'n Kind wat ontbloot is in die park.


Vanoggend het ek 'n droom gehad. 4 April 2007. 'n Man het my vasgebind aan 'n staal paal, die paal was van die vloer tot by die dak en ek was geboei. Daar was 'n kort ketting op die boeie en ek het geweet dat die man 'n voorstelling van satan was. Hy het gedink hy kan my alleen los en dat ek nie myself sal kan bevry nie. Maar in die droom, alhoewel die boeie styf sit om my arms en my seermaak, het ek steeds die ketting teen die paal geskuur. Ek weet dat ek myself moes bevry sodat ek my kind, wie 'n ander vrou vir haarself toegeeien het, kan red.

Ek het gebid en skielik het die ketting gebreek! Ek hardloop toe na 'n park en op die park se stoel was my baba dogtertjie. Sy het lang blonde hare gehad en die son het warm op ons neergevel. Sy het hard gehuil. Die vrou het haar onderklere uitgetrek en sy was naak. Ek gryp haar toe en sê, "dit is my baba, gee my baba terug!" Ek trek haar onderklere weer aan, tel haar op en vertroos haar. Sy het spoediglik gekalmeer, en vreedsaam aan die slaap geraak, want sy was terug in die arms van haar ma waar sy beskermd voel.(stuur vir my asseblief u gawe van interpretasie vir hierdie droom sodat ek kan sien of dit ooreenstem met wat ek gehoor het).