radio stasie duisende briewe ontvang van Moslems uit Noord Afrika en die Midde Ooste waarin die luisteraars gesê het dat hulle nou hul vorige drome verstaan. Hulle wou dan meer informasie hê oor Jesus.