Elisabeth se droom i.v.m Hitler

27.9.2005

Sien K se uitlegging aan die einde van die droom!

Ek, Elisabeth (Elisheva) Elijah het onlangs 'n profetiese droom ontvang wat as 'n waarskuwing dien vir die fisiese Jode en ook diegene wat gewas is met die bloed van YAHUSHUA (hulle is geestelike Jode). Ek gee die volgende titel aan die droom…

WEES OP JUL HOEDE! ADOLF HITLER SAL UIT DIE DOOD UIT OPSTAAN

Ek het van die uitlegging self ontvang, maar van sekere dele het ek nog nie die uitlegging gekry nie. Enige profete wat hier lees en die uitleg ontvang, deel dit gerus met my en ek sal dit inlas soos wat ek bevestiging ontvang. E pos: Contact Us"> Contact Us

HITLER SAL WEER UIT DIE DOOD UIT OPSTAAN!

Ek het in die middel van 'n kolosale sement brug, met 'n sement reling aan die kant van die brug gestaan. Niemand kan van die brug af in die rivier in val nie. Die rivier se stroom het van links gevloei. Iemand sê toe vir my :

"Kyk van die brug af aan die linker kant en jy sal Adolf Hitler se dooie liggaam sien lê op 'n hout bootjie terwyl hy rivier afdryf. Hy sal weer uit die dood uit opstaan."

Ek het gesê: " verseker kan Adolf Hitler nie uit die dood opstaan nie." Die stem het toe gesê: " kyk, jy kan sy liggaam alreeds sien!" Ek gaan toe na die linker kant toe en kyk oor die reling. Ek kon in die verte 'n liggaam sien wat lê en op die water aangedryf kom in 'n hout bootjie.

Ek het bly kyk. Net toe die liggaam naby gekom het, sien ek hoedat die liggaam opstaan, en ek kon sien dat dit Adolf Hitler is wat uit die dood uit opstaan .

Hy het na my gestaar met haat in sy oë. Sy hand was gelig in die posisie van die saluut wat hy altyd gedoen het.

Die bootjie het nader gedryf terwyl ek in vrees staan en toekyk. Tog het ek geredineer dat die brug waarop ek staan te hoog is, en dus is dit nie menslik moontlik vir hom om by my te kan uitkom nie.

Tot my skok, soos wat die boot tot by die begin van die brug se muur kom, klim Hitler skielik hande viervoet soos 'n groot spinnekop teen die kant van die brug op.

Soos wat ek toe begin hardloop, kom daar skielik mense van alle oorde en hardloop agter my aan, want hulle dink dat waar ek wegkruip sal dit vir hulle ook veilig wees. Ek het gehardloop en hulle het my gevolg. Ons het gevlug van huis tot huis terwyl Hitler ons jaag… Hitler het ons altyd gekry, maak nie saak waar ons weggekruip het nie, maar elke keer as hy ons kry het ek net weer gevlug na die volgende huis om weg te kruip. Omdat so baie mense saam met my gehardloop het, was dit moontlik vir hom om ons maklik op te spoor.

Die mense het weggekruip in die laaste huis en ek het gesien hoedat Adolf Hitler hulle kry en gevange neem. Ek was in 'n kamer vasgekeer met geen uitkomkans behalwe vir een klein venster. Die problem: ek was op die tweede vloer in 'n slaapkamer.

In werklikheid ly ek aan hoogtevrees, en het ek ook slegte sig. Ek ly aan 'n spesifieke oog kondisie (stigmatism) en dus sukkel ek om afstande te skat.

Hitler sou my kry as ek nie ontsnap nie. Ek maak toe die venster oop en kyk af, terwyl ek wonder hoe ver die sprong sal wees en of ek so 'n sprong sal oorleef as ek op die harde grond moet land.

Ek kon hoor hoedat Hitler die kamer nader en ek bid toe dat YAHUSHUA my sal help.

Ek spring toe uit die venster uit en land op die grond sonder dat dit enigsins seer is. Dit het beslis verder gelyk as wat ek dit geskat het. Ek het nie net die sprong oorleef nie maar kon ook ontsnap uit Adolf Hitler se kloue uit. Ek kon toe uiteindelik 'n veilige wegkruipplek vind.

Einde van die droom September 2005


K se interpretasie

Openbaring 13:1-3;17:8

1 En ek het 'n dier uit die see sien opkom met sewe koppe en tien horings, en op sy horings tien krone en op sy koppe 'n naam van godslastering.

2 En die dier wat ek gesien het, was soos 'n luiperd, en sy pote soos die van 'n beer, en sy bek soos die bek van 'n leeu; en die draak het hom sy krag gegee en sy troon en groot mag.

3 En ek het een van sy koppe gesien net of dit dodelik gewond was, en sy dodelike wond is genees. En die hele wêreld het verwonderd agter die dier aan gegaan.

17:8 Die dier wat jy gesien het, was en is nie, en sal uit die afgrond opkom en na die verderf vaar; en die bewoners van die aarde wie se name nie van die grondlegging van die wêreld af in die boek van die lewe geskryf is nie, sal hulle verwonder as hulle die dier sien wat was en nie is nie, alhoewel hy is.

Openbaring 17:15

En hy sê vir my: Die waters wat jy gesien het, waar die hoer op sit, is volke en menigte en nasies en tale.

In die droom glo ek die waters verteenwoordig diegene wat op die aarde is onder die invloed van die dier. Hitler was duidelik van 'n antichris gees. In Openbaring 9:14-15 word genoem van vier (gevalle) engele wat gebind is by die Eufraat rivier.

Dus glo ek dat die rivier ook dit kan voorstel: Die engele (wat gebind is by die Eufraat rivier) is die vier diere wat die regering sisteem beheer (in Daniel 7:1-8), en sal weer uit die bodemlose put uitkom.

Openbaring 9:

14. En die het aan die sesde engel met die basuin gesê: Maak die vier engele los wat gebind is by die groot rivier, die Eufraat.

15. Toe is die vier engele losgemaak wat gereed gehou was vir die uur en dag en maand en jaar,om 'n derde van die mense dood te maak.

Ek is nie seker of Hitler letterlik weer uit die dood sal opstaan nie, maar wanneer ek Openbaring13:2 lees, dink ek dat die nuwe wêreld orde regering sal lyk soos die van Hitler en Duitsland (luiperd). Dit sal die voete hê van die kommunistiese soviet unie (beer) en die mond hê van die Britse / Amerikaanse staat (leeu).

Dit is raar maar ek weet dat die swart beer net soos eekhorings bome kan klim.

Het jy al 'n eekoring sien opklim teen 'n baksteen gebou? Wel, hulle kan dit baie vinnig doen. Hulle lyk soos die "spiderman" as hulle dit doen.

Nog 'n paar gedagtes: die brug is soos Noag se ark - bo die rivier!! Die stem in die droom het gesê." Kyk en sien, die liggaam is alreeds daar.!" Wel die dier se sisteem is alreeds in plek.YAH moet nog net die bruid verwyder en die mag aan satan gee om alles te doen wat geprofeteer is. Die nuwe wêreld orde wag nog net vir die donker magte om losgelaat te word. Al wat dit nog terughou om te gebeur is die GENADE VAN ONS YAHUVEH.

Jy het geskryf " Ek was in 'n kamer op die tweede verdieping waarvan daar geen uitkomkans was nie". Lees Openbaring 3:7-8….."wat oopmaak en niemand sluit nie, en sluit en niemand maak oop nie." Jy het ook geskryf: "Ek het nie net die sprong oorleef nie, maar het ook weggekom na 'n plek van veiligheid." Jy het weggekom, Openbaring3:10 sê:."Omdat jy die woord van My lydsaamheid bewaar het, sal Ek jou ook bewaar in die uur van beproewing wat oor die hele wêreld kom om die bewoners van die aarde op die proef te stel."